# Economics Grade 12 P2 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2019-memo-afr/e6288b32-2816-4087-9100-4362fd26d3ae
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2019-memo-afr/e6288b32-2816-4087-9100-4362fd26d3ae)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                    EKONOMIE V2

                                  NOVEMBER 2019

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 20 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     2                         DBE/November 2019
                                NSS – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         1.1.1        D – maklik die mark kan betree en uittree 
         1.1.2        A – eksterne voordeel 
         1.1.3        C – positief 
         1.1.4        A – prys 
         1.1.5        B – hoë werkloosheid 
         1.1.6        B – Stockholm Protokol 
         1.1.7        C – Kaapse Fynbosstreek 
         1.1.8        D – beskerming                                            (8 x 2)         (16)

1.2      PASITEMS

         1.2.1        D - werklike besteding van 'n besigheid op die aankoop of huur van
                         insette nodig vir die produksieproses 

         1.2.2        I - verwydering van onnodige wette en regulasies om
                          doeltreffendheid te verbeter 

         1.2.3        F - groep produsente wat soortgelyk aan 'n kollektiewe monopolie
                          funksioneer 

         1.2.4        B - laer as markewewig vasgestel om goedere meer bekostigbaar
                         te maak te maak 

         1.2.5        H - gemeet waar ingevoerde goedere die land inkom en
                         vervaardigde goedere die fabriek verlaat 

         1.2.6        A - volhoubare ontwikkeling op maniere wat die omgewing
                          beskerm 

         1.2.7        C - volgehoue daling in die algemene prysvlak oor 'n tydperk 

         1.2.8        E - mense wat van hulle eie lande reis om ander lande te besoek 
                                                                                  (8 x 1)         (8)

1.3      GEE DIE TERM

         1.3.1        Gelykbreekpunt / Normale wins 
         1.3.2        Monopolistiese mededinging 
         1.3.3        Korttermyn 
         1.3.4        Toerisme/toeriste 
         1.3.5        Allesomvattende 
         1.3.6        Bemarkbare permit                                          (6 x 1)         (6)

                                                                TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    3                             DBE/November 2019
                                       NSS – Nasienriglyne

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in die ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1       Gee enige TWEE voorbeelde van vaste koste.

                     •   Versekering 
                     •   Huur / verband kontrakte / eiendomsbelasting 
                     •   Waardevermindering 
                     •   Salarisse 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)          (2 x 1)         (2)

         2.1.2       Hoekom is besighede onder die volmaakte markstruktuur
                     prysnemers?

                     As gevolg van die groot aantal besighede, word die prys deur die
                     mark bepaal / individuele verskaffers is te klein om die markprys te
                     beïnvloed 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)              (1 x 2)         (2)

2.2      DATARESPONS
         2.2.1       Gee 'n voorbeeld van 'n negatiewe eksternaliteit.

                     Besoedeling / middelmisbruik / verkeersopeenhoping 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                              (1)
         2.2.2       Benoem die gearseerde gebied (A) in die grafiek hierbo.

                     Welvaartsverlies/dooiegewig/eksterne koste/negatiewe eksternaliteit            (1)
         2.2.3       Beskryf kortliks die term sosiale koste.

                     Sosiale koste is die koste vir die gemeenskap wat privaat koste en
                     eksterne koste insluit / gekombineerde koste vir goedere of dienste
                     aan produsente en verbruikers en die gemeenskap as ‘n geheel 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                              (2)

         2.2.4       Verduidelik 'n gebrek aan inligting aan entrepreneurs as 'n
                     oorsaak van markmislukking.

                     'n Gebrek aan inligting rakende koste, beskikbaarheid en
                     produktiwiteit van produksiefaktore sal die effektiwiteit in produksie
                     verlaag / onvolledige of foutiewe inligting lei tot foutiewe
                     besluitneming oor wag, vir wie en hoe om te produseer; hulpbronne
                     raak vermors 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                        4                            DBE/November 2019
                                           NSS – Nasienriglyne

         2.2.5       Hoekom is die sosiaal optimale uitset meer voordelig vir die
                     gemeenskap?
                     •       Teen die sosiaal optimale uitset sal maatskappye betaal vir die
                             eksterne koste (eksternaliteit) wat die gemeenskap sal
                             bevoordeel 
                     •       Firmas sal produksie verlaag waar die negatiewe eksternaliteit ‘n
                             kleiner impak op die gemeenskap sal hê wat meer voordele
                             inhou 
                             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)         (2 x 2)         (4)

2.3      DATARESPONS

         2.3.1           Noem die Wet wat alle Suid-Afrikaners 'n gelyke geleentheid
                         bied om regverdig aan ekonomiese aktiwiteite deel te neem.

                         Wet op Mededinging van 1998                                                  (1)

         2.3.2           Watter instelling aanvaar of verwerp aanbevelings van die
                         Mededingingskommissie?
                         Mededingingstribunaal                                                        (1)
         2.3.3           Beskryf kortliks die rol van die Mededingingsappèlhof.
                         Om 'n uitspraak te lewer in gevalle waar besighede appèl aanteken
                         teen die Mededingingstribunaal se bevindings / hersien, aanvul of
                         ooreenstem met bevindings van die Mededingingstribunaal 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                             (2)
         2.3.4           Hoe kan klein, medium- en mikro-ondernemings tot die
                         doelwitte van die mededingingsbeleid bydra?
                         •    Hulle verskaf meer mededinging wat voorkom dat monopolieë
                              hul magte misbruik / Voorkom dat sommige firmas beperkende
                              praktyke soos prysknoeiery gebruik 
                         •    KMMO’s gee ‘n aanduiding dat alle Suid-Afrikaanse besighede,
                              klein en groot van gelyke geleenthede voorsien sal word om
                              aan die ekonomie deel te neem                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   5                           DBE/November 2019
                                      NSS – Nasienriglyne

         2.3.5        Indien die samesmelting toegelaat sou word, hoe sal dit die
                      betrokke maatskappye bevoordeel?
                      •   Deur samesmelting, stel die maatskappye verskillende dienste
                          beskikbaar wat aan die verbruiker se vraag sal voldoen 
                      •   FlySafair sal toegang hê to meer roetes wat hulle wins kan
                          vergroot 
                      •   Produksieprosesse sal ekonomies aangewend word, wat die
                          produksiekoste verlaag / gebtruik minder personeel en
                          onderhoudskoste daal 
                      •   Risiko’s en verantwoordelikhede sal gedeel word omdat hulle
                          toegang tot meer kapitaal het 
                      •   As gevolg van die voordeel van gekombineerde hulpbronne,
                          sal die nuwe maatskappy kan bekostig om produkinnovering te
                          onderneem 
                      •   Stygende inkomste en wins kan verdien word as gevolg van ‘n
                          groter markaandeel (of afname in mededingers) 
                      •   Skaalekonomieë kan bereik word as die nuwe firma in staat is
                          om te onderhandel vir groter afslag as gevolg van die
                          toenemende produksiegrootte 
                      •   Besighede het alreeds ‘n gevestigde kliëntebasis 
                          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)      (2 x 2)         (4)

2.4      Bespreek kortliks produktiewe ondoeltreffendheid en
         toedelingsondoeltreffendheid ten opsigte van markmislukking.
         PRODUKTIEWE ONDOELTREFFENDHEID:
         • As besighede nie uitsette maksimeer met gegewe insette nie 
         • 'n Besigheid produseer nie goedere teen die laag moontlike koste nie 
         • Daar is geleentheid om koste te verlaag sonder om minder goedere te
             produseer of sonder om 'n laer kwaliteit goedere te produseer 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                  (Maks 4)
         TOEDELINGSONDOELTREFFENDHEID:
         •    Die produkmengsel reflekteer nie die verbruikers se smake nie 
         •    Besighede hanteer die toedeling van hulpbronne ondoeltreffend en
              produseer goedere en dienste wat verbruikers nie wil hê nie 
         •    Die hoeveelhede deur verbruikers benodig, is nie beskikbaar nie 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                   (Maks 4)
         ('n Maksimum van 4 punte kan toegeken word vir blote opnoem van feite /
         voorbeelde)                                                           (2 x 4)           (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                6                           DBE/November 2019
                                   NSS – Nasienriglyne

2.5      Evalueer die impak van onvolmaakte mededinging op verbruikers.
         Negatiewe impak
         • Meeste besighede funksioneer in onvolmaakte markte, en maksimeer
           winste deur minder as die optimale hoeveelheid goedere of dienste te
           produseer, wat beteken dat sommige verbruikers se behoeftes nie
           bevredig word nie 
         • Inkorting van hoeveelhede lei tot hoër pryse wat laer inkomstegroepe
           uitsluit 
         • Nuwe besighede word somtyds verhinder om toe te tree tot die bedryfstak,
           wat mededinging beperk en voorkom dat verbruikers 'n verskeidenheid
           goedere teen laer pryse kan geniet 
         • Samespanning wat baie voorkom in oligopoliemarkte lei tot hoër pryse wat
           daartoe kan lei dat verbruikers nie die produk kan bekostig nie 
         • Verbruikers betaal hoër pryse in die onvolmaakte markte as gevolg van die
           feit dat produksie nie plaasvind teen die laagste punt van die LGK-kromme
           nie 
         Positiewe impak
         • Onvolmaakte markte kan die aanbod of uitset van sekere goedere en
             dienste stabiliseer wat vereis dat 'n aansienlike aanvangskapitaal
             beskikbaar gestel word wat 'n verskeidenheid goedere aan verbruikers
             beskikbaar stel 
         • Onvolmaakte markte kan 'n beter kwaliteit produk aan die verbruiker lewer,
             omdat groter korporasies navorsing- en ontwikkelingseenhede het wat
             deurlopend nuwe tegnologie en beter produksiemetodes ontwikkel 
         • Patentregte gee die patenthouer eksklusiewe regte in die produksie van 'n
             produk; dit stimuleer innovering en uitvindings (nuwe produkte) wat
             voordelig kan wees vir verbruikers 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
         ('n Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote opnoem van feite)               (8)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    7                             DBE/November 2019
                                       NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: KONTEMPORêRE EKONOMIESE KWESSIES
3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Gee TWEE redes vir groei in die toerismebedryf in Suid-Afrika.

                       •  'n Swak wisselkoers 
                       •  Die wêreld in een land 
                       •  'n Vreedsame oorgang na demokrasie 
                       •  'n Aangename klimaat 
                       •  Verslapping van VISA-regulasies 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)             (2 x 1)         (2)

         3.1.2        Hoekom is kerninflasie laer as hooflyninflasie?

                      Kerninflasie sluit produkte met hoogs wisselvallige pryse uit, terwyl
                      hooflyninflasie hierdie produkte insluit 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                             (2)
3.2      DATARESPONS

         3.2.1        Waarvandaan het meeste inkomende toeriste gedurende 2017
                      gekom?

                      Europa                                                                       (1)

         3.2.2        Wat was die persentasie toename in toeriste vanuit die Midde-
                      Ooste?

                      6.2% / 151%                                                                  (1)

         3.2.3        Beskryf kortliks die term saketoerisme.

                      Besoek plekke met die doel om vergaderings en konferensies by te
                      woon 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                             (2)

         3.2.4        Hoekom is werkskepping in die toerismebedryf maklik?

                      • Dit is arbeidsintensief 
                      • Neem verskillende vaardighede in diens 
                      • Verskaf onmiddellike indiensneming 
                      • Verskaf entrepreneuriese geleenthede 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    8                           DBE/November 2019
                                       NSS – Nasienriglyne

         3.2.5        Wat behoort die owerheid te doen om toerisme te bevorder?

                      Die owerheid behoort:
                      • 'n sterk bemarkingsveldtog te loods in die buiteland, om die
                         skoonheid en uniekheid van die land te verkoop 
                      • die sekuriteitstelsel van die land te verbeter om die verblyf van
                         toeriste te waarborg 
                      • 'n mark van 'n verskeidenheid van produkte en ontspanning te
                         voorsien 
                      • die infrastruktuur te onderhou en op te gradeer  byvoorbeeld
                         geteerde paaie/akkommodasie 
                      • die sosiale infrastruktuur te verbeter, soos klinieke en beskik-
                         baarheid van ambulanse 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)      (Maks 4)             (4)

3.3      DATARESPONS

         3.3.1        Watter land het die grootste bevolking ter wêreld?

                      China                                                                         (1)

         3.3.2        Identifiseer die omgewingsprobleem              verwant     aan    die
                      verwydering van bome en plantlewe.

                      Ontbossing / verlies aan biodiversiteit / erosie                              (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die term biodiversiteit.

                      Die bestaan van die generiese verskeidenheid en aantal dier- en
                      plantspesies in die ekosisteem 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                              (2)

         3.3.4        Op watter manier kan die Konvensie oor Internasionale Handel
                      in Bedreigde Spesies (CITES) die verlies aan biodiversiteit
                      hanteer?

                      CITES reik permitte en kwotas uit om handel in sekere spesies
                      te reguleer 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   9                         DBE/November 2019
                                      NSS – Nasienriglyne

         3.3.5        Hoe   kan   omgewingsubsidies           gebruik    word      om
                      omgewingskade te verminder?

                      Omgewingsubsidies kan gebruik word om omgewingskade te
                      verminder deur:
                      • ontwikkeling van nuwe tegnieke of toerusting om energie te
                         bespaar en rook te verminder 
                      • gebruik omgewingsvriendelike energie soos wind 
                      • moedig die produksie van omgewingsvriendelike substitute
                         soos loodvrye petrol aan 
                      • moedig herbenutting van afval soos bottels en kannetjies
                         aan 
                      • subsidies aan maatskappye te bied om besoedeling-uitstralings
                         te verlaag 
                      • subsidies aan individue te verskaf om solarpanele tuis te
                         installeer om elektrisiteitsverbruik te verlaag 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)     (2 x 2)         (4)

3.4      Bespreek kortliks die voordele van toerisme vir die owerheid en
         infrastruktuur.

        OWERHEID:
        • Toerisme dra tot die inkome van die owerheid deur belastings soos
          lughawe belasting by 
        • Belastings word gehef om eksterne koste te verhaal wat nie by die prys
          ingesluit word nie 
        • Hierdie heffings vergoed die gasheerland vir die verskaffing van
          infrastruktuur en basiese geriewe 
        • Dit is ‘n belangrike verdiener van buitelandse valuta en gee ‘n hupstoot vir
          die land se buitelandse valutareserwes 
        • Stel die owerheid in staat om sosio-ekonomiese mikpunte te bereik
          rakende informele sektor groei, swart ekonomiese bemagtiging en KMMO
          ontwikkeling                                                    (Maks 4)

         INFRASTRUKTUUR:
         • Genoegsame en goed-onderhoude infrastruktuur is noodsaaklik vir
             toerisme 
         • Die toeriste en inwoners deel die infrastruktuur 
         • Owerhede verleen voorkeur aan die onderhoud en instandhouding van
             ekonomiese infrastruktuur                              (Maks 4)
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
         ('n Maksimum van 4 punte kan toegeken word vir blote opnoem van feite/
         voorbeelde)                                                                           (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                               10                         DBE/November 2019
                                   NSS – Nasienriglyne

3.5      Hoe kan lande bydra om oseaan(see-)besoedeling op te los?

         Lande kan bydra tot die oplossing van seebesoedeling deur:
         • heffing van groot boetes op seebesoedeling omdat die seelewe vernietig
             word deur optrede van mense sonder enige rede 
         • voorkomend op te tree teen onverskilligheid in die bestuur van
             ekonomiese aktiwiteite soos boor van olie wat lei tot oliestorting wat
             waterspesies benadeel 
         • betrokkenheid by die opruim van storting van plastiek in die oseane wat
             die seelewe vernietig 
         • onderrig mense oor die gevare in die verbruik van besoedelde visprodukte
             
         • monitor die riviermonde om te voorkom dat plastiekafval na die see
             vloei 
         • onderrig groot skeepsmaatskappye om bioafbreekbare produkte waar
             moontlik te gebruik 
         • Suid-Afrika se voorbeeld as ondertekenaar van seelewe en hulpbron-
             bestuur te volg 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
         ('n Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote opnoem van feite/
         voorbeelde)                                                                        (8)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  11                           DBE/November 2019
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Noem TWEE eienskappe van publieke goedere.

                      •   Nie-uitsluitbaar 
                      •   Nie-mededingend 
                      •   Nie-weiering 
                      •   Sosiale voordele oortref private voordele 
                      •   Volgehoue verbruik 
                          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)        (2 x 1)         (2)

         4.1.2        Hoe beïnvloed inflasie beleggers positief?

                      Hulle welvaart sal verhoog as die waarde van die vastebates
                      vinniger styg as inflasie / hoër opbrengs op beleggings 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)          (1 x 2)           (2)

4.2      DATARESPONS

         4.2.1        Waar sny die marginale kostekromme (MK) die gemiddelde
                      kostekromme (GK)?

                      Die MK-kromme sny die GK-kromme op sy minimumpunt / e 1 /
                      teen prys van R7,00 en ‘n hoeveelheid van 500                               (1)

         4.2.2        Identifiseer die prys waarteen die individuele produsent 'n
                      ekonomiese wins maak.

                      R10                                                                         (1)

         4.2.3        Beskryf kortliks die term marginale koste.

                      Die addisionele koste wat aangegaan word as een meer eenheid
                      van 'n produk geproduseer word 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (2)

         4.2.4        Hoekom is die marginale inkomstekromme (MI) in die
                      volmaakte mark dieselfde as die vraagkromme?

                      Elke addisionele eenheid sal verkoop word teen dieselfde prys, wat
                      die horisontale vraagkromme is 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
                                                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   12                            DBE/November 2019
                                       NSS – Nasienriglyne

         4.2.5        Verduidelik hoe langtermynewewig op die mark bereik word.

                      • Ekonomiese winste lok nuwe deelnemers na die mark wat die
                        markaanbodkromme na regs skuif en die prys verlaag 
                      • Die individuele firma is 'n prysnemer en die laer prys sal die
                        ekonomiese winste uitwis totdat die prys (gemiddelde inkomste)
                        gelyk is aan gemiddelde koste 
                      • Die langtermyn ewewigspunt is waar normale wins voorkom 
                        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)           (2 x 2)         (4)

4.3      DATARESPONS

         4.3.1        Watter tipe toerisme word in die prent hierbo uitgebeeld?

                      Ekotoerisme / ontspanning en rekreasie                                       (1)

         4.3.2        Watter organisasie is verantwoordelik vir die bemarking van
                      toerisme in Suid-Afrika?

                      Suid-Afrika Toerisme / SATOUR                                                (1)

         4.3.3        Beskryf kortliks die term inheemse kennisstelsels.

                      Die tradisionele praktyke, erfenisse, kulturele seremonies en
                      manier van leef wat 'n land uniek maak 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                             (2)

         4.3.4        Hoekom is dit nodig om besoeke aan die verskillende
                      SANParke in Suid-Afrika te beheer?

                      Voorkom die verlies aan wildspesies as gevolg van stropery / die
                      natuurskoon kan waardeer word / voorkom omgewingstres
                      byvoorbeeld veldbrande / verseker veiligheid vir beide diere en
                      besoekers 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                             (2)

         4.3.5        Hoe kan die bemarking van Wêrelderfenisterreine plaaslike
                      gemeenskappe bevoordeel?

                      Plaaslike gemeenskappe sal voordeel trek deur:
                      • werk te vind in besighede wat in die omgewing opgerig
                         word  byvoorbeeld toergidse, rariteitewinkel 
                      • verbeterde infrastruktuur soos paaie, elektrisiteit en 'n
                         gevorderde kommunikasiestelsel 
                      • deel te vorm van die informele sektor as entrepreneurs wat
                         unieke items verkoop wat 'n weerspieëling van hul kulture is 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)           (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                               13                            DBE/November 2019
                                   NSS – Nasienriglyne

4.4      Verduidelik, met die hulp, van 'n grafiek die impak van minimum pryse
         op die mark.

                       Prys        V                                               A
                         

                         P1                                                             MP 

                          P                                  b

                                    A                                         V

                              0                Q2        Q       Q1   Hoeveelheid

                                  Toekenning van punte:
                                  • Korrekte aandui van minimum prys = 2 punte
                                  • Korrekte benoeming van asse = 1 punt
                                  • Korrekte benoeming van krommes = 1 punt
                                                            Maksimum punte = 4

         • 'n Minimum prys word vasgestel om produsente te help, omdat die
            ewewigsprys te laag is 
         • Dit stel produsente in staat om 'n redelike wins te genereer 
         • Dit moedig produsente aan om belangrike noodsaaklikhede te produseer
            
         • 'n Minimumprys skep 'n surplus in die ekonomie (die verskil tussen Q 2 en
            Q 1 ) 
         • 'n Surplus impliseer dat die owerheid die surplus moet koop en plaaslik of
            oorsee stort 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                    (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                               14                         DBE/November 2019
                                   NSS – Nasienriglyne

4.5      Hoe suksesvol was Suid-Afrika tot dusver om onderrig/opleiding te
         gebruik om omgewingsvolhoubaarheid te verseker?

         Suid-Afrika was suksesvol omdat:
         • die nasionale onderwysraamwerk omgewingstemas in skoolvakke
           geïntegreer het 
         • private-publieke vennootskappe tussen skole en besighede jongmense
           bemagtig deur hulle bloot te stel aan projekte wat aan die omgewing
           verwant is 
         • die Kaapse Luiperdtrust wat leerders tussen 10 en 18 jaar betrek by
           opvoedkundige omgewingsuitstappies 
         • munisipaliteite het beleide wat mense bewus maak van die belangrikheid
           van die beskerming van die omgewing  bv. waterbewaring 
         • nie-winsgewende organisasies soos die Nasionale Hergebruikforum wat
           hergebruik aanmoedig en in die laaste sewe jaar Europese lande uitgestof
           het in hergebruik 
         • omgewingsadviseurs is indiens geneem en by munisipale kantore
           geplaas

         Suid-Afrika was nie suksesvol nie omdat:
         • ondanks       die    nasionale    omgewingsonderrig     beleid,    neem
             omgewingsprobleme soos besoedeling in stedelike gebiede steeds toe 
         • in die landelike gebiede neem ontbossing toe omdat mense inheemse
             bome as vuurmaakhout gebruik 
         • agteruitgang van grond kom steeds voor omdat swak boerderymetodes en
             oorbeweiding in arm gemeenskappe aangetref word 
         • die omgewingsbeleide word dikwels nie op munisipale vlak
             geïmplementeer nie 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
         ('n Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir blote opnoem van feite/
         voorbeelde)                                                                        (8)
                                                                                            [40]

                                                           TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                 15                                  DBE/November 2019
                                     NSS – Nasienriglyne

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee                  vrae    in    hierdie      afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE
•   Bespreek, met die hulp van grafieke, hoe ekonomiese wins en ekonomiese
    verlies in 'n monopoliemark bepaal word.                     (26 punte)

•   Hoekom weerspreek die werkverrigting van natuurlike monopolieë die
    langtermyn-ewewigsposisie van 'n monopolie?                    (10 punte)                           [40]

INLEIDING

'n Monopolie is 'n markstruktuur waar slegs een verkoper funksioneer. Toetrede is
geblokkeer en die produk het geen naby-substitute nie 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                       (Maks 2)

INHOUD: HOOFDEEL

Ekonomiese winste

                                                                MK
        Prys                                                         

                                                                         GK

     P(10)                           a

                     
                                     b
       K(6)

                                     e
                                                                          GI/vv
                                          MI

               0            Q (10)                                         Hoeveelheid
                                                     Puntetoekenning
                                Korrekte posisie en benoem van kostekrommes = 1 punt
                                Korrekte posisie en benoem van inkomstekrommes = 1 punt
                                Korrekte aanduiding van winsmaksimeringspunt = 1 punt
                                Korrekte aanduiding van markprys = 1 punt
                                Korrekte aanduiding van ekonomiese wins = 2 punte
                                                                          Maks 6 punte

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   16                                    DBE/November 2019
                                       NSS – Nasienriglyne

• Die monopolis is onderhewig aan dieselfde tegnologiese en kostebeperkinge as
  ander markstrukture 
• Die kostestruktuur van die monopolie is dieselfde as dié van mededingende
  besighede waar die monopolis sal probeeer om beide kort- en langtermynwins te
  maksimeer 
• Die ligging van die KGK in verhouding tot die markprys bepaal die wins of
  verlies
• Die MI-kromme lê onder die GI-kromme, halfpad tussen die GI en die oorsprong
• Die MK-kromme sny die GK-kromme op sy minimumpunt 
• Bepaal die punt waar KMK = MI – punty waar produksiekoste van die laaste
  eenheid gelyk is aan die inkomste wat dit verdien (punt e) – winsmaksimering,
  produksie hoeveelheid van Q op die horisontale as 
• Die monopolis sal produseer teen 'n uitset (Q[10]) waar MI = MK, omdat wins by
  hierdie vlak maksimeer 
• Punt a verteenwoordig die gemiddelde inkomste teen 'n verkoopprys van P[10]
  terwyl punt b die gemiddelde koste teen kosprys (C[6]) verteenwoordig 
• Die gemiddelde inkomste meer is as die gemiddelde koste en lei tot 'n ekonomiese
  wins vir die besigheid / as die totale inkomste meer is as die totale koste lei did tot
  ‘n ekonomiese wins vir die besigheid 
• Die monopolie maak ekonomiese wins as die GK-kromme onder die markprys (GI)
  lê 
• Die monopolie blokkeer enige nuwe deelnemers sodat moontlike mededingers nie
  die korttermyn ekonomiese wins kan verminder nie 
• Totale inkome = Prys x Hoeveelheid = OP(10) x OQ(10) = OPaQ (100)
  Totale koste = Koste x Hoeveelheid = Oc(6) x OQ(10) = OCbQ (60)
  Ekonomiese wins = Inkome – Koste = 100 – 60 = Cpab(40)                  (Maks 10)

Ekonomiese verlies

                                                                   MK
         Prys                                                                         GK

                                                                    

                                  f
      K(10)
                          

                                                                          Puntetoekenning
        P(7)                      g
                                                     Korrekte posisie en benoem van kostekrommes = 1 punt
                                                     Korrekte posisie en benoem van inkomstekrommes = 1 punt
                                                     Korrekte aanduiding van winsmaksimeringspunt = 1 punt
                                                     Korrekte aanduiding van markprys = 1 punt
                                                     Korrekte aanduiding van ekonomiese wins = 2 punte
                                                                                                Maks 6 punte

                                  e

                                                 
                                       MI                             vv/GI

                0              Q(5)                                            Hoeveelheid

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  17                              DBE/November 2019
                                      NSS – Nasienriglyne

• Die minimumpunt van die KGK is hoër as die markprys 
• 'n Monopolie ly 'n ekonomiese verlies as sy inkomste minder as sy koste is 
• Die monopolis sal produseer teen 'n uitsetvlak waar MI = MK, omdat dit verliese
  minimeer by hierdie vlak 
• Punt g verteenwoordig die gemiddelde inkomste teen 'n verkoopprys van P[7]
  terwyl punt f die gemiddelde koste teen 'n kosprys van C[10] verteenwoordig 
• Die gemiddelde koste is dus meer is as die gemiddelde inkomste wat lei tot 'n
  verlies vir die besigheid / as die totale koste meer is as die totale inkomste lei dit tot
  ‘n verlies vir die besigheid 
• Die gearseerde gedeelte PCef toon die ekonomiese verlies 
• Die monopolie ly 'n ekonomiese verlies oor die korttermyn as die GK-kromme bo
  die markprys (g) lê 
• Totale inkome = Prys x Hoeveelheid = OP(7) x OQ(5) = OPgQ (35)
  Totale koste = Koste x Hoeveelheid = Oc(10) x OQ(5) = OCfQ (50)
• Ekonomiese verlies = Inkome – Koste = PCfg (15)                            (Maks 10)
                                                                               (Maks 26)
ADDISIONELE DEEL
Hoekom weerspreek die werkverrigting van                    natuurlike   monopolieë die
langtermyn-ewewigsposisie van 'n monopolie?                                  (10 punte)
Natuurlike monopolieë se werkverrigting is nie altyd in lyn met die langtermyn
ewewigsposisie van 'n monopolie nie, omdat:
• in vergelyking met 'n tipiese monopolie waar ekonomiese wins altyd voorkom oor
  die langtermyn, geniet natuurlike monopolieë nie die voordele wat deur ander
  monopolieë ervaar word nie 
• natuurlike monopolieë vereis hoë ontwikkelingskoste wat voorkom dat ander
  deelnemers tot die mark kan toetree 
• natuurlike monopolieë verskaf goedere en dienste aan die volk as 'n geheel en is dit
  dus moeilik om baie hoë pryse vas te stel 
• Eskom wat onderworpe is aan die Nasionale energiereguleerder in Suid-Afrika
  (NERSA) wat die verkoopprys van elektrisiteit in Suid-Afrika vasstel 
• 'n natuurlike monopolie hoë instandhoudingskoste ondervind wat winste nadelig
  raak, in vergelyking met kunsmatige monopolieë 
• die natuurlike monopolieë kan nie hoeveelhede manipuleer om pryse te verhoog
  nie 
• inkomste blyk laer te wees weens korrupsie, nie-betaling deur 'n groot aantal
  verbruikers (soos by elektrisiteit) 
• 'n monopolie onder normale omstandighede sy deure sal sluit as gemiddelde koste
  sy gemiddelde inkomste oor die langtermyn oorskry, maar by natuurlike monopolieë
  soos SAA verskaf die staat finansiële hulp, te danke aan die strategiese posisie in
  die land 
• die interne (private koste) struktuur van natuurlike monopolieë toegeneem het, maar
  die private voordele (inkomste uit verkope) gestagneer het as gevolg van die swak
  onderhoud van die infrastruktuur 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (Maks 10)
SLOT
Die monopolie kan voortgaan om 'n ekonomiese wins te verdien solank as wat die
vraag na sy produk bestaan en sy produksiekoste dieselfde bly 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoord)          (Maks 2)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                18                           DBE/November 2019
                                    NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

•   Ondersoek in detail die oorsake van kostedruk-inflasie.                (26 punte)

•   Ontleed die negatiewe impak van geadministreerde pryse op die ekonomie.
                                                                    (10 punte)                  [40]

INLEIDING

Inflasie is 'n volgehoue en aansienlike styging in die algemene pryspeil oor 'n sekere
periode / Kostedruk-inflasie is die gevolg van 'n wanbalans tussen aanbod en vraag as
gevolg van kostefaktore, gewoonlik waar 'n onelastiese vraag aangetref word 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                             Maks (2)
INHOUD: HOOFDEEL
Lone 
• Lone styg hoër as produktiwiteit en veroorsaak 'n styging in koste vir die
   produsente 
• Die enkele mees belangrike koste-item in enige ekonomie wat die meeste waarde
   toevoeg tot basiese pryse 
• 'n Styging in geadministreerde pryse kan daartoe aanleiding gee dat vakbonde
   hoër lone eis, omdat produsente net eenvoudig die styging in die prys by die prys
   van die finale produk voeg 
Stakings en wegbly-aksies 
• Stakings verminder produksie-uitset en veroorsaak 'n daling in die aanbod 
Belastings 
• 'n Toename in direkte belasting kan lei daartoe dat produsente pryse verhoog om
   voorsiening te maak vir hul ekstra belastinglas 
• 'n Styging in indirekte belasting soos BTW, doeanebelasting of aksynsregte sal by
   die finale prys gevoeg word 
Sleutelinsette 
• As die prys van ingevoerde sleutelinsette styg, sal binnelandse produksiekoste
   styg wat lei tot ingevoerde inflasie 
• Produsente verhaal hierdie koste deur pryse van hul produkte te verhoog 
• Die hoë koste van insette in die landbousektor, soos diesel en kunsmis word by die
   pryse van produkte gevoeg 
• Aanbod-skokke mag ‘n verwante effek hê op ander produkte as gevolg van hoër
   petrolpryse en vervoerkoste 
Winsgrense 
• As besighede hul winsgrense opskuif/die monopolie-effek, verhoog hulle die
   produksiekoste en die prys wat verbruikers moet betaal, en dra dit by tot
   inflasie 
•  Vervaardigers verhaal die hoër pryse wat hulle moet betaal deur hul eie pryse te
   verhoog 
•  In die VSA word etanol-produksie gesubsidieer, wat veroorsaak dat boere
   oorskakel na koringproduksie vir energie. Dit het gelei tot 'n tekort aan voedsel en
   'n styging in pryse 

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                               19                           DBE/November 2019
                                   NSS – Nasienriglyne

Produktiwiteit 
• As verskeie produksiefaktore minder produktief raak maar steeds dieselfde
   vergoeding ontvang, sal die koste van die produksie van elke uitset-eenheid
   styg 
• 'n Stelselmatige daling in produktiwiteit terwyl indiensneming en lone konstant
   bly 
Wisselkoers 
• As die rand depresieer teenoor die vernaamste geldeenhede, raak invoere uit
   hierdie lande duurder 
• Produsente sal meer moet betaal vir dieselfde hoeveelheid produkte as voorheen;
   hierdie styging word gewoonlik op die verbruiker afgeskuif 
Natuurrampe 
• Rampe soos vloede en droogtes beïnvloed die produksiekoste negatief 
• Voedselpryse is een van die mees wisselvallige prys-items as gevolg van die
   uitwerking van klimaatsverandering 
• Eksterne skokke soos OPEC wat die wêreld se olievoorraad beheer / natuur-
   rampe lei tot laer produksie 
• Uitputting van natuurlike hulpbronne lei tot 'n beperkte aanbod wat pryse laat styg
   soos byvoorbeeld visvoorrade 
Diefstal deur werknemers en winkeldiefstal 
• Baie besighede maak voorsiening vir verliese wat veroorsaak word deur diefstal
    van werknemers en winkeldiefstal wat veroorsaak dat pryse van goedere styg 
• Die koste van installering van sekuriteitsmaatreëls verhoog die insetkoste 
Rentekoerse 
• 'n Styging in die rentekoerse beteken dat besighede meer sal moet betaal vir
   lenings – hierdie styging word ook by die verkoopprys gevoeg 
• ‘n Styging in internasionale lenings en nasionale skuld beïnvloed rentekoerse wat
   pryse opwaarts beïnvloed 

Lae spaarvlakke 
• Lae besparings lei tot beperkte belegging wat ‘n hindernis plaas op die uitbreiding
   van produksiekapasiteit wat ‘n daling in die aanbod van goedere veroorsaak 
(Ken 'n maksimum van 8 punte vir blote opnoem van feite/voorbeelde)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         Maks (26)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   20                           DBE/November 2019
                               NSS – Nasienriglyne

ADDISIONELE DEEL

Geadministreerde prys goedere het 'n negatiewe impak op die ekonomie omdat:
•   die owerheid nie in staat is om geadministreerde pryse binne die inflasie teikens
    te hou nie (meestal bo 10%) 
•   'n aansienlike aantal geadministreerde prys-goedere word gebruik in die
    berekening van die VPI en plaas druk op pryse wat mededingendheid
    verminder
•   skerp styging in die pryse van elektrisiteit, watertariewe en munisipale dienste
    bedreig die mynbou- en vervaardiging se kapasiteit wat veroorsaak dat
    buitelandse investeerders hul beleggings onttrek 
•   die owerheid het beperkte beheer oor die brandstofprysstygings wat bepaal word
    deur die wisselkoers (die depresiasie van die rand) en internasionale oliepryse
    
•   die styging in brandstofpryse (bo die inflasieteiken van 6%) het die
    produksiekoste van alle goedere en dienste verhoog 
•   die koste van die VPI-mandjie van goedere sal verder styg as gevolg van
    stygende vervoerkoste 
•   die stygende vervoerkoste sal die aanbod van goedere beperk, wat 'n negatiewe
    impak op die verbruiker sal hê deur hoër markpryse 
•   die prys van brandstof in Suid-Afrika sluit verskillende heffings in soos
    byvoorbeeld die padongeluksfonds, wat meer as die VPI gestyg het 
•   die verhoogde druk op die VPI kan lei tot 'n situasie van stagflasie (hoë
    werkloosheid, lae groei en hoë inflasie) 
  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (Maks 10)

SLOT

Dit is belangrik vir 'n land om verskeie maatreëls in te stel om inflasie te beheer,
aangesien die gevolge van inflasie vernietigend kan wees                        Maks (2)     [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                    GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2019-memo-afr/5356311e-5173-4723-8d25-e9cf4c6c6da0) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Economics P2 Memo June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-june-2019-eng/be2277e4-6605-42da-9dd7-a34e0ddbf6d6) — Economics · Memo · 2019 · Eng
- [NW NSC ECN P2 ENG MEMO SEPT 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-ecn-p2-eng-memo-sept-2019/4caf87fc-b290-4aab-9ff1-c7fe7f5f0b91) — Economics · Memo · 2019 · Eng
- [Economics P2 May June 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2019-memo-afr/846aeb3c-b8bb-4c9d-ab48-312d9bac1aa4) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Economics P2 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2017-memo-eng/75fe79dc-5067-4113-aa9a-b15a64821265) — Economics · Memo · 2017 · Eng
- [Economics P2 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-memo-eng/508d2e06-2851-499d-9d6f-83894f520210) — Economics · Memo · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
