# Economics Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2024-afr/a7271d2d-dd5d-4a67-8f75-a05dc41ed540
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2024-afr/a7271d2d-dd5d-4a67-8f75-a05dc41ed540)

## About this document

Economics · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                                 EKONOMIE V2

                               NOVEMBER 2024

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Ekonomie/V2                                 2                        DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

          AFDELING A:      VERPLIGTEND
          AFDELING B:      Beantwoord TWEE van die drie vrae.
          AFDELING C:      Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
          nagesien word NIE.

 3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

 4.       Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

 5.       Lees die vrae aandagtig deur.

 6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

 7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

 8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
          konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

 9.       Gebruik slegs swart of blou ink.

 10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Ekonomie/V2                                 3                            DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

 AFDELING A (VERPLIGTEND)
 VRAAG 1                                                        30 PUNTE – 20 MINUTE
 1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.      Nov

          1.1.1      'n Besigheid wat geen invloed oor die markprys het nie, word 'n
                     prys-... genoem
                     A   bepaler
                     B   soeker
                     C   nemer
                     D   steller
          1.1.2      Hoë ontwikkelingskoste is dikwels 'n rede vir 'n ... monopolie.
                     A   plaaslike
                     B   natuurlike
                     C   kunsmatige
                     D   geografiese
          1.1.3      Die sluitingspunt vir 'n firma met volmaakte mededinging is waar die
                     gemiddelde inkomste aan die ... koste gelyk is.
                     A   gemiddelde veranderlike
                     B   totale veranderlike
                     C   gemiddelde
                     D   gemiddelde vaste
          1.1.4      Wanneer die owerheid wette aanneem om markmislukkings te
                     verminder, word daarna as … verwys.
                     A   indirekte beheer
                     B   belasting
                     C   deregulering
                     D   direkte beheer
          1.1.5      Die inflasieteikenspeling wat deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank
                     (SARB) gebruik word, is ...
                     A   3%–6%.
                     B   1%–3%.
                     C   4%–6%.
                     D   2%–6%.
          1.1.6      Die minimum lengte van verblyf vir toerisme-aktiwiteite moet ...
                     dag/dae wees.
                     A   drie
                     B   sewe
                     C   vyf
                     D   een

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Ekonomie/V2                                    4                               DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

          1.1.7      'n Volgehoue daling in die pryse van goedere en dienste met tyd, word
                     ... genoem.

                     A   disinflasie
                     B   deflasie
                     C   hiperinflasie
                     D   inflasie

          1.1.8      Die verwydering van bome uit die omgewing sonder om dit te
                     vervang, staan as ... bekend.

                     A   gronderosie
                     B   verwoestyning
                     C   ontbossing
                     D   gronddegradering                                                 (8 x 2)      (16)

 1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

                       KOLOM A                                        KOLOM B
          1.2.1      Kort termyn                  A        Suid-Afrikaanse inwoners wat na
                                                           ander lande reis
          1.2.2      Patent
                                                  B        skakel huidige (nominale) pryse om
          1.2.3      Minimum prys                          na konstante (reële) pryse

          1.2.4      Gemeenskapsgoedere           C        vrystelling van afvalstowwe in die
                                                           omgewing
          1.2.5      BBP-deflator
                                                  D        omsien na natuurlike hulpbronne
          1.2.6      Uitgaande toeriste                    om te verseker dat dit nie totaal
                                                           opgebruik word nie
          1.2.7      Beskerming
                                                  E        ten minste een produksiefaktor bly
          1.2.8      Besoedeling                           vas

                                                  F        opgelê deur die owerheid om
                                                           produsente van noodsaaklike
                                                           goedere toe te laat om winsgewend
                                                           te wees

                                                  G        gratis deur die owerheid voorsien

                                                  H        al die produksiefakore kan verander

                                                  I        'n eksklusiewe reg om 'n bepaalde
                                                           produk te vervaardig
                                                                                          (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Ekonomie/V2                                5                          DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

 1.3      Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
          langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
          Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

          1.3.1      Die waarde van insette wat deur die entrepreneur besit word en in
                     die produksieproses gebruik word

          1.3.2      Wanneer die gemiddelde produksiekoste afneem soos wat die
                     uitsette geproduseer, toeneem

          1.3.3      Die laagste bedrag geld wat werkgewers volgens wet verplig word
                     om hul werknemers te betaal

          1.3.4      'n Styging in pryse wat plaasvind wanneer die totale vraag in die
                     ekonomie die totale aanbod oorskry

          1.3.5      Verwys na die kultuur, geskiedenis en omgewing wat uniek aan 'n
                     gegewe kultuur of samelewing is

          1.3.6      Natuurlike hulpbronne wat vervang of hernieu kan word      (6 x 1)      (6)

                                                              TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Ekonomie/V2                                 6                              DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE           van   die   drie   vrae   in   hierdie   afdeling   in   die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1      Beantwoord die volgende vrae.

          2.1.1      Gee enige TWEE voorbeelde van markte wat as volmaakte
                     mededinging beskou kan word.                    (2 x 1)                      (2)

          2.1.2      Waarom is kostevoordeel-ontleding (KVO) vir openbare projekte
                     belangrik?                                             (1 x 2)               (2)

 2.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               MONOPOLISTIESE MEDEDINGING

          Baie restaurante in enige stad ding mee gebaseer op die kwaliteit van hulle kos
          en pryse. Die basiese konsep om gasvryheidsdienste te voorsien, verskil
          wanneer restaurante hulle strategieë verander.

          Een restaurant kan R150 vir 'n pizza-en-burger-kombo vra, terwyl 'n volgende
          R180 vir dieselfde bestelling kan vra. Die prys van die dis kan van ander faktore
          afhang, soos die kwaliteit van die bestanddele gebruik, die ligging van die
          restaurant, die gewildheid daarvan en ander dienste wat hulle aanbied. Hierdie
          produkdifferensiasie is 'n sleutelelement van die restaurantbesigheid.

                                                                      [Bron: www.educba.com]

          2.2.1      Identifiseer 'n voorbeeld van nieprys-mededinging in die uittreksel
                     hierbo.                                                                      (1)

          2.2.2      Noem die tipe wins wat op lang termyn deur 'n monopolistiese
                     mededinger verdien word.                                                     (1)

          2.2.3      Beskryf kortliks die term monopolistiese mededinging.                        (2)

          2.2.4      Verduidelik die rol van advertensies in 'n monopolistiese
                     mededingende mark.                                                           (2)

          2.2.5      Waarom geniet 'n monopolis groter winste as 'n monopolistiese
                     mededinger?                                           (2 x 2)                (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Ekonomie/V2                                          7                          DBE/November 2024
                                                NSS Vertroulik

 2.3      Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             POSITIVE EXTERNALITIES
                              POSITIEWE               OF
                                        EKSTERNALITEITE  EDUCATION
                                                        VAN ONDERWYS

                     PRICE
                     PRYS
                                               V11
                                               D                               SA
                                   V
                                  D

                        P1

                        P

                                                                                    D
                                                                                    V1
                                  AS
                                                                          DV
                              0                       Q          Q
                                                      H          H11      HOEVEELHEID
                                                      V1
                                                                            QUANTITY

          2.3.1              Identifiseer die kromme wat die marginale private voordeel
                             verteenwoordig.                                                             (1)

          2.3.2              Gee enige EEN voorbeeld van negatiewe eksternaliteite.                      (1)

          2.3.3              Beskryf kortliks die term eksternaliteite.                                  (2)

          2.3.4              Waarom word hoeveelheid H1 as sosiaal doeltreffend beskou?                  (2)

          2.3.5              Hoe kan die owerheid die verbruik van merietegoedere aanmoedig?
                                                                                      (2 x 2)            (4)

 2.4      Met behulp van 'n korrek benoemde grafiek, verduidelik die verhouding tussen
          totale koste (TK), konstante koste (KK) en veranderlike koste (VK).   (2 x 4)                  (8)

 2.5      Hoe kan 'n gebrek aan inligting deur verskillende markdeelnemers tot die
          wanverdeling van hulpbronne lei?                                 (4 x 2)                       (8)
                                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Ekonomie/V2                                  8                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                     40 PUNTE – 30 MINUTE

 3.1      Beantwoord die volgende vrae.

          3.1.1      Noem enige TWEE tipes verbruikersinflasie.                      (2 x 1)      (2)

          3.1.2      Waarom word belasting op toerisme-aktiwiteite deur die owerheid
                     gehef of ingevorder?                                     (1 x 2)             (2)

 3.2      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         IMPAK VAN INFLASIE OP DIE VERBRUIKER

                                  Minder
                                   reële
                                  spaar-
                                  waarde

                       INFLASIE

                                                             [Aangepas uit www.ilearnthis.com]

          3.2.1      Identifiseer 'n positiewe impak van inflasie op die verbruiker in die
                     spotprent hierbo.                                                            (1)

          3.2.2      Noem die instelling wat rentekoerse gebruik om inflasie in
                     Suid-Afrika te beheer.                                                       (1)

          3.2.3      Beskryf kortliks die term stagflasie.                                        (2)

          3.2.4      Verduidelik die impak van inflasie op belastingbetalers.                     (2)

          3.2.5      Hoe kan natuurlike rampe tot inflasie in die ekonomie bydra? (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Ekonomie/V2                                      9                               DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

 3.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         STREEKSVERANDERINGE IN TOERISTE-AANKOMSTE

                                                         1,9

              Miljoene
                                                                     1,7
                                                                                    KW4, 2019

                                                               1,3

                                                                                     KW4, 2022
                               0,8
                                           0,6
                                     0,5

                                                                                     KW4, 2023

                             Oorsese aankomste          SAOG-aankomste

          Alhoewel toeriste-aankomste uit ander Afrika-lande die vlakke voor die
          pandemie oorskry het, is daar 'n moontlikheid van totale herstel vir die Suider-
          Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) en oorsese streke.

                                                                 [Aangepas uit Statistiek Suid-Afrika]

          3.3.1          Identifiseer die  getal        SAOG-toeriste-aankomste            in      die
                           de
                         4 kwartaal van 2023.                                                             (1)

          3.3.2          Noem enige EEN omgewings-Wêrelderfenisterrein in Suid-Afrika.                    (1)

          3.3.3          Beskryf kortliks die term binnelandse toerisme.                                  (2)

           3.3.4         Verduidelik die impak van 'n swakker rand op buitelandse toeriste-
                         aankomste.                                                                       (2)

          3.3.5          Hoe kan die Suid-Afrikaanse owerheid verseker dat toeriste die
                         verskillende bestemmings oor die land besoek?           (2 x 2)                  (4)

 3.4      Bespreek kortliks uitvoerverdienste en owerheidsbesteding as oorsake van
          vraagtrek-inflasie.                                                (2 x 4)                      (8)

 3.5      Hoe kan toerisme-aktiwiteite Suid-Afrika negatief beïnvloed?                          (4 x 2)   (8)
                                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Ekonomie/V2                                                      10                              DBE/November 2024
                                                            NSS Vertroulik

 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1                  Beantwoord die volgende vrae.

                      4.1.1               Noem TWEE tipes ondoeltreffendheid wat deur markmislukkings
                                          veroorsaak word.                                     (2 x 1)                  (2)

                      4.1.2               Hoe    kan   die    Suid-Afrikaanse   Reserwebank     (SARB)
                                          opemarktransaksies gebruik om geldvoorraad in die ekonomie te
                                          verminder?                                             (1 x 2)                (2)

 4.2                  Bestudeer die grafieke hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       NYWERHEID/MARK                           INDIVIDUELE FIRMA
                                                                                                   MK
                                                                                                           GK
                                 V1                              A2

                                                                     A1

         Prys per eenheid
                                                E2                                          E2
                            P2                                            P2                               V2=GI2=MI2
                                                     E1                                E1
                            P1                                            P1                              V1=GI1=MI1
                                 A2

                                    A1                          V1

                             0                  Q2 Q1                      0
                                      Hoeveelheid (duisende eenhede)           Hoeveelheid (eenhede)

                      4.2.1               Identifiseer die kromme wat die aanbodkromme vir die individuele
                                          firma in die grafiek hierbo verteenwoordig.                                   (1)

                      4.2.2               Noem die aard van produkte wat in 'n volmaakte mark verkoop word.             (1)

                            4.2.3         Beskryf kortliks die term marginale inkomste.                                 (2)

                      4.2.4               Waarom is die individuele firma se vraagkromme horisontaal?                   (2)

                      4.2.5               Gebruik die grafieke hierbo om te verduidelik hoe ekonomiese
                                          verlies op kort termyn tot normale wins op lang termyn lei. (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Ekonomie/V2                                 11                         DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

 4.3      Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                SUID-AFRIKAANSE TOERISME
                        PRENT A                                  PRENT B

                                                                    [Bron: www.google.com]

          4.3.1      Identifiseer die prent wat met ekotoerisme verband hou.                    (1)

          4.3.2      Noem die instelling wat vir die bevordering van toerisme in
                     Suid-Afrika verantwoordelik is.                                            (1)

          4.3.3      Beskryf kortliks die term paleo-toerisme.                                  (2)

           4.3.4     Verduidelik die impak van huishoudings se inkomstevlakke op
                     toerisme.                                                                  (2)

          4.3.5      Waarom sal Suid-Afrikaners ontmoedig word om toeristegebiede in
                     die land te besoek?                                      (2 x 2)           (4)

 4.4      Met behulp van 'n korrek benoemde grafiek, verduidelik die effek van
          maksimum pryse op die mark.                                    (2 x 4)                (8)

 4.5      Ontleed die maatreëls wat gebruik kan word om kostedruk-inflasie te bekamp.
                                                                                (4 x 2)         (8)
                                                                                                [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Ekonomie/V2                                  12                              DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 AFDELING C

 Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

 Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                 PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                               TOEKENNING
 Inleiding
 Die inleiding is 'n laerorde-antwoord.                                            Maks. 2
  'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou,
     te definieer of te omskryf.
  MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
  MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.
  MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE.
 Liggaam
 Hoofdeel: Bespreek in detail/Bespreek in detail met die hulp van                 Maks. 26
 grafieke/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/
 Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Assesseer/
 Debatteer
 'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word.
                                                                                  Maks. 10
 Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Lei af/
 Vergelyk/Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe
 'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
 word.
 Slot
 Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                             Maks. 2
  'n Kort samevatting van wat alreeds bespreek is, sonder die herhaling
     van feite wat reeds genoem is
  Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
  Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
  'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
  Aanbevelings
 TOTAAL                                                                              40

 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                          40 PUNTE – 40 MINUTE

    Ondersoek in detail die oligopolie-markstruktuur.                                            (26)

    Hoe het die mededingingsbeleid gehelp om anti-mededingende gedrag in
     Suid-Afrika te verminder?                                                                    (10)
                                                                                                  [40]

 VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                        40 PUNTE – 40 MINUTE

    Bespreek in detail hoe die owerheid                   volhoubare        ontwikkeling    of
     omgewingsvolhoubaarheid kan verseker.                                                        (26)

    Ontleed die internasionale maatreëls geneem om omgewingsprobleme te verminder.               (10)
                                                                                                  [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                       GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-2024-possible-answers/d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4) — Economics · Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — Economics · QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — Economics · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
