# Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-sept2018-afrikaans/97b4517b-a303-453a-a44f-638d208a7f7f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-sept2018-afrikaans/97b4517b-a303-453a-a44f-638d208a7f7f)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-afrikaans/40b8038d-eb89-4d3e-86b1-b75479d96047) — QP · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     NASIONALE
                 SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                  SEPTEMBER 2018

                    EKONOMIE V2
                    NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

               Hierdie nasienriglyn bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                       EKONOMIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2018)

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

       1.1.1    C           P < GK

       1.1.2    C           is geknak

       1.1.3    A           ŉ gebrek aan inligting

       1.1.4    D           lae groei en hoë werkloosheid

       1.1.5    B           die Isimangaliso-vleilandpark

       1.1.6    B           nie-hernieubare

       1.1.7    C           toeneem

       1.1.8    B           gemiddelde inkome                               (8 x 2)    (16)

 1.2   PAS ITEMS

       1.2.1     D           lisensie om tot ŉ sekere mate te besoedel

       1.2.2     E           hulpbronne word sodanig toegeken dat een party
                              voordeel trek tot nadeel van die ander

       1.2.3     F           ŉ wêrelderfenisgebied

       1.2.4     B           verander met veranderinge in produksie

       1.2.5         I       maksimum toelaatbare vlak van gasuitlatings

       1.2.6     G           kan nie opgespoor word wanneer besighede uit die
                              industrie uittree nie

       1.2.7     C           direkte regulering van ŉ nywerheid deur middel van
                              wette wat voorskryf wat wettig en toelaatbaar is

       1.2.8     A           ondersoek en evalueer beperkende
                              besigheidspraktyke
                                                                              (8 x 1)    (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai asseblief om

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(OK/SEPTEMBER 2018)                          EKONOMIE V2                                    3

 1.3    GEE EEN BEGRIP

        1.3.1         Dis-ekonomieë / Dis-ekonomieë van skaal / Skaalnadele 

        1.3.2         Kulturele toerisme 

        1.3.3         Deflasie 

        1.3.4         Preservering 

        1.3.5         Eksternaliteite 

        1.3.6         Monopolistiese mededinging                               (6 x 1)   (6)

                                                            TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai asseblief om

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                     EKONOMIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2018)

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

 2.1    Beantwoord die volgende vrae.

        2.1.1   Noem enige TWEE metodes van nie-prysmededinging by
                monopolistiese mededinging.
                • Produkdifferensiasie 
                • Advertensies 
                • Handelsmerke 
                  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)    (2 x 1) (2)
        2.1.2   Waarom span besighede saam in ŉ oligopolistiese mark?
                Hulle span saam om onsekerheid oor wat mededingers in die mark
                mag doen, uit te skakel. 
                Maksimeer winste.                              (Enige 1 x 2)          (2)
 2.2    2.2.1   Identifiseer die ewewigspunt van bogenoemde individuele
                besigheid.
                A                                                                      (1)
        2.2.2   Watter tydsperiode word in bostaande grafiek voorgestel?
                Korttermyn                                                             (1)
        2.2.3   Wat is die rede vir die afwaarts hellende vraagkurwe in hierdie
                industrie?
                • Die wet van vraag – hoe hoër die prys, hoe laer die hoeveelheid
                   aangevra en omgekeerd 
                • Substitusie-effek 
                • Inkome-effek 
                   (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)             (1 x 2)      (2)

        2.2.4   Waarom word daar na besighede in hierdie industrie as
                prysnemers verwys?
                Daar is baie klein besighede in die industrie en nie een van hulle
                kan pryse beïnvloed nie. 
                (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                            (2)

        2.2.5   Hoe sal nuwe toetreders (besighede) die volmaakte mark
                beïnvloed?
                Nuwe toetreders sal die volmaakte mark beïnvloed deur:
                • Die skuif van die industrie se aanbodkurwe na regs, lei tot ‘n
                   toename in hoeveelheid aangebied en die prys sal daal. 
                • Toepassing van ŉ laer prys van die industrie en produseer by
                   die laagste draaipunt van die langtermyn gemiddelde koste-
                   kurwe. 
                   (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)              (2 x 2)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(OK/SEPTEMBER 2018)                       EKONOMIE V2                                     5

 2.3    DATARESPONS

        2.3.1    Noem EEN hindernis tot toetrede as ŉ monopolie.
                 • Patente 
                 • Eksklusiewe regte 
                 • Lisensies 
                   (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                         (1)

        2.3.2    Wat is die aard van produkte wat monopoliste verkoop?
                 Uniek                                                                 (1)

        2.3.3    Beskryf kortliks die begrip natuurlike monopolie.
                 • Natuurlike monopolieë het hoë ontwikkelingskoste. 
                 • Hierdie soort besigheid word dikwels deur die regering besit en
                   gereguleer. 
                   (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)               (1 x 2)   (2)

        2.3.4    Waarom sal dit nodig wees om Multichoice se monopolie te
                 verbreek?
                 • Opbreek van monopolieë sal mededinging verhoog omdat meer
                    besighede tot die mark sal toetree. 
                 • Die pryse sal mededingend wees en meer verbruikers sal die
                    produk kan bekostig. 
                 • Verbruikers sal aan ŉ verskeidenheid produkte blootgestel
                    word. 
                 • Die kwaliteit van dienste wat verskaf word, sal verbeter omdat
                    elke besigheid daarna sal streef om sy markaandeel te
                    verhoog. 
                    (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)              (1 x 2)   (2)

        2.3.5    Hoe sal nie-meriete goedere tot markmislukking bydra?
                 • Nie-meriete goedere is goedere wat as sosiaal onaanvaarbaar
                   beskou word en wat waarskynlik deur die markmeganisme
                   oorgeproduseer en oorverbruik sal word. 
                 • Die verbruik van nie-meriete goedere lei tot aansienlike
                   negatiewe eksternaliteite op die gemeenskap as ŉ geheel. 
                 • Die private koste wat deur die individuele verbruiker aangegaan
                   word, is minder as die sosiale koste wat deur die gemeenskap as
                   ŉ geheel ervaar word. 
                   (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)               (2 x 2)   (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai asseblief om

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                          EKONOMIE V2                    (EC/SEPTEMBER 2018)

 2.4    Met behulp van ŉ grafiek met volledige byskrifte, verduidelik die aanbod
        kurwe van ŉ besigheid in ŉ volmaakte mark.

                              AANBODKURWE VAN 'N INDIVIDUELE BESIGHEID
           PRYS
           KOSTE                                 MK        GK 
           INKOME
                                                               GVK 
                     P3                    E3

                                      E2
                     P2

                               E 1
                     P1

                                 Q 1 Q 2 Q3              HOEVEELHEID

                                                                            (Maks 4)
        Die korttermyn aanbodkurwe van ‘n individuele produsent is deel van die
        marginale kostekurwe wat bo die minimum gemiddelde veranderlike koste
        is. 
        Dit begin by punt E1 (afsluitpunt) en beweeg opwaarts (E2; E3.) 
        Onder die afsluitpunt sal die besigheid nie enige goedere verkoop nie omdat
        die prys laer is as die gemiddelde veranderlike koste. 
        ŉ Onderneming sal goedere verkoop as die prys bo die afsluitpunt se prysvlak
        is.                                                              (Maks. 4)      (8)

 2.5    Evalueer die uitwerkings van monopolieë op die ekonomie.
        Positiewe uitwerkings
        Monopolieë is doeltreffend omdat:
        ➢ Sommige produkte is gevaarlik en moet versigtig hanteer word, bv.
          elektrisiteit deur Eskom en water deur plaaslike munisipaliteite. 
        ➢ Kritiese produkte en dienste word deur een maatskappy hanteer, wat
          rekenskap moet gee indien dinge verkeerd loop.
        ➢ Kwaliteit word gehandhaaf deurdat dit deur ŉ ervare diensverskaffer
          hanteer word.
        Negatiewe uitwerkings
        ➢ Omdat dit net een produsent is, neig goedere en dienste om duur te
          wees. 
        ➢ Hoeveelheid neig om beperk te wees. 
        ➢ Produkte word teen hoë koste geproduseer en welvaart neig om te
          daal. 
        ➢ Gebrek aan mededinging, wat beteken dat keuses vir verbruikers beperk
          is. 
          (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)
          (ŉ Leerder kan op een kant of beide kante fokus.)                    (4 x 2)    (8)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(OK/SEPTEMBER 2018)                          EKONOMIE V2                                           7

 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

 3.1    3.1.1    Noem enige TWEE goedere waar pryse deur die regering
                 geadministreer word.
                 • Petrol 
                 • Brood 
                 • Suiwelprodukte                                  (2 x 1)                 (2)

        3.1.2    Waarom raak lande by ontbossing betrokke?
                 • Sommige nywerhede gebruik bome vir die produksie van
                   goedere, byvoorbeeld meubels en papier. 
                 • Gebiede met woude word ontbos om plek te maak vir
                   konstruksienywerhede, behuising en paaie. 
                 • As gevolg daarvan word werksgeleenthede vir baie mense
                   geskep. 
                   (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)        (1 x 2)              (2)

 3.2    DATARESPONS

        3.2.1    Noem enige voorbeeld van ŉ goed of diens waarop die VPI
                 gebaseer word.
                 • Voedsel 
                 • Klere 
                 • Huisvesting 
                 • Vervoer 
                 • Dokters 
                 • En ander goedere                        (Enige 1 x 1)                   (1)

        3.2.2    Hoe word die VPI bereken?
                 Prysveranderinge vir verskeie items word bymekaargetel deur
                 gewigte te gebruik.                                                       (1)

        3.2.3    Beskryf kortliks die begrip hiperinflasie.
                 ŉ Inflasiekoers bo 50% per maand en word ook weghol-inflasie
                 genoem. 
                 (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                               (2)
        3.2.4    Verduidelik kortliks verbruiksbesteding as ŉ oorsaak van
                 vraagtrek-inflasie.
                 Die toename in verbruiksbesteding a.g.v. minder besparings,
                 daling in belastings en toegang tot krediet, sal lei tot ŉ daling in
                 totale aanbod en gevolglik sal pryse toeneem. 
                 (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                               (2)
        3.2.5    Waarom word produkte wat sensitief is vir prysveranderings,
                 by die verbruikersprysindeks uitgesluit?
                 • Om kern-inflasie te bepaal 
                 • Om variasies in voedselpryse uit te sluit sodat kern-inflasie
                   koerse meer stabiel is 
                 • Die uitgesluite produkte kan tydelike prysskokke ervaar, wat ŉ
                   onakkurate meting van inflasie kan veroorsaak 
                   (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                 (2 x 2)       (4)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai asseblief om

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    EKONOMIE V2                        (EC/SEPTEMBER 2018)

3.3    DATARESPONS

       3.3.1   Noem enige land wat deel van die G8-nasies vorm.
               • Frankryk 
               • Duitsland 
               • Italië 
               • Verenigde Koninkryk 
               • Japan 
               • Verenigde State 
               • Kanada 
               • Rusland                                                                (1)

       3.3.2   Waarvoor, volgens die uittreksel, is die G8-nasies bekend?                (1)
               Besoedeling 

       3.3.3   Beskryf kortliks die begrip omgewingsvolhoubaarheid.
               Dit is die omgewing se vermoë om sy gebruike te oorleef vir
               toekomstige ekonomiese aktiwiteite. 
               (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                              (2)

       3.3.4   Verduidelik die impak van kweekhuisgasse op die omgewing.
               • CO2 skep ŉ kombers in die atmosfeer wat die hitte vasvang en
                 ŉ kweekhuiseffek skep, wat tot globale verwarming lei. 
               • Globale verwarming lei tot klimaatsverandering. 
                 (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                             (2)

       3.3.5   Hoe kan die ekonomie ontwikkel word sonder om die
               omgewing te beskadig?
               Dit kan plaasvind deur:
               • Te leef met die beperkings wat die omgewing bied 
               • Die skakels tussen die ekonomie, gemeenskap en die
                  omgewing te verstaan 
               • Die eweredige verspreiding van hulpbronne en
                  geleenthede 
                  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)               (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(OK/SEPTEMBER 2018)                     EKONOMIE V2                                    9

 3.4   Verduidelik fiskale en monetêre beleide as maatreëls om inflasie te
       bekamp.
       Fiskale maatreëls:
       • Die maatreëls is daarop gemik om verbruiksbesteding te ontmoedig. 
       • Belastings word verhoog om besteebare inkome te verminder en
         oormatige vraag te bekamp. 
       • Verlaag regeringsbesteding deur besteebare inkome te verlaag. 
       • Implementeer maatreëls om produktiwiteit te verhoog, soos
         belastingkortings, om die aanbodposisie te verbeter. 
         (Maks. 4)
       Monetêre maatreëls:
       • Hierdie stappe word deur die SARB en die Nasionale Tesourie
         geneem.
       • Verhoog die repo-koers aan banke, om die beskikbaarheid van krediet
         deur banke te verminder. 
       • Verhoog rentekoerse met dieselfde effek as hierbo genoem. 
       • Verminder aanbod van geld d.m.v. ope mark transaksies. 
       • Verhoog bank kontantreserwe vereistes om die beskikbaarheid aan
         kliënte te verlaag. 
       • Stel valuta- en kredietbeheer in.                           (Maks. 4)
         (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)
         (ŉ Maksimum van 4 punte mag toegeken word indien maatreëls slegs
         genoem of voorbeelde gegee word.)                                           (8)

 3.5   Hoe suksesvol is die Suid-Afrikaanse regering in die ondersteuning
       van ŉ groen ekonomie?
       Die Suid-Afrikaanse regering is suksesvol deur:
       • Die gemeenskap op te voed oor die nadele van ontbossing ten einde die
         uitwerking van globale verwarming te verminder. 
       • Die plant van bome aan te moedig asook die noodsaaklikheid om om te
         sien na ons natuurlike plantegroei.  bv. Nasionale Boomplant week in
         Suid-Afrika is ŉ tyd waar Suid-Afrikaners aangemoedig word om die
         skoonheid en belangrikheid van bome te vier. 
       • Die gebruik van sonenergie aan te moedig omdat dit baie veilig en
         omgewingsvriendelik is,  minder fossielbrandstowwe sal verbrand
         word, wat die hoeveelheid lugbesoedeling sal verminder. 
       • Die bewusmaking van ou bestaansboerdery-metodes asook tuinbou oor
         die algemeen, insluitende inheemse metodes om ons natuurlike
         plantegroei te volhou. 
       • Aansporings te bied aan tegnologie wat minder besoedeling veroorsaak,
         dit sluit metodes van regeringsinmenging in, bv. subsidiëring van
         tegnologie wat minder besoedeling vrystel, bevel- en beheerstelsels,
         ens. 
         (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)
         (ŉ Maksimum van 2 punte mag toegeken word indien feite slegs genoem
         of voorbeelde gegee word.)                                                  (8)
                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai asseblief om

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                   EKONOMIE V2                        (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 4:       MIKRO-EKONOMIESE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
                KWESSIES

 4.1    4.1.1   Noem enige TWEE kenmerke van openbare goedere.
                • Geen mededinging 
                • Nie-verwerpbaar 
                • Nie-uitsluitbaar 
                • Sosiale voordeel oorskry private voordeel 
                • Aanhoudende verbruik                                    (2 x 1)   (2)

        4.1.2   Watter positiewe uitwerking sal die toestaan van
                eiendomsregte op die omgewing hê?
                Die omgewing sal goed na omgesien word en sal ŉ
                gebalanseerde ekostelsel hê omdat besitreg aan mense
                toegeken word, wat hulle deel sal bydra om te verseker dat daar
                na natuurlike hulpbronne omgesien word. 
                (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)               (1 x 2)    (2)

 4.2    DATARESPONS

        4.2.1   Noem ŉ voorbeeld van ŉ basiese voedsel-item wat vrygestel
                is van BTW.
                • Mieliemeel;  Rys;  Bruinbrood;  Droë bone;  Groente; 
                   Vrugte;  Stampmielies;  Groente-olie  Mielierys; 
                   Peulplant;  Sardyne; Eiers;  Droë mielies;  Melk; 
                   Suurmelk;  Poeier suiwelmengsel;  Melkpoeier; 
                   Lensies;  Fyn bruinmeel 
                   (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                      (1)

        4.2.2   Watter soort inflasie word hierbo voorgestel?
                Kostedruk                                                           (1)

        4.2.3   Beskryf kortliks inflasie-teikens in Suid-Afrika.
                ŉ Monetêre beleidsraamwerk waarin die SARB ŉ eksplisiete
                inflasie teiken van 3%–6% aankondig en beleid implementeer om
                die teiken direk te bereik.                                        (2)

        4.2.4   Hoe word krediteure deur inflasie geraak?
                Hulle ly gedurende inflasie omdat hulle geld met ŉ laer koopkrag
                ontvang. 
                (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                         (2)

        4.2.5   Hoe kan die uitwerking van ŉ styging in BTW beveg word?
                • Die styging in BTW behoort saam te val met ŉ toename in lone
                  en salarisse. 
                • Loonverhogings behoort met styging in produktiwiteit gepaard
                  te gaan. 
                • Regeringsubsidies aan produsente behoort ingestel te word
                  om produksiekoste te verlaag. 
                • Meer goedere behoort van BTW vrygestel te word. 
                  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)            (2 x 2)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai asseblief om

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(OK/SEPTEMBER 2018)                        EKONOMIE V2                                     11

 4.3   DATARESPONS

       4.3.1    Noem EEN soort nie-prysmededinging wat by ŉ oligopolie
                voorkom.
                • Advertensies 
                • Verlengde besigheidsure 
                • Na-verkope diens 
                • Produkdifferensiasie 
                • Handelsmerklojaliteit 
                • Produkverspreiding 
                  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                            (1)

       4.3.2    Wat kenmerk die produkte wat deur ŉ oligopolie verkoop
                word?
                Produk wat verkoop word is homogeen of gedifferensieerd.                 (1)

       4.3.3    Beskryf kortliks die begrip duopolie.
                ŉ Duopolie is ŉ markstruktuur wat deur twee groot besighede
                gedomineer word.                                                        (2)

       4.3.4    Wat maak dit moeilik vir nuwe besighede om toe te tree tot ŉ
                oligopolie?
                • Daar is hoë kostes betrokke by die oprigting van ŉ besigheid. 
                • Ondernemings wat reeds in die mark is, gebruik handelsmerke
                   om nuwe mededingers uit te druk/hou. 
                • Breedvoerige advertensies mag vir nuwe ondernemings duur
                   wees. 
                   (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                           (2)

       4.3.5    Hoe is die ekonomie negatief deur oligopolistiese neigings
                beïnvloed?
                • Samespanning beïnvloed verbruikers negatief omdat besighede
                  hoë pryse hef wat verbruikers nie kan bekostig nie. 
                • Verbruikers het nie toegang tot die goedere en dienste wat hulle
                  begeer nie en kan nie vryelik die kwaliteit en verskeidenheid
                  daarvan kies nie. 
                  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                (2 x 2)     (4)

 4.4   Verduidelik verlies aan biodiversiteit en chemiese afval as probleme in
       die volhoubaarheid van die omgewing.
       Biodiversiteit:
       Biodiversiteit is die aantal verskillende spesies en subspesies wat in ŉ
       gebied aangetref word. 
       Die uitputting van natuurlike hulpbronne kan lei tot die uitwissing van
       spesies en so die biodiversiteit verminder.                         (Maks. 4)
       Chemiese afval:
       Chemiese afval is giftig/toksies (dit het ŉ negatiewe uitwerking op lewende
       wesens en kan onvrugbaarheid of dood veroorsaak). 
       Dit moet versigtig bestuur word om te verseker dat dit nie in die grond
       insyfer nie.                                                        (Maks. 4)
       (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)
       (ŉ Maksimum van 4 punte vir slegs die noem daarvan of voorbeelde.)                  (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  EKONOMIE V2                       (EC/SEPTEMBER 2018)

 4.5   Wat hoop die Suid-Afrikaanse regering om te bereik deur
       Mededingingsbeleide?
       Mededingingsbeleide behoort bereik te word deur:
       • Onregverdige metodes om markkrag te verkry, te voorkom 
       • Regverdige mededinging tussen besighede aan te moedig 
       • Doeltreffendheid in markte te verbeter waar produsente produseer
         volgens die behoeftes van verbruikers 
       • Die bestaan van monopolieë wat deur oornames en samesmeltings
         veroorsaak word, te ontmoedig 
       • Prysvasstelling en samespanning by oligopolieë te voorkom 
       • KMMO’s aan te moedig ten die einde die ekonomie te ontwikkel 
       • Deur die Mededingingsgesag doeltreffend te gebruik (Mededinging
         Kommissie, Mededinging Tribunaal en Mededinging Appèlhof). 
         (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)
         (ŉ Maksimum van 2 punte vir slegs die noem van feite of voorbeelde.)         (8)
                                                                                     [40]

                                                         TOTAAL AFDELING B:           80

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai asseblief om

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
    (OK/SEPTEMBER 2018)                          EKONOMIE V2                                            13

AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
VRAAG 5

•     Met behulp van grafieke, bespreek staatsinmenging as ŉ oorsaak van
      markmislukking in detail, onder die volgende opskrifte:
      - Minimum lone                                   (13 punte)
      - Subsidies op goedere en dienste                (13 punte)   (26 punte)
•     Hoe kan kostevoordeel-ontleding markmislukking verminder? (10 punte)

INLEIDING
Deelnemers aan die ekonomie, raak soms betrokke by aktiwiteite wat nie in lyn is met die
markkragte nie. Gevolglik is daar tekorte hier en daar, en daarom word daar vereis dat
die regering stappe neem. 
(Aanvaar enige korrekte toepaslike inleiding.)                                                                (2)

INHOUD / HOOFGEDEELTE

MINIMUM LOON

                      V                               A

             L1                                       Minimum loon 

              L                        E

                          A                       V

                              H1   H        H2   Hoeveelheid 
                              Q             Q
                                                           Toekenning van punte
                                                           Korrekte benoeming van beide asse = 1
                                                           Ewewigspunt                       =1
                                                           Minimum loon                      =1
                                                           Vraag en aanbod                   =1
                                                           Maksimum punt                     =4

ŉ Minimum loon is ‘n loon wat deur die regering vasgestel is en geen werkgewer mag
werkers minder as dit betaal nie. 
Punt E is die markewewigsprys waar werkers ŉ inkome ontvang by L, en die hoeveelheid
beskikbare werkers is H. 
Die regering meng in deur ŉ minimum loon vas te stel by L1  bokant die mark
ewewigsprys (L). 
By die nuwe loonvlak, is die aanbod van werkers H2, terwyl die vraag na werkers H1.
is. 
Daarom lei die instel van minimum lone tot ‘n oormaat aanbod van arbeid.  (Maks. 9)

    Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai asseblief om

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                      EKONOMIE V2                                (EC/SEPTEMBER 2018)

 SUBSIDIES OP GOEDERE EN DIENSTE

                       UITWERKING VAN 'N SUBSIDIE               A 
     Prys 
                   V
                                                                    A1 
                                                       Subsidie 
                                              C
          P2
                                    E
          P
                                                   E1 
          P1

                   A
                        A1                                          V

               0                        H         H1             Hoeveelheid

                                            Toekenning van punte
                                            Korrekte benoeming van beide asse      =1
                                            Vraag en aanbod                        =1
                                            Toename in aanbod (A1A1)               =1
                                            Ewewigspunt (Snyding van VV en A1A1)   =1
                                            Subsidie                               =1
                                            Maksimum punt                          =4

 ‘n Subsidie is ŉ vorm van finansiële toelae om produksie van goedere en dienste te
 ondersteun of die verbruik van goedere en dienste. 
 Die oorspronklike ewewig is by punt E; by prys P en hoeveelheid H. 
 Wanneer ŉ subsidie ingestel word:
 Skuif aanbod van AA na A1A1 en die nuwe ewewig word gevorm by punt E1, by prys
 P1 en hoeveelheid H1
 Die prys van die produsent styg van P na P2 
 Die prys vir die verbruiker daal van P na P1 
  Subsidie beloop P1P2 C E1
 Die instelling van ŉ subsidie bevoordeel die produsent deurdat die produsent ŉ wins
 van PP2 C E maak 
 Dit bevoordeel ook die verbruiker deur PEE1P1 te bespaar.                (Maks. 9)
                                                                                                       (26)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai asseblief om

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(OK/SEPTEMBER 2018)                     EKONOMIE V2                                    15

 ADDISIONELE GEDEELTE - Hoe kan kostevoordeel-ontleding markmislukking
 verminder?

 Die Suid-Afrikaanse regering hoop om dit te bereik deur:
 • Te verseker dat kostes en voordele in berekening gebring word alvorens die
    regering ŉ groot projek aanpak  byvoorbeeld paaie en brûe. 
 • Te assesseer of die nuwe projek wel haalbaar is,  inaggenome dat sosiale
    voordele meer is as sosiale kostes. 
 • Objektiewe besluitneming  omdat dit subjektiwiteit uit die besluitneming
    verwyder aangesien alle besluite gebaseer is op praktiese feite. 
 • Ekonomiese doeltreffendheid in hulpbrontoekenning te verseker  en
    vrugtelose uitgawes uit te skakel. 
    (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                                         (10)

 SLOT
 Die regering probeer sy bes om die belange van die armes te beskerm, maar nog
 meer moet gedoen word. 
 (Aanvaar enige ander hoërorde slot.)                                                     (2)
                                                                                         [40]

 VRAAG 6

 •   Bespreek die uitwerking van toerisme in detail.               (26 punte)
 •   Hoe kan die regering die positiewe impak van toerisme volhou? (10 punte)

 INLEIDING

 Toerisme is die aktiwiteite van mense wat reis na plekke buite hulle gewone
 omgewing. Dit mag vir plesier of besigheid wees, solank niemand vergoed gaan word
 nie. 
 (Aanvaar enige korrekte toepaslike inleiding.)                                              (2)

 INHOUD / HOOFGEDEELTE – Uitwerking van Toerisme

 BRUTO BINNELANDSE PRODUK (BBP) 
 Toerisme is ŉ diens-gebaseerde industrie. Dit is verantwoordelik vir 65% van die
 BBP in ontwikkelde lande en 40% van die BBP in ontwikkelende lande. 
 Toerisme kan die BBP direk en indirek beïnvloed. 
 ŉ Direkte impak op die BBP spruit uit dienste gelewer aan toeriste  wat 7–9% van
 die BBP in Suid-Afrika kan wees. 
 ŉ Indirekte bydrae sal produkte wees wat aan besighede, in die toerisme-industrie,
 verkoop word,  byvoorbeeld, groothandelaars verskaf bestanddele aan hotelle
 wat die finale etes aan toeriste verkoop.                                (Maks. 4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai asseblief om

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                     EKONOMIE V2                           (EC/SEPTEMBER 2018)

 WERKVERSKAFFING 
 Toerisme verskaf werk aan 7% van Suid-Afrika se arbeidsmag. 
 Toerisme is die grootste werkverskaffer omdat dit:
 • Arbeidsintensief is 
 • ŉ Verskeidenheid vaardighede in diens neem 
 • Onmiddellike indiensname verskaf 
 • Entrepreneurs geleenthede verskaf                                          (Maks. 4)

 ARMOEDE 
 Armoede kom meestal voor in plattelandse gebiede a.g.v. werkloosheid. 
 Toerisme kan armoede op die volgende maniere verlig:
  - Toerisme is ‘n vinnige en doeltreffende meganisme vir die verspreiding van
     hulpbronne aan plattelandse gebiede ten einde toerismeplekke te ontwikkel. 
  - Uitstekende toerisme-aantreklikhede word in plattelandse gebiede gevind. 
 Toerisme-ontwikkelings in plattelandse gebiede laat die aantal beskikbare
 werksgeleenthede toeneem. 
 Toerisme bevorder ‘n gebalanseerde en volhoubare vorm van ontwikkeling. 
 Mense is by magte om ‘n inkome te verdien in hulle tuisgebiede wat lei tot ‘n daling
 in verstedeliking.                                                       (Maks. 4)

 EKSTERNALITEITE 
 Eksternaliteite is koste en voordele wat spruit uit ‘n spesifieke aktiwiteit. 
 Toerisme lei tot beide. 

 Positiewe eksternaliteite 
 Toerisme: Lok groot bedrae inkome 
            Lei tot ‘n verbetering in infrastruktuurontwikkeling 
            Stimuleer werkskepping indirek 
            Kan help om natuurlike en kulturele bates te bewaar en armoede te
            verlig 

 Negatiewe eksternaliteite 
 • Toerisme kan skade aan die omgewing veroorsaak indien dit nie behoorlik
    bestuur word nie. 
 • Dit kan lei tot baie afval en skade aan sensitiewe toeristepersele. 
 • Die infrastruktuur van toeristepersele kan onder druk kom as hulle voorsiening
    moet maak vir toenemende aantal toeriste. 
 • Dit lei tot stygings in pryse vir toeristegoedere.                   (Maks. 6)
 DIE OMGEWING 
 • Toerisme kan bydra tot omgewingspanning (‘stress’). 
    Dit kan lei tot:
 • Permanente herstrukturering van die landskap, bv. konstruksiewerk aan
    snelweë 
 • Addisionele afvalprodukte, bv. biologiese (riool) en nie-biologiese (rommel)
    afval 
 • Direkte omgewingspanning (‘stress’) bv. die verlies aan wildspesies a.g.v. safari-
    jagtogte 
 • Uitwerking op bevolkingsdinamika, bv. migrasie en veranderinge in
    bevolkingsdigtheid in reaksie tot die behoeftes van toerismepersele 
                                                                            (Maks. 4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai asseblief om

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(OK/SEPTEMBER 2018)                       EKONOMIE V2                                      17

 INVESTERING 
 Toerismebestemmings vereis voldoende fisiese (hotelkamers), ekonomiese (OTMs)
 en basiese (water en elektrisiteit) dienste infrastruktuur. 
 Dit sluit in:
  • Vervoerinfrastruktuur, bv. verbeterde paaie is nodig vir toegang tot
      toeristepersele. 
  • Kommunikasie-infrastruktuur, bv. hotelle benodig telefoonlyne om besprekings
      te kan maak by toeristepersele. 
  • Energie-infrastruktuur, bv. toeriste benodig elektrisiteit by toeristepersele. 
                                                                               (Maks. 4)
 (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)
 (Maksimum 8 punte vir slegs noem en gee van voorbeelde.)                                   (26)

 ADDISIONELE GEDEELTE

 Die regering kan positiewe uitwerking van toerisme volhou deur:
 • Infrastruktuur te onderhou en dit in ŉ goeie toestand te hou, sodat daar behoorlik
    omgesien word na die behoeftes van toeriste. 
 • Beleide te implementeer rondom die beveiliging en onderhoud van toeristepersele
    en om dit aantreklik te hou. 
 • Nuwe toerisme-aantreklikhede uit te brei en nuwes te skep ten einde voorsiening
    te maak vir die potensiaal om die hoeveelheid toeriste te laat toeneem. 
 • Plaaslike toerisme te bevorder omdat dit die potensiaal het om toerisme te laat
    toeneem. 
 • ŉ Afname in die misdaadkoers te bewerkstellig sodat toeriste vryelik en veilig rond
    kan beweeg, wat sal verseker dat hulle dan ‘n gevoel van ‘huis weg van die huis’
    kan ervaar en aanhou terugkom. 
 • Inheemse kennis en kultuur in stand te hou omdat toeriste iets wil sien en ervaar
    wat nuut en outentiek is. 
    (Aanvaar enige ander hoërorde toepaslike antwoord.)                                     (10)

 SLOT

 Suid-Afrika is ŉ baie mooi land; dit het die potensiaal om die nommer een
 toeristebestemming te word en die regering behoort meer te doen om dit uit te
 lig. 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoërorde slot.)                                     (2)
                                                                                            [40]

                                                              TOTAAL AFDELING C:              40
                                                                  GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

## Related documents

- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Eng R](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-eng-r/fb418164-fee3-4df0-aadc-178e890984ed) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
