# Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-sept-2019-afrikaans/1c2b1396-7956-4265-98f3-9670a48a0796
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-sept-2019-afrikaans/1c2b1396-7956-4265-98f3-9670a48a0796)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                SENIOR SERTIFIKAAT

                        GRAAD 12

                 SEPTEMBER 2019

                   EKONOMIE V2
                   NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

               Hierdie nasienriglyn bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

2                                        EKONOMIE V2                       (EC/SEPTEMBER 2019)

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1    B            struktuur

      1.1.2    B            tegniese

      1.1.3    C            interafhanklik

      1.1.4    A            verpakking

      1.1.5    D            belasting

      1.1.6    D            verband

      1.1.7    C            reisende

      1.1.8    A            nie-hernieubare                                    (8 x 2)    (16)

 1.2 PASITEMS

      1.2.1    C          bepaal deur die interaksie tussen vraag en aanbod

      1.2.2    E          addisionele vergoeding vir entrepreneurskap

      1.2.3    I          die waarde van wat jy moet opoffer om iets anders te kies

      1.2.4    A          het ’n hibriede struktuur

      1.2.5    D          tradisionele manier van dinge doen wat eie is aan ’n
                          gegewe kultuur

      1.2.6    G          gebruik om allesomvattende inflasie te bereken

      1.2.7    H          besoek aan kunsgalerye, museums, argeologiese
                          gebiede, ens.

      1.2.8    F          wanneer hitte in die CO2-laag in die atmosfeer vasgevang
                          word                                               (8 x 1)       (8)
 1.3 GEE EEN BEGRIP
      1.3.1    Eksplisiete koste
      1.3.2    Langtermyn
      1.3.3    Eksternaliteite
      1.3.4    Deflasie
      1.3.5    Wêrelderfenisgebiede
      1.3.6    Biodiversiteit                                                  (6 x 1)     (6)
                                                           TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2019)                        EKONOMIE V2                                      3

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MIKROEKONOMIE

 2.1   2.1.1    Gee TWEE voorbeelde van veranderlike koste.
                  Water
                  Elektrisiteit
                  Hulpbronne
                  Verkoopskommissie
                  Direkte arbeidkoste
                  Verpakking
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)             (2 x 1)     (2)

       2.1.2    Hoekom is individuele mark deelnemers in ’n volmaakte mark
                onbeduidend tot die mark as ’n geheel?
                  Hulle het geen mag in die mark nie
                  Hulle kan nie die pryse van produkte beïnvloed nie
                  Hulle aanvaar die markprys soos die mark as ’n geheel
                  weergegee
                  Hulle handel volkome onafhanklik van mekaar
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (2)

 2.2   2.2.1    Voorsien ’n gepaste byskrif vir kurwe A.                                    (1)
                Gemiddelde Inkome / Vraagkurwe

       2.2.2    Wat is die verkoopprys vir bostaande onderneming?
                100                                                                         (1)

       2.2.3    Omskryf die begrip monopolie kortliks.
                Monopolie is ’n markstruktuur waarin slegs een verkoper sake bedryf
                met geblokkeerde toetrede
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (2)

       2.2.4    Verduidelik ’n rede vir die vorm van die totale inkomste kurwe.
                  Die helling van hierdie kurwe styg soos wat uitset verhoog, bereik
                  uiteindelik ’n piek en raak dan negatief
                  Die veranderende helling van hierdie kurwe is a.g.v. die
                  veranderende prys
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)           (1 x 2)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

4                                    EKONOMIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2019)

     2.2.5   Teken Grafiek 1 oor in jou antwoordeboek en toon hoe ŉ
             monopolie ekonomiese wins sal realiseer.

2.3 DATARESPONS

     2.3.1   Noem die markstruktuur wat tot die implementering van
             mededingingsbeleid gelei het.

             Onvolmaakte mark/Monopolie/Monopolistiese Mededinging/Oligopolie              (1)

     2.3.2   Watter instelling verskaf finale besluite wanneer partye ontevrede is
             met die beslissings van die Mededingingstribunaal?

             Mededinging Appèlhof                                                          (1)

     2.3.3   Omskryf kortliks die begrip regulering in ekonomie.

             Dit is die oplegging van reëls deur die regering, gerugsteun deur gebruik
             van strawwe wat daarop ingestel is om die ekonomiese gedrag van
             ondernemings aan te pas.
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                             (2)

     2.3.4   Wat is die rol van die Mededingingskommissie?

             Dit is om beperkende besigheidspraktyke te ondersoek, beheer en
             evalueer                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2019)                        EKONOMIE V2                                       5

    2.3.5    Waarom is dit belangrik vir die Suid-Afrikaanse regering om mededinging
             tussen besighede te beheer?
             Die is belangrik omdat die regering graag:
                doeltreffendheid, aanpasbaarheid en ontwikkeling van die ekonomie
                bevorder
                verbruikers voorsien met mededingende pryse en produk keuses
                werkverskaffing aanmoedig en sosiale en ekonomiese welvaart in SA
                bevorder
                geleenthede vir SA se deelname in wêreldmarkte wil uitbrei
                wil verseker dat KMMOs gelyke geleenthede het om deel te neem in die
                ekonomie
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                 (2 x 2)            (4)
2.4 Verduidelik kortliks toetrede en volledige kennis, as kenmerke van ’n volmaakte
    mededinger.
        Toetrede
        - Daar is vryheid van toe- en uittrede in die mark, d.w.s. die mark is ten volle
          toeganklik
        - Toegang is nie onderworpe aan enige beperkings nie, bv. finansiële, tegnologiese
          hindernisse
        - As ’n individuele besigheid waarneem dat ’n ander besigheid ’n groot wins maak in
          ’n spesifieke mark, kan hulle ’n soortgelyke besigheid oopmaak om dieselfde
          produk te verskaf
        - Nuwe ondernemings sal toetree en meeding in ’n spesifieke mark, so lank as wat
          daar geleenthede is om wins te maak
        Volledige kennis
        - Beide kopers en verkopers het volledige inligting aangaande die heersende
          marktoestande
        - Daar is geen inligtingmislukking of tyd agterstand in die vloei van inligting nie
        - Gegewe dat produsente en verbruikers oor volledige kennis beskik, word dit
          aanvaar dat hulle rasionele besluite neem ten einde hulle selfbelang te
          maksimeer – verbruikers streef daarna om hulle nut te maksimeer en produsente
          streef daarna om wins te maksimeer
          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                              (2 x 4)     (8)
2.5 Watter positiewe impak sal ’n toename in elektrisiteitsverskaffers op Suid-Afrika
    hê?
    Die ekonomie sal voordeel trek omdat dit sal lei tot:
       verbetering in mededinging wanneer meer ondernemings tot die mark wil toetree en
       elektrisiteit produseer
       laer elektrisiteitspryse vir beide verbruikers en produsente in die ekonomie
       verbetering van die kwaliteit van dienste wat deur die elektrisiteitsverskaffers
       voorsien word
       stygende produksie in die ekonomie as ’n geheel, omdat daar ’n daling in
       produksiekoste sal wees
       werkskepping vir die mense en daarom lei tot verbetering in die welvaart van
       verbruikers
       stygende ekonomiese groei a.g.v. die toenemende aantal verskaffers in die
       ekonomie
       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                (4 x 2)      (8)
                                                                                                    [40]

  Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

6                                        EKONOMIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2019)

 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

 3.1 3.1.1     Noem enige TWEE negatiewe uitwerkings van toerisme.
                     Skade aan die landskap
                     Rommel
                     Erosie
                     Vure
                     Verkeersopeenhopings
                     Besoedeling
                     Duur plaaslike goedere                                      (2 x 1)     (2)

      3.1.2    Hoekom is die bewaring van natuurlike hulpbronne belangrik?

                     Dit is belangrik vir bevordering van volhoubare ontwikkeling
                     Dit is belangrik vir die verligting van armoede
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)           (1 x 2)     (2)

 3.2 DATARESPONS

      3.2.1    Noem die ekonomiese sektor wat deur toerisme voorgestel word.
               Tersiêre/dienstesektor                                                        (1)

      3.2.2    Watter soort toerisme word in bogenoemde data voorgestel?
               Binnelandse toerisme/plaaslike toerisme                                       (1)

      3.2.3    Verduidelik die begrip toerisme kortliks.
               Toerisme verwys na die aktiwiteite van mense wat na plekke, buite
               hulle normale omgewing, reis en daar bly – vir plesier, besigheid of
               ander doelwitte – vir nie meer as een opeenvolgende jaar nie
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                             (2)

      3.2.4    Verduidelik ’n rede vir die groei in buitelandse toerisme in Suid-
               Afrika.
                  SA is ’n vredevolle en voorspoedige demokratiese land
                  Dit is goedkoper vir buitelanders om SA te besoek, a.g.v. die lae
                  waarde van die rand
                  SA bied ’n groot verskeidenheid toeriste-aantreklikhede – dit is ’n
                  wêreld in een
                  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)         (1 x 2)         (2)

      3.2.5    Hoe kan toerisme armoede in landelike gebiede verlig?
               Toerisme kan armoede verlig deur:
                 plattelandse mense van direkte en indirekte werksgeleenthede te
                 voorsien
                 plattelandse mense te huur wat direk in die sektor kan werk as
                 toeroperateurs, reisagente, vlugkelners, ens.
                 inkome te verskaf aan plaaslike mense deur toeriste se besteding
                 op goedere en dienste
                 plattelandse mense toe te laat om voordeel te trek uit die bou van
                 infrastruktuur vir toeriste
                 vaardighede te bekom wat in die toeristebedryf benodig word
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)           (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2019)                        EKONOMIE V2                                       7

 3.3 DATARESPONS

       3.3.1    Noem die organisasie wat ’n aantal ooreenkomste rakende
                vernietiging van giftige chemiese afval gefasiliteer het.
                Verenigde Nasies                                                             (1)

       3.3.2    Wat kan die oorsaak van aardverwarming wees?
                Uitlaat van gasse / Kweekhuisgasse                                           (1)

       3.3.3    Omskryf die begrip klimaatsverandering kortliks.
                Dit is die verandering in die samestelling van die atmosfeer, wat
                verwant aan menslike aktiwiteite is
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (2)

       3.3.4    Hoekom voorsien die regering omgewingsubsidies aan
                ondernemings?
                  Om ondernemings aan te moedig om omgewingsvriendelike
                  produkte te produseer
                  Vir die ontwikkeling van nuwe tegnieke en tegnologie ten einde
                  besoedeling te verminder
                  Om herwinning van afvalprodukte aan te moedig
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)           (1 x 2)        (2)

       3.3.5    Hoe word boere deur suurreën beïnvloed?
                Boere word negatief beïnvloed deur suurreën omdat:
                  opbrengs uit oeste sal daal
                  die prys van landbouprodukte hoog sal wees
                  veeteelt sal afneem deurdat dit deur ’n gebrek aan kos en water
                  beïnvloed sal word
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)           (2 x 2)        (4)

 3.4 Verduidelik kortliks die ekonomiese voordele van toerisme vir die
     regering.

       Die regering sal baat by toerisme deur:
          verhoogde inkome omdat toerisme ’n direkte en indirekte bydrae lewer tot
          staatsinkome deur belastings, bv. lughawebelasting, vliegkaartjies, ens.
          advertensies en uitstekende diens wat aan toeriste gelewer word en ’n
          goeie beeld van die land skep
          werkverskaffing en armoedeverligting, veral in die informele sektor, bv.
          musikante
          die verdien van buitelandse valuta vir die land en die gevolglike toename
          in buitelandse reserwes
          eksterne koste te verhaal, wanneer dit vir die regering moontlik is om
          gedeeltes by toeriste te verhaal wat dien as vergoeding vir die verskaffing
          van die infrastruktuur
          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                     (4 x 2)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

8                                    EKONOMIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2019)

 3.5 Hoe kan omgewingsdegradering voorkom word?
     Dit kan voorkom word deur:
         bome te plant, omdat dit koolstofdioksied kan opneem en sodoende ’n
         skoner omgewing kan verskaf
         rommelstrooiing deur mense te vermy omdat dit lei tot aardverwarming
         mag
         mense op te voed oor die belangrikheid van die herwinning van items of
         die hergebruik daarvan in plaas daarvan om weg te gooi
         die brand van papiere en ander materiale te vermy omdat dit tot
         besoedeling kan lei
         intense landboupraktyke te vermy, wat vrugbare grond kan vernietig
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                  (4 x 2)         (8)
                                                                                          [40]

 VRAAG 4: MIKROEKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

 4.1 4.1.1     Noem enige TWEE belangrike internasionale protokolle en
               ooreenkomste oor volhoubare ontwikkeling.
                 Rio de Janerio-beraad (UNCED)
                 Johannesburg-beraad
                 Rio + 20-beraad
                 Kyoto-protokol
                 Millenniumontwikkelingsdoelwitte
                 Verenigde Nasies se Raamwerk Konvensie oor
                 Klimaatsverandering
                 Konferensie van die Partye (COP)                      (2 x 1)              (2)

      4.1.2    Hoe word verbruikers deur maksimum pryse beïnvloed?
               Hulle sal goedere en dienste aankoop teen ’n prys wat laer as die
               markprys is
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)             (1 x 2)        (2)

 4.2 DATARESPONS

      4.2.1    Wat is die aard van die diens wat deur bostaande ondernemings
               aangebied word?
               Homogene / Gedifferensieerde                                                 (1)

      4.2.2    Hoe lyk die vorm van die vraagkurwe van die oligopolie?
               Geknakte                                                                     (1)

      4.2.3.   Verduidelik kortliks die begrip oligopolie.
               ’n Markstruktuur waarin slegs ’n paar verkopers sake bedryf
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (2)

      4.2.4    Wat beteken dit vir Vodacom om die dominante onderneming te
               wees?
               Dit het ’n beduidende groter markaandeel as sy mededingers of
               teenstanders.
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2019)                         EKONOMIE V2                                        9

      4.2.5    Hoe word oligopoliemededingers deur samespanning bevoordeel?
               Oligopoliemededingers word bevoordeel deurdat:
                  hulle prestasie verbeter
                  onsekerhede wat mag plaasvind, voorkom word
                  ’n groot markaandeel besit word en dit verhoed dat nuwe besighede
                  toetree
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)            (2 x 2)          (4)

4.3    DATARESPONS

      4.3.1     Wat word die groep diere in bostaande foto genoem?
                Die Groot Vyf                                                                   (1)

      4.3.2     Watter internasionale verdrag het met bedreigde spesies te make?
                Die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies
                (CITES)                                                                         (1)

      4.3.3     Beskryf kortliks die begrip bedreigde spesies.
               ’n Plant of dierspesie wat ’n ernstige risiko inhou dat dit mag uitsterf,
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                               (2)

      4.3.4     Hoe kan onderwys aangewend word as ’n maatreël om
                volhoubaarheid te verseker?
                  Mense behoort bewus gemaak te word van omgewingskwessies en
                  die gevolge van hulle dade
                  Innoverende benaderings kan aangewend word om mense op te
                  voed, bv. daarstel van gemeenskaps-wildreservate
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)       (1 x 2)               (2)

      4.3.5     Hoekom is die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte nie bereik nie?
                Millennium Ontwikkelingsdoelwitte is nie bereik nie, omdat:
                   daar ’n gebrek aan behoorlike moniteringstelsels was
                   die wêreld se bosbougebiede steeds besig is om kleiner te
                   word
                   daar ’n dalende neiging in produktiwiteit is
                   onwettige stropery en die opspoor van wild steeds bewaring
                   verhoed
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)          (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

10                                                     EKONOMIE V2                           (EC/SEPTEMBER 2019)

4.4 Met behulp van ’n grafiek met volledige byskrifte, verduidelik ekonomiese
    verlies in ’n volmaakte mark.

                                      Ekonomiese verlies     MK                       GK

          Prys/inkome/koste
                              K                    f
                              P                                      MI/GI
                                                        e

                                                                                     Hoeveelheid
                                  0                 H

                          Puntetoekenning
                          Korrekte benoeming en posisie van MK en GK     = 1 punt
                          Korrekte benoeming en posisie van MI/GI        = 1 punt
                          Aantoon van die korrekte verlies area          = 2 punte
                          Maksimum                                       = 4 punte
                                                                                                                        (8)
        Die besigheid is in ewewig by punt e waar MI=MK     en die optimale
        hoeveelheid geproduseer is by H teen prys P en koste K
        Ekonomiese verlies word gelei waar GI minder is as GK, wat aangedui word
        deur die KPef gebied
4.5 Ondersoek die sukses van bemarking as ’n strategie om toerisme in Suid-
    Afrika te bevorder.
    Bemarking was suksesvol in die bevordering van toerisme, deur:
       ’n moderne webtuiste te gebruik wat aangewend word om die handelsmerk
       vir toeristedienste te bou en wat baie toeriste na Suid-Afrika lok
       benutting van aanlynbesprekings en -betalings wat verseker dat toeriste vir
       hulle hotelkamers betaal en ook ontspanningsaktiwiteite aanlyn en vooruit kan
       bespreek
       inligting te verskaf aan toeriste i.v.m. hulle veiligheid en ook sekuriteit deur
       misdaad en geweld teen toeriste te beperk wat dan baie toeriste na die land lok
       d.m.v. toerisme-indabas
       voldoende hulpbronne toe te wy aan die veiligheid van toeriste deur vinnige en
       doeltreffende regsprosedures
       die diversiteit van die toerismeprodukte, wat reistoerisme, sport, wild-safari’s,
       ens., insluit te beklemtoon en beide nasionale en internasionale toeriste lok.
       reis meer toeganklik en bekostigbaar te maak vir almal deur die Sho’t left
       veldtog
       betroubare en bekostigbare vervoer, soos verlang deur toeriste, daar te stel en
       ook dienste eie aan die behoeftes van toeriste beskikbaar te stel,          bv.
       Gautrain
       infrastruktuur te onderhou en op te gradeer om die toeganklikheid en beweeg-
       likheid na toeriste-aantreklikhede te verbeter, het die toerismesektor verbeter
       bv. inligtingsentrums, spoor- en padnetwerke, telekommunikasie, ens.
       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                                             (8)
                                                                                                                    [40]
                                                                                     TOTAAL AFDELING B:                 80

Kopiereg voorbehou                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2019)                      EKONOMIE V2                                     11

 AFDELING C

 Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 5

    Bespreek die oorsake van markmislukking in detail deur op die volgende te
    fokus:
    - Ontbrekende/onvolledige markte
    - Gebrek aan inligting                                                                 (26)
    Evalueer die sukses van staatsinmenging in markte t.o.v. verspreiding van
    rykdom.                                                                                (10)

 INLEIDING
 Markmislukking beteken dat die beste beskikbare/optimale produksie uitset nie behaal
 is nie.
 Markte misluk wanneer dit nie vir hulle moontlik is om hulpbronne doeltreffend toe te
 ken nie.
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (Maks. 2)         (2)

 HOOFGEDEELTE

 Ontbrekende/onvolledige markte
 Markte is ontbrekend/onvolledig en kan nie aan die vraag na alle goedere voldoen
 nie.
 Openbare goedere
    Vryemarkte wil nie hierdie goedere verskaf nie, daarom moet die regering dit
    verskaf
    Besighede in die vryemark sal nie ’n prys hef vir hierdie goedere, gebaseer op hul
    verbruik nie, daarom sal hulle dit eerder self verskaf
    Openbare goedere sluit in:
    - Gemeenskapsgoedere
      Dit is goedere soos weermag, polisiedienste, straatligte, vloedbeheer, ens.
      Kenmerke van gemeenskapsgoedere:
    - Nie-mededingend
      Verbruik deur een persoon verminder nie die gebruik deur ’n ander persoon op
      enige manier nie. Bv. straatligte, ligtorings
      Verbruik deur een persoon mag nie verhoed dat andere dit ook geniet nie
    - Nie-uitsluitbaar
      Verbruik van ’n produk kan nie beperk word tot diegene wat daarvoor betaal
      nie, so daar sal rugryers wees
      Dit word voorsien aan alle verbruikers selfs diegene wat nie daarvoor betaal
      nie, bv. televisie en radio
    - Sosiale voordele oortref private voordele
      Gemeenskapsgoedere beskik dikwels oor groot sosiale voordele relatief tot
      private voordele, bv. gesondheidsorg en onderwys
    - Oneindige verbruik
      Wanneer dit eers verskaf is, is die marginale koste om nog ’n individuele een
      aan te bied, gelyk aan nul, bv. verkeersligte

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

12                                  EKONOMIE V2                       (EC/SEPTEMBER 2019)

 - Nie-verwerping
   Dit is onmoontlik vir individue om hulle te weerhou van die verbruik daarvan, al wil
   hulle, bv. straatligte
 Kollektiewe goedere
 - Hierdie is goedere soos strandfasiliteite, strate, sypaadjies, paaie, brûe, ens.
 - Dit word teen ’n verbruikersfooi voorsien
 - Voorsiening van sommige kollektiewe goedere word gesubsidieer, bv. openbare
   vervoer en skoon water
 Meriete en nie-meriete goeder
 Meriete goedere
 - Dit hou belangrike voordele in vir die verbruiker en vir die algemene welvaart van
   die gemeenskap
 - Dit is hoogs begeerlik vir die algemene welvaart van die mense van ’n land, maar
   word dikwels nie hoog geag deur die mark nie
 - Indien mense die markprys daarvoor sou moes betaal, sou relatief min daarvan
   verbruik word
 - In hierdie sin, sal die mark misluk tot nadeel van die ekonomie en die
   gemeenskap.
 - Voorbeelde van sodanige goedere is gesondheidsorg en onderwys,
   vaardigheidsopleiding, veiligheid, inentings en veiligheidsgordels van voertuie
 - Markte reflekteer nie die volle waarde van meriete goedere nie, omdat markte slegs
   die private voordele in berekening bring en nie die sosiale voordele nie.
 - Markte onderwaardeer hierdie produkte en verskaf te min hiervan, teen pryse wat te
   hoog is
 - Indien verbruikers die volle markprys sou moes betaal, sou baie min hiervan
   verbruik word en die mark sal daarom misluk
 Nie-meriete goedere
 - Dit word oorverbruik deur individue
 - Sommige verbruikers mag onbewus wees van die ware koste om dit te verbruik,
   m.a.w. hulle negatiewe eksternaliteite
 - ’n Regering kan die verbruik van sodanige goedere verban of verlaag deur middel
   van belastings        en inligting verskaf rakende die skadelike effekte daarvan
 - Voorbeelde sluit in: sigarette, alkohol, tabak, nie-voorskrif dwelmmiddels
 - Wanneer die mark gewillig is om dit te produseer, sal dit te veel hiervan aanbied.
 Gebrek aan inligting
 - Verbruikers, werkers en entrepreneurs beskik nie altyd oor die nodige inligting ten
   einde rasionele besluite te maak nie, gevolglik veroorsaak die gebrek aan inligting
   dat markte nie goed bedryf word nie.
 - Verbruikers beskik nie oor gedetailleerde inligting aangaande gevorderde tegnologie
   nie, sodoende is hulle nie bewus van goedere wat geproduseer word wat hulle nut
   kan maksimeer nie
 - Werkers benodig ook inligting oor werksgeleenthede en voordele ten einde te
   verseker dat hulle arbeid doeltreffend aanwend, maar hulle is onbewus van
   sodanige werksgeleenthede buite hulle huidige werksplek en daarom misluk markte
   om die vereiste arbeidsmag in diens te neem.
 - Entrepreneurs mag aan inligting ontbreek aangaande koste en beskikbaarheid van
   produksiefaktore en gevolglik kan hulle sake doen gegrond op die basis van
   foutiewe inligting en sodoende verkeerde besluite neem
   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
   (Ken ’n maksimum van 8 punte toe indien slegs genoem of vir voorbeelde)              (26)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2019)                       EKONOMIE V2                                     13

ADDISIONELE GEDEELTE
Evalueer die sukses van staatsinmenging in markte t.o.v. verspreiding van
rykdom.

Die regering was suksesvol in die verspreiding van rykdom, deur:
   openbare goedere vir gemeenskaplike verbruik te voorsien,        bv. voorsiening van
   gesondheidsorgdienste, infrastruktuurontwikkeling, ens. wat tot die opheffing van
   die welvaart van individue lei
   investering in onderwys en opleiding deur voorsiening van gratis onderwys in skole
   en tersiêre instellings, wat daartoe lei dat mense geleenthede kry om in diens
   geneem te word en rykdom te versamel
   armoede deur sosiale oordrag aan die armes te verlig en daardeur hulle welvaart te
   verbeter
   deelname van swart entrepreneurs in ekonomiese aktiwiteite aan te moedig         en
   sodoende werk te skep vir verskillende vaardighede in die ekonomie, wat ook tot
   die verbetering van almal se lewenstandaarde lei

Onsuksesvol deurdat:
  hulle versuim om ongelykheid te verminder, ten spyte van die sosiale oordragte wat
  voorsien word,      omdat die toelaes nie vir werkloses voorsiening maak nie
  ’n amptelike definisie van werkloosheid gebruik word, wat mense wat opgegee het
  om werk te soek, uitsluit
  werk geskep word wat skaars byhou by die pas waarteen die arbeidsmag groei
  versuim word om behoorlike moniteringsinstrumente daar te stel vir die toestaan
  van tenders en om swartes te bemagtig
  versuim word om die gaping tussen die rykes en die armes te oorbrug
  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                        (10)

SLOT
Die regering probeer om die belange van die gemeenskap te beskerm en die
doeltreffendheid van die markte te verbeter, maar daar is nog baie wat gedoen kan
word.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike hoërorde-slot)                                     (2)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

14                                    EKONOMIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2019)

 VRAAG 6

     Ondersoek die oorsake van kostedruk-inflasie in detail.                                    (26)
     Hoe doeltreffend is rentekoerse om inflasie te bekamp, sedert die
     bekendstelling van inflasieteikens?                                                        (10)

 INLEIDING
  - Kostedruk-inflasie is ’n styging in die algemene prysvlak as gevolg van ’n styging in
    die produksiekoste
  - Enige koste van ’n besigheid, is ’n potensiële oorsprong van kostedruk-inflasie.
  - Kostedruk-inflasie mag ook veroorsaak word deur ’n kombinasie van verskeie
    komponente van produksiekoste
    (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                                            (2)

 INHOUD
 HOOFGEDEELTE – OORSAKE VAN KOSTEDRUK-INFLASIE
   Styging in lone
   - Vergoeding vir arbeid verteenwoordig bykans 60% van die produksiekoste van
     die BBP
   - Styging in salarisse en lone is daarom ’n belangrike oorsprong van kostedruk-
     inflasie
   - Wanneer werkers hoër lone as hulle produktiwiteit eis, word die stygende koste
     gedek deur ’n styging in die pryse
   - As vakbonde suksesvol is in loononderhandelinge, sal die lone styg en die
     produsente sal die verkoopprys verhoog om op te maak vir die hoër
     insetkoste
   - Pryse van goedere/dienste sal styg en inflasie mag voorkom
   - ’n Bose kringloop vind plaas as arbeiders nog hoër lone vereis soos wat die
     lewenskoste styg                                                        (Maks. 6)
   Styging ’n die pryse van ingevoerde goedere/sleutelinsette
   - Suid-Afrikaanse vervaardigers moet die meeste van hulle kapitaal en goedere
     soos olie en aluminium invoer
   - Wanneer dit verhoog word, lei dit tot prysstygings omdat produsente verkies om
     nog steeds hulle wins te realiseer.
   - Indien pryse van ingevoerde sleutel insetgoedere styg (bv. olie, energie,
     kapitaalgoedere, ens.) word die plaaslike produksiekoste opwaarts gedruk
     en die verbruikersprys styg en dit lei weer tot inflasie                (Maks. 4)
   Verhoogde winste / winsgrense
   - Wanneer winsgrense verhoog word, lei dit tot ’n styging in die pryse van
     goedere
   - Dit gebeur wanneer ondernemings hul markkrag gebruik om die pryse op te
     stoot
   - Wanneer besighede hulle winsgrens opstoot, verhoog hulle die produksiekoste
     en uiteindelik die pryse wat die verbruikers moet betaal               (Maks. 4)
   Lae vlakke van produktiwiteit
   - Wanneer die verskeie produksiefaktore minder produktief raak en dit steeds
     dieselfde vergoeding ontvang, sal die produksiekoste van elke eenheid van die
     uitset toeneem,        loonstygings wat nie gepaardgaan met soortgelyke styging
     in produktiwiteit nie, het die uitwerking om inflasie te verhoog
                                                                            (Maks. 4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2019)                       EKONOMIE V2                                       15

    Natuurrampe
    - Natuurrampe soos oorstromings, brande, droogte vind soms plaas in Suid-Afrika
       en kan inflasie in voedselpryse veroorsaak as gevolg van tekorte in die
       landbouproduksie
    - Dit het ’n invloed op kostes vir die produsente
    - Voedselpryse is een van die mees kwesbare prysitems in inflasie-indekse as
       gevolg van die uitwerking van weersveranderinge                          (Maks. 4)
    Wisselkoers-depresiasie
    - Wisselkoers-depresiasie mag die oorsaak van prysstygings wees.
    - Bv. as die rand depresieer teenoor die VS dollar, sal alle ingevoerde goedere en
       dienste duurder raak                                                     (Maks. 4)
    Skielike styging in rentekoerse
    Stygings in rentebetalings op lenings sal lei tot hoër kostes
    - Produsente sal hierdie hoër kostes verhaal deur die pryse van goedere en
       dienste te verhoog                                                       (Maks. 4)
    Regering veroorsaakte pryse
    - Wanneer die regering prysstygings veroorsaak, wat stygings in direkte belasting
       en indirekte belasting insluit, beïnvloed dit die pryse van goedere en dienste
    - Produsente verskuif normaalweg die belastinglas na verbruikers deur hulle
       pryse van goedere en dienste te verhoog en dit lei tot inflasie          (Maks. 4)
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
 (Ken ’n maksimum van 8 punte toe indien slegs genoem of vir voorbeelde)                         (26)

 ADDISIONELE GEDEELTE
 Hoe doeltreffend is rentekoerse om inflasie te bekamp, sedert die
 bekendstelling van inflasieteikens?
 Die gebruik van rentekoerse as ’n instrument om inflasie te beheer, is doeltreffend
 omdat:
    Veranderinge in die repokoers het ’n positiewe uitwerking in sover as die inflasie
    beheer word binne die teikenkoers
    Alhoewel die inflasiekoers 13,51% in 2002 was, het dit deur die gebruik van
    rentekoers gedaal na 6,16% in 2016 wat nog steeds buite die teikenkoers is
    Die 25-basis puntestyging in November 2018 het die repo- en die primakoerse tot
    6,75% en 10,25% gevat en die inflasiekoers was binne die teiken teen 5,2%
    Verhoging van die rentekoers sal lei tot minder geld, krediet en besteding in die
    ekonomie en dit raak dan moeilik om pryse en lone te verhoog
    Die repokoers is gehandhaaf teen 6,77% en die primakoers teen 10,25% in die
    eerste kwartaal van 2019
    Die huidige inflasiekoers staan op 4,5% van 4,1% in Maart 2019 en dit toon dat die
    SARB daarin geslaag het om die inflasiekoers doeltreffend te bestuur deur die
    gebruik van rentekoerse.
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                            (10)
 SLOT
 Inflasie kan ’n bedreiging wees vir die normale werking van die ekonomie, daarom is
 maatreëls soos monetêre en fiskale beleide uiters belangrik om die verskynsel onder
 beheer te hou.
 (Aanvaar enige toepaslike hoërorde-slot)                                                         (2)
                                                                                                 [40]
                                                                TOTAAL AFDELING C:                40
                                                                    GROOTTOTAAL:                 150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-afrikaans/40b8038d-eb89-4d3e-86b1-b75479d96047) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
