# Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2021-afrikaans/2a1b4452-7ebb-49e1-b32d-c48996c786c9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2021-afrikaans/2a1b4452-7ebb-49e1-b32d-c48996c786c9)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — QP · 2021 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2021

                      EKONOMIE V2
                      NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                   Hierdie nasienriglyn bestaan uit 20 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                          EKONOMIE V2                      (EC/SEPTEMBER 2021)

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE VRAE

      1.1.1    B            implisiete

      1.1.2    C            gedifferensieerd

      1.1.3    C            al die produksiefaktore kan verander

      1.1.4    A            Privaat

      1.1.5    D            staatsbesteding

      1.1.6    A            uitwaartse

      1.1.7    B            hernubare

      1.1.8    D            Fiskale                                         (8 x 2)   (16)

1.2   PASITEMS

      1.2.1     G         Geen beduidende invloed en beheer van die regering
                           nie

      1.2.2     E         Ondersoek beperkte sakepraktyke

      1.2.3     D         Organisasie van besighede wat tot stand kom om ’n
                           gesamentlike monopolie te vorm

      1.2.4      I        Word aangegaan deur besighede wanneer hulle
                           goedere en dienste produseer

      1.2.5     B         Neem die uitwerking van inflasie op die bruto
                           binnelandse produk in ag

      1.2.6     C         Genot en waardering van die onversteurde natuur

      1.2.7     H         Geskep in produksie

      1.2.8     F         Verkry uit die gebruik van water, getye, die son en die
                           wind
                                                                              (8 x 1)   (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                          EKONOMIE V2                               3

1.3    GEE EEN BEGRIP

       1.3.1      Normale wins 

       1.3.2      Mark 

       1.3.3      Nie-mededingend 

       1.3.4      Stagflasie 

       1.3.5      Wêrelderfenisgebied 

       1.3.6      Inheemse kennisstelsel                                 (6 x 1)   (6)

                                                           TOTAAL AFDELING A:        30

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                     EKONOMIE V2                          (EC/SEPTEMBER 2021)

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO EKONOMIE

2.1    Beantwoord die volgende vrae:
       2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van kollektiewe goedere.
              Parke 
              Strandgeriewe 
              Sypaadjies 
              Strate 
              Paaie 
              Brûe 
              Openbare vervoer 
              Rioolstelsels 
              Afvalverwydering 
              Vullisverwydering 
                 (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                         (2)
       2.1.2   Hoekom is die vraagkurwe van ’n volmaakte mededinger
               horisontaal?
               Die vraagkurwe is horisontaal omdat:
                die besigheid enige aantal goedere kan verkoop teen die
                   heersende markprys, so selfs ’n klein styging in die prys sal lei
                   tot geen styging in vraag nie 
                dit dui daarop dat die besigheid geen beheer oor die prys het
                   nie 
                   (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                       (2)

2.2    DATARESPONS
       2.2.1 Identifiseer die toemaak-/afsluitpunt op die bostaande grafiek.
             Punt b                                                                       (1)

       2.2.2   Benoem die kurwe wat deur letter A voorgestel word.
               Marginale-kostekurwe / MK                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                        EKONOMIE V2                                    5

       2.2.3    Beskryf kortliks die begrip toemaak-/afsluitpunt.
                 Toemaak-/afsluitpunt is die punt waar die besigheid nie sy
                   gemiddelde of totale veranderlike koste kan bykom nie. 
                 Toemaak/afsluiting vind plaas wanneer die laagste punt van die
                   GVK-kurwe groter as die markprys is (GI). 
                   (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                    (2)

       2.2.4    Beskryf die aard van die produkte in volmaakte mededinging?
                 Produkte is homogeen 
                 Hulle is dieselfde of identies om te verseker dat geen verkoper
                   sy produk kan onderskei van dié van sy mededingers nie, wat
                   moontlik daartoe sal lei dat hy ’n hoër prys sal vra nie 
                 Produkte is dieselfde kragtens kwaliteit, tekstuur, ens.
                   (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                    (2)

       2.2.5    Watter uitwerking het die toetrede van nuwe besighede op die
                volmaakte mark?
                 Soos wat nuwe besighede toetree, sal die aanbodkurwe na
                    regs skuif wat die hoeveelheid aangebied in die nywerheid sal
                    laat toeneem 
                 Pryse van goedere sowel as die winste sal daal. 
                 Soos wat nog meer besighede tot die nywerheid toetree, sal
                    ekonomiese wins daal tot nul en slegs normale wins sal deur
                    produsente verdien word 
                 Sommige besighede in die industrie sal ekonomiese verlies
                    ervaar en die nywerheid verlaat. 
                 Die aanbodkurwe sal na links skuif, wat die prys laat styg en
                    sodoende verliese verminder 
                    (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                   (4)

2.3    DATARESPONS

       2.3.1    Identifiseer die soort negatiewe eksternaliteit wat in bostaande
                prent voorgestel word.
                Lugbesoedeling                                                         (1)

       2.3.2    Noem enige EEN metode wat deur die regering aangewend
                word om negatiewe eksternaliteite te verminder.
                 Loods veldtogte wat mense oorreed om hul daarvan te
                   weerhou om eksternaliteite te veroorsaak 
                 Hef van belastings op goedere wat negatiewe eksternaliteite
                   veroorsaak 
                 Toepassing van wette en regulasies                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     EKONOMIE V2                          (EC/SEPTEMBER 2021)

       2.3.3   Beskryf kortliks die begrip negatiewe eksternaliteite.
               Negatiewe eksternaliteite is ’n koste van ŉ derde party, wat nie in die
               markprys van ’n produk ingesluit is nie. 
               (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                           (2)

       2.3.4   Verduidelik hoe nie-meriete goedere markmislukkings kan
               veroorsaak.
                Nie-meriete goedere is daardie goedere wat beskou word as
                   skadelik vir die gemeenskap en wat oor-verbruik word soos
                   byvoorbeeld sigarette, alkohol en dwelms 
                Meer goedere word produseer as wat begeer word.
                Die regering verban of verlaag die verbruik van hierdie goedere
                   deur middel van belasting en verskaf inligting aan die nasie
                   aangaande die skadelike effekte daarvan 
                   (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                       (2)

       2.3.5   Waarom sal die regering inmeng in die werking van markte?
               Die regering meng in markte omdat:
                markte hulpbronne ondoeltreffend kan toeken, wat tot
                   ongelykhede in die ekonomie mag lei. 
                die regering sosiale welvaart wil bevorder, byvoorbeeld
                   monopolieë wil opbreek en negatiewe eksternaliteite wil
                   reguleer. 
                daar ’n ongelyke verspreiding van inkome en rykdom kan wees,
                   wat die regering moet regstel. 
                   (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)       (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                                   EKONOMIE V2                                    7

2.4    Verduidelik kortliks die langtermyn ewewigsposisie van ’n monopolis
       met behulp van ’n grafiek met volledig byskrifte.

                                    LANGTERMYN EWEWIG VAN ’n MONOPOLIE

             Koste\Inkome 
                                                                     LMK

                                                                           
                                                                               LGK
                              10                P

                                      
                              6                 H

                                            E                                   GI
                                                              
                                                      MI
                              0                 150
                                                                  Hoeveelheid

        Puntetoekenning
        Byskrifte van die asse                                 1 punt
        Korrekte posisionering en byskrifte van inkome-kurwes 1 punt
        Korrekte posisionering en byskrifte van koste-kurwes   1 punt
        Korrekte area van die ekonomiese wins                  1 punte
                                                    Maksimum = 4 punte

       Verduideliking:
        Oor die langtermyn realiseer die monopolis ’n ekonomiese wins 
        Die LMK-kurwe sny die LGK-kurwe by sy minimum punt 
        Winsmaksimering is by punt E waar MI = MK, met hoeveelheid 150 wat
           geproduseer word teen ’n prys van R10 per hoeveelheid en die
           gemiddelde koste is R6 
        Die monopolis maak ’n wins van R4 per eenheid (totale ekonomiese
           wins is R600) 
        Die totale ekonomiese wins word voorgestel deur die skadu
           gedeelte. 
        Die monopolis sal produseer waar MI = MK. 
           (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) Maks. 4 punte                         (8)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    EKONOMIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2021)

2.5   Waarom verskaf die regering meriete goedere en dienste?
      Die regering verskaf meriete goedere en dienste omdat:
       meriete goedere is goedere en dienste wat beskou word as sosiaal
         begeerbaar en daarom voel die regering dat die verbruik daarvan
         aangemoedig moet word. 
       daar beduidende positiewe eksternaliteite betrokke is in die verbruik van
         hierdie goedere en as dit aan die mark oorgelaat word, sal slegs privaat
         voordele en privaat kostes gereflekteer word in die prys wat verbruikers
         sal moet betaal. 
       hierdie goedere en dienste sal heel waarskynlik onder geproduseer en
         onder verbruik word deur die markmeganisme en die sosiale welvaart
         sal nie gemaksimeer word nie. 
       onvolmaakte inligting oor meriete goedere sal daartoe mag lei dat
         individue nie in hulle beste belang optree nie. 
       oorwegings vir gelykheid vereis dat meriete goedere soos onderwys en
         gesondheid verskaf word op die basis van die behoefte daarna eerder
         as op die basis van die individu se vermoë om daarvoor te betaal. 
       die mark, byvoorbeeld, kan onwaarskynlik die optimale hoeveelheid
         gesondheidsorg kan verskaf wanneer verbruikers dit eintlik benodig,
         want hulle mag ’n finansiële tekort ervaar om die markprys te
         betaal. 
         (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                 (4 x 2)       (8)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2021)                        EKONOMIE V2                                    9

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

3.1   3.1.1    Noem enige TWEE benaderings om beheer en kontrole te bedink.
                Hoeveelheid standaarde 
                Kwaliteit standaarde 
                Sosiale impak standaarde 
                 (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                         (2)

      3.1.2    Wat is die impak van COVID-19 op buitelandse toeriste wat Suid-
               Afrika binnekom?
                Daar was ’n daling in internasionale toeriste van ongeveer 40% tot
                  6,1 miljoen vir die jaar, as gevolg van COVID-19 beperkings op
                  inter-grens reise 
                Vlugte na Suid-Afrika was opgehef en dit het gelei tot “O”
                  gebaseerde aankomste tussen April en September 2020 
                  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                        (2)

3.2   DATARESPONS

      3.2.1    Identifiseer, uit die bostaande uittreksel, die kweekhuisgas wat
               die meeste in Suid-Afrika vrygestel word.
               Koolstofdioksied (CO2)                                                     (1)

      3.2.2    Noem die industrie wat die meeste tot aardverwarming bydra?
               Energie industrie                                                          (1)

      3.2.3    Beskryf kortliks die begrip hernubare hulpbronne.
               Hernubare hulpbronne is die hulpbronne wat daar toe in staat is om
               hulself te her-produseer en wat oor en oor gebruik kan word 
               (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                           (2)

      3.2.4   Verduidelik vrywillige ooreenkomste as ’n manier wat die
              regering aanwend om om die omgewing volhoubaar te hou.
               Die regering sluit ooreenkomste met besighede op ’n vrywillige
                 basis om besoedeling te verminder 
               Die regering streef daarna om eerder by vrywillige ooreenkomste
                 betrokke te raak as om wetgewing en regulasies op besighede af
                 te dwing 
               Sodanige ooreenkomste mag ’n formele kontrak behels wat wetlik
                 bindend sal wees 
               Besighede verkies vrywillige ooreenkomste eerder as regulasies,
                 want hulle kan oor sodanige ooreenkomste onderhandel om te pas
                 by hulle eie spesifieke omstandighede en dit in hulle eie
                 beplanning inbou 
                 (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                         (2)

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                    EKONOMIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2021)

       3.2.5   Hoe sal verbruikers tot die vermindering van
               klimaatsverandering bydra?
               Verbruikers sal bydra deur:
                te investeer in energie doeltreffende toestelle ten einde ’n groen
                   ekonomie en groen tegnologie te bevorder 
                sonpanele of wind turbines te gebruik vir ’n skoon-energie-
                   ekonomie 
                openbare vervoer te gebruik / ’n brandstof-doeltreffende
                   voertuig te bestuur om sodoende uitlating van koolstofdioksied
                   gasse te verminder 
                   (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                      (4)

3.3    DATARESPONS

       3.3.1   Noem EEN bemarkingsveldtog wat tot groei in binnelandse
               toerisme gelei het.
               Shot’ left 
               (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                          (1)

       3.3.2   Noem EEN Wêrelderfenisgebied in Suid-Afrika.
                Kruger Nasionale Park 
                Robbeneiland 
                Isimangaliso Vleiland Park 
                Tafelberg 
                 (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                        (1)

       3.3.3   Beskryf kortliks die begrip binnelandse toerisme.
               Binnelandse toerisme is die reis deur inwoners binne die grense
               van die land. 
               (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                          (2)

       3.3.4   Verduidelik die negatiewe uitwerking van toerisme op die
               plaaslike gemeenskap.
                Toerisme kan lei tot verhoogde ongelykhede tussen groepe in
                  die land omdat plattelandse mense nie altyd ten volle daardeur
                  bevoordeel word nie. 
                Minder opgevoede mense ervaar selde die voordele van
                  toerisme 
                Plaaslike pryse kan toeneem omdat toeriste dikwels meer vir
                  goedere en dienste betaal wat dikwels meer is as wat plaaslike
                  mense kan bekostig 
                Hoë vlakke van toerisme kan lei tot verkeersopeenhopings,
                  besoedeling, rommelstrooiing, misdaad, verhoogde
                  koolstofdioksied uitlatings, ens. 
                  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                         EKONOMIE V2                                  11

       3.3.5    Hoe verskil toerisme van ander diensbedrywe?
                Toerisme verskil van ander dienste nywerhede in dié opsig dat:
                 Toerisme ’n positiewe en negatiewe impak op die inheemse
                   gemeenskap kan hê. 
                 Sommige insette van toerisme behels dikwels nie-prys elemente,
                   soos om skilderagtige skoonheid te beskou of ’n wandeling langs
                   die strand, wat nie die geval is met ander dienste nywerhede
                 nie. 
                 Toerisme ’n baie wye en komplekse begrip is, wat ’n kombinasie
                   van verskeie nywerhede is omdat dit ’n reeks dienste asook
                   diensverskaffers insluit, soos reisagentskappe, toer operateurs,
                   taxi en pendel dienste, ens. 
                   (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                      (4)

3.4    Verduidelik die Kyoto-protokol as ’n belangrike internasionale protokol
       en ooreenkoms oor volhoubare ontwikkeling.
        Die Kyoto-protokol is ’n internasionale ooreenkoms tussen lande regoor
          die wêreld om kweekhuisgasse te verminder. 
        Dit is in 2005 gesluit en was vir die eerste keer aan lande gebied, vir
          ondertekening en deelname in 1997
        Die Kyoto-protokol het wetlik bindende verpligtinge daargestel waardeur
          nywerheidslande saamgestem het om hul uitlatings van ses
          kweekhuisgasse te verminder 
        Dit verbind slegs ontwikkelde lande, want dit erken dat hulle grootliks
          verantwoordelik is vir die huidige hoë vlakke van kweekhuisgas
          uitlatings in die atmosfeer 
        Aan elke nywerheidsland was ’n spesifieke teiken van ongeveer 5,2%
          gegee, om sy uitlatings te verminder 
        Indien dit nie vir hulle moontlik sou wees nie, moes hulle uitlatings
          krediete koop van ander lande wat onder hierdie vlakke was 
        Die protokol het ’n monitering, oorsig en verifikasie stelsel gevestig
          asook ’n nakoming stelsel ten einde deursigtigheid te verseker en partye
          aanspreeklik te hou 
          (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                               (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                   EKONOMIE V2                        (EC/SEPTEMBER 2021)

3.5   Ondersoek die negatiewe uitwerking van globalisasie op omgewings-
      volhoubaarheid.
      Globalisasie het ’n negatiewe uitwerking op omgewingsvolhoubaarheid omdat:
       Globalisasie die globale verbruikersvraag verhoog wat weer tot ’n toename
         in produksie lei.  Verhoogde produksie sit druk op die omgewing en die
         vinnige uitputbaarheid van natuurlike hulpbronne. 
       Verhoogde ekonomiese aktiwiteit lei tot meer uitlatings van industriële
         besoedelende stowwe en groter omgewing degradering 
       Die druk op internasionale besighede om mededingend te bly, hulle dwing
         om produksietegnieke wat kostebesparend is aan te neem, wat die
         omgewing kan skade berokken. 
       Die nywerheidsafval, gewoonlik skadelike chemikalieë, wat gegenereer
         word as gevolg van produksie, in oseane gestort word en dit maak baie
         onderwater organisme dood 
       Globalisasie gelei het tot ’n toename in die vervoer van grondstowwe en
         voedsel van een plek na ’n ander.  Die hoeveelheid brandstof wat
         verbruik word om hierdie produkte te vervoer, het tot ’n toename in die
         vlakke van besoedeling in die omgewing gelei. 
       Verskeie chemikalieë, as gevolg van globalisasie en industrialisasie, in die
         grond weggegooi word, wat dan tot die groei van baie skadelike onkruide
         en plante lei. 
       Die giftige afval baie skade aan berokken plante deur in te meng met die
         genetiese samestelling daarvan en plaas druk op die beskikbaarheid van
         grond hulpbronne. 
         (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                                 (8)
                                                                                          [40]

VRAAG 4:      MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
              KWESSIES
4.1 4.1.1     Noem enige TWEE kriteria waaraan ’n aktiwiteit moet voldoen om
              as ’n toerisme aktiwiteit beskou te word.
               Daar moet ’n doel vir die besoek wees 
               Geen vergoeding mag verdien word nie 
               Minimum duur van verblyf moet een nag wees 
               Maksimum duur van verblyf moet een jaar wees 
               Reisafstand moet meer as 160 km wees                                         (2)

      4.1.2   Wat sal gebeur as een besigheid in ’n volmaakte mark sou besluit
              om sy verkoopprys te verhoog?
               Die besigheid sal klante verloor as homogene produkte verkoop
                word 
               Besighede sal minder winste realiseer                                       (2)
4.2 DATARESPONS

      4.2.1   Identifiseer die sektor wat die minste tot die BBP in 2017 bygedra
              het.
              Landbou                                                                        (1)

      4.2.2   Wat was die totale bydrae van toerisme tot die BBP in 2017?
              2,8%                                                                           (1)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                         EKONOMIE V2                                    13

      4.2.3    Beskryf kortliks die begrip vervaardiging.
               Vervaardiging is die proses van transformasie van grondstowwe na
               finale produkte. 
               (Aanvaar enige toepaslik korrekte beskrywing)                                (2)

      4.2.4    Verduidelik hoe kreatiewe verteenwoordigende liggame toeriste
               na toeriste gebiede doeltreffend versprei.
               Kreatiewe verteenwoordigende liggame word geskep deur toerisme
               gebaseerde nywerhede sodat toeriste maklik toegang tot inligting
               aangaande toeriste bestemmings kan verkry                                  (2)

      4.2.5    Hoe dra toerisme by om die ekonomie ’n hupstoot te gee?
               Toerisme dra by om die ekonomie ’n hupstoot te gee deur:
                Duisende werksgeleenthede in verskillende areas te skep 
                Die inkome van die land te verbeter deur besteding en belastings
                 wat deur toeriste betaal word 
                Jong entrepreneurs toe te laat om nuwe produkte en dienste te
                 vestig, wat nie net vir die plaaslike bevolking volhoubaar sal wees
                 nie 
                ’n Gevoel van die uitruil van kulture tussen buitelanders en
                 inwoners te skep, deur middel van uitstallings, funksies, ens., wat
                 meer toeriste na die land sal lok 
                 (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                          (4)

4.3 DATARESPONS

      4.3.1    Identifiseer, vanaf die bostaande grafiek, die optimale uitsetvlak.
               4 eenhede                                                                   (1)

      4.3.2    By watter punt op bostaande grafiek sal die besigheid
               gelykbreek?
               Punt A                                                                      (1)

      4.3.3    Verduidelik kortliks die begrip totale koste.
               Totale koste is alle koste wat deur ’n besigheid aangegaan word / die
               kostes of vergoeding vir alle produksiefaktore wat in die
               produksieproses aangewend word 
               (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                            (2)

      4.3.4    Beskryf die marginale inkome kurwe (MI) van ’n monopolie.
               ’n Monopolie kom te staan voor ’n afwaarts hellende marginale
                 inkome kurwe wat laer is as die prys en daarom lê dit onder die
                 gemiddelde inkome-kurwe (GI). 
               Dit lê onder die GI kurwe omdat met elke addisionele eenheid wat
                 die besigheid verkoop, bring dit minder inkome in as die vorige
                 eenhede wat verkoop is 
                 (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                    EKONOMIE V2                          (EC/SEPTEMBER 2021)

     4.3.5    Wat is die betekenis van die Suid-Afrikaanse Wet op
              Mededinging?
              Die Wet op Mededinging is belangrik in dié sin dat:
              Dit mededinging bevorder en handhaaf, ten einde die doelwitte te
                bereik ter bevordering van doeltreffendheid in markte asook die
                aanpasbaarheid en ontwikkeling van die ekonomie. 
              Verbruikers, deur mededinging, voorsien sal word van
                mededingende pryse. 
              Werkverskaffing bevorder sal word en daar vooruitgang sal wees
                in die sosiale ekonomiese welvaart. 
                (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                          (4)

4.4 Verduidelik kortliks die uitwerking van toerisme op werkskepping en
     armoede.
     Werkskepping
     Toerisme is die wêreld se skepper van werksgeleenthede omdat dit
       arbeidsintensief is, met die laagste verhouding van investering in die skep
       van werksgeleenthede 
     Direk en indirek word meer as 9% van Suid-Afrikaners deur die
       toerismebedryf in diens geneem 
     ’n Wye reeks van vaardighede word in die toerisme bedryf vereis, van
       rekenmeesters en haarkappers tot toergidse en spoorsnyers – dit maak dit
       makliker vir ’n verskeidenheid van mense om werk te vind 
     Toerisme verskaf entrepreneursgeleenthede deur informele sektor
       besighede te akkommodeer, van handewerk en vrugte smouse tot
       sypaadjie smouse, stoel verhuurders en so aan 

      Armoede
      Toerisme bied geleenthede om inkomstebronne vir arm mense te
        diversifiseer, deur hulle toe te laat om deel te hê, byvoorbeeld om ’n
        kleinskaalse toerisme onderneming, rondom gemeenskap bates, te begin
        en te bedryf. 
      Mense is in staat om ’n inkome rondom hulle woongebiede te verdien wat
        sal lei tot ’n daling in verstedeliking en ’n meer gebalanseerde verspreiding
        van die bevolking 
      Toerisme ontwikkeling in plattelandse gebiede verhoog die aantal
        beskikbare werksgeleenthede in gebiede wat daar nie baie
        werksgeleenthede is nie 
      Die inkome wat die toerisme bedryf genereer, dra by tot die land se
        ekonomiese groei en ontwikkeling, wat noodsaaklik is vir die verbetering
        van lewenstandaarde en armoedeverligting 
        (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                                  (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                        EKONOMIE V2                                   15

4.5   Ondersoek die uitwerking van die vasstel van ’n maksimum prys op petrol
      in Suid-Afrika.
       Maksimum prys word laer as die heersende markprys vasgestel, ten einde
         goedere meer bekostigbaar te maak 
       In Suid-Afrika word die brandstofprys, teen ’n maksimum prys, deur die
         regering beheer 
       Die regering meng in en vaardig wetgewing uit sodat verskaffers nie meer as
         die maksimum prys mag vra nie. 
       Die vasstel van die maksimum prys op petrol, sal die produksie koste meer
         redelik maak vir produsente en hulle sal dit weer na die verbruikers
         afwentel 
       Die armes sal groter toegang tot sekere goedere verkry wat deur petroleum
         gebruik, geproduseer word 
       Met bekostigbare pryse van petrol, sal die welvaart van sommige verbruikers
         verbeter word omdat goedere teen bekostigbare pryse geproduseer en
         verbruik sal word 
       Besighede sal in staat wees om hul produksie te verhoog en daardeur werk
         te kan skep in die ekonomie en hoër winste realiseer 
         (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                                (8)

                                                              TOTAAL AFDELING B:          80

AFDELING C

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE

 Bespreek in detail, sonder die gebruik van grafieke, die kenmerke van ’n
  oligopolie.                                                        (26 punte)
 Ondersoek die negatiewe invloed van oligopolistiese gedrag op
  verbruikers.                                                        (10 punte)

INLEIDING

’n Oligopolie is ’n markstruktuur waarbinne ’n klein aantal, groot verkopers die mark
domineer. ’n Oligopolie bestaan wanneer ’n klein aantal, groot maatskappye in staat
is om die aanbod van ’n produk of diens te beïnvloed. 
(Aanvaar enige ander toepaslik korrekte inleiding)                                        (2)

HOOFGEDEELTE

Aantal besighede 
 Die mark bestaan uit ’n paar besighede wat die mark domineer.  bv. banke 
 Elke besigheid is bewus van die handelinge van die ander in die mark en dit het ’n
  impak op besluitneming 
 Dit beteken elke produsent het nie net ’n invloed op ander nie, maar hy moet hulle
  ook in ag neem 
 Wanneer daar twee besighede in die mark is word dit ’n duopolie genoem 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                   EKONOMIE V2                        (EC/SEPTEMBER 2021)

Aard van die produk 
 Produkte wat verkoop word mag homogeen of heterogeen wees 
 Wanneer produkte homogeen is, word die mark ’n suiwer oligopolie genoem, 
  bv. petrol 
 Wanneer produkte verskillend is, word na die mark verwys as ’n
  gedifferensieerde oligopolie,  bv. motorvoertuie 

Toetrede tot die mark 
 Dit is moeilik om tot die mark toe te tree as gevolg van verskeie hindernisse 
 ’n Groot bedrag kapitaal word gewoonlik vereis om die mark te betree 
 Dit is dikwels moeilik om hindernisse, wat veroorsaak word deur verbruikers se
  voorkeure aan sekere handelsmerke, te bowe te kom. 
 Besighede spandeer gewoonlik baie geld aan advertensies ten einde lojaliteit vir
  hul handelsmerk te bewerkstellig 
 Die bestaande besighede mag dikwels skaalvoordele geniet en dit mag tot nog ’n
  hindernis lei. 

Beheer oor die prys 
 Oligopoliste het ’n invloed op die prys, maar nie so baie soos wat monopoliste het
  nie 
 Prysoorloë is dikwels ’n kenmerk wanneer die bestaande besigheid, toetrede tot
  die mark wil beperk 

Vraagkurwe van die oligopolie 
 ’n Oligopolie kom te staan voor ’n geknakte vraagkurwe.  Hierdie vraagkurwe
   bestaan uit twee gedeeltes. 
 Die boonste gedeelte hou verband met hoë pryse en het ’n baie elastiese helling
   (m.a.w. die vraag is baie sensitief vir ’n prysverandering) 
 Die onderste gedeelte hou verband met laer pryse wat baie onelasties is (m.a.w.
   vraag is nie sensitief vir prysverandering nie) 

Samespanning 
 Besighede werk dikwels saam in plaas daarvan om met mekaar mee te ding 
 Dit mag wees deur die vorming van kartèlle (eksplisiete samespanning), wat
  formele ooreenkomste is tussen ondernemings om saam te werk 
 In sekere gevalle kan daar samespanning in die vorm van prys leierskap wees,
  wat ’n stilswyende ooreenkoms tussen besighede is. 
 Prys leierskap (stilswyende/implisiete samespanning) behels een onderneming
  wat as die prys leier optree en ander ondernemings wat daarop volg 
 Wanneer die prys leier die prys verander, sal die ander ondernemings dieselfde
  doen 
 Samespanning is onwettig in Suid-Afrika en mag daar nie ooreenkomste beding
  word wat mededinging sal beperk nie. Sodanige gedrag is onderworpe aan groot
  boetes deur die Mededingingskommissie 

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                        EKONOMIE V2                                   17

Mark inligting 
 Kopers en verkopers het onvolledige inligting oor marktoestande 
 Alhoewel oligopoliste mekaar se optrede monitor, weet hulle nie altyd hoe die
   mededinger op hul aksies gaan reageer nie 

Prys en winste 
 Pryse is oor die algemeen hoër as onder volmaakte mededinging 
 Oligopoliste ontwikkel handelsmerk lojaliteit onder verbruikers om ekonomiese
    wins te genereer 

Onderlinge afhanklikheid 
 Enige besluit en optrede van een sal ’n direkte uitwerking hê op die winste van
  die ander en hulle sal op hulle beurt vergeld deur hulle pryse en uitset te
  verander 
 In ’n oligopolie, oorweeg ’n onderneming nie net die markvraag na sy produk
  nie, maar ook die reaksies van ander ondernemings in die industrie 
 Geen besigheid kan die moontlike reaksie van ander ondernemings, tot sy prys
  en uitset beleide, ignoreer nie. 
 Besighede word gedwing om strategie te verander ten einde by te bly met die
  maneuvers van sy mededingers 
 In ’n oligopolistiese nywerheid is dit moeilik om geheime te bewaar omdat
  ondernemings mekaar baie goed dophou 
 Onderlinge afhanklikheid maak beleidsbesluite van ondernemings in ’n
  oligopolistiese mark baie meer kompleks as in ander mark strukture 
  (Ken ’n maksimum van 8 punte toe vir slegs die noem van feite/voorbeelde)
  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                      (Maks. 26)

ADDISIONELE GEDEELTE
Negatiewe invloed:
 Deur die samespanning van ondernemings, mag verbruikers op die ou einde
  hoër pryse betaal 
 Hulle sal meer moet bestee om produkte aan te koop, wat veronderstel was om
  laer pryse te hê 
 ’n Hoë konsentrasie van besighede verminder verbruikerskeuse 
 Die gedrag van ’n kartel kan mededinging verminder, wat kan lei tot hoër pryse
  en verlaagde uitset, wat weer die verskeidenheid van goedere aan die
  verbruiker kan beperk 
 Gegewe ’n gebrek aan mededinging, mag produsente vrymaak om betrokke te
  raak in die manipulasie van verbruiker besluitneming 
 Oligopolieë mag tot ’n moontlike verlies aan ekonomiese welvaart lei 
  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte hoër orde antwoord)         (Maks. 10)

SLOT
Oligopolieë speel ’n baie belangrike rol in die ekonomie omdat die meeste van die
vervaardigingsnywerhede in Suid-Afrika oligopolisties van aard is en hulle die
grootste gedeelte van die totale uitset wêreldwyd produseer, hulle is die
gemeenskaplike markstruktuur van die moderne ekonomieë 
(Aanvaar enige ander toepaslik korrekte hoër orde slot)                                  (2)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                   EKONOMIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2021)

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

 Ondersoek in detail die gevolge van inflasie                      (26 punte)
 Hoekom is hoё inflasie ’n bekommernis vir besighede se prestasie? (10 punte)

INLEIDING
Die uitwerking inflasie in die ekonomie is nie altyd so voor die hand liggend nie, omdat
dit nie almal op dieselfde manier beïnvloed nie 
Die uitwerking van inflasie mag dalk nie oor die korttermyn waargeneem word nie, maar
dit mag baie skadelik oor die langtermyn wees. 
(Aanvaar enige ander toepaslik korrekte inleiding)                                               (2)

HOOFGEDEELTE

Debiteure en krediteure 
 Gedurende periodes van stygende pryse, wen debiteure in reële terme omdat die
  kontrak vooruit onderteken is en nie verander kan word nie 
 Debiteure ontvang die geld met ’n relatiewe hoë koopkrag en betaal hulle lenings
  teen ’n laer koopkrag terug, tensy die rentekoerse voldoende is om die situasie te
  voorkom 
 Inflasie benadeel krediteure omdat hulle as gevolg van die daling in die reële waarde
  van geld verloor. 
 Veranderinge in prysvlakke beïnvloed debiteure en krediteure verskillend oor
  verskillende tydsperiodes 

Loon- en salaris verdieners 
 Reële lone daal skerp gedurende periodes van hoë inflasie as gevolg van ’n daling
  in die kapitaalvoorraad en ’n skuif in relatiewe pryse 
 Inflasie kan groot gedeeltes van die bevolking verarm deur reële lone te erodeer 
 Relatiewe lone is ’n belangrike komponent van rykdom, dit vorm die hoofbron van
  inkome vir baie huishoudings, veral vir die wat minder welaf is 
 Die gedrag van reële lone het daarom ’n direkte invloed op inkome verspreiding en
  die vlak van armoede 
 Loon verdieners lei onder inflasie, ongeag die feit dat hulle ’n loonverhoging ontvang
  om die styging in lewenskoste te beveg, want lone styg nie soveel as die toename in
  pryse van daardie goedere wat werkers verbruik nie 
 Inflasie beïnvloed daardie mense wat ’n inkomste verdien wat stadiger groei as die
  algemene styging in die pryse van goedere, die mees negatiefste – bv.
  pensionarisse en diegene wat afhanklik is van vaste inkome soos huurgeld 
 Meeste pensioene betaal ’n vaste bedrag en dit word dikwels maande of jare
  vooruitbepaal 
 Indien geen voorsiening gemaak word vir inflasie nie en met die erodeer van
  bestedingskrag, sal hulle uiteindelik te min verdien om te oorleef 

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                       EKONOMIE V2                                    19

Investeerders en beleggers/spaarders 
 Mense wat in onderhandelbare instrumente belê soos aandele, trek dikwels voordeel
   uit inflasie omdat gedurende tye van inflasie, rentekoerse verhoog word ten einde
   spaar aan te moedig 
 Investeerders in bates met wisselende markwaarde (bv. vaste eiendom) wen
   gewoonlik as gevolg van prysstygings omdat die nominale waarde van hierdie bates
   neig om, ten minste proporsioneel, meer toe te neem as stygings in die algemene
   prysvlakke.  In die geval van inflasie word rykdom geskep tot die voordeel van die
   houers van sodanige bates 
 Investering in bates met ’n vaste nominale waarde sal ’n vaste opbrengs lewer as die
   bates behou word totdat dit verjaar,  want hulle nominale waarde bly konstant en
   sal afneem as pryse toeneem en sodoende die reële waarde daarvan verlaag. 
 Mense spaar geld oor lang tydperiodes met die doel om hierdie fondse aan te wend
   ter bereiking van toekomstige verwagtinge – hierdie besparings mag as vaste
   deposito’s belê word, in die geldmark, as lewenspolisse of in pensioen fondse 
 Inflasie lei tot ’n afname in die waarde van geld wat beteken dat langtermyn
   besparings hulle reële waarde verloor. 

Belastingbetalers 
 Met hoër inflasie, sal belastingbetalers se nominale inkome toeneem wanneer hulle
  reële inkome onveranderd bly,  want belasting word op die nominale inkome
  gehef, maar nie op reële inkome nie en dit beïnvloed die koopkrag van die
  belastingbetaler 
 As die inkomstebelasting skedule onveranderd bly, sal inflasie die gemiddelde koers
  van persoonlike inkomstebelasting verhoog 
 Individue sal hoër belasting moet betaal, selfs al is hulle nie beter daaraan toe as
  voorheen nie 
 Dit beteken dat marginale en gemiddelde belastingkoerse in harmonie met die
  inkome vlakke styg 
 Die verskynsel, bekend as belastingskaal bekruiping, lei tot ’n herverdeling van
  inkome van belastingbetalers aan die regering 

Industriële vrede 
  Loonbedinging gaan dikwels gepaard met stakings en massa optredes 
  Hierdie aksies kan soms oor spoel in geweld, wat die gemeenskap in geheel
   beïnvloed 
  In uiterste gevalle, in die teenwoordigheid van buitengewone hoë inflasie tesame met
   ’n regering wat vasberade is om nie toe te gee aan eise van loonverhogings nie (wat
   inflasie vlakke nog hoër kan stoot), kan wydverspreide burgerlike onrus volg. 

Betalingsbalansprobleme 
 Inflasie het ’n nadelige uitwerking op ’n land se betalingsbalans 
 Inflasie veroorsaak dat plaaslike pryse styg en dit maak binnelandse uitvoere nie-
    mededingend op die internasionale markte en Suid-Afrikaanse uitvoerders mag
    groot handelsvennote verloor 
 Die hoë pryse van uitvoere sal buitelandse besighede ontmoedig om Suid-
    Afrikaanse goedere te koop, wat tot ’n afname in uitvoere en ’n verlies aan
    buitelandse valuta verdienste, sal lei 

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                    EKONOMIE V2                          (EC/SEPTEMBER 2021)

Psigologiese invloed 
 Inflasie het ’n nadelige impak op ekonomiese groei 
 Inflasie skep ’n negatiewe sentiment 
 Dit beteken dat daar ’n ongunstige psigologiese klimaat vir ekonomiese aktiwiteite
    is en mense is sodoende onseker oor die toekomspryse en -waardes 

Armoede vlakke en werkloosheid 
 Styging in die pryse van basiese voedsel en dienste beïnvloed die armes die
    meeste en as gevolg daarvan sal die vlakke van armoede toeneem 
 Sosiale toelaes moet styg teen die inflasiekoers, wat duur vir belastingbetalers kan
    wees. 
 Werkgewers reageer dikwels op stygende kostes deur laer-besoldigde werkers af
    te dank. 
   (Ken ’n maksimum van 8 punte toe vir slegs die noem van voorbeelde of feite)
   (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord)                       (Maks. 26)

ADDISIONELE GEDEELTE

’n Hoë inflasiekoers is ’n bekommernis vir besighede se prestasie, want:
  Stygende kostes vir besighede kan lei tot hoër produksie besteding op insette en
    dalende winsgewendheid. 
  Besighede sal daarom gedwing word om hulle pryse te verhoog ten einde die hoër
    koste aan te vul. 
  Hiervoor sal hulle ’n negatiewe reaksie van die verbruikers ontvang, wat weer die
    vlak van produksie sal beïnvloed en dit sal daartoe lei dat hulle kleiner
    hoeveelhede verkoop 
  Die verwagting van hoë inflasie en die gevoel van onsekerheid sal voortspruit uit
    die oorbesteding van verbruikers en die opgaar van geld in ’n tyd van inflasie, wat
    weer die winste van besighede sal beïnvloed wanneer inflasie styg 
  Verbruikers mag terughou op besteding totdat hulle ’n veiliger ekonomiese klimaat
    binnegaan, wat weereens besighede se winste sal verlaag 
  Met verbruikers wat op besteding terughou, kan besighede ongelukkig die
    swaarkry hiervan voel met ’n potensiële verlaging in verkope 
  Die uitwerking van inflasie kan vir die stabiliteit van ’n besigheid nadelig wees, die
    sake beplanning omverwerp en kan tot laer investering lei 
  Indien kostes as gevolg van inflasie toeneem, mag produsente dit nie eers
    aanstuur na die verbruikers nie. 
    (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte hoër-orde antwoord)                 (Maks. 10)

SLOT
Dit is belangrik vir die regering om spesifieke aksies te neem om inflasie onder beheer
te hou, omdat hoë inflasiekoerse ernstige sosiale, ekonomiese en politieke gevolge
kan inhou 
As ’n ekonomiese maatreël, toon inflasie aan mense hoe goed die stabiliteit van pryse
bereik word, sodat hulle vir hulle toekoms kan beplan 
(Aanvaar enige ander toepaslik korrekte hoër-orde antwoord)                                       (2)
                                                                                                 [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:                  40
                                                                    GROOTTOTAAL:                   150

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-afrikaans/40b8038d-eb89-4d3e-86b1-b75479d96047) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614) — Economics · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
