# Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape June Exam 2025 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2025. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                             JUNIE 2025

                         EKONOMIE V2
                         NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 18 bladsye.

    Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                     EKONOMIE V2                                 (EC/JUNIE 2025)

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1    MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

        1.1.1    D          (langtermyn)
        1.1.2    A          (duopolye)
        1.1.3    B          (produktief)
        1.1.4    D          (ekonomiese wins)
        1.1.5    A          (Nie-prys kompetisie)
        1.1.6    B          (Ontbrekende market)
        1.1.7    C          (niemerietegoedere)
        1.1.8    C          (Private koste)                                   (8 x 2)      (16)

 1.2    PASITEMS

        1.2.1    E     –    Waarde van insette wat deur entrepreneurs besit word
                            en in produksieproses gebruik word

        1.2.2    H     –    Hoe    mark georganiseerd is

        1.2.3    A     –      Kontanttoelaag wat aan produsent gegee word om
                            die koste van produksie te verlaag

        1.2.4    F     –    Die tydperk van produksie waar slegs die veranderlikes
                            produksiefaktor kan verander

        1.2.5    G     –    Reëling tussen besighede met die doel om mededinging
                            te beperk

        1.2.6    D     –    Voordeel verkry deur derde party wat nie by die
                            markprys ingesluit is nie

        1.2.7    C     –    Ontleding deur die regering vir projek gedoen om te
                            bepaal of dit uitgevoer moet word

        1.2.8    B     –    Die hindernisse tot toetrede is nie ekonomies van aard
                            nie                                               (8 x 1)       (8)

 1.3    GEE EEN TERM

         1.3.1       Prysnemer
         1.3.2       Heterogeen
         1.3.3       Maatskaplike voordeel
         1.3.4       Kartel
         1.3.5       Prysleierskap
         1.3.6       Positiewe eksternaliteite/ Eksterne voordele             (6 x 1)       (6)

                                                             TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/JUNIE 2025)                           EKONOMIE V2                                         3

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in jou
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

2.1 Beantwoord die volgende vrae.

     2.1.1        Noem TWEE tipes koste wat gebruik word om die totale koste van
                  onderneming te bereken.
                    Veranderlike koste
                    Vaste koste                                              (2 x 1)         (2)

     2.1.2     Hoe kan die regering die ooraanbod van niemerietegoedere
              verminder?
                 Die regering kan belasting op hierdie produkte verhoog
                 Die regering kan opvoeding gebruik om produksie van
                 niemerietegoedere te verminder
               (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                 (1 x 2)    (2)

2.2 DATARESPONS

     2.2.1        Noem enige EEN manier waarop die bogenoemde restaurante hul
                  etes kan differensieer.
                    Bied verskillende spyskaart aan
                    Tema-etes vir kinders
                  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                         (1)

     2.2.2        Noem die wins wat deur          monopolistiese mededinger op die
                  langtermyn gemaak word.
                  Normale wins                                                               (1)

     2.2.3 Beskryf kortliks die konsep monopolistiese mededinging.
           Verwys na markstruktuur met baie kopers en verkopers waar toegang
           relatief maklik is, maar die produk is gedifferensieerd.
           (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                                (2)

     2.2.4        Verduidelik kortliks nieprys-mededinging as kenmerk van
                  monopolistiese mededinging.
                  Mededinging is nie op pryse gebaseer nie, maar eerder op faktore wat met
                  die produk se uniekheid verband hou.
                  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                    EKONOMIE V2                                  (EC/JUNIE 2025)

      2.2.5    Waarom sal die eienaars van die restaurante op lang termyn nie
               ekonomiese wins maak nie?
                  Op kort termyn, wanneer daar paar restaurante is, kry hulle dit reg
                  om ekonomiese winste te maak, ekonomiese winste lok meer
                  besighede om die mark te betree
                  Besigheid sal met mekaar meeding en dit sal tot toename in
                  mededinging en ekonomiese winste lei
                  Restaurante kan hul produkte anders begin bemark en merk en hul
                  normale winste behou om te verhoed dat hulle die mark verlaat
               (Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.)                        (4)

2.3   DATARESPONS

       2.3.1   Identifiseer die winsmaksimeringspunt in die grafiek hierbo.
                  Punt e                                                                    (1)

       2.3.2   Waar word die markprys bepaal?
                 P                                                                          (1)

       2.3.3   Beskryf kortliks die konsep monopolie.
               Monopolie verwys na een verkoper van goed of diens waarvoor daar
               geen naby plaasvervangers is nie.
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde.)                          (2)

       2.3.4   Verduidelik hoe nieprys-mededinging as hindernis vir toetrede
               tot oligopolis optree.
                  Nieprys-mededinging verhoog die koste van produksie en dit maak
                  dit duurder vir nuwe firmas om die bedryf te betree.
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde.)                          (2)

       2.3.5   Waarom het oligopoliste aansienlike beheer oor pryse?
                  Oligopoliste gebruik hul ekonomiese winste om nuwe produkte te
                  verbeter en te ontwikkel en hulle is in staat om hul produkte te
                  onderskei.
                  Handelsmerke stel oligopoliste ook in staat om aansienlike beheer
                  oor pryse te hê omdat verbruikers aan hul handelsmerke lojaal
                  word.
                  Oligopoliste verkoop gedifferensieerde produkte en dit stel hulle in
                  staat om hul produkte te adverteer en ook verbruikers te
                  beïnvloed.
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde.)         (Enige 2 x 2)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/JUNIE 2025)                             EKONOMIE V2                                            5

2.4     Met behulp van grafiek, verduidelik die ekonomiese verlies as
        korttermyn-ewewigsposisie onder perfekte marktoestande.

                                                          Puntetoekenning
                                                          Inkomste kurwes korrek geposisioneer
                                                          met byskrifte                     =1
                                                          Koste kurwes korrek geposisioneer

            Eenheid Inkomste en Koste
                                                          met byskrifte                     =1
                                                          Ekonomiese verlies korrek
                                                          geposisioneer met byskrifte      =2
                                           MI = MK = E3   Maksimum 4 punte

                                        Hoeveelheid
                                                                                 Mak. 4

           Gegewe die markprys van P3, word verlies geminimiseer waar MI = MK
           by punt E3.
           Dit vind by hoeveelheid van H3 plaas.
           By H3 is die firma se gemiddelde inkomste (GI) per eenheid van
           produksie P3.
           Die gemiddelde koste per eenheid is C3 wat hoër is as die prys P3
           Die firma maak ekonomiese verlies per produksie-eenheid wat gelyk is
           aan die verskil tussen C3 en P3.                                Maks. 4               (8)

2.5     Waarom is die koste-voordeel-ontleding nodig vir openbare projekte?
           KVA word toegepas op hierdie projekte waar daar verwag word dat daar
             beduidende verskil tussen maatskaplike koste en maatskaplike
           voordele sal wees.
           KVA lei tot objektiewe besluitneming deur koste en voordele op te
           weeg.
           Dit word gebruik om finale besluite te neem oor of die projek moet
           voortgaan of nie.
           Dit sluit die wyer sosiale impak en eksternaliteite in die
           besluitnemingsproses in.
           Daar is afwesigheid van markseine om te ondersteun of die projek kan
           voortgaan of nie.
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
        (Ken maksimum van 2 punte toe vir blote lys van feite.)                               (8)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                  EKONOMIE V2                                 (EC/JUNIE 2025)

VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE
                                                             40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
     3.1.1   Noem enige TWEE kenmerke van volmaak mededingende firma.
                Produkte is homogeen
                Groot getalle verkopers
                Vrye mededinging
                Geen voorkeurbehandeling
                Doeltreffende vervoer
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2)              (2)
     3.1.2   Waarom is die vraagkromme van individuele besigheid
             horisontaal?
                Dit is omdat die individuele onderneming prysnemer is en dit moet
                sy produkte teen markprys verkoop
                  Individuele firma kan enige hoeveelheid verkoop teen die prys wat
                deur die markkragte bepaal word
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)         (Enige 1 x 2)      (2)
3.2 DATARESPONS
     3.2.1   Identifiseer instelling wat beperkende sakepraktyke in die
             uittreksel hierbo ondersoek.
                 Mededingingskommissie                                                     (1)
     3.2.2   Noem die nasionale departement wat oor mededinging in
             Suid-Afrika toesig hou.                                                       (1)
             Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging (DHNM)
     3.2.3   Beskryf kortliks die konsep Mededingingsappèlhof.
               Instelling wie se hooffunksie is om bevele wat deur die
             Mededingingstribunaal gemaak is te hersien en hierdie bevele te wysig
             of te bevestig
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)
     3.2.4   Waarom stel die regering minimum pryse vas?
                Die regering stel minimum pryse onder die markprys vas om goedere
                meer bekostigbaar te maak
                Om armes groter toegang tot sekere goedere en dienste te gee
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)
     3.2.5    Waarom gaan die regering voort met die projek al is die private
              koste groter as die private voordele?
                  Diens is noodsaaklik vir die bestaan van die gemeenskap en voeg
                waarde tot die gemeenskap.
                Wanneer behoefte aan infrastruktuur nodig is, maar dalk geen
                voordele in terme van winste inhou nie, bv. bou van dam.
                Befondsing van hierdie projekte word hoofsaaklik deur
                belastinginkomste gefinansier en verarm nie enige individu as sulk
                nie.
                Die publieke goedere is nie-uitsluitbaar nie en niebetalers/ saamryers
                kan nie uitgesluit word van die gebruik van gemeenskapsgoedere
                nie.
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                 (2 x 2)    (4)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/JUNIE 2025)                          EKONOMIE V2                                           7

3.3     DATARESPONS

        3.3.1     Verskaf korrekte byskrif vir kromme D.
                  Gemiddelde Veranderlike Koste) / (GVK)                                      (1)

        3.3.2     Identifiseer   sluitingspunt vanaf die grafiek hierbo.
                  Punt A                                                                      (1)

        3.3.3     Beskryf kortliks die konsep marginale inkomste.
                  Marginale inkomste is die bykomende inkomste wat ontvang word uit
                  die verkoop van bykomende eenheid.
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (2)

        3.3.4     Waarom maak die volmaakte mededinger ekonomiese wins by P3?
                     Ekonomiese wins word gemaak omdat gemiddelde inkomste groter
                     is as gemiddelde koste
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (2)

        3.3.5     Verduidelik hoe die aanbodkromme van volmaakte mededinger
                  bepaal word.
                     Die aanbodkromme van die volmaakte mededinger in die grafiek
                     begin vanaf punt A en skuins opwaarts van links na regs
                     Die aanbodkromme van volmaakte mededinger word bepaal deur
                     die stygende deel van die onderneming se marginale kostekromme
                     bo die minimum punt van sy gemiddelde veranderlike
                     kostekromme
                     Die rede vir die opwaartse helling is omdat die marginale koste
                     toeneem soos uitset toeneem
                     Die produsent begin produseer of verskaf vanaf die sluitingspunt en
                     op die stygende deel van die MK-kromme
                  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)               (2 x 2)    (4)

3.4     Bespreek kortliks die doelwitte van die mededingingsbeleid.
            Bevorder die doeltreffendheid van die ekonomie deur die vorming van
            groot besighede te voorkom
            Voorsien verbruikers aan mededingende pryse en verskeidenheid
            produkte
            Om indiensneming en sosio-ekonomiese welvaart te bevorder
            Stel KMK’s in staat om aan die ekonomie deel te neem, bv. kontrakte aan
            klein besighede
            Moedig Suid-Afrikaners aan om aan wêreldmarkte deel te neem en
            buitelandse mededinging in Suid-Afrika te aanvaar
            Laat die voorheen benadeeldes toe om hul eienaarskap van besighede te
            vergroot
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                    (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                                 EKONOMIE V2                                (EC/JUNIE 2025)

3.5   Hoe kan die bestaan van volmaakte markte        impak op verbruikers en
      produsente hê?

      Verbruikers
      Positief
        Verbruikers kan voordeel trek uit volmaakte mededinging omdat hulle lae
        pryse vir hoë kwaliteit goedere en dienste sal betaal
        Verbruikers sal verskeidenheid produkte hê om van te kies

      Negatief
        Verbruikers mag dalk nie gelukkig is met identiese produkte nie, want die
        kwaliteit van een produk kan van ander verskil
        Daar sal geen keuse van produkte om te verbruik wees nie as gevolg van
        homogene produkte                                                (Maks. 4)

      Produsente
      Positief
        Winste word gemaksimeer by die laagste punt van die GK-kromme wat
        laer produksiekoste vir produsente beteken
        Geen diskriminasie tussen firmas nie aangesien die produkte homogeen is
        en pryse dieselfde is

      Negatiewe
         Maatskappye is prysnemers en kan nie kies waar hulle hul pryse langs die
         vraagkromme kan plaas nie
         Firmas is nie in staat om ekonomiese wins op lang termyn te maak nie,
         want daar is geen hindernisse wat toetrede beperk nie en nuwe firmas
         betree die mark op lang termyn                                  (Maks. 4)
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                 (8)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/JUNIE 2025)                        EKONOMIE V2                                           9

 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE
                                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1     Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1    Noem enige TWEE groepe werkers wat by minimum lone sal
                  baat.
                    Huishulp
                    Plaaswerker
                    Gemeenskapswerkprogram (GWP)
                    Leerlingskap
                    Uitgebreide Openbare Werk-program (UOWP)   (Enige 2 x 1)                (2)

         4.1.2    Hoe bevoordeel homogene produkte verbruikers?
                     Verbruikers word gestandaardiseerde produkte gewaarborg
                     omdat dit hulle in staat stel om by enige verkoper te koop
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (2)

 4.2     DATARESPONS

         4.2.1    Identifiseer die mark waarin die vraagkromme      afwaartse
                  helling toon.
                  Mark B                                                                    (1)

         4.2.2    Wat is die aard van die produk wat in    volmaakte mark
                  verkoop word?
                  Homogeen/Identies                                                         (1)

         4.2.3    Beskryf kortliks die konsep gemiddelde inkomste.
                  Die inkomste ontvang vir die verkoop van een eenheid van
                  produk
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (2)

         4.2.4    Waarom vind individuele firmas dit maklik om perfekte mark
                  te betree?
                     Daar is geen regulasies of beperkings om die mark te betree
                     nie
                     Versonke koste soos advertensie word laag gehou aangesien
                     produkte reeds in die mark bekend is
                     Minder kapitaal word benodig om die mark te betree
                     Daar is geen hindernisse wat toegang beperk tot die mark nie
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)    (Enige 1 x 2)       (2)

         4.2.5    Bereken die marginale inkomste vir MARK B by hoeveelheid 2.
                  Toon ALLE berekeninge?

                  MR =
                          (36–20) ÷ (2–1)
                          16/1
                          16                                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                                 EKONOMIE V2                                  (EC/JUNIE 2025)

4.3   DATARESPONS

      4.3.1    Identifiseer EEN kromme wat met toedelingsdoeltreffendheid
               verband hou.
               Indifferensiekromme (IK)                                                     (1)

      4.3.2    Watter hoeveelheid rys sal geproduseer word indien 800 eenhede
               mielies geproduseer word?
                 0                                                                          (1)

      4.3.3    Beskryf kortliks die konsep industrie.
               Al die besighede wat dieselfde produk in die mark verskaf.
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (2)

      4.3.4    Waarom is oligopolis huiwerig om teen pryse mee te ding?
                  Die oligopolis sal nie voordeel trek deur hul pryse te verander nie as
                  gevolg van die geknikte vraagkromme
                  Wanneer hulle hul pryse verhoog, is die vraag sensitief vir
                  prysverandering
                  Wanneer hulle hul pryse verlaag, is die vraag nie sensitief vir
                  prysveranderings nie
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (2)

      4.3.5    Waarom word die produksie by punt D as ondoeltreffend beskou?
                  Minder goedere en dienste sal geproduseer word as gevolg van
                  ondoeltreffende gebruik van hulpbronne
                  Goedere en dienste word nie op optimale vlak geproduseer
                  nie
                  As gevolg van ondoeltreffende gebruik van hulpbronne sal koste
                  van produksie toeneem
                  Min werksgeleenthede sal geskep word wat tot laer lewenstandaard
                  lei
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)            (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/JUNIE 2025)                         EKONOMIE V2                                          11

4.4     Met behulp van korrekte benoemde grafiek, verduidelik ekonomiese
        wins deur monopolie gemaak.

         Prys                      MK

                                     GK

                                                            Puntetoekenning
                                                                              =1
                                     GI = VV                                  =1
                                                                              =2
                                                            Maks. 4 punte

                            MI                 GI

                           H1             Hoeveelheid

           Ekonomiese wins is wins bykomend tot normale wins gemaak
           By punt C, MK = MI en dit is waar winste gemaksimeer word omdat die
           produksiekoste van die laaste eenheid gelyk is aan die inkomste wat vir
           die laaste eenheid verdien het
           Optimum hoeveelheid is H1 op die horisontale as
           Die markprys is P terwyl die koste van die vervaardiging van elke eenheid
           C op die vertikale as is
           Ekonomiese winsgebied is area PCLN, en dit word deur die geskakeerde
           area verteenwoordig.                                              (Maks. 4)
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                   (8)

4.5     Hoe beïnvloed samespanning die ekonomie negatief?
        Samespanning sal die ekonomie negatief beïnvloed deur:
           Mededingendheid op lang termyn deur te verminder die BBP en
           indiensneming te verlaag
           Prysvasstelling, marktoedeling en uitsetbeheer deur kartelle en
           prysleierskap toe te laat
           Skaarste te skep om pryse te verhoog terwyl ondoeltreffende verskaffers
           ook beskerm word
           Om gemeenskappe, verbruikers, besighede en selfs regerings te dwing
           om hoër pryse vir goedere en dienste te betaal
           Verwringing van ekonomiese markte en die vertraging van innovering
           omdat daar minder geld op navorsing en ontwikkeling spandeer word
        (Maksimum 2 punte vir blote lys en voorbeelde.)
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                  (8)
                                                                                           [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                                   EKONOMIE V2                                (EC/JUNIE 2025)

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 5

  Vergelyk en stel teenoor mekaar TWEE tipes markstrukture (monopolie en
  monopolistiese mededinging) in diepte.                      (26 punte)
  Waarom ondersteun die regering monopolieë?                  (10 punte)

INLEIDING
Enige mark wat nie aan al die kenmerke van volmaakte markte voldoen nie, word
onvolmaakte mark genoem. Dit is ook die geval met monopolieë en monopolistiese
markte.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)                (Maks. 2 punte)             (2)

LIGGAAM: HOOFDEEL
Vryheid van toegang

    Kenmerke                          Monopolie                           Monopolistiese
Aantal firmas in         Enkele verskaffer van firma bv.         Groot aantal firmas of
 bedryf               Eskom Daar is geen mededinging           verskaffers bv. Nandos, KFC
                      nie, een besigheid in die mark beheer en Steers. Daar is element van
                      die verskaffing van die goedere en       mededinging
                      dienste
Aard van die            Unieke produk word geproduseer        Gedifferensieerde produkte
produk                Daar is geen noue plaasvervangers       Produkte is soortgelyk maar nie
                      nie Die produk kan nie maklik           identies nie Hulle is dieselfde
                      vervang word nie Verbruikers het        in die dat hulle die behoefte van
                      geen keuse in prys en kwaliteit van die die verbruiker bevredig Daar
                      produk nie                              mag verskil in die verpakking
                                                              wees maar die produk bly
                                                              dieselfde
Vryheid om in en      Daar is hindernisse tot toetrede        Maklike toetrede tot die mark
uit die mark te       Toegang tot die mark is heeltemal       Daar is volledige vryheid van
beweeg                geblokkeer Die hindernisse word         toetrede tot en uitgang in die
                      deur patente en ander vorme van         mark
                      intellektuele eiendomsregte
                      veroorsaak
Helling van die       Afwaartse skuins vraagkromme vir Afwaartse skuins vraagkromme
vraagkromme           die firma en dieselfde kurwe vir die vir die industrie en is
                      industrie dit is ook onelasties         elasties
Beheer oor            Die firma is prysbepaler Die            Firmas het min beheer oor die
prys                  monopolis is in staat om die mark te    prys Elke onderneming
                      beïnvloed deur die hoeveelhede te       verkoop teen sy eie prys
                      verander wat dit aan die                aangesien enkele prys nie vir
                      mark verskaf                            die gedifferensieerde produk
                                                              bepaal kan word nie

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 13

(EC/JUNIE 2025)                       EKONOMIE V2                                               13

Relatiewe mark        Totale mark behoort aan een           Relatief klein deel van die totale
aandeel               firma                                 mark
Inligting             Daar is perfekte kennis inligting     Inligting is onvolledig
                      is volledig
Tegnies               Moontlik                              Sluit
doeltreffenheid
Ekonomies             Hulle kan ekonomiese winste op Maak normale wins op lang
verlies/ wins         kort en lang termyn maak       termyn
                                                     Ekonomiese wins op kort
                                                     termyn
Samespanning          Nie relevant                    Nie moontlik
Besluitneming         Onafhanklik                     Dit word deur ander mededingers
                                                      beïnvloed
Voorbeelde            Eskom                           Restaurante (Steers, Wimpy)
                                                      ens.
Toedelings-           Daar is geen toedelings-        Gesluit.
doeltreffendheid      doeltreffendheid nie.          toedeling van hulpbronne volgens
                                                     die smaak en voorkeur van die
                                                     verbruiker.

(Ken maksimum van 8 punte vir subopskrifte toe)
    Antwoorde wat in die vorm van tabel is:
   o Maksimum 8 punte vir subopskrifte
    o 1 punt elk vir die bespreking aan elke kant van die tabel en       maksimum van
       2 punte as die antwoorde aan beide kante korrek is

    o  Maksimum 8 punte vir subopskrifte
    o  1 punt vir elke verduideliking (Leerders mag       tabel gebruik om hul
       antwoorde aan te bied)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
ADDISIONELE DEEL
Waarom ondersteun die regering monopolieë?
   Om die intellektuele vaardigheid en reg van die produsent te beskerm
   Sommige produkte is baie gevaarlik vir baie maatskappye wat die produk of diens
   vervaardig of verskaf, en daar moet mate van aanspreeklikheid wees
   Om die produsent te motiveer om met die vaardigheid voort te gaan, die
   maatskappy te laat groei en meer mense in diens te neem
   Uit die ekonomiese winste wat gemaak word, kan die regering meer inkomste in
   terme van belasting kry
   Om pryse laag te hou sodat verbruikers by lae pryse kan baat
   Om die maatskappy te kan monitor veral as dit noodsaaklike diens soos
   elektrisiteit lewer
(Aanvaar enige ander relevante en korrekte hoërorde-antwoorde.)
( Maksimum van 2 punte sal toegeken word vir blote lys van feite.)        Maks. 10
GEVOLGTREKKING

Beide markstrukture is geneig om ondoeltreffend te wees omdat onvolmaakte markte
nie hulpbronne doeltreffend toewys nie                                                            (2)
(Aanvaar enige ander relevante hoër orde gevolgtrekking.)                                        [40]

 Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
        Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 14

14                                EKONOMIE V2                               (EC/JUNIE 2025)

VRAAG 6: MIKRO-EKONOMIE
     Bespreek in detail staatsinmenging as gevolg van markmislukking met
     relevante grafieke.                                           (26 punte)
     Hoe doeltreffend was staatsbesteding om markmislukking aan te spreek?
                                                                   (10 punte)
INLEIDING

Markmislukking verwys na situasies waar die beste beskikbare hulpbronne of optimale
uitkomste nie bereik is nie.
(Aanvaar enige korrekte relevante inleading.)                                           (2)

Direkte beheer
   Die regering kan kies om wette aan te neem in poging om beheer en beperkinge
   op gedrag van besighede en individue te plaas, wat negatiewe eksternaliteite
   genereer
   Die regering hef dikwels belasting op die produksie van alkohol en tabak
   Dit word dikwels sondebelasting genoem
   Advertensies deur die tabakbedryf is verbode en alkohol mag nie aan persone onder
   die ouderdom van 18 jaar verkoop word nie
   Die regering kan van maatskappye vereis om toerusting teen-besoedeling te
   installeer wat giftige produkte skoonmaak voordat dit in riviere gestort word

Onvolmaakte markte
  Ondernemings wat in nie-mededingende markte werksaam is, maksimeer hul
  winste deur minder as die optimale hoeveelheid goedere of dienste teen hoë prys
  te verskaf
  Die regering kan die uitwerking van onvolmaakte markte hanteer deur:
  Die firma se ekonomiese wins te belas
  Die instel van prysbeheer (maksimeer pryse), om sodoende die onderneming se
  ekonomiese wins te verminder en te verseker dat meer mense in staat is om die
  produk te verbruik
  Die bekendstelling van mededingingsbeleid om die vlak van mededinging tussen
  firmas te probeer te verhoog en om dit makliker te maak vir nuwe firmas om die
  bedryf te betree
      In Suid-Afrika het die regering die Mededingingskommissie, die
  Mededingingstribunaal en die Mededingingsappèlhof gestig om te verseker dat die
  vlak van mededinging nie geërodeer word nie, maar verhoog word
  Om mededinging uit die buiteland toe te laat, deur die verwydering of vermindering
  van tariewe, om die skadelike praktyke van plaaslike monopolieë te beperk
Regering se betrokkenheid by produksie
  Regerings is self betrokke by die vervaardiging van goedere en dienste
  Die regering se benadering tot ontbrekende markte is om goedere direk aan te
  bied
  Belasting word verhoog om die voorsiening van sulke goedere te finansier
  Gemeenskapsgoedere word gratis verskaf, byvoorbeeld verdediging, polisie en
  straatbeligting
  Sommige kollektiewe goedere word teen               gebruikersfooi voorsien, soos
  vullisverwydering, afvalverwydering en riooldreinering

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 15

(EC/JUNIE 2025)                          EKONOMIE V2                                            15

            Die verskaffing van sommige ander kollektiewe goedere word gesubsideer,
            byvoorbeeld openbare vervoer en skoon water
            Indien die makro-ekonomiese doelwitte van die regering nie bereik word nie, kan dit
            as markmislukking beskou word en kan die regering óf aan die vraagkant óf aan die
            aanbodkant ingryp
            Aan die vraagkant kan die regering ingryp met makro-ekonomiese beleide, dit wil sê
            monetêre en fiskale beleide
            Die aanbodkantbenadering fokus op die vermoë van die ekonomie en beleide wat
            poog om die voorraad, produksiefaktore en infrastruktuur uit te brei om die
            buigsaamheid van faktormarkte te verbeter

Minimum lone
  Wanneer die regering minimum loon afdwing, beteken dit dat werkers sekere
  loonbedrag betaal moet word en niks minder as dit nie
  Die loonkoers is op L vasgestel, die ooreenstemmende vraag en aanbod van arbeid
  sal wees H
  Indien die minimum loon op L1 vasgestel word, sal die vraag na arbeid van H na H1
  afneem
  Meer mense sal hul arbeid as gevolg van die hoër loon aanbied

                   V                              A

            L1                                    Minimum Loon

Loonkoers
             L                                                     Puntetoekenning
                                                                   Minimum Loon        =2
                                                                   Vraag en Aanbod     =1
                                                                   Loonkoers Styging   =1
                       A                      V                    Maks. 4 punte

                           H1     H      H2
                                Hoeveelheid

Maksimum pryse
  Die regering stel    maksimum prys onder die markprys om goedere meer
  bekostigbaar te maak
  Maksimum pryse gee die armes groter toegang tot sekere goedere en dienste
    Maksimum prys word vasgestel op goedere soos basiese voedsel, behuising en
  vervoer                                                         (Maks. 4 punte)

      Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief
                 Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 16

16                                                 EKONOMIE V2                                     (EC/JUNIE 2025)

              V                                          A

                                                                            Puntetoekenning
                                                                            Maksimum prys           =2
                                                                            Tekort                  =1
                                                                            Vraag en Aanbodkurwe    =1
Prys                                                                        Maks. 4 punte

                                                      Maksimum prys

                  A                 Tekort           V

                          H1          H       H2

                                Hoeveelheid                                                                     (4)
            Die markewewigsprys is P en die ewewigshoeveelheid is H
            Die regering gryp in en stel wet in dat brood nie meer as P1 verkoop kan word
            nie
            Maksimumpryse kan tekort aan goedere veroorsaak maar dit verbeter die
            welvaart van verbruikers omdat goedere laer prys het           (Maks. 4 punte)
       Minimum pryse
          Die regering stel minimum prys op sekere punt bo die markprys vas
          Dit stel produsente in staat om gemaklike wins te maak en moedig hulle aan
          om belangrike noodsaaklike goedere te verskaf

                  V                                          A

                                                             Minimum Prys

   Prys
                                                                                 Puntetoekenning
                                                                                 Minimum prys    =2
                                                                                 Surplus         =1
                                                                                 Prys styging    =1
                                                                                 Maks. 4 punte
                      A                                  V

                               H1         H    H2

                                    Hoeveelheid
          Die markewewigsprys is P en die ewewigshoeveelheid is H
          As die regering minimum prys op P1 stel, sal boere groter winste verdien en
          meer mielies verskaf                                             (Maks. 4 punte)
            Surplus sal beteken die regering sal die ekstra mielies moet koop en dit plaaslik
          of in die buiteland moet stort

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief
          Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 17

(EC/JUNIE 2025)                          EKONOMIE V2                                         17

   Belasting en subsidies

   Heffing indien belasting
     Die regering gryp in deur belasting te hef om die eksterne kostes te verhaal.
     Hierdie belastings sal die prys verhoog en sal tot afname in produksie lei

   Verskaffing van produsentesubsidies
     Die regering verskaf subsidies aan produsente om hulle aan te moedig om die
     produksie van goedere te verhoog
     Produsentesubsidies word dikwels aan verskaffers van landbouprodukte soos
     koring en mielies gegee
     Subsidies verlaag die koste van die vervaardiging van goedere en dus word die
     markprys van hierdie goedere verlaag

                                          A
                  V
                                               A1

                                         subsidie             Puntetoekenning
                                                              Subsidie             =2
                                                              Vraagkurwe           =1
                                                              Aanbodkurwe beweging = 1
                                                              Maks. 4 punte
  Prys

                  A
                      A1

                             H   H1
                           Hoeveelheid

         Die markprys van vleis is P en die ooreenstemmende hoeveelheid is H
         Indien die regering die produksie van vleis subsidieer, sal die markprys daal tot
         P1 met ooreenstemmende hoeveelheid H1
         Die laer prys, P1 laat armes toe om meer vleis te koop
                                                                           (Maks. 4 punte)

   Herverdeling van rykdom
     Die regering gebruik verskillende metodes om inkomste te versprei deur die
     verskaffing van gratis dienste, dienste in natura en kontantvoordele aan die
     armes
     Die regering gebruik ook wette om herverdeling af te dwing, byvoorbeeld BGSEB,
     regstellende aksie, grondrestitusie, grondherverdeling en eiendomsubsidies
     (HOP-behuising)
  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoorde.)
  (Maksimum 8 punte vir blote lys.)                                       (Maks. 26) (26)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
         Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 18

18                               EKONOMIE V2                                (EC/JUNIE 2025)

ADDISIONELE DEEL

Hoe doeltreffend was staatsbesteding om markmislukking aan te spreek?

Staatsbesteding is effektief om markmislukking aan te spreek deur:
  Die oordrag van inkomste direk aan die armes soos kinderondersteuningstoelaes,
  werkloosheidsvoordele en sodoende inkomste-ongelykhede te verminder
  Die verskaffing van goedere gratis byvoorbeeld gemeenskapsgoedere, onderwys,
  ens. en toegang tot basiese behoeftes aan alle burgers toe te laat
  Die implementering van werkskeppingsprogramme wat vaardighede vir alle soorte
  arbeid skep en verbeter
  Besteding aan veldtogte wat die publiek sal inlig oor beleide en wetgewing wat
  hulle teen uitbuiting beskerm
  Belegging in infrastruktuurontwikkeling soos paaie, spoorweë en
  kommunikasienetwerke as private sektor vind dit onwinsgewend of moeilik om te
  finansier
  Regeringsingryping soos nuwe wette, tariewe, subsidies en handelsbeperkings
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                (Maks. 10 punte)      (10)

GEVOLGTREKKING

Alhoewel die regering nie aan die aanbod van alle gemeenskapsgoedere kan voldoen
nie, sal daar altyd behoefte wees om die aspirasies van die hele samelewing te
bevredig.
(Aanvaar enige hoëorde gevolgtrekking.)                                                   (2)

                                                          TOTAAL AFDELING C:             40
                                                              GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — Economics · QP · 2025 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 JUNE 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-june-2023-english/f5026251-0c9a-4ca6-8d34-5fc4f625073a) — Economics · Memo · 2023 · Eng
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — Economics · QP · 2025
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — Economics · QP · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — Economics · QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-grade-12-june-2023-afrikaans/14e460bc-51e9-4a72-a70e-bc549012de25) — Economics · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
