# Economics Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2017-afr/e1d5f7a4-fabc-4aba-8759-114d2801d293
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2017-afr/e1d5f7a4-fabc-4aba-8759-114d2801d293)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                                  NATIONAL
                             SENIOR SERTIFIKAAT
                                    CERTIFICATE

                                      GRAAD
                                      GRADE 12

                         ECONOMICS
                            EKONOMIE
                                   PAPER
                                      V2 1
                 MACROECONOMICS & ECONOMIC PURSUITS
                           NOVEMBER
                             MARCH 2016
                                     2017

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  2                       DBE/November 2017
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   3                        DBE/November 2017
                                             NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                      30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

         1.1.1        Om sluiting te voorkom, moet die volmaakte mededinger in staat
                      wees om die ... koste te dek.

                      A    gemiddelde veranderlike
                      B    gemiddelde
                      C    arbeids-
                      D    vaste

         1.1.2        Goedere wat nie-uitsluitbaar en nie-mededingend is, staan as ...
                      goedere bekend.

                      A    verbruikers-
                      B    kapitaal-
                      C    gemeenskaps-
                      D    skaars

         1.1.3        Wanneer 'n besigheid NIE teen die laags moontlike koste
                      produseer NIE, verwys dit na ... ondoeltreffendheid.

                      A    toedelings-
                      B    verbruikers-
                      C    goedere-
                      D    produktiewe

         1.1.4        Die aard van 'n produk onder toestande van monopolistiese
                      mededinging is ...

                      A    homogeen.
                      B    gedifferensieerd.
                      C    staties.
                      D    omgewingsvriendelik.

         1.1.5        'n Voorbeeld van produkte waarop omgewingsbelasting gehef
                      word, is ...

                      A    motorsitplekke.
                      B    motorbande.
                      C    dakteëls.
                      D    klere.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                      4                            DBE/November 2017
                                                NSS

         1.1.6         Die vernaamste doelwit van Suid-Afrikaanse Toerisme (SAT) is om
                       Suid-Afrika as 'n toeristebestemming by ... toeriste te bevorder.

                       A      binnelandse en internasionale
                       B      slegs binnelandse
                       C      slegs internasionale
                       D      slegs sake-

         1.1.7         Wanneer die omgewing op so 'n manier bestuur word dat dit
                       ongeskonde bly, staan dit as ... bekend.
                       A      natuurskoon
                       B      bestuur
                       C      beskerming
                       D      bewaring

         1.1.8         Die stelling 'te veel geld jaag te min goedere' omskryf ...-inflasie.

                       A      hiper
                       B      aanbod
                       C      vraagtrek
                       D      loon                                                      (8 x 2)       (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                      KOLOM A                                  KOLOM B
         1.2.1       Eksplisiete koste      A    moedig mense aan om nuwe produkte van
                                                 dieselfde reeks te koop
         1.2.2       Kartel
                                            B    arbeidsintensief en gebruik baie
         1.2.3       Handelsmerk                 vaardighede

                                         C       'n gevolg van ontbossing
         1.2.4       Onvolmaakte markte
                     ('missing markets') D       werklike uitgawes wat 'n besigheid
                                                 aangaan vir insette in die produksieproses
         1.2.5       Kostedrukinflasie
                                            E    onvolledig omdat dit nie aan die vraag na
         1.2.6       Toerismebedryf              sekere goedere kan voldoen nie

         1.2.7       Gronderosie            F    besighede in dieselfde bedryf sluit 'n
                                                 ooreenkoms om hoeveelhede en pryse
         1.2.8       Bevel-en-beheer-            te bepaal
                     maatreëls
                                            G    kom voor wanneer die prys van
                                                 grondstowwe styg

                                            H    maklik beskikbare krediet

                                            I    behels die vasstelling van maksimum
                                                 toelaatbare vlakke van hulpbrongebruik,
                                                 byvoorbeeld ton vis gevang
                                                                                     (8 x 1)          (8)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   5                              DBE/November 2017
                                             NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        'n Voorbeeld van stilswyende samespanning waar 'n dominante
                      besigheid die prys sal bepaal en die ander sal volg

         1.3.2        Koste wat deur die verbruiker betaal word wat NIE by die markprys
                      ingesluit word NIE

         1.3.3        Die tydperk waartydens die volmaakte mededinger ekonomiese
                      wins kan maak

         1.3.4        Pryse van sekere goedere wat deur die owerheid vasgestel of
                      beheer word, byvoorbeeld brandstof

         1.3.5        Toeriste wat museums, kunsgalerye en gebiede besoek
                      wat 'n sekere leefstyl uitbeeld, byvoorbeeld die Apartheidsmuseum

         1.3.6        Die vrystelling van skadelike gasse in die atmosfeer            (6 x 1)       (6)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                 30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                       6                             DBE/November 2017
                                                 NSS

AFDELING B
Beantwoord enige TWEE            van    die      drie   vrae   in   hierdie   afdeling   in     die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                             40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1      Beantwoord die volgende vrae.
         2.1.1        Gee enige TWEE voorbeelde van positiewe eksternaliteite. (2 x 1)                  (2)
         2.1.2        Hoekom betaal mense in landelike gebiede soms hoër pryse vir
                      goedere en dienste as diegene wat in stedelike gebiede woon?
                                                                                (1 x 2)                 (2)
2.2      Bestudeer die grafieke hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                            DIE MONOPOLIE
                 Prys-
                 inkome
                                                               Die pryse van goedere en
                                                               dienste in 'n monopoliemark is
                                                               onderhewig aan die hoogste
                                                               inkome wat dit kan verkry en
                                                               die vraag na die produk.

                     R50
                     R40

                                                                                vv=GI
                                       MR
                                       MI                                       vv=GI

                 Inkome                       100        120         Hoeveelheid

                                 Hoogste
                            inkome verkrygbaar

                                                                         TI

                                                 100     120         Hoeveelheid

         2.2.1        Identifiseer enige faktor wat die pryse van goedere en dienste vir
                      die monopolie kan beïnvloed.                                                      (1)
         2.2.2        Teen watter prys moet die monopolis verkoop om maksimum
                      inkome te behaal?                                                                 (1)
         2.2.3        Wat is die aard van die produk van 'n tipiese monopolis?                          (2)
         2.2.4        Watter krommes word verlang om te bepaal hoeveel wins die
                      monopolis sal maak?                                                               (2)
         2.2.5        Hoekom sal jy die monopolis ontmoedig om die prys van die
                      produk drasties te verhoog?                        (2 x 2)                        (4)
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   7                          DBE/November 2017
                                             NSS

2.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 'N KOSTE-VOORDEEL-SCENARIO

                                                     Hieronder is die koste-voordeel-
                                                     analise(KVA)-bevindinge wat
                                                     betrekking het op verskillende projekte
                                                     vir 'n bepaalde gemeenskap.

                                                      ALTERNATIEF      KOSTE        VOORDELE
                                                                     (R miljoen)    (R miljoen)
                                                     A – pad            100              50
                                                     B – park           150             200
                                                     C – hospitaal      120             200
                                                     D – lughawe        80              100
                                                                [Aangepas uit www.google.co.za]

         2.3.1        In die inligting hierbo, wie sal meer waarskynlik 'n KVA gebruik om
                      besluite te neem?                                                            (1)

         2.3.2        Identifiseer EEN projek in die data hierbo wat die owerheid vir
                      hierdie gemeenskap oorweeg.                                                  (1)

         2.3.3        Gee 'n rede waarom 'n KVA NIE van enige waarde vir die
                      motorwerktuigkundige in die spotprent sal wees NIE.                          (2)

         2.3.4        Volgens die data hierbo, watter projek sal die beste vir die
                      gemeenskap wees?                                                             (2)

         2.3.5        Waarom, dink jy, is dit belangrik om 'n KVA te doen wanneer
                      besluite oor groot projekte geneem moet word?        (2 x 2)                 (4)

2.4      Verduidelik die aard van die produk en marktoetrede as kenmerke van
         volmaakte mededinging.                                       (2 x 4)                      (8)

2.5      Hoe sal 'n monopolistiese mededinger, soos KFC, met ander
         kitskoshoenderverkooppunte meeding om sy markaandeel te vergroot?                         (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     8                             DBE/November 2017
                                               NSS

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Gee enige TWEE voorbeelde van vervoerinfrastruktuur wat vir
                      toerisme benodig word.                               (2 x 1)                    (2)

         3.1.2        Hoe kan 'n daling in inkomstebelastingkoerse tot vraagtrek-inflasie
                      bydra?                                                      (1 x 2)             (2)

3.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                HOOFLYN- EN KERNINFLASIE

  Die verbruikersprysindeks (VPI) is 'n belangrike instrument om hooflyninflasie te meet.
  Hooflyninflasie het in Junie 2016 van 5,8 persent tot 'n piek van 6,4 persent in
  Desember 2016 gestyg, sonder enige aanduiding dat dit gaan afplat. Die vernaamste
  rede daarvoor was die styging in mielie- en koringpryse wat deur die ernstige droogte
  veroorsaak is.

  Die stelselmatige styging in beide hooflyn- en kerninflasie, ondanks 'n swakker
  geldeenheid, dui daarop dat inflasieverwagtinge goed geanker bly, alhoewel dit by die
  boonste punt van die 3%–6%-teikenspektrum is.

                                                     [Aangepas uit Mail & Guardian, Februarie 2017]

         3.2.1        Identifiseer die indeks wat gebruik word om Suid-Afrika se
                      inflasiekoers te meet.                                                          (1)

         3.2.2        Gee die hoofrede vir die styging in die VPI-inflasie hierbo.                    (1)

         3.2.3        Beskryf kortliks die term kerninflasie.                                         (2)

         3.2.4        Hoe kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank verseker dat die VPI
                      binne die 3%–6%-teikenspektrum fluktueer?                                       (2)

         3.2.5        Bereken die persentasieverandering in die inflasiekoers tussen
                      Junie 2016 en Desember 2016. Toon ALLE berekeninge.                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   9                            DBE/November 2017
                                             NSS

3.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     INHEEMSE KENNISSTELSEL HET DIE POTENSIAAL OM
                              DIE EKONOMIE TE STIMULEER

         Navorsers en tradisionaliste glo dat Aloe Ferox, 'n inheemse plant, die
         potensiaal het om mense in die landelike en stedelike gebiede van Suid-Afrika
         te baat. Die plant, wat algemeen as Ikhala bekend staan, kan in die
         bergagtige streke, grasvlaktes en droë gebiede gevind word. Dit word vir
         medisinale doeleindes vir beide mens en dier gebruik. Die idee is om die groot
         internasionale vraag na Aloe Ferox-produkte beter te benut.

                                                              [Aangepas uit www.google.co.za]

         3.3.1        Identifiseer die Afrikanaam vir die plant, Aloe Ferox, in die
                      uittreksel hierbo.                                                           (1)

         3.3.2        Volgens die inligting hierbo, wat is die rede vir die hoë
                      internasionale vraag na Aloe Ferox-produkte?                                 (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die term inheemse kennisstelsel.                            (2)

         3.3.4        Hoe kan die kommersiële gebruik van Aloe Ferox tot die owerheid
                      se inkomste bydra?                                                           (2)

         3.3.5        Hoe kan Aloe Ferox-plante gebruik word om werkloosheid in
                      landelike en stedelike gebiede te verminder?      (2 x 2)                    (4)

3.4      Verduidelik die owerheid se gebruik van subsidies en permitte as maatreëls
         om omgewingsvolhoubaarheid te verseker.                            (2 x 4)                (8)

3.5      Hoe doeltreffend is inflasieteikens in Suid-Afrika om prysstabiliteit te
         verseker?                                                                                 (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  10                          DBE/November 2017
                                            NSS

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Noem enige TWEE maniere waarop huishoudings uit toerisme kan
                      voordeel trek.                                         (2 x 1)             (2)

         4.1.2        Hoe sal 'n nasionale minimum loon die aanbod van arbeid
                      beïnvloed?                                       (1 x 2)                   (2)

4.2      Bestudeer die illustrasies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 'N PAAR MAATSKAPPYE DOMINEER DIE SEMENTBEDRYF
                                 IN SUID-AFRIKA

                                                            [Aangepas uit www.google.co.za]

         4.2.1        Identifiseer die produkte   wat   deur   die   besighede      hierbo
                      geproduseer word.                                                          (1)

         4.2.2        Watter markstruktuur word hierbo uitgebeeld?                               (1)

         4.2.3        Hoekom sal 'n nuwe besigheid dit moeilik vind om tot hierdie tipe
                      mark toe te tree?                                                          (2)

         4.2.4        Wat word deur die onderlinge afhanklikheid van besighede in
                      hierdie markstruktuur geïmpliseer?                                         (2)

         4.2.5        Verduidelik, sonder die gebruik van 'n grafiek, hoekom besighede
                      in hierdie bedryf traag sal wees om die prys van hulle produk
                      te verlaag.                                               (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     11                      DBE/November 2017
                                               NSS

4.3      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                      Goed vir jou en
                                      die land!

                                                              [Aangepas uit www.google.co.za]

         4.3.1        Identifiseer enige TWEE vakansie-besienswaardighede wat die
                      mense op die bus gaan besoek.                        (2 x 1)              (2)

         4.3.2        Beskryf kortliks die term toerisme.                                       (2)

         4.3.3        Hoe kan plaaslike gemeenskappe         uit   nabygeleë     toeriste-
                      besienswaardighede voordeel trek?                                         (2)

         4.3.4        Watter strategieë kan gebruik word om toerisme in Suid-Afrika te
                      bevorder?                                               (2 x 2)           (4)

4.4      Verduidelik die negatiewe uitwerking van inflasie op beleggers en mense met
         'n vaste inkomste.                                                   (2 x 4)           (8)

4.5      Verduidelik, met behulp van 'n netjies benoemde grafiek, die uitwerking van
         maksimum pryse op die mark.                                                            (8)
                                                                                                [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                      12                            DBE/November 2017
                                                NSS

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling                             in    die
ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                         PUNTE-
                           STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                                       TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                                      Maks. 2
•    'n Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp verband
     hou, te definieer.
•    Moenie enige deel van die vraag by jou inleiding insluit nie.
•    Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
•    Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/              Maks. 26
Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik
Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
Trek 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die
                                                                                            Maks. 10
gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/
Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                                       Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat reeds
     genoem is, te herhaal
• Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
• 'n Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                                        40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                            40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Verduidelik, met behulp van DRIE aparte grafieke, die volgende korttermyn-
    ewewigsposisies in 'n volmaakte mark:
    - Ekonomiese wins (10 punte)
    - Ekonomiese verlies (8 punte)
    - Normale wins (8 punte)                                        (26 punte)
•   Hoe suksesvol is die mededingingsbeleid in die bevordering van 'n meer
    mededingende ekonomie?                                          (10 punte)                         [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek die VYF omgewingsprobleme/kwessies en die internasionale maatreëls
    wat geneem word om dié probleme op te los om 'n volhoubare omgewing te
    verseker.                                                         (26 punte)
•   Hoe gebruik Suid-Afrika beskerming/bewaring om 'n volhoubare omgewing te
    verseker?                                                         (10 punte)                       [40]

                                                                     TOTAAL AFDELING C:                40
                                                                         GROOTTOTAAL:                  150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P2 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2017-memo-eng/75fe79dc-5067-4113-aa9a-b15a64821265) — Economics · Memo · 2017 · Eng
- [Economics P1 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2017-afr/48efcc35-8633-4ec0-8862-da6aaffb31b1) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [GR12 ECON P2 Sept2017 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-econ-p2-sept2017-qp-eng/ee07c430-a1b8-4462-a224-b9f4533baf78) — Economics · QP · 2017 · Eng
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/498eaf17-b8bb-4092-a221-96afe7bd7aa2) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Economics P2 May June 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2017-eng/695f9083-05e8-422b-88cd-dd2a1d417b26) — Economics · QP · 2017 · Eng
- [Economics P2 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2018-eng/16738739-9f23-4569-9bcb-c0b81011e34b) — Economics · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
