# Economics Grade 12 Paper 2 NSC November 2015 Memo

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2015, 20 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2015-memo-afr/4dc5134c-c4d5-4ab7-afff-23e02987ed56
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 Paper 2 NSC November 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2015-memo-afr/4dc5134c-c4d5-4ab7-afff-23e02987ed56)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                   EKONOMIE V2

                                 NOVEMBER 2015

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 20 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                      2                           DBE/November 2015
                                         NSS – Memorandum

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         1.1.1       A (prysnemer) 
         1.1.2       C (normale wins) 
         1.1.3       B (reklame) 
         1.1.4       B (meriete) 
         1.1.5       A / B / C (af te neem / toe te neem / dieselfde te bly) 
         1.1.6       C (VPIX) 
         1.1.7       B / C (owerheids- / bevel-en-beheer - BEB) 
         1.1.8       A (ontwikkelende)                                                 (8 x 2)       (16)

1.2      PAS-ITEMS

         1.2.1       D – 'n Mark wat deur 'n klein aantal besighede beheer word 
         1.2.2       E – 'n Plek met spesiale kulturele of fisieke belang 
                     F – Waarde van insette wat die ondernemer self besit en in die
         1.2.3            produksieproses gebruik 
                     G – 'n Mark beheer deur twee besighede 
         1.2.4       H – Mag uitgeput raak indien dit herhaaldelik gebruik word 
         1.2.5       A – Die organisatoriese eienskappe van markte 
         1.2.6       C – Internasionale ooreenkomste gerig op die vermindering van die
         1.2.7            kweekhuisgasse 
         1.2.8       B – 'n Tydperk van volgehoue prysdalings                      (8 x 1)            (8)

1.3      GEE EEN TERM

         1.3.1       Marginale 
         1.3.2       Minimum / vloerpryse 
         1.3.3       Samespanning / kartel 
         1.3.4       Onvolmaakte mark / monopolie / oligopolie / monopolistiese
                     mededinging / ondoeltreffende mark 
         1.3.5       Omgewings- / Groen- / Koolstof / Eko- 
         1.3.6       Kostedruk-inflasie / Kosteinflasie / produsenteprysinflasie        (6 x 1)       (6)

                                                                    TOTAAL AFDELING A:                 30

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    3                             DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE            van    die   drie   vrae   in   hierdie   afdeling      in     die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

2.1.1    Gee TWEE kenmerke van publieke goedere.

         •    Nie-uitsluitbaarheid 
         •    Nie-mededingendheid 
         •    Sosiale voordele is groter as private voordele 
         •    Oneindige verbruik 
         •    Nie-weiering / kan nie verbruik uitsluit nie, selfs al wil hulle               (2 x 1)   (2)

2.1.2    Hoekom is oligopolieë huiwerig om met mekaar mee te ding oor die prys
         om sodoende 'n groter markaandeel te verkry?

         Hulle reageer op die optrede van ander: as een besigheid sy prys verhoog
         verloor hy markaandeel. As die besigheid hul prys verlaag, sal ander volg en ‘n
         prysoorlog kan volg 
         (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                        (2)

2.2      Datarespons

         2.2.1        Identifiseer TWEE voorbeelde van anti-mededings beperkende
                      gedrag in die uittreksel hierbo.

                      •   Misbruik van dominante posisies 
                      •   Samesmelting 
                      •   Beperkende sakepraktyke                                        (2 x 1)       (2)

         2.2.2        Wat is die rol van die Mededingingskommissie?

                      •   Om beperkende sakepraktyke te ondersoek, beheer en te
                          evalueer; misbruik van dominante posisies en samesmeltings
                          om gelykheid en doeltreffendheid in SA ekonomie te bereik /
                      •   Poog om aan alle Suid-Afrikaners gelyke geleenthede te bied
                          om regverdige deelname aan ekonomiese aktiwiteite te
                          verseker en ekonomiese doeltreffend te verseker                             (2)

         2.2.3        Wat kan besighede doen indien hulle nie tevrede is met die
                      boete wat hulle deur die Mededingingskommissie opgelê is
                      nie?

                      Hulle kan die Mededingingsappélhof nader                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    4                           DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

         2.2.4        Hoe kan verbruikers voordeel trek uit groter mededinging in
                      die ekonomie?
                      •  Dit verskaf gelyke geleenthede aan alle Suid-Afrikaners om op
                         'n gelyke vlak in die Suid-Afrikaanse ekonomie deel te
                         neem 
                      • Dit sal markte verskaf waartoe verbruikers toegang het 
                      • Dit sal hoë kwaliteit dienslewering verseker 
                      • Dit sal hoë kwaliteit produkte verseker 
                      • Verbruikerskeuses sal verbeter 
                      • Verbruikers sal voordeel trek uit laer pryse 
                      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)          Enige (2 x 2)             (4)

2.3      Bestudeer die grafiek

         2.3.1        Watter tipe eksternaliteit word in die grafiek hierbo getoon?

                      Negatiewe                                                                 (2)

         2.3.2        Verduidelik die begrip eksternaliteit.

                      Koste of voordele aan derde partye wat nie by die markprys van 'n
                      goed ingesluit is nie / oorspoeleffek / derdeparty-effekte                (2)

         2.3.3        Wat word deur die gearseerde (skadudeel) op die grafiek
                      aangedui?

                      Eksterne koste / welsynsverlies / dooiegewig                              (2)

         2.3.4        Hoe kan die eksternaliteit hierbo markmislukking veroorsaak?

                      •   As die koste van die eksternaliteit ingesluit was by die prys sal
                          die besigheid minder produseer 
                      •   Die mark produseer by E 1 (Q) wat meer is as wat sosiaal
                          wenslik is (Q 1 ) 
                      •   Die mark het misluk om hulpbronne behoorlik toe te deel 
                          (Aanvaar die teenoorgestelde seining as die grafiek as ‘n
                          positiewe eksternaliteit geïnterpreteer is)               (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                 5                          DBE/November 2015
                                    NSS – Memorandum

2.4      Bespreek kortliks die aantal besighede en aard van die produk as
         kenmerke van 'n volmaakte markstruktuur.

         Aantal besighede

         •    Daar is 'n groot aantal verkopers 
         •    Dit behoort nie moontlik vir een verkoper te wees om die prys te
              beïnvloed nie / As daar baie verkopers is, is die aandeel van elke
              verkoper in die mark so klein dat die verkoper nie die prys kan beïnvloed
              nie 
         •    Verkopers is prysnemers; hulle aanvaar die bestaande markprys 
         •    As hulle pryse bo die markprys verhoog, sal hulle klante verloor 

         Aard van produk

         •    Produkte is homogeen (dit is identies / dieselfde) 
         •    Daar is geen verskille in styl, ontwerp en kwaliteit nie 
         •    Op hierdie manier ding produkte alleenlik op die basis van prys mee en
              kan orals aangekoop word 
              (Aanvaar enige ander relevante respons)                          (2 x 4)         (8)

2.5      Motiveer hoekom die regering minimum lone in die arbeidsmark
         implementeer.

         •   Druk is geplaas op die Suid-Afrikaanse owerheid om arbeidswetgewing
             te implementeer wat vereis dat werkgewers 'n minimum loon ('n loon bo
             die huidige markloon) aan hul werkers, bv. huiswerkers en plaaswerkers
             betaal 
         • Die toepassing van minimumloonwette is nodig om die herverdeling van
             inkomste te verbeter 
         • Spreek ongelykheid aan (gaping tussen arm en ryk) 
         • Die lewenstandaard sal verhoog 
         • Die owerheid poog om huiswerkers en plaaswerkers te beskerm – en
             voorkom dus uitbuiting 
         (Aanvaar enige ander relevante feit)                                (4 x 2)           (8)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   6                         DBE/November 2015
                                      NSS – Memorandum

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

3.1.1    Noem TWEE maniere om inflasie te meet.

         •    Prysindekse / VPI / PPI 
         •    Gewigtoekenning 
         •    Inflasiekoers                                               Enige (2 x 1)       (2)

3.1.2    Hoe kan klimaatsverandering landbouproduksie beïnvloed?

         •    Klimaatsverandering kan 'n positiewe uitwerking hê deur landbouproduksie
              te verhoog (van sekere produkte) 
         •    Klimaatsverandering kan 'n negatiewe effek hê, waar 'n afname in
              landbouprodukte ondervind word te wyte aan laer reënval, meer hitte 
         •    Aanpassing in die produksie van landbouprodukte te wyte aan
              klimaatsverandering. Buitengewone hitte, droogte, vloede, sal definitief die
              tipe landbou-aktiwiteite wat plaasvind, beïnvloed 
              (Aanvaar enige ander relevante respons)                             (1 x 2) (2)

3.2      Datarespons

         3.2.1        Watter EEN van die twee tipes inflasie is die amptelike
                      inflasiekoers?

                      VPI-hooflyn                                                             (1)

         3.2.2        Wat is die inflasieteikengrens soos deur die SARB vasgestel?

                      Die inflasieteiken is tussen 3% en 6%                                   (1)

         3.2.3        Watter effek sal 'n styging in rentekoerse op die neiging van
                      die VPI-kromme hê?

                      •   Daar sal 'n daling/afwaartse neiging in die tendenslyn wees 
                          te wyte aan ‘n daling in die vraag na goedere en dienste (‘n
                          kleiner vraag na krediet, minder spare) 
                      •   Daar kan ‘n styging in die tendenslyn wees  omdat rente op
                          verbandlenings deel van die mandjie vorm                            (2)

         3.2.4        Hoe sal inflasie die betalingsbalans negatief beïnvloed?

                      •   Suid-Afrikaanse uitvoere sal duurder word. Die land sal dus
                          minder verkoop 
                      •   Invoere sal uitvoere oorskrei wat die betalingsbalans met 'n
                          tekort laat                                        (1 x 2)         (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   7                          DBE/November 2015
                                      NSS – Memorandum

         3.2.5       Hoekom is die kerninflasie laer as VPI?

                     •  Produkte met hoogs wisselvallige pryse word uitgesluit by
                        kerninflasie 
                     • Bv. vars groente / vis / vars vleis 
                     • Die VPI hooflyn inflasie word bereken deur gebruik te maak
                        van 'n geselekteerde mandjie goedere en dienste wat die
                        gemiddelde huishouding gebruik 
                     • Die rede vir die uitsluiting van goedere is dat die hoë
                        wisselvallige pryse die werklike veranderinge in pryse sal
                        skeeftrek 
                     (Aanvaar enige ander relevante argument)         Enige (2 x 2)                (4)

3.3      Datarespons

         3.3.1        Wat is rotsbreking (fracking) volgens die uittreksel hierbo?

                      Skaliegas-onttrekking deur hidrouliese rotsbreking                         (1)

         3.3.2        Noem enige EEN nie-hernubare hulpbron.

                      Steenkool 
                      Natuurlike gas 
                      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                    (1)

         3.3.3        Noem TWEE ekonomiese voordele van rotsbreking vir die
                      Suid-Afrikaanse ekonomie.

                      • Suid-Afrika raak selfonderhoudend in natuurlike gas 
                      • en word groot uitvoerders van gas 
                      • Verdien buitelandse valuta 
                      • Gee 'n hupstoot aan die plaaslike ekonomie 
                      • Minder afhanklik van steenkool as energiebron 
                      • Skep werk 
                      • Nuwe entrepreneursgeleenthede 
                      • Lei tot ekonomiese groei 
                      (Aanvaar enige relevante antwoorde)                Enige (2 x 2)            (4)

         3.3.4        Watter impak sal rotsbreking, na jou mening, op die omgewing
                      hê?

                      •  Dit kan waterbesoedeling veroorsaak 
                      •  Diere kan vrek as hulle die besoedelde water drink 
                      •  Dit kan 'n uitwerking op mense se gesondheid hê as hulle
                         hierdie diere eet 
                      • Kan lugbesoedeling veroorsaak 
                      • Dit kan ‘n meer omgewingsvriendelike impak hê as steenkool
                         
                      • Dit kan gebruik word as ‘n relatief goedkoper energiebron 
                      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                  (2 x 2)           (4)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  8                          DBE/November 2015
                                     NSS – Memorandum

3.4      Bespreek kortliks die begrip produsenteprysindeks.

         •    PPI is baie bruikbaar in die ontleding van inflasie, te danke aan die feit
              dat PPI die produksiekoste meet 
         •    PPI meet pryse by die vlak van eerste waarneembare kommersiële
              transaksie. Pryse van ingevoerde goedere word gemeet by die punt waar
              hulle die land binnekom en vervaardigde goedere word geprys sodra
              hulle die fabriek verlaat 
         •    Die mandjie bestaan uit goedere alleenlik (geen dienste nie) 
         •    Kapitaal en intermediêre goedere word ingesluit 
         •    Pryse sluit BTW uit 
         •    Rentekoerse word uitgesluit 
         •    Pryse van ingevoerde goedere word eksplisiet getoon             (4 x 2)        (8)

3.5      Wat is die voordele van die gebruik                van   tegnologie    in   die
         volhoubaarheid van die omgewing?

         •   Tegnologie kan 'n oplossing tot die probleem verskaf deur alternatiewe
             produksietegnieke voor te stel 
         • Die ontwikkeling van skoon tegnologie kan lei tot laer vlakke van toksiese
             vrystellings 
         • Dit maak dit moontlik vir ontwikkelende lande om met vrystellingteikens
             ooreen te stem / substituutprodukte wat meer omgewingsvriendelik is bv.
             Papiersakke in stede van plastieksalle, loodvrye petrol 
         • Tegnologie fasiliteer die ontwikkeling van nuwe tegnologie of toerusting
             om energie te bespaar en steenkool en olie te vervang met groener
             energiebronne soos die wind en die son 
         • Dit maak herwinning van afvalmateriaal soos bottels, kannetjies en karton
             moontlik om ‘n skoner omgewing te verseker 
         • Die behandeling en beheer van afvalverwydering op die perseel kan deur
             die gebruik van tegnologie bereik word 
         (Aanvaar enige ander relevante feit)                           Enige (4 x 2)          (8)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   9                         DBE/November 2015
                                      NSS – Memorandum

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

4.1.1    Noem TWEE soorte ondoeltreffendhede wat met markmislukking verband
         hou.

         •       Produktiewe / tegniese ondoeltrefendhede 
         •       Toedelings (toewysings) ondoeltreffendhede                         (2 x 1)    (2)

4.1.2    Watter effek sal die oorbewerking op grondgebruik op landbouproduksie
         in Suid-Afrika hê?

         Die landbou-opbrengs sal negatief beïnvloed word/verminderde uitset 
         (Aanvaar enige ander relevante feit)                                   (1 x 2)         (2)

4.2      Datarespons

         4.2.1        Watter punt (byskrif) op die grafiek dui op winsmaksimering?

                      N                                                                        (1)

         4.2.2        Benoem die kurwe L.

                      Gemiddelde koste / GK / GTK / KGK                                        (1)

         4.2.3        Wat word deur die gearseerde deel (skadudeel) voorgestel?

                      Ekonomiese wins                                                         (2)

         4.2.4        Verduidelik kortliks die begrip kort termyn.

                      'n Periode waar slegs veranderlike produksiefaktore kan verander /
                      daar is ten minste EEN vaste inset / vaste koste bly konstant 
                      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                  (2)

         4.2.5        Verduidelik hoekom hierdie ewewigsposisie nie dieselfde sal
                      bly nie.

                      •  Winste sal meer toetreders tot die mark lok, wat sal lei tot 'n
                         styging in aanbod 
                      • Dit sal pryse afwaarts dryf na die gemiddelde koste en winste
                         sal daal 
                      • Die nuwe ewewigsposisie sal 'n normale wins wees 
                      (Aanvaar enige ander relevante verduideliking)            (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    10                        DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

4.3      Datarespons
         4.3.1        Noem TWEE faktore uit die uittreksel hierbo wat 'n impak op
                      aftreespaargeld sal hê.

                      •   Styging in inflasie 
                      •   Markgevoeligheid                                                        (2)

         4.3.2       Verduidelik die begrip enkelbedrag by aftrede.

                     'n Kontantbetaling / geld wat jy ontvang by aftrede 
                     (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                      (2)

         4.3.3        Hoe kan die owerheid fiskale beleid gebruik om inflasie te
                      bekamp?

                      • Verhoog direkte belasting 
                      • Verhoog indirekte belasting 
                      • 'n Afname in owerheidsbesteding 
                      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                     (2)

         4.3.4        Hoe kan pensioenarisse hulself teen die interingseffek (erosie-
                      effek) van inflasie beskerm?

                      •  Die pensioenfonds behoort belê te word in 'n hoë opbrengs
                         belegging/portfolio 
                      • Koop van eiendomme 
                      • Koop van prima (‘blue chip’) aandele 
                      • Gespesialiseerde beleggingsinstrumente  (Aanvaar indien
                         gespesifiseerd)
                      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)              (2 x 2)                (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  11                         DBE/November 2015
                                     NSS – Memorandum

4.4      Verduidelik die gebruike van koste-voordeel-ontleding (KVO).

         •    Koste-voordeel-analise word gewoonlik in die publieke sektor gebruik
              wanneer grootskaalse publieke beleggingsprojekte geëvalueer word 
         •    Bv. Nuwe hoofweë, spoorlyne, lughawens, damme, hawens en publieke
              vervoer 
         •    Die KVA word gebruik om die netto sosiale voordele wat die bevolking sal
              verkry uit daardie projekte te bepaal 
         •    KVA vereis noukeurige omskrywing van die projekte, korrekte beraming
              van die lewensduur van projekte en 'n komprehensiewe oorweging van
              eksternaliteite 
         •    Berekeninge van die KVO behoort markpryse of skadupryse (skynpryse)
              te gebruik om verwringing van markpryse reg te stel (waardasie van koste
              en voordele) 
         •    Te wyte aan die feit dat koste en voordele in die toekoms voorkom moet
              hul waardes omgeskakel word na huidige waarde (rentekoers waarteen
              verdiskonteer word) 
         •    Die KVO kan gebruik word om inkomste te herverdeel, deur betalings te
              maak aan verloorders en betaling te verwag van dié wat daardeur
              bevoordeel is deur ‘n heffing of indirekte belasting 
         •    In wese konsentreer KVA op die ekonomiese doeltreffendheidsvoordele
              van 'n projek 
         •    As die voordele die koste oorskry, word aanbeveel dat die projek
              goedgekeur word, ongeag wie bevoordeel word en wie die koste moet dra
              
         •    Indien besluitnemers egter voel dat herverdeling van inkomste wat met 'n
              projek gepaard gaan, onaanvaarbaar is, kan hulle die projek afkeur,
              ongeag die netto voordele daarvan 
         •     Die KVA is 'n tegniek wat groter objektiwiteit in besluitneming meebring
                                                                         Enige (4 x 2)       (8)

4.5      Hoe is die omgewing, na jou mening, as 'n gemeenskaplike hulpbron
         verantwoordelik vir markmislukking?

         •  'n Grootste deel van die omgewing word nie privaat besit nie, daarom
            word die effektiwiteit van hierdie hulpbronne in gevaar gestel 
         • Die omgewing vorm deel van globale gemeenskaplike goedere met die
            eienskappe van nie-uitsluitbaarheid 
         • Baie van die dienste wat die omgewing lewer behaal nie 'n prys nie en
            gevolglik is daar geen aansporing om hierdie dienste spaarsamig te
            gebruik nie 
         • Die meeste omgewingshulpbronne raak toenemend skaars en teen 'n
            zeroprys sal hierdie bronne dus oorbenut word 
         (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                          Enige (4 x 2)       (8)
                                                                                               [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  12                           DBE/November 2015
                                     NSS – Memorandum

AFDELING C

Beantwoord enige EEN          van    die   twee   vrae   in   hierdie   afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                     STRUKTUUR VAN OPSTEL                                 PUNTETOE-
                                                                           KENNING
Inleiding                                                                   Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte bespreking/                Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/
Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/             Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/
Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/
Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                       Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder om enige
     feite wat reeds genoem is, te herhaal
• Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die
     bespreking/ontleding versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                         40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 40 MINUTE

'n Monopolie is heeltemal die teenoorgestelde van 'n volmaak mededingende
mark.

•   Ondersoek die monopolie as 'n markstruktuur.                (26 punte)
•   Verduidelik die langtermynewewig van die monopolis met behulp vanb ‘n
    netjies benoemde grafiek.                                (10 punte)                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                 13                         DBE/November 2015
                                    NSS – Memorandum

 INLEIDING

 'n Monopolie bestaan waar daar slegs een verkoper van 'n produk is, waar die produk
 geen naby substitute het nie en waar hindernisse toetrede tot die mark blokkeer 
                                                                             (Maks. 2)

 INHOUD

 HOOFDEEL

 •    Aantal produsente 
      -    Die monopolis het volle beheer oor die aanbod van 'n produk, omdat hy die
           enigste verkoper is 
      -    Die monopolis verteenwoordig die totale industrie bv. De Beers, Eskom 

 •    Aard van die produk 
      -    Die produk is uniek en het geen naby subsgtitute nie 
      -    Bv. Elektrisiteit en spoorvervoer 

 •    Ekonomiese wins 
      - Die monopolie maak ‘n korttermyn ekonomieze wins of verlies 
      - Die monopolie maak ‘n langtermyn ekonomiese wins 

 •     Tegniese superioriteit 
     -    ‘n Monopolie geniet tegniese voordeel oor potensiële mededingers en hul
          toegang tot hulpbronne wat dit vir hulle moeilik maak om mee te ding 

 •     Toegang tot skaars hulpbronne 
     -    ‘n Enkele besigheid besit en beheer ‘n spesifiekie skiaars hulpbron en sluit
          ander besighede uit van toetrede tot die mark 

 •    Vraagkurwe 
      - Monopoliste word met vraagkurwes vir hul produkte gekonfronteer, maar
          omdat hulle die enigste aanbieder van die produk is, kan hulle self besluit by
          watter punt op die vraagkurwe hulle wil wees 
      - Die monopolis is die enigste aanbieder van die produk in die mark – die
          vraagkurwe is dus dié van die mark as geheel 
      - Die markvraagkurwe neig afwaarts van links na regs / grafiek 

 •    Produksievlakke 
      - Sodra die monopolis op 'n prys besluit het, word die hoeveelheid wat verkoop
          word, deur die markvraag bepaal - deur die prys te verlaag kan die
          monopolis meer eenhede van die produk verkoop en omgekeerd 
      - Die monopolis kan tot 'n groot mate die prys-hoeveelheid verhouding van die
          produk wat hy verkoop beïnvloed sonder om 'n teenreaksie van ander
          deelnemers te verwag 
      - Ander deelnemers kan nie optree nie, want in die geval van 'n monopolie is
          toetrede tot die mark geblokkeer 

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                14                        DBE/November 2015
                                   NSS – Memorandum

 •    Markkragte 
      - Alhoewel die monopolis die enigste aanbieder van 'n produk is, word dit tog
         deur die markkragte in die ekonomie beïnvloed 
      - Verbruikers het beperkte begrotings en 'n monopolis kan nie buitensporige
         pryse vir sy produk vra nie omdat hy moet meeding met al die ander
         produkte wat in die ekonomie beskikbaar is, om die verbruiker se guns 
      - Bv. Die spoorweë moet meeding met pad, lug en seevervoer 

 •    Beheer oor die prys 
      - 'n Monopolis het 'n aansienlike beheer oor die markprys – maar vraag beperk
         dit 
      - 'n Monopolis het nie beheer oor die vraag nie, daarom sal die vraag die finale
         markprys beïnvloed 
      - 'n Monopolis kan slegs besluit by watter punt op die vraagkurwe hy wil
         produseer 

 •     Substitute 
     -    Daar is 'n paar produkte wat hoegenaamd geen naby substitute het nie 
     -    Vir baie jare was daar bv. In Suid-Afrika geen mededinging wat
          telefoondienste betref nie – alternatiewe kon wel oorweeg word om te
          kommunikeer soos briewe en telegramme 

 •     Gunstige omstandighede 
     -    Soms geniet 'n ondernemer gunstige omstandighede in 'n sekere
          geografiese gebied 
     -    Daar kan bv. slegs een verskaffer van melk in 'n dorp wees, of een ysterware
          winkel of hotel in die omgewing 
     -    Daar kan selfs wette wees wat hulle beskerm  bv. Poskantoor in Suid-
          Afrika 
     -    Suiwer monopolieë is baie skaars in Suid-Afrika 
     -    Daar is dikwels substitute vir die produk beskikbaar en niks verhoed ander
          ondernemers om tot die mark toe te tree nie – wat in werklikheid 'n kwasi-
          monopolie is 

 •    Markinligting 
      - Alle kopers en die enkele verkoper het volledige kennis van alle huidige
         marktoestande 
 •    Uitbuiting van verbruikers 
      - Die monopolis kan minder produkte teen 'n hoër prys produseer, in
          vergelyking met besighede onder volmaakte mededinging 
      - Bv. De Beers, omdat die monopolis die enigste produsent van die produk in
          die mark is, is daar altyd die moontlikheid van verbruiker uitbuiting. Die
          meeste owerhede neem stappe om hierdie praktyke te voorkom en nuwe en
          bestaande monopolieë word gewoonlik goed gemonitor 

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                          15                               DBE/November 2015
                                             NSS – Memorandum

 •    Marktoetrede 
      -    Hindernisse blokkeer ander produsente van toetrede tot die mark vir
           dieselfde produk 
             Natuurlike monopolieë 
      -       Hoë ontwikkelingskoste is dikwels 'n rede – die verskaffing van elektrisiteit
              word dikwels as voorbeeld genoem
      -       Die oprigtingskoste van 'n kernkragsentrale kos miljarde 
      -       Bv. Eskom is 'n enkele besigheid in die land wat elektrisiteit verskaf  en
              funksioneer as 'n natuurlike monopolie en word gereeld beheer en
              gereguleer deur die owerheid 
             Kunsmatige monopolieë 
      -       Die hindernisse tot toetrede is nie-ekonomies van aard nie bv. 'n patentreg
              wat die wetlike reg is en aan die houer daarvan die eksklusiewe reg gee vir
              die vervaardiging van die produk 
      -       Patente word dikwels aangetref in die farmaseutiese bedryf 
      -       Lisensiëring bring ook kunsmatige monopolieë tot stand, bv. lisensies vir
              radio en TV uitsendings 
      -       Lisensies beskerm operateurs teen toetrede van ander mededingers 

 •    Ekonomieë van skaal 
      - Dit gee voordele aan groot, bestaande maatskappye 
      - waar die koste per eenheid daal soos die uitset styg 
      - Groot besighede se produksiekoste per eenheid is laer as dié van klein
         besighede, bv. Eskom 
 •    Die geografiese gebied 
      - Dit veroorsaak 'n natuurlike hindernis bv. een vakansieoord met 'n seefront
          met 'n eksklusiewe strand 
 •   Grootte van die mark 
     - Somtyds geniet 'n besigheid gunstige omstandighede in 'n sekere klein mark
         
     - Bv. daar is slegs een hardewarewinkel in 'n sekere klein dorpie 
 (Aanvaar enige ander relevante feite)                              (Maks. 26 punte)

 Ekonomiese wins                                                   Ekonomiese verlies
 Prys                                MC               Prys                       MK
 Koste                                                Koste                               GK
 Ink                                                  Ink K                   a
     P         a                        AC                P                   b

     C               b
                                                                              e
                         e
                             MI        GI                                     MI          GI
         0           q            Hoeveelheid                  0          q          Hoeveelheid

 (Ken ‘n maksimum van 8 punte toe vir grafieke)                                      (Maks 26 punte)
                                      Puntetoekenning per grafiek:
                                      Aandui van ekonomiese wins/verlies = 2 punte
                                      Korrekte trek en benoem van asse = 1 punt
                                      Korrekte trek en benoem van kurwes = 1 punt
                                              MAKSIMUM = 4 PUNTE PER GRAFIEK
Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                16                        DBE/November 2015
                                   NSS – Memorandum

 ADDISIONELE DEEL:

           LANG TERMYN EKONOMIESE WINS VAN DIE MONOPOLIS 
     Prys
     Koste
     Inkomste
        (10) P 1                  B                                 LMK 
                     

                                                                 LGK 

        (7) K                     D
                                                                     GI = VV 
                                                                    Puntetoekenning vir grafiek:

                                                                     •   Benoeming van asse          – 1 punt
                                       E                            •   Korrekte trek en benoem van
                                        MI                              koste kurwes                – 1 punt
                                                                         Korreikte trek en benoem van
                                                                         inkomstekurwes              - 1 punt
                                                                     •   Winsmaksimering             – 1 punt
                                                                     •   Gearseerde area (wins)     - 2 punte
                                                                                              Maks = 6 punte
                0          (100) H 1               Hoeveelheid

 •   Oor die langtermyn maak die monopolis 'n ekonomiese wins 
 •   Die LMK kurwe sny die LGK-kurwe by sy minimumpunt 
 •   Winsmaksimeringspunt is by punt E (LMK = MI) waar produksie Q1 is teen 'n prys
     van P1 per eenheid/Die monopolis sal Q1 (100) produseer teen 'n prys van P1 (10)
     
 •   By hierdie produksievlak is die gemiddelde inkomste R10 en die gemiddelde koste
     R7 
 •   Dus maak die monopolis 'n wins van R3 per eenheid (totale ekonomiese wins van
     R300). Die totale ekonomiese wins word voorgestel deur die gearseerde (skadu)
     deel                                                         (Maks. 10 punte)

 SAMEVATTING/SLOT

 Die monopolis is 'n prysbepaler, maar hy kan nie 'n prys onafhanklik van sy uitset
 vasstel nie. 'n Hoër prys sal dus altyd 'n kleiner hoeveelheid tot gevolg hê  (2)                [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                              17                     DBE/November 2015
                                 NSS – Memorandum

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Toerisme is wêreldwyd die vinnigste groeiende bedryf.
•   Ondersoek, in besonderhede, die uitwerking van toerisme op die Suid-
    Afrikaanse ekonomie.                                           (26 punte)
•   Hoe kan inheemse kennisstelsels gebruik word om toerisme in Suid-Afrika te
    bevorder?                                                    (10 punte)            [40]

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   18                         DBE/November 2015
                                      NSS – Memorandum
INLEIDING

Dis die aktiwiteite van mense wat reis en bly in plekke buite hul gewone omgewing vir
'n tydperk nie langer as een aaneenlopende jaar nie , vir ontspanning, besigheid of
ander redes en nie verwant aan 'n vergoeding by die plek wat besoek word nie 
                                                                            (Maks 2)
INHOUD
HOOFDEEL

•   Bruto binnelandse produk (BBP)
Toerisme het die grootste impak op die dienste industrie, meer as landbou of
vervaardiging, alhoewel daar 'n aansienlike effek is as landbou voedsel aan
restaurante verskaf en vervaardiging wat voertuie vir vervoer verskaf 
           Direkte bydrae tot die BBP 
        -   Statistiek Suid-Afrika (SSA) toon dat inwaartse toeriste in 2010 R69 biljoen
            bygedra het en binnelandse toeriste R99 biljoen, wat R168 biljoene bedra
        -   omtrent 3% van Suid-Afrika se BBP 
            Indirekte bydrae tot BBP 
        -   As die indirekte bydrae bygevoeg word, dra toerisme omtrent 7% by tot die
            BBP 
        -   Die WRRT beraam dat toerisme 9% tot die BBP van die wêreldekonomie in
            2011 bygedra het 
        -   In ontwikkelende ekonomieë is die sektor verantwoordelik vir omtrent 40%
            van die BBP terwyl dit verantwoordelik is vir meer as 65% van die BBP in
            ontwikkelde lande se BBP 
        -   Suid-Afrika is soortgelyk aan dié van ontwikkelde ekonomieë en dienste dra
            meer as 67% van die BBP by in 2011 
•     Indiensneming 
    -      Toerisme het 'n groot uitwerking op indiensneming en dit bedra tot 1.18 m.
            werkers in 2011 
    -      Toerisme is die wêreld se grootste verskaffer van werksgeleenthede en wel
            om die volgende redes:
            Toerisme is arbeidsintensief 
            - Meer werk kan geskep word met elke eenheid kapitaal belê in toerisme
              as in enige ander nywerheid 
            Toerisme gebruik baie vaardighede 

             - Dit strek van rekenmeesters en haarkappers tot toergidse en
               spoorsnyers – verskeie vaardighede word benodig in toerisme 
             Toerisme kan vinnig werksgeleenthede skep 
             - As 'n kwart van ondernemings wat toeriste-akkommodasie in SA
               verskaf, kunstenaars begin gebruik om gaste te vermaak, kan daar
               binne 'n paar dae werk aan duisende kunstenaars verskaf word 
             Toerisme bied geleenthede aan entrepreneurs 
             - Die toerisme industrie akkommodeer informele sektor ondernemings,
               wat wissel van handwerk- en vrugtesmouse tot sypaadjiehandelaars,
             - verhuurders van strandstoele 

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    19                         DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

Armoede 
   - Toerisme word wyd erken as een van die vinnigste en mees effektiewe
     herverspreidingsmeganismes in ontwikkeling 
   - Dit bring ontwikkeling na arm mense in plattelandse gebiede 
   - Toerisme bied 'n alternatief vir verstedeliking en laat mense toe om steeds as
     familie 'n bestaan op die platteland te maak waardeur vroue en kinders ook
     bemagtig word (bv. Begin 'n kleinskaalse toerismeonderneming wat op
     gemeenskapsbates konsentreer (woude, parke en riviere) 

•     Eksternaliteite 
      - Die vinnig groeiende toerismebedryf kan positiewe en negatiewe invloede hê
        wat tot ver in die toekoms in strek 
      - Hoewel toerisme 'n groot inkomste gee kan dit ook onnodige skade aan die
        omgewing aanrig wat die basis van die nywerheid kan benadeel 
      - Soos alle ander ekonomiese bedrywighede gebruik toerisme hulpbronne en
        produseer afval – dit skep omgewings, sosiale en kulturele koste en voordele
        
      - Vinnige groei in toerisme wat op korttermynvoordele afgestem is het gewoonlik
        meer negatiewe as positiewe gevolge. Tradisies en kulturele waardes verval,
        skade aan terreine en die natuurlike omgewing 

•     Omgewing 
      Toeriste aktiwiteite skep omgewingstres:
      - Permanente        herstrukturering van  die   omgewing       wat    belangrike
        konstruksiewerk insluit 
      - Afvalprodukte soos biologiese en nie-biologiese afval wat visproduksie kan
        benadeel 
      - Direkte omgewingstres veroorsaak deur toeriste-bedrywighede soos
        vernietiging van koraalriwwe 
      - Effek op bevolkingsdinamika soos migrasie en groter stedelike digtheid 

•      Investering 
       Toereikende fisiese, ekonomiese en basiese dienste infrastruktuur is noodsaaklik
      vir toeriste bestemmings, wat beteken dat hulle investeer in die volgende:
       - Vervoerinfrastruktuur, bv. Paaie, spoorlyne 
       - Kommunikasie infrastruktuur soos telefoonlyne en elektroniese seinstasies 
       - Energie infrastruktuur soos elektrisiteit en vloeibare brandstowwe 
    -      Basiese dienste infrastruktuur bv. Skoon water en afvalverwydering 
                                                                               (Maks. 26)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  20                          DBE/November 2015
                                     NSS – Memorandum

ADDISIONELE DEEL

Hoe kan Inheemse Kennisstelsels gebruik word om toerisme in Suid-Afrika te
bevorder?

•  Meer kultuurdorpies kan gebou word om toerisme te bevorder, bv. Shangana in
   Mpumalanga, Basotho in die Vrystaat en Simunye Zulu Lodge in Kwazulu-Natal,
   waar gidse verduidelik en deur storieverstelling die inheemse kennispraktyke
   demonstreer 
• Advertensieveldtogde binnelands en internasionaal deur reisagentskappe, hotelle
   en B & B, oornagakkommodasie en SA Toerisme wat kan fokus op die
   bevordering van hierdie erfenisterreine in brosjures en strooibiljette en die sosiale
   media. Hierdie optrede sal toeriste meer bewus maak van hierdie aantreklikhede
   
• Moedig toeriste aan om die verskillende kulture en dorpe te ervaar - beleef die
   lewe tuis by 'n huishouding en eet by 'n sjebien of dorpsrestaurant 
• Wêrelderfenisterreine van Suid-Afrika is gekies vir hul kulturele belangrikheid bv.
   Die wieg van die mensdom by Sterkfontein, Mapungubwe ruïnes en argeologiese
   fondse in Limpopo, Richtersveld kulturele en botaniese landskap, Vredefort
   koepel en Robbeneiland 
• Omgewingswêrelderfenisterreine van Suid-Afrika is gekies vanweë hul natuurlike
   belangrikheid nl. Die Kaapse Fynbosstreek, Isimangaliso Vleilandpark en die
   uKhahlamba/Drakensberg Park, wat gekies is vanweë verskeie belangrike
   aspekte 
• Kunste en kultuurfeeste, bv. Die Nasionale kunstefees in Grahamstad, die
   Hermanus Fees, Awesome Africa Music Festival en Macufe African Cultural
   Festival 
• Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie, maak die grootste deel van die Suid-
   Afrikaanse bevolking gebruik van tradisionele medisyne vir gesondheid, sosaiaal-
   kulturele en ekonomiese redes en vorm deel van die unieke ondervinding wat
   toeriste beleef as hulle plaaslike dorpies besoek 
• In Suid-Afrika word toeriste meer bewus gemaak van die belangrike rol wat
   tradisionele medisyne speel in armoedeverligting en werkskepping 
• Verslapping van beperkende toeriste visawette om makliker toetrede tot Suid-
   Afrika te verseker 
(Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                    (Maks. 10)
Samevatting/Slot
Suid-Afrika trek meer as 7,8 miljoen toeriste in 2011/Vir elke 8.1 addisionele toeriste
na Suid-Afrika, word een nuwe werksgeleentheid geskep/een persent toename in
toerisme dra R532 miljoen jaarliks tot die SA ekonomie by                 (Maks. 2)
(Aanvaar enige ander relevante slot)                                                         [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:           40

                                                                       GROOTTOTAAL            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P2 Nov 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2015-memo-eng/b9d108c8-dee7-4edd-b6e0-86a83081b665) — Economics · Memo · 2015 · Eng
- [Economics P2 June July 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-june-july-2015-memo-afr/5afa4894-3b89-4ecb-a614-4674339826f6) — Economics · Memo · 2015 · Afr
- [Economics P2 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2017-memo-eng/75fe79dc-5067-4113-aa9a-b15a64821265) — Economics · Memo · 2017 · Eng
- [Economics P2 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-memo-eng/508d2e06-2851-499d-9d6f-83894f520210) — Economics · Memo · 2016 · Eng
- [Economics P2 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-memo-afr/b4dfb506-dfe9-4930-b505-6849623db422) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-paper/14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679) — Economics · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
