# Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-sept-final2024-afrikaans/c96f617c-bc4e-4f38-9e92-0262405fdcc2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-sept-final2024-afrikaans/c96f617c-bc4e-4f38-9e92-0262405fdcc2)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — QP · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIORSERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2024

                        EKONOMIE V2
                        NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                     Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye.

                    Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                       EKONOMIE V2                          (EC/SEPTEMBER 2024)

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1    MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

       1.1.1   B  (ceteris paribus)

       1.1.2   B  (bo die middelpunt)

       1.1.3   D  (duopolie)

       1.1.4   D  (TI)

       1.1.5   A  (toenemende produktiwiteit)

       1.1.6   C  (kommunikasie)

       1.1.7   A  (Basel-konvensie)

       1.1.8   C  (omgewingsvolhoubaarheid)                                   (8 x 2)    (16)

1.2    PASITEMS

       1.2.1   F  Produkte wat dieselfde is in styl, ontwerp en kwaliteit

       1.2.2   A  Kan nie verhaal word indien ŉ firma besluit om die mark te
                   verlaat nie

       1.2.3   H  Wanneer MK = MI

       1.2.4   E  Goedere wat die samelewing voel, is voordelig om te verbruik,
                   maar is onderverskaf deur die mark

       1.2.5   G  Monetêre beleidsbenadering wat deur die SARB
                  gebruik word om prysveranderinge binne 3–6% te hou

       1.2.6   C  Toeriste kom besoek museums en kunsgalerye

       1.2.7   D  Die regering handhaaf die voorraadvlakke van die omgewing
                   hulpbronne deur die uitreiking van permitte en kwotas

       1.2.8   B  Die verskeidenheid plant- en dierelewe in ŉ bepaalde habitat.
                                                                           (8 x 1)           (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                         EKONOMIE V2                             3

 1.3    GEE EEN TERM

        1.3.1    Mededingings-appèlhof 

        1.3.2    Handelsmerke 

        1.3.3    Koste-voordeel-analise 

        1.3.4    Stagflasie 

        1.3.5    Wêrelderfenisgebied 

        1.3.6    Bevel-en-beheer 
                                                                         (6 x 1)    (6)

                                                          TOTAAL AFDELING A:        30

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    EKONOMIE V2                        (EC/SEPTEMBER 2024)

 AFDELING B

 Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

 2.1   2.1.1   Noem enige TWEE voorbeelde van monopolieë in Suid-Afrika.
               • ESKOM 
               • DENEL 
               • Die Poskantoor
               • ACSA 
               • TRANSNET 
               (Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.)  (2 x 1)            (2)
       2.1.2   Hoe word kunsmatige monopolieë teen mededinging beskerm?
               • Kunsmatige monopolieë word deur wetgewing, reëls en regulasies
                  van kompetisie beskerm. 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)        (1 x 2)         (2)

 2.2   DATARESPONS

       2.2.1   Identifiseer die gemiddelde inkomste (GI) in die tabel hierbo.
               • Prys 10                                                                (1)
       2.2.2   Hoe word marginale inkomste bereken?
               • MI = verandering in totale inkomste ÷ verandering in hoeveelheid 
               • ∆TI/∆H 
               • Marginale inkomstekurwe  ÷ marginale kostekurwe                       (1)
       2.2.3   Beskryf kortliks die term gemiddelde koste.
               • Gemiddelde koste is die koste per eenheid van produk verkoop / is
                 die koste van ŉ enkele eenheid produk.                                 (2)

       2.2.4   Waarom is die marginale inkomste dieselfde as die gemiddelde
               inkomste onder perfekte marktoestande?
               • Marginale inkomste is dieselfde as die gemiddelde inkomste omdat
                  ŉ perfekte mededinger nie die prys hoef te verlaag om meer te
                  verkoop nie.  
               • Marginale inkomste is dieselfde as die gemiddelde inkomste omdat
                  ŉ perfekte mededinger ŉ prysnemer is en ŉ horisontale vraagkurwe
                  in die gesig gestaar.                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                                      EKONOMIE V2                                         5

       2.2.5                   Teken ŉ grafiek wat winsmaksimering met behulp van die
                               marginale koste en marginale inkomstekurwes onder perfekte
                               marktoestande aandui.
                                                                            Puntetoekenning:
                                                                            1 punt vir die etikettering van die
                                                                           asse.
                                                                       MK

         KOSTE/INKOMSTE
                                                                            1 punt vir die korrekte tekening en
                                                                            etikettering van MK- en MI-kurwes
                                    Winsmaksimering                         2 Punte vir korrekte aanduiding van
                                                                            winsmaksimeringspunt.
                                         MI         MK
                                                                 Winste verminder
                                                                   MI < MK
                          10                                                   D = MI
                                  Wins vermeerder         

                                                    Hoeveelheid
                                                              
                                                                                                             (4)
 2.3   DATARESPONS
       2.3.1                   Identifiseer die markstruktuur in die bostaande grafiek.
                               • Oligopolie                                                                 (1)

       2.3.2                   Noem die boonste segment (AB) in die grafiek.
                               • Relatief elasties                                                          (1)
       2.3.3                   Beskryf die term kortliks stilswyende samespanning.
                               • Stilswyende samespanning verwys na ŉ situasie waar ŉ dominante
                                 firma die prys van ŉ produk verhoog en ander firmas sal volg. Dit
                                 staan ook as prysleierskap bekend. 
                               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)
       2.3.4                   Hoe raak prysvasstelling produsente?
                               • Prysvasstelling beïnvloed produsente negatief omdat hulle minder
                                 eenhede sal moet produseer, selfs al kan hulle meer
                                 produseer. 
                               • Produsente sal inkomste verloor omdat hulle minder
                                 produseer. 
                               • Daar kan van produsente verwag word om van hul werknemers af
                                 te lȇ omdat hulle hul produksie verminder het.                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

                                        Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     EKONOMIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2024)

        2.3.5   Hoekom is dit raadsaam vir oligopoliste om teen markprys te
                verkoop?
                • Oligopoliste word aangeraai om teen markprys te verkoop, want as
                   hulle hul pryse verhoog, sal hulle met ŉ relatief elastiese
                   vraagkurwe gekonfronteer word. 
                • Bo die markprys sal die verandering in prys tot ŉ groter verandering
                   in hoeveelheid gevra lei en hulle sal inkomste verloor. 
                • As hulle hul pryse verlaag, sal hulle word met ŉ relatief onelastiese
                   vraagkurwe gekonfronteer. 
                • Onder die markprys sal die verandering in prys tot ŉ klein
                   verandering in hoeveelheid gevra lei en hulle sal minder inkomste
                   maak. 
                (Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.)            (2 x 2)         (4)

 2.4    Onderskei tussen ŉ individuele besigheid en die bedryf.

             INDIVIDUELE BESIGHEID                            BEDRYF
         •   Dit is ŉ enkele firma wat ŉ      •   Dit is ŉ groep individuele
             homogene produk produseer            ondernemings wat identiese produkte
             en verkoop .                       verkoop. 
         •   Die individuele firma is ŉ       •   Die bedryf stel die markprys deur die
             prysnemer en verkoop teen die        markkragte van vraag en aanbod
             markprys wat in die bedryf           vas. 
             bepaal word. 

        (Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.)
        (Ken ŉ maksimum van 4 punte toe vir blote lys van feite.) (maks. 8)      (4 x 2)         (8)

 2.5    Waarom moet monopolistiese mededingers hul produkte adverteer?
         • Inligting onder monopolistiese mededinging is onvolledig, advertensies is
           doelbewuste pogings om inligting aan voornemende kopers te
           voorsien. 
         • Monopolistiese mededingers se produkte word gedifferensieer, dit vereis
           advertensies om die vraag na hul produkte te verhoog. 
         • Hulle moet hul pryse van hul gedifferensieerde produkte regverdig en die
           mededingende prys minder elasties maak. 
         • Verskille in produkte kan denkbeeldig wees, monopolistiese gebruik
           anders handelsname of verpakking om gedifferensieerde produkte te skep
           wat presies dieselfde basiese bestanddeel bevat.  
         • In baie gevalle ding monopolistiese mededingers in terme van nie-prys
           kompetisie strategieë mee,  bv. dienste, na-verkope dienste, ens.
        • Die doel van advertensie is om ŉ lojale verbruikersgroep op te bou wat hul
            handelsmerk bo dié van enige ander produsent kies. 
        (Aanvaar enige korrekte en relevante antwoord.)
        (Ken ŉ maksimum van 2 punte toe vir blote lys van feite.)              (4 x 2)        (8)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                        EKONOMIE V2                                       7

 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

 3.1 3.1.1      Noem enige TWEE voorbeelde van indirekte belasting.
                • BTW 
                • Aksynsbelasting/Sondebelasting 
                • Doeaneregte                                                 (2 x 1)      (2)

       3.1.2    Waarom is die bewaring van niehernubare hulpbronne belangrik?
                • Die bewaring van natuurlike hulpbronne is belangrik om te
                   verseker dat toekomstige geslagte toegang tot hierdie hulpbronne
                   het om goedere en dienste te produseer en te verbruik. 
                • Die produksie van goedere en dienste sal help met werkskepping
                   en verligting van armoede. 
                • Dit sal ook help met volhoubare ontwikkeling. 
                (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                  (1 x 2)       (2)

 3.2 DATARESPONS

       3.2.1    Identifiseer die Wêrelderfenisterrein in die uittreksel hierbo.
                • Tafelberg                                                                (1)

       3.2.2    Noem enige EEN omgewings Wêrelderfenisterrein.
                • iSimangiliso Vleilandpark (ekosisteme) 
                • Kaapse Fynbosstreek 
                • uKhahlamba Drakensbergpark                                               (1)

       3.2.3    Beskryf kortliks die term toerisme.
                • Toerisme verwys na die aktiwiteite van mense wat buite hul
                   gewone omgewing vir ontspanning of besigheid reis maar nie vir
                   meer as ŉ jaar sonder om ŉ inkomste te verdien nie. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (2)

       3.2.4    Hoe kan ekotoerisme die omgewing bevoordeel?
                • Toerisme bevoordeel die omgewing wanneer Suid-Afrika dit
                   gebruik as rede vir omgewingsbewaring, soos byvoorbeeld ons
                   nasionale parke. 
                • Ons Wêrelderfenisterreine is internasionale toeriste-
                   aantreklikhede, en hulle het streng reëls vir bewaring. 
                • Daar sal beter beskerming van skaars plante en diere wees as
                   gevolg van die belangstelling wat toeriste in hulle het. 
                • Toerisme bied ook opvoedkundige geleenthede aan om ervaring
                   oor die beskerming van die omgewing te ervaar. 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)             (2 x 1)      (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     EKONOMIE V2                          (EC/SEPTEMBER 2024)

      3.2.5   Evalueer hoe die Suid-Afrikaanse toerismeprofiel gebruik word
              om toerisme-aktiwiteite in Suid-Afrika te bevorder.
              • Nuwe besienswaardighede is veral op landelike gebiede ontwikkel
                 om toeriste te lok. 
              • Die Suid-Afrikaanse regering in vennootskap met SANRAL
                 onderhou en ontwikkel vervoerinfrastruktuur veral in landelike
                 gebiede. 
              • Kommunikasie-infrastruktuur in die vorm van 5G word in
                 townships deur verskeie diensverskaffers geïnstalleer. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)              (2 x 2)    (4)

 3.3 DATARESPONS

      3.3.1   Identifiseer enige EEN groot omgewingsprobleem uit die
              uittreksel.
              • Klimaatsverandering 
              • Gronderosie                               (Enige 1 x 1)                  (1)

      3.3.2   Noem ŉ internasionale maatreël wat gebruik word om
              biodiversiteitsverlies aan te spreek.
              • Die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies
                  √/CITES                                                               (1)

      3.3.3   Beskryf kortliks die term bewaring.
              •   Bewaring verwys na metodes wat geneem word om te verseker
                  dat sekere nie-hernubare hulpbronne word nie met uitwissing
                  bedreig nie. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (2)

      3.3.4   Hoe veroorsaak eiebelang dat markte misluk om die omgewing
              te bestuur?
              • Individue sorg dikwels vir wat aan hulle behoort en is onverskillig
                  wanneer die omgewing gebruik word omdat dit ŉ algemene
                  hulpbron is en aan almal behoort wat dit gebruik. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (2)

      3.3.5   Hoe beïnvloed gronderosie die Suid-Afrikaanse ekonomie
              negatief?
              • Gronderosie is die verwydering van bogrond as gevolg van
                 natuurlike kragte soos reën en wind en dit kan tot onvrugbaarheid
                 van die grond lei. 
              • Onvrugbare grond verminder die produktiwiteit en dit sal tot
                 voedselonsekerheid en verlaagde lewenstandaard lei. 
              • Die bydrae van die primêre sektor tot ekonomiese groei sal as
                 gevolg van verminderde produktiwiteit van grond afneem. 
              • Boere sal inkomste verloor en sommige werkers sal afgelê
                 word. 
              • Die vraag na goedere en dienste sal negatief beïnvloed word as
                 gevolg van verhoogde werkloosheid en verminderde inkomste. 
              (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)             (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                       EKONOMIE V2                                       9

3.4   Bespreek kortliks die redes vir groei in die plaaslike toerismebedryf.
      • Verhoogde besteebare inkomste stel Suid-Afrikaners in staat om na
         plaaslike bestemmings te reis. 
      • Minder werksure, so meer tyd om te reis, gepaard met die bewustheid
         van toeriste-aantreklikheidsgebiede, help om toerisme-aktiwiteite plaaslik
         en in die buiteland te verbeter. 
      • ŉ Bewustheid van ontspanning deur verhoogde advertering en
         bevordering van toeristebestemmings het gehelp om binnelandse
         toerisme te verbeter. 
      • Verbeterde vervoer, kommunikasie en akkommodasiegeriewe.
      • Geniet die voordele van vakansie en reis.  
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
      (ŉ Maksimum van 4 punte sal gegee word vir blote notering.)            (4 x 2)     (8)

3.5   Waarom is die toekenning van eiendomsreg effektief in die bereiking van
      omgewingsvolhoubaarheid?
      • Die bewaringseffek: mense sorg vir dinge wat aan hulle behoort, om te
         voorkom dat fauna en floraspesies uitsterf, kry mense eiendomsreg as
         hulle instem om die flora en fauna te bewaar. 
      • Eiendomsreg kan na algemene goedere uitgebrei word, byvoorbeeld
         skoon lug, diegene wat aan besoedeling blootgestel word, kan die
         besoedelaars aankla vir hul reg teen om te besoedeling. 
      • Die Kioto-protokol is ŉ internasionale ooreenkoms waardeur ontwikkelde
         lande finansiële hulp aan ontwikkelende lande verleen omdat dit minder
         besoedeling veroorsaak. 
      • Eiendomsreg is baie belangrik omdat dit verseker dat hulpbronne
         doeltreffend in die ekonomie toegewys word en negatiewe eksternaliteite
         wat individue en ander besighede benadeel, beperk word. 
      • Die vrye mark waarborg nie dat die lug wat ons inasem gesond is of dat
         die water wat ons drink nie besmet is nie.  
      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
      (Ken ŉ maksimum van 2 punte toe vir ŉ blote lys van feite/voorbeelde.)
                                                                           (4 x 2)       (8)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  EKONOMIE V2                        (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

4.1    4.1.1 Noem enige TWEE toestande van ŉ perfekte mark.
             • Baie kopers en verkopers 
             • Homogene produk 
             • Geen beperkings op toegang en uitgang nie 
             • Perfekte inligting 
             • Geen beheer oor die prys/ prysnemers nie 
             • Tegniese en toewysende doeltreffendheid 
             • Samespanning is nie moontlik nie 
             (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                 (2 x 1)      (2)

       4.1.2 Hoe beïnvloed appresiasie van die rand inkomende toeriste?
             • Die waardering van die rand sal ŉ dalende effek op inkomende
                toerisme hê omdat buitelandse toeriste meer vir binnelandse pryse sal
                betaal. 
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)               (1 x 2)        (2)

4.2    DATARESPONS

       4.2.1 Identifiseer die skadu-area in die grafiek hierbo.
             • Ekonomiese verlies                                                           (1)

       4.2.2 Watter kromme verteenwoordig die gemiddelde inkomstekurwe?
             • Vraagkurwe / V                                                               (1)

       4.2.3 Beskryf kortliks die term natuurlike monopolie.
             • Natuurlike monopolie verwys na monopolie wat as gevolg van
               hindernisse wat ekonomies van aard is, soos hoog ontwikkelingskoste
               bestaan.                                                                    (2)

       4.2.4 Waarom is die grafiek hierbo tipies van ŉ korttermyn-
             ewewigsposisie?
             • Omdat monopoliste op kort termyn ekonomiese verlies maak. 
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                              (2)

       4.2.5 Gebruik die inligting in die grafiek hierbo om die totale koste te
             bereken. Toon ALLE berekeninge.
             • Totale koste = gemiddelde koste x hoeveelheid 
             • R10  x 100 
             • R1 000                                                                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                        EKONOMIE V2                                       11

4.3    DATARESPONS

       4.3.1    Identifiseer EEN oorsaak van klimaatsverandering uit die uittreksel
                hierbo.
                • Kweekhuisgasse                                                             (1)

       4.3.2    Noem ŉ internasionale ooreenkoms wat om die produksie van
                gasse wat klimaatsverandering veroorsaak, beperk.
                • Kioto-protokol                                                             (1)

       4.3.3    Beskryf kortliks die term besoedeling.
                 • Besoedeling verwys na die blootstelling van afval in die
                   omgewing. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)

       4.3.4    Verduidelik hoe aardverwarming klimaatsverandering tot gevolg
                kan hê.
                • Aardverwarming beïnvloed die wêreld se weerpatrone wat uiterste
                   temperature en ŉ verandering in reënvalpatrone insluit 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)

       4.3.5    Hoe kan energiebesparing ŉ positiewe impak op die Suid-
                Afrikaanse ekonomie hê?
                 • Energiebesparing sal die nodige volume van ingevoerde primêre
                    energiebronne, veral ru-olie verlaag en dit sal ŉ positiewe impak op
                    die betalingsbalans hê. 
                 • Dit sal die robuustheid van Suid-Afrika se energiesekerheid verbeter
                    en sal die land se veerkragtigheid teen onderbrekings in eksterne
                    energievoorsiening en prysskommelings verbeter. 
                 • Energiebesparing sal met werkskepping en met die verbetering van
                    die lewenstandaard help. 
                 • Namate doeltreffendheid toeneem, daal die produksiekoste oor die
                    algemeen en met lae produksiekoste, kan die koste van goedere en
                    dienste vir verbruikers ook afneem. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                 (2 x 2)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                   EKONOMIE V2                          (EC/SEPTEMBER 2024)

4.4   Beskryf kortliks die doelwitte van die Suid-Afrikaanse mededingings-
      beleid.
      • Voorkom die misbruik van ekonomiese magsvorming van monopolieë. 
      • Reguleer die groei van markkrag deur middel van oornames en
         samesmeltings 
      • Voorkom beperkende praktyke, veral deur oligopolis soos regstelling van
         verkooppryse, samespanning en prysdiskriminasie 
      • Verbeter die doeltreffendheid in die mark deur wetgewing 
      • Bevorder gesonde mededinging tussen besighede 
      • Beskerm die verbruiker teen onbillike pryse en minderwaardige produkte
         vir byvoorbeeld deur die Wet op Mededinging 
      • Dra tot Suid-Afrika se ontwikkelingsdoelwitte by om te verseker dat alle
         Suid-Afrikaners gelyke geleenthede het om regverdig aan ekonomiese
         aktiwiteite deel te neem. 
      • Hulle verbeter ook aandele in die mark, byvoorbeeld deur die Wet op
         Gelyke Indiensneming / maak KMMO’s moontlik 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
      (ŉ Maksimum van 4 punte moet toegeken word vir blote lys van feite) (maks. 4)
                                                                              (4 x 2)     (8)

4.5   Verduidelik die positiewe impak van die gebruik van omgewingsbelasting
      op omgewingsvolhoubaarheid.
      • Omgewingsbelasting hou baie belangrike voordele in, soos
         omgewingsdoeltreffendheid, ekonomiese doeltreffendheid, die vermoë om
         openbare inkomste te verhoog en deursigtigheid. 
      • Omgewingsbelasting is al suksesvol gebruik om ŉ wye reeks kwessies,
         insluitend afvalverwydering, waterbesoedeling en lugvrystelling te
         adresseer. 
      • Hulle internaliseer die negatiewe eksternaliteite en bevorder energie
         besparing en die gebruik van hernubare bronne. 
      • Hulle ontmoedig anti-ekologiese gedrag. Hulle motiveer maatskappye om
         in volhoubaarheid te innoveer. 
      • Omgewingsbelasting/Groen belasting is bedoel om individue, besighede en
         nywerhede aan te spoor om meer volhoubare praktyke, aan te neem
         besoedeling te verminder en natuurlike hulpbronne te bewaar. 
      • Deur omgewingsskadelike aktiwiteite of produkte te belas, poog regerings
         om hulle minder ekonomies aantreklik te maak terwyl alternatiewe aan te
         moedig wat ŉ laer omgewingsimpak het. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
      (ŉ Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote lys van feite.)
                                                                              (4 x 2)     (8)
                                                                                         [40]

                                                            TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                      EKONOMIE V2                                      13

 AFDELING C

 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE

 Bespreek in detail die faktore wat tot die wantoewysing van hulpbronne in die
 mark lei.                                                           (26 punte)

 Evalueer die impak van KOV op die Suid-Afrikaanse ekonomie.               (10 punte)

 INLEIDING

 Markmislukking is wanneer die kragte van vraag en aanbod nie hulpbronne
 doeltreffend toewys nie. 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)                                        (2)

 LIGGAAM: HOOFDEEL

 Ontbrekende markte
 • Markte is onvolledig omdat hulle nie aan die vraag na sekere goedere kan
    voorsien nie. 
 • Openbare goedere (gemeenskaps- en kollektiewe goedere) is in groot aanvraag,
    maar word nie deur die mark as gevolg van die lae wins daaruit en die koste van
    kapitaal wat nodig is om te voorsien, verskaf nie. 
 • Aangesien private produsente nie hierdie goedere teen wanbetaling kan weerhou
    nie, is hulle huiwerig om hierdie goedere te verskaf. 
 • Die regering verskaf dus hierdie goedere en dienste. 

 Openbare goedere
 • Dit sluit gemeenskaps- en kollektiewe goedere in en het twee kenmerke: 
 • Nie-wedywering: Verbruik deur een persoon verminder nie verbruik deur ŉ ander
   individu nie  bv. ŉ vuurtoring. 
 • Nie-uitsluitbaarheid: Verbruik kan nie beperk word tot diegene wat daarvoor
   betaal nie  (niebetalers kan dit gebruik)  bv. radio en televisie. 
 • Sosiale voordele oortref privaat voordele, byvoorbeeld gesondheidsorg en
   onderwys. 
 • Nie-verwerpbaarheid: Individue kan hulle nie van verbruik weerhou nie,
   byvoorbeeld straatligte. 
 • Deurlopende verbruik, byvoorbeeld verkeersligte. 

 Gemeenskapsgoedere
 • Dit is goedere soos verdediging, polisiedienste, gevangenisdienste, straatbeligting,
   vloedbeheer, stormwaterdreinering en vuurtorings. 

 Kollektiewe goedere
 • Dit is goedere soos parke, strandgeriewe en strate. 
 • Markte is onvolledig en kan nie in die vraag na alle goedere voorsien nie. 
 • Die regering verskaf openbare goedere wat bestaan uit vuurtorings, parke, paaie,
   brȗe, ens. 

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                   EKONOMIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2024)

Merietegoedere
• Dit is hoogs in aanvraag vir algemene welvaart, maar nie hoog aangeslaan deur
  die mark nie, bv. gesondheidsorg, onderwys en veiligheid. 
• As mense die markprys vir hulle moes betaal, sou baie min verbruik word. 
• Die mark sal misluk omdat die mark minder as die verlangde hoeveelheid
  produseer. 

Niemeriete goedere
• Dit is oorverbruikte goedere, byvoorbeeld sigarette en alkohol, dus word meer
   goedere geproduseer as wat sosiaal aanvaarbaar wenslik is. 
• Die regering verbied of verminder die verbruik van hierdie produkte deur
   belasting en verskaf inligting aan die bevolking oor die skadelike gevolge
   daarvan. 

Gebrek aan inligting
• Verbruikers, werkers en entrepreneurs het nie die nodige inligting om rasionele
   besluite neem nie. 
• Dit lei daartoe dat hulpbronne nie doeltreffend toegewys word nie. 
• Verbruikers om hul voordele te maksimeer, verbruikers benodig gedetailleerde
   inligting oor goedere en dienste. 
• Alhoewel tegnologie dit aan die verbruiker bied, het hulle vanselfsprekend nie
   perfekte inligting nie. 
• Werkers is dikwels onbewus van werksgeleenthede. 
• Entrepreneurs het nie inligting oor koste, beskikbaarheid en produktiwiteit van
   produksiefaktore nie, wat hul doeltreffendheid beïnvloed. 

Onbeweeglikheid van produksiefaktore
• Arbeid neem tyd om van een gebied na ŉ ander te beweeg en dit neem tyd om te
   verander aangesien die opleiding van arbeid duur is. 
• Die aanbod geskoolde arbeid kan nie verhoog word nie as gevolg van die tyd wat
   dit neem om opgelei of opgevoed te word. 
• Fisiese kapitaal soos fabrieksgeboue of infrastruktuur soos telefoonlyne kan nie
   maklik herverdeel word nie. 
• Strukturele veranderinge soos ŉ verandering van die vervaardiging van
   plastiekpakkies na papierpakkies of verskuiwing van arbeidsintensiewe produksie
   na rekenaargebaseerde produksie vereis ŉ verandering in arbeiders vaardighede
   indiensneming en werkpatrone. 

Eksternaliteite 
• ŉ Eksternaliteit vind plaas wanneer sommige van die koste en voordele van ŉ
   besluit of aksie gedra of geniet word deur tweede of derde partye wat nie deel
   van of direk betrokke by die besluitneming was nie. 

Privaat koste 
• Interne koste staan as private koste bekend en dit is die gewone koste wat
    verbruikers aan gaan wanneer hulle goedere koop, byvoorbeeld die prys wat
    hulle vir ŉ produk betaal. 
• Die private koste van die besigheid is hul vaste en veranderlike koste – hul dag-
    tot-dag uitgawes. 

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                      EKONOMIE V2                                       15

 Privaat voordele (interne voordele)
 • Dit is die voordele wat verkry word deur diegene wat die goedere koop en
     diegene wat die goedere produseer. 
 • Vir die verbruiker sluit dit die gerief in om die produk te geniet, en vir die
     produsent sluit dit die inkomste en wins in wat hy ontvang uit die verkoop van
     die produk. 

 Sosiale koste 
 • Dit is die koste van goedere of dienste aan diegen wat dit skep en aan die
    samelewing in die algemeen. 
 • Dit sluit die produksiekoste in, maar ook die bykomende koste van besoedeling
    en die afvalprodukte (eksterne koste – negatiewe eksternaliteite).
 • Geen waardes word aan hierdie ekstra (eksterne) koste gegee nie, want geen
    mark bestaan om dit te prys nie. 
 • Privaat koste plus eksterne koste is gelyk aan sosiale koste. 

 Sosiale voordele 
 • Verbruikers betaal vir private voordele hoewel die samelewing trek oor die
    algemeen voordeel uit minder siektes, ŉ gesonder arbeidsmag kan meer
    produktief werk en is minder afwesig van die werk (eksterne voordele –
    positiewe eksternaliteite) 
 • Wanneer munisipaliteite skoon water aan huishoudings verskaf, betaal
   huishoudings slegs vir die private voordeel. 
 • Privaat voordele plus eksterne voordele is gelyk aan sosiale voordele. 
 • Omdat eksternaliteite in produksie en verbruik dikwels bestaan en uitset is
   gewoonlik op private koste en voordele gebaseer, is dit ŉ oorsaak van
   markmislukkings. 

 Onvolmaakte mededinging 
 • Onder sekere omstandighede sal ŉ perfek mededingende mark ŉ punt van
   allokatiewe doeltreffendheid bereik. 
 • Firmas produseer die regte produk teen die regte prys en die regte hoeveelheid
   en doen dit doeltreffend, aangesien slegs doeltreffende ondernemings sal
   oorleef. 
 • In markekonomieë word mededinging deur krag benadeel. Krag lê meer by
   produsente as verbruikers. 
 • Meeste besighede werk onder toestande van onvolmaakte mededinging – dit
   stel hulle in staat om uitset te beperk, pryse te verhoog en te produseer op
   vlakke waar prys marginale koste oorskry. 
 • Die uitkoms is ŉ onvoldoende toewysing van hulpbronne, omdat slegs dié wat
   kan bekostig om dit te betaal, toegang tot sekere goedere en dienste het. 
 • Onder onvolmaakte mededinging vind markmislukking plaas omdat
   onvolmaakte markte versuim om tegniese en toewysende doeltreffendheid te
   bereik. 
 • Die volgende faktore veroorsaak onvolmaakte mededinging: Moderne markte
   maak nie voorsiening vir prysonderhandelinge nie, verbruikers moet die pryse
   betaal wat produsente vra. 
 • Advertensies bevorder die superioriteit van sekere produsente. Hindernisse
   voorkom nuwe besighede om markte te betree – volle aanpassings aan
   veranderinge in vraag word voorkom. 

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                  EKONOMIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2024)

 • Die bekendstelling van nuwe, verbeterde produkte word vertraag, byvoorbeeld
   die tegnologie om motors te vervaardig wat nie deur fossielbrandstowwe
   aangedryf word nie, is reeds beskikbaar. Maar die olieprodusente en gebrek
   aan kapitaal vertraag die proses. 

Onvolmaakte verdeling van inkomste en rykdom 
• Die markstelsel is geneig om inkomste en rykdom oneweredig te versprei. 
• Aangesien die mark slegs belangstel in die vervaardiging van goedere vir
   diegene wat dit kan bekostig, lei die ongelyke verdeling van inkomste daartoe
   dat min mense te veel goedere, en baie te min het. 
• As gevolg van ŉ gebrek aan vaardighede, opvoeding en onvolmaakte inligting,
   kan sekere individue nie inkomste verdien wat nodig is om ŉ ordentlike
   lewenstandaard te bereik nie. 
• Lae inkomste lei tot ŉ onvermoë om rykdom op te bou. 
• As die aanvanklike verdeling ongelyk is, sal die finale verdeling ook ongelyk
   wees. 
• Die mark slaag nie daarin om te verseker dat almal in die samelewing te gelyke
   toegang tot die uitsette van die ekonomie het nie. 
• Te veel hulpbronne word gebruik om uitsette vir die ryk lede van die samelewing
   te produseer, en te min vir dié wat arm is. 
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.)
(Ken ŉ maksimum van 8 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde)

 ADDISIONELE GEDEELTE

Evalueer die belangrikheid van KVO op die Suid-Afrikaanse ekonomie.
• Mark misluk as gevolg van onvanpaste toewysing van hulpbronne en KVO poog
   om projekbeoordeling reg te stel om markmislukking te vermy. 
• ŉ Behoefte aan koste-voordeel-ontleding ontstaan in gevalle van
   markmislukking waar die regering poog om dienste te lewer wat nodig is. 
• Om te verseker dat koste en voordele in ag geneem word voordat die regering
   met ŉ groot projek begin, byvoorbeeld paaie en brûe ens. 
• Om te bepaal of die nuwe projek haalbaar sal wees, neem in ag dat sosiale
   voordele meer as sosiale koste is. 
• Om objektiewe besluite te neem aangesien dit subjektiwiteit in besluitneming
   verwyder omdat alle besluite op praktiese feite gebaseer is. 
• Verseker ekonomiese doeltreffendheid in hulpbrontoewysing en skakel
   vrugtelose uitgawes uit. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë-orde-reaksie.)
(ŉ Maksimum van 4 punte sal vir blote notering/feite toegeken word.)    (Maks. 10)    (10)

 GEVOLGTREKKING
 Die regering moet ingryp om hierdie markte te help om beter te funksioneer en ŉ
 billiker verdeling van rykdom en inkomste te bevorder om die lewenstandaard in
 die land te verbeter. 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë-orde gevolgtrekking.)       (Maks. 2)     (2)
                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                     EKONOMIE V2                                      17

 VRAAG 6: KONTEMPORERE EKONOMIESE KWESSIES

 Bespreek in detail die maatreëls om vraagtrek-en kostedruk-inflasie te bekamp.
                                                                      (26 punte)
 Ontleed die impak van direkte buitelandse belegging op prysstabiliteit.
                                                                       (10 punte)

 INLEIDING
 Inflasie verwys na die algemene stygings in pryse oor ŉ tydperk. 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)                                      (2)

 LIGGAAM: HOOFDEEL

 VRAAGTREK-INFLASIE
 Fiskale beleid 
 • Dit is stappe wat die minister van finansies geneem het om inflasie te bekamp deur
   beleide vir belasting en uitgawes. 
 • Verhoging van direkte belasting om besteebare inkomste te verminder en
   buitensporige vraag na goedere en dienste te verminder / bv. LBS 
 • Vermeerdering van indirekte belasting soos BTW en aksynsbelasting kan verhoog
   word om pryse van spesifieke produkte te verhoog om die vraag na goedere en
   dienste te laat afneem. 
 • ŉ Leningsheffing kan ingestel of verhoog word en dit sal krediet ontmoedig en tot
   verminderde hoeveelheid geld in omloop lei. 
 • Staatsbesteding kan verminder word deur sommige van die regeringsprojekte uit
   te stel;  bv. die bou van HOP-huise, skole en besproeiing van damme. √
 • Finansiering van die begrotingstekort op ŉ nie-inflasionêre basis  bv. lenings
   van die nie-banksektor. 
 • Die instelling van ŉ toeslag op ingevoerde goedere wat die pryse van
   ingevoerde goedere (veral luukse items) sal verhoog sodat mense minder goedere
   koop. 
 • Implementering van maatreëls om produktiwiteit te verbeter, soos belastingkorting
   aan besighede. 

 Monetêre beleid 
 • Verhoog die repokoers om die beskikbaarheid van krediet te verminder. Banke sal
   op hul beurt rentekoerse daardeur verhoog, wat dit duurder maak om geld te
   leen. 
 • Verhoogde rentekoerse kan ook spaar aanmoedig en sodoende die vraag van
   goedere en dienste verminder en die van die bedrag geld in omloop verminder. 
 • Afname in geldvoorraad deur middel van opemarktransaksies deur staatseffekte te
   verkoop. 
 • Toenemende bank kontantreserwe-vereiste om die geld beskikbaar vir uitleen aan
   hul kliënte te verminder. 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                   EKONOMIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2024)

KOSTEDRUK-INFLASIE
Produktiwiteit 
• Verhoging van produktiwiteit deur beter onderwys en opleiding/
  vaardighedesontwikkeling en die ondersteuning van tegnologiese
  ontwikkelings 
• Loonverhogings moet met produktiwiteitsverhogings gepaard gaan. 
• Beskerming van mededinging (deur die Mededingingskommissie). 
• Aanmoediging van persoonlike spaargeld wat beleggings moontlik maak, verhoog
  die voorsieningskant van die ekonomie. 

Ander maatreëls om te oorweeg
• Prysbeheer kan gebruik word deur die prys van sekere noodsaaklike goedere vas
  te stel, die regering verseker hulle bekostigbaar bly. 
• Strenger voorwaardes vir verbruikerskrediet waarvoor die regering dit moeiliker
  maak vir verbruikers om krediet te kry om hul besteding te beperk. 
• Invoerkontroles kan verslap word om die uitvloei van geld uit die ekonomie wat die
  hoeveelheid geld in omloop sal verminder. 
• Swewende wisselkoerspryse word outomaties aangepas na internasionale
  voorwaardes. 
• Indeksering van ŉ beleid om pryse van items soos lone, pensioene en
  verbandrentekoerse tot prysindekse te voeg om die gevolge van inflasie teen te
  werk. 
(Ken ŉ maksimum van 8 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde.)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (Maks. 26)    (26)

ADDISIONELE GEDEELTE

Ontleed die impak van direkte buitelandse belegging op prysstabiliteit.
• Verhoog die produksie van goedere en dienste wat die totale toename in aanbod
   sodoende pryse stabiliseer. 
• Bring meer doeltreffende produksietegnieke wat produksiekoste sal verlaag, wat
   kostedruk-inflasie vertraag. 
• Verhoog mededinging in plaaslike markte wat plaaslike pryse laag sal hou, die
   rand versterk deur hoër uitvoervolumes wat help om die koste van die invoer van
   produksie-insette soos ru-olie te verlaag. 
• Verbetering van tegnologie in produksie wat produktiwiteit verhoog en sodoende
   kostedruk-inflasie verminder. 
• Die skep van meer werksgeleenthede sodoende verbruikersbesteding stimuleer
   wat tot vraag-inflasie bydra. 
• Toenemende uitgawes aan kapitaalgoedere soos masjinerie en toerusting lei tot ŉ
   groter totale vraag. 
• Verhoging van reële lone meer as binnelandse belegging, wat lei tot kostedruk-
   inflasie. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë-orde-reaksie.)
(ŉ Maksimum van 4 punte sal toegeken word vir blote notering/feite.)     (Maks. 10)     (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                      EKONOMIE V2                                      19

 GEVOLGTREKKING

 Hoë inflasiekoerse veroorsaak swaarkry onder die armes, werkloses, lae inkomste
 verdieners; behoorlike maatreëls om dit te beheer moet in plek gestel word. 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoëorde gevolgtrekking.)            (Maks. 2)     (2)
                                                                                          [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                 GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
