# Economics Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2023-afr/d525d7e3-db45-4c0b-9a14-45fdaaa77d81
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2023-afr/d525d7e3-db45-4c0b-9a14-45fdaaa77d81)

## About this document

Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                                 EKONOMIE V2

                               NOVEMBER 2023

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  2                       DBE/November 2023
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         AFDELING A:      VERPLIGTEND
         AFDELING B:      Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C:      Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  3                         DBE/November 2023
                                            NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                       30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

         1.1.1       Die koste wat nie met die uitsette verander nie, word … koste
                     genoem.
                     A   veranderlike
                     B   gemiddelde
                     C   vaste
                     D   basiese

         1.1.2       Die verwydering van reëls en prosedures om gemaklike toegang
                     van nuwe firmas in die mark toe te laat, word ... genoem.
                     A   deregulering
                     B   vrye mark
                     C   aanpassing
                     D   markoorheersing

         1.1.3       Die voordeel verkry deur 'n derde party wat nie by die markprys
                     ingesluit is nie, staan as … eksternaliteite bekend.
                     A   interne
                     B   positiewe
                     C   negatiewe
                     D   marginale

         1.1.4       Werklike besteding van 'n besigheid op insette benodig vir
                     produksie, word ... koste genoem.
                     A   implisiete
                     B   totale
                     C   gemiddelde
                     D   eksplisiete

         1.1.5       Die koers waarteen die sentrale bank geld aan handelsbanke leen,
                     word ...-koers genoem.
                     A   prima
                     B   bank
                     C   repo
                     D   inflasie

         1.1.6       Godsdienstige geleenthede word onder ... toerisme geklassifiseer.
                     A   eko-
                     B   mediese
                     C   sake-
                     D   kulturele
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   4                           DBE/November 2023
                                             NSS

         1.1.7       Die internasionale protokol en ooreenkoms wat fokus op die
                     uitwissing van armoede as een van hulle doelwitte, staan as die ...
                     bekend.

                     A   Rio+20-beraad
                     B   Millenniumontwikkelingsdoelwitte
                     C   Johannesburg-beraad
                     D   Wêreldberaad oor Volhoubare Ontwikkeling

         1.1.8       Die vermoë van die omgewing om sy gebruik vir ekonomiese
                     aktiwiteite te oorleef, staan as ... bekend.

                     A   volhoubaarheid.
                     B   ontbossing.
                     C   deregulering.
                     D   erosie.                                                   (8 x 2)       (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

                       KOLOM A                               KOLOM B
         1.2.1       Kort termyn               A    waar goedere onwettig gekoop en
                                                    verkoop word
         1.2.2       Duopolie
                                               B    'n baken of gebied wat deur die
         1.2.3       Swartmark                      Verenigde Nasies gekies is wat
         1.2.4       Merietegoedere                 kulturele, historiese of 'n ander vorm
                                                    van betekenis het
         1.2.5       Produsenteprysindeks
                                               C    die verskeidenheid plant- en
         1.2.6       Geweegde indeks                dierelewe in 'n bepaalde habitat
         1.2.7       Wêrelderfenisterrein      D    'n proses waar bome uit die grond
                                                    verwyder en nie vervang word nie
         1.2.8       Ontbossing
                                               E    die periode van produksie waar ten
                                                    minste een van die produksiefaktore
                                                    konstant bly
                                               F    meet die prys van goedere soos dit
                                                    die fabriek se vloer verlaat
                                               G    'n mark wat deur twee firmas
                                                    gedomineer word
                                               H    toon die relatiewe belangrikheid van
                                                    'n item in 'n mandjie goedere en
                                                    dienste wat gebruik word om inflasie
                                                    te bereken
                                               I    hoogs wenslik vir die algemene
                                                    welsyn van die samelewing
                                                                                       (8 x 1)   (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                 5                         DBE/November 2023
                                           NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
         Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

         1.3.1       'n Markstruktuur wat 'n unieke produk produseer met geen naby
                     substitute nie

         1.3.2       Wanneer die gemiddelde inkomste groter as die gemiddelde koste
                     van 'n firma is

         1.3.3       'n Prys vasgestel onder die markewewig om goedere vir
                     verbruikers bekostigbaar te maak

         1.3.4       'n Baie hoë styging in pryse wat 50% per maand oorskry

         1.3.5       Tradisionele maniere van dinge doen wat uniek is tot 'n gegewe
                     kultuur

         1.3.6       'n Lisensie gegee aan besighede om tot 'n sekere limiet te
                     besoedel                                            (6 x 1)              (6)

                                                              TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                                6                                DBE/November 2023
                                                          NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE                        van   die   drie       vrae   in   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1                    Noem enige TWEE vorme (strategieë) van nieprys-mededinging.
                                                                                         (2 x 1)                   (2)

         2.1.2                    Hoe sal die heffing van belasting op niemerietegoedere die
                                  verbruik daarvan beïnvloed?                         (1 x 2)                      (2)

2.2      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                        VOLMAAKTE MARK

                                                                           MK

                 Koste/Inkomste
                                                                                 GK
                                                                c               GVK
                                  25                                                         GI=MI=V3
                                                          b
                                  20                                                         GI=MI=V2
                                                    a
                                  15                                                         GI=MI=V1

                                   0                30 40 50
                                                                                             Hoeveelheid

         2.2.1                    Identifiseer die kromme (kurwe) wat die aanbodkromme in die
                                  grafiek hierbo verteenwoordig.                                                   (1)

         2.2.2                    Watter hoeveelheid moet die firma produseer om 'n normale wins
                                  te maak?                                                                         (1)

         2.2.3                    Beskryf kortliks die term marginale inkomste.                                    (2)

         2.2.4                    Waarom sal die produsent onwillig wees om 30 eenhede of minder
                                  te produseer?                                                                    (2)

         2.2.5                    Gebruik die grafiek hierbo om die totale inkomste te bereken
                                  wanneer die prys R25 is. Toon ALLE berekeninge, die formule
                                  ingesluit.                                                                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  7                             DBE/November 2023
                                            NSS

2.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              LOONVERHOGING VIR HUISHULPE

         Die Departement van Indiensneming en Arbeid se Nasionale Minimum Loon
         (NML) Kommissie het 'n bo-inflasie-loonverhoging vir 2023 by die NML
         aanbeveel, wat die tarief vir huishulpe na R25,05 per uur kan laat toeneem.
         Met die verbruikersprysindeks (VPI) se gemiddeld rondom 7% in 2022 sal dit
         die verhoging op ongeveer 8% plaas.

         'n Verhoging van R25,05 sal die maandelikse tarief tot oor R4 000 opstoot vir
         'n werker wat 8 uur per dag, 20 dae per maand werk. Dit sal ongeveer R300
         meer as in 2022 wees.

                                                                 [Aangepas uit Business Tech]

         2.3.1       Identifiseer die persentasie toename in minimum loon in die
                     uittreksel hierbo.                                                            (1)

         2.3.2       Noem enige EEN faktor wat die gehalte van die arbeidsmag
                     beïnvloed.                                                                    (1)

         2.3.3       Beskryf kortliks die term markmislukking.                                     (2)

         2.3.4       Waarom sal die owerheid inmeng wanneer daar onvolmaakte
                     mededinging in die mark is?                                                   (2)

         2.3.5       Hoe sal minimum lone 'n negatiewe uitwerking op die werkgewers
                     hê?                                                     (2 x 2)               (4)

2.4      Verduidelik die rol van die Mededingingskommissie en Mededingingstribunaal
         as instellings wat mededinging in Suid-Afrika bevorder.             (2 x 4)               (8)

2.5      Hoe sal die voorsiening van subsidies aan produsente die ekonomie positief
         beïnvloed?                                                        (4 x 2)                 (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                    8                            DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                        40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1       Gee enige TWEE voorbeelde van goedere wat uitgesluit word
                     wanneer kerninflasie bereken word.                  (2 x 1)                     (2)

         3.1.2       Hoe beïnvloed lugbesoedeling die omgewing?                        (1 x 2)       (2)

3.2      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           INFLASIE
         Engelse woorde vertaal:
         THE ECONOMY – DIE EKONOMIE
         RESERVE BANK – RESERWEBANK
         MONEY PRINTER – GELDDRUKKER

                                                           Goedere en dienste

                      Waarde van geld

         Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) is 'n lid van die Internasionale
         Monetêre Fonds (IMF) wat nou saamwerk met die Wêreldbank om globale
         finansiële stabiliteit en ekonomiese groei te bevorder.

                                                                          [Bron: businessday.com]

         3.2.1       Identifiseer in die spotprent en inligting hierbo die instelling wat die
                     rentekoers bepaal.                                                              (1)

         3.2.2       Noem die monetêre beleidsinstrument wat met die verkoop van
                     staatseffekte verband hou.                                                      (1)

         3.2.3       Beskryf kortliks die term geadministreerde prys-inflasie.                       (2)

         3.2.4       Verduidelik die voordeel van 'n algemene prysverhoging vir
                     debiteure in die ekonomie.                                                      (2)

         3.2.5       Hoe sal 'n ooraanbod van geld die ekonomie beïnvloed?             (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  9                         DBE/November 2023
                                            NSS

3.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     INTERNASIONALE MAATREËLS WAT AANDAG GEE
                             AAN OMGEWINGSPROBLEME

         Die Kyoto Protokol oor klimaatsverandering verbind geïndustrialiseerde lande
         om kweekhuisgasvrystellings in ooreenstemming met ooreengekome
         individuele teikens te beperk en verminder. Die Protokol stel bindende teikens
         vir vrystellingsvermindering vir 37 geïndustrialiseerde lande.

         Die Stockholm Protokol en die Basel Konvensie is ander internasionale
         maatreëls wat aandag gee aan omgewingsprobleme.

                                                                  [Bron: www.google.com]

         3.3.1       Identifiseer die internasionale ooreenkoms wat daarna streef om
                     chemiese afval te beperk.                                                 (1)

         3.3.2       Noem EEN ander internasionale maatreël oor klimaatsverandering.           (1)

         3.3.3       Beskryf kortliks die term aardverwarming.                                 (2)

         3.3.4       Watter impak het gevaarlike afval op die omgewing?                        (2)

         3.3.5       Waarom het internasionale maatreëls om die uitwerking van
                     klimaatsverandering te verminder, misluk?                                 (4)

3.4      Bespreek kortliks die gevolge van inflasie op belastingbetalers en
         nywerheidstabiliteit (nywerheidsvrede).                      (2 x 4)                  (8)

3.5      Evalueer die impak van klimaatsverandering op die ekonomie.             (4 x 2)       (8)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                              10                                                DBE/November 2023
                                                        NSS

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1       Noem enige TWEE regstellende metodes wat gebruik word om
                     rykdom te herverdeel.                              (2 x 1)                                                        (2)

         4.1.2       Waarom misluk (vind dit moeilik) markte daarin om die omgewing
                     te ondersteun?                                           (1 x 2)                                                  (2)

4.2      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     KOSTE EN VOORDELE VIR DIE BOU VAN 'N DAM

                                                                                                        Koste     Voordele
                                                                Voordele

                                                                                       Voordele

                           Koste en voordele
                                               25 000

                                               20 000                          Koste
                                               15 000   Koste
                                               10 000

                                                5 000

                                                   0

                      PROJEKTE                                             A                        B                          C
           EKONOMIESE KOSTE (Rm.)                                  10 000                         15 000                     25 000
           EKONOMIESE VOORDELE (Rm.)                               20 000                         13 000                     23 000
        KOSTEVOORDEELVERHOUDING (KVV)                               2:1                             ?                        0,9 : 1
                                                                                        [Aangepas uit www.google.co.za]

         4.2.1       Identifiseer in die inligting hierbo 'n projek wat die meeste voordele
                     het.                                                                                                              (1)

         4.2.2       Noem enige EEN moontlike sosiale voordeel van die bou van 'n
                     brug.                                                                                                             (1)

         4.2.3       Beskryf kortliks die term sosiale koste.                                                                          (2)

         4.2.4       Waarom moet die owerheid 'n kostevoordeel-ontleding (-analise)
                     uitvoer voordat met 'n nuwe projek begin word?                                                                    (2)

         4.2.5       Bepaal watter projek is die voordeligste deur die kostevoordeel-
                     verhouding vir Projek B te bereken. Toon ALLE berekeninge.                                                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     11                           DBE/November 2023
                                               NSS

4.3      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         'Kom ons bespreek hoe om ons
                            omgewing te beskerm.'

                                   Subsidies         Eiendomsregte
                                                                           Onderwys
                     Belasting

                                                                       [Bron: www.google.co.za]

         4.3.1        Identifiseer in die spotprent hierbo die maatreël wat gebruik word
                      as 'n aansporing vir mense om privaat vir die omgewing te sorg.                (1)

         4.3.2        Noem die tipe belasting wat gehef word op goedere wat eksterne
                      omgewingskoste genereer.                                                       (1)

         4.3.3        Beskryf kortliks die term beskerming.                                          (2)

         4.3.4        Verduidelik die rol wat onderwys in die beskerming van die
                      omgewing speel.                                                                (2)

         4.3.5        Hoe kan omgewingsubsidies gebruik word om omgewings-
                      volhoubaarheid te verseker?                   (2 x 2)                          (4)

4.4      Verduidelik met behulp van 'n goed benoemde grafiek winsmaksimering deur
         die krommes (kurwes) vir die totale inkomste (TI) en totale koste (TK) te
         gebruik.                                                                                    (8)

4.5      Evalueer die sukses van inflasieteikens om inflasie in die land te bekamp.
                                                                                 (4 x 2)             (8)
                                                                                                     [40]

                                                                     TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                      12                           DBE/November 2023
                                                NSS

AFDELING C

Beantwoord enige EEN           van    die   twee      vrae   in   hierdie   afdeling    in   die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                PUNTE-
                     STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                              TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                            Maks. 2
 'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou,
    te definieer of te omskryf.
 MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
 MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.
 MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/                    Maks. 26
Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/
Verduidelik/Assesseer/Debatteer
'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word.
Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Lei af/             Maks. 10
Vergelyk/Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe
'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                             Maks. 2
 'n Kort samevatting van wat alreeds bespreek is, sonder die herhaling
    van feite wat reeds genoem is
 Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 Aanbevelings
TOTAAL                                                                                 40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                            40 PUNTE – 40 MINUTE

   Vergelyk en kontrasteer in         detail   die    markstrukture    van   monopolistiese
    mededinging met 'n oligopolie.                                                                 (26)

   Hoe kan samespanning die ekonomie negatief beïnvloed?                                          (10)
                                                                                                   [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                          40 PUNTE – 40 MINUTE

   Ondersoek in detail die effek van toerisme.                                                    (26)

   Hoe kan Suid-Afrika se toerismeprofiel gebruik word om toerisme in Suid-Afrika te
    bevorder?                                                                                      (10)
                                                                                                   [40]

                                                                    TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                        GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Economics P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2023-eng/127abefe-4f46-4a3d-9e28-d940dd8b0459) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-grade-12-june-2023-english/88045080-47e4-4d97-87eb-c788e77bbfbd) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-grade-12-june-2023-afrikaans/14e460bc-51e9-4a72-a70e-bc549012de25) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR12 QP SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-sept-2023-english/fc883496-5ba9-4219-a274-ff0bc055bc5e) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [Economics P2 (English) QP](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-qp/9ef27b29-d18a-4b7b-8b4f-967d6ebe247b) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [Economics 2023 KZN Prelim P2](https://www.hlayiso.com/library/economics-2023-kzn-prelim-p2/abc61306-d953-4e1a-b151-71e35d1065ad) — Economics · QP · 2023

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
