# Economics Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2018-afr/76d68bf0-097e-4849-b7a8-3a16e290cc54
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2018-afr/76d68bf0-097e-4849-b7a8-3a16e290cc54)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                    EKONOMIE V2

                                  NOVEMBER 2018

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  2                       DBE/November 2018
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     3                          DBE/November 2018
                                               NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                           30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

         1.1.1        Eenheidskoste staan ook as ... koste bekend.

                      A    marginale
                      B    totale
                      C    gemiddelde
                      D    veranderlike

         1.1.2        Die aard van die produk wat in 'n suiwer oligopolie verhandel word,
                      is ...

                      A    gedifferensieerd.
                      B    homogeen.
                      C    heterogeen.
                      D    uniek.

         1.1.3        Die term 'lang termyn' verwys          na    'n   tydperk   waar    ...
                      produksiefaktore kan verander.

                      A    beide veranderlike en vaste
                      B    slegs veranderlike
                      C    slegs vaste
                      D    swewende

         1.1.4        'n Varsproduktemark is 'n goeie voorbeeld van 'n ... markstruktuur.

                      A    monopolisties mededingende
                      B    monopolie-
                      C    volmaak mededingende
                      D    oligopolie-

         1.1.5        Die Minister van ... is verantwoordelik vir fiskale beleid om die
                      ekonomie te stabiliseer.

                      A    Toerisme
                      B    Finansies
                      C    Handel
                      D    Omgewingsake

         1.1.6        Die owerheid kan ... belasting op omgewingsbesoedelaars hef.

                      A    'n invoer-
                      B    'n persoonlike-inkomste-
                      C    'n verbruikers-
                      D    groen

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                      4                          DBE/November 2018
                                                NSS

         1.1.7        Die toerismebedryf is ...-intensief.

                      A    kapitaal
                      B    geld
                      C    tegnologie
                      D    arbeids

         1.1.8        Die uitreik van 'n lisensie aan besighede wat hulle toelaat om tot
                      'n sekere mate te besoedel, staan as ... bekend.

                      A    bemarkbare permitte
                      B    wetgewing
                      C    belasbare permitte
                      D    lisensiëring                                                (8 x 2)      (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                       KOLOM A                                    KOLOM B
         1.2.1        Pareto-doeltreffendheid     A     vind plaas waar gemiddelde
                                                        inkomste aan gemiddelde koste
         1.2.2        Eksplisiete koste                 gelyk is
         1.2.3        Normale wins                B     'n volgehoue daling in die
                                                        algemene prysvlak oor 'n tydperk
         1.2.4        Heterogeen
                                                  C     maatreëls wat verseker dat die
         1.2.5        Deflasie                          maksimum vlak van 'n hulpbron
                                                        gebruik word, bv. ton vis gevang
         1.2.6        Bevel-en-beheerstelsels
                                                  D     die onbeheerde verwydering van
         1.2.7        Ontbossing
                                                        plantegroei op 'n onvolhoubare
         1.2.8        Produksieprysindeks               wyse

                                                  E     wanneer dit onmoontlik is om die
                                                        welvaart van een persoon te
                                                        vergroot sonder om die welvaart
                                                        van 'n ander persoon te benadeel

                                                  F     werklike besteding van 'n
                                                        besigheid, bv. lone en rente

                                                  G     word slegs volgens 'n mandjie
                                                        goedere bereken

                                                  H     totale inkomste is groter as totale
                                                        koste

                                                  I     produkte wat verskil, met ander
                                                        woorde, wat nie soortgelyk is nie
                                                                                       (8 x 1)      (8)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    5                            DBE/November 2018
                                              NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
         Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

         1.3.1        Die koste wat dieselfde bly selfs al verander die uitset

         1.3.2        'n Markstruktuur waar die individuele besighede prysnemers is

         1.3.3        Die addisionele inkomste verdien wanneer verkope met nog een
                      eenheid styg

         1.3.4        Lae groei, hoë werkloosheid en hoë inflasiekoerse kom gelyktydig
                      voor

         1.3.5        Die tipe toerisme waar toeriste na Suid-Afrika toe kom om
                      museums en kunsgalerye te besoek

         1.3.6        Hulpbronne wat vervang of herwin kan word                         (6 x 1)       (6)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:                  30

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   6                             DBE/November 2018
                                             NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE            van   die   drie   vrae   in   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1        Gee enige TWEE voorbeelde van natuurlike monopolieë.            (2 x 1)       (2)

         2.1.2        Wat is die hoofdoel van markte in die ekonomie?                 (1 x 2)       (2)

2.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        NUWE WYSIGINGS AAN WET OP MEDEDINGING

         Die owerheid het die Wet op Mededinging, 1998 (Wet 89 van 1998) ingestel
         om mededinging te bevorder en die doeltreffendheid van die Suid-Afrikaanse
         ekonomie te verbeter. Die Mededingingskommissie, Mededingingstribunaal
         en Mededingingsappèlhof speel 'n belangrike rol in die administrasie van die
         Wet.

         Maatskappye wat van samespanning verdink word, word ondersoek en indien
         hulle skuldig bevind word, word hulle swaar beboet. In die nuwe wysiging van
         artikel 73A van die Wet op Mededinging word voorsiening gemaak vir nuwe
         kriminele sanksies wat op individue toegepas gaan word.

                                                       [Aangepas uit Businesstech.co.za, 2016]

         2.2.1        Watter instelling beboet maatskappye wat aan samespanning
                      skuldig is?                                                                   (1)

         2.2.2        Wat is die rol van die Mededingingsappèlhof?                                  (1)

         2.2.3        Noem enige EEN doelstelling van die mededingingsbeleid.                       (2)

         2.2.4        Hoe bevoordeel mededinging op die mark die verbruiker?                        (2)

         2.2.5        Bespreek kortliks die sukses van die mededingingsbeleid van
                      Suid-Afrika.                                          (2 x 2)                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                        7                        DBE/November 2018
                                                  NSS

2.3      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           MONOPOLIE
      Koste/                                                   MK
      Inkomste
                                                                              GK

                                    a
         200

                                    b                 e
         150

         100                                      d

          50                           c

                                           MI                       VV/GI

               0                 100        150       180                Hoeveelheid

         2.3.1        Wat is die verkoopprys van die besigheid hierbo?                             (1)

         2.3.2        Identifiseer die letter in die grafiek hierbo wat die verlies-
                      minimeringspunt verteenwoordig.                                              (1)

         2.3.3        Beskryf kortliks die term monopolie.                                         (2)

         2.3.4        Waarom is die ewewigsposisie hierbo tipies van die kort termyn?              (2)

         2.3.5        Bepaal die verlies vir hierdie besigheid. Toon ALLE berekeninge.             (4)

2.4      Met behulp van 'n goedbenoemde grafiek (koste- en inkomstekrommes),
         verduidelik die sluitingspunt vir die individuele firma in 'n volmaakte mark.             (8)

2.5      Evalueer die impak (uitwerking) van samespanning op die ekonomie.                         (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     8                           DBE/November 2018
                                               NSS

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Gee enige TWEE voorbeelde van verbruikersinflasie.              (2 x 1)       (2)

         3.1.2        Wat is die hoofdoel van bewaring ('preservation')?              (1 x 2)       (2)

3.2      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           SUID-AFRIKA SE INFLASIE
           BEREIK SY LAAGSTE VLAK
                 SEDERT 2015

          Suid-Afrikaanse     voedselpryse
          het in Julie 2017 teen 'n stadiger
          koers as in Junie 2017 gegroei.                                    JA! Wanneer ek
          Die algemene pryspeil het in                                       werk kry, sal ek
          Junie met 5,1% gestyg, terwyl dit                                   iets kan koop.
          in Julie met 4,6% gestyg het. Dit
          het daartoe gelei dat die
          Reserwebank die repokoers met
          50 basispunte verlaag het. Dit
          was 'n reuseverandering van
          2012 toe die inflasiekoers 6,5%
          was.
                                                                  [Aangepas uit www.google.co.za]

         3.2.1        Identifiseer, in die inligting hierbo, die inflasiekoers wat buite die
                      inflasieteikengrens val.                                                      (1)

         3.2.2        Gee EEN rede vir die daling in die inflasiekoers.                             (1)

         3.2.3        Beskryf kortliks die term repo(terugkoop)koers.                               (2)

         3.2.4        Hoe sal 'n daling in die inflasiekoers lae-inkomsteverdieners
                      bevoordeel?                                                                   (2)

         3.2.5        Hoe kan prysstabiliteit die ekonomie positief beïnvloed?        (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                       9                            DBE/November 2018
                                                 NSS

3.3       Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  OMGEWINGSPROBLEME

     Ons het meer
    maatreëls nodig
   om ons oorlewing
      te verseker.
      Omgewing-
                                                           GROOT
   subsidies sal help.                                    Besighede

                                                                         [Bron: www.wikipedia, 2017]

          3.3.1          Identifiseer die tipe besoedeling in die spotprent hierbo.                    (1)

          3.3.2          Watter groot omgewingsprobleem kan die gevolg wees van die
                         sake-aktiwiteite hierbo?                                                      (1)

          3.3.3          Beskryf kortliks die term omgewingsvolhoubaarheid.                            (2)

          3.3.4          Watter impak (uitwerking) sal omgewingsprobleme                      op
                         voedselsekerheid (volgehoue voedselproduksie) hê?                             (2)

          3.3.5          Hoe kan omgewingsubsidies gebruik word om volhoubare
                         ontwikkeling in Suid-Afrika te verseker?      (2 x 2)                         (4)

3.4       Bespreek kortliks vraagtrek-inflasie en kostedruk-inflasie.           (2 x 4)
                                                                 (Maksimum 4 punte elk)                (8)

3.5       Waarom is die internasionale maatreëls (ooreenkomste) oneffektief om die
          effekte van klimaatsverandering te verminder?                                                (8)
                                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  10                            DBE/November 2018
                                            NSS

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Gee enige TWEE voorbeelde van gevaarlike afval wat die
                      omgewing beïnvloed.                             (2 x 1)                        (2)

         4.1.2        Waarom word      merietegoedere     gewoonlik      deur     die     mark
                      onderverskaf?                                                     (1 x 2)      (2)

4.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       KITSKOSRESTAURANTE IN DIE MONOPOLISTIES
                                 MEDEDINGENDE MARK

         Suid-Afrika se kitskosmark is uiters mededingend omdat baie verkopers vir
         hulle deel van die verbruikersmark baklei. Die kitskosbedryf is vir ongeveer
         40%     van    die   totale    verbruikerskosdiensverkope   in    Suid-Afrika
         verantwoordelik, bv. Fishaways wat vis verkoop en Steers wat hamburgers
         verkoop. Dit word as 'n hibriede markstruktuur beskou.

                                                     [Aangepas uit City Press, Februarie 2017]

         4.2.1        Gee EEN voorbeeld van 'n monopolistiese mededinger wat slegs
                      in hoender spesialiseer.                                                       (1)

         4.2.2        Identifiseer die term wat 'n kombinasie van volmaakte mededinging
                      en monopolie beskryf.                                                          (1)

         4.2.3        Hoekom speel handelsmerke ('branding') 'n belangrike rol in
                      monopolistiese mededinging?                                                    (2)

         4.2.4        Gee 'n rede waarom besighede in die monopolisties
                      mededingende mark verkies om op 'n nieprys-grondslag mee te
                      ding.                                                                          (2)

         4.2.5        Waarom sal die ekonomiese wins wat deur 'n monopolistiese
                      mededinger gemaak word, op lang termyn verdwyn?  (2 x 2)                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                                      11                           DBE/November 2018
                                                                NSS

4.3                          Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    IS DIE ONWETTIGE JAG (STROOP) VAN RENOSTERS
                                           BESIG OM NOU TOT 'N EINDE TE KOM?

                             Aangetekende getal renosters wat in Suid-Afrika gestroop is

 Getal renosters gestroop

                                                                  Jaar
Onwettige jag is die rede vir die dood van die oorgrote meerderheid renosters.
Bewustheid en beskerming ('conservation') is noodsaaklik om biodiversiteit te volhou
en te voorkom dat die spesie uitsterf. Dit bevoordeel ook die mense wat naby die
renosterhabitat woon.
                                                                           [Aangepas uit www.PoachStatsSA, 2017]

                            4.3.1      Wat is die hoofrede vir die stroping van renosters?                           (1)

                            4.3.2      In watter jaar het Suid-Afrika die ergste renosterstropery beleef?            (1)

                            4.3.3      Beskryf kortliks die term biodiversiteit.                                     (2)

                            4.3.4      Gee EEN voorbeeld van hoe bewustheid van die natuurlike fauna
                                       en flora geskep kan word.                                                     (2)

                            4.3.5      Hoe sal beskerming ('conservation') die mense wat naby die
                                       renosterhabitat woon, bevoordeel?                   (2 x 2)                   (4)

4.4                         Met behulp van grafieke, verduidelik kortliks hoe prys vir 'n individuele
                            produsent in 'n volmaakte mark bepaal word.                                              (8)

4.5                         Hoe kan Suid-Afrikaanse huishoudings tot 'n laer inflasiekoers bydra?                    (8)
                                                                                                                     [40]

                                                                                    TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                      12                              DBE/November 2018
                                                NSS

AFDELING C
Beantwoord enige EEN             van   die    twee     vrae    in    hierdie   afdeling   in    die
ANTWOORDEBOEK.
Maak seker dat antwoorde die struktuur wat hieronder aangedui word, volg sodat die
maksimum aantal punte behaal kan word:
                                                                                        PUNTE-
                          STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                                      TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                                    Maks. 2
•     'n Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp
      verband hou, te definieer.
•     Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
•     Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
•     Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek                     Maks. 26
krities/ Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik
Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
Trek 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi
                                                                                          Maks. 10
die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/
Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                                     Maks. 2
• 'n Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat
     alreeds genoem is, te herhaal
• Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
• 'n Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                                         40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                               40 PUNTE – 40 MINUTE
•   Bespreek, met behulp van grafieke, die gevolge van markmislukking onder die
    volgende hoofde:
    − Produsentsubsidies (8 punte)
    − Maksimum pryse (8 punte)
    − Minimum lone (10 punte)                                             (26 punte)
•   Met verwysing na die grafiek hieronder, ontleed hoe 'n negatiewe eksternaliteit tot
    die wantoedeling van hulpbronne kan lei.

                                Prys                     MSK
                                                          MPK
                                50
                                40

                                                               MSV
                                  0
                                             100 150      Hoeveelheid
                                                                                                        [40]
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                              13                      DBE/November 2018
                                        NSS

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE STREWES                40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek die effek van toerisme.                                  (26 punte)
•   Evalueer die sukses van inheemse kennisstelsels (IKS) by die bevordering van
    toerisme in Suid-Afrika.                                          (10 punte)     [40]

                                                         TOTAAL AFDELING C:          40
                                                             GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P2 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2018-eng/16738739-9f23-4569-9bcb-c0b81011e34b) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [Economics P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2018-eng/7d5ff0ae-2f20-4e20-b379-43f3918a2600) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Eng R](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-eng-r/fb418164-fee3-4df0-aadc-178e890984ed) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-afrikaans/40b8038d-eb89-4d3e-86b1-b75479d96047) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Economics P2 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-feb-march-2018-eng/4a0147f8-f13e-4c79-a4e9-cbeb77edfdc9) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [Economics P2 Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-feb-march-2018-afr/f2ad6b44-5e81-48d8-87e0-8447c94bf4cc) — Economics · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
