# Economics Grade 12 P2 NSC November 2020 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2020-memo-afr/6d0f09ce-84f1-408d-84e9-969098b048bc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC November 2020 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2020-memo-afr/6d0f09ce-84f1-408d-84e9-969098b048bc)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           SENIOR SERTIFIKAAT/
                      NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                   EKONOMIE V2

                                 NOVEMBER 2020

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     2                          DBE/November 2020
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
         1.1.1        A – aksynsbelasting te gebruik 
         1.1.2        D – monopolisties-mededingende 
         1.1.3        B – gelykbreek 
         1.1.4        C – eksterne 
         1.1.5        B – kommunikasie 
         1.1.6        D – stagflasie 
         1.1.7        C – 'n verlaging in owerheidsbesteding 
         1.1.8        A – markverwante                                             (8 x 2)       (16)

1.2      PASITEMS
         1.2.1       B - die produksietydperk waar ten minste een produksiefaktor
                         vas bly 

         1.2.2       D - die uitgawe aangegaan om 'n ekstra eenheid te produseer 

         1.2.3       H - wetsontwerpe wat deur die owerheid aangeneem word om
                         negatiewe eksternaliteite te reguleer wat deur besighede
                         veroorsaak is 

         1.2.4       G - owerheid meng in om goedere meer bekostigbaar te maak 

         1.2.5       I - 'n aansienlike en volgehoue verandering in die normale weer-
                          patroon 

         1.2.6       A - besoek 'n land om plekke van argeologiese belang, soos die
                        Kangogrotte te sien 

         1.2.7       E - die meting van die produksiekoste van goedere met tyd 

         1.2.8       C - 'n tarief wat op die produksie van produkte gehef word wat
                         eksterne omgewingskoste veroorsaak                        (8 x 1)        (8)
1.3      EEN TERM
         1.3.1        pareto-doeltreffendheid 
         1.3.2        sluitingspunt / afskakel-punt 
         1.3.3        swart mark / ondergrondse mark 
         1.3.4        toerisme 
         1.3.5        geadministreerde prys 
         1.3.6        besoedeling                                                   (6 x 1)       (6)
                                                                  TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    3                         DBE/November 2020
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.
         2.1.1       Gee TWEE voorbeelde van eksplisiete koste vir 'n firma.

                      Huur 
                      Rente 
                      Lone 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)             (2 x 1)       (2)
         2.1.2       Hoekom word monopolistiese mededinging as 'n hibriede
                     struktuur beskou?
                     Die monopolistiese mededinger is 'n kombinasie van 'n volmaakte
                     mark en 'n monopolie                                   (1 x 2)            (2)

2.2      DATARESPONS

         2.2.1        Identifiseer die tipe monopolie wat in die spotprent hierbo
                      uitgebeeld word.
                      Kunsmatige / wetlik / statutêre                                           (1)

         2.2.2        Wat is die aard van die produk wat deur monopolieë
                      aangebied word?

                      Uniek met geen naby-substitute nie                                        (1)

         2.2.3        Beskryf kortliks die term patent soos dit in Ekonomie gebruik
                      word.

                      Dit gee 'n eksklusiewe reg aan iemand om 'n produk te
                      vervaardig 
                                                                                                 (2)
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)

         2.2.4        Hoe verskil die helling van die monopolis se vraagkromme
                      van dié van die monopolistiese mededinger?
                      Die helling van die monopolis se vraagkromme is relatief onelasties
                      (styl helling) in vergelyking met die van 'n monopolistiese
                      mededinger waar dit relatief elasties (minder styl hellilng) is 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    4                          DBE/November 2020
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

         2.2.5        Hoekom vind staatsbeheerde monopolieë in Suid-Afrika dit
                      moeilik om 'n ekonomiese wins te maak?

                        Sekere staatsbeheerde monopolieë in Suid-Afrika het 'n
                         geskiedenis van korrupsie en onbevoegdheid wat die vermoë
                         om wins te maak, belemmer 
                       As gevolg van hoë instandhoudingskoste, is die inkomste nie
                         voldoende om al die uitgawes te dek nie 
                       Nie-betaling van skuld van munisipaliteite, verminder die
                         inkomste van staatsbeheerde ondernemings 
                       Regulerende liggame soos NERSA beperk hoë prysstygings
                         wat inkomste verminder 
                       Oormatige vertroue op reddingsboeie lei tot ondoeltreffendheid
                         in die bestuur se besluitnemingsprosesse 
                       Sommige staatsbeheerde ondernemings verskaf noodsaaklike
                         goedere en dienste soos water, wat dit moeilik maak om baie
                         hoë pryse vas te stel om koste te dek 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)         (2 x 2)          (4)

2.3      DATARESPONS

         2.3.1        Noem EEN tipe ondoeltreffendheid wat deur markmislukking
                      veroorsaak word.

                         Produktiewe/tegniese 
                         Toedeling                                                             (1)

         2.3.2        Gee EEN regstellende beleid wat die owerheid gebruik om
                      inkomste te herverdeel.

                       SEB / BBSEB 
                       Regstellende aksie 
                       Grondrestitusie 
                       Grondhervorming 
                       Minimumloon 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (1)

         2.3.3        Beskryf kortliks die term meriete goedere.

                      Goedere wat voordelig is vir die gemeenskap waar elke individu dit
                      behoort te gebruik, ongeag hul inkomste 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

         2.3.4        Hoekom lei 'n negatiewe eksternaliteit tot die oorproduksie
                      van goedere en dienste?

                      Die eksterne/derdeparty koste is nie ingesluit by die markprys nie,
                      en verlaag dus die koste, wat produsente toelaat om meer te
                      produseer as wat hulle moet 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                          5                           DBE/November 2020
                                           SS/NSS – Nasienriglyne

         2.3.5         Verduidelik die negatiewe gevolge van minimum lone vir die
                       ekonomie.

                            Minimum lone sal lei tot ‘n styging in werkloosheid as gevolg
                             van die verminderde vraag na arbeid 
                            Aangesien lone 'n groot deel van die produksiekoste vorm,
                             word uitset en mededingendheid ingeboet 
                            Die owerheid se belastinginkomste verminder deur laer
                             indiensneming, wat die maatskaplike welsynslas van die staat
                             verhoog 
                            As gevolg van laer indiensneming, sal produksie daal wat
                             kanlei tot inflasie 
                             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                              (4)

2.4      Trek 'n volledig benoemde grafiek om die ekonomiese verlies in 'n
         monopoliemarkstruktuur te toon.

                                
                               Prys                                     MK GK
                               Koste
                           Inkomste
                                K/10                   a
                                                     b
                                P/8

                                                        e
                                                         MI                    vv=GI

                                       0              Q1/5                        Hoeveelheid
                                           PUNTETOEKENNING

                     Korrekte benoeming van asse = 1 punt
                     Korrekte trek/posisionering en benoeming van GI-kromme = 1 punt
                     Korrekte trek/posisionering en benoeming van MI-kromme = 1 punt
                     Korrekte trek/posisionering en benoeming van GK-kromme = 1 punt
                     Korrekte trek/posisionering en benoeming van MK-kromme = 1 punt
                     Verliesminimeringspunt = 1 punt
                     Aandui van ekonomiese verlies = 2 punte
                     Korrekte benoeming op asse = 1 punt
                                                          Maksimum punte = 8 punte
                                                                                                            (8)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                 6                        DBE/November 2020
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

2.5      Evalueer die impak van produsentesubsidies deur die owerheid op die
         sakesektor.

         Positiewe

         Produsente subsidies sal:
          produksie stimuleer en help om pryse laag te hou wat hul
           mededingendheid sal verbeter 
          besighede aanmoedig om meer meriete goedere en dienste te verskaf, wat
           positiewe eksternaliteite sal genereer 
          die koste van kapitale investeringsprojekte verminder, wat die groei van
           verwante besighede sal stimuleer 
          besighede in staat stel om meer winste te verdien, as gevolg van laer
           koste 

         Negatiewe

         Produsente subsidies:
          word somtyds nie eweredig aan alle besighede toegeken nie, wat die
            oorlewing van sommige besighede belemmer 
          mag markpryse verdraai, bv. uitvoersubsidies wat hulle bevoordeel bo hul
            mededingers, in die handel van goedere en dienste 
          beskerm somtyds ondoeltreffende firmas waar daar 'n behoefte aan
            herstrukturering is 
          veroorsaak dat firmas te afhanklik raak, en sukkel as die subsidie onttrek
            word 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                  (Maks 8)
         ('n Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir blote opnoem van feite /
         voorbeelde)                                                                         (8)

                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    7                       DBE/November 2020
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
3.1      Beantwoord die volgende vrae.
         3.1.1        Gee TWEE voorbeelde van wêrelderfenisterreine in Suid-
                      Afrika.
                         Mapungubwe 
                         Die Vredefort-koepel 
                         Sterkfontein-grotte / Wieg van die Mensdom 
                         Robbeneiland 
                         Richtersveld Kulturele- en Botaniese Landskap 
                         iSimangaliso Vleilande 
                         Die Kaapse fynbosstreek 
                         uKhahlamba Drakensbergpark 
                         Khomani 
                         Makhoniwa Berge                                         (2 x 1)       (2)
         3.1.2        Hoe kan die toerismesektor help om armoede onder die
                      plaaslike mense in die gemeenskap te verminder?
                      Plaaslike, werklose mense kan 'n inkomste verdien deur goedere
                      en dienste aan toeriste te verskaf  bv. kralewerk  / vorm
                      vennootskappe met besighede om kuns- en handwerk aan
                      kuriowinkels te verskaf om aan toeriste te verkoop 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)       (1 x 2)            (2)

3.2      DATARESPONS
         3.2.1        Waarna verwys die twee stippellyne in die grafiek?
                      Inflasieteiken                                                            (1)
         3.2.2        Gedurende watter jaar het die Monetêre Beleidskomitee die
                      terugkoop-(repo)koers verhoog?
                      2016                                                                      (1)
         3.2.3        Beskryf kortliks die term hooflyninflasie.
                      Die inflasiekoers wat die koste van 'n mandjie goedere van 'n
                      gemiddelde Suid-Afrikaanse huishouding verteenwoordig, en
                      gemeet word deur die verbruikersprysindeks / onaangepaste VPI-
                      syfer 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)
         3.2.4        Verduidelik die invloed van inflasieverwagtinge op verbruiks-
                      besteding.
                       Tydens inflasionêre toestande, verwag verbruikers dat pryse
                         verder sal styg, en begin meer goed koop  bv. petrolpryse 
                       Vakbonde wil hul lede se inkomste teen koopkrag-erosie
                         beskerm wat deur inflasie veroorsaak is 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    8                            DBE/November 2020
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

         3.2.5        Hoe sal 'n styging in belasting op toegevoegde waarde die
                      ekonomie beïnvloed?

                      'n Styging in BTW kan:
                       verhoogde staatsinkome verseker wat die owerheid sal toelaat
                          om meer maatskaplike dienste te verskaf tot voordeel van
                          gemeenskappe 
                       lei tot ‘n daling in staatsinkome omdat verbruikers hul
                          verbruiksbesteding verminder 
                       produksie (aanbod) negatief beïnvloed, as gevolg van ‘n daling
                          in vraag deur hoër pryse 
                       die laer inkomstegroepe meer nadelig beïnvloed, as gevolg
                          van die regressiewe aard van die belasting 
                       'n negatiewe impak hê op die vlak van totale vraag as gevolg
                          van verhoogde pryse, wat tot meer werkloosheid mag lei 
                       die inflasiekoers stabiliseer as gevolg van 'n laer vraag 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)            (2 x 2)         (4)

3.3      DATARESPONS

         3.3.1        Gee die term wat gebruik word om toeriste uit 'n ander land
                      wat Suid-Afrika besoek, te beskryf.

                      Internasionale / buitelandse / inkomende toeriste                           (1)

         3.3.2        Noem EEN doelwit van toerisme.

                      Ontspanning en rekreasie 
                      Besigheid en professioneel 
                      Studies 
                      Mediese redes 
                      Kulturele toerisme 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                             (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die term inheemse kennis.

                      Kennis wat ‘n praktiese toepassing het op die daaglikse oorlewing
                      van tradisionele gemeenskappe / die plaaslike kennis of
                      tradisionele wyse hoe goed gedoen word wat uniek aan ‘n kultuur
                      of ‘n gemeenskap is 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (2)

         3.3.4        Hoekom is bemarking as 'n toerismebeleid belangrik?

                        Bemarking sal die vraag volhoubaar maak in 'n bestaande
                         mark of vraag skep in nuwe markte 
                       Bemarking help om die negatiewe beelde van die land reg te
                         stel 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    9                        DBE/November 2020
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

         3.3.5        Hoe kan toerisme 'n negatiewe invloed op die omgewing hê?
                       Die kenmerke van 'n toeriste-oord sal vernietig word as die
                         drakrag van die gebied oorskry word 
                       Omgewing-sensitiewe areas word vernietig, wat beide kulturele
                         en natuurlike bates vernietig 
                       Omgewingstres lei tot 'n verlies aan wild-spesies as gevolg van
                         safari-jag 
                       Omgewingskoste behels die skep van afval en besoedeling en
                         die onvolhoubare gebruik van water 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)          (2 x 2)        (4)
3.4      Verduidelik kortliks die voordele van toerisme vir die huishouding.
           Besteding deur toeriste lei tot verhoogde inkomste aan huishoudings,
            deur direkte betrokkenheid by toerisme  bv. reisagente of toergidse 
          Indirekte betrokkenheid in toerisme, omdat werknemers in
            handelsondernemings en die hotelindustry, bydra tot die inkomste van
            huishoudings 
          Meeste infrastruktuur wat vir toeriste geskep word, is ook beskikbaar vir
            gebruik deur plaaslike mense  bv. paaie en elektrisiteit 
          Toerisme vereis 'n verskeidenheid vaardighede waarvoor onderwys en
            opleiding nodig is  skole en onderwysinstellings bied 'n aantal reis- en
            toerismeprogramme wat die individu kan bevoordeel 
          Toerisme laat blootstelling aan buitelandse kulture toe wat kulturele en
            maatskaplike kennis verryk 
          Aanvanklike betrokkenheid van huishoudings in die informele sektor kan
            tot toekomstige entrepreneurs in die formele sektor lei          (4 x 2)
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
         (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde)                (8)
3.5      Hoe sal die verbruikersprysindeks die ekonomie beïnvloed?
           Inflasie beïnvloed die ekonomie deur verdraaiing van pryse; dit is nie meer
            ‘n korrekte aanwyser van die waarde van goedere en dienste nie 
          Verskaf bruikbare aanwysers van prysbewegings, wat investering in 'n
            sekere rigting kan stuur 
          Vergelyk prysindekse van verskillende maande, wat help om die stand
            van die ekonomie te bepaal 
          Vakbonde onderhandel loonverhogings wat in lyn is met ‘n styging in die
            produktiwiteit van werkers 
          SARB gebruik die VPI om toepaslike monetêre beleidsopsies toe te pas,
            wat sal help om die inflasieteiken van 3 – 6% te bereik 
          Die seleksie van goedere en dienste in die berekening van die VPI,
            verteenwoordig nie altyd die gemiddelde huishouding nie, en mag elke
            huishouding anders beïnvloed 
          Huishoudings is slegter daaraan toe, omdat die VPI nie 'n ware
            weerspieëling van die werklike impak op huishoudings in die ekonomie is
            nie                                                                               (8)
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
         (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)            [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  10                         DBE/November 2020
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Noem TWEE instellings wat vir die regulering                  van
                      mededinging in Suid-Afrika verantwoordelik is.

                       Mededingingskommissie 
                       Mededingingstribunaal 
                       Mededingingsappelhof                                    (2 x 1)       (2)

         4.1.2        Hoekom sal hoë inflasie tot aflegging by die werksplek lei?

                      Hoër inflasie sal lei tot laer produksie waar besighede minder
                      arbeid benodig                                        (1 x 2)
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (2)

4.2      DATARESPONS

         4.2.1        Identifiseer die onelastiese deel van die vraagkromme.

                      EV1 / onder die knak / tweede segment                                   (1)

         4.2.2        Benoem die vraagkromme hierbo.

                      Geknakte                                                                (1)

         4.2.3        Beskryf kortliks die term stilswyende samespanning.

                      Die gedrag van firmas word gemotiveer deur ‘n informele reëling /
                      Onuitgesproke aksies tussen oligopolistiese firmas, wat heel
                      moontlik ‘n mededingende reaksie sal verminder / As 'n dominante
                      firma sy prys verhoog, met die hoop dat sy mededingers dit sal
                      sien as 'n marksein en hul pryse verhoog 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (2)

         4.2.4        Hoe verskil die wins van 'n oligopolie van die wins van ‘n
                      monopolistiese mededinger op langtermyn?
                      Die oligopolie maak 'n ekonomiese wins oor die langtermyn in
                      vergelyking met die monopolistiese mededinger wat net 'n normale
                      wins maak                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                       11                         DBE/November 2020
                                         SS/NSS – Nasienriglyne

         4.2.5   Hoekom sal die produsent onwillig wees om die prys van R40,00
                 na R28,00 te verlaag? Toon alle berekeninge
                     
                     Die produsent se inkomste sal daal.  Teen 'n prys van R40,00
                       sal die produsent R28 000 verdien (40 x 700)  teenoor 'n
                        inkomste van R22 400 (27 x 700) teen 'n prys van R28 
                                                    OF
                  Teen R40,00 is die inkomste R28 000 , teenoor R22 400 teen
                    'n prys van R28  Die produsent se inkomste daal as die prys
                    daal                         OF
                  Deur die prys te verlaag, sal die firma funksioneer op die
                    onelastiese deel van die vraagkromme, waar die persentasie
                    styging in die markaandeel minder sal wees as die
                    persentasiedaling in die prys 
                    %-daling in prys = (12 x 100) = 30% 
                                        40
                    %-styging in markaandeel = (100 x 100)
                                                  700
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)            (2 x 2)                (4)

4.3      DATARESPONS

         4.3.1           Noem die Suid-Afrikaanse instelling wat vir die bestryding van
                         inflasie verantwoordelik is.

                         Suid-Afrikaanse Reserwebank / SARB                                         (1)

         4.3.2           Watter denkskool glo dat inflasie deur die totale geldaanbod
                         beïnvloed word?
                         Monetariste                                                                (1)

         4.3.3           Beskryf kortliks die term hiperinflasie.
                         As 'n land buitengewone en onbeperkte algemene prysstygings
                         ondervind / bo 50% / wat daartoe lei dat die waarde van die
                         geldeenheid waardeloos word 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (2)

         4.3.4           Hoe sou die koste van ingevoerde sleutelinsette tot 'n hoër
                         inflasiekoers bydra?

                         As sleutelinsette (masjinerie) ingevoer word van lande wat inflasie
                         ondervind, sal die koste van plaaslik-geproduseerde goedere styg /
                         As verskaffer lande inflasie ondervind, sal lande wat sleutelinsette
                         invoer 'n hoër inflasie ondervind omdat die produksiekoste sal
                         styg                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   12                        DBE/November 2020
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

         4.3.5       Hoekom is 'n monetêre beleid effektief met die verlaging van
                     vraagtrek-inflasie?
                       Monetêre beleid verlaag totale besteding, deur rentekoerse te
                        verhoog 
                      ‘n Styging in die kontantreserwevereiste, beperk die krediet
                        beskikbaar aan verbruikers, wat die vraag verminder 
                      Verkoop van staatseffekte (opemarktransaksies) verminder die
                        geldaanbod waar banke minder geld beskikbaar stel 
                      Banke kan deur die sentrale bank oorreed word om die
                        hoeveelheid krediet te beperk 
                      Help om die koste van krediet in die verskillende sektore van die
                        ekonomie te verhoog 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)           (2 x 2)        (4)

4.4      Verduidelik kortliks die redes vir 'n koste-voordeelanalise.

         'n Koste-voordeelanalise word gebruik:
           in publieke sektor projekte omdat daar geen markseine is wat
             besluitneming rig nie  bv. paaie en brûe 
           om alle relevante voordele en koste van 'n projek te identifiseer voordat
             ingeligte besluitneming geneem kan word 
           om ekonomiese doeltreffendheid in hulpbrontoedeling te verseker 
           wat 'n wyer sosiale impak sal aandui wat eksternaliteite insluit in die
             besluitnemingsproses, om die effek van investering op maatskaplike
             welsyn en die omgewing te beraam 
           om groter objektiwiteit in besluitneming te bring wat subjektiwiteit
             verhoed                                                        (4 x 2)
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
         (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)            (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                 13                           DBE/November 2020
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

4.5      Hoekom is investering in toerisme vir die ekonomie belangrik?

         Investering in toerisme is belangrik vir die ekonomie omdat:
          dit markte men landelike gebiede verbind waar produksie plaasvind, as
             gevolg van die opgradering van vervoerinfrastruktuur na toeriste-oorde in
             landelike gebiede 
          dit die doeltreffendheid om sake te doen verbeter, deur effektiewe
             kommunikasie infrastruktuur aan hotelle te verskaf (telefoonlyne en
             internet toegang) 
          dit 'n betroubare energie-infrastruktuur verskaf bv. ligte en warm water,
             wat die kwaliteit en gerief van toeristeverblyf verbeter wat toerisme verder
             sal laat groei 
          dit 'n basiese dienste infrastruktuur vereis wat die vlak van werkloosheid
             kan verlaag en verseker dat skoon water en vuilgoedverwydering by
             toeriste-oorde en in die plaaslike gemeenskap verskaf word 
          dit lei tot die oprigting van besighede naby toeriste-oorde soos 'n
             algemene handelaar, apteek, 'n spa of restaurant wat die BBP sal
             verhoog 
          dit die toeris toelaat om 'n unieke ondervinding in die land te geniet, deur
             'n verskeidenheid rekreasie-aktiwiteite soos abseil, 4x4-ritte, wildritte en
             voetslaan te geniet 
          ‘n toename in kapitaalvorming die groot sosio-ekonomiese probleem van
             werkloosheid sal oplos, deur te fokus op hierdie arbeidsintensiewe
             bedryf
          ‘n groot deel van die Suid-Afrikaanse bevolking in gebiede wat gekenmerk
             word deur buitengewone armoede en onderontwikkeling, waar verskeie
             groot toeriste-attraksies kan lei tot die ontwikkeling van projekte om
             hierdie probleme op te los 
          Negatiewe eksternaliteite soos koolstofvrystellings kan beperk word deur
             koolstofbelasting of verhandelbare koolstofpermitte, as addisionele
             inkome aan die owerheid 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
         (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)            (8)

                                                                                                [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                14                         DBE/November 2020
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELINGC
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE
 Bespreek volledig, sonder die gebruik van grafieke, volmaakte mededinging
  as 'n markstruktuur.                                            (26 punte)
 Evalueer die mededingingsbeleid in die bevordering van 'n meer
  mededingende ekonomie.                                         (10 punte)

INLEIDING

Die volmaakte mark is 'n markstruktuur waar 'n onbeperkte aantal besighede in die mark
funksioneer/Daar is verskillende markstrukture wat in die ekonomie voorkom, elk met sy
eie unieke stel kenmerke                                                     (Maks 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding)

LIGGAAM: HOOFDEEL

Aard van produkte 
 Produkte moet homogeen (identies) wees 
 Daar behoort geen verskille in styl, ontwerp en kwaliteit te wees nie 
 Op hierdie manier ding produkte alleenlik mee op die basis van prys en kan op enige
   plek gekoop word 
 As produkte verskil, kan verkopers die kopers oorreed om hul duurder produkte te
   koop deur dit te gradeer 
 Markte vir koring en steenkool bestaan uit homogene produkte wat gegradeer word
   

Aantal besighede 
 Daar moet 'n groot aantal kopers en verkopers wees 
 Dit moenie moontlik wees vir een koper of verkoper om die prys te beïnvloed nie / As
  daar baie verkopers is sal die aandeel van elke verkoper in die mark so klein wees dat
  die verkoper nie die prys kan beïnvloed nie 
 Verkopers is prysnemers; hulle aanvaar die huidige markprys 
 As besighede pryse bo die markprys verhoog, sal hulle klante verloor 

Geen voorkeurbehandeling/diskriminasie 
 Kopers en verkopers baseer hul aksies op die prys alleenlik; homogene produkte
  behaal dieselfde prys en geen voorkeur word verleen by koop of verkoop aan sekere
  persoon nie 

Samespanning 
 Geen samespanning vind plaas nie 
 Elke verkoper tree onafhanklik van mekaar op / onmoontlik vir verkopers om groepe te
  vorm wat hoë pryse afdwing 

Vrye mededinging 
 Kopers moet vry wees om te koop wat hulle wil, by watter firma en enige
   hoeveelheid 
 Verkopers moet vry wees om wat, hoeveel en waar hulle wil, te verkoop 
 Daar mag geen staatsinmenging en geen prysbeheer wees nie 

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                15                         DBE/November 2020
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

Beweeglikheid van produksiefaktore 
 Produksiefaktore kan vryelik tussen markte beweeg sonder enige beperkings 
Volmaakte kennis van marktoestande 
 Alle kopers en verkopers moet ten volle bewus wees van wat gebeur in enige deel van
   die mark 
 Tegnologie het mededinging verhoog omdat inligting maklik verkrygbaar is via die
   internet 
Toetrede tot markte 
 Daar is volkome vryheid van toe- en uittrede by 'n mark wat ten volle toeganklik is 
 Toegang is nie onderhewig aan enige beperkinge in die vorm van regs-, finansiële,
   tegnologiese of ander versperrings wat die vryheid van beweging van kopers en
   verkopers aan bande lê nie 
Winste 
 In die kort termyn kan firmas 'n ekonomiese wins, ekonomiese verlies of normale wins
   maak 
 In die lang termyn maak firmas 'n normale wins 

Beheer oor pryse 
 Elke verkoper is ‘n prysnemer en beskou die markprys as gegewe 
 Die markprys word bepaal deur die interaksie van die markiaanbod en markvraag – as
  ‘n produseng probeer om die prys bo die markprys te verhoog, sal verbruikers ‘n beter
  prys elders vind 
 As ‘n oorskotvraag of –aanbod bestaan, sal die prys reageer om te verseker dat die
  ewewig weer bereik sal word 

Doeltreffendheid 
 Die volmaakte mededinger produseer teen die laagste koste oor die
   langtermyn                                                            (Maks 26)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(‘n Maksimum van 8 punte sal toegeken word vir blote opnoem van feite/voorbeelde)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                16                         DBE/November 2020
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

ADDISIONELE DEEL
Evalueer die mededingingsbeleid in die bevordering van 'n meer mededingende
ekonomie.
Die mededingingsbeleid het 'n meer mededingende ekonomie bevorder deur:
  suksesvolle ondersoek en vervolging van onregverdige mededinging op ‘n gereelde
     basis in die land 
  aanbevelings te maak rakende boetes vir besighede wat skuldig bevind word aan
     misbruik, en dit word onderskryf en boetes word gehef 
  die verbeterde mededingingsbeleid van die Wetsontwerp op die wysiging van
     Mededinging, deur direkteure/eienaars aanspreeklik te hou vir nie-mededingende
     gedrag 
  maak dit moontlik vir besighede om te appelleer teen die boete wat opgelê is, by die
     Mededingingsappèlhof 
  verminder die ekonomiese mag van groot konglomerate om 'n meer regverdige
     verdeling van inkomste en welvaart te bereik 
  reguleer samesmeltings en oornames om markmag van samesmeltings te reguleer,
     soos Massmart en Wallmart waar voorwaardes opgelê is om moontlike
     werklkoosheid te voorkom wat hieruit kon voortspruit 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Aanvaar praktiese voorbeelde waar Mededingingsbeleid suksesvol was)
Die mededingingsbeleid was nie suksesvol nie, want:
    daar is steeds 'n gereelde voorkoms van ondersoeke, rakende samespanning,
     ongeag die boetes wat opgelê  bv. konstruksie/sement/staal/brood/banksektor 
     boetes was te lig en het nie gedien as 'n suiwering van samespannende gedrag nie
     
    te veel dominante firmas het gekeer dat agtergeblewe swart nyweraars tot die mark
     toetree (SEB) 
    die oorspronklike mededingingsbeleid het nie die impak samesmeltings en die
     verkryging van KMMO's, in terme van regverdige prysbepaling sou hê in berekening
     gebring nie 
    tekortkominge van die mededingingsbeleid, het tot die aanvaarding van die
     Wetsontwerp op die wysiging van Mededinging, aanleiding gegee, wat mededinging
     verder sal bevorder 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (maks 10)

SLOT

In werklikheid is daar slegs 'n paar naby-volmaakte markte, hoewel daar sommige
sektore is, soos mynbou (goud) en landbou (koring), wat aan baie van die vereistes
voldoen. Hierdie sektore illustreer die wyse waarop die markmeganisme werk 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë orde slot)                         (Maks 2)

                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                 17                         DBE/November 2020
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

 Bespreek die vernaamste omgewingsprobleme wat lande wêreldwyd
  beïnvloed.                                                       (26 punte)
 Evalueer die sukses van die internasionale maatreëls wat aangeneem is om
  omgewingsprobleme aan te pak.                                    (10 punte)                  [40]

INLEIDING
Omgewingsvolhoubaarheid van die omgewing word bedreig as gevolg van baie
probleme wat erger raak met die tyd                           Maks (2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)

INHOUD: HOOFDEEL

Biodiversiteitsverlies 
 Dit hou verband met die genetiese verskeidenheid tussen individuele plant- en
   dierspesies binne 'n gemeenskap van organismes 
 Die uitputting van natuurlike hulpbronne kan lei tot uitwissing van sekere spesies
   wat biodiversiteit verminder 
 Die uitsterf van spesies is 'n onomkeerbare proses, en is dus 'n groot bedreiging vir
   die proses van oorplantings van gene tussen spesies 
 Sekere moderne tegnieke maak dit moontlik om gene van een spesie na 'n ander
   oor te plant, om 'n nuwe spesie te skep, hoewel die gene wat gebruik word moet
   verskil 
 Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies verbied die
   internasionale kommersiële handel in ‘n ooreengekome lys van bedreigde spesies
   wat van tyd tot tyd hersien word 

Chemiese afval 
 Blootstelling aan chemikalieë soos insekdoders en pesbestryders kan lei tot
  onmiddellike dood 
 In ander gevalle kan dit lei tot dood na 'n periode van tyd as gevolg van
  wanfunksionering van die spysverteringskanaal of die senustelsel 
 By mense, plante en diere kan die blootstelling aan gif lei tot onvrugbaarheid 
 In normale konsentrasie raak die meeste chemikalieë nie-toksies, maar in wese is
  almal gevaarlik bv. verkeerde medisyne dosisse 
 Ander chemikalieë soos DDT is ontwerp met toksiese middels 
 Die produksie van chemikalieë het gelei tot chemiese afval en vernietiging van
  hierdie chemikalieë is altyd 'n probleem vir die omgewing 
 Die Stockholm Protokol verbied die twaalf dodelikste vervaardigde chemikalieë 
 Die Rotterdam Konvensie beskerm lande waar voldoende infrastruktuur ontbreek
  om die invoer en uitvoer van gevaarlike chemikalieë te monitor 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                               18                         DBE/November 2020
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

Klimaatsverandering 
 'n Opbou van sekere gasse soos koolstofdioksied in die atmosfeer veroorsaak die
    hitte om vasgevang te word in die atmosfeer, wat lei tot aardverwarming 
 Die mees algemene kweekhuisgas wat vrygestel word in die atmosfeer is koolstof-
    dioksied wat vrygestel word by die verbranding van fossielbrandstof en hout 
 Die hoeveelheid koolstofdioksied geproduseer kan nie deur bome absorbeer word
    nie 
 Toenemend word natuurlike woude vir menslike gebruik afgekap, wat die
    kweekhuisgasse in die atmosfeer laat toeneem 
 Verhoogde kweekhuisgasse lei tot die beskadiging van die osoonlaag en
    uiteindelik aardverwarming 
 Aardverwarming het 'n effek op die wêreld se weerpatrone, wat buitengewone
    temperature en 'n verandering in reënvalpatrone insluit 
 Vrywillige vermindering van koolstofdioksied-vlakke was nie suksesvol nie – en lei
    tot die ondertekening van die Kyoto Protokol in 1997 

Gevaarlike afval 
  Hierdie tipes afval is gevaarlik vir lewende organismes en die ekosisteem in
   geheel omdat hulle so stadig opbreek 
  Die Basel Konvensie laat toe dat partye gevaarlike afval uitvoer waar lande die
   invoer daarvan nie verbied nie 

Verlies aan inheemse kennis 
 Die organiese metodes en natuurlike prosesse             gebruik deur tradisioneel
    inheemse mense is nie welbekend in alle plaaslike gemeenskappe of by
    buitelandse toeriste nie 
 Regeringsprogramme wat onderneem word om hierdie stelsels te beskerm, sal
    aanvaarbaarheid en geloofwaardigheid verleen in die oë van die plaaslike mense
    en die wêreld daarbuite 
 Daar is 'n dringende behoefte aan respek en bevordering van aangebore regte van
    inheemse mense wat hulle uit sosiale strukture verkry het 
 Inheemse kennis verskaf 'n magsbasis waarvandaan alternatiewe maniere
    ontwikkel kan word om hulpbronne te bestuur 
 Sorg moet gedra word dat inheemse kennis nie oorskadu word en vir ewig verlore
    gaan nie 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                       (Maks 26)
(Aanvaar enige ander probleme soos ontbossing, gronderosie, grondagteruitgang,
oorbevolking, besoedeling, smelt van yslaag)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                               19                       DBE/November 2020
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

ADDISIONELE DEEL

Die internasionale maatreëls wat toegepas word om omgewingsprobleme aan te pak
was suksesvol omdat:
 die Verenigde Nasies se Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde
  Spesies (KIHBS) en die Kyoto Protokol geskep is om 'n bewustheid te skep en
  maatreëls te formuleer wat klimaatsverandering aanspreek 
 die Kyoto Protokol onderteken was deur 186 lande en bindende uitlaatgas-teikens
  (5.2%) vasgestel is 
 die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (KIHBS) die handel
  in bedreigde diere en plante gereguleer het om biodiversiteitsverlies aan te
  spreek  waardeur beheer uitgeoefen is deur die uitreik van permitte en kwotas
  om die moontlikheid van uitsterwing te verminder 
 'n permit nodig is om plante en diere na Suid-Afrika in te voer 
 die Verenigde Nasies 'n aantal ooreenkomste soos die Stockholm Protokol oor
  voortdurende organiese besoedeling om die probleem van toksiese afval
  wêreldwyd aan te spreek, fasiliteer 
 die protokol twaalf van die gevaarlikste vervaardigde substansies soos DDT,
  verban 
 die Baselkonvensie ingestem het om kernafval te bestuur 

Die internasionale maatreëls wat toegepas word om omgewingsprobleme aan te
spreek was nie suksesvol nie, omdat:

   die koers waarteen kweekhuisgasse geproduseer word aanhou toeneem, ondanks
    vele klimaatsverandering konvensies (UNFCCC) en protokolle soos Kyoto 
   lande steeds die negatiewe effek van klimaatsverandering in onlangse jare
    ondervind 
   buitengewone natuurrampe soos siklone wat skade in Mosambiek in 2019
    veroorsaak het 
   die Parys-ooreenkoms van klimaatsverandering (2012) ondermyn is deur die
    onttrekking van magtige lande soos die VSA wat ander lande beïnvloed het en 'n
    groot besoedelaar is 
   bedreigde spesies soos die renoster steeds doodgemaak word vir hul horings ten
    spyte van die maatreëls wat in plek geplaas is deur KIHBS 
   ontwikkelende lande storting van gevaarlike afval toelaat wat die ryk
    nywerheidslande aanmoedig om tot die probleem by te dra           (Maks 10)
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë orde antwoord)

SLOT

Die sukses met die pogings om omgewingsprobleme aan te spreek, is afhanklik van
die houding van owerhede, besighede en verbruikers wêreldwyd wat dit ernstig
genoeg opneem om te implementeer                                    (Maks 2)
(Aanvaar enige ander korrekte hoë orde slot)                                           [40]

                                                           TOTAAL AFDELING C:          40

                                                                GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Economics 2020 KZN Prelim P2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/economics-2020-kzn-prelim-p2-memo/2a3bfbce-05b8-4cbd-9146-7977c5ad09ff) — Economics · Memo · 2020
- [Economics P2 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2017-memo-eng/75fe79dc-5067-4113-aa9a-b15a64821265) — Economics · Memo · 2017 · Eng
- [Economics P2 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-memo-eng/508d2e06-2851-499d-9d6f-83894f520210) — Economics · Memo · 2016 · Eng
- [Economics P2 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-memo-afr/b4dfb506-dfe9-4930-b505-6849623db422) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [Economics P2 Nov 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2015-memo-eng/b9d108c8-dee7-4edd-b6e0-86a83081b665) — Economics · Memo · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
