# Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-2019-afrikaans/433d0749-ec76-4f7a-b577-fdb825671dd7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-2019-afrikaans/433d0749-ec76-4f7a-b577-fdb825671dd7)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                 SENIOR SERTIFIKAAT

                       GRAAD 12

                  SEPTEMBER 2019

                     EKONOMIE V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

2                                      EKONOMIE V2                    (EC/SEPTEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Beantwoord VIER vrae as volg in die ANTWOORDEBOEK:

           AFDELING A: VERPLIGTEND
           AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
           AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.   Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE.

 3.   Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik word.

 4.   Skryf die vraagnommer op elke antwoord neer.

 5.   Lees die vrae sorgvuldig deur.

 6.   Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 7.   Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

 8.   Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

 9.   Gebruik slegs swart of blou ink.

 10. Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2019)                       EKONOMIE V2                                     3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1                                                  30 PUNTE – 20 MINUTE

 1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
       (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.1.9 D.

       1.1.1    Die elemente van ’n mark-… sluit die aantal verkopers, aard van die
                produk en die omvang van differensiasie in.

                A     krag
                B     struktuur
                C     stelsel
                D     ewewig

       1.1.2    ’n … monopolie kom voor waar ’n enkele onderneming
                vervaardigingsmetodes, om sekere produkte te produseer, beheer.

                A     Geografiese
                B     Tegniese
                C     Kunsmatige
                D     Staatsbeheerde

       1.1.3    In ’n oligopolie beïnvloed een onderneming se optrede die besluite
                van ander mededingende ondernemings, wat beteken dat hierdie
                ondernemings ... is.

                A     uniek
                B     kragtig
                C     interafhanklik
                D     spesiaal

       1.1.4    Produsente maak gebruik van … om hul produkte aantreklik vir
                verbruikers te maak.

                A     verpakking
                B     pryse
                C     handelsmerke
                D     dienste

       1.1.5    Die staat kan ’n beduidende rol in volhoubare omgewingsonderhoud
                deur … speel.

                A     bemarking
                B     eksternaliteite
                C     uitvoere
                D     belasting

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

4                                       EKONOMIE V2                       (EC/SEPTEMBER 2019)

       1.1.6 VPIX is die inflasiekoers wat rentekoerse op ... uitsluit.

               A     munisipale effekte
               B     tesourie-effekte
               C     staatseffekte
               D     verbande

       1.1.7 Mense wat deur Suid-Afrika reis om by ’n ander land uit te kom,
             word ... toeriste genoem.

               A     uitgaande
               B     inkomende
               C     reisende
               D     binnelandse

       1.1.8 Beperkte hulpbronne staan ook as ... hulpbronne bekend.

               A     nie-hernieubare
               B     hernieubare
               C     nie-uitgeputte
               D     onbeperkte                                                  (8 x 2)   (16)
 1.2   Kies ŉ omskrywing uit KOLOM B wat by ŉ begrip in KOLOM A pas. Skryf
       slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 K.

             KOLOM A                                    KOLOM B
       1.2.1 Markprys               A     het ’n hibriede struktuur

       1.2.2 Ekonomiese wins        B     bereken deur verdiskontering van alle
                                          huidige en toekomstige inkome en
                                          uitgawes

       1.2.3 Geleentheidskoste      C     bepaal deur die interaksie tussen vraag
                                          en aanbod

       1.2.4 Monopolistiese         D     tradisionele manier van dinge doen wat
             mededingende                 eie aan ’n gegewe kultuur is

       1.2.5 Inheemse Kennis        E     addisionele vergoeding vir
             Stelsel                      entrepreneurskap

       1.2.6 Implisiete BBP         F     wanneer hitte in die CO2-laag in die
             deflator                     atmosfeer vasgevang word

       1.2.7 Kulturele toerisme     G     gebruik om allesomvattende inflasie te
                                          bereken

       1.2.8 Kweekhuiseffek         H     besoek aan kunsgalerye, museums,
                                          argeologiese gebiede, ens.

                                    I     die waarde van wat jy moet opoffer om
                                          iets anders te kies
                                                                             (8 x 1)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2019)                        EKONOMIE V2                                        5

 1.3 Gee EEN begrip vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die begrip
     langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
     Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

       1.3.1    Die werklike koste wat ’n besigheid aangaan in die uitvoer van ’n
                aktiwiteit, bv. salarisse, lone, grondstowwe, ens.

       1.3.2    Die periode waartydens alle produksiefaktore veranderlik is

       1.3.3    Die koste of voordeel van ’n transaksie wat ekonomiese agente raak,
                wat nie direk betrokke by die transaksie is nie

       1.3.4    ’n Aanhoudende daling in die algemene pryse van goedere en dienste

       1.3.5    ’n Baken of gebied wat deur die Verenigde Nasies gekies word as ’n plek
                met beduidende kulturele, historiese of ander belang

       1.3.6    Die verskeidenheid plant- en dierelewe in ’n spesifieke habitat (6 x 1)       (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

6                                                     EKONOMIE V2                        (EC/SEPTEMBER 2019)

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MIKROEKONOMIE                                                     40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1 Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1                  Gee TWEE voorbeelde van veranderlike koste.                                   (2)

      2.1.2                  Hoekom is individuele mark deelnemers in ’n volmaakte mark
                             onbeduidend tot die mark as ’n geheel?                                        (2)

 2.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                                                      MONOPOLIE
                                                                                 GRAFIEK 1
                                                           MK

                             100

         Prys/inkome/koste
                              50

                                                      MI                A
                               0                                              Hoeveelheid

                                                                                    GRAFIEK 2

                                                                      TI
                               0                                                 Hoeveelheid
                                                 40        60

      2.2.1                  Voorsien ’n gepaste byskrif vir kurwe A.                                      (1)

      2.2.2                  Wat is die verkoopprys vir bostaande onderneming?                             (1)

      2.2.3                  Omskryf die begrip monopolie kortliks.                                        (2)

      2.2.4                  Verduidelik ’n rede vir die vorm van die totale inkomste kurwe.               (2)

      2.2.5                  Teken Grafiek 1 oor in jou ANTWOORDEBOEK en toon hoe die
                             monopolie ekonomiese wins sal realiseer.                                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2019)                        EKONOMIE V2                                        7

 2.3 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

           MEDEDINGINGSBELEID EN SEKTORSPESIFIEKE REGULASIES

       Mededingingsbeleid en regulasie word dikwels beskou as twee belangrike en
       interafhanklike areas van regulerende beleid.

       Die beleide is ontwerp om swak punte in die markstelsel uit te wys. As dit
       doeltreffend en komplementêr tot mekaar aangewend word, kan beide
       mededingingsbeleid en regulasie ’n rol speel in die verbetering van die
       kwaliteit van regulasie en die gevolglike skep van mededingende markte.

       Die beleid maak gebruik van drie owerhede; die Mededingingskommissie,
       Mededingingstribunaal en die Mededinging Appèlhof.

                                                           [Aangepas uit www.law.ufi.edu]

       2.3.1    Noem die markstruktuur wat tot die implementering van ŉ
                mededingingsbeleid gelei het.                                                (1)

       2.3.2    Watter instelling verskaf finale besluite wanneer partye ontevrede is
                met die beslissings van die Mededingingstribunaal?                           (1)

       2.3.3    Beskryf kortliks die begrip regulering in ekonomie.                          (2)

       2.3.4    Wat is die rol van die Mededingingskommissie?                                (2)

       2.3.5    Waarom is dit belangrik vir die Suid-Afrikaanse regering om
                mededinging tussen besighede te beheer?                          (2 x 2)     (4)

 2.4 Verduidelik kortliks toetrede en volledige kennis, as kenmerke van ’n
     volmaakte mededinger.                                                 (2 x 4)           (8)

 2.5 Watter positiewe impak sal ’n toename in elektrisiteitsverskaffers op Suid-
     Afrika hê?                                                                              (8)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

8                                     EKONOMIE V2                              (EC/SEPTEMBER 2019)

 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

 3.1   Beantwoord die volgende vrae.

       3.1.1   Noem enige TWEE negatiewe uitwerkings van toerisme.                               (2)

       3.1.2   Hoekom is die bewaring van natuurlike hulpbronne belangrik?                       (2)

 3.2   Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

       SYFERS VAN MEES ONLANGSE DAG- EN OORNAGREISE BINNE SUID-
                     AFRIKA: JANUARIE – JUNIE 2018

                                        TOTAL AANTAL REISE (‘000)
         SOORT REIS                    KWARTAAL 1     KWARTAAL 2
         Dagreis in SA                    3 825           4 284
         Oornagreis in SA                 6 300           6 351

       Die aantal mees onlangse reise het van 4,0 miljoen na 4,3 miljoen tussen die
       twee kwartale van 2018 toegeneem. Die aantal mees onlangse oornagreise
       het ietwat van 6,3 miljoen in Kwartaal 1 tot 6,4 miljoen in Kwartaal 2 gestyg.

                                                           [Aangepas uit StatsSA survey 2018]

       3.2.1   Noem die ekonomiese sektor wat deur toerisme voorgestel word.                     (1)

       3.2.2   Watter soort toerisme word in bogenoemde data voorgestel?                         (1)

       3.2.3   Verduidelik die begrip toerisme kortliks.                                         (2)

       3.2.4   Verduidelik ’n rede vir die groei van buitelandse toerisme in
               Suid-Afrika.                                                                      (2)

       3.2.5   Hoe kan toerisme armoede in landelike gebiede verlig?                 (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2019)                        EKONOMIE V2                                            9

 3.3   Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

            Wanneer daar te veel kweekhuisgasse is, begin aardverwarming en
                            klimaatsverandering voor te kom.

                                               [Aangepas uit https://www.pinterest.co.uk/pin]

       3.3.1    Noem die organisasie wat ’n aantal ooreenkomste rakende die
                vernietiging van giftige chemiese afval gefasiliteer het.                        (1)

       3.3.2    Wat kan die oorsaak van aardverwarming wees?                                     (1)

       3.3.3    Beskryf die begrip klimaatsverandering kortliks.                                 (2)

       3.3.4    Hoekom voorsien die regering omgewingsubsidies aan
                ondernemings?                                                                    (2)

       3.3.5    Hoe word boere deur suurreën beïnvloed?                                          (4)

 3.4   Verduidelik kortliks die ekonomiese voordele van toerisme vir die regering.               (8)

 3.5   Hoe kan omgewingsdegradering voorkom word?                                                (8)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

10                                       EKONOMIE V2                             (EC/SEPTEMBER 2019)

 VRAAG 4:      MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
               KWESSIES                      40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1   Beantwoord die volgende vrae.

       4.1.1   Noem enige TWEE belangrike internasionale protokolle en
               ooreenkomste oor volhoubare ontwikkeling.                                           (2)

       4.1.2   Hoe word verbruikers deur maksimum pryse beïnvloed?                                 (2)

 4.2   Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                      OLIGOPOLIE: SELFOONDIENSNYWERHEID

                                                   ’n Verslag volg data na en toon dat
                                                   Vodacom aan die voorpunt van die
                                                   groep is. Vodacom het homself nou
                                                   as die dominante Suid-Afrikaanse
                                                   selfoonoperateur gevestig, wat sy
                                                   mededingers hakskene wys in al
                                                   die nasionale spoed en ander
                                                   kategorieë.

                     [Aangepas uit https://mybroadband.co.za/newstaff Writer, 7 September 2018]

       4.2.1   Wat is die aard van die diens wat deur bostaande ondernemings
               aangebied word?                                                                     (1)

       4.2.2   Hoe lyk die vorm van die vraagkurwe van die oligopolie?                             (1)

       4.2.3   Verduidelik kortliks die begrip oligopolie.                                         (2)

       4.2.4   Wat beteken dit vir Vodacom om ŉ dominante onderneming te wees?                     (2)

       4.2.5   Hoe word oligopoliemededingers deur samespanning bevoordeel?                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2019)                        EKONOMIE V2                                        11

 4.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

               DIE WÊRELD NEEM ‘DAG VIR BEDREIGDE SPESIES’ WAAR

       In Suid-Afrika, in ag genome sy ryk
       natuurlike herkoms, behoort hierdie
       dag te dien as ’n viering, maar die
       toekoms van baie van die mees
       ikoniese wesens hang in die
       weegskaal en tyd loop uit om hulle te
       red.

                               [Aangepas uit https://www.endangeredspecieslawandpolicy.com]

       4.3.1    Wat word die groep diere in bostaande foto genoem?                             (1)

       4.3.2    Watter internasionale verdrag het met bedreigde spesies te make?               (1)

       4.3.3    Beskryf kortliks die begrip bedreigde spesies.                                 (2)

       4.3.4    Hoe kan onderwys aangewend word as ’n maatreël om
                volhoubaarheid te verseker?                                                    (2)

       4.3.5    Hoekom is die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte nie bereik nie?                (4)

 4.4 Met behulp van ’n grafiek met volledige byskrifte, verduidelik ekonomiese
     verlies in ’n volmaakte mark.                                                             (8)

 4.5 Ondersoek die sukses van bemarking as ’n strategie om toerisme in
     Suid-Afrika te bevorder.                                                                  (8)
                                                                                              [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

12                                      EKONOMIE V2                             (EC/SEPTEMBER 2019)

 AFDELING C

 Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
 Maak seker dat antwoorde die struktuur wat hieronder aangedui word, volg sodat
 die maksimum aantal punte behaal kan word.

                        STRUKTUUR VAN OPSTEL                                         PUNTE
                                                                                   TOEKENNING
 Inleiding
 Die inleiding is ’n laerorde-antwoord.
     ŉ Goeie begin sal wees om die begrip of sleutelwoord wat in die vraag
     gebruik word, te definieer.                                                       Maks. 2
     Moenie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding insluit nie.
     Moenie enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud herhaal nie.
     Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die inhoud gaan bespreek.
 Inhoud
 Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek             Maks. 26
 krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik

 Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
 krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en
 verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/
 Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle                        Maks. 10
 Slot
 Enige toepaslike hoërorde-slot wat die volgende behoort in te sluit:
     ŉ Kort samevatting van wat bespreek is/ontleed sonder om reeds
     genoemde feite, in die inhoud, te herhaal
     ŉ Mening of gewaardeerde oordeel oor die bespreekte feite                         Maks. 2
     Addisionele ondersteunende inligting om bespreking te versterk/ontleding
     ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis
     Aanbeveling
 TOTAAL                                                                                   40

 VRAAG 5: MIKROEKONOMIE                                        40 PUNTE – 40 MINUTE

     Bespreek die oorsake van markmislukking in detail deur op die volgende te fokus:
     - Ontbrekende/onvolledige markte
     - Gebrek aan inligting                                               (26 punte)
     Evalueer die sukses van staatsinmenging in markte ten opsigte van die
     verspreiding van rykdom.                                             (10 punte)            [40]

 VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                         40 PUNTE – 40 MINUTE

      Ondersoek die oorsaak van kostedruk-inflasie in detail.                    (26 punte)
      Hoe doeltreffend is rentekoerse om inflasie te bekamp sedert die
      bekendstelling van inflasieteikens?                                        (10 punte)     [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:               40
                                                                    GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-afrikaans/40b8038d-eb89-4d3e-86b1-b75479d96047) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/5e40d41d-6537-4b4d-9803-062fd519c72e) — Economics · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
