# Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape June 2023 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-june-2023-afrikaans/3493f088-0531-43e0-b777-da84a7b24ab5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape June
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-june-2023-afrikaans/3493f088-0531-43e0-b777-da84a7b24ab5)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape June · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE
                  SENIORSERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                            JUNIE 2023

                        EKONOMIE V2
                        NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                   Hierdie nasienriglyn bestaan uit 20 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     EKONOMIE V2                               (EC/JUNIE 2023)

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1    MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

       1.1.1    B – Volmaakte 

       1.1.2    C – GI = GVK 

       1.1.3    A – Regsbeperkings 

       1.1.4    C – Gratis toegang tot die mark 

       1.1.5    B – Ongelyke verdeling van rykdom en inkomste 

       1.1.6    D – Bou verbruikerslojaliteit 

       1.1.7    A – Eksternaliteite 

       1.1.8    C – Swartmark                                                          (16)

1.2    PAS-ITEMS

       1.2.1    E–     Aanwyser wat die verband tussen die relatiewe koste en
                       voordele van ŉ voorgestelde projek toon 

       1.2.2    F–     ŉ Regsliggaam wat die ondersoek en aanbevelings van die
                       mededingingskommissie aanvaar of verwerp 

       1.2.3    I–     Dui aan dat pryse styg namate meer goedere en dienste
                       gelewer word 

       1.2.4    G–     Hulpbronne word gepas gebruik om die maksimum aantal
                       goedere teen die laagste koste en beste gehalte te
                       produseer 

       1.2.5    C–     Die verbruik van ŉ produk deur een persoon, maar nie verhoed
                       dat ander dit geniet nie 

       1.2.6    A–     Produkte wat soortgelyk is maar nie identies is nie en aan
                       dieselfde behoefte van die verbruiker voldoen 

       1.2.7    D–     ŉ Korttermyn-tempo van uitset en verkope waarteen ŉ
                       verskaffer genoeg inkomste genereer om vaste en
                       veranderlike koste te dek 

       1.2.8    B–     Kom voor wanneer enige van die voorwaardes van volmaakte
                       mark bestaan het 

                                                                               (8 x 1)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/ JUNIE 2023)                            EKONOMIE V2                              3

1.3       GEE EEN TERM

          1.3.1      Volmaakte mark 

          1.3.2      Pareto-doeltreffendheid 

          1.3.3      Totale inkomste/Inkomste 

          1.3.4      Prysleierskap 

          1.3.5      Afslag 

          1.3.6      Duopolie                                         (6 x 1)      (6)

                                                          TOTAAL AFDELING A:        30

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    EKONOMIE V2                               (EC/JUNIE 2023)

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

2.1    2.1.1   Noem enige TWEE voorbeelde van veranderlike koste.
               • Water 
               • Elektrisiteit 
               • Arbeid 
               • Natuurlike hulpbronne 
               (Aanvaar enige ander relevante antwoorde.)                    (2 x 1)         (2)

       2.1.2   Waarom is dit nodig om kostevoordeel-ontleding toe te pas?
               • Kostevoordeel-ontleding laat ŉ individu/organisasie toe om ŉ
                   potensiële projek vry van vooroordele te evalueer 
               • Maatskappye moet die uitvoerbaarheid van verskillende projekte
                   evalueer om te bepaal watter projek die beste belegging sal
                   wees 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)            (1 x 2)         (2)

2.2    DATARESPONS

       2.2.1   Noem enige EEN manier waarop die bogenoemde hotelle hul
               produkte kan onderskei.
               • Bied konferensiekamers aan 
               • Skoonheidsalonne 
               • Gimnasiums 
               (Aanvaar enige ander relevante antwoorde.)                                    (1)

       2.2.2   Watter soort winste word op die lang termyn deur                    ŉ
               monopolistiese mededinger gemaak?
               Normale winste                                                               (1)

       2.2.3   Omskryf die konsep monopolistiese mededinging.
               Monopolistiese mededinging verwys na ŉ markstruktuur met baie
               kopers en verkopers waar toegang relatief maklik is maar die produk
               gedifferensieer is 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/ JUNIE 2023)                              EKONOMIE V2                                      5

       2.2.4       Verduidelik kortliks produkdifferensiasie as ŉ kenmerk van ŉ
                   monopolistiese kompetisie.
                   • Produkdifferensiasie verwys na produkte wat soortgelyk is, maar
                      nie heeltemal identies is nie 
                   • Hulle is soortgelyk deurdat hulle dieselfde behoefte van die
                      verbruiker bevredig 
                   • Verskille kan soms heeltemal denkbeeldig wees soos in die geval
                      van medisyne wat verskillende handelsname kan hê maar presies
                      dieselfde basiese bestanddele bevat 
                   • Die verpakking van die produk kan dit anders maak as ander
                      produkte, alhoewel die produk dieselfde is, bv. sout en suiker        (2)

       2.2.5       Hoekom sal eienaars van hierdie hotelle nie op die lang termyn
                   ekonomiese winste kan maak nie?
                   • Op kort termyn, wanneer daar nog ŉ paar hotelle is, kry hulle dit
                       reg om ekonomiese wins te maak 
                   • Die ekonomiese winste lok ander besighede om die mark te betree
                       en lei uiteindelik tot verhoogde mededinging en alle ekonomiese
                       winste word weggevee 
                   • Hotelle begin hul produk anders bemark en handelsmerk, hulle
                       doen dit om te probeer vashou aan hul normale winste om te
                       verhoed dat hulle die mark verlaat 
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (4)

2.3 DATARESPONS

      2.3.1         Identifiseer ekonomiese wins vanuit MARK B.
                    apeb                                                                    (1)

      2.3.2         Watter kurwe dui op ŉ toename van nuwe toetreders?
                    S1S1                                                                    (1)

      2.3.3         Omskryf die begrip mark.
                    Mark is ŉ meganisme wat kopers en verkopers van ŉ goed/diens
                    bymekaar bring om die prys en hoeveelheid te beïnvloed 
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (2)

      2.3.4         Verduidelik die rol van die mededingingskommissie.
                    Mededingingskommissie ondersoek beperkende sakepraktyke,
                    misbruik van dominante posisies en samesmeltings om billikheid en
                    doeltreffendheid in die Suid-Afrikaanse ekonomie te bewerkstellig 
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                    EKONOMIE V2                                (EC/JUNIE 2023)

      2.3.5   Hoekom is die LGK-kromme, u-vormig?
              • Die vorm van die LGK-kromme illustreer hoe gemiddelde koste
                 aanvanklik as gevolg van skaalvoordele afneem, terwyl die firma
                 toenemende opbrengs na skaal ervaar 
              • Dit stel dan ten toon konstante opbrengste aangesien die firma op sy
                 optimale vlak funksioneer 
              • As die firma probeer om meer as sy optimale punt uit te brei as gevolg
                 van skaalverspillings, ervaar dit dalende opbrengs na skaal en GK
                 stygings 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                              (4)

2.4   Verduidelik met behulp van ŉ diagram die implikasie van negatiewe
      eksternaliteite.

                                  NEGATIEWE EKSTERNALITEIT
               
                          V                     A1 (MMK)
          PRYS
                                   E1             A    (MPK)
               P1

                                            E
                P
                        A1
                                                     V (MGK)

                              A

                                   H1      H           HOEVEELHEID
      Puntetoekenning
      Korrekte aanduiding in die verskuiwing van die aanbodkurwe = 2 punte
      Korrekte aanduiding in die verandering in hoeveelheid        = 1 punt
      Korrekte benoeming van die as                                = 1 punt
                                                             Maks. 4 punte

      •   Negatiewe eksternaliteite dra ŉ private koste en sosiale koste, dit wil sê
          koste wat deur die samelewing gely word 
      •   Indien die maatskaplike koste van ŉ goed by die private koste van ŉ goed
          gevoeg word, sal die finale prys opgestoot word en minder goedere sal
          verskaf word 
      •   Vraag na die produk word verteenwoordig deur VV en aanbod wat ook die
          marginale privaat koste (MPK) van die industrie is, word verteenwoordig
          deur AA 
      •   As gevolg van besoedeling is die marginale maatskaplike koste (MMK)
          groter as MPK 
      •   As die mark aan sy eie lot oorgelaat word, sal hoeveelheid H teen prys P
          geproduseer word en dit is maatskaplik ondoeltreffend 
      •   Maatskaplike doeltreffendheid vereis dat MMK gelyk is aan die prys van
          die produk, dit sal by P1 en H1  wees en minder goedere sal teen ŉ
          hoër prys geproduseer word                                         Maks. 4
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                      (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/ JUNIE 2023)                          EKONOMIE V2                                    7

2.5     Hoe kan ŉ besigheid verhoed om die afsluitpunt te bereik?
        •   ŉ Besigheid moet probeer om sy bedryfskoste te verminder 
        •   Opleiding van werkers om produktief te wees en die verbetering van die
            kwaliteit van goedere en dienste sal tot meer verkope lei 
        •   ŉ Besigheid moet betrokke wees by intensiewe advertering van sy
            produkte sodat kliënte bewus is van die beskikbaarheid van die
            produk 
        •   Handelsmerk van die produk sal lojaliteit aanmoedig en sal verkope
            verbeter 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                              (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     EKONOMIE V2                                (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

3.1   3.1.1     Noem enige TWEE doelwitte van die mededingingsbeleid.
                •   Bevorder die doeltreffendheid van die ekonomie 
                •   Voorsien verbruikers van mededingende pryse en ŉ
                    verskeidenheid produkte 
                •   Bevorder indiensneming 
                •   Moedig Suid-Afrika aan om aan wêreldmarkte deel te neem en
                    buitelandse mededinging in Suid-Afrika te aanvaar 
                •   Stel KMMO’s in staat om aan die ekonomie deel te neem 
                •   Om voorheen benadeeldes toe te laat om aan die ekonomie deel
                    te neem 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (2)

      3.1.2     Waarom neig die vraagkurwe van ŉ monopolis vanafwaarts links
                na regs?
                •    Monopolis het ŉ afwaartse skuins vraagkurwe omdat hy ŉ
                     prysmaakkrag in sy mark het 
                •    Dit kan die prys wat dit vra verhoog en nie al die vraag wat dit in
                     die gesig staar verloor nie, dit is omdat dit die enkele dominante
                     firma in die mark is en sy produkte geen perfekte plaasvervangers
                     het nie 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (2)

3.2   DATARESPONS

      3.2.1     Noem enige EEN tipe samespanning.
                • Openlike samespanning 
                • Stilswyende samespanning                                                    (1)

      3.2.2     Noem EEN kompetisie-instansie wat nie in bogenoemde uittreksel
                genoem is nie.
                Mededinging-appèlhof                                                          (1)

      3.2.3     Omskryf die begrip samespanning.
                Samespanning is ŉ ooreenkoms tussen besighede met die doel om
                mededinging tussen hulle te beperk deur pryse vas te stel. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (2)

      3.2.4     Verduidelik nie-prys mededinging in ŉ oligopoliemark.
                Oligopolieë verkies om op grond van produkdifferensiasie en
                doeltreffende diens mee te ding omdat prysmededinging tot
                prysoorloë kan lei 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/ JUNIE 2023)                             EKONOMIE V2                                        9

        3.2.5      Hoekom sal banke dikwels saamspan hoewel dit onwettig in
                   Suid-Afrika is?
                   • Samespanning tussen banke vind plaas omdat dit ŉ poging is
                      om onsekerheid te verminder, dit wil sê, hulle kom ooreen oor
                      die pryse wat hulle gaan eis en die hoeveelhede wat hulle gaan
                      produseer 
                   • Hulle kan die voordeel geniet om mededinging te beperk en dit
                      vir ander besighede moeilik te maak om die mark te betree 
                   • Samespanning tussen banke vind plaas omdat hulle aanbod wil
                      beperk om pryse te verhoog en wins te maksimeer 
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (4)

3.3     DATARESPONS

        3.3.1      Identifiseer ŉ kromme wat vir die bepaling van prys noodsaaklik
                   is.
                   Vraagkurwe/V/GI                                                          (1)

        3.3.2      Watter soort produkte word deur ŉ monopolie vervaardig?
                   Uniek                                                                    (1)

        3.3.3      Omskryf die begrip marginale inkomste (MI).
                   Marginale inkomste is die ekstra inkomste wat die verkoper verdien
                   wanneer hy nog een eenheid van die produk produseer en
                   verkoop. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (2)

        3.3.4      Waarom is monopolieë in staat om ekonomiese winste op die
                   langtermyn te maak?
                   Dit is as gevolg van hindernisse tot toetrede waar ander maatskappye
                   dit moeilik vind om die mark te betree en mee te ding. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                       (2)

        3.3.5      Bereken wins/verlies vanaf die bostaande grafiek. Toon ALLE
                   berekeninge.

                   TI = P x Q                   TK = P x Q
                      = 80 x 50                    = 100 x 50
                      = 4 000                      = 5 000 

                   VERLIES = TI – TK
                           = 4 000 – 5 000 
                           = - 1 000                                                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 EKONOMIE V2                              (EC/JUNIE 2023)

3.4   Verduidelik die onvolmaakte mededinging en onbeweeglikheid van
      produksiefaktore as oorsake van markmislukking.

      Onvolmaakte kompetisie
      • Meeste besighede produseer onder toestande van onvolmaakte
         mededinging wat hulle in staat stel om uitset te beperk en pryse te
         verhoog 
      • Hulle kan verhoed dat nuwe besighede die mark betree, en sodoende
         verhoed dat volle aanpassing by veranderinge in verbruikersvraag
         plaasvind 
      • Advertensies bevorder die meerderwaardigheid van sekere produsente,
         hulle moedig verbruikers aan om sekere produkte slegs van sekere
         produsente te koop                                            Maks. 4

      Onbeweeglikheid van produksiefaktore
      • Arbeid kan tyd neem om na nuwe beroepe te beweeg omdat hulle
          heropgelei moet word of lang kennisgewings by die werk moet gee 
      • Dit is soms moeilik om geografies te beweeg as gevolg van familiebande,
          dit veroorsaak markmislukking omdat veranderinge in vraag nie voorsien
          word nie 
      • Tegnologie wat in produksie gebruik word, kan oor ŉ lang tyd verander,
          dit neem ŉ lang tyd om van arbeidsintensiewe metodes na
          gemeganiseerde produksie of rekenaargesteunde produksie te
          verander.                                                    Maks. 4
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                   (8)

3.5   Waarom ervaar monopolieë verliese as die enigste produsent in die
      mark?

      Monopolieë ervaar verliese omdat:
      • die monopolieprysing skep ŉ dooie gewigsverlies omdat die firma
          transaksies met die verbruikers laat vaar 
      • monopolieё mag ondoeltreffend en minder innoverend oor tyd wees omdat
          hulle nie met ander produseerders in die mark hoef te kompeteer nie.
      • hoër pryse van die monopolie kan daartoe lei dat sommige verbruikers uit
          die mark geprys word as gevolg van ŉ daling in effektiewe vraag 
      • kopers kan steeds kies om nie ŉ produk te koop nie, al is dit die enigste
          produk in die mark as gevolg van beperkte hulpbronne 
      • alhoewel ŉ monopolis ŉ enkele produsent is, kan sy produk steeds vervang
          word en mag minder van die produk verkoop word 
      • produksiekoste kan styg, wat die monopolis dryf om minder te produseer,
          wat lei tot minder inkomste ontvang lei 
      • die globale ekonomie kan die monopolie negatief beïnvloed, en dit kan tot
          ŉ afname in verkope lei 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                               (8)
                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/ JUNIE 2023)                              EKONOMIE V2                                     11

VRAAG 4:           MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
                   KWESSIES

4.1    4.1.1       Noem enige TWEE voorbeelde van openbare goedere.
                   •   Straatligte 
                   •   Vuurtoring 
                   •   Polisiedienste 
                   •   Verkeersligte 
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (2)

       4.1.2       Hoekom moet ŉ besigheid op die kinkel van die geknikte kromme
                   produseer?
                   Deur teen ŉ laer prys te verkoop, sal minder verkoop word omdat die
                   vraag onelasties sal wees, teen ŉ hoër prys sal die vraag minder wees
                   omdat ander produsente ŉ goedkoper prys sal vra, so dus die beste om
                   pryse stabiel te hou. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (2)

4.2    DATARESPONS

       4.2.1       Identifiseer ŉ maatskappy wat die meeste wins, uit die tabel
                   hierbo, maak.
                   Maatskappy E                                                               (1)

       4.2.2       Watter van die bogenoemde maatskappye toon normale wins?
                   Maatskappy D                                                               (1)

       4.2.3       Omskryf die konsep normale wins.
                   Normale wins is die minimum verdienste wat ŉ entrepreneur vereis om
                   te verhoed dat hy of sy die bedryf verlaat. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (2)

       4.2.4       Verduidelik kortliks implisiete koste.
                   •   Implisiete koste is die koste wat deur die entrepreneur tydens die
                       produksieproses aangegaan word. 
                   •   In ekonomie word dit ook toegerekende koste genoem, is die
                       geleentheidskoste gelykstaande aan wat ŉ firma moet prysgee om
                       ŉ produksiefaktor te gebruik waarvoor hy reeds besit en dus nie
                       huur betaal nie.                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                    EKONOMIE V2                               (EC/JUNIE 2023)

      4.2.5    Waarom is dit nodig om geleentheidskoste in ag te neem wanneer
               wins bereken word?
               • Ekonomies is dit belangrik om geleentheidskoste in ag te neem, want
                  dit beklemtoon die hoeveelheid geld wat opgeoffer word wanneer ŉ
                  huidige besigheid begin word. 
               • Dit gee ook ŉ aanduiding of die onderneming die korrekte alternatief
                  gekies het in terme van wins. 
               • Dit is ŉ manier om die risiko's en voordele van elke opsie te
                  kwantifiseer, wat tot meer winsgewende besluitneming in die
                  algemeen lei.                                                             (4)

 4.3 DATARESPONS

      4.3.1    Identifiseer enige nie-merietegoedere uit bogenoemde uittreksel.
               • Kitskos 
               • Dwelms                                                                      (1)

      4.3.2    Watter tipe belasting kan op ŉ nie-meriete goed gehef word?
               Sondebelasting/aksynsbelasting                                                (1)

      4.3.3    Beskryf die begrip negatiewe eksternaliteit.
               • Dit is ŉ koste vir derde party wat nie by die markprys van ŉ goed
                  ingesluit is nie, bv. besoedeling. 
               • Dit is die verskil tussen sosiale koste en privaat koste 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (2)

      4.3.4    Verduidelik nie-mededinging as ŉ kenmerk van openbare goedere.
               • Nie-mededinging verwys na die feit dat verbruik van ŉ goed deur een
                 persoon nie die hoeveelheid wat vir ander beskikbaar is verminder
                 nie  byvoorbeeld vuurtoring. 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (2)

      4.3.5    Hoekom word die verbruik van nie-merietegoedere ontmoedig?
               • Verbruik van nie-merietegoedere het ŉ negatiewe uitwerking op
                  verbruikers – wanneer individue hierdie goedere verbruik stel dit
                  negatiewe verbruikers eksternaliteite in die samelewing vry 
               • As gevolg hiervan beteken dit dat marginale maatskaplike voordele
                  minder word as marginale private voordele wat lei tot oorverbruik van
                  hierdie goedere in die mark 
               • Sigarette beskadig byvoorbeeld die roker se gesondheid sowel as
                  ander se gesondheid deur tweedehandse rook 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/ JUNIE 2023)                            EKONOMIE V2                                    13

4.4        Verduidelik die aard van die produk en beheer oor markaanbod en -
           prys in ŉ volmaakte mark.

           Aard van die produkte
           • Alle verkopers in die mark verskaf identiese/homogene produkte 
           • Hulle moet in alle opsigte identies wees – geen verskille in ontwerp, styl
              of kwaliteit nie 
           • Verbruikers behoort nie een verkoper se produk van ŉ ander verkoper
              te kan identifiseer nie 

           Beheer oor markaanbod en prys
           • Aangesien baie verkopers dieselfde produk verkoop, verskaf
              enkelverkoper ŉ onbeduidende deel van die bedryf 
           • ŉ Enkele verkoper het geen beheer oor markaanbod en prys nie 
           • ŉ Firma kan nie ŉ merkbare verandering in totale aanbod teweegbring
              deur die variasie in sy eie aanbod nie 
           • ŉ Individuele firma kan nie die markprys deur sy eie onafhanklike
              optrede beïnvloed nie, daarom word dit ŉ prysnemer genoem 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                               (8)
4.5        Hoe affekteer beurtkrag klein besighede?
           • Klein besighede word gekonfronteer met verlies aan produksie en
              produktiwiteit 
           • Produksie word gestaak tydens beurtkrag omdat die masjiene met
              elektrisiteit bedryf word 
           • Werkers werk wesentlik nie gedurende tydperke van beurtkrag nie 
           • Klein besighede word gekonfronteer met verlies aan wins omdat hulle in
              die meeste gevalle elektrisiteit benodig om hul besighede te funksioneer
              en te bedryf 
           • Diefstal en inbrake neem toe wat die normale bedryf van besighede
              beïnvloed 
           • Klein besighede kies om vir besigheid te sluit omdat alarmstelsels en
              kameras nutteloos is tydens beurtkrag 
           • Daar is skade aan elektronika omdat die oplewing van elektrisiteit
              wanneer krag teruggestuur word die bestendige spanningsvloei in die
              elektriese stelsel versteur en die elektriese komponente beskadig 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                (8)
                                                                                            [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                    EKONOMIE V2                                (EC/JUNIE 2023)

 AFDELING C

 Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 5

 • Bespreek die monopolie in detail, sonder die hulp van grafieke.           (26 punte)
 • Hoe dra ŉ monopolie tot markmislukking by?                                (10 punte)

 INLEIDING

 ŉ Monopolie is ŉ markstruktuur waar slegs een verkoper met geblokkeerde toegang in
 die mark heers 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                 (2)

 HOOFDEEL

 Vraagkurwe 
 • ŉ Monopolie word gekonfronteer met ŉ markaanvraagkurwe wat van links na regs
   afwaarts neig. 
 • Dit is die bedryf se vraagkurwe aangesien die monopolis verantwoordelik is vir die
   hele uitset van die bedryf 
 • Die monopolie is die enigste verskaffer in die mark, dit kan besluit op watter punt op
   die vraagkurwe hy wil produseer, teen watter prys en teen watter hoeveelheid 

 Beheer oor pryse 
 • ŉ Monopolie het aansienlike beheer oor markprys, maar beperk deur die
   begrotingsbeperking van verbruikers. 
 • Dit het geen beheer oor vraag nie, so vraag sal die finale markprys beïnvloed. 

 Mag gunstige omstandighede geniet 
 • Soms kan ŉ monopolie gunstige omstandighede in ŉ sekere geografiese gebied
   geniet 
 • Daar kan byvoorbeeld net een verskaffer van melk in ŉ spesifieke dorp wees, slegs
   een hardewarewinkel of ŉ hotel 

 Versperrings tot toegang 
 • ŉ Monopolie word beskerm deur hindernisse om die mark te betree 
 • Hindernisse verhoed ander produsente om die mark te betree om dieselfde tipe
   produk te verskaf 
 • Hierdie hindernisse word deur patente en ander vorme van intellektuele
   eiendomsregte,      beheer     oor     hulpbronne,     regeringsregulasies,   ens.
   veroorsaak 
 • In die geval van natuurlike monopolie word hindernisse veroorsaak deur hoë
   ontwikkelingskoste  byvoorbeeld voorsiening van elektrisiteit, dit neem miljarde
   rande om ŉ kernkragstasie te bou 
 • In kunsmatige monopolie is hindernisse nie ekonomies van aard nie, maar
   kunsmatig soos patentregte wat wettige en eksklusiewe regte is om ŉ produk te
   vervaardig deur, ŉ eie unieke uitvinding te gebruik. 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/ JUNIE 2023)                        EKONOMIE V2                                    15

Wins 
• Monopolieë maak ekonomiese wins op beide die kort en op die lang termyn. 
• Omdat dit ŉ enkele produsent is, word ander besighede verhinder om die mark
   te betree, daarom het hulle nie mededinging nie. 

Aard van die produk 
• Die monopolis produseer ŉ unieke produk wat geen nabye plaasvervangers het
   nie 
• Die produk kan nie maklik deur ander produk vervang word nie 
• Die verbruiker het geen keuse in prys en kwaliteit van die produk nie 
• Die koper kan slegs by die monopolie koop of sal sonder die produk moet gaan,
   byvoorbeeld diamante 

Voltooide markinligting 
• Alle kopers en die enkele verkoper het volle kennis van alle huidige
    marktoestande 

Uitbuiting van verbruikers 
• Die monopolis produseer dalk minder produkte, maar vra ŉ hoër prys in
    vergelyking met ander besighede onder volmaakte mededinging 
• Byvoorbeeld, De Beers, omdat die monopolie die enigste produsent in die mark
    is, kan daar ŉ moontlikheid van verbruikersuitbuiting wees 
• Die meeste regerings neem stappe om teen onbillike praktyke te waak en nuwe
    en bestaande monopolieë word gewoonlik goed gemonitor 

Markkragte 
• Alhoewel die monopolis die enigste verskaffer van die produk in die mark is, word
   die prys van die produk beïnvloed deur die markkragte van vraag en aanbod 
• Verbruikers het beperkte begroting en ŉ monopolie kan dus nie buitensporige hoë
   pryse vir die produk eis nie en die monopolisproduk moet meeding met al die
   ander produkte wat in die ekonomie beskikbaar is 

Produksievlak 
• Die monopolis kan besluit oor die produk- en pryskombinasie op die
    vraagkromme 
• Die monopolis kan die prys verlaag en meer eenhede verkoop of kan die prys
    verhoog en minder eenhede verkoop 
• Die monopolis kan die produk-prys kombinasie van die produk wat hy verkoop
    beïnvloed sonder enige reaksie van ander markdeelnemers omdat toetrede tot
    die mark geblokkeer word 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(ŉ Maksimum van 8 punte word toegeken vir blote lys van feite of voorbeelde.)         (26)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                   EKONOMIE V2                                (EC/JUNIE 2023)

 ADDISIONELE DEEL

 •   Monopolie is ondoeltreffend in die verspreiding van goedere en dienste in
     vergelyking met ŉ vrye mark wat meer doeltreffend is omdat alle deelnemers
     betrokke is 
 • ŉ Monopolie sal die ewewig tussen die verbruiker en die produsent belemmer
     wat lei tot ŉ tekort aan goedere in die mark 
 • In die werklike wêreld sal dit voordeel trek uit sy posisie as ŉ enkele verskaffer
     en die verbruikers dwing om hoër pryse te betaal as wat hulle sou indien die
     mark in ewewig was en sodoende die vraag na goedere verminder 
 • Doeltreffendheid, innovasie en gesonde mededinging sal beperk word wat
     daartoe lei dat markte nie die vereiste hoeveelhede kan produseer nie 
 • ŉ Monopolie kan die verskaffing van ŉ goed of diens beheer en sodoende die
     pryse kunsmatig verhoog of verlaag om aan sy behoeftes te voldoen eerder as
     om by te dra tot die welstand van die mark waarvan dit deel is 
 • ŉ Monopolie kan die groei van produksievermoë beperk en die bekendstelling
     van nuwe en goedkoper produkte vir die verbruiker inhibeer, wat die vraag na
     sulke produkte beperk wat lei tot die mislukking van markte aangesien minder
     as optimale hoeveelheid voorsien sal word 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                        (10)

 SLOT

 Monopolieë bestaan om hulself te verryk as om gemeenskappe waarbinne hulle
 funksioneer te dien. Die samelewing moet die regering meer betrek oor kwessies
 van monopolieë. 
 (Aanvaar enige ander korrekte hoërorde reaksie)                                           (2)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/ JUNIE 2023)                           EKONOMIE V2                                   17

VRAAG 6

•      Met behulp van grafieke bespreek staatsinmemging as gevolg van
       markmislukking in veel besonderhede onder die volgende subopskrifte
       o Minimum lone
       o Maksimum pryse
       o Produsentesubsidie                                       (26 punte)
•      Wat kan die regering doen om die negatiewe uitwerking van minimum
       lone te verminder?                                         (10 punte)

INLEIDING

Wanneer ŉ ekonomie nie funksioneer en aan die verwagtinge van die samelewing
voldoen nie, is dit noodsaaklik dat regerings ingryp tot voordeel van die ekonomie
en die welsyn van die samelewing 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante gevolgtrekking)                                  (2)

LIGGAAM – HOOFDEEL

Wanneer die regering ŉ minimum loon afdwing, beteken dit dat werkers ŉ sekere
minimum vergoeding betaal moet word wat tot ŉ hoër lewenstandaard sal lei. 

                                MINIMUM LONE

Lone
                      V
                                                      A

           L1                                                                 
                                                                   Minimum lone

                                      e
                                           
             L

                      A

                                                              V

                           H1          H        H2         Hoeveelheid

 Punttoekening
 Korrekte posisionering en etikettering van minimum loon          = 2 punte
 Korrekte benoeming van die as                                    = 1 punt
 Korrekte aanduiding van die ewewigsposisie                       = 1 punt
                                                                  Maks. 4 punte

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                        EKONOMIE V2                                 (EC/JUNIE 2023)

  •   Die grafiek toon dat indien die loonkoers op L gestel word, die
      ooreenstemmende vraag en aanbod van arbeid H  sal wees
  • Indien ŉ minimum loon L1 vasgestel word, sal die vraag na arbeid van H na H1
      afneem, sommige mense kan werkloos wees 
  • Die aanbod van arbeid sal egter van H tot H2 toeneem, aangesien meer mense
      hul arbeidsdienste sal aanbied as gevolg van ŉ hoër inkomste 
  • Minimum lone sal lei tot meer bedingingsmag van werkers 
  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)

  Maksimum Pryse

     •    Die regering mag die prys van ŉ goed of diens teen ŉ maksimum prys wat onder
          die markprys is vasstel  Die regering gryp in en stel ŉ wet in dat die verskaffers
          nie meer as die maksimum prys mag vra nie. 
     •    Maksimum pryse is gewoonlik op basiese goedere soos voedsel en vervoer, sodat
          burgers toegang tot sekere goedere en dienste het en ŉ sekere minimum
          lewenstandaard bereik. 

  
         PRYS             V                                        A

                                              
                                             e
                 P

                                                                 
                P1                                                        Maksimum prys

                      A                                                  V

                                  H1         H            H2           HOEVEELHEID

      Puntetoekenning
      Korrekte posisionering en etikettering van maksimum prys            = 2 punte
      Korrekte benoeming van die as                                       = 1 punt
      Korrekte aanduiding van die ewewigsposisie                          = 1 punt
                                                                          Maks. 4 punte

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/ JUNIE 2023)                            EKONOMIE V2                                      19

 •   In die bostaande diagram, word prys op P gestel, terwyl maksimum prys
     gestel word op P1 
 • Die onmiddellike effek sal wees dat die hoeveelheid wat verskaf word, van Q
     na Q1 sal daal 
 • Die tekort wat deur die prysplafon veroorsaak word, skep ŉ probleem van
     hoe om die goed toe te ken aangesien die vraag die aanbod sal oorskry 
 • Swartmark sal ontwikkel waar onwettige goedere gekoop en verkoop sal
     word 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)

 Produsentesubsidie

 •      ŉ Subsidie is ŉ vorm van finansiële toelae van die regering om die produksie
        van ŉ goed of ŉ diens te ondersteun en sodoende die koste van produksie te
        verlaag 
 •      Subsidies kan direk wees bv. kontanttoelaes of indirekte bv. waarde-
        vermindering afskryf 

                  V                                  A
 PRYS
            P2                                              
                                                     subsidie A1
                                                 y
            P

            P1

                   A
                                                                   V
                                

                           A1

                                    H1         Q2         HOEVEELHEID

                                      Puntetoekenning
     Korrekte benoeming van die as                                      = 1 punt
     Korrekte aanduiding van die subsidiegebied                         = 2 punte
     Korrekte verskuiwing van die aanbodkromme                          = 1 punte
                                                                        Maks. 4 punte      (26)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                   EKONOMIE V2                                (EC/JUNIE 2023)

• Die markprys daal van P na P1 en die hoeveelheid verbruik sal van H1 tot H2
  toeneem as gevolg van die subsidie/produsent se winsverhogings 

• Die produsent trek voordeel uit ŉ subsidie deur minder te betaal, pryse daal van
   P na P2 
• Die produsent trek voordeel uit ŉ subsidie, winste neem toe a.g.v. die verhoging in
   prys van P en P2
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                        (26)

ADDISIONELE DEEL

•  Die regering behoort die styging in pryse te monitor sodat produsente nie probeer
   om pryse te verhoog om die koste van arbeid te absorbeer nie 
• Versterk die toerismesektor wat arbeidsintensief is, sodat diegene wat hul werk
   verloor het weens vasgestelde minimum loon geabsorbeer kan word 
• Belê in opleidingsprogramme vir die jeug wat tegnologie doen sodat hulle
   produktief kan wees en in die proses werk skep 
• Die regering moet maatskaplike welsynbetalings maak aan mense wat afgelê is
   weens die vasstelling van minimum loon 
• Verhoogde verdienste-inkomstebelastingkrediete kan aan lae-inkomste
   loontrekkers gegee word – staatsbelasting terugbetaal om werk aan te moedig 
• Inspeksie van die werkterreine op ŉ gereelde basis om te verseker dat minimum
   lone deur besighede geïmplementeer word en straf diegene wat die
   implementering van die minimum loon oortree 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Ken ŉ minimum van 2 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde.)                       (10)

SLOT

Die regering moet altyd van diens wees aan die mense wanneer die ekonomie in
beroering is, want dit is altyd die armes wat daaronder ly. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoërorde gevolgtrekking.)                          (2)
                                                                                          [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-grade-12-june-2023-afrikaans/14e460bc-51e9-4a72-a70e-bc549012de25) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — Economics · QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — Economics · QP · 2025 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
