# Economics Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2021-afr/77de278d-3a34-49a5-bf3d-7af8eb6fb7f0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2021-afr/77de278d-3a34-49a5-bf3d-7af8eb6fb7f0)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                    EKONOMIE V2

                                  NOVEMBER 2021

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  2                       DBE/November 2021
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   3                          DBE/November 2021
                                             NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                        30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

         1.1.1        Die waarde van vaardighede wat deur die entrepreneur besit word
                      en in die produksieproses gebruik word, word … koste genoem.

                      A    eksplisiete
                      B    marginale
                      C    implisiete
                      D    gemiddelde

         1.1.2        'n Situasie waar dit onmoontlik is om die welstand van een individu
                      te verbeter sonder om dit vir 'n volgende individu te vererger,
                      word … doeltreffendheid genoem.

                      A    toedelings-
                      B    tegniese
                      C    Pareto-
                      D    mark-

         1.1.3        Die vraagkromme vir 'n oligopolis …

                      A    het 'n positiewe helling.
                      B    is geknik.
                      C    is horisontaal.
                      D    het 'n opwaartse helling.

         1.1.4        Inkomste wat deur produsente van goedere benut word, staan
                      as … voordeel bekend.

                      A    private
                      B    eksterne
                      C    sosiale
                      D    publieke

         1.1.5        'n Inflasiekoers wat items met hoogs onbestendige pryse uitsluit,
                      word … inflasie genoem.

                      A    prysregulerings-
                      B    hooflyn-
                      C    inklusiewe/allesomvattende
                      D    kern-

         1.1.6        Godsdienstige gebeurtenisse word onder … toerisme ingesluit.

                      A    paleo-
                      B    kulturele
                      C    plaaslike
                      D    eko-

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                       4                         DBE/November 2021
                                                 NSS

         1.1.7         Die proses om afvalmateriaal in ekonomiese goedere om te skakel,
                       staan as … bekend.

                       A     herwinning
                       B     hergebruik
                       C     herstel
                       D     uitvind

         1.1.8         Staatsinmenging wat besighede toelaat om hulle lisensies aan
                       ander besighede te verkoop, word … genoem.

                       A     toekenning van eiendomsreg
                       B     omgewingsubsidies
                       C     omgewingsbelasting
                       D     bemarkbare permitte                                      (8 x 2)       (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

                       KOLOM A                                  KOLOM B
         1.2.1       Lang termyn             A     'n internasionale ooreenkoms wat streef
                                                   na die verlaging van kweekhuisgasse
         1.2.2       Grensinkome
                                             B     verteenwoordig die koste van 'n
         1.2.3       Duopolie                      gemiddelde mandjie goedere en dienste

         1.2.4       Perfekte elastiese      C     produkte wat ekovriendelik is en sonder
                     vraagkromme                   enige skade deur die omgewing
                                                   geabsorbeer kan word
         1.2.5       Verbruikersprysindeks
                                             D     mense wat deur Suid-Afrika na 'n ander
         1.2.6       Transito-toeriste             bestemming reis

         1.2.7       Kyoto Protokol          E     elke besigheid moet die optrede van
                                                   ander in ag neem
         1.2.8       Bioafbreekbaar
                                             F     alle produksiefaktore is veranderlik

                                             G     inkome ontvang uit die verkoop van een
                                                   ekstra eenheid van produksie

                                             H     hoeveelhede verander sonder 'n
                                                   verandering in prys

                                             I     'n markstruktuur wat deur twee
                                                   besighede gedomineer word
                                                                                          (8 x 1)   (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   5                           DBE/November 2021
                                             NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
         Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

         1.3.1        'n Situasie waar die mark goedere verskaf wat by die behoeftes
                      van die verbruikers pas

         1.3.2        'n Markstruktuur wat bestaan          uit   baie   besighede     wat
                      gedifferensieerde produkte verkoop

         1.3.3        Goedere wat as sosiaal nadelig beskou word

         1.3.4        Pryse van goedere en dienste wat aanhoudend oor 'n lang tydperk
                      daal

         1.3.5        Monetêre beleidsbenadering wat deur die SARB gebruik word om
                      prysveranderinge binne 3–6% te hou

         1.3.6        Die verskeidenheid plant- en dierelewe binne 'n ekostelsel   (6 x 1)       (6)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     6                               DBE/November 2021
                                               NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE              van   die   drie   vrae   in   hierdie     afdeling   in    die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1       Noem enige TWEE doelstellings van die mededingingsbeleid. (2 x 1)                 (2)

         2.1.2       Waarom word 'n monopolistiese mededingende mark as 'n hibridiese
                     markstruktuur beskou?                                    (1 x 2)                  (2)

2.2      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 TOETREDEBELEMMERINGS

          Beleggingskapitaal      Handelsmerkgewing   Intellektuele Eiendom    Regulasies en
                                                            en Patente           Lisensies

                                                                  [Aangepas uit Google images, 2021]

         2.2.1       In die spotprent, hierbo identifiseer 'n belemmering wat deur 'n
                     monopolistiese mededinger gebruik is om hulle markaandeel te
                     vergroot.                                                                         (1)

         2.2.2       Noem die tipe monopolie wat deur die gebruik van patente
                     gekenmerk word.                                                                   (1)

         2.2.3       Beskryf kortliks die term skaalbesparings.                                        (2)

         2.2.4       Hoe sal belemmerings tot toetrede winste in die mark beïnvloed?                   (2)

         2.2.5       Waarom is dit vir monopolieë 'n uitdaging om buitengewoon hoë
                     pryse te vra?                                           (2 x 2)                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                          7                              DBE/November 2021
                                                    NSS

2.3           Bestudeer die grafieke hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          Bedryf/Mark                              Individuele besigheid
                      V                    A                                         MK
       Prys                                             Prys                           GK

                                 e
              P                                                P                               A=GI=MI

                      A                        V

               0                     Hoeveelheid               0          h1   h2   h3    Hoeveelheid

              2.3.1          Identifiseer die hoeveelheid waar die individuele besigheid wins sal
                             maksimeer.                                                                       (1)

              2.3.2          Noem die markstruktuur wat hierbo geïllustreer word.                             (1)

              2.3.3          Beskryf kortliks die term ekonomiese wins.                                       (2)

              2.3.4          Waarom neem die individuele besigheid die prys soos deur die
                             bedryf bepaal?                                                                   (2)

              2.3.5          Hoe sal die toetrede van nuwe firmas in die bedryf op lang termyn
                             die individuele besigheid beïnvloed?                       (2 x 2)               (4)

2.4           Met behulp van 'n grafiek, verduidelik die verhouding tussen marginale
              inkome en die vraagkromme (GI) van 'n monopolie.                                                (8)

2.5           Analiseer maatreëls wat deur die owerheid gebruik kan word om mededinging
              in die ekonomie te bevorder.                                                                    (8)
                                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                           8                                 DBE/November 2021
                                                     NSS

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1         Beantwoord die volgende vrae.

            3.1.1        Noem enige TWEE kriteria vir 'n aktiwiteit om as toerisme beskou
                         te word.                                                  (2 x 1)                         (2)

            3.1.2        Waarom is dit belangrik om wêreldwyd op bewaring te fokus?
                                                                                   (1 x 2)                         (2)

3.2         Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                              IMPAK VAN COVID-19 OP
 Aantal
                                                 TOURISM
                                               INKOMENDE SALES
                                                            TOERISTE
 toeriste    1000
 in '000
              900

              800

              700

              600

              500

              400

              300

              200

              100

                0
                    DES
                     DEC19
                         19 JAN 20 FEB 20 MRT
                                          MAR20
                                              20 APR 20 MEI
                                                        MAY20
                                                            20 JUN 20 JUL 20 AUG 20 SEP 20 OKT
                                                                                            OCT2020 NOV 20

                                                                      [Aangepas uit http://finalwakeupcall.info]

            3.2.1        Noem die faktor wat tussen Januarie en April 2020 'n skerp daling
                         in toeristeverkope veroorsaak het.                                                        (1)

            3.2.2        Gee EEN rede waarom die owerheid belasting op toeriste-
                         aktiwiteite instel.                                                                       (1)

            3.2.3        Beskryf kortliks die term inkomende toeris.                                               (2)

            3.2.4        Verduidelik die rol wat toerisme in infrastruktuurontwikkeling in
                         Suid-Afrika speel.                                                                        (2)

            3.2.5        Hoe beïnvloed          'n   daling     in   toerisme-aktiwiteite       landelike
                         gemeenskappe?                                                            (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   9                          DBE/November 2021
                                             NSS

3.3      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     GEVAARLIKE AFVAL

              Giftig

                                                                   [Bron: Google images.com]

         3.3.1        Noem die tipe besoedeling wat in die spotprent hierbo uitgebeeld
                      word.                                                                      (1)

         3.3.2        Gee die internasionale maatreël wat die beheer van gevaarlike
                      afval hanteer.                                                             (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die term beskerming.                                      (2)

         3.3.4        Verduidelik die effek van gronderosie op voedselsekerheid.                 (2)

         3.3.5        Hoe beïnvloed menslike aktiwiteit omgewingsvolhoubaarheid op 'n
                      negatiewe wyse?                                         (2 x 2)            (4)

3.4      Bespreek   kortliks  die    redes    waarom            markte     misluk       om
         omgewingsvolhoubaarheid te verseker.                                       (4 x 2)      (8)

3.5      Analiseer bemarkingstrategieë in Suid-Afrika wat gebruik word om toerisme               (8)
         te bevorder.                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    10                           DBE/November 2021
                                              NSS

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Noem enige TWEE voorbeelde van vaste koste.                        (2 x 1)    (2)

         4.1.2        Hoe beoog die Parys-ooreenkoms              om     die    impak van
                      klimaatsverandering te verminder?                              (1 x 2)        (2)

4.2      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                WÊRELDERFENISTERREINE

                                                               Ek was nou oral in die
                                                                 wêreld. Het die Taj
                                                                Mahal, Toringbrug en
                                                               Robben-eiland besoek.
                                                               Ek kan nie wag om nog
                                                               terreine te besoek nie!

                                                           [Aangepas uit www.geoex.com, 2018]

         4.2.1        Identifiseer EEN Wêrelderfenisterrein in Suid-Afrika in die inligting
                      hierbo.                                                                       (1)

         4.2.2        Noem EEN voordeel van toerisme vir huishoudings.                              (1)

         4.2.3        Beskryf kortliks die term inheemse kennisstelsels.                            (2)

         4.2.4        Hoe kan die depresiasie van die rand inkomende toerisme
                      beïnvloed?                                                                    (2)

         4.2.5        Waarom besoek toeriste Suid-Afrika as 'n toeristebestemming?
                                                                                (2 x 2)             (4)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     11                        DBE/November 2021
                                               NSS

4.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     OLIGOPOLIE – SAMESPANNING IN DIE BANKSEKTOR

         Drie Suid-Afrikaanse banke word van wydverspreide samespanning verdink
         wat met die prysvasstelling van die rand verband hou. Die ondersoek het
         gekyk na gevalle van prysvasstelling en marktoekenning in die verhandeling
         van buitelandse valuta wat die rand betrek. Daar word beweer dat
         buitelandsevalutahandelaars Amerikaanse dollar koop en verkoop in ruil vir
         die rand teen vasgestelde pryse.

         Die mededingingsbeleid het voorsiening gemaak vir die stigting van die
         Mededingingskommissie, Mededingingstribunaal en Mededingingsappèlhof
         om samespanningskwessies in verskillende sektore van die ekonomie te
         hanteer.
                                                                [Aangepas uit Business Tech]

         4.3.1        Identifiseer die instansie wat verantwoordelik is vir die ondersoek
                      na anti-mededingende gedrag.                                                (1)

         4.3.2        Noem die tipe samespanning wat in die uittreksel hierbo
                      verduidelik is.                                                             (1)

         4.3.3        Beskryf kortliks die term oligopolie.                                       (2)

         4.3.4        Hoe beïnvloed die bestaan van monopolieë die aanbod van
                      goedere en dienste?                                                         (2)

         4.3.5        Wat is die impak van prysvasstelling op die mark?              (2 x 2)      (4)

4.4      Verduidelik, met behulp van 'n grafiek, afsluitpunt in 'n volmaakte mark.
                                                                                     (2 x 4)      (8)

4.5      Ontleed die impak van 'n toename in die bevolking op die omgewing.                       (8)
                                                                                                  [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   12                           DBE/November 2021
                                             NSS

AFDELING C
Beantwoord enige EEN           van    die   twee   vrae   in   hierdie   afdeling     in   die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                 PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                               TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                              Maks. 2
 'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou,
    te definieer of te omskryf.
 Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
 Moet NIE enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE.
 Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/                       Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Verduidelik/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en
verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer
'n Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken word.                 Maks. 10
Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Debatteer/
Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                               Maks. 2
 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
     enige feite wat reeds genoem is
 Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
     versterk
 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 Aanbevelings
TOTAAL                                                                                40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek volledig, sonder om grafieke te teken, staatsinmenging as 'n gevolg van
    markmislukking.                                                       (26 punte)

   Hoe kan markondoeltreffendheid deur wêreldmarkte (globalisering) verminder
    word?                                                            (10 punte)                  [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek die gevolge van inflasie.                                          (26 punte)

   Hoe beïnvloed buitelandse direkte investering inflasie in die ekonomie? (10 punte)           [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                      GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2021-afr/f25a9ed4-62b0-4d15-9e7d-64de934b75d9) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [Gr12 Economics P2 (English) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-english-2021-preparatory-question-paper/0e1a3563-e2f5-403a-ba99-428d634c0725) — Economics · QP · 2021 · Eng
- [Economics P2 May-June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2021-eng/7f537d05-0a0d-4c2a-8889-77ecab4a2605) — Economics · QP · 2021 · Eng
- [Economics P2 QP June 2021 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-june-2021-english/a50cf703-2492-4d59-87e0-f9f9dc8d1fba) — Economics · QP · 2021 · Eng
- [Economics P2 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2018-eng/16738739-9f23-4569-9bcb-c0b81011e34b) — Economics · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
