# Economics Grade 12 P2 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC June 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 EKONOMIE V2

                                MEI/JUNIE 2025

                                                                  PUNTE: 150

                                                                     TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Ekonomie/V2                                          2                DBE/Mei/Junie 2025
                                              SS/NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

          AFDELING A:      VERPLIGTEND
          AFDELING B:      Beantwoord TWEE van die drie vrae.
          AFDELING C:      Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
          nagesien word NIE.

 3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

 4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

 5.       Lees die vrae aandagtig deur.

 6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

 7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

 8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
          konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

 9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

 10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 11.      Skryf netjies en leesbaar.   2025

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Ekonomie/V2                                  3                          DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1                                                      30 PUNTE – 20 MINUTE

 1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

          1.1.1      Die werklike besteding wat 'n besigheid in die produksieproses
                     aangaan, staan as ... koste bekend.

                     A   geleentheids-
                     B   implisiete
                     C   eksplisiete
                     D   addisionele

          1.1.2      Die markstruktuur wat as 'n hibridiese struktuur beskou word, staan
                     as ... bekend.

                     A   monopolistiese mededinging
                     B   'n monopolie
                     C   volmaakte mededinging
                     D   'n oligopolie

          1.1.3      Die meeste markte slaag nie daarin om vinnig by veranderinge in
                     vraag en aanbod aan te pas nie, as gevolg van 'n gebrek aan ...

                     A   positiewe eksternaliteite.
                     B   besteding.
                     C   negatiewe eksternaliteite.
                     D   inligting.

          1.1.4      Swartmarkte ontwikkel wanneer die owerheid inmeng deur 'n ... prys
                     te hef.

                     A   minimum
                     B   totale
                     C   maksimum
                     D   aanbod-

          1.1.5      Die berekening van die inflasiekoers van alle finale goedere en
                     dienste deur die implisiete BBP-deflator te gebruik, word na verwys
                     as ... inflasie.

                     A   allesomvattende
                     B   alles-eksklusiewe
                     C   verbruikers-
                     D   hele-ekonomie-

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Ekonomie/V2                                  4                          DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

          1.1.6      Kostedruk-inflasie gee aanleiding tot ...

                     A   laer lone.
                     B   natuurrampe.
                     C   toename in produktiwiteit.
                     D   laer winsgrense.

          1.1.7      Die minimum lengte van verblyf moet ... wees wanneer toerisme
                     gemeet word.

                     A   een week
                     B   twee dae
                     C   een maand
                     D   een nag

          1.1.8      Finansiële ondersteuning wat deur die owerheid voorsien word om
                     investering in groen energie aan te moedig, staan as 'n ...-subsidie
                     bekend.

                     A   eiendom
                     B   omgewing
                     C   indiensneming
                     D   uitvoer                                                  (8 x 2)      (16)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Ekonomie/V2                                      5                             DBE/Mei/Junie 2025
                                          SS/NSS Vertroulik

 1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

                       KOLOM A                                         KOLOM B
          1.2.1      Nywerheid                        A       wettige beperkinge wat voorkom
                                                              dat ander verskaffers die mark
          1.2.2      Natuurlike monopolieë                    betree

          1.2.3      Onderlinge afhanklikheid         B       Suid-Afrikaanse burgers wat na
                                                              ander lande reis
          1.2.4      Minimum loon
                                                      C       daarop gemik om reis meer
          1.2.5      Indekse                                  toeganklik en bekostigbaar binne
                                                              Suid-Afrika te maak
          1.2.6      Uitgaande toeriste
                                                      D       'n doelwit om uiterste armoede en
          1.2.7      Sho't left-veldtog                       honger uit te wis

          1.2.8      Millenniumontwikkelings-         E       die besluit van een besigheid om
                     doelwit                                  pryse te verhoog, word beïnvloed
                                                              deur hoe ander besighede sal
                                                              reageer

                                                      F       'n groep besighede wat dieselfde
                                                              produkte produseer of aanbied

                                                      G       saamgestel deur die pryse van 'n
                                                              verteenwoordigende mandjie
                                                              goedere en dienste gereeld aan
                                                              te teken

                                                      H       hoë ontwikkelingskoste voorkom
                                                              dat ander besighede die mark
                                                              betree

                                                      I       die bedrag geld deur die
                                                              owerheid vasgestel, waaronder
                                                              geen werknemers hulle werkers
                                                              mag betaal nie
                                                                                         (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Ekonomie/V2                                 6                          DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS Vertroulik

 1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
          die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
          Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

          1.3.1      Produkte wat met betrekking tot kwaliteit, grootte en voorkoms
                     identies is

          1.3.2      'n Wettige en eksklusiewe reg om 'n produk te vervaardig

          1.3.3      'n Tegniek om die sosiale koste en sosiale voordele wat met groot
                     owerheidsprojekte geassosieer word, te evalueer

          1.3.4      Vind plaas wanneer daar 'n styging in die algemene prysvlak is wat
                     deur 'n styging in die produksiekoste veroorsaak word

          1.3.5      Toeriste-aktiwiteite waar mense plekke besoek waar hulle die
                     uiteenlopende natuurlike skoonheid van 'n land kan ervaar

          1.3.6      Hulpbronne wat nie vervang kan word wanneer dit eers ontgin is nie
                                                                                (6 x 1)       (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Ekonomie/V2                                   7                              DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE           van   die    drie   vrae   in   hierdie   afdeling    in   die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1      Beantwoord die volgende vrae.

          2.1.1      Noem enige TWEE kenmerke (eienskappe) van openbare goedere.
                                                                          (2 x 1)                   (2)

          2.1.2      Waarom ontmoedig die geknakte vraagkromme 'n oligopolie-firma
                     om hulle pryse te verhoog?                            (1 x 2)                  (2)

 2.2      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               SUID-AFRIKAANSE BANKBEDRYF
                                   Monopolie of Oligopolie?

                                                       Bank

                                                            [Bron: www.iol.co.za, September 2024]

          2.2.1      Identifiseer die markstruktuur wat die bankbedryf verteenwoordig in
                     die uittreksel hierbo.                                                         (1)

          2.2.2      Noem die instelling wat beperkende besigheidspraktyke ondersoek.               (1)

          2.2.3      Beskryf kortliks die term prysleierskap.                                       (2)

          2.2.4      Verduidelik die impak van samespanning deur banke op verbruikers.              (2)

          2.2.5      Waarom streef besighede daarna om skaalvoordele te bereik?
                                                                              (2 x 2)               (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Ekonomie/V2                                   8                             DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 2.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             GEVOLGE VAN MARKMISLUKKINGS

                                           Navorsing en
                                           ontwikkeling

                      Inenting           EKSTERNALITEITE           Sigarette rook

                                       Verkeersopeenhoping

          2.3.1      Identifiseer enige EEN negatiewe eksternaliteit in die inligting hierbo.      (1)

          2.3.2      Noem 'n private voordeel wat produsente van goedere en dienste
                     geniet.                                                                       (1)

          2.3.3      Beskryf kortliks die term sosiale koste.                                      (2)

          2.3.4      Waarom lei positiewe eksternaliteite, soos onderwys en opleiding,
                     tot markmislukking?                                                           (2)

          2.3.5      Hoe kan die owerheid die verbruik van niemerietegoedere
                     ontmoedig?                                       (2 x 2)                      (4)

 2.4      Verduidelik, met behulp van 'n korrek benoemde grafiek, die verhouding tussen
          die vraagkromme (GI) en die marginale inkomstekromme van 'n monopolie.
                                                                                 (2 x 4)           (8)

 2.5      Hoe kan die owerheid inkome en rykdom herverdeel om markmislukking reg te
          stel?                                                             (4 x 2)                (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Ekonomie/V2                                  9                            DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE

 3.1      Beantwoord die volgende vrae.

          3.1.1       Noem enige TWEE maniere wat gebruik word om inflasie te meet.
                                                                             (2 x 1)             (2)

          3.1.2       Hoe kan die owerheid onderwys gebruik om omgewings-
                      volhoubaarheid te verseker?                  (1 x 2)                       (2)

 3.2      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    COP-28, DUBAI 2023
                  Assesseer wêreldpogings om klimaatsverandering aan te pak

                                                          [Aangepas uit www.greenhumour.com]

          3.2.1       Identifiseer 'n term in die spotprent hierbo wat verband hou met
                      natuurlike hulpbronne wat vervang kan word wanneer dit gebruik is.         (1)

          3.2.2       Noem enige EEN internasionale ooreenkoms wat aangegaan is om
                      klimaatsverandering te verminder.                                          (1)

          3.2.3       Beskryf kortliks die term aardverwarming.                                  (2)

          3.2.4       Waarom hef die owerheid groenbelasting op sekere goedere en
                      dienste?                                                                   (2)

          3.2.5       Verduidelik die omgewingsvoordele wanneer die gebruik van
                      fossielbrandstowwe verminder word.                  (2 x 2)                (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Ekonomie/V2                                  10                           DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 3.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     SUID-AFRIKAANSE INFLASIEVERWAGTINGE – 2024

          Suid-Afrikaanse ontleders, sakelui en vakbonde het hulle inflasieverwagtinge
          verlaag. Inflasieverwagtinge van huishoudings het skerp gestyg, wat hulle
          hoogste vlak van 6,9% in die derde kwartaal bereik het, vanaf 6,4% in die
          tweede kwartaal.

          Ter verduideliking van die vorige besluite om die repokoers onveranderd te laat,
          het die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) gesê dat inflasieverwagtinge
          steeds hoog is. Nietemin probeer die SARB die inflasiekoers binne die
          inflasieteikengrens te hou.

                                                                    [Bron: www.reuters.co.za]

          3.3.1      Identifiseer die inflasieverwagtinge van huishoudings in die derde
                     kwartaal van 2024 in die uittreksel hierbo.                                 (1)

          3.3.2      Noem die inflasieteikengrens wat deur die Suid-Afrikaanse
                     Reserwebank vasgestel is.                                                   (1)

          3.3.3      Beskryf kortliks die term stagflasie.                                       (2)

          3.3.4      Verduidelik die gedrag van werkers wanneer hulle verwag dat pryse
                     gaan styg.                                                                  (2)

          3.3.5      Hoe kan 'n verhoging in rentekoerse help om inflasie in die ekonomie
                     te bekamp?                                                     (2 x 2)      (4)

 3.4      Bespreek kortliks beskerming en bewaring met betrekking tot die stand van die
          omgewing.                                                              (2 x 4)         (8)

 3.5      Ontleed die negatiewe impak van hoë inflasie op die Suid-Afrikaanse
          ekonomie.                                                     (4 x 2)                  (8)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Ekonomie/V2                                11                               DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1      Beantwoord die volgende vrae.

          4.1.1      Noem enige TWEE soorte besoedeling.                              (2 x 1)      (2)

          4.1.2      Waarom hef die owerheid minimum pryse op sekere goedere in die
                     mark, soos mielies?                                    (1 x 2)                (2)

 4.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              MONOPOLISTIESE MEDEDINGING

          Die mededinging vir beheer in Suid-Afrika se kruideniersware-kleinhandel-
          sektor is besig om te versterk, met aanlyn (internet) gerief, premium
          handelsname en gesonder produkopsies wat die sleutel tot sukses is.

          Aanlyn kruideniersware-verkope het vanaf 2019 jaarliks met 54% gegroei
          totdat dit R23 biljoen in 2023 bereik het. In 2024 beplan 26% van SA
          verbruikers om hulle aanlyn kruideniersware-inkopies te verhoog, wat
          aansienlik hoër as wêreldmarkte is.

                                                         [Aangepas uit www.businesstech.co.za]

          4.2.1      Identifiseer die jaarlikse groeikoers van aanlyn kruideniersware-
                     verkope in Suid-Afrika in die uittreksel hierbo.                              (1)

          4.2.2      Noem die aard van die produk wat in 'n monopolistiese
                     mededingende mark verkoop word.                                               (1)

          4.2.3      Beskryf kortliks die term nieprys-mededinging.                                (2)

          4.2.4      Verduidelik die belangrikheid         van    handelsmerkgewing         in
                     onvolmaakte markte.                                                           (2)

          4.2.5      Waarom verdien 'n monopolistiese mededingende firma normale
                     wins op lang termyn?                                  (2 x 2)                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Ekonomie/V2                                                  12                              DBE/Mei/Junie 2025
                                                       SS/NSS Vertroulik

 4.3      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                             SUID-AFRIKA SE 2024-INFLASIEKOERS
                             5.8
                              5,8
                                                 5,6

           Persentasie (%)
                             5.6
                              5,6
                                                                              VPI-inflasie
                             5.4
                              5,4      5,3                   5,3
                                                                       5,2      5,2
                             5.2
                              5,2                                                            5,1
                                                  5
                              55                             4,9

                             4.8
                              4,8
                                       4,6                             4,6      4,6                         4,6
                             4.6
                              4,6                                                            4,5

                             4.4
                              4,4                                                                           4,3
                                                           Kerninflasie
                             4.2
                              4,2

                              44
                                    Januarie Februarie     Maart      April     Mei      Junie           Julie

                                                                                      [Bron: www.statssa.gov.za]

          4.3.1                     Identifiseer die VPI-inflasiekoers vir Maart 2024 in die grafiek hierbo.           (1)

          4.3.2                     Noem die prysindeks wat belasting op toegevoegde waarde (BTW)
                                    uitsluit.                                                                          (1)

          4.3.3                     Beskryf kortliks die term geadministreerde prys-inflasie.                          (2)

          4.3.4                     Waarom is kerninflasie meer stabiel as verbruikersprysindeks(VPI)-
                                    inflasie?                                                                          (2)

          4.3.5                     Hoe kan 'n toename in produktiwiteit help om inflasie te bekamp?
                                                                                                 (2 x 2)               (4)

 4.4      Bespreek     kortliks  produktiewe   ondoeltreffendheid                            en      toedelings-
          ondoeltreffenheid as gevolge van markmislukking.                                               (2 x 4)       (8)

 4.5      Hoe   kan   die   owerheid     bevel-en-beheermaatreëls                                 gebruik       om
          omgewingsvolhoubaarheid te verseker?                                                              (4 x 2)    (8)
                                                                                                                       [40]

                                                                                  TOTAAL AFDELING B:                   80

Kopiereg voorbehou                                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Ekonomie/V2                                  13                              DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 AFDELING C

 Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

 Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                               PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                             TOEKENNING
 Inleiding
 Die inleiding is 'n laerorde-antwoord:                                          Maks. 2
 • 'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou,
      te definieer of te omskryf.
 • MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
 • MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.
 • MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE.
 Liggaam
 Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek           Maks. 26
 krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/
 Assesseer/Debatteer
 'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word.
 Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Lei af/            Maks. 10
 Vergelyk/Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe
 'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
 word.
 Slot
 Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                           Maks. 2
 • 'n Kort samevatting van wat alreeds bespreek is, sonder die herhaling
     van feite wat reeds genoem is
 • Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 • Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
 • 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 • Aanbevelings
 TOTAAL                                                                             40

 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                          40 PUNTE – 40 MINUTE

 •   Bespreek in detail die korttermyn-ewewigsposisies in 'n volmaakte mark met die hulp
     van drie aparte grafieke.                                                                    (26)

 •   Evalueer die impak van volmaakte mededinging op verbruikers.                                 (10)
                                                                                                  [40]

 VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                        40 PUNTE – 40 MINUTE

 •   Ondersoek in detail die voordele van toerisme.                                               (26)

 •   Ontleed die belangrikheid van inheemse kennisstelsels (IKS) in die bevordering van
     toerisme.                                                                                    (10)
                                                                                                  [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                       GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-grade-12-june-2023-afrikaans/14e460bc-51e9-4a72-a70e-bc549012de25) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b) — Economics · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-2024-possible-answers/d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
