# Economics Grade 12 P2 NSC November 2014 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2014-afr/07d92948-965f-4b82-a5f6-17c410f8bed1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC November 2014 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2014-afr/07d92948-965f-4b82-a5f6-17c410f8bed1)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                 EKONOMIE V2

                               NOVEMBER 2014

PUNTE: 150

TYD: 1½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  2                       DBE/November 2014
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs blou of swart ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     3                       DBE/November 2014
                                               NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                        30 PUNTE – 15 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C.

         1.1.1        In ekonomie verwys die term 'korttermyn' na 'n tydperk waar …
                      produksiefaktore kan verander.

                      A    slegs veranderlike
                      B    alle vaste
                      C    beide veranderlike en vaste

         1.1.2        In 'n mark met volmaakte mededinging is produkte …

                      A    heterogeen.
                      B    homogeen.
                      C    gedifferensieerd.

         1.1.3        Watter EEN van die volgende is 'n kenmerk van 'n monopolie?

                      A    Goedere is homogeen.
                      B    Monopoliste is prysnemers.
                      C    Daar is geen naby substitute nie.

         1.1.4        Staatsinmenging in die mark verseker voldoende stapelvoedsel vir
                      die armes deur … pryse vas te stel.

                      A    maksimum
                      B    minimum
                      C    beperkte

         1.1.5        Die ooreenkoms wat in 2002 bereik is en wat op omgewings-
                      volhoubaarheid gefokus het, staan as die … bekend.

                      A    Johannesburg-beraad
                      B    Rio+20-beraad
                      C    Kyoto Protokol

         1.1.6        Suid-Afrikaners wat oorsee reis, word … toeriste genoem.

                      A    inkomende
                      B    uitgaande
                      C    binnelandse

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                       4                           DBE/November 2014
                                                 NSS

         1.1.7         Die volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne staan as …
                       bekend.

                       A      besoedeling
                       B      bewaring
                       C      beskerming

         1.1.8         Die bevordering van Suid-Afrika as 'n internasionale toeriste-
                       bestemming is die verantwoordelikheid van …

                       A      die privaat sektor.
                       B      internasionale organisasies soos Green Peace.
                       C      Suid-Afrikaanse Toerisme (SAT).                            (8 x 2)       (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                      KOLOM A                                     KOLOM B
         1.2.1       Eksplisiete koste       A     lei tot 'n groei in toerisme

         1.2.2       Sluitingspunt           B     vliegtuiggeraas

         1.2.3       Kartel                  C     waar MK = GVK

         1.2.4       Volmaakte mark          D     as 'n groep produsente 'n kollektiewe
                                                   monopolie vorm
         1.2.5       Hoër besteebare
                     inkomste                E     beheer deur instansies wat deur die
                                                   staat daargestel is
         1.2.6       Negatiewe
                     eksternaliteit          F     markprys = marginale inkomste

         1.2.7       Binnelandse toerisme    G     mense wat in hulle eie lande reis

         1.2.8       Geadministreerde        H     besoek museums en kunsgalerye
                     pryse
                                             I     werklike besteding van 'n besigheid,
                                                   byvoorbeeld lone en rente
                                                                                    (8 x 1)            (8)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   5                         DBE/November 2014
                                             NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        Die minimum wins wat nodig is om te voorkom dat 'n entrepreneur
                      die bedryf verlaat

         1.3.2        Die bedrag waarmee die totale koste styg wanneer 'n ekstra
                      eenheid geproduseer word

         1.3.3        'n Situasie waar dit onmoontlik is om die welvaart van een persoon
                      te vergroot sonder om 'n ander een slegter daaraan toe te maak

         1.3.4        'n Volhoubare en aansienlike styging in die algemene prysvlak

         1.3.5        Tradisionele kennis wat 'n praktiese toepassing vir die daaglikse
                      oorlewing van plaaslike gemeenskappe is

         1.3.6        Weghol-inflasietoestande waar die algemene prysvlak met meer as
                      50% per maand styg                                       (6 x 1)          (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                        6                            DBE/November 2014
                                                  NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE             van   die   drie      vrae   in   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                             40 PUNTE – 20 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1        Noem TWEE kenmerke van monopolistiese mededinging.                  (2 x 1)       (2)

         2.1.2        Wat sal gebeur as een besigheid in die volmaakte mark besluit om
                      sy verkoopprys te verhoog?                               (1 x 2)                  (2)

2.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                               TOLPAAIE – WAS DIT DIE
                                                                  BESTE BESLUIT?
                                                           Daar is grootskaalse debatte oor
                                                           tolpaaie in Suid-Afrika, met baie
                                                           ongelukkige     verbruikers    en
                                                           onsekerheid of dit werklik die
                                                           ekonomie sal bevoordeel. Die
                                                           groot vraag is of die owerheid al
                                                           die positiewe en negatiewe
                                                           aspekte      rakende      tolpaaie
                                                           ondersoek het.
                                                                     [Aangepas uit Business Times,
                                                                                         Mei 2013]

         2.2.1        Verduidelik die term tol.                                                         (2)

         2.2.2        Watter metode kan die owerheid gebruik om te verseker dat die
                      instelling van tolpaaie die beste besluit is?                                     (2)

         2.2.3        Hoe kan tolpaaie tot markmislukking lei?                                          (2)

         2.2.4        Argumenteer ten gunste van die implementering van tolpaaie.
                                                                                (2 x 2)                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     7                             DBE/November 2014
                                               NSS

2.3      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          LANGTERMYN-EWEWIG IN 'N MONOPOLIEMARK

           Prys
           Koste                                                    MK
           Inkomste

                                                                            GK
                 6                                   a
                                                            d
                                                b               e
                 4

                 3                                    c                  VV/GI

                                                           MI

                     0                          100       120 140          Hoeveelheid/Eenhede

         2.3.1           Dui die winsmaksimeringspunt van die monopolis aan.                          (1)

         2.3.2           Hoeveel eenhede sal by die maksimeringspunt geproduseer word?                (1)

         2.3.3           Bepaal of die besigheid 'n ekonomiese wins of 'n ekonomiese
                         verlies maak. Toon ALLE berekeninge.                                         (4)

         2.3.4           Watter gunstige toestande kan die monopolis in vergelyking met
                         ander markstrukture geniet?                                                  (4)

2.4      Verduidelik hoe die onbeweeglikheid van produksiefaktore tot markmislukking
         kan lei.                                                             (4 x 2)                 (8)

2.5      Verduidelik hoe SASOL in 'n oligopolistiese mark met ander maatskappye in
         Suid-Afrika wat petrol verkoop, kan meeding.                       (4 x 2)                   (8)
                                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    8                             DBE/November 2014
                                              NSS

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 20 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Gee TWEE voorbeelde van Wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika.
                                                                               (2 x 1)                (2)

         3.1.2        Hoe kan toerisme die lewens van arm mense naby toeriste-
                      bestemmings beïnvloed?                           (1 x 2)                        (2)

3.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       SUID-AFRIKA SKAKEL LIGTE AF VIR DIE AARDE

         Op die laaste Saterdag in Maart het Suid-Afrika en die hele wêreld hul ligte vir
         'n uur afgeskakel om 'Aarde-uur' te vier.

         In sy verduideliking van die redes vir die gebeurtenis het die
         Wêreldnatuurfonds van Suid-Afrika (WNFSA) die aandag daarop gevestig dat
         elektrisiteit en brandstof in Suid-Afrika hoofsaaklik uit 'vuil' niehernubare
         hulpbronne soos steenkool, olie en gas geproduseer word. Hulle het daarom
         mense aangespoor om bewus te wees van die tipe vernietiging wat deur
         hierdie soorte energie meegebring word.

         Die organisasie het verduidelik dat dit nog belangriker is dat Suid-Afrika na
         hernubare sonenergie moet omskakel en ook vervoerenergieverbruik moet
         verminder. Indien die mens die mag van die natuur kon aangryp eerder as om
         daarteen te werk, sou volhoubare energievoorsiening gewaarborg kon word.

                                                    [Aangepas uit www.wwf.org.za, Oktober 2013]

         3.2.1        Wat word hulpbronne wat vervang kan word, genoem?                               (2)

         3.2.2        Wat dink jy is die doel van die viering van 'Aarde-uur'?                        (2)

         3.2.3        Hoe kan mense vervoerbrandstofverbruik verminder om die
                      omgewing in stand te hou?                                                       (2)

         3.2.4        Na jou mening, hoekom word daar na niehernubare hulpbronne as
                      'vuil' verwys?                                                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                9                                DBE/November 2014
                                          NSS

3.3      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         HOOFLYN-INFLASIEKLASSIFIKASIE VAN INDIVIDUELE VERBRUIK

                      Itemkategorie                     Gewig       Junie         Julie
      Voedsel en nie-alkoholiese dranke                 15,41        6,8           6,8
      Alkoholiese dranke en tabak                        5,43        6,3           7,0
      Klerasie en skoene                                 4,07        3,0           3,1
      Behuising en noodsaaklike dienste                 24,52        5,8           5,5
      Huishoudelike inhoud, instandhouding en            4,79        2,9           2,9
      toerusting
      Gesondheid                                         1,46         5,0          4,8
      Vervoer                                           16,43         3,7          8,2
      Kommunikasie                                       2,63         1,5          1,8
      Ontspanning en kultuur                             4,09         4,3          3,4
      Onderwys                                           2,95         9,0          9,0
      Restaurante en hotelle                             3,50         6,1          6,5
      Diverse goedere en dienste                        14,72         7,4          7,6
      Allesomvattende VPI                               100,00        5,5          6,3
                                                [Bron: SARB Kwartaalblad, September 2013]

         3.3.1        Wat word onaangepaste VPI-syfers genoem?                                     (2)

         3.3.2        Hoekom is die gewigte van die items in die mandjie goedere
                      belangrik?                                                                   (2)

         3.3.3        Hoekom sou jy voedsel by die VPI-mandjie uitsluit wanneer
                      kerninflasie bereken word?                                                   (2)

         3.3.4        Lewer kommentaar op die uitwerking wat die allesomvattende
                      VPI-indeks op die verbruiker het.                                            (4)

3.4      Bespreek die ekonomiese voordele van toerisme vir die owerheid en
         infrastruktuurontwikkeling.                                (2 x 4)                        (8)

3.5      Hoekom word nywerhede dikwels daarvan beskuldig dat hulle tot grond en
         waterbesoedeling bydra?                                          (4 x 2)                  (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    10                             DBE/November 2014
                                              NSS

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                           40 PUNTE – 20 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Noem TWEE voorbeelde van omgewingsbewaring.                       (2 x 1)       (2)

         4.1.2        Hoe kan die verbruiker uit mededinging voordeel trek?             (1 x 2)       (2)

4.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              SUID-AFRIKA BEHOORT TEEN 2020 EEN VAN DIE WÊRELD
                     SE TOP-20-REISBESTEMMINGS TE WEES

      Suid-Afrikaanse toerisme groei sedert
      1994. Internasionale toeriste-aankomste
      het in 2012 met 10,2% gestyg. In 2012
      het toerisme 3% tot die land se BBP
      bygedra in vergelyking met 9%
      wêreldwyd. Die land het ook sy fokus op
      die verhoging van binnelandse toerisme
      verskerp. Die Sho't Left-toerisme-
      bemarkingsveldtog is weer bekend-
      gestel wat jong modebewuste Suid-
      Afrikaners teiken en hulle aanmoedig
      om hul eie land te verken.

                                                    [Aangepas uit www.thesouthafrican.com, Oktober 2013]

         4.2.1        Identifiseer die tipe toerisme wat in die foto hierbo uitgebeeld word.          (1)

         4.2.2        Wat word daarmee bedoel wanneer Suid-Afrikaners aangemoedig
                      word om hul eie land te verken?                                                 (1)

         4.2.3        Hoe sal jy verseker dat Suid-Afrika teen 2020 een van die wêreld
                      se top-20-reisbestemmings word?                                                 (4)

         4.2.4        Hoekom word toerisme as 'n groot werkskepper beskou? Gee
                      voorbeelde uit jou eie gemeenskap om jou antwoord te
                      ondersteun.                                        (2 x 2)                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                                11                             DBE/November 2014
                                                          NSS

4.3      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           Prys
              (R)

                        V1
              100                           a
               90                                     b

               50                                             c

                                                                     V2
                    0                   100         150     190     Hoeveelheid/Eenhede

         4.3.1               Watter onvolmaakte markstruktuur word hierbo geïllustreer?                          (1)

         4.3.2               Benoem die vraagkurwe met 'n afwaartse helling hierbo.                              (1)

         4.3.3               Verduidelik hoe prysleierskap in hierdie tipe mark werk.                            (4)

         4.3.4               Neem aan dat die huidige verkoopprys R90 is. Verduidelik hoekom
                             hierdie besigheid nie pryse sal verlaag om verkope te verbeter nie.                 (4)

4.4      Verduidelik omgewingsbelastings en bemarkbare permitte as ingryping-
         strategieë om omgewingsvolhoubaarheid te bereik.             (2 x 4)                                    (8)

4.5      Wat is die                 effek     van     die         instelling   van    minimum   lone in
         Suid-Afrika?                                                                              (4 x 2)       (8)
                                                                                                                 [40]
                                                                                   TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                 12                           DBE/November 2014
                                           NSS

AFDELING C

Beantwoord enige EEN         van   die   twee    vrae   in   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                                 PUNTETOEKENNING
Inleiding                                                                     Maks. 2
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte bespreking/                      Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer

Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/                   Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei
af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks
Gevolgtrekking                                                                    Maks. 2
TOTAAL                                                                              40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                      40 PUNTE – 35 MINUTE

Onder volmaakte marktoestande word die markprys van produkte deur die
wisselwerking tussen vraag en aanbod bepaal.

•      Bespreek volmaakte mededinging onder die volgende hoofde:
       → 'n Vergelyking van die vraagkurwe van die individuele produsent en
          nywerheid
       → Winsmaksimering
       Gebruik grafieke om jou bespreking te ondersteun.                   (26)
•      Na jou mening, bevorder die Wet op Mededinging in Suid-Afrika regverdige
       mededinging?                                                         (10)             [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 35 MINUTE

Inflasie is 'n verskynsel waarmee baie lande wêreldwyd gekonfronteer word.

•   Ondersoek in besonderhede die oorsake van koste-druk-inflasie.              (26)
•   Was Suid-Afrika se inflasieteiken-beleid voordelig vir die ekonomie? Motiveer jou
    antwoord.                                                                    (10)        [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                   GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P2 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2014-eng/a0605149-0015-4c96-8a8d-a943ea910a5c) — Economics · QP · 2014 · Eng
- [Economics P1 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2014-eng/b1052aed-ab62-4114-83b8-91a086ab3d3e) — Economics · QP · 2014 · Eng
- [Economics P2 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2018-eng/16738739-9f23-4569-9bcb-c0b81011e34b) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [Economics P2 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-afr/bc09b176-bf84-4ca4-9c47-fed330569164) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Economics P1 Nov 2014 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2014-memo-eng/68e34c8d-ff14-4246-887a-c69f32ed75a8) — Economics · Memo · 2014 · Eng
- [ECONOMICS P2 MEMO GR 12 SEPT2014 ENG](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr-12-sept2014-eng/1843478e-2caf-42f7-8958-2e260cc3449c) — Economics · Memo · 2014 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
