# Economics Grade 12 P2 NSC June 2019 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2019-afr/a71b7909-7b9b-45c2-a850-1e448376057b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC June 2019 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2019-afr/a71b7909-7b9b-45c2-a850-1e448376057b)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                   EKONOMIE V2

                                         2019

                                                                      PUNTE: 150

                                                                        TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    2                               DBE/2019
                                            SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     3                                 DBE/2019
                                             SS/NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                        30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

         1.1.1        'n Individuele onderneming onder volmaakte mededinging het 'n …
                      vraagkromme.

                      A    volmaak elastiese
                      B    volmaak onelastiese
                      C    relatief elastiese
                      D    relatief onelastiese

         1.1.2        'n Voorbeeld van monopolistiese mededinging in Suid-Afrika is …

                      A    die banksektor.
                      B    motorvervaardigers.
                      C    kitskoswinkels.
                      D    Eskom.

         1.1.3        Die uitwerking van 'n minimum prys sal die … goedere laat styg.

                      A    vraag na
                      B    aanbod van
                      C    verbruik van
                      D    besteding op

         1.1.4        'n Onvolmaakte mark sal sy inkomste maksimeer waar marginale
                      inkomste … is.

                      A    gelyk aan 1
                      B    groter as 0
                      C    kleiner as 0
                      D    gelyk aan 0

         1.1.5        Kostedruk-inflasie kan deur … veroorsaak word.

                      A    laer lone
                      B    'n daling in insetkoste
                      C    wisselkoersdepresiasie
                      D    styging in produktiwiteit

         1.1.6        Die Verenigde Nasies se Konferensie oor Volhoubare Ontwikkeling
                      het ooreengekom om op … te fokus.

                      A    voorkoming van gronderosie
                      B    'n groen ekonomie
                      C    niehernubare energie
                      D    afname in bevolkingsgroei

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                       4                                   DBE/2019
                                               SS/NSS

         1.1.7         Buitelanders wat die land uit ander lande binnekom, word as …
                       toeriste beskou.

                       A     inkomende
                       B     uitgaande
                       C     binnelandse
                       D     plaaslike

         1.1.8         'n Niehernubare energiebron is …

                       A     wind.
                       B     seestrome.
                       C     steenkool.
                       D     sonlig.                                                  (8 x 2)      (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                      KOLOM A                                KOLOM B
         1.2.1       Volmaakte mark        A      'n ooreenkoms tussen die owerheid en
                                                  besighede om besoedeling te verminder
         1.2.2       Subsidie
                                           B      besoek natuur- en wildernisgebiede
         1.2.3       Biodiversiteit
                                           C      sluit items met hoë wisselvallige pryse
         1.2.4       Monopolie                    uit die gemiddelde mandjie goedere

         1.2.5       Vrywillige            D      'n tipe finansiële toelae om 'n
                     ooreenkomste                 ekonomiese aktiwiteit te ondersteun

         1.2.6       Gedifferensieerde     E      verkoop homogene goedere
                     produkte
                                           F      vra hoër pryse en produseer kleiner
         1.2.7       Ekotoerisme                  hoeveelhede

         1.2.8       Kerninflasie          G      algemene prysvlak is oor 'n tydperk
                                                  stabiel

                                           H      'n getal spesies binne 'n eenheid
                                                  (gemeenskap) organismes

                                           I      'n verskeidenheid verpakkingsontwerpe
                                                  van dieselfde artikel
                                                                                    (8 x 1)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    5                                   DBE/2019
                                            SS/NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
         Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

         1.3.1        'n Soort monopolie wat patente gebruik om hul produk te
                      vervaardig

         1.3.2        Die uitset styg met meer as die persentasie toename in insette wat
                      tot 'n daling in koste lei

         1.3.3        Derde party effekte, soos die koste van besoedeling, wat nie by die
                      markprys ingesluit is nie

         1.3.4        Toestemming wat die staat aan firmas verleen wat hulle toelaat om
                      tot op 'n sekere vlak te besoedel

         1.3.5        Buitelandse toeriste wat deur Suid-Afrika na 'n ander bestemming
                      reis

         1.3.6        'n Buitengewoon vinnige styging in die algemene prysvlak bo 50%
                                                                                 (6 x 1)         (6)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                                      6                                           DBE/2019
                                                              SS/NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE                           van     die   drie     vrae   in    hierdie    afdeling     in   die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                                             40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1                       Noem enige TWEE kenmerke van monopolistiese mededinging.
                                                                                          (2 x 1)                         (2)
         2.1.2                       Waarom sal 'n gebrek               aan    inligting      by    entrepreneurs
                                     markmislukking veroorsaak?                                            (1 x 2)        (2)

2.2      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                   VOLMAAKTE MEDEDINGING

               Koste/Inkomste
                                                                                     MK

                                                                                                      GK

                                                                 a
              200                                                                                      GI = MI = vv

                                0                 100            180          230                  Hoeveelheid

         2.2.1                       Identifiseer die hoeveelheid wat die firma by die ewewigspunt sal
                                     produseer.                                                                           (1)
         2.2.2                       Watter kromme verteenwoordig die markprys vir die volmaakte
                                     mededinger?                                                                          (1)
         2.2.3                       Beskryf kortliks die term normale wins.                                              (2)
         2.2.4                       Wat sal die uitwerking (impak) op die mark wees as baie
                                     ondernemings hierdie bedryf verlaat?                                                 (2)
         2.2.5                       Teken die grafiek hierbo oor en voeg die gemiddelde veranderlike
                                     kostekromme (GVK) in om die sluitingspunt duidelik aan te dui.                       (4)
Kopiereg voorbehou                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     7                                    DBE/2019
                                             SS/NSS

2.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                KOSTEVOORDEEL-ONTLEDING (KVO)

         Ons leef in 'n wêreld met skaars hulpbronne waar ons prioriteite moet stel en
         keuses moet maak oor hoe hulpbronne toegeken moet word. Die KVO gee
         ons 'n hulpmiddel wat ons by hierdie besluitnemingsproses kan gebruik.
         Berekeninge in 'n KVO moet met behulp van markpryse gedoen word.

                                                                     [Bron: www.google.com]

         2.3.1        In watter sektor word die kostevoordeel-analise gewoonlik gebruik?           (1)

         2.3.2        Gee enige EEN regstellende metode wat die owerheid gebruik om
                      die herverdeling van inkome af te dwing.                                     (1)

         2.3.3        Beskryf kortliks die term kostevoordeel-analise.                             (2)

         2.3.4        Hoekom is dit noodsaaklik om 'n kostevoordele-analise vir groot
                      projekte te doen?                                                            (2)

         2.3.5        Hoekom word sommige projekte ten spyte van hoë finansiële koste
                      aangepak?                                                (2 x 2)             (4)

2.4      Gebruik die grafiek hieronder om die uitwerking van positiewe eksternaliteite
         in die mark te verduidelik.                                                               (8)

                                        POSITIEWE EKSTERNALITEIT
              Prys                 V1

                                                                A = MPK
                           V

                 P1                                    E1
                                                              Welvaartsvoordeel
                                        E
                 P

                                                                            V1 = MSV = MPV +
                                                                            eksterne voordeel
                            S
                                                                  D = MPB

                      0                       Q       Q1                      Hoeveelheid
                                                                                                   (8)

2.5      Bespreek die uitdagings waarvoor 'n monopolis te staan sal kom as                         (8)
         buitengewoon hoë pryse vir produkte gevra word.                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    8                                     DBE/2019
                                            SS/NSS

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Noem enige TWEE tipes besoedeling.                             (2 x 1)       (2)

         3.1.2        Hoekom is internasionale toerisme vir die Suid-Afrikaanse
                      ekonomie belangrik?                                 (1 x 2)                  (2)

3.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 BINNELANDSE OORNAGREISE PER PROVINSIE IN 2016/2017
                       PROVINSIE    GETAL REISE    GETAL REISE IN
                                       IN 2016           2017
                 Wes-Kaap                3 042           3 504
                 Oos-Kaap                2 511           2 368
                 Noord-Kaap               715             711
                 Vrystaat                1 088           1 067
                 KwaZulu-Natal           2 494           3 246
                 Noordwes                1 855           1789
                 Gauteng                 8 202           8 972
                 Mpumalanga              2 576           2 956
                 Limpopo                 3 061           3 670
                 TOTAAL                 25 543          27 532
                                                            [Aangepas uit News 24, 2018]

         3.2.1        Hoeveel provinsies het 'n afname in binnelandse oornagreise
                      getoon?                                                                      (1)

         3.2.2        Watter instelling stel die data hierbo saam?                                 (1)

         3.2.3        Beskryf kortliks die term binnelandse toerisme.                              (2)

         3.2.4        Hoe kan huishoudings in landelike gebiede deur toerisme
                      bevoordeel word?                                                             (2)

         3.2.5        Hoekom is buitelandse toerisme die vinnigste groeiende bedryf in
                      Suid-Afrika?                                             (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   9                                         DBE/2019
                                           SS/NSS

3.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 KOOLSTOFBELASTING KOM UITEINDELIK NA SUID-AFRIKA

         Daar word verwag dat Suid-Afrika uiteindelik hierdie jaar sy langverwagte
         koolstofbelastingwet gaan deurvoer en die belasting in Januarie 2019
         implementeer.

         Om klante te ontmoedig om plastieksakke te koop, het die staat die
         plastieksakheffing met 50% na 12c per sak verhoog. Dit sal op 1 April 2018
         geïmplementeer word.

         Die koolstofbelasting, wat 'n omgewingsbelasting is, sal gerig wees op
         besighede en maatskappye wat hoë koolstofvlakke in die atmosfeer vrystel en
         dit besoedel.

                                                          [Aangepas uit Business Report, 2018]

         3.3.1        Gee 'n voorbeeld van          'n   besigheid/nywerheid      wat     hoë
                      koolstofvlakke vrystel.                                                       (1)

         3.3.2        Waarom ontmoedig die staat die gebruik van plastieksakke?                     (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die term omgewingsvolhoubaarheid.                            (2)

         3.3.4        Hoe kan kweekhuisgasse tot klimaatsverandering lei?                           (2)

         3.3.5        Verduidelik die positiewe uitwerking van koolstofbelasting op die
                      omgewing.                                                  (2 x 2)            (4)

3.4      Onderskei tussen beskerming en bewaring van die omgewing.                    (2 x 4)       (8)

3.5      Evalueer die Suid-Afrikaanse owerheidsbeleide om toerisme te bevorder.                     (8)
                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                                    10                                          DBE/2019
                                                             SS/NSS

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1                    Noem enige TWEE voordele vir die staat ten opsigte van die
                                  heffing van belasting op toeriste.                  (2 x 1)                            (2)

         4.1.2                    Watter uitwerking het maksimum pryse op die mark?                        (1 x 2)       (2)

4.2      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                     MARKMISLUKKING

              Huise (duisende)
                                 16
                                                                  Sosiale optimale toedeling
                                 14

                                 12

                                 10

                                  8

                                  6    Markvoorsiening

                                  4

                                  2

                                  0
                                       1    2    3       4    5    6     7    8    9    10     11   12
                                                                                   Skole (duisende)

         4.2.1                    Identifiseer die getal huise wat die mark sal verskaf indien al die
                                  hulpbronne aan huise spandeer is.                                                      (1)

         4.2.2                    Hoeveel skole moet die owerheid verskaf om die sosiale optimum
                                  toedeling te bereik?                                                                   (1)

         4.2.3                    Beskryf kortliks die term markmislukking.                                              (2)

         4.2.4                    Hoekom is markte onwillig om publieke goedere soos paaie te
                                  bou?                                                                                   (2)

         4.2.5                    Hoe kan die owerheid makro-ekonomiese stabiliteit deur hul
                                  betrokkenheid by produksie verseker?                (2 x 2)                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   11                                       DBE/2019
                                            SS/NSS

4.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     SUID-AFRIKA SE JONGSTE WÊRELDERFENISTERREIN

         Die   Khomani      Kulturele  Landskap    is  Suid-Afrika se jongste
         Wêrelderfenisterrein volgens die Verenigde Nasies se Opvoedkundige,
         Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO).

         Die landskap beskerm die oorblyfsels van die eens nomadiese San-mense.
         Die Khomani San is een van die enigste groepe San wat steeds hul
         tradisionele jagter-versamelaarleefwyse binne die Kgalagadi Oorgrenspark
         ('n groot halfwoestyn wildernisgebied in die noorde van die land) beoefen.

                                                     [Aangepas uit Indaba Tourism Guide, 2017]

         4.3.1        Noem enige EEN ander Wêrelderfenisterrein.                                     (1)

         4.3.2        Watter tipe toerisme word in die inligting hierbo aangedui?                    (1)

         4.3.3        Beskryf kortliks die term inheemse kennisstelsel (IKS).                        (2)

         4.3.4        Op watter manier kan sakeondernemings die kennis van inheemse
                      mense gebruik om toerisme te bevoordeel?                                       (2)

         4.3.5        Hoekom is infrastruktuurontwikkeling belangrik om toerisme te
                      bevorder?                                               (2 x 2)                (4)

4.4      Gebruik 'n grafiek van totale koste (TK) en totale inkomste (TI) om
         winsmaksimering in 'n volmaakte mark te verduidelik.                                        (8)

4.5      Bespreek krities die uitdagings waarvoor lande te staan kom om die
         produksie van gevaarlike afval te verminder.                                                (8)
                                                                                                     [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:                 80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    12                                     DBE/2019
                                             SS/NSS

AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Maak seker dat jou antwoord die struktuur wat hieronder aangedui word, volg sodat die
maksimum aantal punte behaal kan word.
                                                                               PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                             TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord                                          Maks. 2
  'n Goeie begin is om 'n sleutelkonsep wat in die vraag voorkom, te
     definieer of te omskryf
  Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie
  Moenie enige gedeelte van die inleiding by die liggaam insluit nie
  Vermy enige bespreking van die hoofdeel in die inleiding
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/                  Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe            Maks. 10
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit:                                 Maks. 2
 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling van
     enige feite wat reeds genoem is
 Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
     versterk
 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 Aanbevelings
TOTAAL                                                                           40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                           40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek volledig, sonder die gebruik van grafieke, die markstruktuur van 'n
    oligopolie.                                                         (26 punte)
   Hoe effektief is die mededingingsbeleid by die regulering van samesmeltings en
    oornames in Suid-Afrika?                                            (10 punte)               [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek die oorsake van vraagtrek-inflasie volledig.       (26 punte)
   Hoe effektief is die Monetêre Beleidskomitee van die Reserwebank om
    prysstabiliteit te verseker?                                (10 punte)                       [40]

                                                                    TOTAAL AFDELING C:           40
                                                                        GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P2 May June 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2019-memo-afr/846aeb3c-b8bb-4c9d-ab48-312d9bac1aa4) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT 2019 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-2019-english/508a14ba-a1bb-463c-9739-8b79c8031f85) — Economics · QP · 2019 · Eng
- [Economics P2 May June 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2017-eng/695f9083-05e8-422b-88cd-dd2a1d417b26) — Economics · QP · 2017 · Eng
- [Economics P2 May June 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2016-afr/ea2530ca-e3d2-4f30-8d5c-897bfb78e5c1) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Economics P2 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-june-july-2015-eng/37d6ea0b-132e-48c2-aaaf-c24c21c986df) — Economics · QP · 2015 · Eng
- [Economics P2 Memo June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-june-2019-eng/be2277e4-6605-42da-9dd7-a34e0ddbf6d6) — Economics · Memo · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
