# Economics Grade 12 P2 NSC November 2016 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-afr/bc09b176-bf84-4ca4-9c47-fed330569164
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC November 2016 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-afr/bc09b176-bf84-4ca4-9c47-fed330569164)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                   EKONOMIE V2

                                 NOVEMBER 2016

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  2                       DBE/November 2016
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     3                       DBE/November 2016
                                               NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                        30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) neer, kies die antwoord en maak 'n
         kruisie (X) oor die letter (A–C) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

         VOORBEELD:

         1.1.9         A           B            C

         1.1.1        'n Voorbeeld van 'n veranderlikekoste-item:

                      A    Elektrisiteit
                      B    Huur
                      C    Versekering

         1.1.2        Die helling van die vraagkurwe van 'n individuele firma onder
                      volmaaktemark-toestande ...

                      A    is vertikaal.
                      B    is horisontaal.
                      C    neig afwaarts van links na regs.

         1.1.3        Die winsgewendheid van          'n   monopolis   hang    van    die
                      produksiekoste en ... af.

                      A    besparings
                      B    die aantal mededingers
                      C    vraag

         1.1.4        Die koste en voordele vir derde partye wat NIE by die markprys
                      ingesluit is NIE, staan as ... bekend.

                      A    sosiale koste
                      B    eksternaliteite
                      C    produksiekoste

         1.1.5        Die verhouding van die BBP teen huidige pryse tot die BBP teen
                      konstante pryse word die ... BBP-deflator genoem.

                      A    implisiete
                      B    eksplisiete
                      C    konstante

         1.1.6        Die verskeidenheid plant- en dierelewe in 'n bepaalde habitat word
                      ... genoem.

                      A    biodiversiteit
                      B    die koolstofspoor
                      C    ontbossing

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    4                           DBE/November 2016
                                              NSS

         1.1.7         'n Ekonomiese situasie waar daar 'n hoë inflasiekoers saam met
                       'n hoë werkloosheidskoers is, staan as ... bekend.

                       A     deflasie
                       B     stagflasie
                       C     hiperinflasie

         1.1.8         Toerisme kan help om ... in Suid-Afrika te verminder.

                       A     werksgeleenthede
                       B     besparings
                       C     armoede                                                  (8 x 2)       (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

                         KOLOM A                                KOLOM B
         1.2.1       Privaat koste              A    'n algemene prysstyging wat deur
                                                     'n styging in faktorkoste veroorsaak
         1.2.2       Gelykbreekpunt                  word

         1.2.3       Nywerheid                  B    uitgawes wat tydens die
                                                     vervaardiging van 'n artikel deur
         1.2.4       Disekonomieë van skaal          besighede aangegaan word

         1.2.5       Prysdiskriminasie          C    situasie waar die besigheid nie
                                                     'n wins of verlies toon nie
         1.2.6       Grondbesoedeling
                                                D    besighede wat soortgelyke produkte
         1.2.7       Koste-druk-inflasie             vervaardig

         1.2.8       Bemarkbare permitte        E    soliede afval, byvoorbeeld
                                                     plastieksakke en rommel, wat nie
                                                     gestort kan word nie

                                                F    die styging in die persentasie uitset
                                                     is minder as die styging in die
                                                     persentasie inset

                                                G    gee aan besighede die reg om tot
                                                     'n sekere mate te besoedel

                                                H    verbruikers wat goedere verkoop

                                                I    kopers betaal verskillende bedrae
                                                     vir dieselfde produk
                                                                                    (8 x 1)         (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  5                         DBE/November 2016
                                            NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        Die wins wat die produsent bo en behalwe die normale wins
                      ontvang

         1.3.2        Die tydsduur (periode) waartydens minstens een produksiefaktor
                      onveranderd bly

         1.3.3        Waar kopers en verkopers van goedere en dienste vir die doel van
                      handel in wisselwerking is

         1.3.4        Die wetlike reg waardeur die houer die alleenreg verkry om 'n
                      produk te vervaardig

         1.3.5        Gasse wat die hitte binne die Aarde se atmosfeer vasvang en tot
                      aardverwarming bydra

         1.3.6        Die waarde van die alternatief wat prysgegee word wanneer
                      'n keuse by die produksie van twee produkte gemaak word (6 x 1)         (6)

                                                              TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                                     6                              DBE/November 2016
                                                               NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE                             van   die    drie   vrae   in   hierdie   afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1                        Noem enige TWEE instellings wat onregverdige mededinging in
                                      Suid-Afrika reguleer.                                (2 x 1)                     (2)

         2.1.2                        Hoe sal produsente by minimum pryse wat deur die regering
                                      geïmplementeer word, baat vind?                    (1 x 2)                       (2)

2.2      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                     EKONOMIESE VERLIES

                 Koste/Inkomste (R)
                                                                         MK
                                                                                       GTK

                                                               F
                      90
                                          Ekonomiese verlies
                      50                                                                        MI
                                                                E

                                      0
                                                               100                            Uitset

         2.2.1                        Identifiseer die markstruktuur in die grafiek hierbo.                            (1)

         2.2.2                        Gee die waarde van die markprys wat hierbo uitgebeeld word.                      (1)

         2.2.3                        Hoe sal hierdie ewewigsposisie op lang termyn verander?                          (2)

         2.2.4                        Watter omstandighede moet bestaan om hierdie besigheid te laat
                                      sluit?                                                                           (2)

         2.2.5                        Bereken die ekonomiese verlies wat hierdie besigheid in die
                                      gesig staar.                                                                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    7                            DBE/November 2016
                                              NSS

2.3       Bestudeer die illustrasie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                OPENBARESEKTOR-PROJEK:
  •   Boukoste
                                   CHEMIESE FABRIEK
  •   Arbeidsmag
  •   Hoëgehaltetoerusting
                                                                    •   Toename in inkomste
  •   Natuurlike hulpbronne
                                                                    •   Toename in besparings
  • Besoedeling
                                                                    •   Nuwe werksgeleenthede
                                                                    •   Gehalte-dienslewering
                                                                    •   Hoëgehalteproduk
         R12 m.

                                                                          R16 m.
                          KOSTE

                                                        VOORDEEL

          2.3.1       Identifiseer EEN eksterne koste in die projek hierbo.                          (1)

          2.3.2       Identifiseer 'n maatskaplike voordeel in die projek hierbo.                    (1)

          2.3.3       Wat kan die staat doen om die eksterne koste van die projek
                      hierbo te verminder?                                                           (2)

          2.3.4       Hoe sal die staat voordeel trek uit die goedkeuring van die projek
                      hierbo?                                                                        (2)

          2.3.5       Waarom behoort die staat 'n koste-voordeel-ontleding te doen
                      voordat daar met 'n nuwe projek begin word?            (2 x 2)                 (4)

2.4       Onderskei tussen         produktiewe      ondoeltreffendheid     en     toedelings-
          ondoeltreffendheid.                                                         (2 x 4)        (8)

2.5       Hoe kan gedifferensieerde produkte verbruikers en produsente in 'n
          monopolistiese mededingende mark beïnvloed?                                                (8)
                                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   8                             DBE/November 2016
                                             NSS

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Noem enige TWEE millenniumontwikkelingsdoelwitte wat deel
                      uitmaak van die internasionale ooreenkomste wat 'n volhoubare
                      omgewing verseker.                                     (2 x 1)               (2)

         3.1.2        Hoe kan belasting gebruik word om omgewingsvolhoubaarheid te
                      verseker?                                            (1 x 2)                 (2)

3.2      Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   ARBEIDSMARK – LOONEISE

         Die Nasionale Unie van Mynwerkers (NUM) het 'n 84%-verhoging in
         die basiese salaris vir intreevlak-goudmynwerkers geëis, ongeveer
         10 persentasiepunte hoër as hul vorige eise. NUM, wat 57% van die
         werkers in die goudmynbedryf verteenwoordig, wil hê dat werkgewers
         intreevlakwerkers R10 500 per maand moet betaal.

         Intreevlak-gouddelwers verdien tans ongeveer R5 700 per maand, wat
         verskeie toelaes wat by hulle salarispakkette ingesluit is, uitsluit. Die eis vir
         loonverhogings wat hoër as die inflasiekoers is, was skynbaar 'n tendens wat
         by baie nywerhede voorgekom het. Werkers in die vervoerbedryf, wat deur
         SATAWU verteenwoordig word, het in 2015 'n 25%-verhoging vir alle
         werknemers geëis.
                                                    [Bron: www.publicnewshub.com, Junie 2015]

         3.2.1        Identifiseer die persentasie loonverhoging in die uittreksel hierbo
                      wat deur werkers in die vervoerbedryf geëis is.                              (1)

         3.2.2        Watter vakbond verteenwoordig die werkers in die mynbousektor
                      hierbo?                                                                      (1)

         3.2.3        Waarom is die vervoerwerkers se looneis onrealisties?                        (2)

         3.2.4        Verduidelik kortliks EEN rede vir die buitensporige looneis hierbo.          (2)

         3.2.5        Wat sal die uitwerking op die mynbedryf wees indien die looneis vir
                      R10 500 per maand vir intreevlakwerkers toegestaan word?
                                                                                  (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                              9                                       DBE/November 2016
                                                        NSS

3.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 Menslike vingerafdrukke kom
                                   oral in ons klimaat voor
                        Verkoelende boonste                                       Minder hitte
                             atmosfeer                                            ontsnap na
                                                                                   die ruimte
                                                                                                          Meer fossiel-
                                                                                                           brandstof-
                   Winter word                                                                             koolstof in
                 vinniger warm                Minder suurstof                  Meer hitte keer               die lug
                    as somer                     in die lug                    terug Aarde toe

              Nagte word vinniger
                 warm as dae                                                                           Patroon van
                                                                           Meer fossiel-
                                                                         brandstof-koolstof              oseaan-
                                          Meer                               in koraal                 verwarming
                                    fossielbrandstof-
                                    koolstof in bome

                                      AARDVERWARMING: DIE DEBAT
         Daar is 'n 97 persent-konsensus onder klimaatkundiges en in klimaatwetenskap-
         literatuur dat aardverwarming deur die mens veroorsaak word. Die
         wetenskaplike bewyse vir hierdie probleem is oorweldigend.
         Daar is egter steeds 'n klein minderheid stemme wat die geldigheid van sulke
         aansprake bevraagteken en verkies om die menigte bewyse te betwyfel. Hulle
         beweer dat onlangse veranderinge wat aan menslike aktiwiteite toegeskryf word,
         as deel van die natuurlike variasies in die Aarde se klimaat en temperatuur
         beskou kan word.
         Ekonome is dit eens dat dit baie goedkoper sal wees om maatreëls in te stel om
         fossielbrandstofuitlaatgasse te verminder as om die gevolge te hanteer as dit nie
         gedoen word nie.
                                                                [Aangepas uit Skeptical Science, September 2015]

         3.3.1         Wat, volgens die inligting hierbo, moet verminder word om
                       aardverwarming te vermy?                                                                           (1)
         3.3.2         Identifiseer EEN negatiewe uitwerking van aardverwarming.                                          (1)

         3.3.3         Beskryf kortliks die term klimaatsverandering.                                                     (2)
         3.3.4         Waarom bied besighede weerstand teen die omskakeling na meer
                       omgewingsvriendelike produksiemetodes?                                                             (2)
         3.3.5         Wat kan gedoen word om die vrystellings wat deur die verbranding
                       van fossielbrandstowwe veroorsaak word, te verminder?     (2 x 2)                                  (4)
3.4      Onderskei tussen bewaring ('conservation') en beskerming ('preservation').
                                                                               (2 x 4)                                    (8)
3.5      Watter raad sal jy aan die Minister van Finansies gee om die uitwerking van
         negatiewe eksternaliteite wat deur toerisme veroorsaak word, te oorkom?
                                                                               (4 x 2)                                    (8)
                                                                                                                          [40]
Kopiereg voorbehou                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  10                          DBE/November 2016
                                            NSS

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Noem enige TWEE tipes toerisme.                             (2 x 1)       (2)

         4.1.2        Waarom is 'n volmaakte mededinger nie in staat om die markprys
                      te beïnvloed nie?                                      (1 x 2)            (2)

4.2      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     Prys                  MONOPOLIEMARK
                    Koste
                 Inkomste

                                     MI               V

                                                                   Hoeveelheid

         4.2.1        Watter kromme verteenwoordig die gemiddelde-inkomste (GK)-
                      kromme?                                                                   (1)

         4.2.2        Hoeveel firmas domineer hierdie tipe mark?                                (1)

         4.2.3        Waarom lê die       marginale-inkomste(MI)-kromme     onder     die
                      vraagkromme?                                                              (2)

         4.2.4        Waarom sal die monopolis nie uitermate hoë pryse vir sy/haar
                      produk kan vra nie.                                                       (2)

         4.2.5        Teken die grafiek hierbo in die ANTWOORDEBOEK oor.
                      Dui ekonomiese wins op jou grafiek aan deur die gemiddeldekoste-
                      (GK)-kromme en marginalekoste(MK)-kromme op dieselfde
                      assestelsel in te voeg.                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    11                             DBE/November 2016
                                              NSS

4.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            TOERISME: 'N SLEUTEL-GROEISEKTOR

         Toerisme word as 'n moderne groeiwerktuig beskou en is wêreldwyd een van
         die grootste bedrywe. G20-staatshoofde het in 2014 toerisme as 'n drywer
         van groei en ontwikkeling erken, sowel as 'n sektor met die potensiaal om
         wêreldwyd ekonomiese herstel aan te spoor.

         Suid-Afrika het toerisme as 'n sleutelsektor met uitstekende groeipotensiaal
         aangewys: die regering poog om toerisme se bydrae tot die ekonomie, direk
         en indirek, te vergroot.

         Suid-Afrika se asemrowende natuurskoon, vriendelike mense en wêreldklas-
         infrastruktuur maak dit een van die gesogste bestemmings in die wêreld.

         Die streeks-Afrika-toeristemark is Suid-Afrika se belangrikste toeristemark.
         Dit het in 2014 meer as 73% van die totale toeriste-aankomste en meer as
         R50 miljard in inkomste bygedra.

         Toerisme is 'n arbeidsintensiewe sektor met 'n toevoerketting wat oor
         verskillende sektore strek, en as sodanig is dit 'n prioriteitsektor in die
         regering se beplannings- en beleidsraamwerke.
                                                       [Aangepas uit South Africa.info, Mei 2016]

         4.3.1        Gee EEN rede in die uittreksel hierbo waarom Suid-Afrika as
                      'n baie gewilde toeristebestemming beskou word.                                 (1)

         4.3.2        Identifiseer in die uittreksel hierbo waarom die toeristebedryf as
                      'n sleutelsektor aangewys is.                                                   (1)

         4.3.3        Beskryf die term toerisme kortliks.                                             (2)

         4.3.4        Gee EEN rede waarom die toeristebedryf teen so 'n vinnige koers
                      groei.                                                                          (2)

         4.3.5        Hoe kan die toeristebedryf, na jou mening, die arm landelike
                      gemeenskappe van Suid-Afrika bevoordeel?             (2 x 2)                    (4)

4.4      Verduidelik die doelwitte van die Suid-Afrikaanse mededingingsbeleid.                        (8)

4.5      Hoe misluk verbruikers as die vernaamste markrolspelers in die beskerming
         van die omgewing?                                                                            (8)
                                                                                                      [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:                 80

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     12                             DBE/November 2016
                                               NSS

AFDELING C

Beantwoord enige EEN            van    die   twee    vrae    in   hierdie    afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                              TOEKENNING
Inleiding                                                                         Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/                     Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer

Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/                   Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                             Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
     enige feite wat reeds genoem is
• Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
     versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                                  40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                            40 PUNTE – 40 MINUTE

Die oligopolie is 'n noodsaaklike markstruktuur in 'n vryemarkstelsel.

•   Bespreek 'n oligopolie as 'n markstruktuur in besonderhede.         (26 punte)
•   Verduidelik, met behulp van 'n goed benoemde grafiek, waarom die oligopolis nie
    oor prys sal meeding om sy/haar markaandeel te vergroot nie.        (10 punte)                  [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE

Inflasie vind sy oorsprong in die vraag- of aanbodkant van die ekonomie.

•   Ondersoek die oorsake van vraag-trek-inflasie in besonderhede.   (26 punte)
•   Hoe suksesvol was monetêre beleidsmaatreëls in die bekamping van vraag-trek-
    inflasie in Suid-Afrika?                                         (10 punte)                     [40]

                                                                    TOTAAL AFDELING C:              40
                                                                        GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P2 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-memo-eng/508d2e06-2851-499d-9d6f-83894f520210) — Economics · Memo · 2016 · Eng
- [Economics P2 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-memo-afr/b4dfb506-dfe9-4930-b505-6849623db422) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [Econ P2 Qp Eng](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-qp-eng/ee87e601-aa9b-4002-832d-655baa4bfc54) — Economics · QP · 2016 · Eng
- [Economics P2 May June 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2016-afr/ea2530ca-e3d2-4f30-8d5c-897bfb78e5c1) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Economics P2 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2018-eng/16738739-9f23-4569-9bcb-c0b81011e34b) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [Economics P2 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2014-eng/a0605149-0015-4c96-8a8d-a943ea910a5c) — Economics · QP · 2014 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
