# Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2014 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014 · Afrikaans. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2014

                         EKONOMIE V2
                         MEMORANDUM

PUNTE:   150

                 Hierdie memorandum bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                        EKONOMIE V2                              (SEPTEMBER 2014)

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1     MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         1.1.1       C     (volmaakte mededinging) √√

         1.1.2       A     (GI = GK) √√

         1.1.3       B     (oneweredige) √√

         1.1.4       C     (Tegniese meerderwaardigheid) √√

         1.1.5       B     (die invloed op koopkrag te meet.) √√

         1.1.6       C     (Minister van Finansies.) √√

         1.1.7       C     (die geboorteplek van Nelson Mandela (QUNU) √√

         1.1.8       B     (toename in kweekhuisgasse.) √√                         (8 x 2)    (16)

 1.2     PASITEMS

         1.2.1       E     (kan nie verhaal word indien die besigheid die bedryf verlaat
                           nie) √

         1.2.2       F     (hulpbronne kan nie regverdig toegeken word nie, aangesien
                           as een ...) √

         1.2.3       A     (afhanklik van kultuur en erfenis) √

         1.2.4       G     (koste om die volgende beste keuse op te gee) √

         1.2.5       J     (Suid-Afrika se groot vyf ...) √

         1.2.6       C     (bly onveranderd ongeag die hoeveelheid geproduseer) √

         1.2.7       D     (ŉ poging om die volhoubare gebruik van die natuurlike
                           hulpbronne te verseker) √

         1.2.8       I     (vind alternatiewe bronne van energie om die ...) √    (8 x 1)      (8)

 1.3     1.3.1       Grootskaalse ekonomieë/Ekonomieë van skaal/Skaalvoordele √

         1.3.2       Volmaakte mark √

         1.3.3       Kern-inflasie √

         1.3.4       Toerisme √

         1.3.5       Bio-diversiteit √

         1.3.6       Rekeningkundige wins √                                         (6 x 1)    (6)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:           30

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                             EKONOMIE V2                                        3

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1    2.1.1         Allokatiewe/Toewysing ondoeltreffendheid
                      Produktiewe/Tegniese ondoeltreffendheid                     (2 x 1)    (2)

        2.1.2      ŉ Soort samespanning wat openlik en amptelik tussen oligopolieë
                   voorkom. √√                                                  (1 x 2)       (2)

 2.2    2.2.1      Onvolmaakte markte √√                                                      (2)

        2.2.2       Die vraagkurwe in ŉ onvolmaakte mark het ŉ afwaartse helling, √
                    wat beteken dat, as hulle verkope wil laat toeneem met ŉ
                     addisionele eenheid, moet die prys van die produk afneem. √
                    Die laer prys is van toepassing op al die klante. √
                    Die grens-inkomste, die bedrag waarmee die totale inkomste
                     toeneem as een addisionele eenheid verkoop word, sal dus laer
                     as die prys wees, √
                    (LW. PRYS = GI). √ Daarom sal die grens-inkomste kurwe onder
                     die gemiddelde inkomste wees. √                      (Enige 4 x 1)       (4)

        2.2.3      Verlies = Inkomste – Koste
                   Inkomste = 30 x 8 = 240 √
                   Koste = 35 x 8 = 280 √
                   Wins/Verlies = 240 – 280 = -40 (Verlies) √√                                (4)

 2.3    2.3.1      Volmaakte markte: Dit is ŉ markstruktuur wat voldoen aan alle
                   kenmerke van ŉ volmaakte mark. √√                                          (2)

        2.3.2         Doeltreffende toekenning van hulpbronne. √√
                      Maksimeer die welvaart van verbruikers en produsente. √√               (4)

        2.3.3      Surplus (ekonomiese) wins is die abnormale wins/super-normale
                   wins/suiwer wins √√ – totale inkomste is meer as totale koste; dit ŉ
                   wins bo en behalwe die normale wins. √√ Verbruikers betaal hoë
                   pryse vir min goedere terwyl ondernemings groot winste verdien. √√
                                                                                  (2 x 2)     (4)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 EKONOMIE V2                                                      (SEPTEMBER 2014)

 2.4   Onderskei tussen meriete en nie-meriete goedere as oorsake van
       markmislukking.

        Meriete goedere:
         Goedere en dienste wat verlang word vir die algemene welsyn van
            mense, ongeag hulle onderskeie inkome, √√ bv. onderwys en
            gesondheidsorg. √√
         Regering voorsien hierdie goedere omdat dit onderwaardeer word op die
            mark. √√

       Nie-meriete goedere:
        Goedere wat skadelik vir die gemeenskap in geheel is, √√ bv. dwelms,
          sigarette, alkohol. √√
        Regerings implementeer stappe om die verbruik van hierdie goedere te
          ontmoedig. √√                                                    (2 x 4)                              (8)

 2.5   Met behulp van ŉ grafiek verduidelik die afsluit/uittree-punt van ŉ
       onderneming onder volmaakte mededinging.

          Inkome/koste
                         Gelykbreek-punt

                                                MK
                                                         GK

             P1                            e

             P2                       d                  GVK
                                                          Puntetoekenning (6 punte vir grafiek)
                                                          Korrekte benoeming van kurwes=3
             P3                   c                       Gelykbreek-punt=2
                                                          Benoeming van asse=1

             P4               b

             P5           a                          gelykbreek-punt

                              h4 h3   h2   h1                 hoeveelheid

       As die markprys laer as P4 daal, sal die onderneming nie kan voortbestaan
       nie en sal gedwing word om te sluit, √√ daarom staan punt b bekend as die
       afsluit/uittree punt. √√                                       (Enige 1 x 2)                             (8)
                                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                             EKONOMIE V2                                        5

 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

 3.1    3.1.1         Besoedeling: lugbesoedeling √√
                      Waterbesoedeling √√
                      Geraasbesoedeling √√
                      Verkeersopeenhopings en √√
                      Skade aan paaie deur motors √√                             (2 x 1)     (2)

        3.1.2      Omgewingsvolhoubaarheid is die vermoë van die omgewing om sy
                   gebruik behoue te laat bly vir ekonomiese aktiwiteit.
                   (Aanvaar enige toepaslike definisie.) √√                (1 x 2)            (2)

 3.2    3.2.1      Toerisme: aktiwiteite van mense wat reis na en oorbly buite hulle
                   gewone omgewing √ vir nie meer as een opeenvolgende jaar nie √
                   bv. vir plesier en ander doele waarvoor hulle nie vergoed word nie √
                   in die plek wat hulle besoek. √                                            (2)

        3.2.2       Inkome: besteding deur toeriste beteken inkome vir huishoudings
                     as gevolg van salarisse en lone wat hulle verdien deur
                     indiensneming. √√
                    Infrastruktuur: meeste van die infrastruktuur wat geskep word vir
                     gebruik deur toeriste is ook beskikbaar vir gebruik deur die
                     plaaslike mense, bv. paaie, hotelle. √√
                    Vaardighede: toerisme vereis ŉ verskeidenheid vaardighede,
                     waarvoor onderwys en opleiding nodig is. √√
                    Toerisme het ŉ uitwerking op kulturele en sosiale kennis en
                     plesier. √√                                            (Enige 2 x 2)     (4)

        3.2.3      Eko-toerisme √√                                                            (2)

        3.2.4      KwaZulu-Natal √√                                                           (2)

 3.3    3.3.1       Positiewe mening √√ – belangrikheid van bome in die produksie
                     van boeke √√ wat kennis bring aan mense en bome verskaf
                     suurstof aan mense. √√
                    Negatiewe mening √√ – in die produksie van boeke moet bome
                     afgekap word, √√ wat lei tot ontbossing. √√
                     (Aanvaar enige toepaslike reaksie.)                 (Enige 2 x 2)        (4)

        3.3.2      Hernubare hulpbron √√                                                      (2)

        3.3.3       Herwinning √√
                    Onderwys √√
                    Wyse bestuur van hulpbronne √√
                    Heffing op gebruik van die omgewing √√
                    Heffing van omgewingsbelasting √√
                    Toestaan van eiendomsregte om te verseker dat mense omgee vir
                     dinge wat aan hulle behoort √√
                    Regeringspermitte √√                             (Enige 2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                EKONOMIE V2                                 (SEPTEMBER 2014)

 3.4   Verduidelik enige TWEE beleidsvoorstelle wat toerisme in Suid-Afrika kan
       bevoordeel.

        ŉ Volledige toerismepakket: √√ toegang tot veilige, betroubare vervoer,
         gerieflike akkommodasie, plekke wat smaaklike en interessant kos
         aanbied √√
        Strategiese beplanning: √√ brandstof en ander strategiese hulpbronne
         behoort strategies verbruik te word sodat beide plaaslike gemeenskappe
         en toeriste maksimum voordeel uit die belegging kan trek. √√
        Moedig plaaslike toerisme aan: √√ plaaslike regering moet ŉ groot bydrae
         lewer om toerisme aan te moedig √√
        Multilaterale samewerking: √√ samewerking tussen lande in ŉ sekere
         streek. √√
        Aanmoediging van openbare en private samewerking: √√ as die twee
         sektore saamwerk, kan hulle meer bereik, beleide met borge uit die privaat
         sektor. √√
        Bemarking: √√ moedig toerisme nasionaal en internasionaal aan. √√
        Ruimtelike verspreiding: √√ skep verteenwoordigende liggame, verbeter
         bemarking, verbeter en brei ondersteunende dienste uit. √√
        Belasting: √√ belastings moet regverdig wees, √√ het minimale uitwerking
         op die vraag na reis het √√ en behoort eenvoudig te wees om te betaal of
         te administreer. √√
        Infrastruktuur ontwikkeling √√ infrastruktuur behoort opgradeer te word, √√
         die nuutste tegnologie moet aangewend word. √√           (Enige 2) (2 + 2)      (8)

 3.5   Verduidelik kortliks die voornemens van COP 17 in Durban 2011.

        Verbintenis tot Kyoto Protokol √√ wat ŉ hoofdoelwit van die konferensie
         was; ŉ tweede verbintenis gemaak tot die voortgaan met die vermindering
         van besoedeling deur kweekhuisgasse. √√
        Om klimaatsverandering te beveg deur gesamentlike langtermyn aksies
         tussen lande. √√
        Om ŉ Groen Klimaatfonds te stig. √√ Die fonds beoog om $100 miljard per
         jaar te versprei om arm lande te help om by klimaatsveranderinge aan te
         pas √√ en strategieë te aanvaar om omgewingsvolhoubaarheid te
         verseker. √√
        Om die toekomstige klimaatsveranderings-regime te loods; ŉ protokol of
         verdrag waaronder lande wetlik verbind is om gas uitlatings te
         verminder. √√                                                       (4 x 2)     (8)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                              EKONOMIE V2                                          7

 VRAAG 4:          MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
                   KWESSIES

 4.1    4.1.1          Verbeter die doeltreffendheid in markte deur wetgewing. √
                       Bevorder gesonde mededinging tussen besighede. √
                       Voorkom onregverdige metodes om markkrag te bekom en uit te
                        oefen. √
                       Voorkom die misbruik van markkrag deur bv. ŉ monopolie. √
                       Reguleer die toename in markkrag deur middel van oornames en
                        saamsmeltings van groot ondernemings. √
                       Voorkom beperkende praktyke, veral prysvasstelling en
                        samespanning deur oligopolieë. √
                       Beskerm die verbruiker teen onregverdige pryse en swak
                        kwaliteit produkte, bv. deur die Wet op Mededinging. √
                       Dra by tot Suid-Afrika se ontwikkelingsdoelwitte deur te verseker
                        dat alle Suid-Afrikaners gelyke geleenthede het om deel te neem
                        in ekonomiese aktiwiteite. √                        (Enige 2 x 1)        (2)

        4.1.2      Nie-mededingend beteken dat die verbruik deur een persoon nie die
                   verbruik deur ŉ ander individu verminder nie, bv. ŉ ligtoring en
                   straatligte. √√                                                  (1 x 2)      (2)

 4.2    DATA RESPONS

        4.2.1      Hooflyn-inflasie: meet die totale inflasie binne die ekonomie, insluitend
                   items wat skielike toenames in die inflasiekoers mag veroorsaak soos
                   voedsel en energie √√ /Neem in ag prysveranderings in alle goedere
                   en dienste in die mandjie soos deur die VPI gemeet. √√                        (2)

        4.2.2      September 2010 √√                                                             (2)

        4.2.3       Die stel van inflasie-teikens is ŉ ekonomiese (monetêre) beleid
                     waarin die sentrale bank ŉ verkose inflasiekoers daarstel √√ en dan
                     poog om die werklike inflasie na die teiken te rig. √√
                    In 2000 het die SARB ŉ inflasiekoers van tussen 3% en 6%
                     gestel. √√
                    Die VPIX koers word gebruik, √√ wat verbandleningterugbetalings
                     wat deur rentekoerse bepaal word, uitsluit. √√         (Enige 3 x 2)        (6)

 4.3    4.3.1      Monopolistiese mark √√                                                        (2)

        4.3.2      Nie-prysmededinging √√                                                        (2)

        4.3.3      Besighede wat fel meeding vir markaandeel, bv. prys-oorloë,
                   gedifferensieerde produkte, denkbeeldige differensiasie. √√
                                                            (Enige toepaslike antwoord.)         (2)

        4.3.4      Korttermyn: ŉ Periode waartydens sommige insetfaktore vas is √√ en
                   uitset slegs aangepas kan word deur hoeveelhede van veranderlike
                   insetfaktore te verander, bv. grondstowwe en arbeid. √√                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 EKONOMIE V2                                 (SEPTEMBER 2014)

 4.4   Onderskei tussen stagflasie en hiperinflasie.

       Stagflasie:
        Verwys na ŉ toestand van stagnasie van ekonomiese groei en ŉ hoë
          inflasiekoers √√
        Gebeur wanneer ŉ land hoë inflasie, ŉ stadige ekonomiese groeikoers en
          hoë werkloosheid ervaar. √√
        Wanneer stagflasie plaasvind, raak dit moeilik om ŉ beleid te ontwerp om
          daarmee te handel. √√                                                            (4)

       Hiperinflasie:
        Gebeur wanneer daar ŉ uitermatige hoë en vinnige styging in die
          prysvlakke van meer as 50% per maand is. √√
        Dit word veroorsaak deur ŉ volhoudende verhoging in die druk van geld
          deur ŉ regering om vir sy uitgawes te betaal. √√
        Daar is dus ‘te veel geld vir te min goedere’. √√
        Wanneer die prysstygings so skielik is, verloor mense vertroue in die
          waarde van geld, so dit kan moeilik wees vir die ekonomie om te
          funksioneer. √√
        Mense neem hul toevlug na goedere as ŉ metode van betaling. √√
        Ruilhandel maak ŉ terugkeer met mense wat goedere vir goedere
          ruil. √√                                                                         (4)

 4.5   Verduidelik enige TWEE besluitnemingkriteria van koste-voordeel-ontleding.

         Netto huidige waarde (NHW): √√ Die huidige waarde van ŉ investering
          projek word verkry deur alle huidige en toekomstige ontvangste en
          uitgawes teen die toepaslike rentekoers te verdiskonteer. √√ As die
          berekende netto huidige waarde positief is, is dit die moeite werd om in die
          projek te belê. √√
         Interne opbrengskoers (IOK): √√ ŉ Projek is die moeite werd om in te belê
          as die IOK hoër is as die rentekoers. √√ Dit beteken dat die projek
          finansieel meer moet verdien as wat dit sou verdien wanneer die geld net
          in die bank gelos was. √√
         Kostevoordeel van verhouding (KVV): √√ Is die verhouding tussen die som
          van die verwagte voordele en die koste. √√ As die KVV positief is, dan die
          dit die moeite werd om in die projek te belê. √√               (Enige 2 x 4)     (8)
                                                                                          [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                          EKONOMIE V2                                         9

 AFDELING C

 Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 STRUKTUUR VAN OPSTEL                                     PUNTETOEKENNING
 Inleiding                                                      Maks. 2
 Inhoud
 Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte                  Maks. 26
 bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Differensieer/
 Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Assesseer/Debatteer
 Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/                Maks. 10
 Evalueer/Evalueer krities/Teken ŉ grafiek en
 verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/
 Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
 Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks
 Slot                                                               Maks 2
 TOTAAL                                                            Maks. 40

 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE

 “ŉ Oligopolie word gekenmerk deur ŉ hoë mate van interafhanklikheid tussen
 ondernemings.”
 In die lig van bogenoemde stelling verduidelik ander kenmerke van ŉ oligopolie en
 beskryf kortliks die implikasie van ŉ geknakte vraagkurwe.

 INLEIDING

 ŉ Oligopolie is ŉ markstruktuur met ŉ hoofkenmerk van ŉ paar besighede wat
 gesamentlik interafhanklik is en elke besigheid besluit op sy eie pryse en
 strategieë. √√                                  (Aanvaar enige toepaslike inleiding)       (2)

 INHOUD

 Kenmerke van oligopolieë:

 Aantal besighede √√

 Oligopolie is ŉ markstruktuur gedomineer deur ŉ klein aantal groot besighede. √√
     As daar slegs twee besighede in die mark is, word dit ŉ duopolie genoem. √√

 Aard van produkte √√
     Besighede verkoop identiese of gedifferensieerde produkte √√

 Versperrings tot toetrede √√
     Daar is beduidende versperrings tot toetrede as gevolg van baie kapitaal wat
      benodig word om ŉ besigheid te begin. √√

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  EKONOMIE V2                                (SEPTEMBER 2014)

 Beheer oor prys √√
  Produsente het oor die algemeen redelike beheer oor die prys van hulle
   produkte, alhoewel nie so baie soos in ŉ monopolie nie. √√
  Oligopolieë word gekenmerk deur prysrigiditeit want as een hulle prys sny,
   reageer mededingers deur ook hulle prys te sny. √√ ŉ Prysbesnoeiing deur een
   onderneming inisieer ŉ prysoorlog in die mark. √√

 Onvolledige inligting √√
  Besighede het nie altyd volledige inligting oor die toestande in die mark nie. √√
  Elke besigheid probeer ander besighede in die nywerheid verhoed om kennis
   van sy produksieprosesse, nuwe produkte en die uitslae van enige nuwe
   navorsing te bekom. √√
 Samespanning √√

  Samespanning kan twee vorme aanneem, bv. openlike samespanning √√ en
   stilswyende samespanning √√
  Openlike samespanning of eksplisiete samespanning vind plaas waar twee of
   meer besighede in dieselfde nywerheid formeel ooreenkom om die mark te
   beheer.√√
  Stilswyende samespanning of implisiete samespanning vind plaas wanneer twee
   of meer besighede in dieselfde nywerheid informeel ooreenkom om die mark te
   beheer. √√                                                     (Enige 13 x 2)           (26)

 IMPLIKASIE VAN DIE GEKNAKTE VRAAGKURWE
 GEKNAKTE VRAAGKURWE

      Prys

                 a

       P2
       P1                       b
                                                                  Puntetoekenning
                                                                  Vorm=1 punt
                                                                  Asse= 1 punt
                                                                  onelasties=1
                                                                  elasties=1
                                                                  Totaal= 4 punte
             0         h2     h1            Hoeveelheid

    Die gedrag van oligopolieë kan nie voorspel word nie omdat feitlik enigiets kan
     gebeur √√
    As die ewewigsprys P1 is en die besigheid verhoog die prys, terwyl ander
     besighede nie volg nie, sal die besigheid ŉ meer elastiese vraagkurwe in die
     gesig staar (tussen punte a en b). √√

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                           EKONOMIE V2                                        11

     Dit beteken dat dit baie verkope sal verloor vir enige toename in prys. √√
     As die besigheid sy prys verlaag, terwyl ander besighede nie volg nie, sal dit ŉ
      meer onelastiese vraagkurwe in die gesig staar (tussen punte b en c), dit sal
      verkope toelaat om te styg. √√
     Die geknakte vraagkurwe verduidelik hoekom pryse in ŉ oligopolie rigied is. √√
                                                                           (Enige 3 x 2)     (6)
                                                                                            (10)
 SLOT

 ŉ Oligopolie is ŉ moeilike markstruktuur omdat dit uit sy aard onvoorspelbaar is, en
 nadelig is vir verbruikers omdat oligopolieë van tyd tot tyd neig om saam te span en
 pryse mag dan redelik hoog wees. (Aanvaar enige toepaslike slot.) √√                        (2)
                                                                                            [40]

 VRAAG 6

 “Suid-Afrika moet voortgaan om toekomsgerigte inflasieteikens te gebruik om die
 huidige inflasiedruk te hanteer.”
 Bespreek duidelik die oorsake van beide vraag-trek inflasie en koste-druk inflasie.
 Verduidelik hoe ŉ hoë inflasiekoers deur ŉ verandering in die repokoers verminder
 kan word.

 INLEIDING

 Inflasie kan gedefinieer word as ŉ aaneenlopende en beduidende toename in pryse
 oor ŉ periode van tyd, daar behoort ŉ toename in meeste goedere en dienste wees
 vir inflasie om plaas te vind.√√                                                            (2)

 INHOUD

 Vraag-trek inflasie:

 Vraag-trek inflasie gebeur wanneer die totale besteding in die ekonomie toeneem
 en die ekonomie nie by magte is om uitset te verhoog ten einde aan die toename in
 besteding te voldoen nie, daarom neig pryse om te styg. √√

 Die volgende faktore mag vraag-trek inflasie veroorsaak:

     Toenemende besteding deur huishoudings, √√ mag veroorsaak word deur
      maklike toegang tot krediet en laer rentekoerse maak krediet goedkoper. √√
     Toenemende besteding op investering deur ondernemings, √√ toenemende
      sake vertroue veroorsaak deur hoër vraag na goedere en dienste. √√
     Toenemende besteding deur owerheid, √√ dit kan as gevolg van beleide wees
      wat deur die regering ontwerp is om met die kwessies van werkloosheid, meer
      diensverskaffing aan die publiek, te handel. √√
     Toenemende besteding deur buitelandse sektor, √√ dit kan as gevolg van ŉ
      hoër vraag na uitvoere wees, of ŉ afname in die prys van minerale, wat die
      hoeveelheid gevra laat styg. √√
     Vermindering in belastings, √√ laat meer geld in die sakke van verbruikers.√√
                                                                           (Maks. 14)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 EKONOMIE V2                                  (SEPTEMBER 2014)

 Koste-druk inflasie

 Koste-druk inflasie het te doen met ŉ toename in produksiekoste. Ten einde voort
 te bestaan as ŉ besigheid, word produsente gedwing om die hoër produksiekoste
 van verbruikers te verhaal in die vorm van hoër pryse. Hierdie is die faktore wat lei
 tot koste-druk inflasie: √√

    Toenames in lone en salarisse: √√ as toenames in lone en salarisse nie
     vergesel word van ŉ toename in produksie nie, verhoog produksiekoste en
     pryse in die ekonomie neem toe. √√
    ŉ Afname in produktiwiteit, √√ dit beteken dat die meer kos om dieselfde aantal
     goedere en dienste te produseer, wat lei tot ŉ toename in die prys van goedere
     en dienste. √√
    Toename in die prys van ingevoerde goedere, √√ bv. intermediêre goedere en
     kapitaalgoedere, daarom veroorsaak dit ŉ toename in produksiekoste. √√
    Styging in winsgrense deur besighede. √√ Dit veroorsaak ŉ styging in
     produksiekoste, want wins vorm deel van die produksiekoste. √√
    Daling in wisselkoers lei tot duur invoere. √√
    Natuurrampe soos droogtes, vloede en selfs aardverwarming het ŉ groot
     invloed op produksiekoste vir boere. √√                              (Maks. 12)      (26)

 HOE ’N HOË INFLASIEKOERS VERLAAG KAN WORD DEUR ’N
 VERANDERING IN DIE REPO-KOERS

    Die Suid-Afrikaanse Reserwebank √√ verhoog die repo-koers aan banke √√ om
     die beskikbaarheid van krediet aan banke te verlaag, √√
    en om die rentekoers te laat styg, √√ wat dit duurder maak om geld te leen,
     maar, √√ terselfdertyd besparing aanmoedig. √√
    Beide hierdie sal lei tot ŉ afname in verbruikersvraag √√, en daarom ŉ daling in
     inflasie. √√                                                        (Enige 5 x 2)     (10)

 SLOT

 As die inflasiekoers nie versigtig gemonitor word nie en bogenoemde oorsake ŉ
 werklikheid raak, kan dit ŉ nadelige uitwerking op die ekonomie hê. √√
 (Aanvaar enige toepaslike slot.)                                                           (2)
                                                                                           [40]

                                                              TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                  GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P2 MEMO GR 12 SEPT2014 ENG](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr-12-sept2014-eng/1843478e-2caf-42f7-8958-2e260cc3449c) — Economics · Memo · 2014 · Eng
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-afrikaans/40b8038d-eb89-4d3e-86b1-b75479d96047) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
