# Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2014-afrikaans/9701bf73-fcd9-4d87-85bd-8cdb8bdd3258
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2014-afrikaans/9701bf73-fcd9-4d87-85bd-8cdb8bdd3258)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Memo · 2014 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2014

                        EKONOMIE V2

PUNTE:   150

TYD:     1½ uur

                            *ECONA2*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    EKONOMIE V2                           (SEPTEMBER 2014)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Beantwoord VIER vrae soos volg:
        AFDELING A: VERPLIGTEND
        AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae.
        AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.     Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal
        NIE nagesien word NIE.

 3.     Beantwoord die vrae in volsinne en die uitleg, inhoud en konteks van
        jou antwoorde moet in ooreenstemming met die kognitiewe vereistes
        van die vrae wees.

 4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
        hierdie vraestel gebruik is.

 5.     Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

 6.     Lees AL die vrae aandagtig deur.

 7.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 8.     Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

 9.     Gebruik slegs swart of blou ink.

 10.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                       EKONOMIE V2                                              3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1                                                      30 PUNTE – 15 MINUTE

 1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
       gegee. Kies die mees korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–C)
       langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

       1.1.1       Surplus kapasiteit word nie by ... gevind nie.

                   A    ŉ monopolie
                   B    monopolistiese mededinging
                   C    volmaakte mededinging

       1.1.2       Wins-maksimering kom voor wanneer ...

                   A    GI = GK.
                   B    TI > GK.
                   C    GI < GK.

       1.1.3       Een van die tekortkominge van ŉ vryemarkstelsel is dat dit
                   inkomste ... versprei.

                   A    eweredig
                   B    oneweredig
                   C    oormatig

       1.1.4       Die mees waarskynlike versperring tot toetrede vir maatskappye
                   wat wil meeding met ŉ maatskappy soos Mercedes of Microsoft:

                   A    Wetlike beperkings
                   B    Lisensiëring-probleme
                   C    Tegniese meerderwaardigheid

       1.1.5       Gewigte word aan goedere en dienste toegeken om ...

                   A    die besteding van verbruikers te verbeter.
                   B    die invloed op koopkrag te meet.
                   C    verbruikersbesteding te verminder.

       1.1.6       ŉ Individu belas met die ontwerp van ŉ omsigtige (goed beplande)
                   fiskale beleid is die ...

                   A    Goewerneur van die Reserwebank.
                   B    Minister van Openbare Sake.
                   C    Minister van Finansies.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   EKONOMIE V2                               (SEPTEMBER 2014)

       1.1.7    In die Oos-Kaap sal toeriste waarskynlik deur ... gelok word.

                A    die geboorteplek van Nelson Mandela (QUNU)
                B    Amabele entombi (COFIMVABA)
                C    Ncora-besproeiingskema

       1.1.8    Klimaatsverandering kan wees as gevolg van ŉ ...

                A    afname in skadelike menslike praktyke.
                B    toename in kweekhuisgasse.
                C    toename in die koers waarteen bome aangeplant word.
                                                                      (8 x 2)                (16)

 1.2   Kies ŉ omskrywing uit KOLOM B wat pas by ŉ begrip in KOLOM A. Skryf
       slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

                 KOLOM A                                KOLOM B
       1.2.1    Versonke koste          A    afhanklik van kultuur en erfenis

       1.2.2    Pareto-                 B    bevorder armoedeverligting deur die
                doeltreffendheid             aanmoediging van toerisme

       1.2.3    Inheemse                C    bly onveranderd ongeag die
                kennisstelsels               hoeveelheid geproduseer

       1.2.4    Geleentheidskoste       D    ŉ poging om die volhoubare gebruik
                                             van natuurlike hulpbronne te
                                             verseker

       1.2.5    Kruger Nasionale        E    kan nie verhaal word indien die
                Park                         besigheid die bedryf verlaat nie

       1.2.6    Vaste koste             F    hulpbronne kan nie regverdig
                                             toegeken word nie, aangesien as
                                             een party bevoordeel word, word die
                                             ander benadeel

       1.2.7    Bewaring                G    koste om die volgende beste keuse
                                             op te gee

       1.2.8    Agenda 21               H    die skoon ontwikkelingsmeganisme

                                        I    vind alternatiewe bronne van
                                             energie om die gebruik van
                                             fossielbrandstowwe te vervang

                                        J    Suid-Afrika se groot vyf (leeu,
                                             luiperd, buffel, renoster en olifant)
                                                                               (8 x 1)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                      EKONOMIE V2                                           5

 1.3   Gee die korrekte begrip vir elk van die volgende frases.

       1.3.1       Koste voordele vir groot ondernemings

       1.3.2       ŉ Markstruktuur waar pryse van individuele ondernemings deur
                   die mark bepaal word

       1.3.3       Inflasie wat items met wisselvallige pryse uitsluit

       1.3.4       Arbeidsintensiewe bedryf wat vir baie mense regoor die wêreld
                   aanloklik is

       1.3.5       ŉ Verskeidenheid van plante- en dierelewe in ŉ bepaalde habitat

       1.3.6       ŉ Tipe wins wat gerealiseer word wanneer ŉ onderneming se
                   totale inkomste groter as sy implisiete koste is        (6 x 1)        (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:          30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   EKONOMIE V2                                (SEPTEMBER 2014)

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                      40 PUNTE – 20 MINUTE

 2.1   Beantwoord die volgende vrae.

       2.1.1    Noem TWEE soorte ondoeltreffendheid.                            (2 x 1)        (2)

       2.1.2    Verduidelik kortliks wat ŉ kartel is.                           (1 x 2)        (2)

 2.2   Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

               Prys/koste/inkomste
                                                              GK

               40
                                                                   MK
               35

               30

               25                                        E2

               20

               15                            E1
                                                                          V = GI
               10
                                                    MI

                        2    4     6     8     10       12    14    16   Hoeveelheid

       2.2.1    Watter soort mark word deur die bostaande grafiek voorgestel?                  (2)

       2.2.2    Verduidelik waarom die MI-kurwe onder die GI-kurwe lê.                         (4)

       2.2.3    Bereken die wins/verlies van die bogenoemde produsent en toon
                alle berekeninge.                                                              (4)
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                     EKONOMIE V2                                                7

 2.3   Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                                    VOLMAAKTE MARKTE

       Die kenmerk van volmaakte markte het diepgaande politieke en
       ekonomiese implikasies. Dit is nie die doel van die mark om deelnemers in
       staat te stel om winste te maksimeer nie, ten spyte van baie deelnemers
       wat dit aanvaar of geleer word. Die doel van die mark is om hulpbronne
       doeltreffend toe te ken en om die welstand van beide die verbruikers en
       produsente te maksimeer. Die mark beskou dus oortollige (ekonomiese)
       winste en ekonomiese huur as ŉ teken van ondoeltreffendheid.

                                                          [Aangepas van die Internet: 2013]

       2.3.1       Definieer volmaakte markte.                                                 (2)

       2.3.2       Noem TWEE doele van volmaakte markte, soos in die uittreksel
                   aangedui.                                                                   (4)

       2.3.3       Gee die betekenis en implikasie van oortollige winste.          (2 x 2)     (4)

 2.4   Onderskei tussen meriete en nie-meriete goedere as oorsake van
       markmislukking.                                                             (2 x 4)     (8)

 2.5   Met behulp van ŉ grafiek verduidelik die afsluit-/uittree-punt van ŉ
       onderneming onder volmaakte mededinging.                                                (8)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  EKONOMIE V2                                 (SEPTEMBER 2014)

 VRAAG 3:      KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                              40 PUNTE – 25 MINUTE

 3.1   Beantwoord die volgende vrae:

       3.1.1   Noem enige TWEE voorbeelde van negatiewe eksternaliteite in die
               omgewing.                                                    (2 x 1)           (2)

       3.1.2   Definieer omgewingsvolhoubaarheid.                                  (1 x 2)    (2)

 3.2   Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                             ISIMANGALISO VLEILANDPARK
       UNESCO het agt erfenisterreine gekies, waarvan iSimangaliso Vleilandpark
       een is. Dit is in Desember 1999 gelys as Suid-Afrika se Wêrelderfenisgebied
       as erkenning van sy unieke globale waardes.
       Die naam iSimangaliso beteken wonderwerk of wonder wat hierdie unieke plek
       toepaslik beskryf met sy verstommende verskeidenheid habitatte wat
       grasvelde, ou sand- en kuswoude, vleilande, ens. insluit.
       Dit is dié plek om te besoek as gevolg van sy tien juwele; Kosibaai, kuswoud,
       Sibaya-Meer, Sodwanabaai, uMkhuze, Valsbaai, westelike kusgebiede en
       Charters Creek, Lake St Lucia, oostelike kusgebiede, Kaap Vidal en
       Maphelane.
                                                      [Aangepas uit Explore Zululand, 2013]

       3.2.1   Gee ŉ omvattende definisie van toerisme.                                       (2)

       3.2.2   Verduidelik kortliks hoe toerisme huishoudings bevoordeel.                     (4)

       3.2.3   Watter tipe toerisme kan met ŉ besoek aan die iSimangaliso
               Vleilandpark geassosieer word?                                                 (2)

       3.2.4   In watter provinsie is die iSimangaliso Vleilandpark?                          (2)

 3.3   Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 Die boom van kennis ontdek waar papier vandaan kom

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                      EKONOMIE V2                                               9

       3.3.1       Wat, volgens jou mening, beeld die prentjie uit?               (2 x 2)      (4)

       3.3.2       Bome is ŉ (hernubare/nie-hernubare) hulpbron.                               (2)

       3.3.3       Verduidelik kortliks hoe die misbruik van natuurlike plantegroei
                   verminder kan word.                                           (2 x 2)      (4)

 3.4   Verduidelik enige TWEE beleidvoorstelle wat toerisme in Suid-Afrika kan
       bevoordeel.                                                         (2 x 4)            (8)

 3.5   Verduidelik kortliks die voornemens van COP 17 in Durban 2011.             (4 x 2)     (8)
                                                                                             [40]

 VRAAG 4:          MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
                   KWESSIES                     40 PUNTE – 20 MINUTE

 4.1   Beantwoord die volgende vrae:

       4.1.1       Noem enige TWEE doelwitte van ŉ mededingingsbeleid.            (2 x 1)     (2)

       4.1.2       Verduidelik nie-mededinging as ŉ kenmerk van openbare goedere.
                                                                           (1 x 2)            (2)

 4.2   Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg:

       4.2.1       Definieer die begrip hooflyn-inflasie.                                     (2)

       4.2.2       In watter maand en jaar was Suid-Afrika se inflasiekoers op sy
                   laagste?                                                                   (2)

       4.2.3       Verduidelik Suid-Afrika se inflasie-teikenbeleid kortliks.                 (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 EKONOMIE V2                                  (SEPTEMBER 2014)

 4.3   Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                     ONDERSKEI JOU BESIGHEID VAN MEDEDINGERS

       Toe sy haar besigheid gevisualiseer en gestig het, het Zilungile gefokus op
       beide korttermyn- en langtermyndoelwitte. Haar korttermyndoel was om
       plaaslike mededingers en bruto verkope te ontgroei. Sy het geweet sy sou
       uiteindelik meeding met miljoen ander reuse, maar eers moes sy haar
       sterkpunte en swakpunte ondersoek.

       Markmededinging kan ŉ slagveld skep en haar doel was om die oorlog te
       wen. Hierdie denkwyse mag omstrede wees, maar baie besighede het
       misluk omdat hulle nie op hul mededingers se foute gekapitaliseer het nie.
       Zilungile het haar besigheid onderskei deur: ontleding van die bedryf, beter
       as die kompetisie te doen, op kliëntediens te fokus, advertensies, pro-aktief
       te wees, om maar ŉ paar te noem.

                                                        [Aangepas van die Internet, 2013]

       4.3.1    In watter tipe markstruktuur is Zilungile se besigheid?                         (2)

       4.3.2    Watter ekonomiese konsep kan jy in ooreenstemming bring met die
                manier waarop Zilungile haar besigheid onderskei?                               (2)

       4.3.3    Wat, na jou mening, word bedoel met die skuinsgedrukte sin?                     (2)

       4.3.4    Verduidelik die korttermyn van ŉ besigheid.                                     (4)

 4.4   Onderskei tussen stagflasie en hiperinflasie.                             (2 x 4)        (8)

 4.5   Verduidelik enige TWEE besluitnemingkriteria van koste-voordeel-
       ontleding.                                                                (2 x 4)        (8)
                                                                                               [40]

                                                            TOTAAL AFDELING B:                  80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                  EKONOMIE V2                                             11

 AFDELING C

 Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 Jou antwoord sal as volg geassesseer word:

 STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                   PUNTETOEKENNING
 Inleiding                                                       Maks. 2
 Inhoud
   Hoofgedeelte: Bespreek/Onderskei/                              Maks. 26
                  Differensieer/Verduidelik/Ontleed/
                  Evalueer/Assesseer
  Addisionele    Gebruik/Skets/Teken ŉ                            Maks. 10
      gedeelte:   grafiek/diagram/Lei af…/Sit uit
                  een/Verduidelik kortliks/Brei uit
                  op…/Gee jou eie mening
 Slot                                                               Maks. 2
 TOTAAL                                                               40

 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                  40 PUNTE – 35 MINUTE

 “ŉ Oligopolie word gekenmerk deur ŉ hoë mate van interafhanklikheid tussen
 ondernemings.”

 In die lig van bogenoemde stelling verduidelik ander kenmerke van ŉ oligopolie
 en beskryf kortliks die implikasie van ŉ geknakte vraagkurwe.                          [40]

 VRAAG 6: INFLASIE                                        40 PUNTE – 35 MINUTE

 “Suid-Afrika moet voortgaan om toekomsgerigte inflasieteikens te gebruik om die
 huidige inflasiedruk te hanteer.”

 Bespreek duidelik die oorsake van beide vraag-trek inflasie en koste-druk inflasie.
 Verduidelik hoe ŉ hoë inflasiekoers deur ŉ verandering in die repokoers
 verminder kan word.                                                                    [40]

                                                           TOTAAL AFDELING C:            40
                                                               GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-afrikaans/40b8038d-eb89-4d3e-86b1-b75479d96047) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR 12 SEPT2014 ENG](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr-12-sept2014-eng/1843478e-2caf-42f7-8958-2e260cc3449c) — Economics · Memo · 2014 · Eng
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/5e40d41d-6537-4b4d-9803-062fd519c72e) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — Economics · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
