# Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2014 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2014 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr11-nov2014-afr/c765d0c3-5684-4a80-b80c-d0ae013ea959
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2014 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr11-nov2014-afr/c765d0c3-5684-4a80-b80c-d0ae013ea959)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2014. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                     NOVEMBER 2014

                        EKONOMIE V2

PUNTE:   150

TYD:     1½ uur

                            *IECONA2*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    EKONOMIE V2                       (NOVEMBER 2014)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Beantwoord VIER vrae soos volg:
        AFDELING A: VERPLIGTEND
        AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae.
        AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.     Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal
        NIE nagesien word NIE.

 3.     Beantwoord die vrae in volsinne en die uitleg, inhoud en konteks van
        jou antwoorde moet in ooreenstemming met die kognitiewe vereistes
        van die vrae wees.

 4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
        hierdie vraestel gebruik is.

 5.     Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

 6.     Lees AL die vrae aandagtig deur.

 7.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 8.     Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

 9.     Gebruik slegs swart of blou ink.

 10.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                       EKONOMIE V2                                            3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1                                                  30 PUNTE – 15 MINUTE

 1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
       gegee. Kies die mees korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–C)
       langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer,
       byvoorbeeld 1.1.9 C.

       1.1.1      Die afname in bevrediging as gevolg van die addisionele verbruik
                  van ’n produk/diens word na verwys as ...

                  A    dalende nut.
                  B    grensnut.
                  C    oormatige nut.

       1.1.2      ’n Toename of afname in hoeveelheid gevra as gevolg van
                  veranderinge in inkome word na verwys as … van vraag.

                  A    prys-elastisiteit
                  B    aanbod-elastisiteit
                  C    inkome-elastisiteit

       1.1.3      Een van die volgende frases dui op vraagverhoudings tussen
                  substitute:

                  A    Styging in prys van ’n produk en ’n toename in vraag na die
                       substituutproduk.
                  B    Daling in prys van ’n produk en toename in vraag na die
                       substituutproduk.
                  C    Daling in prys van ’n produk en ’n afname in vraag na die
                       substituutproduk.

       1.1.4      Die ekstra koste vir produsering van ’n addisionele eenheid word
                  na verwys as ...

                  A    gemiddelde veranderlike koste.
                  B    veranderlike koste.
                  C    marginale koste.

       1.1.5      Een van die volgende is nie ’n effek van armoede nie.

                  A    Hoë bevolkingsgroei
                  B    Verhoogde misdaad aanmeldings
                  C    Oormatige ekonomiese keuses

       1.1.6      Toenemende samewerking tussen lande lei tot die vorming van …

                  A    handelsblokke
                  B    boublokke
                  C    bankblokke

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    EKONOMIE V2                            (NOVEMBER 2014)

       1.1.7    Een van die volgende is ’n institusie van globalisering

                A    Umsobomvu jeugfonds
                B    Internasionale Monetêre Fonds
                C    Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde
                     Rekenmeesters

       1.1.8    … is een van die oorsake van omgewings agteruitgang.

                A    Minder CO2 uitlatings
                B    Beperkte gebruik van natuurlike hulpbronne
                C    Oormatige verbruik                                       (8 x 2)    (16)

 1.2   Kies ŉ omskrywing uit KOLOM B wat pas by ŉ begrip in KOLOM A.
       Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 K.

                 KOLOM A                                  KOLOM B
       1.2.1    Absolute armoede         A    fasiliteer internasionale
                                              handelsooreenkomste, tarief
                                              beleide en beproef intellektuele
                                              eiendom

       1.2.2    Steekvorming             B    prys vermenigvuldig met
                                              hoeveelheid

       1.2.3    WHO                      C    reaksie van hoeveelheid gevra van
                                              een produk op ’n prysverandering
                                              van ’n ander produk

       1.2.4    COP 17                   D    Europese Unie, BRICS, NAFTA.

       1.2.5    Kruis-elastisiteit       E    voorkom ’n entrepreneur om sy
                                              besigheid te sluit

       1.2.6    Normale wins             F    mense wat nie in hulle basiese
                                              behoeftes kan voorsien nie

       1.2.7    Onverwante goedere       G    was in Suid-Afrika gehou

       1.2.8    Totale inkome            H    zero elastisiteit van vraag

                                         I    Brasilië

                                         J    mense wat redelik in hulle basiese
                                              behoeftes kan voorsien
                                                                           (8 x 1)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                      EKONOMIE V2                                              5

 1.3   Gee die korrekte begrip vir elk van die volgende frases.

       1.3.1      ’n Proses waardeur ’n land baie droog raak en dit nie langer oeste
                  en weiding kan volhou nie

       1.3.2      ’n Proses waar die ekonomieë van lande meer aan mekaar
                  verbind raak

       1.3.3      Persentasie verandering in hoeveelheid aangevra is gelyk aan
                  persentasie verandering in prys

       1.3.4      ’n Positiewe verskil tussen totale inkome en totale koste

       1.3.5      ’n Situasie wat ontstaan as ’n besigheid sy kostes kan oor hoër
                  vlakke van uitsette verdeel

       1.3.6      Ekstra wins wat die eienaar ontvang bo die minimum betaling wat
                  die eienaar vereis om die onderneming in besigheid te hou
                                                                            (6 x 1)         (6)

                                                             TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 EKONOMIE V2                           (NOVEMBER 2014)

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                           40 PUNTE – 20 MINUTE

 2.1   Beantwoord die volgende vrae.

       2.1.1    Lys enige TWEE faktore wat die pryselastisiteit van vraag
                bepaal.
                                                                         (2 x 1)       (2)

       2.1.2    Verduidelik die wet van dalende opbrengs.                (1 x 2)       (2)

 2.2   Bestudeer die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

       In Januarie het ’n klein pizza winkel 350 bokse Margherita pizzas en
       200 bokse kaas van hul verskaffer ontvang. Hulle verkoop elke boks
       Margherita pizzas teen R30 en ’n boks kaas teen R35. Die volgende
       maand (Februarie) het pizza pryse na R42 vir Margherita en R49 vir
       kaas gestyg. In dieselfde maand (Februarie) verhoog die verskaffer die
       aantal bokse wat hy verskaf van 350 tot 441 bokse vir Margherita
       pizzas en van 200 tot 252 bokse kaas.

       2.2.1    Definieer pryselastisiteit van aanbod.                                 (2)

       2.2.2    Bereken die elastisiteit van aanbod van kaas.                          (6)

       2.2.3    Verduidelik enige uitdaging wat produsente mag ondervind
                wanneer hulle aanbod oor die korttermyn moet laat toeneem.
                                                                       (1 x 2)         (2)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                        EKONOMIE V2                                               7

 2.3   Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                Produk X                                      Produk Y
                                     A1           Prys
         Prys
                                                                            A0
                                          A0

           P1
           P0                                        P0

                                      V0

                0          H1 H0    Hoeveelheid           0          HO      Hoeveelheid

       2.3.1        Omskryf komplementêre goedere.                                              (2)

       2.3.2        Teken die grafiek vir Produk Y oor in jou antwoordeboek en
                    illustreer grafies die uitwerking van ’n toename in die prys (van P0
                    tot P1) van Produk X op die komplementêre Produk Y.                         (6)

       2.3.3        Hoekom is dit belangrik vir die produsent om die verhouding tussen
                    komplimente te verstaan?                                                    (2)

 2.4   Bespreek kortliks enige TWEE eienskappe van nut.                                         (8)

 2.5   Verduidelik die belangrikheid van pryselastisiteit van vraag vir produsente.            (8)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 EKONOMIE V2                         (NOVEMBER 2014)

 VRAAG 3:      KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                           40 PUNTE – 25 MINUTE

 3.1   Beantwoord die volgende vrae:

       3.1.1    Noem enige TWEE globale aksies om die omgewing te beskerm.
                                                                     (2 x 1)              (2)

       3.1.2    Verduidelik absolute voordeel.                            (1 x 2)         (2)

 3.2   Bestudeer die onderstaande prentjie en beantwoord die vrae wat volg.

       3.2.1   Wat stel die bostaande prentjie voor?                                      (2)

       3.2.2   Wat kan die oorsaak wees van die bogenoemde scenario? (2 x 2)              (4)

       3.2.3   Watter provinsies word die meeste geraak deur die scenario wat in
               bostaande prentjie voorgestel word?                       (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                    EKONOMIE V2                                             9

 3.3   Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

       3.3.1      Verduidelik die boodskap wat word in bostaande spotprent
                  weerspieël.                                                              (2)

       3.3.2      Volgens die spotprent, noem die naam van die vasteland wat in die
                  hande van die kort man is.                                               (2)

       3.3.3      Verduidelik kortliks enige TWEE faktore wat tot die bogenoemde
                  scenario bydra.                                             (2 x 3)      (6)

 3.4   Bespreek kortliks enige TWEE eienskappe van globalisering.                          (8)

 3.5   Ontleed enige VIER maniere wat deur die Suid-Afrikaanse regering gebruik
       kan word om armoede te verlig.                                                      (8)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 EKONOMIE V2                       (NOVEMBER 2014)

 VRAAG 4:      MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
               KWESSIES                     40 PUNTE – 20 MINUTE

 4.1   Beantwoord die volgende vrae.

       4.1.1   Noem TWEE doelwitte van besighede.                             (2 x 1)    (2)

       4.1.2   Definieer eksplisiete koste.                                   (1 x 2)    (2)

 4.2   Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

       4.2.1   Noem enige TWEE voorbeelde van veranderlike koste.                        (2)

       4.2.2   Verduidelik die vorms van die gemiddelde totale koste (GTK),
               gemiddelde veranderlike koste (GVK) en marginale koste (MK)               (6)

       4.2.3   Hoekom is gemiddelde totale koste belangrik?                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                        EKONOMIE V2                                                   11

 4.3   Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                                      BRICS (DURBAN 2013)

       BRICS soos dit wêreldwyd bekend staan, is ’n groep van leidende,
       ontwakende ekonomieë wat ’n sleutelrol in die wêreldontwikkeling platform
       speel.

       Suid-Afrika se President Jacob Zuma het gasheer gespeel vir die vyfde
       BRICS Beraad op 27 Maart 2013 in Durban met die tema: “BRICS en Afrika:
       Vennootskap vir Ontwikkeling, Integrasie en Industrialisasie. “BRICS leiers
       het hul ondersteuning vir volhoubare infrastruktuurontwikkeling herhaal,
       sowel as industriële ontwikkeling, werkskepping, vaardigheidsontwikkeling,
       voedsel en voedingsekuriteit en uitroeiing van armoede en volhoubare
       ontwikkeling in Afrika. BRICS lande het besluit om die BRICS bank op te rig
       om infrastruktuur projekte te befonds vir hierdie lande. Alhoewel, lande kon
       nie daarin geslaag het om konsensus te bereik oor die aanvangskapitaal nie.
       Sjina wou hê dit moes $100 biljoen wees wat gelykop tussen lidlande verdeel
       moes word.

                  [Aangepas: : http://www.gr8ambitionz.com/2013/03/brics-summit-2013- highlights.]

       4.3.1      Elke letter in BRICS verteenwoordig ’n land. Benoem hierdie lande.                  (5)

       4.3.2      Wat, dink jy, is die hoofdoel van BRICS?                                            (2)

       4.3.3      Wat, volgens die uittreksel, is die ooreenkomste wat in Durban
                  aangegaan het?                                                 (3 x 1)              (3)

 4.4   Onderskei tussen produkte markte en faktor markte.                                             (8)

 4.5   Verduidelik die implikasies van ‘nie-prysmededinging’ in oligopolieë.                          (8)
                                                                                                     [40]

                                                                     TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               EKONOMIE V2                           (NOVEMBER 2014)

 AFDELING C

 Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 Jou antwoord sal as volg geassesseer word:

 STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                  PUNTETOEKENNING
 Inleiding                                                      Maks. 2
 Inhoud
 Inhoud                                                           Maks. 26
 Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte
 bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed
 (Analiseer)/ Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/
 Assesseer/Debatteer
 Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek
 krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken 'n grafiek en
 verduidelik/ Gebruik die gegewe grafiek en
 verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/
 Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/ Interpreteer/Debatteer
 kortliks                                                         Maks. 10
 Slot                                                             Maks. 2
 TOTAAL                                                             40

 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                  40 PUNTE – 35 MINUTE

 Bespreek in detail die kenmerke van ’n volmaakte mark.                                    (26)

 Beklemtoon kortliks hoe die volmaakte mark van die monopolistiese mark verskil.           (10)
                                                                                           [40]

 VRAAG 6: INFLASIE                                        40 PUNTE – 35 MINUTE

 “Die omgewing is ’n waardevolle hulpbron en ons as lede van die gemeenskap
 het ’n plig om goed daarna om te sien.”

 Verduidelik ten volle die verskeie metodes om die omgewing te beskerm.                    (26)

 Beklemtoon die uitwerking van omgewingsdegradering in ons ekonomie en
 omgewing.                                                                                 (10)
                                                                                           [40]

                                                           TOTAAL AFDELING C:               40
                                                               GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [EKON V1 GR11 VRAESTEL NOV 2014 AFR](https://www.hlayiso.com/library/ekon-v1-gr11-vraestel-nov-2014-afr/6ca29aeb-adea-4bb5-b3ba-ccf9a688d5ef) — Economics · QP · 2014 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/1b85faaa-981a-47a9-a6ab-453a60804c87) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2022 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2022-english/ea304068-28ba-45cb-af91-8f807835c180) — Economics · QP · 2022 · Eng
- [ECONOMIC P2 GR11 QP NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/economic-p2-gr11-qp-nov2020-eng-d/bb204f65-bfc3-4053-9394-a1244db47398) — Economics · QP · 2020 · Eng
- [ECONOMIC P2 GR11 QP NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/economic-p2-gr11-qp-nov2020-afr-d/b64cc877-0722-4cbc-a60e-4055df16a8db) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [ECON P2 GR11 QP NOV2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-nov2018-eng-d/b7d1646a-1959-4170-8d12-2cc36869a0ed) — Economics · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
