# Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2025
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2025 · Afrikaans. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                    EKONOMIE V2

                                   MEI/JUNIE 2025

                                  NASIENRIGLYNE

                                                                           PUNTE: 150

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Ekonomie/V2                                     2                             DBE/Mei/Junie/2025
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

BEGINSELS VIR DIE NASIEN VAN EKONOMIE – SS/NSS MEI/JUNIE 2025
Die volgende nasienbeginsels is ontwikkel om nasien in alle provinsies te standaardiseer.

NASIEN
• ALLE vrae en antwoorde in kandidate se skrifte MOET nagesien word, ongeag of dit korrek of
   verkeerd is.
• Waar antwoorde meer is as wat die instruksies vereis, moet die volgende geld:
    In afdeling A, waar kandidate TWEE antwoorde gee, moet die eerste antwoord nagesien
       word.
    In afdeling B, (2.1.1, 3.1.1 en 4.1.1) merk die eerste TWEE antwoorde en dui aan M 2 vir
       antwoorde wat meer is as wat die vraag vereis het.
    In afdeling B, data-respons vrae wat 'n spesifieke aantal antwoorde vereis (bv. 2.2.1 en
       2.2.2), merk die eerste antwoord en dui aan M 1 vir antwoorde wat oortollig is.
    In afdeling B en C (keusevrae), dui aan EKSTRA op vrae bo die vereiste aantal.
    Waar die maksimum punte vir 'n spesifieke afdeling toegeken is, merk al die antwoorde tot
       by die maksimum punte vir die vraag en dui óf M 2 óf M 8 óf M 10 óf M 26 aan. Trek daarna
       'n lyn aan die regterkant van die antwoorde wat oortollig is.
• 'n Duidelike, netjiese regmerkie moet gebruik word:
    Indien EEN punt toegeken word, moet EEN regmerkie gebruik word:
    Indien TWEE punte toegeken word, moet TWEE regmerkies gebruik word:
    Die regmerkie moet geplaas word by die FEIT waarvoor 'n punt toegeken word.
    Merkies moet KLEIN gehou word, aangesien verskeie vlakke van moderering kan plaasvind.
• Verkeerde antwoorde moet met 'n duidelike, netjiese kruisie gemerk word:
    Gebruik een kruisie op elke verkeerde antwoord in vrae waar kandidate meer as een
       antwoord moet gee.
    Probeer om NIE die kandidate se antwoorde te onderstreep nie.
 • Vir die volgende aksiewoorde is EEN-woord antwoorde aanvaarbaar: lys, noem, identifiseer
 • Vir die volgende aksiewoorde moet 'n VOLLE sin geskryf word: beskryf, verduidelik,
    evalueer, ontleed, stel voor, onderskei, definieer, bespreek, waarom, hoe
 • Die volgende aksiewoorde moet binne hul konteks gelees word om te bepaal of 'n EEN-woord
    antwoord of 'n VOLLE sin vereis word: verskaf, wat, tabuleer, identifiseer en gee.
 • Waar kandidate 'n grafiek moet teken, merk die grafiek volgens 'n merkrubriek wat in die
    amptelike nasienriglyne verskaf word.
 • Waar kandidate berekeninge moet doen, sal die finale antwoord nie noodwendig volpunte kry
    nie. 3 punte word toegeken vir die berekeninge en 1 punt vir die finale antwoord.

LET OP DIE VOLGENDE
• Indien die nommering verkeerd is of weggelaat is, kan kandidate gekrediteer word solank die
   volgorde van antwoorde op vrae gevolg word.
 • Waar daar spelfoute is, ken die punte toe mits die betekenis korrek is.
 • Gee aandag aan die betekenis van antwoorde, wat op 'n ander manier gestel kan word.
 • In meerkeusevrae waar 'n letter die aanvaarde antwoord is, maar die leerder die werklike
   antwoord skryf - ken punte toe.
 • Daar sal 'n bylaag tot die nasienriglyne wees vir die nasien van sekere vrae.

TOTAAL EN OORDRAG VAN PUNTE
• Die subtotaal vir elke subvraag moet aan die regterkantse kantlyn aangeteken word.
   Vraag 1 in Afdeling A het DRIE onderafdelings en DRIE subtotale moet in die regterkantlyn
     aangeteken word.
   Vrae in Afdeling B het VYF onderafdelings en VYF subtotale moet in die regterkantlyn
     aangeteken word.
   Subtotale moet leesbaar geskryf word en spasie vir gemodereerde punte op die
     regterkantlyn laat.
• Die totale punt vir elke vraag moet in die boonste linkerkantlyn langs die vraagnommer
  aangeteken word en na die voorblad van die antwoordboek oorgedra word.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Ekonomie/V2                                  3                         DBE/Mei/Junie/2025
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

          1.1.1      C – eksplisiete

          1.1.2      A – monopolistiese mededinging

          1.1.3      D – inligting 

          1.1.4      C – maksimum

          1.1.5      A – allesomvattende 

          1.1.6      D – laer winsgrense

          1.1.7      D – een nag 

          1.1.8      B – omgewing                                              (8 x 2)      (16)

 1.2      PAS ITEMS

          1.2.1      F   'n groep besighede wat dieselfde produkte produseer of
                         aanbied

          1.2.2      H   hoë ontwikkelingskoste voorkom dat ander besighede die mark
                         betree

          1.2.3      E   die besluit van een besigheid om prys te verhoog, word
                         beïnvloed deur hoe ander besighede sal reageer

          1.2.4      I   die bedrag geld deur die owerheid vasgestel, waaronder geen
                         werknemers hul werkers mag betaal nie

          1.2.5      G saamgestel deur die pryse van ŉ verteenwoordigende mandjie
                       goedere en dienste gereeld aan te teken

          1.2.6      B   Suid-Afrikaanse burgers wat na ander lande reis

          1.2.7      C   daarop gemik om reis meer toeganklik en bekostigbaar binne
                         Suid-Afrika te maak 

          1.2.8      D   'n doelwit om uiterste armoede en honger uit te wis
                                                                                 (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Ekonomie/V2                                   4                    DBE/Mei/Junie/2025
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

 1.3      GEE DIE TERM

          1.3.1      Homogeen

          1.3.2      Patent

          1.3.3      Kostevoordeel-analise 

          1.3.4      Kostedrukinflasie 

          1.3.5      Ekotoerisme

          1.3.6      Nie-hernubare hulpbronne                              (6 x 1)      (6)

                                                             TOTAAL AFDELING A:          30

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Ekonomie/V2                                  5                           DBE/Mei/Junie/2025
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

 AFDELING B
 Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.
 VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 30 MINUTE
 2.1      KORT VRAE
          2.1.1      Noem enige TWEE kenmerke (eienskappe) van openbare
                     goedere.

                     • Niemededingend
                     • Nie-uitsluitbaar
                     • Nie-weiering
                     • Ondeelbaar
                     • Deurlopende verbruik/ Oneindige verbruik 
                     • Sosiale voordele oortref private voordele / Eksterne voordele
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)           (2 x 1)         (2)
          2.1.2      Waarom ontmoedig die geknakte vraagkromme 'n oligopolie-
                     firma om hul prys te verhoog?

                     'n Kleiner prysstyging kan tot 'n groter afname in hoeveelheid gevra
                     lei, wat inkomste (totale inkomste) sal verlaag, as gevolg van die
                     elastiese gedeelte van die geknakte vraagkromme.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)             (1 x 2)       (2)

 2.2      DATARESPONS
          2.2.1      Identifiseer die    markstruktuur      wat       die     bankbedryf
                     verteenwoordig in die uittreksel hierbo
                     Oligopolie                                                                 (1)

          2.2.2      Noem die instelling wat beperkende besigheidspraktyke
                     ondersoek.
                     Mededingingskommissie                                                      (1)

          2.2.3      Beskryf kortliks die term prysleierskap.

                     'n Situasie waar die dominante besigheid die prys vasstel en die
                     ander firmas dit as die markprys aanvaar.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (2)

          2.2.4      Verduidelik die impak van samespanning deur banke op
                     verbruikers.
                     •  Samespanning sal daartoe lei dat verbruikers hoë pryse vir
                        bankdienste betaal. 
                     • Die samespannende banke kan swakgehalte dienste aan
                        verbruikers lewer, aangesien hulle geen ander alternatiewe sal
                        hê nie.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Ekonomie/V2                                 6                          DBE/Mei/Junie/2025
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

          2.2.5      Waarom streef besighede daarna om skaalvoordele te bereik?

                     •  Om die gemiddelde koste te verminder wat besighede in staat
                        stel om meer uitsette te produseer.
                     • Om die mededingendheid van besighede te verhoog deur laer
                        pryse wat die vraag laat verhoog. 
                     • Om die winsgewendheid van besighede te verbeter as gevolg
                        van verhoogde verkope./ Om hoër wins te verdien en die
                        beleggingskapasiteit uit te brei. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)      (2 x 2)           (4)

 2.3      DATARESPONS

          2.3.1      Identifiseer enige EEN negatiewe eksternaliteit in die inligting
                     hierbo.

                     •   Sigarette rook
                     •   Verkeersopeenhoping                                                 (1)

          2.3.2      Noem 'n private voordeel wat produsente van goedere en
                     dienste geniet.

                     •   Wins
                     •   Verkoopsinkomste                                                    (1)

          2.3.3      Beskryf kortliks die term sosiale koste.

                     Die totale koste van 'n goed of diens wat deur produsente en die
                     gemeenskap in die algemeen aangegaan word / Sosiale koste is die
                     som van private koste en eksterne koste 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (2)

          2.3.4      Waarom lei positiewe eksternaliteite, soos onderwys en
                     opleiding, tot markmislukking?

                     •  Goedere en dienste met positiewe eksternaliteite word nie hoog
                        deur die mark aangeslaan nie, daarom word hulle deur markte
                        ondervoorsien.
                     • Markte is geneig om minder hoeveelhede goedere en dienste
                        met positiewe eksternaliteite te produseer, omdat hulle nie die
                        sosiale voordele in ag neem nie.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Ekonomie/V2                                                7                           DBE/Mei/Junie/2025
                                                 SS/NSS – Nasienriglyne

          2.3.5                    Hoe kan die owerheid die verbruik van niemerietegoedere
                                   ontmoedig?

                                   •  Die owerheid kan indirekte belasting of aksynsbelasting verhoog,
                                      wat die pryse van niemerietegoedere sal verhoog, wat tot 'n
                                      afname in verbruik lei.
                                   • Bewusmakingsveldtogte kan geloods word om mense op te voed
                                      oor die skadelike gevolge van niemerietegoedere.
                                   • Die      owerheid     kan    die    promosie/advertering      van
                                      niemerietegoedere deur produsente verbied. 
                                   • Wette kan afgedwing word om die verkoop van
                                      niemerietegoedere, soos tabak, aan mense onder 'n spesifieke
                                      ouderdom te reguleer.
                                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)            (2 x 2)      (4)

 2.4      Verduidelik, met behulp van 'n korrek benoemde grafiek, die verhouding
          tussen die vraagkromme (GI) en die marginale inkomstekromme van ‘n
          monopolie.

                         

                  Prys, Inkomste

                                                      

                                                                                     V = GI 

                                   0   1
                                                                   MI          Hoeveelheid

              Korrekte benoeming van vertikale en horisontale asse                            = 1 punt
              Korrekte tekening en benoeming van die vraagkromme (GI)                         = 1 punt
              Korrekte tekening en benoeming van die marginale inkomstekromme                 = 1 punt
              Korrekte plasing van die MI-kromme in verhouding tot die vraag (GI)             = 1 punt
                                                                                                Maks 4

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Ekonomie/V2                                  8                         DBE/Mei/Junie/2025
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

          •   Die vraagkromme (GI) en die marginale inkomste (MI)-kromme vir 'n
              monopolie is albei afwaarts hellend van links na regs 
          •   Die vraagkurwe toon die verband tussen die prys en die hoeveelheid vraag,
              terwyl die marginale inkomste die bykomende inkomste toon wat verdien
              word wanneer een addisionele eenheid verkoop word.
          •   Die marginale inkomste (MI)-kromme is minder elasties as die
              vraagkromme. 
          •   Die marginale inkomste (MI)- kromme sny die horisontale as by die
              middelpunt van die oorsprong en die snypunt van die vraagkromme (GI).
                                                                               Maks 4         (8)

 2.5      Hoe kan die owerheid inkome en rykdom herverdeel om markmislukking
          reg te stel?

          •  'n Progressiewe inkomstebelastingstelsel word gebruik om hoër
             inkomsteverdieners ‘n hoër belastingkoers as laer inkomsteverdieners te
             laat betaal. 
          • Die owerheid kan subsidies op goedere en dienste, soos behuising,
             onderwys en gesondheidsorg verskaf om bekostigbaarheid vir die armes te
             verhoog. 
          • Welsyns- of oordragbetalings soos ouderdomstoelaes, ongeskiktheids-
             toelaes en kinderonderhoudstoelae kan gebruik word om inkomste aan die
             armes te verskaf. 
          • Belastinginkomste kan gebruik word om gratis dienste soos gratis
             elektrisiteit en water, vir die arm mense te verskaf. 
          • Implementeer werkskeppingsprogramme, soos die uitgebreide openbare
             werkeprogramme, om 'n bron van inkomste vir die armes te skep. 
          • Versterk die implementering van die Wet op Breë-basis Swart Ekonomiese
             Bemagtiging om ekonomiese transformasie vir die voorheenbenadeelde
             groepe te versnel 
          • Grondhervormingsprogramme, soos grondrestitusie en herverdeling, kan
             gebruik word om die eienaarskap van grond onder voorheenbenadeelde
             groepe te verhoog. 
          • Verseker dat die Wet op Gelyke Indiensneming regstellende aksie bevorder
             en diskriminasie in werksgeleenthede verwyder. 
          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
          (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote lys van feite)           (4 x 2)         (8)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Ekonomie/V2                                  9                         DBE/Mei/Junie/2025
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                    40 PUNTE – 30 MINUTE
 3.1      KORTVRAE
          3.1.1      Noem enige TWEE maniere wat gebruik word om inflasie te
                     meet.

                     • Indekse (VPI/PPI)
                     • Gewigstoekenning (Mandjie van goedere en dienste) 
                     • Inflasiekoers
                     • Implisiete BBP-deflator
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)           (2 x 1)      (2)

          3.1.2      Hoe   kan   die   owerheid     onderwys           gebruik       om
                     omgewingsvolhoubaarheid te verseker?

                     • Gebruik verskeie metodes om bewustheid te skep en mense se
                        houdings teenoor die omgewing te verander. 
                     • Deur die samelewing bewus te maak van omgewingskwessies
                        en hoe hul optrede die omgewing beïnvloed, sal dit verseker dat
                        beter besluite geneem word.
                     • Leer kinders om bewus te wees van die uitwerking van hul
                        optrede op die omgewing sodat hulle meer omgewingsbewus en
                        bemagtigde volwassenes kan word.
                     • Die oprigting van gemeenskapswildreservate om mense op te
                        voed oor die belangrikheid om die omgewing te beskerm.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)          (1 x 2)       (2)
 3.2      DATARESPONS
          3.2.1      Identifiseer 'n term in die spotprent hierbo wat verband hou met
                     natuurlike hulpbronne wat vervang kan word wanneer dit
                     gebruik is.
                     Hernubare                                                               (1)
          3.2.2      Noem enige EEN internasionale ooreenkoms wat aangegaan is
                     om klimaatsverandering te verminder.

                     •  VNRKK (Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie                 oor
                        Klimaatsverandering)
                     • Kyoto-protokol
                     • Parysooreenkoms
                     • Montreal-protokol
                     • Konferensie van partye (KVP/COP)
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (1)
          3.2.3      Beskryf kortliks die term aardverwarming

                     Die geleidelike en voortdurende toename in die aarde se
                     gemiddelde temperatuur.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Ekonomie/V2                                  10                          DBE/Mei/Junie/2025
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

          3.2.4      Waarom hef die owerheid groenbelasting op sekere goedere en
                     dienste?

                     •  Om omgewingskade wat deur koolstofvrystellings tydens die
                        produksieproses veroorsaak word, te verminder.
                     • Om inkomste in te samel wat gebruik kan word om die
                        omgewingskwessies aan te spreek.
                     • Om die aanbod van produkte wat die omgewing beskadig, te
                        verminder.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

          3.2.5      Verduidelik die omgewingsvoordele wanneer die gebruik van
                     fossielbrandstowwe verminder word.

                     •  Die hoeveelheid koolstofvrystellings in die atmosfeer kan afneem
                        wat die kweekhuiseffek verminder. 
                     • Vermindering van lugbesoedeling wat deur fossielbrandstowwe
                        veroorsaak word, kan help om osoonuitputting te verminder, wat
                        aardverwarming kan vertraag.
                     • Die vraag na nie-hernubare hulpbronne kan afneem, wat die druk
                        op die omgewing verminder.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)             (2 x 2)      (4)

 3.3      DATARESPONS

          3.3.1      Identifiseer die inflasieverwagtinge van huishoudings in die
                     derde kwartaal van 2024 in die uittreksel hierbo

                     6.9%                                                                      (1)

          3.3.2      Noem die inflasieteikengrens wat deur die Suid-Afrikaanse
                     Reserwebank vasgestel is.

                     3% tot 6%                                                                 (1)

          3.3.3      Beskryf kortliks die term stagflasie.

                     Wanneer die ekonomie lae ekonomiese groei, hoë werkloosheid en
                     hoë inflasie gelyktydig ervaar
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

          3.3.4      Verduidelik die gedrag van werkers wanneer hulle verwag dat
                     pryse gaan styg.

                     •  Werkers mag hoër lone eis as gevolg van die verwagte hoër
                        lewenskoste.
                     • Werkers kan met nywerheidsaksies begin indien werkgewers nie
                        tot hul looneise instem nie. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Ekonomie/V2                                 11                           DBE/Mei/Junie/2025
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

          3.3.5      Hoe kan 'n verhoging in rentekoerse help om inflasie in die
                     ekonomie te bekamp?

                     •   Die koste van lenings sal toeneem en die oortollige vraag
                         verminder wat tot ‘n afname in vraagtrek-inflasie lei.
                     • Hoër rentekoerse sal spaar aanmoedig, aangesien beleggers 'n
                        hoër opbrengs op belegging verwag, wat sal help om vraagtrek-
                        inflasie te bekamp.
                     • Hoër rentekoerse kan tot die appresiasie van die plaaslike
                        geldeenheid lei, wat ingevoerde produksie-insette goedkoper en
                        koste-inflasie laer maak.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)            (2 x 2)      (4)

 3.4      Bespreek kortliks beskerming en bewaring met betrekking tot die stand
          van die omgewing.

          Beskerming
          • Beskerming verwys na die volhoubare bestuur van natuurlike hulpbronne
             wat nie hernubaar is nie, om te verseker dat hulle nie heeltemal opgebruik
             word en uit die omgewing verdwyn nie.
          • Beskerming streef na 'n kreatiewe kontinuïteit van die omgewing terwyl dit
             verseker dat verandering simpatiek is met die lewensgehalte van beide
             huidige en toekomstige geslagte. 
          • Beskerming is nodig wanneer die voorraad natuurlike hulpbronne meer
             benut word as wat dit herproduseer word.
          • Beskerming sluit in wildparke, beskermde gebiede vir diere en woude,
             botaniese parke, museums, reptiel- en skoenlapperreservate.
          • Beskermingsstrategieë word aangewend om volhoubare gebruik van
             natuurlike hulpbronne te verseker deur die benutting van
             bewaringsgebiede.
          • Die owerheid kan verskillende beheermaatreëls, soos permitte en kwotas,
             toepas om natuurlike hulpbronne te bewaar. 
          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                     Maks 4

          Bewaring
          • Bewaring verwys na hulpbronne wat nie hernubaar is, ongeskonde of
             ongedeerd te behou, soos vleilande, 'n inheemse woud of 'n riviermond-
             ekosisteem.
          • Bewaring help om bestaande bates te bewaar om te verseker dat hulle nie
             op 'n manier gebruik word wat vernietigend is vir die omgewing nie. 
          • Bewaring behels die elemente van die omgewing wat deur uitsterwing
             bedreig word, soos Afrika se oorblywende renoster- en dierspesies.
          • Erfenisterreine wat spesiale kulturele of omgewingsbetekenis het, word
             dikwels vir bewaring geteiken. 
          • Die owerheid mag in die mark ingryp wanneer dit nodig is om
             omgewingsbates te bewaar.                                       (Maks 4)
          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
          (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote lys van feite en voorbeelde)
          (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir slegs voorbeelde)                 (2 x 4)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Ekonomie/V2                                 12                          DBE/Mei/Junie/2025
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

 3.5      Ontleed die negatiewe impak van hoë inflasie op die Suid-Afrikaanse
          ekonomie.

          •  Huishoudings mag minder spaar, omdat meer van hul inkomste gebruik
             word om goedere en dienste te koop wanneer daar hoë inflasie is.
          • Verbruikersvertroue kan afneem wat kan lei tot 'n daling in
             verbruiksbesteding. 
          • Investering kan afneem omdat hoë inflasie 'n negatiewe sentiment teenoor
             die Suid-Afrikaanse ekonomie skep. 
          • Hoë vraag vir loonsstygings kan lei tot 'n styging in arbeidskoste wat die
             produksie van goedere en dienste verminder. 
          • Werkers kan aan nywerheidsaksies deelneem indien hul looneise nie
             nagekom word nie, wat ekonomiese aktiwiteit kan ontwrig.
          • Belastingbetalers betaal hoër belasting namate hul nominale loon styg, wat
             hul inkomstevlakke na ‘n hoër belastingkerf (belastingversnelling)
             verskuif.
          • Hoër inflasie veroorsaak 'n daling in die koopkrag van geld, wat daartoe lei
             dat die rand minder goedere en dienste as voorheen kan koop. 
          • Rentekoerse kan styg, wat tot 'n styging in die koste van lenings in die
             ekonomie lei. 
          • Hoë produksiekoste kan sommige besighede dwing om hul werksaamhede
             te verminder wat tot werkverliese kan lei.
          • Hoë inflasie stimuleer besteding aan ingevoerde goedere en dienste,
             aangesien verbruikers dit as goedkoper beskou. 
          • Verhoogde pryse van Suid-Afrikaanse uitvoere kan hul mededingendheid
             op wêreldmarkte verminder. 
          • Die waarde van plaaslike geldeenhede kan afneem namate die
             betalingsbalanstekorte toeneem. 
          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
          (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote lys van feite)              (4 x 2)       (8)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Ekonomie/V2                                 13                           DBE/Mei/Junie/2025
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                            40 PUNTE – 30 MINUTE
 4.1      KORTVRAE.
          4.1.1      Noem enige TWEE soorte besoedeling.

                     • Water
                     • Lug
                     • Land/omgewing/grond
                     • Geraas/geluid
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)            (2 x 1)      (2)
          4.1.2      Waarom hef die owerheid minimum pryse op sekere goedere in
                     die mark, soos mielies?

                     •  Om boere toe te laat om gemaklike winste te maak uit die
                        produksie van basiese voedselsoorte, soos mielies en koring.
                     • Om voedselsekuriteit vir die land se bevolking te verseker deur
                        boere aan te moedig om voldoende hoeveelhede te
                        produseer.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)           (1 x 2)       (2)

 4.2      DATARESPONS
          4.2.1      Identifiseer  die   jaarlikse   groeikoers       van     aanlyn
                     kruidenierswareverkope in Suid-Afrika in die uittreksel hierbo.

                     54%                                                                      (1)
          4.2.2      Noem die aard van die produk wat in 'n monopolistiese
                     mededingende mark verkoop word.

                     Gedifferensieerde/ Heterogeen                                            (1)
          4.2.3      Beskryf kortliks die term nie-prys mededinging.

                     Mededinging wat nie op pryse gebaseer is nie, maar op faktore wat
                     verband hou met die uniekheid van die produk, doeltreffende dienste
                     en advertensies. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (2)

          4.2.4      Verduidelik die belangrikheid van handelsmerkgewing in
                     onvolmaakte markte.

                     •  Handelsmerke help om verbruikerslojaliteit te bou, waar 'n
                        verbruiker een produsent bo 'n ander kan kies. 
                     • Onderskei die produk wat maklike identifikasie deur verbruikers
                        moontlik maak.
                     • Handelsmerk help om meer kliënte te lok, wat die besigheid se
                        markaandeel verhoog.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Ekonomie/V2                                 14                          DBE/Mei/Junie/2025
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

          4.2.5      Waarom verdien 'n monopolistiese mededingende firma
                     normale wins op lang termyn?

                     •   Daar is geen versperringe tot toetrede wat nuwe besighede
                         toelaat om die mark te betree wanneer daar ekonomiese wins is
                         nie. 
                     •   ‘n Toename in die aantal besighede sal die markaanbod laat
                         toeneem en pryse laat daal totdat die bestaande firmas normale
                         winste verdien. 

                                                      OF

                     •  Die vryheid van uittrede laat sommige bestaande besighede toe
                        om die mark te verlaat wanneer daar ekonomiese verlies is. 
                     • ‘n Afname in die aantal besighede sal die markaanbod verminder
                        en pryse laat styg totdat bestaande firmas normale wins
                        verdien.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)         (2 x 2)         (4)

 4.3      DATARESPONS

          4.3.1      Identifiseer die VPI inflasiekoers vir Maart 2024 in die grafiek
                     hierbo.

                     5,3%                                                                    (1)

          4.3.2      Noem die prysindeks wat belasting op toegevoegde waarde
                     (BTW) uitsluit.

                     Produsenteprysindeks/PPI                                                 (1)

          4.3.3      Beskryf kortliks die term geadministreerde prys-inflasie.

                     Die styging in pryse van goedere en dienste wat deur owerheid
                     aangestelde instellings vasgestel of beheer word.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (2)

          4.3.4      Waarom is kerninflasie meer stabiel as verbruikersprys-
                     indeks(VPI)-inflasie?

                     •  Kerninflasie sluit items wat hoogs gefluktuerende pryse het en
                        wat deur regeringsingryping gereguleer word uit, terwyl die VPI-
                        inflasie items met hoë wisselvallige pryse pryse insluit.
                     • Kerninflasie word nie deur die seisoenale aanpassings van
                        voedselpryse beïnvloed nie, terwyl die VPI-inflasie deur die
                        seisoenale aanpassings van voedselpryse beïnvloed word. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Ekonomie/V2                                 15                          DBE/Mei/Junie/2025
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

          4.3.5      Hoe kan 'n toename in produktiwiteit help om inflasie te
                     bekamp?

                     •  Die gemiddelde produksiekoste sal daal wat kostedrukinflasie
                        laat afneem.
                     • Toename in produktiwiteit wat aan loonsstygings gekoppel word,
                        kan kostedrukinflasie neutraliseer.
                     • Hoër produktiwiteit, deur onderwys en opleiding, kan produksie-
                        uitsette laat toeneem, wat die totale aanbod sal stimuleer. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (4)

 4.4      Bespreek kortliks produktiewe ondoeltreffendheid             en     toedelings-
          ondoeltreffenheid as gevolge van markmislukking.

          Produktiewe ondoeltreffendheid
          • Vind plaas wanneer besighede nie uitsette met die beskikbare insette
             (produksiefaktore) maksimeer nie. 
          • Produktiewe ondoeltreffendheid beteken dat 'n besigheid nie goedere en
             dienste teen die laagste moontlike koste produseer nie. 
          • Produktiewe ondoeltreffendheid laat besighede toe om koste te verminder
             sonder om minder goedere te produseer en die kwaliteit van goedere te
             verlaag./ Daar is ruimte vir besighede om meer uitset teen 'n laer koste te
             produseer.
          • Die gevolge van produktiewe ondoeltreffendheid is 'n verlies aan uitsette en
             verkwiste hulpbronne.                                          (Maks. 4)

          Toedelingsondoeltreffendheid
          • Toewysingsondoeltreffendheid beteken dat die produkmengsel nie die
             verbruiker se smaak weerspieël nie en daarom word hulpbronne nie in die
             regte verhoudings toegeken nie.
          • Verbruikersvoorkeure kan bevredig word indien besighede hul hulpbronne
             meer doeltreffend kan gebruik. 
          • Aanbod van goedere en dienste stem nie ooreen met vraag nie, aangesien
             die hoeveelhede wat deur verbruikers benodig word nie beskikbaar is nie, •
             wat tekorte aan surplus toon.
          • Toedelingsondoeltreffendheid gebeur wanneer besighede hulpbronne
             ondoeltreffend toewys en goedere en dienste produseer wat verbruikers nie
             wil hê nie.                                                  (Maks. 4)
          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
          (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote lys van feite en voorbeelde)
          (Ken slegs 'n maksimum van 2 punte toe aan voorbeelde)               (2 X 4)           (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Ekonomie/V2                                 16                          DBE/Mei/Junie/2025
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

 4.5      Hoe kan die owerheid bevel-en-beheermaatreëls                  gebruik      om
          omgewingsvolhoubaarheid te verseker?

          •  Die owerheid kan 'n reeks beleide oplê, om wetgewing te bepaal wat mense
             mag en nie mag doen nie.
          • Regulasies kan ingestel word om omgewingsbeperkings of standaarde af
             te dwing in terme van hoe hulpbronne gebruik mag word.
          • Maksimum toelaatbare vlakke kan vasgestel word vir omgewingsaktiwiteite,
             soos koolstofdioksiedvrystellings of hulpbron gebruik. 
          • Minimum toelaatbare vlakke kan opgelê word op die ontginning van
             hulpbronne soos water in reservate en bome in plantasies. 
          • Kwaliteitsstandaarde word vasgestel om die voorafbepaalde hoeveelheid
             besoedeling wat veroorsaak word, soos fabrieks- en motorgasvrystellings,
             voor te skryf.
          • Namate tegnologie vir die vermindering van besoedelingstowwe verbeter,
             kan strenger standaarde ingestel word gebaseer op die beste beskikbare
             tegnologie.
          • Kwaliteitsstandaarde word vasgestel wat reëls en regulasies voorskryf oor
             die omgewingsimpak van besoedeling wat vrygestel word.
          • Sosiale standaarde is ingegestel om te fokus op die uitwerking van
             omgewingsbesoedeling op mense.
          • Strenger standaarde vir geraasvlakke kan in digbevolkte as in plattelandse
             gebiede gehef word in 
          • Die owerheid kan die voorraadvlakke van omgewingshulpbronne handhaaf
             deur die uitreiking van permitte/lisensies en kwotas. 
          • Inspekteurs kan aangestel word om die omgewingsaktiwiteite van
             besighede en voldoening aan die voorbepaalde standaarde te monitor.
          • Omgewingsoortredings kan wetlik strafbaar wees deur die oplegging van
             boetes of die onttrekking van permitte/lisensies, kwotas en vergoeding aan
             slagoffers of gevangenisstraf.
          • Direkte beheer kan gebruik word om oortredende firmas te dwing om die
             werklike koste van die oortredende aktiwiteit aan te gaan. 
          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
          (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote lys van feite)              (4 x 2)       (8)
                                                                                               [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Ekonomie/V2                                                  17                                  DBE/Mei/Junie/2025
                                                    SS/NSS – Nasienriglyne

 AFDELING C
 Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                                              40 PUNTE – 40 MINUTE
 •                 Bespreek in detail die korttermyn-ewewigsposisies in 'n volmaakte mark met
                   die hulp van drie aparte grafieke.                               (26 punte)
 •                 Evalueer die impak van volmaakte mededinging op verbruikers.     (10 punte)
 INLEIDING
 • 'n Mark is 'n plek waar kopers en verkopers mekaar ontmoet om goedere en dienste
    vir 'n prys te verhandel. 
 • Volmaakte mededinging is 'n markstruktuur met ‘n groot aantal kopers en verkopers
    van homogene produkte, en vrye mark toegang- en uittrede. 
 • Korttermyn is 'n produksieperiode waarin ten minste een van die faktorinsette vas
    is.
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding)                        (Maks 2)
 LIGGAAM: HOOFDEEL
 Ekonomiese wins 
 • Ekonomiese wins vind plaas wanneer die totale inkomste (TI) groter is as die totale
   koste (TK)/wanneer die gemiddelde inkomste (GI) groter is as die gemiddelde koste
   (GK). 
 • Ekonomiese wins is die ekstra wins wat 'n besigheid maak benewens die normale
   wins.

 Prys, Koste, Inkomste
                                                                                    

                             

                                                                                                            
                              Korrekte benoeming van vertikale en horisontale asse               = 1 punt
                              Korrekte tekening en benoeming van die kostekromme in verhouding
                              tot die inkomstekromme                                             = 1 punt
                              Aanduiding van die ekonomiese wins                                 = 1 punt
                              Aanduiding van die winsmaksimeringspunt                            = 1 punt
                                                                                                  Maks 4

Kopiereg voorbehou                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 18

Ekonomie/V2                                                 18                         DBE/Mei/Junie/2025
                                                   SS/NSS – Nasienriglyne

 •                Teen die markprys van R20, word wins gemaksimaliseer by punt e, waar
                  MI = MK.
 •                100 eenhede van die produk sal teen 'n gemiddelde koste van R15 vervaardig
                  word.
 •                Die besigheid maak 'n ekonomiese wins omdat die markprys bo die GK is. 
 •                Wanneer daar ekonomiese wins (bonatuurlike wins) is, sal nuwe besighede
                  aangetrek word om die mark te betree. 
 •                Die firma maak 'n totale ekonomiese wins van R500 (R20 x 100 = R2000 – R15 x
                  100 = R1500) OF 'n ekonomiese wins van R5 per eenheid (R20 – R15). 
 Ekonomiese verlies 
 • Ekonomiese wins vind plaas wanneer die totale inkomste (TI) minder is as die totale
   koste (TK)/wanneer die gemiddelde inkomste (GI) minder is as die gemiddelde koste
   (GK). 
 • Ekonomiese verlies is die negatiewe verskil tussen TI en TK. 

  Prys, Koste, Inkomste
                                                                               

                                        
                                                          

                                                                                             

           Korrekte benoeming van vertikale en horisontale asse                       = 1 punt
           Korrekte tekening en benoeming van die kostekromme in verhouding tot die
           inkomstekromme                                                             = 1 punt
           Aanduiding van die ekonomiese verlies area                                 = 1 punt
           Aanduiding van die minimiseringspunt                                       = 1 punt
                                                                                       Maks 4

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Ekonomie/V2                                                19                            DBE/Mei/Junie/2025
                                                  SS/NSS – Nasienriglyne

 •   Teen die prys van R15, word verlies geminimialiseer by punt e, waar MI = MK. 
 •   100 Eenhede van die produk sal teen 'n gemiddelde koste van R18 vervaardig
     word.
 •   Die besigheid sal 'n ekonomiese verlies ly, omdat die markprys laer is as die GK. 
 •   Wanneer daar ekonomiese verlies is, sal sommige besighede die mark verlaat. 
 •   Die firma sal 'n ekonomiese verlies van R300 (R15 x 100 = R1500 – R18 x 100 =
     R1800) OF 'n ekonomiese verlies van R3 per eenheid (R15 – R18) maak.

 Normale wins
 • Normale wins vind plaas wanneer die totale inkomste (TI) gelyk is aan die totale koste
   (TK)/wanneer die gemiddelde inkomste (GI) gelyk is aan die gemiddelde koste
   (GK).
 • Normale wins is die minimumverdienste nodig is om te verhoed dat besighede die
   bedryf verlaat en hul geld elders belê. 
 • Normale wins word na verwys as NUL ekonomies wins (gelykbreekpunt) omdat TI –
   TK / GI – GK = 0. 

     Prys, Koste, Inkomste                          

                                                                          

                                                                                             
              Korrekte benoeming van vertikale en horisontale asse          = 1 punt
              Korrekte tekening en benoeming van die kostekromme in
              verhouding tot die inkomstekromme                              = 1 punt
              Aanduiding van GK gelyk aan die prys                           = 1 punt
              Aanduiding van die winsmaksimeringspunt                        = 1 punt
                                                                           Maks 4punte

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Ekonomie/V2                                 20                          DBE/Mei/Junie/2025
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

 •  Teen die markprys van R15, word wins gemaksimeer by punt e, waar MI =MK. 
 •  100 Eenhede van die produk sal geproduseer word teen 'n gemiddelde koste van
    R15.
 • Die besigheid maak normale wins omdat die markprys gelyk is aan die GK. 
 • Wanneer besighede normale wins maak, sal daar geen aansporing vir nuwe
    besighede wees om toe te tree of bestaande besighede om die mark te verlaat
    nie.
 • Die firma maak 'n normale wins van R0 (R15 x 100 = R1500 – R15 x 100 = R1500)
    OF ' normale wins van R0 per eenheid (R15 – R15).
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                      (Maks 26)
 (Ken 'n maksimum van 8 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde)

 ADDISIONELE DEEL
 Positiewe impak
 • Verbruikers het volledige inligting oor die heersende marktoestande soos die prys en
   kwaliteit van die produk, wat hulle help om ingeligte besluite te neem.
 • Homogene produkte bied verbruikers toegang tot produkte van dieselfde standaard
   (gehalte).
 • Daar is baie besighede wat verbruikers van voldoende beskikbaarheid (aanbod) van
   goedere en dienste verseker.
 • Verbruikers betaal laer pryse aangesien besighede goedere teen die laagste
   moontlike gemiddelde koste (produktiewe of tegniese doeltreffendheid)
   produseer.
 • Verbruikers mag nie deur besighede uitgebuit word nie, aangesien samespanning
   onmoontlik is en besighede geen beheer oor die markprys het nie.

Negatiewe impak
• Verbruikers se keuse en tevredenheid kan beperk word as gevolg van homogene
   produkte in die volmaakte mark.
• Verbruikers kan beperk word tot produkte van laer gehalte as gevolg van 'n gebrek
   aan innovasie of produkontwikkeling.
• Verbruikers mag nie vir 'n laer prys onderhandel nie, aangesien geen individuele
   deelnemer invloed op die markprys het nie.
• Verbruikers kan aan prysskommelings blootgestel word as gevolg van toetrede en
   uittrede van verskaffers in die mark.
(Aanvaar enige ander korrekte hoë orde, relevante antwoord)              (Maks 10)
(Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde)

 SLOT
 Op die lange duur kan 'n volmaakte mededingende firma slegs normale wins maak as
 gevolg van die vryheid van toetrede en uittrede. / Alhoewel volmaakte mededinging nie
 in die werklike lewe bestaan nie, is dit nodig om dit te bestudeer om 'n ideale mark te
 verstaan waarin doeltreffendheid bereik word.
 (Aanvaar enige ander korrekte hoër orde relevante slot)                       (Maks 2)        [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 21

Ekonomie/V2                                 21                           DBE/Mei/Junie/2025
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                     40 PUNTE – 30 MINUTE
 •   Ondersoek in detail die voordele van toerisme.            (26 punte)
 •   Ontleed die belangrikheid van inheemse kennisstelsels (IKS) in die
     bevordering van toerisme.                                 (10 punte)

 INLEIDING
 Toerisme is aktiwiteite van mense wat na plekke buite hul gewone omgewing reis en
 daar bly vir nie meer as een agtereenvolgende jaar vir ontspanning, sake of ander
 doeleindes nie.
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding)                      (Maks 2)
 LIGGAAM: HOOFDEEL

 HUISHOUDINGS
 • Lede van huishoudings verdien inkomste direk uit die toerismesektor as
   toeroperateurs en reisagente. 
 • Baie huishoudings is indirek betrokke by toerisme as werknemers soos in hotelle en
   vervoersektore. 
 • Huishoudings wat as kuriositeitprodusente of musikante werksaam is, kan 'n
   inkomste uit toerisme verdien. 
 • 'n Groot aantal huishoudings bekom vaardighede in die toerismebedryf, soos
   toerisme wat sedert 2000 as 'n vak in SA skole bekendgestel is en geleenthede bied
   aan mense om vaardighede aan te leer.
 • Skoolkurrikulum en leerderskappe kan gebruik word om huishoudings geleenthede
   te bied om vaardighede aan te leer. 
 • Toerisme moedig plattelandse ontwikkeling aan omdat baie toeriste
   besienswaardighede in plattelandse gebiede geleë is. 
 • Plaaslike mense trek voordeel uit verbeterde infrastruktuur wat vir toeriste bedoel is.
   

 BESIGHEDE
 • Toerisme stimuleer besighede in gebiede soos verblyf en vermaak. 
 • Die vervaardiging- en rekreasiesektor trek almal voordeel uit verhoogde vraag as
   gevolg van toerisme.
 • Die voorheenbenadeelde gemeenskappe kry entrepreneursgeleenthede deur die
   swart ekonomiese bemagtigingskemas. 
 • 'n Groot aantal mense verkry besigheidsgeleenthede in die informele sektor, soos
   die verkoop van handgemaakte produkte. 
 • Plaaslike handelaars kan 'n toename in verkope hê wat wins tot gevolg het as gevolg
   van toename in verhoogde vraag van toeriste. 
 • Private ondernemings en owerheid kan private-publieke vennootskappe vorm, om
   die infrastruktuur te verskaf wat vir toerisme benodig word, wat die inkomste van
   besighede verhoog.
 • Toerisme-aktiwiteite moedig besighede aan om die gehalte en verskeidenheid van
   hul produkte te verbeter. 
 • Natuurlike monopolieë soos Tafelberg-kabelkar kan abnormale wins uit toerisme-
   aktiwiteite ervaar. 
 • Die openbare sektor bied 'n reeks finansiële aansporings, soos toelaes, subsidies,
   lenings, belastingkortings, vir toerisme-beleggings in die privaatsektor.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 22

Ekonomie/V2                               22                          DBE/Mei/Junie/2025
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

OWERHEID
• Toerisme dra tot die inkomste van die owerheid by deur:
   persoonlike inkomstebelasting op die inkomste wat van toerismewerknemers
      ontvang word.
   belasting van toeriste soos lughawe-toegangs- en vertrekbelasting,
      vliegtuigkaartjiebelasting en belasting op hotelkamerbesetting.
   belastinginkomste uit indirekte belastings soos BTW en heffings (tariewe) op
      goedere en dienste wat aan toeriste verskaf word.
• Belasting word gehef om eksterne koste te verhaal, wat die bedrag is wat nie in die
  prys ingesluit is nie.
• Belasting vergoed die gasheergemeenskap vir die verskaffing van infrastruktuur en
  basiese geriewe.
• Toerisme is 'n belangrike buitelandse valutaverdiener en versterk die land se
  buitelandse valutareserwes.
• Die owerheid is in staat om sy sosio-ekonomiese doelwitte van informele sektorgroei,
  swart ekonomiese bemagtiging en KMMO-ontwikkeling te bereik.
• Toerisme skep 'n goeie beeld van die land deur hulself te bemark.
• Die owerheid kan werksgeleenthede teen 'n minimum koste skep. 

INFRASTRUKTUUR
• Voldoende en goed-onderhoudende infrastruktuur is noodsaaklik vir
   toeristebestemmings. 
• Fisiese infrastruktuur soos paaie, telekommunikasie, spoorwegstelsels, lughawens
   en verblyf is verbeter en opgradeer om internasionale standaarde te voldoen, soos
   die Gautrein. 
• Plaaslike mense trek voordeel uit die verbeterde en opgegradeerde infrastruktuur vir
   toeriste, soos die stadions vir die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi.
• Die owerheid prioritiseer dikwels ekonomiese infrastruktuur soos hawens en
   strande.
• Sosiale infrastruktuur soos klinieke en hospitale is ook belangrik vir die groei van
   toerisme. 
• ROI's en ontwikkelingkorridors het ook toerisme as 'n belangrike fokus. 
• Privaatvennootskappe word vir infrastruktuur ontwikkeling gebruik. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (Maks.10)
(Ken 'n maksimum van 8 punte vir opskrifte/sub-hofies/voorbeelde toe)

 ADDISIONELE DEEL

 •Inheemse Kennisstelsels (IKS) help om toeriste te lok omdat hulle egtheid en
  uniekheid by plaaslike bestemmings soek.
• IKS bied toeriste die geleentheid om Suid-Afrika se kulturele diversiteit, inheemse
  kultuur, geskiedenis, omgewing en hoe plaaslike mense leef en werk, te ervaar en
  meer daaroor te leer.
• Die gebruik van inheemse medisyne vir gesondheid, tradisionele stories, danse,
  musiek, skildery, handwerk, jag en kookmetodes lok toeriste na plaaslike dorpies 
• Kulturele dorpies, soos Basotho in die Vrystaat en Simunye Zoeloe Woning in
  KwaZulu-Natal, bevorder toerisme deur aktiwiteite waar toergidse storievertelling en
  inheemse kennispraktyke verduidelik en demonstreer. 

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 23

Ekonomie/V2                                23                         DBE/Mei/Junie/2025
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

 •  Kulturele en dorpsgemeenskapstoere, soos Soweto, moedig toeriste aan om
    godsdiens aktiwiteite, lewe met plaaslike huishoudings en eet in
    dorpsgemeenskappe te ervaar.
 • Wêrelderfenisgebiede, soos Mapungubwe Kulturele Landskappe, Richtersveld
    Kulturele en Botaniese Landskappe en Robbeneiland, bevorder belangrike kulturele
    en historiese aspekte van die land, waarin toeriste belang stel. 
 • Omgewingswêrelderfenisgebiede, soos die Kaapse Fynbosstreek, Isimangaliso
    vleilande en uKhahlamba Drakensbergpark, bied toeriste die geleentheid om die
    uiterste van Suid-Afrika se inheemse omgewingsuniekheid te geniet.
 • Kuns en kultuurfeeste, soos die Nasionale Kunstefeeste wat jaarliks in Makhanda en
    die Ontsagwekkende Afrika Musiekfees plaasvind, moedig toeriste aan om Suid-
    Afrika te besoek om sulke geleenthede by te woon. 
 • Afrika- kuns en -handwerke, soos Maboneng Township Arts Experience in Kaapstad,
    stel plaaslike kunstenaars en handwerkers aan internasionale toeriste ten toon.
 (Aanvaar enige ander korrekte hoë orde antwoord)                            (Maks 10)
 (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde)

 SLOT
 Die owerheid moet geskikte strategieë implementeer wat toerisme kan bevorder,
 aangesien dit tot die bruto binnelandse produk en ekonomiese groei bydra.
 (Aanvaar enige ander korrekte hoër orde relevante slot)                    (Maks 2)       [40]

                                                              TOTAAL AFDELING C:           40
                                                                  GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — Economics · QP · 2025 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — Economics · QP · 2025 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr
- [Economics P2 May June 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2019-memo-afr/846aeb3c-b8bb-4c9d-ab48-312d9bac1aa4) — Economics · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
