# Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape June Exam 2023 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-grade-12-june-2023-afrikaans/14e460bc-51e9-4a72-a70e-bc549012de25
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-grade-12-june-2023-afrikaans/14e460bc-51e9-4a72-a70e-bc549012de25)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIORSERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                              JUNIE 2023

                          EKONOMIE V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  EKONOMIE V2                             (EC/JUNIE 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

      •     AFDELING A: VERPLIGTEND
      •     AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
      •     AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal
      NIE nagesien word nie.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
      hierdie vraestel gebruik word.

4.    Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

5.    Lees die vrae aandagtig deur.

6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud
      en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
      voldoen.

9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                           EKONOMIE V2                                      3

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                  30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1     Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

        1.1.1     Daar word gesê dat ŉ besigheid wat by markpryse hou, onder ...
                  marktoestande werk.

                  A     onvolmaakte
                  B     volmaakte
                  C     mislukte
                  D     nywerheids-

        1.1.2     Die sluitingspunt in ŉ vryemark-mededingende firma vind plaas
                  wanneer ...

                  A     GI = MI.
                  B     MI > MK.
                  C     GI = GVK.
                  D     MI < MK.

        1.1.3     ŉ Kunsmatige mark word deur ... veroorsaak.

                  A     regsbeperkings
                  B     tegniese meerderwaardigheid
                  C     die aard van die produk
                  D     ŉ kombinasie van groot besighede

        1.1.4     Monopolistiese mededinging verskil van monopolie as gevolg van ...

                  A     afwaartse skuins vraagkurwe van links na regs.
                  B     die MI-kurwe wat onder die GI-kurwe lê.
                  C     gratis toegang tot die mark.
                  D     die vraagkurwe wat dieselfde as die GI-kurwe is.

        1.1.5     Markmislukking word deur … veroorsaak.

                  A     staatsbesteding op meriete goedere
                  B     ongelyke verdeling van rykdom en inkomste
                  C     direkte buitelandse belegging
                  D     verbeterde infrastruktuur

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   EKONOMIE V2                               (EC/JUNIE 2023)

       1.1.6 Nie-prys kompetisie is op ... gemik.

               A      onderskeid tussen die verskillende tipes samespanning
               B      vermindering van kompetisie
               C      verhoogde prysbeheer
               D      die bou van verbruikerslojaliteit

       1.1.7 Koste of voordele wat gedra of geniet word deur partye wat nie by
             die transaksie betrokke is nie, word na as ... verwys.

               A      eksternaliteite
               B      implisiete koste
               C      eksplisiete koste
               D      interne voordele

       1.1.8 ŉ Mark waar kopers en verkopers ontmoet om die uitruil van
             onwettige goedere te onderhandel, staan as ŉ ... bekend.

               A      volmaakte mark
               B      onvolmaakte mark
               C      swartmark
               D      sentrale mark                                         (8 x 2)     (16)

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                         EKONOMIE V2                                     5

1.2     Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ item in KOLOM A pas. Skryf slegs
        die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.8) in die
        ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

               KOLOM A                              KOLOM B
        1.2.1 Voordeel koste        A    Produkte wat effens in fisiese voorkoms,
              verhouding                 verpakking, diens en/of handelsname
                                         verskil

        1.2.2 Mededingings-         B    Die markprys is nie ŉ suiwer
              tribunaal                  weerspieëling van die skaarsheid van
                                         daardie produk nie

        1.2.3 Aanbodkurwe           C    Die verbruik van ŉ produk deur een
                                         persoon, maar nie verhoed dat ander dit
                                         geniet nie

        1.2.4 Produktiewe           D    ŉ Korttermyn-tempo van uitset en
              doeltreffendheid           verkope waarteen ŉ verskaffer genoeg
                                         inkomste genereer om vaste en
                                         veranderlike koste te dek

        1.2.5 Nie-mededinging       E    Aanwyser wat die verband tussen die
                                         relatiewe koste en voordele van ŉ
                                         voorgestelde projek toon

        1.2.6 Gedifferensieerde     F    ŉ Wetlike liggaam wat die ondersoek en
              produkte                   aanbevelings van die mededingings-
                                         kommissie aanvaar of verwerp

        1.2.7 Gelykbreekpunt        G    Hulpbronne word gepas gebruik om die
                                         maksimum aantal goedere teen die
                                         laagste koste en beste gehalte te
                                         produseer

        1.2.8 Onvolmaakte mark      H    ŉ Skedule wat verskeie pryse van ŉ
                                         produk en spesifieke hoeveelhede
                                         verskaf, aandui

                                    I    Dui aan dat pryse styg namate meer
                                         goedere en dienste gelewer word.
                                                                          (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 EKONOMIE V2                                (EC/JUNIE 2023)

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
      langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
      Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

      1.3.1    Markdeelnemers (kopers en verkopers) het volledige en korrekte
               inligting oor marktoestande

      1.3.2    ŉ Situasie waar dit onmoontlik is om die toewysing van hulpbronne
               te verander op maniere wat sommige mense beter af sal laat,
               sonder om iemand slegter daaraan toe te maak

      1.3.3    Die som van betalings wat die onderneming ontvang uit die
               verkoop van sy uitset

      1.3.4    ŉ Situasie waar een firma die prys vasstel en die ander firmas dit
               as markprys aanvaar

      1.3.5    Vermindering van alle toekomstige voordele en koste om dit as
               huidige waardes uit te druk

      1.3.6    ŉ Bedryf wat deur twee produsente beheer word               (6 x 1)       (6)

                                                        TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                                    EKONOMIE V2                                              7

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE                 van    die   drie   vrae    uit   hierdie       afdeling   in   jou
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                                 40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1     Beantwoord die volgende vrae.

        2.1.1      Noem enige TWEE voorbeelde van veranderlike koste.                                       (2)

        2.1.2      Waarom is dit nodig om kostevoordeel-ontleding toe te pas?                               (2)

2.2     Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                MONOPOLISTIESE KOMPETISIE

        Anders as volmaakte mededinging, het monopolistiese mededingende firmas
        produkte wat nie perfekte plaasvervangers is nie. Verbruikers het duidelik
        gedefinieerde voorkeure en verkopers probeer om hul produkte van dié van
        mededingers te onderskei. Op kort termyn kan die monopolisties mededingende
        hotel die heterogeniteit van sy handelsmerk uitbuit om positiewe ekonomiese
        wins te behaal.
        Daar is ŉ verskeidenheid hotelopsies beskikbaar wat verskeie geriewe bied van
        konferensiekamers tot skoonheidsalonne, elke hotel bied iets unieks aan.

                  [Bron: hotelnewsresource.com/article3232,html. Toegang op 12 Februarie 2023 verkry.]

        2.2.1      Noem enige EEN manier waarop die bogenoemde hotelle hul produk
                   kan onderskei.                                                                               (1)

        2.2.2      Watter soort winste word op die lang termyn deur ŉ monopolistiese
                   mededinger gemaak?                                                                           (1)

        2.2.3      Omskryf die begrip monopolistiese mededinging.                                               (2)

        2.2.4      Verduidelik kortliks produkdifferensiasie              as      ŉ     kenmerk       van
                   monopolistiese mededinging.                                                                  (2)

        2.2.5      Hoekom sal eienaars van hierdie hotelle op die lang termyn nie
                   ekonomiese wins kan maak nie?                                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                      EKONOMIE V2                                (EC/JUNIE 2023)

2.3   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           MARK A                            MARK B

      Prys/              V                    Prys/GK
      GK                                                                               LGK
                                   A                                MK1
                                               A1                    GK1                    GI
           p                                         p       e
                                                                                            MI
                                                     a          b             mk1
                                                                              gk2
          p1                                         p1
                   A
                             A1          V

               0              H     H1 Hoeveelheid 0        H         H1     Hoeveelheid

      2.3.1        Identifiseer ekonomiese wins vanuit MARK B.                                       (1)

      2.3.2        Watter kurwe dui ŉ toename van nuwe toetreders aan?                               (1)

      2.3.3        Omskryf die begrip mark.                                                          (2)

      2.3.4        Verduidelik die rol van die Mededingingskommissie.                                (2)

      2.3.5        Hoekom is die LGK-kromme, u-vormig?                                               (4)

2.4   Verduidelik met behulp van ŉ diagram die implikasie van negatiewe
      eksternaliteite.                                                                               (8)

2.5   Hoe kan ŉ besigheid verhoed om die afsluitpunt te bereik?                                      (8)
                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                             EKONOMIE V2                                      9

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1     Beantwoord die volgende vrae.

        3.1.1     Noem enige TWEE doelwitte van die mededingingsbeleid.                      (2)

        3.1.2     Waarom neig die vraagkurwe van ŉ monopolis afwaarts van links na
                  regs?                                                                      (2)

3.2     Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         SA MEDEDINGINGSKOMMISSIE VERVOLG BANKE VIR SAMENSTAND

        Die Mededingingskommissie van Suid-Afrika het ŉ saak van samespanning na
        die Tribunaal vir vervolging teen die Bank van Amerika, Merlin Lynch
        Internasionaal, Beperk Invest Bpk. verwys. Standard Bank van South Africa
        Beperk, ABSA Bank Beperk en Barclays Bank. Die kommissie ondersoek
        sedert April 2015 ŉ saak van prysvasstelling en marktoewysing in die
        verhandeling van buitelandse valuta-pare waarby die Rand betrokke is. Dit het
        nou die saak na die Tribunaal vir vervolging verwys. Die kompetisie vra ŉ bevel
        van die Tribunaal wat verklaar dat die respondente die Wet oortree het. Verder
        soek die Kommissie ŉ bevel wat verklaar dat hierdie banke aanspreeklik moet
        wees vir die betaling van administratiewe boetes gelykstaande aan 10% van
        hul jaarlikse omset.
                                                                  [Bron: www.google.com]

         3.2.1    Noem enige EEN tipe samespanning.                                          (1)

         3.2.2    Noem EEN kompetisie-instansie wat nie in bogenoemde uittreksel
                  genoem is nie.                                                             (1)

         3.2.3    Omskryf die begrip samespanning.                                           (2)

         3.2.4    Verduidelik nie-prys mededinging in ŉ oligopoliemark.                      (2)

         3.2.5    Hoekom sal banke dikwels saamspan hoewel dit onwettig in Suid-
                  Afrika is?                                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                EKONOMIE V2                                 (EC/JUNIE 2023)

3.3   Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       MONOPOLIE
                                          GK

      Prys/inkomste
      koste                          MK
              100

              80                                  GVK

                                MI                V/GI

                    0      50                                  Hoeveelheid

      3.3.1    Identifiseer ŉ kromme wat vir die bepaling van prys noodsaaklik is.              (1)

      3.3.2    Watter soort produkte word deur ŉ monopolie vervaardig?                          (1)

      3.3.3    Omskryf die begrip marginale inkomste (MI).                                      (2)

      3.3.4    Waarom is monopolieë in staat om ekonomiese winste op die
               langtermyn te maak?                                                              (2)

      3.3.5    Bereken wins/verlies vanaf die bostaande grafiek. Toon ALLE
               berekeninge.                                                                     (4)

3.4   Verduidelik onvolmaakte mededinging en onbeweeglikheid van produksie-
      faktore as oorsake van markmislukking.                                                    (8)

3.5   Waarom ervaar monopolieë verliese as die enigste produsent in die mark?               (8)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                                EKONOMIE V2                                    11

VRAAG 4:          MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
                  KWESSIES
                                                  40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1     Beantwoord die volgende vrae.

        4.1.1      Noem enige TWEE voorbeelde van openbare goedere.                                 (2)

        4.1.2      Waarom moet ŉ besigheid op die kinkel van die geknikte kromme
                   produseer?                                                                       (2)

4.2     Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                         NORMALE WINS
                    MAATSKAPPY A    MAATSKAPPY B      MAATSKAPPY C     MAATSKAPPY D MAATSKAPPY E
Totale                 235 650          245 698             260 500      285 440        269 788
Inkomste
Vaste koste            45 200           35 800              39 850       41 740           38 260
Veranderlike           94 520           68 477              125 630      143 700          82 650
koste
Geleentheids-         100 000           100 000             100 000      100 000        100 000
koste
Totale koste           239 720          204 277             265 480      285 440        220 910
Wins/verlies            (4 070)          41 421              (4 980)        0            48 878

        4.2.1      Identifiseer ŉ maatskappy wat die meeste wins, uit die tabel hierbo,
                   maak.                                                                            (1)

        4.2.2      Watter van die bogenoemde maatskappye toon normale wins?                         (1)

        4.2.3      Omskryf die begrip normale wins.                                                 (2)

        4.2.4      Verduidelik kortliks implisiete koste.                                           (2)

        4.2.5      Waarom is dit nodig om geleentheidskoste in ag te neem wanneer
                   wins bereken word?                                                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                    EKONOMIE V2                                    (EC/JUNIE 2023)

 4.3    Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                         EKSTERNALITEITE

                                     Die regering kan poog om die verbruik van nie-
                                     merietegoedere deur oorreding te verminder.
                                     Dit sal waarskynlik bereik word deur negatiewe
                                     adverterings veldtogte, wat die gevare van
                                     drink en bestuur, dwelmmisbruik, ens.
                                     beklemtoon. Die doel is die teenoorgestelde
                                     van normale kommersiële advertensies,
                                     naamlik om die vraagkurwe van nie-meriete
        goedere na links te verskuif. ŉ Inkrimping van die vraag kan bewerkstellig
        word deur die oplegging van belasting op die nie-merietegoedere. Dit sal die
        effek hê dat die aanbodkurwe na links verskuif word.

         GEVAAR-KITSKOS MAAK DOOD

         Meriete en nie-merietegoedere

                          [Bron: www.sanandres.esc.edu.ar.Toegang op 12 Februarie 2023 verkry.]

        4.3.1        Identifiseer enige nie-merietegoedere uit bogenoemde uittreksel.                  (1)

        4.3.2        Watter tipe belasting kan op ŉ nie-merietegoed gehef word?                        (1)

        4.3.3        Beskryf die begrip negatiewe eksternaliteit.                                      (2)

        4.3.4        Verduidelik nie-mededinging as ŉ kenmerk van openbare goedere.                    (2)

        4.3.5        Hoekom word die verbruik van nie-merietegoedere ontmoedig?                        (4)

 4.4    Verduidelik die aard van die produk en beheer oor markaanbod en -prys in ŉ
        volmaakte mark.                                                                                (8)

 4.5    Hoe affekteer beurtkrag klein besighede?                                                   (8)
                                                                                                  [40]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:                 80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
    (EC/JUNIE 2023)                            EKONOMIE V2                                    13

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word.

                                                                              PUNTE-
                         STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                            TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ŉ laer-orde antwoord.
• ŉ Goeie beginpunt sal wees om die hoofbegrip wat met die
   vraagonderwerp te verband hou definieer.                                   Maks. 2
• Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie.
• Moenie enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal nie.
• Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte                                   Maks. 26
bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Differensieer/Verduidelik
Addisionele deel: Gee eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek wat gegee word
en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Vergelyk/Verduidelik/      Maks. 10
Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Stel voor
Afsluiting
Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:
• ŉ Kort opsomming van wat bespreek is sonder om die feite wat reeds
    genoem is te herhaal
• Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is                Maks. 2
• Bykomende ondersteunings inligting om die bespreking/analise te
    versterk
• ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                          40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                          40 PUNTE – 40 MINUTE

•      Bespreek die monopolie in detail sonder die hulp van grafieke.         (26 punte)
•      Hoe dra ŉ monopolie tot markmislukking by?                             (10 punte)      [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE

•      Met die behulp van grafieke bespreek staatsinmenging as ŉ gevolg van
       markmislukking in detail onder die volgende subopskrifte:
       o Minimum lone
       o Maksimum pryse
       o Produsentesubsidie                                              (26 punte)
•      Wat kan die regering doen om die negatiewe uitwerking van minimum
       lone te verminder?                                                (10 punte)           [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:          40
                                                                       GROOTTOTAAL:           150

    Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-june-2023-afrikaans/3493f088-0531-43e0-b777-da84a7b24ab5) — Economics · Memo · 2023 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b) — Economics · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
