# Economics Grade 12 Paper 2 NSC November 2022 Question Paper

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2022, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2022-afr/8f65929a-0960-4ecb-9728-f8d4f9e3e2ad
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 Paper 2 NSC November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2022-afr/8f65929a-0960-4ecb-9728-f8d4f9e3e2ad)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                                  NATIONAL
                             SENIOR SERTIFIKAAT
                                    CERTIFICATE

                                      GRAAD
                                      GRADE 12

                         ECONOMICS
                            EKONOMIE
                                   PAPER
                                      V2 1
                 MACROECONOMICS & ECONOMIC PURSUITS
                           NOVEMBER  2022
                             MARCH 2016

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  2                       DBE/November 2022
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     3                              DBE/November 2022
                                               NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                           30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

         1.1.1        'n Firma sal sluit as dit nie die … koste kan dek nie.

                      A    eksplisiete
                      B    marginale
                      C    vaste
                      D    veranderlike

         1.1.2        Die vraagkromme wat relatief elasties is, hou verband met 'n …
                      mark.

                      A    monopolie-
                      B    volmaakte
                      C    oligopolie-
                      D    monopolistiese

         1.1.3        In die oligopoliemark sal die firma 'n … op lang termyn maak.

                      A    normale wins
                      B    ekonomiese wins
                      C    ekonomiese verlies
                      D    nulwins

         1.1.4        Wanneer 'n besigheid nie daarin slaag om die optimale uitsette
                      teen die laagste moontlike koste te produseer nie, staan dit as …
                      ondoeltreffendheid bekend.

                      A    produktiewe
                      B    toedelings-
                      C    verbruikers-
                      D    Pareto-

         1.1.5        Wanneer die ekonomie 'n lae groei, hoë werkloosheid en hoë
                      inflasie ervaar, word dit … genoem.

                      A    geadministreerde prys
                      B    stagflasie
                      C    hiperinflasie
                      D    produsenteprysindeks

         1.1.6        Toeriste wat deelneem aan aktiwiteite in die natuurlike omgewing
                      van die plek wat hulle besoek, word … toerisme genoem.

                      A    buitelandse
                      B    uitgaande
                      C    eko-
                      D    binnelandse
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     4                          DBE/November 2022
                                               NSS

         1.1.7         Maatreëls geneem om te verseker dat niehernubare hulpbronne
                       nie deur uitwissing bedreig word nie, staan as … bekend.

                       A     bewaring ('preservation')
                       B     ingryping
                       C     ophoping
                       D     beskerming ('conservation')

        1.1.8          Die internasionale ooreenkoms wat die verwydering van chemiese
                       afval bestuur, word die … genoem.

                       A     Basel Konvensie
                       B     Kyoto Protokol
                       C     Stockholm Protokol
                       D     Konvensie van Internasionale Handel in Bedreigde Spesies
                                                                                 (8 x 2)           (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

                      KOLOM A                               KOLOM B
         1.2.1       Implisiete koste      A    die bekendstelling van skadelike stowwe        .
                                                in die omgewing
         1.2.2       Lang termyn
                                           B    vorm deel van monetêre beleid wat
         1.2.3       Oligopolie                 gebruik word om die aanbod van geld te
                                                beheer
         1.2.4       Ontbrekende markte
                                           C    'n periode van produksie waarin al die
         1.2.5       Opemarktransaksie          produksiefaktore uiteenlopend kan wees
         1.2.6       Binnelandse           D    wanneer die privaatsektor nie daarin
                     toerisme                   slaag om sekere goedere en dienste te
                                                verskaf nie
         1.2.7       Besoedeling
                                           E    'n markstruktuur waar min groot
         1.2.8       Aardverwarming
                                                verkopers funksioneer

                                           F    die waarde van insette wat deur die
                                                entrepreneur besit word en in die
                                                produksieproses, soos
                                                geleentheidskoste, gebruik word

                                           G    'n bedrag wat 'n firma verdien vir elke
                                                eenheid wat verkoop word

                                           H    die geleidelike algemene styging in die
                                                temperatuur van die Aarde se atmosfeer

                                           I    Suid-Afrikaanse landsburgers wat binne
                                                die grense van die land reis
                                                                                  (8 x 1)          (8)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  5                         DBE/November 2022
                                            NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
         Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

         1.3.1        'n Situasie waar gemiddelde koste styg soos wat produksie
                      toeneem

         1.3.2        Die addisionele inkomste verdien wanneer verkope met een
                      eenheid vermeerder

         1.3.3        'n Tegniek wat deur die owerheid gebruik word om te bepaal of 'n
                      projek vir die gemeenskap voordelig is of nie

         1.3.4        Algemene styging in pryse wat plaasvind wanneer die totale vraag
                      na goedere en dienste die totale aanbod oorskry

         1.3.5        Toeriste wat deur Suid-Afrika reis en lug-, pad-, spoor- en
                      seevervoer gebruik om by 'n ander bestemming te kom

         1.3.6        Sorg vir die omgewing om te verseker dat daar aan die behoeftes
                      van die huidige en toekomstige generasies voldoen word   (6 x 1)        (6)

                                                              TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    6                               DBE/November 2022
                                              NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE             van   die   drie   vrae    in   hierdie    afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                             40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1        Noem TWEE tipes samespanning.                                      (2 x 1)       (2)

         2.1.2        Waarom verskaf die owerheid subsidies aan produsente?               (1 x 2)      (2)

2.2      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     ONVOLMAAKTE MARK – MONOPOLISTIESE MEDEDINGING
              HOE MEER JY VERDIEN HOE MEER BETAAL JY
       Checkers het KOERS
                    deur-tot-deur-aflewering
                              VAN BELASTING  ingestel
                                                   VIRdeur middel van aanlyn
                                                       INDIVIDUE
       bestellings om hulle markaandeel te verbeter.

           Belasbare inkomste               Koers van belasting (2021/22)
                 (Rande)
                   1 — 216 200                         18% van belasbare inkomste
            Kruideniersware
             216 201 — 337 800  binne
                                   38 916 + 26% van belasbare inkomste bo 216 200
            60  minute
             337 801      afgelewer
                     — 467 500     70 532 + 31% van belasbare inkomste bo 337 800
             467 501 — 613 600    110 739 + 36% van belasbare inkomste bo 467 500
             613 601 — 782 200
          SELFOON                163 335 + 39% van belasbare inkomste bo 613 600
           782 201 — 1 656 600   229 089 + 41% van belasbare inkomste bo 782 200
                1 656 601 en bo 587 593 + 45% van belasbare inkomste bo 1 656 600

                                                            Bron: http://www: treasury.gov.za

                                                            [Aangepas en vertaal uit Google Images, 2022]

         2.2.1        Identifiseer 'n nieprys-strategie wat deur die inligting hierbo getoon
                      word.                                                                            (1)

         2.2.2        Noem EEN voorbeeld van 'n monopolistiese mededingende bedryf.                    (1)

         2.2.3        Beskryf kortliks die term patent.                                                (2)

         2.2.4        Waarom is pryse in 'n monopolistiese mededingende mark laer as
                      die pryse van 'n monopolie?                                                      (2)

         2.2.5        Verduidelik die voordele van produkdifferensiasie vir produsente
                      van goedere en dienste                                    (2 x 2)                (4)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                               7                            DBE/November 2022
                                                         NSS

2.3      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   OWERHEIDSINMENGING – MAKSIMUM PRYSE

              Koste/Inkomste
                                    V
                                                                            A
                                                                            S

                    R18                                      e

                    R13
                                        A
                                                                                   V

                                            500          800           1 200
                                                                                   Hoeveelheid

         2.3.1                  Identifiseer die markprys in die grafiek hierbo.                              (1)

         2.3.2                  Noem enige EEN produk waarop die owerheid 'n maksimum prys
                                kan afdwing.                                                                  (1)

         2.3.3                  Beskryf kortliks die term minimum prys.                                       (2)

         2.3.4                  Waarom sal die owerheid by die mark ingryp deur belasting op
                                niemerietegoedere te hef?                                                     (2)

         2.3.5                  Hoe sal maksimum pryse die ekonomie beïnvloed?                  (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  8                       DBE/November 2022
                                            NSS

2.4      Gebruik die grafiek hieronder om die effek van negatiewe eksternaliteite op
         die mark te verduidelik.

                                 NEGATIEWE EKSTERNALITEIT

                     PRYS                              A1 (MMK)
                             V
                                                             A (MPK)

                                       e1
                     P1                                Eksterne
                                                       koste
                     P                            e

                            A1

                                 A                                V (MPV)

                                       Q1     Q                HOEVEELHEID
                                                                                            (8)

2.5      Hoe beïnvloed onderlinge afhanklikheid die optrede/aksies van firmas in die
         oligopoliemark?                                                     (4 x 2)        (8)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     9                             DBE/November 2022
                                               NSS

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1        Noem enige TWEE tipes verbruikersinflasie.                       (2 x 1)       (2)

         3.1.2        Hoe baat huishoudings uit toerisme?                              (1 x 2)       (2)

3.2      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                INFLASIEKOERS IN SUID-AFRIKA

                        JAAR                 2018 AFRICA
                                         IN SOUTH     2019              2020        2021
              Verbruikersprysindeks           100          103,5        107         109,5

         3.2.1        Identifiseer die basisjaar in die tabel hierbo.                                (1)

         3.2.2        Noem die instelling wat vir die beheer van inflasie in Suid-Afrika
                      verantwoordelik is.                                                            (1)

         3.2.3        Beskryf kortliks die term hiperinflasie.                                       (2)

         3.2.4        Verduidelik die belangrikheid om inflasie in die ekonomie te meet.             (2)

         3.2.5        Gebruik die inligting in die tabel hierbo om die inflasiekoers van
                      2020 tot 2021 te bereken.                                   (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     10                           DBE/November 2022
                                               NSS

3.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     DIE TOERISMESEKTOR

                                                         Mediese behandeling

                                                                Rekreasie
                     Redes vir toerisme-
                       aktiwiteite                                     Kultureel

                                                                 Besigheid

                                                             Ontspanning en vakansie

                                                                         [Bron: dreamstime.com]

         3.3.1         Identifiseer 'n tipe toerisme wat 'n geleentheid bied om tradisies in
                       'n gemeenskap te ervaar.                                                     (1)

         3.3.2         Noem enige EEN Wêrelderfenisterrein in Suid-Afrika.                          (1)

         3.3.3         Beskryf kortliks die term toerisme.                                          (2)

         3.3.4         Waarom is toerismegroei vir die owerheid belangrik?                          (2)

         3.3.5         Hoe kan misdaad as 'n sosio-ekonomiese                 kwessie die
                       toerismesektor negatief beïnvloed?                           (2 x 2)         (4)

3.4       Bespreek die redes vir die groei van die toerismebedryf in Suid-Afrika. (4 x 2)           (8)

3.5      Hoe sal 'n styging in die pryse van ingevoerde sleutelinsette, soos olie, die
         plaaslike ekonomie beïnvloed?                                                              (8)
                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                         11                          DBE/November 2022
                                                   NSS

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1            Noem enige TWEE voorbeelde van merietegoedere.                  (2 x 1)       (2)

         4.1.2            Verduidelik die effek van 'n daling in die rentekoers op inflasie.
                                                                                          (1 x 2)       (2)

4.2      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   MONOPOLIE – EKONOMIESE VERLIES

                 PRYS                                 MK        GK
                                             a
                        R50

                        R40                   b

                                             c

                                                             v = GI

                                                     MI
                              0           500                      HOEVEELHEID

         4.2.1            Identifiseer die verliesminimerings(ewewigs)punt in die grafiek
                          hierbo.                                                                       (1)

         4.2.2            Wat is die aard van die produk wat in 'n monopolie verkoop word?              (1)

         4.2.3            Beskryf kortliks die term natuurlike monopolie.                               (2)

         4.2.4            Waarom maak 'n monopolie gewoonlik 'n ekonomiese wins op lang
                          termyn?                                                                       (2)

         4.2.5            Gebruik die inligting in die grafiek hierbo om die ekonomiese
                          verlies deur die firma gemaak, te bereken. Toon ALLE
                          berekeninge.                                                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     12                      DBE/November 2022
                                               NSS

4.3      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                               INFLASIE

                     KREDIET

                                                                 BESPARINGS
                                                   LONE

                                                                INFLASIE
                                                                 [Bron: https://theweek.com]

         4.3.1        Identifiseer die oorsaak van kostedruk-inflasie in die spotprent
                      hierbo.                                                                   (1)

         4.3.2        Noem EEN manier wat gebruik word om inflasie te meet.                     (1)

         4.3.3        Beskryf kortliks die term inflasie.                                       (2)

         4.3.4        Verduidelik die effek van 'n daling in die algemene prysvlak op
                      produsente.                                                               (2)

         4.3.5        Hoe kan die owerheid die fiskale beleid gebruik om vraagtrek-
                      inflasie te bekamp?                                   (2 x 2)             (4)

4.4       Bespreek kortliks gebrek aan inligting en            onbeweeglikheid van
          produksiefaktore as oorsake van markmislukking.                     (2 x 4)           (8)

4.5      Hoe sal 'n toename in toeriste-aktiwiteite 'n negatiewe invloed op die                 (8)
         omgewing hê?                                                                           [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   13                           DBE/November 2022
                                             NSS

AFDELING C

Beantwoord enige EEN           van   die   twee    vrae   in   hierdie   afdeling    in    die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg beoordeel word:

                                                                                 PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                               TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                              Maks. 2
 'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te
    definieer of te omskryf.
 MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
 MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.
 Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/                       Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Verduidelik/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en
verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer
'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word.
Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Debatteer/           Maks. 10
Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                               Maks. 2
 'n Kort samevatting van wat bespreek is, sonder die herhaling van enige
    feite wat reeds genoem is
 Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk
 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 Aanbevelings
                                 TOTAAL                                               40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 40 MINUTE

   Met behulp van drie aparte grafieke, bespreek die korttermyn-ewewigsposisies
    (ekonomiese wins, ekonomiese verlies en normale wins) in 'n volmaakte mark.
                                                                          (26 punte)
   Analiseer die voordele van volmaakte mededinging as 'n markstruktuur. (10 punte)             [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek in besonderhede die maatreëls deur die owerheid geneem om
    omgewingsvolhoubaarheid te verseker.                       (26 punte)
   Evalueer die sukses van internasionale ooreenkomste in die vermindering van
    klimaatsverandering.                                             (10 punte)                  [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:              40
                                                                     GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 Nov 2022 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2022-mg-eng-1/4ffbaebe-ee7d-408b-a930-2e9a075861bb) — Economics · QP · 2022 · Eng
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Economics 2022 KZN June P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/economics-2022-kzn-june-p2-qp/db85272a-c379-4aef-a0d3-a6156db8e393) — Economics · QP · 2022
- [Economics 2022 KZN Prelim P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/economics-2022-kzn-prelim-p2-qp/bb81ee20-f101-4ce1-8200-b040f68e123a) — Economics · QP · 2022
- [Economics P2 Nov 2021 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2021-mg-eng/dd7f3faf-30a2-4c2a-a0cb-c4922c002c88) — Economics · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
