# Economics Grade 12 P2 NSC November 2015 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2015-afr/da706d93-538a-48ea-ae2c-601470db26ca
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC November 2015 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2015-afr/da706d93-538a-48ea-ae2c-601470db26ca)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                   EKONOMIE V2

                                 NOVEMBER 2015

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  2                       DBE/November 2015
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs blou of swart ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

opiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     3                          DBE/November 2015
                                               NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                         30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C.

         1.1.1        'n Besigheid wat NIE die prys kan beïnvloed NIE:

                      A    Prysnemer
                      B    Prysbepaler
                      C    Monopolis

         1.1.2        'n Volmaakte mededinger sal 'n … op lang termyn maak.

                      A    ekonomiese wins
                      B    ekonomiese verlies
                      C    normale wins

         1.1.3        Produkdifferensiasie en … speel 'n belangrike rol in nieprys-
                      mededinging.

                      A    prys
                      B    reklame
                      C    regeringsbeleid

         1.1.4        Goedere wat uiters gewens vir die algemene welstand van mense
                      is, maar dikwels nie hoog deur die mark aangeslaan word nie,
                      staan as … goedere bekend.

                      A    niemeriete-
                      B    meriete-
                      C    nieduursame

         1.1.5        Mense se besteebare inkomste neig om in inflasietydperke …

                      A    af te neem.
                      B    toe te neem.
                      C    dieselfde te bly.

         1.1.6        'n Inflasiekoers wat rentekoerse op verbandlenings uitsluit:

                      A    Inflasie weens prysregulering
                      B    Voedselinflasie
                      C    VPIX

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                      4                            DBE/November 2015
                                                NSS

         1.1.7         Die vasstelling van maksimum toelaatbare vlakke van
                       uitlatingsgasse, soos koolstofdioksied, word … maatreëls genoem.

                       A     opvoedings-
                       B     owerheids-
                       C     bevel-en-beheer- (BEB-)

         1.1.8         Die potensiaal vir toerismegroei is baie groter in … lande.

                       A     ontwikkelende
                       B     ontwikkelde
                       C     Europese                                                    (8 x 2)      (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

               KOLOM A                                      KOLOM B
         1.2.1 Oligopolie               A    organisatoriese eienskappe van markte

         1.2.2       Wêrelderfenis-     B    'n tydperk van volgehoue prysdaling
                     terrein
                                        C    internasionale ooreenkomste gerig op die
         1.2.3       Implisiete koste        vermindering van kweekhuisgasse

         1.2.4       Duopolie           D    'n mark wat deur 'n klein aantal besighede
                                             beheer word
         1.2.5       Niehernubare
                     hulpbronne         E    'n plek van spesiale kulturele of fisiese belang

         1.2.6       Markstruktuur      F    waarde van insette wat die ondernemer self
                                             besit en wat in produksie gebruik word
         1.2.7       Kyoto Protokol
                                        G    'n mark wat deur twee besighede beheer word
         1.2.8       Deflasie
                                        H    kan uitgeput raak indien dit herhaaldelik
                                             gebruik word

                                        I    'n tydperk van prysstyging
                                                                                          (8 x 1)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   5                         DBE/November 2015
                                             NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        Die addisionele koste wat aangegaan word wanneer produksie met
                      nog een eenheid styg

         1.3.2        Pryse wat deur owerhede bo die ewewigsprys vasgestel word om
                      die produsent te bevoordeel

         1.3.3        Besighede wat in 'n oligopoliemark saamwerk om pryse vas te stel

         1.3.4        'n Mark wat 'n gebrek aan optimale hulpbrontoedeling het en nie in
                      staat is om die hoeveelheid goedere te produseer wat mense wil
                      hê nie

         1.3.5        'n Belasting wat gehef word op goedere wat die omgewing
                      benadeel

         1.3.6        'n Styging in pryse van goedere weens 'n toename in insetkoste
                                                                              (6 x 1)           (6)

                                                                TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   6                             DBE/November 2015
                                             NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE            van   die   drie   vrae   in   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1        Gee TWEE kenmerke van kollektiewe goedere.                      (2 x 1)       (2)

         2.1.2        Hoekom is oligopolieë huiwerig om met mekaar mee te ding oor
                      die prys om sodoende 'n groter markaandeel te verkry?
                                                                            (1 x 2)                 (2)

2.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 DIE UITDAGENDE TAAK VAN DIE MEDEDINGINGSKOMMISSIE

         Die Mededingingskommissie is 'n statutêre liggaam, saamgestel volgens die
         Wet op Mededinging, 1998 (Wet 89 van 1998) deur die regering van Suid-
         Afrika, met die mandaat om beperkende sakepraktyke, die misbruik van
         dominante posisies en samesmeltings te ondersoek, te kontroleer en te
         evalueer om gelykheid en doeltreffendheid in die Suid-Afrikaanse ekonomie
         te bewerkstellig.

         Aangesien    dit   vir   die    ondersoek  van   alle   klagtes   oor
         mededingingsbeperkende praktyke van die hele ekonomie verantwoordelik
         is, ontvang dit 'n aansienlike aantal klagtes oor verskillende
         mededingingsbeperkende optrede met betrekking tot alle markte/sektore.
         Indien skuldig bevind, word 'n boete opgelê wat deur die
         Mededingingstribunaal onderskryf word.

                                         [Aangepas uit die Mededingingskommissie se webtuiste]

         2.2.1        Identifiseer TWEE voorbeelde van mededingingsbeperkende
                      optrede in die uittreksel hierbo.                (2 x 1)                      (2)

         2.2.2        Wat is die rol van die Mededingingskommissie?                                 (2)

         2.2.3        Wat kan besighede doen indien hulle nie tevrede is met die boete
                      wat die Mededingingskommissie hulle opgelê het nie?                           (2)

         2.2.4        Hoe kan verbruikers voordeel trek uit groter mededinging in
                      die ekonomie?                                        (2 x 2)                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     7                            DBE/November 2015
                                               NSS

2.3      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                         EKSTERNALITEITE
                        Prys                      A1
                                   V
                                                                 A
                                              E
                             P1
                                                          E1
                             P
                                         A1
                                                                     V
                                                  A

                               0
                                               H1     H        Hoeveelheid

         2.3.1        Watter tipe eksternaliteit word in die grafiek hierbo getoon?                 (2)

         2.3.2        Verduidelik die begrip eksternaliteit.                                        (2)

         2.3.3        Wat word deur die gearseerde deel (skadudeel) op die grafiek
                      aangedui?                                                                     (2)

         2.3.4        Hoe kan die eksternaliteit hierbo markmislukking veroorsaak?
                                                                                  (2 x 2)           (4)

2.4      Bespreek kortliks die aantal besighede en die aard van die produk as
         kenmerke van 'n volmaakte markstruktuur.                       (2 x 4)                     (8)

2.5      Motiveer hoekom die regering minimum lone in die arbeidsmark toepas.
                                                                             (4 x 2)                (8)
                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                          8                           DBE/November 2015
                                                    NSS

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1               Noem TWEE maniere om inflasie te meet.                        (2 x 1)       (2)

         3.1.2               Hoe kan klimaatsverandering landbouproduksie beïnvloed? (1 x 2)             (2)

3.2      Bestudeer die grafieke hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 SA inflasie: Kerninflasie teenoor Hooflyninflasie

              Persentasie
                                                                                    VPI-
                                                                                    hooflyninflasie
                                                                                    Kerninflasie

                                                                             [Bron: www.statsa.gov.za]

         3.2.1               Watter EEN van die twee tipes inflasie is die amptelike
                             inflasiekoers?                                                              (1)

         3.2.2               Wat is die inflasieteikengrens wat deur die SARB vasgestel word?            (1)

         3.2.3               Watter effek sal 'n styging in rentekoerse op die neiging van die
                             VPI-kromme hê?                                                              (2)

         3.2.4               Hoe sal inflasie die betalingsbalans negatief beïnvloed?                    (2)

         3.2.5               Hoekom is kerninflasie laer as die VPI?                        (2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    9                             DBE/November 2015
                                              NSS

3.3      Bestudeer die uittreksel en illustrasie hieronder en beantwoord die vrae
         wat volg.

         Skaliegas-onttrekking deur hidrouliese rotsbreking ('fracking') van
         rotsformasies het die beskouing oor energie verander. Lande raak
         selfonderhoudend wat natuurlike gas betref en kan selfs groot uitvoerders
         word wat die ekonomie 'n hupstoot sal gee, terwyl gas as plaasvervanger
         vir steenkool in elektrisiteitsopwekking koofstofuitlatingsgasse laat daal.
         Diegene wat rotsbreking teenstaan, meen dat dit en ander gevolge van
         skaliegas-onttrekking die omgewing deur swak praktyk beskadig, wat tot
         waterbesoedeling sal lei.
                                                  [Aangepas uit The Economist, Januarie 2015]

         3.3.1        Wat is rotsbreking ('fracking') volgens die uittreksel hierbo?                  (1)

         3.3.2        Noem enige EEN niehernubare hulpbron.                                           (1)

         3.3.3        Noem TWEE ekonomiese voordele van rotsbreking vir die Suid-
                      Afrikaanse ekonomie.                                 (2 x 2)                    (4)

         3.3.4        Watter impak sal rotsbreking, na jou mening, op die omgewing hê?
                                                                                 (2 x 2)              (4)

3.4      Bespreek kortliks die begrip produsenteprysindeks.                            (4 x 2)        (8)

3.5      Wat is die voordele van die gebruik van tegnologie in die volhoubaarheid van
         die omgewing?                                                        (4 x 2)                 (8)
                                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                           10                           DBE/November 2015
                                                     NSS

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Noem TWEE soorte ondoeltreffendhede wat met markmislukkings
                      verband hou.                                         (2 x 1)                          (2)

         4.1.2        Watter effek sal die oorbewerking van grond op landbouproduksie
                      in Suid-Afrika hê?                                       (1 x 2)                      (2)

4.2      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      DIE INDIVIDUELE BESIGHEID OP KORT TERMYN

                                                                              MK

                                                                                   L

                            Prys/Inkomste
                                                               N       R
                                            P1                                         MI
                                            M                                          GI
                                                                   K
                                                           S

                                                 0             H1          Hoeveelheid

         4.2.1        Watter punt (byskrif) op die grafiek dui op winsmaksimering?                          (1)

         4.2.2        Noem die kurwe L.                                                                     (1)

         4.2.3        Wat word deur die gearseerde deel (skadudeel) voorgestel?                             (2)

         4.2.4        Verduidelik kortliks die begrip kort termyn.                                          (2)

         4.2.5        Verduidelik hoekom hierdie ewewigsposisie NIE dieselfde sal
                      bly NIE.                                             (2 x 2)                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   11                             DBE/November 2015
                                             NSS

4.3      Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          PENSIOENARISSE AANGESPOOR OM BELEGGINGSINSTRUMENTE TE
            GEBRUIK OM AFTREESPAARGELD TEEN INFLASIE TE BESKERM

         Faktore soos stygings in inflasie en markonbestendigheid kan 'n beduidende
         impak op Suid-Afrikaanse pensioenfondse hê. Om hulle enkelbedrag by
         aftrede (kontantbetaling) teen hierdie moontlike interingsfaktore (erosie van
         pensioen) te beskerm, word plaaslike pensioenarisse aangespoor om
         gespesialiseerde beleggingsinstrumente te gebruik om hul toekoms te
         beskerm.

                                                                     [Bron: www.fanews.co.za]

         4.3.1        Noem TWEE faktore uit die uittreksel hierbo wat 'n impak op
                      aftreespaargeld sal hê.                               (2 x 1)                 (2)

         4.3.2        Verduidelik die begrip enkelbedrag by aftrede.                                (2)

         4.3.3        Hoe kan die regering fiskale beleid gebruik om inflasie te bekamp?            (2)

         4.3.4        Hoe kan pensioenarisse hulself          teen     die    interingseffek
                      (erosie-effek) van inflasie beskerm?                            (2 x 2)       (4)

4.4      Verduidelik die gebruike van koste-voordeel-ontleding (KVO).                (4 x 2)        (8)

4.5      Hoe is die omgewing as 'n algemene hulpbron, na jou mening, vir
         markmislukking verantwoordelik?                          (4 x 2)                           (8)
                                                                                                    [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:                  80

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  12                             DBE/November 2015
                                            NSS

AFDELING C

Beantwoord enige EEN          van    die   twee   vrae   in     hierdie   afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                     STRUKTUUR VAN OPSTEL                                    PUNTE-
                                                                           TOEKENNING
Inleiding                                                                    Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande                             Maks. 26
bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/
Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/
                                                                              Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die
gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/
Lei af/ Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer
kortliks/Hoe?/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                         Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder om enige
     feite wat reeds genoem is, te herhaal
• Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die
     bespreking/ontleding versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                           40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                          40 PUNTE – 40 MINUTE

'n Monopolie is heeltemal die teenoorgestelde van 'n volmaakte mededingende mark.

• Ondersoek die monopolie as 'n markstruktuur.                      (26 punte)
 • Verduidelik die langtermynewewig van die monopolis met behulp van 'n netjies
   benoemde grafiek.                                                (10 punte)                   [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE

Toerisme is die bedryf in die wêreld wat die vinnigste groei.

•   Ondersoek, in besonderhede, die uitwerking van toerisme op die Suid-Afrikaanse
    ekonomie.                                                           (26 punte)
•   Hoe kan inheemse kennisstelsels gebruik word om toerisme in Suid-Afrika te
    bevorder?                                                           (10 punte)               [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                      GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P2 Nov 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2015-memo-eng/b9d108c8-dee7-4edd-b6e0-86a83081b665) — Economics · Memo · 2015 · Eng
- [Economics P2 Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2015-memo-afr/4dc5134c-c4d5-4ab7-afff-23e02987ed56) — Economics · Memo · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-paper/14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Economics P2 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-june-july-2015-eng/37d6ea0b-132e-48c2-aaaf-c24c21c986df) — Economics · QP · 2015 · Eng
- [Economics P2 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2018-eng/16738739-9f23-4569-9bcb-c0b81011e34b) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [Economics P2 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-afr/bc09b176-bf84-4ca4-9c47-fed330569164) — Economics · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
