# Economics Grade 12 P2 NSC November 2019 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2019-afr/b664f55c-eadc-4a4d-8dad-0ca530c7b04c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC November 2019 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2019-afr/b664f55c-eadc-4a4d-8dad-0ca530c7b04c)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                                  NATIONAL
                             SENIOR SERTIFIKAAT
                                    CERTIFICATE

                                      GRAAD
                                      GRADE 12

                         ECONOMICS
                            EKONOMIE
                                   PAPER
                                      V2 1
                 MACROECONOMICS & ECONOMIC PURSUITS
                           NOVEMBER
                             MARCH 2016
                                     2019

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  2                       DBE/November 2019
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Lees die vrae aandagtig deur.

5.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

7.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

8.       Gebruik slegs swart of blou ink.

9.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

10.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   3                          DBE/November 2019
                                             NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                        30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.1.1        'n Kenmerk van monopolistiese mededingers is dat hulle …

                      A    'n homogene produk produseer.
                      B    op lang termyn ekonomiese winste behaal.
                      C    volle beheer oor die prys het.
                      D    maklik die mark kan betree en uittree.

         1.1.2        'n Sosiale voordeel is die somtotaal van private voordeel en …

                      A    eksterne voordeel.
                      B    interne voordeel.
                      C    private koste.
                      D    marginale koste.

         1.1.3        Die aanbodkromme van die oligopolistiese mededinger neig …

                      A    negatief.
                      B    horisontaal.
                      C    positief.
                      D    vertikaal.

         1.1.4        In enige mark is die gemiddelde inkomste dieselfde as die …

                      A    prys.
                      B    marginale inkomste.
                      C    aanbod.
                      D    wins.

         1.1.5        Gedurende stagflasie ervaar 'n land lae ekonomiese groei en …
                      gelyktydig.

                      A    hoë indiensneming
                      B    hoë werkloosheid
                      C    lae inflasie
                      D    beperkte ontwikkeling

         1.1.6        Die ooreenkoms om 12 van die gevaarlikste vervaardigde
                      chemikalieë te verban, is deur die … hanteer.

                      A    Basel Konvensie
                      B    Stockholm Protokol
                      C    Johannesburg Beraad
                      D    Kyoto Protokol

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    4                         DBE/November 2019
                                              NSS

         1.1.7        Watter van die volgende is 'n voorbeeld van 'n omgewings-
                      Wêrelderfenisterrein?

                      A     Sterkfonteingrotte
                      B     Robbeneiland
                      C     Kaapse Fynbosstreek
                      D     Vredefortkoepel

         1.1.8        Natuurlike hulpbronne word op so 'n wyse bestuur dat dit vir die
                      huidige en toekomstige generasies beskikbaar is:

                      A     Bewaring
                      B     Besoedeling
                      C     Hernuwing
                      D     Beskerming                                             (8 x 2)       (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                  KOLOM A                                  KOLOM B
         1.2.1   Eksplisiete koste        A    volhoubare ontwikkeling op maniere wat
                                               die omgewing beskerm
         1.2.2   Deregulering
                                          B    laer as markewewig vasgestel om
         1.2.3   Kartel                        goedere meer bekostigbaar te maak

         1.2.4   Maksimum pryse           C    volgehoue daling in die algemene
                                               prysvlak oor 'n tydperk
         1.2.5   Produksieprysindeks
                                          D    werklike besteding van 'n besigheid op
         1.2.6   Groen ekonomie                die aankoop of huur van insette nodig vir
                                               die produksieproses
         1.2.7   Deflasie
                                          E    mense wat van hulle eie lande reis om
         1.2.8   Uitgaande toeris              ander lande te besoek

                                          F    groep produsente wat soortgelyk aan 'n
                                               kollektiewe monopolie funksioneer

                                          G    niemand kan as gevolg van niebetaling
                                               van verbruik uitgesluit word nie

                                          H    gemeet waar ingevoerde goedere die
                                               land inkom en vervaardigde goedere die
                                               fabriek verlaat

                                          I    verwydering van onnodige wette en
                                               regulasies om doeltreffendheid te
                                               verbeter
                                                                                   (8 x 1)       (8)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    5                           DBE/November 2019
                                              NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        'n Situasie waar totale inkomste aan totale koste gelyk is

         1.3.2        'n Onvolmaakte markstruktuur wat oor lang termyn 'n normale wins
                      maak

         1.3.3        Die tydperk waar ten minste een produksiefaktor vas bly

         1.3.4        Mense reis na en bly in plekke buite hul gewone omgewing vir nie
                      meer as een aaneenlopende jaar nie

         1.3.5        Tipe inflasie wat prysveranderinge van alle finale goedere en
                      dienste meet, nie net dit in die geselekteerde mandjie nie

         1.3.6        'n Lisensie wat aan besighede gegee word wat hulle toelaat om tot
                      op 'n sekere vlak te besoedel                              (6 x 1)          (6)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                         6                               DBE/November 2019
                                                   NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE             van     die      drie    vrae   in    hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                                 40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1        Gee enige TWEE voorbeelde van vaste koste.                              (2 x 1)       (2)

         2.1.2        Hoekom is besighede                 onder   die   volmaakte     markstruktuur
                      prysnemers?                                                            (1 x 2)        (2)

2.2      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       MARKMISLUKKING – NEGATIEWE EKSTERNALITEIT

                                                          MSK (S1)
                     Prys
                                         sosiaal
                                        optimale
                                          uitset
                                                              A             MPK (S)

                                                              markewewig

                                                                         Hoeveelheid
                                                                     [Aangepas uit Google images.com]

         2.2.1        Gee 'n voorbeeld van 'n negatiewe eksternaliteit.                                     (1)

         2.2.2        Benoem die gearseerde gebied (A) in die grafiek hierbo.                               (1)

         2.2.3        Beskryf kortliks die term sosiale koste.                                              (2)

         2.2.4        Verduidelik 'n gebrek aan inligting aan entrepreneurs as 'n oorsaak
                      van markmislukking.                                                                   (2)

         2.2.5        Hoekom is die sosiaal optimale uitset meer voordelig vir die
                      gemeenskap?                                          (2 x 2)                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   7                           DBE/November 2019
                                             NSS

2.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     MEDEDINGINGSKOMMISSIE VERBIED SAMESMELTING

         Die Mededingingskommissie het in Februarie 2018 die voorgestelde
         samesmelting van SA Airlink (Edms.) Bpk. en FlySafair (Edms.) Bpk. verbied.
         SA Airlink het 'n monopolie of amper-monopolie van die meeste roetes waar
         hulle vlieg. Aan die ander kant is FlySafair besig om te groei ten opsigte van
         bestaande roetes sowel as nuwe roetes wat hulle onderneem.

                                                               [Aangepas uit Compcom.co.za]

         2.3.1        Noem die Wet wat alle Suid-Afrikaners 'n gelyke geleentheid bied
                      om regverdig aan ekonomiese aktiwiteite deel te neem.                         (1)

         2.3.2        Watter instelling aanvaar of verwerp aanbevelings van die
                      Mededingingskommissie?                                                        (1)

         2.3.3        Beskryf kortliks die rol van die Mededingingsappèlhof.                        (2)

         2.3.4        Hoe kan klein, medium- en mikro-ondernemings tot die doelwitte
                      van die mededingingsbeleid bydra?                                             (2)

         2.3.5        Indien die samesmelting toegelaat sou word, hoe sou dit die
                      betrokke maatskappye bevoordeel?                    (2 x 2)                   (4)

2.4      Bespreek kortliks      produktiewe    ondoeltreffendheid       en       toedelings-
         ondoeltreffendheid ten opsigte van markmislukking.                          (2 x 4)        (8)

2.5      Evalueer die impak van onvolmaakte mededinging op verbruikers.                             (8)
                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    8                                  DBE/November 2019
                                              NSS

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Gee TWEE redes vir groei in die toerismebedryf in Suid-Afrika.
                                                                                  (2 x 1)                (2)

         3.1.2        Hoekom is kerninflasie laer as hooflyninflasie?                      (1 x 2)       (2)

3.2      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Internasionale Toeriste-aankomste                                 (% verandering)

                                         2017 (Januarie–Desember)
                                         2018 (Januarie–Desember)

                 Wêreld        Europa     Asië en die      Amerikas      Afrika        Midde-
                                          Stille Oseaan                                Ooste

                                                     [Bron: Wêreldtoerisme-organisasie-bulletin]

         3.2.1        Waarvandaan het die meeste inkomende toeriste gedurende
                      2017 gekom?                                                                        (1)

         3.2.2        Wat was die       persentasie       toename     in toeriste     vanaf     die
                      Midde-Ooste?                                                                       (1)

         3.2.3        Beskryf kortliks die term saketoerisme.                                            (2)

         3.2.4        Hoekom is werkskepping in die toerismebedryf maklik?                               (2)

         3.2.5        Wat behoort die owerheid te doen om toerisme te bevorder? (2 x 2)                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     9                          DBE/November 2019
                                               NSS

3.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              OMGEWINGSKWESSIES

                                              Oorbevolking

                                   Grondbesoedeling/Erosie

                                      Verlies aan biodiversiteit

                                             Besoedeling

                                               Ontbossing

                                   Verlies aan skoon drinkwater

                                                                     [Bron: Shoutslogans.com]

         3.3.1        Watter land het die grootste bevolking ter wêreld?                          (1)

         3.3.2        Identifiseer die omgewingsprobleem verwant aan die verwydering
                      van bome en plantlewe.                                                      (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die term biodiversiteit.                                   (2)

         3.3.4        Op watter manier kan die Konvensie oor Internasionale Handel in
                      Bedreigde Spesies (CITES) die verlies aan biodiversiteit hanteer?           (2)

         3.3.5        Hoe kan omgewingsubsidies gebruik word om omgewingskade te
                      verminder?                                          (2 x 2)                 (4)

3.4      Bespreek kortliks die voordele van toerisme vir die owerheid en infrastruktuur.
                                                                                  (2 x 4)         (8)

3.5      Hoe kan lande bydra om oseaan(see-)besoedeling te verminder?                             (8)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                                  10                      DBE/November 2019
                                                            NSS

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1          Beantwoord die volgende vrae.

             4.1.1        Noem TWEE eienskappe van publieke goedere.                          (2 x 1)          (2)

             4.1.2        Hoe beïnvloed inflasie beleggers positief?                          (1 x 2)          (2)

4.2          Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Prys           V                     A                    Prys
                                                                 Koste                        MK     GK
                                                              Inkomste
                                                       A1
                                                                                       e
         10                                                         10
                                                                                                   v=MI=GI
                                                                                e1
         7                                                          7                         v1=MI1=GI1

                     A
                          A1                      V

             0                 100   140       Hoeveelheid (mln)         0       500    600      Hoeveelheid

                           NYWERHEID                                         INDIVIDUELE PRODUSENT

             4.2.1        Waar sny die marginalekoste-kromme (MK) die gemiddelde
                          kostekromme (GK)?                                                                    (1)

             4.2.2        Identifiseer die prys waar die individuele produsent 'n ekonomiese
                          wins sal maak.                                                                       (1)

             4.2.3        Beskryf kortliks die term marginale koste.                                           (2)

             4.2.4        Hoekom is die marginale inkomstekromme (MI) in die volmaakte
                          mark dieselfde as die vraagkromme?                                                   (2)

             4.2.5        Verduidelik hoe langtermynewewig in die mark bereik word. (2 x 2)                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   11                            DBE/November 2019
                                             NSS

4.3      Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        Vergeet die alledaagse                  SANPARKE
                              Ongerepte natuur!
                        'n Onvergeetlike ondervinding!

                                                                                       Suid-Afrika
                                                                                       dis moontlik

                                                   [Aangepas uit www.google.com]

         4.3.1        Watter tipe toerisme word in die prent hierbo uitgebeeld?                       (1)

         4.3.2        Watter organisasie is vir die bemarking van toerisme in Suid-Afrika
                      verantwoordelik?                                                                (1)

         4.3.3        Beskryf kortliks die term inheemse kennisstelsels.                              (2)

         4.3.4        Hoekom is dit nodig om besoeke aan die verskillende SANParke in
                      Suid-Afrika te beheer?                                                          (2)

         4.3.5        Hoe kan die bemarking van Wêrelderfenisterreine plaaslike
                      gemeenskappe bevoordeel?                          (2 x 2)                       (4)

4.4      Verduidelik, met die hulp van 'n grafiek, die impak van minimum pryse op
         die mark.                                                                                    (8)

4.5      Hoe suksesvol was Suid-Afrika tot dusver om onderrig/opleiding te gebruik
         om omgewingsvolhoubaarheid te verseker?                                                      (8)
                                                                                                      [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:                 80

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     12                           DBE/November 2019
                                               NSS

AFDELING C

Beantwoord enige EEN            van   die   twee     vrae   in   hierdie   afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                              PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                            TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                          Maks. 2
  'n Goeie begin is om 'n sleutelkonsep wat in die vraag voorkom, te
     definieer of te omskryf.
  Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie.
  Moenie enige gedeelte van die inleiding by die liggaam insluit nie.
  Vermy enige bespreking van die hoofdeel in die inleiding.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/                   Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Bereken/Lei af/Vergelyk/Ontleed/Onderskei/Interpreteer/        Maks. 10
Debatteer kortliks/Hoe/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit:                                  Maks. 2
 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling van
     enige feite wat reeds genoem is
 Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
     versterk
 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 Aanbevelings
TOTAAL                                                                                40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                           40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek, met die hulp van grafieke, hoe ekonomiese wins en ekonomiese verlies
    in 'n monopoliemark bepaal word.                                      (26 punte)
   Hoekom weerspreek die werksprestasie van natuurlike monopolieë die langtermyn-
    ewewigsposisie van 'n monopolie?                                     (10 punte)               [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE

   Ondersoek in detail die oorsake van kostedruk-inflasie.             (26 punte)
   Ontleed die negatiewe impak van geadministreerde pryse op die ekonomie.
                                                                        (10 punte)                [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                       GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ECONOMICS P2 QP SEPT 2019 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-2019-english/508a14ba-a1bb-463c-9739-8b79c8031f85) — Economics · QP · 2019 · Eng
- [Economics P2 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2018-eng/16738739-9f23-4569-9bcb-c0b81011e34b) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [Economics P2 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-afr/bc09b176-bf84-4ca4-9c47-fed330569164) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Economics P2 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2014-eng/a0605149-0015-4c96-8a8d-a943ea910a5c) — Economics · QP · 2014 · Eng
- [Economics P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2019-memo-afr/5356311e-5173-4723-8d25-e9cf4c6c6da0) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Economics P2 Memo June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-june-2019-eng/be2277e4-6605-42da-9dd7-a34e0ddbf6d6) — Economics · Memo · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
