# Economics Grade 12 P2 NSC November 2020 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2020-afr/83503cb4-deed-4154-9212-704e7c17a973
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC November 2020 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2020-afr/83503cb4-deed-4154-9212-704e7c17a973)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            SENIOR SERTIFIKAAT/
                       NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRADE 12

                                       ECON.2

                                   EKONOMIE V2

                                  NOVEMBER 2020

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

                     MIDDAGSESSIE

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    2                     DBE/November 2020
                                            SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Lees die vrae aandagtig deur.

5.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

7.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

8.       Gebruik slegs swart of blou ink.

9.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

10.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     3                        DBE/November 2020
                                             SS/NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                       30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

         1.1.1        Die owerheid kan inmeng om die produksie en verbruik van 'n
                      niemerietegoed te verlaag deur …

                      A    aksynsbelasting te gebruik.
                      B    openbaresektor-voorsiening.
                      C    subsidies toe te staan.
                      D    die implementering van 'n progressiewe belastingstelsel.

         1.1.2        Advertensies en handelsmerke speel 'n sleutelrol in 'n … mark.

                      A    monopolie-
                      B    formele
                      C    oligopolie-
                      D    monopolisties-mededingende

         1.1.3        Normale wins staan ook as die … punt in 'n volmaakte mark
                      bekend.

                      A    minimum
                      B    gelykbreek-
                      C    maksimum
                      D    nul-

         1.1.4        Sosiale koste bestaan uit die som van private en … koste.

                      A    interne
                      B    openbare
                      C    eksterne
                      D    veranderlike

         1.1.5        Ontwikkeling in mediategnologie is belangrik vir toerisme as deel
                      van die …-infrastruktuur.

                      A    vervoer
                      B    kommunikasie
                      C    energie
                      D    basiese dienste

         1.1.6        Wanneer 'n land hoë inflasie, hoë werkloosheid en lae ekonomiese
                      groei ondervind, word dit … genoem.

                      A    disinflasie
                      B    deflasie
                      C    inflasieteiken
                      D    stagflasie

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                         4                         DBE/November 2020
                                                 SS/NSS

         1.1.7         Watter EEN van die volgende is 'n fiskale maatreël om inflasie
                       te bestry?

                       A    'n Verlaging in direkte belastingheffing
                       B    'n Styging in produktiwiteit
                       C    'n Verlaging in owerheidsbesteding
                       D    Verhoogde invoerbeheer

        1.1.8          Die ontwikkeling van omgewingsvriendelike tegnologie verwys
                       na … maatreëls om volhoubaarheid te verseker.

                       A    markverwante
                       B    internasionale
                       C    vrywillige
                       D    owerheids-                                                 (8 x 2)        (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                      KOLOM A                                    KOLOM B
         1.2.1       Kort termyn             A     besoek 'n land om plekke van argeologiese .
                                                   belang, soos die Kangogrotte, te sien
         1.2.2       Marginale koste
                                             B     die produksietydperk waar ten minste een
         1.2.3       Direkte beheer                produksiefaktor vas bly

         1.2.4       Maksimum pryse          C     'n tarief wat op die produksie van produkte
                                                   gehef word wat eksterne omgewingskoste
         1.2.5       Klimaatsverandering           veroorsaak

         1.2.6       Paleo-toerisme          D     die uitgawe aangegaan om 'n ekstra
                                                   eenheid te produseer
         1.2.7       Produksieprys-
                     indeks                  E     die meting van die produksiekoste van
                                                   goedere met tyd
         1.2.8       Groen belasting
                                             F     opoffering van een goed vir 'n ander een

                                             G     owerheid meng in om goedere meer
                                                   bekostigbaar te maak

                                             H     wetsontwerpe wat deur die owerheid
                                                   aangeneem word om negatiewe
                                                   eksternaliteite te reguleer wat deur
                                                   besighede veroorsaak is

                                             I     'n aansienlike en volgehoue verandering in
                                                   die normale weerpatroon
                                                                                      (8 x 1)         (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    5                         DBE/November 2020
                                            SS/NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
         Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

         1.3.1        Wanneer dit onmoontlik is om die welvaart van een individu te
                      verhoog sonder om iemand anders te benadeel

         1.3.2        Die punt waar die marginale koste of gemiddelde inkomste aan die
                      gemiddelde veranderlike koste gelyk is

         1.3.3        Waar goedere onwettig aangekoop en verkoop word

         1.3.4        Die aktiwiteite van mense wat vir nie meer as 'n jaar nie buite hul
                      gewone omgewing reis

         1.3.5        Tipe inflasie waar pryse van goedere en dienste deur die owerheid
                      vasgestel word

         1.3.6        Die storting van afvalmateriaal in die omgewing wat die ekosisteem
                      beskadig                                                    (6 x 1)        (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     6                                DBE/November 2020
                                             SS/NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE            van   die   drie     vrae   in     hierdie   afdeling    in     die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                             40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1        Gee TWEE voorbeelde van eksplisiete koste vir 'n firma.             (2 x 1)       (2)

         2.1.2        Hoekom word monopolistiese mededinging as 'n hibriede struktuur
                      beskou?                                                 (1 x 2)                   (2)

2.2      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                              Jammer, mnr. Edison.
                                              Google, Microsoft en
                                              Facebook beweer dat
                                                hulle die patente
                                                      besit.

                                                                  [Aangepas uit Google Images]

         2.2.1        Identifiseer die tipe monopolie wat in die spotprent hierbo
                      uitgebeeld word.                                                                  (1)

         2.2.2        Wat is die aard van die produk wat deur monopolieë aangebied
                      word?                                                                             (1)

         2.2.3        Beskryf kortliks die term patent soos dit in Ekonomie gebruik word.               (2)

         2.2.4        Hoe verskil die helling van 'n monopolis se vraagkromme van dié
                      van 'n monopolistiese mededinger?                                                 (2)

         2.2.5        Hoekom vind staatsbeheerde monopolieë in Suid-Afrika dit moeilik
                      om 'n ekonomiese wins te maak?                           (2 x 2)                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                        7                   DBE/November 2020
                                                SS/NSS

2.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              MARKMISLUKKING – Owerheid Meng In

         Daar is baie oorsake van
         markmislukking,    soos    ekster-
                                                                     ONS EIS
         naliteite,  merietegoedere     en                             'N
         ongelyke verdeling van inkome.                           BESTAANSLOON
         Die owerheid het in Januarie 2019
         ingemeng om ongelyke verdeling
         van inkome te oorbrug en
         'n    nasionale    minimum    loon
         aangekondig. Hierdie aankondi-
         ging is deur Cosatu en die
         Federasie van Unies van Suid-
         Afrika ondersteun.
              [Aangepas uit FIN24, 1 Januarie 2019]

         2.3.1        Noem EEN tipe ondoeltreffendheid wat deur markmislukking
                      veroorsaak word.                                                        (1)

         2.3.2        Gee EEN regstellende beleid wat die owerheid gebruik om
                      inkomste te herverdeel.                                                 (1)

         2.3.3        Beskryf kortliks die term merietegoedere.                               (2)

         2.3.4        Hoekom lei 'n negatiewe eksternaliteit tot die oorproduksie van
                      goedere en dienste?                                                     (2)

         2.3.5        Verduidelik die negatiewe gevolge van minimum lone vir die
                      ekonomie.                                          (2 x 2)              (4)

2.4      Trek 'n volledig benoemde grafiek om die ekonomiese verlies in 'n
         monopoliemarkstruktuur te toon.                                                      (8)

2.5      Evalueer die impak van produsentesubsidies deur die owerheid op die
         sakesektor.                                                                          (8)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     8                            DBE/November 2020
                                             SS/NSS

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                           40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Gee TWEE voorbeelde van Wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika.
                                                                               (2 x 1)              (2)

         3.1.2        Hoe kan die toerismesektor help om armoede onder die plaaslike
                      mense in die gemeenskap te verminder?                  (1 x 2)                (2)

3.2      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                        HOOFLYN-INFLASIE
           %              PERSENTASIEVERANDERING OOR VIER KWARTALE                       %

                                                        [Aangepas uit StatsSA en SARB, 2019]

         3.2.1        Waarna verwys die TWEE stippellyne in die grafiek?                            (1)

         3.2.2        Gedurende watter jaar sal die Monetêre Beleidskomitee meer
                      waarskynlik die terugkoop(-repo)koers verhoog?                                (1)

         3.2.3        Beskryf kortliks die term hooflyn-inflasie.                                   (2)

         3.2.4        Verduidelik die invloed van inflasieverwagtinge op verbruiks-
                      besteding.                                                                    (2)

         3.2.5        Hoe sal 'n styging in belasting op toegevoegde waarde die
                      ekonomie beïnvloed?                                (2 x 2)                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    9                          DBE/November 2020
                                            SS/NSS

3.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             TOERISME STAAN VOOR UITDAGINGS

         Uitstallers het gedurende die 2018 Afrika-Reis-Indaba, wat in Durban gehou
         is, gekla dat township-toerisme hoë misdaadkoerse, 'n gebrek aan sekuriteit
         en befondsing moes trotseer.

         Opkomende besighede in die bedryf ondervind ekonomiese agterstand en
         bemarkingsuitdagings, en alhoewel 'n verswakte rand internasionale toeriste
         aangemoedig het om na Suid-Afrika te reis, besoek slegs 5% van die wêreld
         se toeriste Afrika.

         SAToerisme het versoek dat die owerheid nie moet probeer om die bedryf te
         bestuur nie, maar eerder ruimte vir besigheid moet skep waarbinne hulle
         suksesvol kan funksioneer.
                                                      [Aangepas uit @SABCNewsOnline, 2019]

         3.3.1        Gee die term wat gebruik word om toeriste uit 'n ander land wat
                      Suid-Afrika besoek, te beskryf.                                            (1)

         3.3.2        Noem EEN doelwit van toerisme.                                             (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die term inheemse kennis.                                 (2)

         3.3.4        Hoekom is bemarking as 'n toerismebeleid belangrik?                        (2)

         3.3.5        Hoe kan toerisme 'n negatiewe invloed op die omgewing hê?
                                                                                   (2 x 2)       (4)

3.4       Verduidelik kortliks die voordele van toerisme vir die huishouding.      (4 x 2)       (8)

3.5      Hoe sal die verbruikersprysindeks die ekonomie beïnvloed?                               (8)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   10                              DBE/November 2020
                                            SS/NSS

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Noem TWEE instellings wat vir die regulering van mededinging in
                      Suid-Afrika verantwoordelik is.                         (2 x 1)                (2)

         4.1.2        Hoekom sal hoë inflasie tot aflegging by die werksplek lei?      (1 x 2)       (2)

4.2      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              Prys (Rand)
                                 V

                        45
                        40                     E

                        28

                                                          V1

                             0       400    700 800   Hoeveelheid (miljoen)

         4.2.1        Identifiseer die onelastiese deel van die vraagkromme.                         (1)

         4.2.2        Benoem die vraagkromme hierbo.                                                 (1)

         4.2.3        Beskryf kortliks die term stilswyende samespanning.                            (2)

         4.2.4        Hoe verskil die wins van 'n oligopolie van die wins van 'n
                      monopolistiese mededinger op lang termyn?                                      (2)

         4.2.5        Hoekom sal die produsent onwillig wees om die prys van R40,00
                      na R28,00 te verlaag? Toon ALLE berekeninge.           (2 x 2)                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     11                         DBE/November 2020
                                              SS/NSS

4.3      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Die owerheid moet          Ja, miskien,
        inflasie beheer         maar daardie
       deur verskillende       beleide werk nie
      beleide te gebruik.         altyd nie.

                                                                   [Aangepas uit Google Images]

         4.3.1        Noem die Suid-Afrikaanse instelling wat vir die bestryding van
                      inflasie verantwoordelik is.                                                 (1)

         4.3.2        Watter denkskool glo dat inflasie deur die totale geldaanbod
                      beïnvloed word?                                                              (1)

         4.3.3        Beskryf kortliks die term hiperinflasie.                                     (2)

         4.3.4        Hoe sou die koste van ingevoerde sleutelinsette tot 'n hoër
                      inflasiekoers bydra?                                                         (2)

         4.3.5        Hoekom is 'n monetêre beleid effektief met die verlaging van
                      vraagtrek-inflasie?                                    (2 x 2)               (4)

4.4       Verduidelik kortliks die redes vir 'n koste-voordeelanalise.               (4 x 2)       (8)

4.5      Hoekom is investering in toerisme vir die ekonomie belangrik?                             (8)
                                                                                                   [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   12                             DBE/November 2020
                                            SS/NSS

AFDELING C

Beantwoord enige EEN           van    die   twee   vrae    in   hierdie    afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                              PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                            TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                          Maks. 2
  'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraagonderwerp
      verband hou, te definieer of te omskryf.
  Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
  Moet NIE enige gedeelte van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.
  Vermy enige bespreking van die liggaam in die inleiding.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/                   Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Vergelyk/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/
Assesseer/Debatteer/Trek 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/                 Maks. 10
Evalueer krities/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Debatteer
kortliks/Hoe/Stel voor/Analiseer
Slot
Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit:                                  Maks. 2
 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling van
     enige feite wat reeds genoem is
 Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
     versterk
 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 Aanbevelings
TOTAAL                                                                                40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                          40 PUNTE– 40 MINUTE

 Bespreek volledig, sonder die gebruik van grafieke, volmaakte mededinging as 'n
  markstruktuur.                                                       (26 punte)
 Evalueer die mededingingsbeleid in die bevordering van 'n meer mededingende
  ekonomie.                                                            (10 punte)                 [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                        40 PUNTE – 40 MINUTE

 Bespreek die belangrikste omgewingsprobleme wat lande wêreldwyd beïnvloed.
                                                                      (26 punte)
 Evalueer die sukses van die internasionale maatreëls wat aangeneem is om
  omgewingsprobleme aan te pak.                                       (10 punte)                  [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:              40
                                                                      GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Economics 2020 KZN P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/economics-2020-kzn-p2-qp/d8f15014-08c6-4aa6-bb50-345e3de4a83f) — Economics · QP · 2020
- [Economics P2 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2018-eng/16738739-9f23-4569-9bcb-c0b81011e34b) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [Economics P2 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-afr/bc09b176-bf84-4ca4-9c47-fed330569164) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Economics P2 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2014-eng/a0605149-0015-4c96-8a8d-a943ea910a5c) — Economics · QP · 2014 · Eng
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
