# Economics Grade 12 P2 NSC June 2023 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2023-afr/71505ecc-65e9-4b53-9dcf-aa01f8e7e8db
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC June 2023 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2023-afr/71505ecc-65e9-4b53-9dcf-aa01f8e7e8db)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  EKONOMIE V2

                                        2023

                                                                       PUNTE: 150

                                                                        TYD: 2 uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    2                               DBE/2023
                                            SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 23 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    3                                 DBE/2023
                                            SS/NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1                                                       30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
         1.1.1       Die bedrag waarmee totale koste toeneem wanneer een ekstra
                     produk vervaardig word, staan as ... koste bekend.
                     A    vaste
                     B    totale
                     C    marginale
                     D    gemiddelde
         1.1.2       Die proses waartydens 'n besigheid hom aan die publiek bekend
                     maak, staan bekend as ...
                     A    advertensie.
                     B    differensiasie.
                     C    kopiereg.
                     D    patent.
         1.1.3       Wanneer die onderneming nie teen die laagste moontlike koste
                     produseer nie, word gesê dat dit … ondoeltreffend is.
                     A    toedelings-
                     B    produktief
                     C    mark-
                     D    Pareto-
         1.1.4       In 'n volmaakte mark word normale wins bereik wanneer totale
                     inkomste aan ... gelyk is.
                     A    totale veranderlike koste
                     B    marginale koste
                     C    gemiddelde inkomste
                     D    totale koste
         1.1.5       Die pryse wat deur die owerheid vasgestel of beheer word, word …
                     pryse genoem.
                     A    geïnfiltreerde
                     B    geadministreerde
                     C    gesirkuleerde
                     D    gerigte
         1.1.6       Die aktiwiteit van mense wat deur Suid-Afrika reis wat lug-, pad-,
                     water- en spoorvervoer gebruik om by 'n ander bestemming te
                     kom, staan as ... toerisme bekend.
                     A    transito-
                     B    buitelandse
                     C    uitgaande
                     D    inkomende

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     4                                    DBE/2023
                                             SS/NSS

         1.1.7         Die vrylaat van skadelike stowwe in die atmosfeer word ...
                       besoedeling genoem.

                       A     land-
                       B     geraas-
                       C     water-
                       D     lug-

         1.1.8         Die Bevel en Beheer (BEB) wat fokus op die omgewingsimpak van
                       die besoedeling wat vrygestel word, word ... standaard genoem.

                       A     hoeveelheid-
                       B     sosiale impak
                       C     kwaliteit-
                       D     ekonomiese                                            (8 x 2)       (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

                       KOLOM A                                KOLOM B
         1.2.1       Eksplisiete koste       A   het op die lewenskoste betrekking

         1.2.2       Nieprys-mededinging     B   deur verbruikers aangegaan wanneer
                                                 hulle goedere koop
         1.2.3       Minimum pryse
                                             C   'n verskeidenheid plant- en dierspesies
         1.2.4       Private koste               in 'n bepaalde gebied

         1.2.5       Verbruikersprysindeks   D   werklike uitgawes van 'n besigheid,
                                                 soos lone en huur
         1.2.6       Toerisme
                                             E   vasgestel bo die markewewig om die
         1.2.7       Biodiversiteit              produsent te help om 'n wins te maak

         1.2.8       Omgewingsbelasting      F   gehef op die uitset van goedere wat
                                                 eksterne koste genereer

                                             G   aan besighede toegestaan om
                                                 omgewingskade te verminder

                                             H   die aktiwiteit van mense wat reis na of
                                                 bly in plekke anders as hulle gewone
                                                 omgewing vir nie langer as een jaar nie

                                             I   'n bemarkingstrategie waardeur firmas
                                                 poog om verkope te laat toeneem deur
                                                 metodes soos verlengde winkelure
                                                                                    (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  5                                   DBE/2023
                                          SS/NSS

1.3      Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
         Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

         1.3.1       Die periode van produksie waar alle produksiefaktore kan verander

         1.3.2       'n Punt waar 'n firma se gemiddelde inkomste (prys) aan die
                     gemiddelde veranderlike koste gelyk is

         1.3.3       Die som van private voordeel en eksterne voordeel

         1.3.4       'n Tipe inflasie waar 'n ekonomie hoë werkloosheidskoerse, hoë
                     inflasiekoerse en lae ekonomiese groei ervaar

         1.3.5       Suid-Afrikaanse burgers wat binne die grense van die land reis

         1.3.6       Die permanente vernietiging van bome en woude               (6 x 1)       (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                      6                                       DBE/2023
                                              SS/NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE            van    die   drie     vrae   in   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1       Noem TWEE tipes koste wat gebruik word om die totale koste van
                     'n firma te bereken.                                    (2 x 1)                  (2)

         2.1.2       Hoe los die owerheid die uitdaging van 'n ooraanbod van
                     niemerietegoedere op?                             (1 x 2)                        (2)

2.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       VLIEG IN SA HET NOU NET DUURDER GERAAK

         Comair is verskeie kere gedwing om vlugte op die grond te hou as gevolg van
         veiligheids- en sekuriteitsrisiko's. Dit het beperkte mededinging in die
         lugvaartruimte tot gevolg gehad.

         Met 'n aansienlike hoeveelheid mededinging wat amper onmiddellik uit
         Suid-Afrika se lugruimte gesny is, het vraag aanbod oorskry, is pryse deur
         ander lugrederye opgestoot en is 'n waarskuwing oor prysvasstelling deur die
         Mededingingskommissie uitgereik.

                                                 [Aangepas uit Business Insider SA, 1 Junie 2022]

         2.2.1       Identifiseer enige EEN term in die uittreksel wat met prysbepaling
                     verband hou.                                                                     (1)

         2.2.2       Noem die markstruktuur waar prysvasstelling algemeen is.                         (1)

         2.2.3       Beskryf kortliks die term kartel.                                                (2)

         2.2.4       Verduidelik die rol van die Mededingingskommissie in die
                     ekonomie.                                                                        (2)

         2.2.5       Hoe kan lae pryse die vervaardigers van goedere en dienste
                     negatief beïnvloed?                                (2 x 2)                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                         7                                     DBE/2023
                                                 SS/NSS

2.3      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     PRODUSENTESUBSIDIE

              PRYS
                                                               A
                             V                                         A1

                 P2                                   c

                 P                               a

                 P1                                       b

                         A           A1

                                                                            V

                     0                       H       H1
                                                                     HOEVEELHEID
                                                                     HEIDANTITY
         2.3.1           Identifiseer die oorspronklike markprys op die grafiek hierbo.              (1)

         2.3.2           Noem enige EEN produk waarop die owerheid 'n subsidie aan
                         verbruikers kan aanbied.                                                    (1)

         2.3.3           Beskryf kortliks die term markmislukking.                                   (2)

         2.3.4           Verduidelik die effek van subsidies op produsente van goedere en
                         dienste.                                                                    (2)

         2.3.5           Waarom is markte teësinnig (onwillig) om openbare goedere en
                         dienste te produseer?                                 (2 x 2)               (4)

2.4      Verduidelik kortliks onbeweeglikheid van produksiefaktore en onvolmaakte
         mededinging as oorsake van markmislukking.                        (2 x 4)                   (8)

2.5      Hoe kan 'n uittrede van firmas in 'n volmaakte mark die ekonomie beïnvloed?
                                                                               (4 x 2)               (8)
                                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                          8                                           DBE/2023
                                                  SS/NSS

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1         Noem enige TWEE maniere om inflasie te meet.                              (2 x 1)        (2)

         3.1.2         Hoe dra toerisme positief tot die bruto binnelandse produk (BBP)
                       by?                                                       (1 x 2)                        (2)

3.2      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                        SOUTH  AFRICANINFLASIE
                                        SUID-AFRIKAANSE INFLATION
          Indeks                                                                                   Koers
                                                                                                   Rate
        105                                                                                                 7

        100                                                                                                 6

        95
                                                                                                            5

        90
                                                                                                            4

        85
                                                                                                            3
        80
             Jan 18   Jul 18   Jan 19    Jul 19   Jan 20   Jul 20   Jan 21     Jul 21   Jan 22     Jul 22
                                                                                   Maand en jaar
                  Inflasie-indeks                           Hooflyn-inflasie       and year
                                                                                    [Aangepas uit Stats SA]

         3.2.1         Identifiseer die maand en jaar toe die inflasiekoers bo die
                       inflasieteiken was.                                                                      (1)

         3.2.2         Gee EEN moontlike rede vir 'n verhoging in die inflasiekoers in
                       2022.                                                                                    (1)

         3.2.3         Beskryf kortliks die term kerninflasie.                                                  (2)

         3.2.4         Verduidelik die rede waarom die Suid-Afrikaanse Reserwebank
                       rentekoerse verlaag wanneer die inflasiekoers onder 3% is.                               (2)

         3.2.5         Hoe beïnvloed inflasie die verskillende deelnemers in die ekonomie
                       sielkundig?                                                  (2 x 2)                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   9                                     DBE/2023
                                           SS/NSS

3.3      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          TOERISTEBESIENSWAARDIGHEID-GEBIED

                                                            [Aangepas uit www.istockphotos.com]

         3.3.1       Identifiseer die tipe toerisme wat deur die prent hierbo uitgebeeld
                     word.                                                                        (1)

         3.3.2       Noem enige EEN Wêrelderfenisterrein wat in Suid-Afrika voorkom.              (1)

         3.3.3       Beskryf kortliks die term inheemse kennisstelsels (IKS).                     (2)

         3.3.4       Verduidelik die voordeel van investering in toerisme-infrastruktuur.         (2)

         3.3.5       Hoe kan toerisme-aktiwiteite tot omgewingstres (uitdagings) lei?
                                                                                  (2 x 2)         (4)

3.4      Bespreek kortliks huishoudelike verbruik en owerheidsbesteding as oorsake
         van vraagtrek-inflasie.                                            (2 x 4)               (8)

3.5      Waarom is toerisme in ontwikkelende lande belangrik om armoede te verlig?
                                                                           (4 x 2)                (8)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                 10                                   DBE/2023
                                          SS/NSS

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1       Noem enige TWEE groepe werkers wat uit minimum lone voordeel
                     trek.                                                 (2 x 1)             (2)

         4.1.2       Hoekom verkies internasionale          toeriste   Suid-Afrika as
                     toeristebestemming?                                         (1 x 2)       (2)

4.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       MARK A                                 MARK B
              Hoeveelheid   Prys          TI       Hoeveelheid   Prys           TI
                  0         R10           -            0         R12            -
                  1         R10          R10           1         R10           R10
                  2         R10          R20           2          R8           R16
                  3         R10          R30           3          R6           R18
                  4         R10          R40           4          R4           R16
                  5         R10          R50           5          R2           R10

         4.2.1       Identifiseer die mark waarin die vraagkurwe 'n dalende helling
                     toon.                                                                     (1)

         4.2.2       Wat is die aard van die produkte wat in 'n volmaakte mark verkoop
                     word?                                                                     (1)

         4.2.3       Beskryf kortliks die term gemiddelde inkomste.                            (2)

         4.2.4       Waarom vind individuele firmas dit maklik om 'n volmaakte mark te
                     betree?                                                                   (2)

         4.2.5       Bereken die marginale inkomste vir mark B by hoeveelheid 2. Toon
                     ALLE berekeninge.                                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   11                                     DBE/2023
                                            SS/NSS

4.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          TOERISME-AKTIWITEITE IN SUID-AFRIKA

         Toeriste-aankomste in Suid-Afrika was vanaf 1979 tot 2022 gemiddeld
         542 648. Dit het in Januarie 2018 'n hoogtepunt van 1 598 893 bereik en in
         April 2020 'n rekordlaagtepunt van 29 341.

         Suid-Afrika bied beide plaaslike en internasionale toeriste 'n wye
         verskeidenheid opsies, soos pragtige natuurlike landskappe en wildreservate,
         'n uiteenlopende kulturele erfenis en hoogaangeskrewe wyne.

                                                               [Aangepas uit www.google.com]

         4.3.1       Identifiseer 'n voorbeeld van ekotoerisme in die uittreksel hierbo.           (1)

         4.3.2       Gee EEN rede vir 'n afname in toerisme in April 2020.                         (1)

         4.3.3       Beskryf kortliks die term ontspanningstoerisme.                               (2)

         4.3.4       Waarom is inheemse kennisstelsels (IKS) vir toeriste belangrik?               (2)

         4.3.5       Hoe los toerisme die probleem van werkloosheid in Suid-Afrika op?
                                                                                (2 x 2)            (4)

4.4      Verduidelik maksimum pryse as 'n gevolg van markmislukking met behulp
         van 'n korrek benoemde grafiek.                                                           (8)

4.5      Hoe kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) die monetêre beleid
         gebruik om inflasie te bestry?                              (4 x 2)                       (8)
                                                                                                   [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  12                                       DBE/2023
                                           SS/NSS

AFDELING C

Beantwoord enige EEN           van   die   twee   vrae    in   hierdie   afdeling    in    die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                 PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                               TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                              Maks. 2
 'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te
    beskryf of te omskryf.
 MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
 MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.
 Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/Ondersoek/             Maks. 26
Bespreek krities/Vergelyk/Onderskei/Verduidelik/Teken 'n grafiek en
verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer
'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word.
Addisionele (Bykomende) gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer                Maks. 10
krities/Debatteer/Lei af/Vergelyk/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                               Maks. 2
 'n Kort samevatting van wat bespreek is, sonder die herhaling van enige
     feite wat reeds genoem is
 Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 Addisionele (Bykomende) ondersteunende inligting wat die bespreking/
     ontleding versterk
 'n Teenstrydige sienswyse met motivering
 Aanbevelings
TOTAAL                                                                                40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 40 MINUTE
   Ondersoek in detail die kenmerke van 'n monopolie.              (26 punte)
   Hoe veroorsaak die bestaan van monopolieë 'n uitdaging aan die verskillende
    rolspelers in die ekonomie?                                     (10 punte)                   [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek in detail enige VYF omgewingsprobleme en die internasionale maatreëls
    wat geneem is om hierdie uitdagings te hanteer.                     (26 punte)
   Hoe kan beskerming en bewaring help om te verseker dat die omgewing
    volhoubaar is?                                                      (10 punte)               [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:              40
                                                                     GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-grade-12-june-2023-english/88045080-47e4-4d97-87eb-c788e77bbfbd) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-grade-12-june-2023-afrikaans/14e460bc-51e9-4a72-a70e-bc549012de25) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR12 QP SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-sept-2023-english/fc883496-5ba9-4219-a274-ff0bc055bc5e) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [Economics P2 (English) QP](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-qp/9ef27b29-d18a-4b7b-8b4f-967d6ebe247b) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [Economics 2023 KZN Prelim P2](https://www.hlayiso.com/library/economics-2023-kzn-prelim-p2/abc61306-d953-4e1a-b151-71e35d1065ad) — Economics · QP · 2023
- [Economics P2 May June 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2017-eng/695f9083-05e8-422b-88cd-dd2a1d417b26) — Economics · QP · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
