# Economics Grade 12 P2 NSC November 2021 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2021-mg-afr/2410bea0-6239-4ff8-beb0-69e8594beb54
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC November 2021 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2021-mg-afr/2410bea0-6239-4ff8-beb0-69e8594beb54)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                    EKONOMIE V2

                                  NOVEMBER 2021

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 21 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    2                           DBE/November 2021
                                      NSS – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         1.1.1        C – implisiete 
         1.1.2        C – Pareto 
         1.1.3        B – is geknik 
         1.1.4        A – private 
         1.1.5        D – kern 
         1.1.6        B – kulturele 
         1.1.7        A – herwinning 
         1.1.8        D – bemarkbare permitte                                    (8 x 2)       (16)

1.2      PASITEMS

         1.2.1       F - Alle produksiefaktore is veranderlik 

         1.2.2       G - Inkome ontvang uit die verkoop van een ekstra eenheid van
                         produksie 

         1.2.3       I - 'n Markstruktuur wat deur twee besighede oorheers word 

         1.2.4       H - Hoeveelhede verander sonder 'n verandering in prys 

         1.2.5       B - Verteenwoordig die koste van 'n gemiddelde mandjie goedere
                         en dienste 

         1.2.6       D – Mense wat deur Suid-Afrika na 'n ander bestemming reis 

         1.2.7       A – 'n Internasionale ooreenkoms wat streef na die verlaging van
                          kweekhuisgasse 

         1.2.8       C – produkte wat ekovriendelik is en sonder enige skade deur die
                         omgewing geabsorbeer kan                                (8 x 1)        (8)

1.3      GEE DIE TERM

         1.3.1        Toedelingsdoeltreffendheid / Toewysingsdoeltreffendheid /
                      Ewewig 
         1.3.2        Monopolistiese mededinging 
         1.3.3        Niemeriete 
         1.3.4        Deflasie 
         1.3.5        Inflasieteikening 
         1.3.6        Biodiversiteit                                           (6 x 1)          (6)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     3                        DBE/November 2021
                                        NSS – Nasienriglyne

AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE
2.1      Beantwoord die volgende vrae.
         2.1.1       Noem enige TWEE doelstellings van die mededingingsbeleid.
                        Verhoed dat monopolieë hul mag misbruik 
                        Reguleer vorming van samesmeltings en ander oornames wat
                         markkrag wil uitoefen 
                         Om ondernemings te verhoed om beperkende praktyke te
                         bedryf, soos prysvasstelling, markverdeling, ens. 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)       (2 x 1)            (2)
         2.1.2       Waarom word 'n monopolistiese mededingende mark as 'n
                     hibridiese markstruktuur beskou?
                     Dit is 'n kombinasie van 'n monopolie en volmaakte mededinging
                     (markte)                                                (1 x 2)           (2)

2.2      DATARESPONS
         2.2.1           In die spotprent hierbo, identifiseer 'n belemmering wat deur
                         'n monopolistiese mededinger gebruik is om hulle
                         markaandeel te vergroot
                         Beleggingskapitaal / Handelsmerkgewing                                 (1)
         2.2.2           Noem die tipe monopolie wat deur die gebruik van patente
                         gekenmerk word.
                         Kunsmatige/ wettige                                                    (1)
         2.2.3           Beskryf kortliks die term skaalbesparings.
                         Skaalvoordele vind plaas wanneer uitset met meer as die
                         persentasie toename in insette toeneem/ wanneer die koste per
                         eenheid afneem omdat uitsette uitbrei                                 (2)
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
         2.2.4           Hoe sal belemmerings tot toetrede winste in die mark
                         beïnvloed?
                         Nuwe besighede se toetrede tot die mark word beperk en
                         bestaande besigheid sal 'n ekonomiese wins oor beide kort- en
                         lang termyn geniet 
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    4                           DBE/November 2021
                                       NSS – Nasienriglyne

         2.2.5        Waarom is dit vir monopolieë 'n uitdaging om buitengewoon
                      hoë pryse te vra?
                        Monopolie is beperk tot die markvraag en verbruikers kan
                         ophou om te koop as pryse te hoog is 
                       Verbruikers het beperkte begrotings en daarom kan
                         monopolieë nie buitengewoon pryse vra nie 
                       Die monopolis se produk moet steeds meeding om die
                         verbruiker se guns te wen, met al die ander produkte in die
                         ekonomie 
                       Prysverhogings word soms deur die regering gereguleer om
                         die verbruiker te beskerm
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)      (2 x 2)               (4)

2.3      DATARESPONS

         2.3.1        Identifiseer die hoeveelheid waar die individuele besigheid
                      wins sal maksimeer.

                      H2                                                                          (1)

         2.3.2        Noem die markstruktuur wat hierbo geïllustreer word.

                      Volmaakte (mededinging / mark)                                              (1)

         2.3.3        Beskryf kortliks die term ekonomiese wins.

                      Kom voor wanneer 'n firma se totale inkomste sy totale koste
                      oorskry/prys (GI) is groter as gemiddelde koste / die wins wat die
                      besigheid maak bo en behalwe normale wins 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (2)

         2.3.4        Waarom neem die individuele besigheid die prys soos deur
                      die nywerheid bepaal?

                        As Individuele firmas hoër pryse sou vra, kan hulle of klante
                         verloor of markaandeel verloor 
                       'n Individuele firma is baie klein in verhouding tot die bedryf en
                         het geen invloed oor die markprys nie 
                       Wanneer firmas laer pryse vra, kan verliese voorkom 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (2)

         2.3.5        Hoe sal die toetrede van nuwe firmas in die bedryf op lang
                      termyn die individuele besigheid beïnvloed?

                        Mededinging sal toeneem soos wat die aantal mededingers in
                         die mark toeneem 
                       Aanbod van goedere en dienste sal toeneem wat sal lei tot laer
                         pryse 
                       Laer pryse sal ekonomiese wins verminder en individuele
                         besighede sal op lang duur normale wins maak 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)       (2 x 2)              (4)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                5                                  DBE/November 2021
                                   NSS – Nasienriglyne

2.4       Met behulp van 'n grafiek, verduidelik die verhouding tussen
          grensinkome en die vraagkromme (GI) van 'n monopolie.

          Prys/          MARGINALE INKOMSTE EN GEMIDDELDE INKOMSTE
          Inkomste
                         

                                       A

                                    MI                  vv=GI

                                                                            Hoeveelheid 
                     0
                                                   TOEKENNING VAN PUNTE
                                     Korrekte teken en benoem van MI-kromme – 1 punt
                                     Korrekte teken en benoem van GI/V-kromme – 1 punt
                                     Korrekte posisionering van MI en GI/V tot as– 1 punt
                                     Benoeming op asse – 1 punt
                                                                          Maksimum 4 punte

          Die marginale inkomstekromme, met die uitsondering van die eerste
           eenheid, sal onder die vv/GI-kromme lê
          Die vraagkromme (GI) het ‘n negatiewe helling, wat daartoe lei dat meer
           goedere teen 'n laer prys verkoop word, dus sal die bykomende inkomste
           (MI) ook afneem
          MI kromme sny die horisontale as by 'n punt halfpad tussen die oorsprong
           en die GI kurwe
          Die monopolis sal altyd 'n prys bo punt A op die GI kromme vasstel, want
           marginale inkomste sal positief wees
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)          (Maks 4 punte)                    (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                 6                           DBE/November 2021
                                    NSS – Nasienriglyne

2.5      Analiseer maatreëls wat deur die owerheid gebruik kan word om
         mededinging in die ekonomie te bevorder.

         Die owerheid kan mededinging bevorder deur:
          'n toegewyde nasionale inspektoraat in te stel wat monitering en afdwing
            van mededingingsbeleide hanteer 
          'n mededingingsbeleid te integreer met die nasionale beleidsdoelwitte soos
            die nywerheids- en makro-ekonomiese beleide 
          wette rakende anti-mededingende gedrag van monopolieë te verbeter en te
            versterk 
          hersiening van huidige praktyke en regulasies in korporatiewe bestuur /
            verminder rompslomp/ dereguleer om dit vir nuwe besighede makliker te
            maak om te bedryf 
          te verseker dat voorheen benadeelde persone 'n gelyke geleentheid tot
            deelname aan die ekonomie het 
          invoere toe te laat wat mededinging met plaaslike produkte verhoog, en
            plaaslike besighede dwing om hul pryse laag te hou 
          buitelandse direkte investering te lok om mededinging in plaaslike markte te
            verhoog 
          klein en mikro-ondernemings (entrepreneurskap) te bevorder om
            mededinging met groot besighede te verhoog asook die aanbod van
            goedere in die ekonomie 
          mededingingsbeleid       tot  minder     anti-mededingende      gedrag    te
            implementeer, soos prysvasstelling deur oligopolieë en monopolieë 
          verminder die koste om sake in Suid-Afrika te doen. 
          verminder korporatiewe belasting om nuwe besighede aan te moedig om
             die mark te betree. 
          opgradeer, onderhou en verskaf voldoende infrastruktuur waarin
             besighede kan funksioneer. 
          die regering kan subsidies vir vaardigheidsontwikkeling bied om
             entrepreneurskap aan te moedig. 
          die regering kan besigheid beboet vir mededingende gedrag. 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                    (Maks 8)
         ('n Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir blote opnoem van feite /                (8)
         voorbeelde)                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   7                            DBE/November 2021
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
3.1      Beantwoord die volgende vrae.
         3.1.1        Noem enige TWEE kriteria om toerisme te meet.
                       Doel van die besoek 
                       Geen vergoeding nie 
                       Minimum van een nag 
                       Maksimum van een jaar 
                       Lengte van verblyf 
                       Reisafstand van meer as 160 km 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)           (2 x 1)         (2)
         3.1.2        Hoekom is dit belangrik om wêreldwyd op bewaring te fokus?
                        Bewaring verseker dat natuurlike hulpbronne behoue bly om
                         gebruik te kan word deur toekomstige geslagte 
                        Ekologiese stelsel, erfenisterreine, vleilande, voëls, blomme,
                         moet bewaar word om uitsterwing te keer 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)           (1 x 2)         (2)
3.2      DATARESPONS
         3.2.1        Noem die faktor wat tussen Januarie en April 2020 'n skerp
                      daling in toeristeverkope veroorsaak het.
                      Covid-19 pandemie / inperkings 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (1)
         3.2.2        Gee EEN rede waarom die owerheid belasting op toeriste-
                      aktiwiteite instel.
                        Verhoog inkomste 
                        Om toeristeaantrekkings te verbeter/ Onderhou van
                         infrastruktuur 
                       Verhaal eksterne koste 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (1)
         3.2.3        Beskryf kortliks die term inkomende toeris.
                      Toeriste uit ander lande wat Suid-Afrika kom besoek 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   8                          DBE/November 2021
                                      NSS – Nasienriglyne

         3.2.4        Verduidelik die rol wat toerisme in infrastruktuurontwikkeling
                      in Suid-Afrika speel.
                        Ontwikkeling van toerismesektor lei tot die verbetering van
                         maatskaplike infrastruktuur in die vorm van hospitale,
                         openbare beskermingsdienste, inligtingsdienste, ens. 
                       Toerismesektor speel ook 'n belangrike rol in die ontwikkeling
                         van ekonomiese infrastruktuur soos hawens, strande, paaie,
                         ens. wat deur inwoners en besoekers gedeel word. 
                       Toerisme dra by tot die verbetering van tegnologie in die vorm
                         van vervoer en kommunikasie. 
                       Energie-infrastruktuur is nodig om toeristeterreine te bedryf          (2)
                       Basiese dienste word vereis, soos skoon water en
                         vullisverwydering 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)

         3.2.5        Hoe beïnvloed 'n daling in toerisme-aktiwiteite landelike
                      gemeenskappe?

                      Mense in landelike gebiede sal minder werksgeleenthede hê en
                       daarom sal armoedevlakke styg 
                      Mense in landelike gebiede kan gedwing word om na stedelike
                       gebiede te migreer om werk te soek 
                      Belegging in toerisme-verwante aktiwiteite (restaurante, hotelle,
                       ens.) sal daal as gevolg van verminderde vraag na goedere en
                       dienste. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)          (2 x 2)          (4)

3.3      DATARESPONS

         3.3.1        Noem die tipe besoedeling wat in die spotprent hierbo getoon
                      word.

                      Water / see                                                               (1)

         3.3.2        Gee die internasionale maatreël wat die beheer van gevaarlike
                      afval hanteer.

                      Baselkonvensie                                                            (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die term bewaring.

                      Bewaring is die volhoubare gebruik en bestuur van die omgewing
                      om te verseker dat dit deur huidige en toekomstige generasies
                      gebruik kan word/ bestuur die omgewing om kontinuïteit te
                      verseker 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  9                         DBE/November 2021
                                     NSS – Nasienriglyne

         3.3.4        Verduidelik die effek van gronderosie op voedselsekerheid.

                        Die grond kan nie meer bewerk word nie wat lei tot 'n tekort
                         aan voedselvoorsiening
                       Die verlies van bogrond lei tot hoër produksiekoste en 'n
                         styging in die prys van voedsel sodoende kos minder
                         bekostigbaar te maak                                                (2)
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)

         3.3.5        Hoe beïnvloed menslike aktiwiteit omgewingsvolhoubaarheid
                      op 'n negatiewe wyse?
                       Menslike aktiwiteite veroorsaak omgewingsagteruitgang, wat
                         die uitputting van hulpbronne veroorsaak 
                       Direkte of indirekte oorbevolking verhoog die skade aan die
                         omgewing 
                       Aksies geneem deur mense soos lugverhitting, brande,
                         vernietiging van woude beskadig die omgewing 
                       Besoedeling van die omgewing, uitputting van die osoonlaag,
                         wat sal lei tot aardverwarming 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)     (2 x 2)            (4)

         Bespreek  kortliks die    redes   waarom            markte    misluk      om
3.4      omgewingsvolhoubaarheid te verseker.

           Die omgewing is 'n gemeenskaplike hulpbron  Baie dele van die
            omgewing word nie privaat besit nie en het nie 'n prys nie, dus is daar
            geen ekonomiese aansporing vir markte om te bespaar op die gebruik
            daarvan nie 
          Eksternaliteite 
                - omdat geen persoon die omgewing besit nie, kan eiendomsreg nie
                   afgedwing word nie 
                - as die omgewing deur mense besoedel word, word die koste deur
                   ander gedra 
          Gebrek aan kennis  mense veroorsaak omgewingskade sonder dat
            hulle dit besef, veral waar die effek daarvan oor tyd opbou 
          Traak-my-nie-agtigheid / Nalatigheid / Onkunde: Verbruikers en
            besighede is dikwels geneig om met verskillende skadelike praktyke vol te
            hou wat toekomstige geslagte laat met die omgewingsgevolge weens
            eiebelang                                                     (Maks 8)
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
         (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde)               (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                               10                           DBE/November 2021
                                   NSS – Nasienriglyne

3.5      Ontleed bemarkingstrategieë wat in Suid-Afrika gebruik word om
         toerisme te bevorder.

         Die volgende bemarkingstrategieë is gebruik om toerisme te bevorder:
          bekendstelling van Welkom-veldtog wat elke toeris tuis laat voel
            en aanmoedig om weer die land te besoek en ander van hul besoek te
            vertel 
          bekendstelling van welkom-toekennings wat erkenning gee aan besighede
            en individue wat die kwaliteit van toeristebesoeke verbeter 
          loods van die Sho't left-veldtog wat reis meer toeganklik en bekostigbaar
            maak, en Suid-Afrikaners sal aanmoedig om in hul land te reis 
          bou 'n sterk vennootskap tussen SAT en ander organisasies soos
            Computicket Reis- en Vlugsentrum wat Suid-Afrikaners spesiale
            aanbiedings maak vir vlugte en akkommodasie en treinritte 
          bevordering van 'n wye verskeidenheid van die beste produkte in Suid-
            Afrika en lok besoekers van oor die wêreld deur die Toerisme Indaba 
          vestig 'n Toerisme-onderneming-vennootskap om die volhoubaarheid van
            klein toerisme-ondernemings te beskerm en werkskepping te bevorder
            asook om die toerismebedryf te transformeer 
         (Aanvaar die vier P’s wat verband hou met promosie veldtogte, toeganklikheid
         van plekke, pryse van toerismeprodukte en toeriste besienswaardighede en
         produkte)
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                    (8)
         (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)          [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   11                          DBE/November 2021
                                       NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1        Noem enige TWEE voorbeelde van vaste koste.

                       Huur 
                       Administrasie 
                       Versekering 
                       Waardevermindering 
                       Salarisse 
                       Rente op kapitaal 
                       Eiendomsbelasting 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)           (2 x 1)         (2)

         4.1.2        Hoe beoog die Parys-ooreenkoms om die impak van
                      klimaatsverandering te verminder?

                        Stel finansiering beskikbaar om lande te help om met die
                         impak van klimaatsverandering te hanteer. 
                       Versterk die pogings om temperatuurverhogings (minder as
                         2°C) te beperk om die risiko's wat voedselproduksie bedreig
                         betekenisvol te verminder 
                       vergroot die vermoë van lande om by die nadelige
                         impak/gevolge van klimaatsverandering aan te pas 
                       Versoek lande om strategieë voor te lê hoe om hul kweekhuis-
                         gasvrystelling te verminder 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)       (1 x 2)            (2)

4.2      DATARESPONS

         4.2.1        Identifiseer EEN Wêrelderfenisterrein in Suid-Afrika in die
                      inligting hierbo.

                      Robbeneiland                                                              (1)

         4.2.2        Noem EEN voordeel van toerisme vir huishoudings.

                       Geniet die infrastruktuur 
                       Vaardigheidsontwikkeling 
                       Verhoog inkomste 
                       Meer werksgeleenthede                                                   (1)
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)

         4.2.3        Beskryf kortliks die term inheemse kennisstelsels.

                      Die praktyke en seremonies wat uniek is aan 'n land se inheemse
                      (plaaslike) mense / Plaaslike kennis wat uniek is aan 'n gegewe
                      kultuur of samelewing / Stories en tradisies wat van een generasie         (2)
                      na die ander oorgedra is
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   12                           DBE/November 2021
                                       NSS – Nasienriglyne

         4.2.4        Hoe kan die depresiasie van die rand inkomende toerisme
                      beïnvloed?

                       Buitelandse toeriste sal minder van hulle geldeenheid spandeer
                         om die rand te koop op 'n buitelandsevaluta-mark. 
                       Meer buitelandse toeriste sal die land besoek want dit sal
                         goedkoper vir hulle wees om goedere en dienste in Suid-Afrika
                         te koop. 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                              (2)

         4.2.5        Waarom besoek         toeriste    Suid-Afrika   as   'n      toeriste-
                      bestemming?
                        Suid-Afrika bied outentieke uniekheid van die land aan die
                         toeris om te leer waar mense werk en lewe 
                       Suid-Afrika het 'n diverse kultuur vir die toeris om te ervaar,
                         bekend vir sy vriendelikheid en nederigheid 
                       'n Gunstige wisselkoers verseker 'n bekostigbare besoek 
                       Suid-Afrika het 'n gunstige klimaat vir toeriste om verskillende
                         aktiwiteite te geniet 
                       Suid-Afrika was gasheer vir baie internasionale gebeure soos
                         konferensies en sportgeleenthede 
                       Vreedsame politieke transformasie van die land om
                         demokrasie te bereik 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                              (2)

4.3      DATARESPONS

         4.3.1       Identifiseer die instelling wat verantwoordelik is vir die
                     ondersoek na anti-mededingende gedrag.

                     Mededingingskommissie                                                          (1)

         4.3.2       Noem die tipe samespanning wat in die uittreksel hierbo
                     verduidelik is.
                     Openlike/Formele/ eksplisiete                                                  (1)

         4.3.3       Beskryf kortliks die term oligopolie.
                     'n Markstruktuur wat deur 'n paar groot firmas oorheers word 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                               (2)

         4.3.4       Hoe beïnvloed die bestaan van monopolieë die aanbod van
                     goedere en dienste?

                      Monopolieë verminder die aantal besighede in die bedryf, wat
                        die totale aanbod van goedere en dienste beperk 
                      Monopolieë kan die aanbod van goedere en dienste beperk om
                        hoër pryse te vra 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                                   13                           DBE/November 2021
                                                       NSS – Nasienriglyne

         4.3.5       Wat is die impak van prysvasstelling op die mark?
                       Verbruikers kan hoër pryse betaal vir goedere en dienste 
                       Besighede kan gedwing word om boetes te betaal, as hulle
                        skuldig bevind word aan prysvasstelling 
                      Die vraag na die produk kan daal as verbruikers nie die hoër
                        pryse kan betaal nie 
                      Besighede kan tydelik die hoë winste geniet wat die aanbod
                        van          die          produk           verhoog           
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)           (2 x 2)                           (4)

4.4      Verduidelik, met behulp van 'n grafiek, die afsluitpunt in ‘n volmaakte
         mark.

                         Koste, Inkomste, Prys
                                                                                      MK

                                                                                             GK
                                                                                                  

                                           rice   P3                                       GVK

                                                  P2
                                                                    
                                                  P1                  A

                                                                                    Sluitingspunt

                                                   0                   H1 H2 H3             Hoeveelheid 
                                                                         PUNTETOEKENNING
                                                        Korrekte trek en benoem van kostekrommes = 1 punt
                                                        Korrekte benoem van asse = 1 punt
                                                        Korrekte benoem op asse = 1 punt
                                                        Korrekte aandui van afsluitpunt = 1 punt
                                                                                            Maksimum 4 punte

           Bo Q1, sal die firma aanhou produseer, omdat die pryse hoër is as die
            GVK, wat beteken die besigheid kan alle veranderlike koste betaal 
          Onder Q1, sal die firma stop om te produseer, omdat die prys minder as
            die GVK, wat beteken dat die firma nie langer alle veranderlike koste kan
            betaal nie 
          Punt A, waar die prys (GI) aan die GVK gelyk is, staan dus bekend as die
            sluitingspunt                                                 (Maks 4)
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord_                                                         (8)

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                 14                          DBE/November 2021
                                     NSS – Nasienriglyne

4.5      Ontleed die impak van 'n toename in die bevolking op die omgewing.

         'n Toename in die bevolking sal tot die volgende lei:

           die vraag na voedsel sal styg, wat meer druk op natuurlike hulpbronne
            plaas 
          ontbossing as gevolg van verhoogde vraag na infrastruktuurontwikkeling.
            
          'n toename in menslike nedersetting wat gronderosie en verlies aan
            biodiversiteit veroorsaak 
          verhoogde grond- en waterbesoedeling namate meer biologiese en nie-
            biologiese afval na die omgewing gebring sal word. 
          uitputting van grondstowwe as gevolg van verhoogde produksie van
            goedere en dienste. 
          hulpbronne sal erg onder druk wees wanneer die bevolking toeneem, bv.
            water
          Die vraag na energie sal styg, wat die verbranding van
            fossielbrandstowwe soos steenkool of petrol sal verhoog 
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
         (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde)           (8)
                                                                                               [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                               15                               DBE/November 2021
                                   NSS – Nasienriglyne

AFDELING C
Beantwoord enige EEN         van   die   twee   vrae     in   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE
 Bespreek volledig, sonder om grafieke te teken, staatsinmenging as 'n gevolg
  van markmislukking.                                        (26 punte)
 Hoe kan markondoeltreffendheid deur wêreldmarkte (globalisering) verminder
  word?                                                            (10 punte)
INLEIDING
Wanneer markmislukking voorkom, sal gevolge soos ondoeltreffendhede,
oorspoeleffekte, onvolmaakte mededinging en owerheidsinmenging heel moontlik
aangetref word 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding)                 (Maks 2)
LIGGAAM: HOOFDEEL
Staatsinmenging as 'n gevolg van markmislukking.
Direkte beheer 
 Die staat kan wette daarstel of bestaande wette gebruik om besighede, nywerhede
   en individue te beheer wat negatiewe eksternaliteite genereer 
 In Suid-Afrika word die uitlaat van potensieel gevaarlike chemikalieë, lug- en
   natuurbesoedeling, omgewingsbewaring deur middel van wette en regulasies
   beheer.
 Advertensies deur die tabakbedryf is verbode en alkohol mag nie op Sondae of aan
   persone onder die ouderdom van 18 jaar verkoop word nie 
Onvolmaakte markte 
Die regering kan onvolmaakte mededinging hanteer deur:
 formulering of implementering van 'n mededingingsbeleid om die vlak van
   mededinging te verhoog en
 wette oor mededinging te gebruik om buitensporige pryse deur firmas gevra, te
   voorkom, om te verseker dat toetrede tot die mark vry is, skadelike samespanning
   te voorkom en buitelandse mededinging aan te moedig wat help om pryse laag te
   hou 
 uitreiking van lisensies aan meer besighede in die geval van staatsmonopolieë 
 instelling van prysbeheer om pryse van goedere en dienste te verlaag 
Heffing van belastings 
 die owerheid sal in die mark inmeng deur die heffing van belastings om eksterne
   koste te verhaal 
 hierdie belasting wal die prys verhoog en lei tot 'n daling in die produksie van 'n
   sekere goed 
 heffing van belastings kan as 'n strategie gebruik word, of verlaging van produksie
   en verbruik van niemerietegoedere sowel as om 'n inkomste vir die staat te
   genereer 
 firmas en verbruikers sal hulpbronne dan toeken op 'n meer doeltreffende wyse 


Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                 16                           DBE/November 2021
                                     NSS – Nasienriglyne

Verskaf produsentesubsidies 
 die regering verskaf subsidies aan produsente om hulle aan te moedig om meer
   goedere en dienste te produseer 
 subsidies verhoog die aanbod van spesifieke goedere en dienste soos melk, koring
   en mieliemeel 
 subsidies verlaag die produksiekoste van goedere wat die markprys van hierdie
   goedere verlaag en verbruik laat styg 

Minimum lone 
 'n Minimum loon is die laagste vergoeding wat werkgewers volgens wet hul
   werkers mag betaal 
 Inkomste van die werkers sal styg en gevolglik sal hul lewenstandaard verbeter
   (verbeter welsyn en verseker dat daar in basiese behoeftes voorsien word)
 As die minimum loon bo die ewewigsmarkloon vasgestel word, sal die aanbod van
   arbeid die vraag na arbeid oorskry 
 Dit sal die koste van arbeid verhoog, wat sal lei tot 'n styging in die produksiekoste
   van die besigheid 
 Sommige werkers kan afgelê word wat werkloosheid sal verhoog terwyl produksie
   daal 
 Minimum lone sal lei tot meer bedingingsmag van werkers 

Minimum pryse 
 Die owerheid word gedwing om in te meng om voldoende stapelvoedsel in die
   mark te verseker 
 Die benadering om minimum pryse of prysvloere vas te stel, sal gebruik word,
   sodat dit die moeite werd is vir produsent (om 'n gerieflike wins te maak) om
   noodsaaklike goedere in verlangde hoeveelhede te produseer 
 Dit is pryse wat deur die regering bo die markprys vasgestel word 
 Minimum pryse het ongewenste newe-effekte, omdat dit 'n surplus in die mark
   veroorsaak 
 Surplusprodukte raak 'n uitdaging, omdat dit eerder verkoop moet word teen 'n laer
   koste, gestort word in ander lande wat deur die WHO verbied word, of vernietig
   word 

Maksimum pryse 
 Die owerheid sal 'n maksimum prys vasstel as die prys beskou word as te hoog vir
   noodsaaklike goedere (basiese goedere) 
 Die maksimum prys wat vasgestel word deur die regering, is laer as die markprys
   en staan bekend as 'n prysplafon of maksimumprys 
 Die owerheid sal inmeng in die mark deur wette uit te vaardig waar vervaardigers
   nie meer mag vra as die maksimum prys nie 
 Die onmiddellike effek van maksimum pryse in die mark is dat die hoeveelheid
   aangebied daal wat tekorte veroorsaak 
 Tekorte in die aanbod vir sekere goedere in die mark sal lei tot die totstandkoming
   van swartmarkte 


Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                17                           DBE/November 2021
                                    NSS – Nasienriglyne

Herverdeling van welvaart 
 Die Suid-Afrikaanse regering gebruik 'n progressiewe inkomstebelastingstelsel om
   inkomste en welvaart te herverdeel 
 Tradisionele metodes soos die heffing van verskillende tipes belasting, verskaffing
   van gratis dienste, dienste in natura, en kontantvoordele, word gebruik om die
   inkomstegaping te verklein 
 Die kan ook regstellende metodes implementeer, soos BBSEB, regstellende aksie,
   grondrestitusie, grondherverdeling en eiendomsubsidies om die welvaart tussen
   die bevolking te herverdeel 

Owerheid se betrokkenheid by produksie 
 Subsidiëring van meriete goedere om produksie te verhoog 
 Heffing van belasting op demeriete goedere om produksie te verlaag 
 Heffing van inkomstebelasting, indirekte belasting en welvaartbelasting om
    gemeenskapsgoedere gratis te verskaf 
 Verskaffing kollektiewe goedere soos vuilgoedverwydering, afvalverwydering en
    riolering teen 'n gebruikersfooi                                   (Maks 26)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
('n Maksimum van 8 punte kan vir blote opnoem van feite/voorbeelde toegeken word)

INHOUD: ADDISIONELE DEEL

Hoe kan markdoeltreffendheid deur wêreldmarkte verminder word
(globalisering)?
● Deur buitelandse direkte investering in die ekonomie toe te laat om die aanbod van
    goedere en dienste te verhoog.
● Deur mededinging in plaaslike mark te verhoog en die bestaan van monopolieë te
    verklein.
● Deur die toeganklikheid van inligting vir beide verbruikers en produsente te verhoog
    sodat hulle rasionele en ingeligte besluite kan neem.
● Deur doeltreffende toekenning van bronne te verseker deur lande toe te laat om in
    die produksie van goedere te spesialiseer waarin hulle 'n betreklike vergelykende
    voordeel.
● Deur die mobiliteit van produksiefaktore tussen verskillende lande.
● Deur besighede aan te moedig om innoverend te wees en goedere en dienste van
    'n beter gehalte aan verbruikers te bied.
● Deur verbruikers se keuse van goedere en dienste te vergroot.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (Maks 10)
('n Maksimum van 2 punte kan vir die blote opnoem van feite toegeken word)

SLOT

Markmislukking kan ook ondoeltreffendhede tot gevolg hê in die wyse waarop bronne
toegeken word en in die produksie van goedere en dienste gebruik word.  (Maks 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë orde slot)                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                18                           DBE/November 2021
                                    NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

 Bespreek die gevolge van inflasie.                                      (26 punte)
 Hoe beïnvloed buitelandse direkte investering inflasie in die ekonomie?
                                                                      (10 punte)               [40]

INLEIDING
Inflasie verwys na 'n volgehoue en aansienlike verhoging in die algemene vlak van
pryse oor 'n tydperk 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                       (Maks. 2)
LIGGAAM: HOOFDEEL
Krediteure 
   Krediteure (uitlener) kry swaar as gevolg van prysverhogings omdat hulle geld
    terugkry wat 'n laer koopkrag het, veral as die rentekoers onder die inflasiekoers
    was / inflasie benadeel krediteure as gevolg van ‘n daling in die reële waarde van
    geld 
   Verandering in prysvlakke beïnvloed debiteure en krediteure verskillend op
    verskillende tye 
Debiteure 
   Debiteure (leners) ontvang geld met 'n hoë koopkrag en betaal geld terug met 'n
    laer koopkrag 
   Leners trek voordeel uit prysverhogings 
   Gedurende periodes van stygende pryse, word debiteure in reële terme bevoordeel
    omdat die kontrak vooraf onderteken is en nie kan verander nie 
   Debiteure ontvang die geld met ‘n relatiewe hoë koopkrag en betaal hul lenings
    terug met ‘n lae koopkrag, behalwe waar rentekoerse voldoende is om die situasie
    te voorkom 
Salaris- en loontrekkers 
   Prysverhogings beïnvloed mense negatief omdat hulle inkomste relatief vas is 
   Reële lone daal skerp gedurende ‘n periode van hoë inflasie as gevolg van ‘n
    daling in die kapitale voorraad en ‘n verskuiwing in relatiewe pryse 
   Inflasie kan groot dele van die bevolking verarm, deur erosie van reële lone 
   Relatiewe lone is belangrik vir welvaart; dit vorm die vernaamste bron van inkome
    vir baie huishoudings, veral die wat minder welvarend is 
   Die neiging van reële lone het dus ‘n direkte effek op inkomeverspreiding en die
    vlak van armoede 
   Hierdie groep sluit afgetredenes, pensioenarisse en die armes in, wat die erosie
    van koopkrag ondervind en uiteindelik te min verdien om te oorleef 
   Loonverhogings is laer as die inflasiekoersverhoging 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                 19                            DBE/November 2021
                                     NSS – Nasienriglyne

Beleggers en spaarders 
   Bates met 'n vaste nominale waarde het 'n vaste opbrengs en laer koopkrag as
    pryse verhoog 
   Koopkrag word verminder behalwe as die rentekoers bo die inflasiekoers is 
   Mense wat belê in onderhandelbare instrumente soos aandele, word dikwels
    bevoordeel deur inflasie, omdat rentekoerse styg in tye van inflasie, wat spare
    aanmoedig 
   Houers van aandele met aanpasbare markwaarde baat daarby as pryse styg,
    omdat hulle bates met 'n buigsame markwaarde ten minste in verhouding tot die
    inflasiekoers verhoog 
   Dikwels verhoog die pryse van hierdie bates vinniger as verhogings in die
    algemene prysvlak 
   Mense spaar geld vir lang periodes met die doel om hierdie fondse te gebruik wat
    aan toekomsverwagtinge voldoen; hierdie spare kan belê word as vaste deposito’s
    in die geldmark, as lewenspolisse of in pensioenfondse 
Belastingbetalers 
 Met inflasie styg belastingbetalers se nominale inkomste alhoewel hulle werklike
  inkomste onveranderd bly, omdat belastings gehef word op die nominale inkome
  maar nie op reële inkome nie, en dit beïnvloed die koopkrag van belasting-
  betalers 
 Belasting word gehef op nominale inkome en nie op werklike inkome nie 
 As die inkomstebelastingskedule dieselfde bly, verhoog inflasie die gemiddelde
  koers van persoonlike inkomstebelasting 
 Individue sal hoër belasting moet betaal selfs al is hulle nie beter af as voorheen nie
  – word belastingversnelling genoem ('bracket creep') wat lei tot ‘n herverdeling van
  inkome vir belastingbetalers aan die staat 

Arbeidsrus/Arbeidsvrede 
 Loon bedinging gaan gepaard met stakings en massa-aksie 
 Hierdie aksies kan soms oorspoel na geweld wat die algemene samelewing
  beïnvloed 
 Inflasie lei tot eise vir verhoogde lone aangesien vakunies druk op werkgewers
  plaas om lone en salarisse te verhoog 
 In buitengewone omstandighede, sal die teenwoordigheid van buitengewoon hoë
  inflasie tesame met ‘n regering wat nie toegee aan eise vir hoër lone nie (wat
  inflasie selfs na nog hoë vlakke stoot) wat tot wydverspreide onrus lei 
Inflasie het 'n nadelige invloed op 'n land se betalingsbalans 
  As 'n land se inflasiekoers hoër is as dié van sy handelsvennoot, sal die pryse van
   uitgevoerde goedere verhoog terwyl die pryse van ingevoerde goedere sal
   verlaag 
 Dit lei tot 'n verlies aan mededinging in die uitvoermark wat lei tot 'n afname in
   uitvoere 
 Goedkoper invoere het 'n negatiewe invloed op 'n land se betalingsbalans 
Die verlies aan mededinging kan lei tot verhoogde werksverliese 

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                 20                           DBE/November 2021
                                   NSS – Nasienriglyne

Werkloosheid en armoede 

   Die uitwerking van inflasie is ongelyk, want dit bevoordeel niemand nie en benadeel
    die meeste – sommige minder as ander 
   Inflasie is ook geneig om inkomste van lae-inkomstegroepe na hoërinkomstegroepe
    te herverdeel 
   Dit is omdat mense in die lae-inkomstegroepe nie bates het wat vinniger in waarde
    kan styg as die inflasiekoers om hulle te help om die uitwerking van inflasie te
    oorkom nie 
   Magtige groepe soos vakbonde, groot maatskappye en die welvarende mense is in
    staat om hul deel van nasionale inkomste te vergroot ten koste van benadeelde
    mense soos pensioenarisse, werkloses en die welsynontvangers 

Sielkundige invloed (2021 EG'e) 

 Lae inflasieverwagtinge
  - Beperk buitensporige looneise deur verskillende vakbonde omdat werkers nie
     stygings in lewenskoste in die toekoms verwag nie 
  - Laat verbruikers toe om verbruiksbesteding uit te stel en sodoende druk op
     prysstygings te verminder. 
  - Gee huishoudings vertroue dat inflasiekoers in die toekoms laag sal wees en
     moedig hulle aan om meer uit die inkomste te spaar en sodoende oortollige
     vraag te beheer 
  -   Verminder paniekaankope deur verbruikers wanneer hulle verwag dat pryse in
     die toekoms stabiel sal wees 
  - Reële rentekoerse 'n hupstoot gee wat besparing sal aanmoedig. 
  - Verhoog die las op debiteure wat hulle ontmoedig om geld te leen, as gevolg
     van die reële rentekoers 

 Hoë inflasieverwagtinge
    - Buitensporige looneise deur verskillende vakbonde omdat werkers stygings in
       lewenskoste in die toekoms verwag, sal daartoe lei dat produsente pryse
       verhoog om ekstra produksiekoste te verhaal 
    - Moedig verbruikers aan om paniekbevange te koop wanneer hulle verwag dat
       pryse sal styg en daardeur die druk op prys verhoog. 
    - Maak dat huishoudings minder spaar, wat lei tot 'n oormaat vraag na goedere
       en dienste 
    - Verlaag reële rentekoerse wat besparing sal ontmoedig. 
    - Verminder die las op krediteure aangesien hulle hul geld teen hoër rentekoerse
       sal ontvang
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
('n Maksimum van 8 punte moet vir hofies/opskrifte/voorbeelde toegeken word)
(Maks 26)

Kopiereg voorbehou

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                               21                           DBE/November 2021
                                   NSS – Nasienriglyne

LIGGAAM: ADDISIONELE DEEL
Buitelandse direkte investering beïnvloed inflasie in die ekonomie deur:
 die produksie van goedere en dienste te verhoog wat totale aanbod verhoog wat
    pryse dus sal stabiliseer 
 meer doeltreffende produksietegnieke te bring wat produksiekoste sal verlaag wat
    kostetrek-inflasie stadiger sal maak 
 mededinging in plaaslike markte te verhoog wat pryse laag sal hou 
 die rand te versterk deur hoër uitvoervolumes wat help om die koste van die invoer
    van produksieinsette soos ru-olie te verminder 
 tegnologie in produksie te verbeter wat produktiwiteit verhoog en daardeur koste-
    druk-inflasie te verminder 
 meer werksgeleenthede te skep en daardeur verbruikerbesteding te stimuleer wat
    bydra tot vraagtrek-inflasie 
 besteding op kapitaalgoedere te verhoog soos masjinerie en toerusting wat sal lei
    tot 'n verhoogde totale vraag 
 reële lone meer as binnelandse belegging te verhoog, wat tot kostedruk-inflasie
    lei 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoërorde-antwoord                 (Maks 10)
('n Maksimum van 2 punte moet vir die blote opnoem van feite toegeken word)
SLOT
Onaanvaarbare hoë inflasiekoerse veroorsaak dat armes, werkloses, laeinkomste-
verdieners swaar kry; behoorlike maatreëls om dit te beheer moet ingestel word 
                                                                             (Maks 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoërorde-antwoord)

                                                                                           [40]
                                                             TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                 GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P2 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2017-memo-eng/75fe79dc-5067-4113-aa9a-b15a64821265) — Economics · Memo · 2017 · Eng
- [Economics P2 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-memo-eng/508d2e06-2851-499d-9d6f-83894f520210) — Economics · Memo · 2016 · Eng
- [Economics P2 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-memo-afr/b4dfb506-dfe9-4930-b505-6849623db422) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [Economics P2 Nov 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2015-memo-eng/b9d108c8-dee7-4edd-b6e0-86a83081b665) — Economics · Memo · 2015 · Eng
- [Economics P2 Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2015-memo-afr/4dc5134c-c4d5-4ab7-afff-23e02987ed56) — Economics · Memo · 2015 · Afr
- [Economics P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2021-afr/f25a9ed4-62b0-4d15-9e7d-64de934b75d9) — Economics · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
