# Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-afrikaans/40b8038d-eb89-4d3e-86b1-b75479d96047
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-afrikaans/40b8038d-eb89-4d3e-86b1-b75479d96047)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2018

                          EKONOMIE V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                              *ECONA2*

                     Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    EKONOMIE V2                      (EC/SEPTEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Beantwoord VIER vrae as volg in die ANTWOORDEBOEK:

         •   AFDELING A: VERPLIGTEND
         •   AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         •   AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
        hierdie vraestel gebruik word.

 3.     Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

 4.     Lees die vrae sorgvuldig deur en begin elke vraag boaan ŉ NUWE
        bladsy.

 5.     Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

 6.     Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg, inhoud en
        konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
        voldoen.

 7.     Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal
        NIE nagesien word NIE.

 8.     Gebruik slegs swart of blou ink.

 9.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai asseblief om

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                        EKONOMIE V2                                   3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1                                                    30 PUNTE – 20 MINUTE

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) neer, kies die korrekte antwoord en
        maak ‘n kruis oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK,
        byvoorbeeld 1.1.9 D.

        1.1.1    ŉ Volmaak mededingende besigheid maak ŉ verlies oor die
                 korttermyn indien …

                 A      P = GK.
                 B      P > GK.
                 C      P < GK.
                 D      P > GVK.

        1.1.2    Die vraagkurwe van ŉ oligopolie …

                 A      is horisontaal.
                 B      is vertikaal.
                 C      is geknak.
                 D      hel opwaarts.

        1.1.3    Verbruikers neem nie rasionele besluite nie as gevolg van …

                 A      ŉ gebrek aan inligting.
                 B      tegnologiese verbeteringe.
                 C      ŉ styging in inkome.
                 D      ŉ daling in die rentekoers.

        1.1.4    Stagflasie toon die gelyktydige bestaan van hoë inflasiekoerse en ...

                 A      hoë groei.
                 B      lae werkloosheid.
                 C      hoë werkloosheid.
                 D      lae groei en hoë werkloosheid.

        1.1.5    Suid-Afrika se inheemse uniekheid word weerspieël deur …

                 A      die Vredefort Koepel.
                 B      die Isimangaliso-vleilandpark.
                 C      Robben-eiland.
                 D      Mapungubwe.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai asseblief om

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                       EKONOMIE V2                       (EC/SEPTEMBER 2018)

      1.1.6    Hulpbronne wat uitgewis mag word indien dit nie goed bestuur word nie,
               staan as … hulpbronne bekend.

               A      hernieubare
               B      nie-hernieubare
               C      natuurlike
               D      oneindige

      1.1.7    Indien die rand depresieer, sal pryse en inflasie …

               A      daal.
               B      onveranderd bly.
               C      toeneem.
               D      krimp.

      1.1.8    In ŉ monopolie is die vraagkurwe gelyk aan die…

               A      marginale inkome.
               B      gemiddelde inkome.
               C      gemiddelde koste.
               D      marginale koste.                                              (8 x 2)       (16)

1.2   Kies ŉ omskrywing in KOLOM B wat pas by ŉ begrip in KOLOM A. Skryf slegs die
      letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                 KOLOM A                                     KOLOM B
      1.2.1    Bemarkbare permitte          A   ondersoek en evalueer beperkende
                                                besigheidspraktyke

      1.2.2    Pareto-doeltreffendheid      B   verander met veranderinge in produksie

      1.2.3    Tafelberg                    C direkte regulering van ŉ nywerheid deur
                                              middel van wette wat voorskryf wat wettig
                                              en toelaatbaar is

      1.2.4    Veranderlike kostes          D lisensie om tot ŉ sekere mate te besoedel

      1.2.5    Agenda 21                    E   hulpbronne word sodanig toegeken dat
                                                een party voordeel trek tot nadeel van die
                                                ander

      1.2.6    Versonke kostes              F   ŉ wêrelderfenisgebied

      1.2.7    Bevel en Beheer              G kan nie opgespoor word wanneer
                                              besighede uit die industrie uittree nie

      1.2.8    Mededingingskommissie        H addisionele winste

                                            I   maksimum toelaatbare vlak van
                                                gasuitlatings
                                                                                     (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                       EKONOMIE V2                                   5

 1.3    Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
        langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

        1.3.1    Kostes styg as produksie styg

        1.3.2    Aktiwiteite van toeriste wat museums en kunsgalerye besoek

        1.3.3    ‘n Aanhoudende daling in die algemene prysvlak

        1.3.4    Hou hulpbronne vir toekomstige geslagte in stand

        1.3.5    Koste en voordele aan derde partye wat nie in die markprys ingesluit
                 is nie

        1.3.6    ŉ Markstruktuur waar besighede baie mededingers het, maar elkeen
                 verkoop ŉ effens verskillende produk                      (6 x 1)      (6)

                                                            TOTAAL AFDELING A:          30

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai asseblief om

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                                              EKONOMIE V2                                              (EC/SEPTEMBER 2018)

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                                                  40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1    Beantwoord die volgende vrae.

       2.1.1       Noem enige TWEE metodes van nie-prysmededinging by
                   monopolistiese mededinging.                                                                   (2 x 1)    (2)

       2.1.2       Waarom span besighede saam in ŉ oligopolistiese mark?                                         (1 x 2)    (2)

2.2    Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

        Prys                                A

                                                        Prys /Inkome/Kostes
                   V                                                                               MK

                                                                                                          GK
                                                                                          A
         10                      E                                            10                        VV=GI=MI

                                                                              8
                                                                                               B
                                        V
                   A

               0             Q       Hoeveelheid                                   0      20             Hoeveelheid

                            INDUSTRIE                                                  INDIVIDUELE ONDERNEMING

       2.2.1       Identifiseer die ewewigspunt van bogenoemde individuele besigheid.                                          (1)

       2.2.2       Watter tydsperiode word in die bostaande grafiek voorgestel?                                                (1)

       2.2.3       Wat is die rede vir die afwaarts hellende vraagkurwe in hierdie industrie?                                  (2)

       2.2.4       Waarom word daar na besighede in hierdie industrie as prysnemers
                   verwys?                                                                                                     (2)

       2.2.5       Hoe sal nuwe toetreders (besighede) die volmaakte mark beïnvloed?
                                                                                  (2 x 2)                                      (4)

 Kopiereg voorbehou                                                                                         Blaai asseblief om

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                           EKONOMIE V2                                           7

 2.3      Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

               OKOSA GEREED OM MULTICHOICE MONOPOLIE TE BREEK

          Die Onafhanklike Kommunikasie Owerheid van SA (Okosa) het ŉ ondersoek
          geloods na betaalde TV beeldsending en voorgestel dat Multichoice, onder
          andere, se monopolie op premium sportinhoud, beperk moet word.

          In die regstelling van herhalende mededingingskwessies, is inmenging
          voorgestel soos verkorte eksklusiewe kontrakte, ontbondeling en verdeling
          van regte.

          Die hoof uitvoerende beampte (HUB) van Naspers, ŉ filiaal van Multichoice,
          beskou dit as belaglik om weg te doen met eksklusiewe regte op sport-
          beeldsending, en beweer dat hulle vir elke speler asook vir die ligte by die
          stadium en vir sekere vertrekke betaal.

                                           [Aangepas uit http://digicastmagazine.com/2017/08/27]

          2.3.1       Noem EEN hindernis tot toetrede as ŉ monopolie.                               (1)

          2.3.2       Wat is die aard van produkte wat monopoliste verkoop?                         (1)

          2.3.3       Beskryf kortliks die begrip natuurlike monopolie.                             (2)

          2.3.4       Waarom sal dit nodig wees om Multichoice se monopolie te
                      verbreek?                                                                     (2)

          2.3.5       Hoe sal nie-meriete goedere tot markmislukking bydra?             (2 x 2)     (4)

 2.4      Met behulp van ŉ grafiek met volledige byskrifte, verduidelik die
          aanbodkurwe van ŉ besigheid in ŉ volmaakte mark.                                          (8)

 2.5      Evalueer die uitwerkings van monopolieë op ŉ ekonomie.                                    (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai asseblief om

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                       EKONOMIE V2                            (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

 3.1   Beantwoord die volgende vrae.

       3.1.1   Noem enige TWEE goedere waar pryse deur die regering
               geadministreer word.                                                (2 x 1)     (2)

       3.1.2   Waarom raak lande by ontbossing betrokke?                           (1 x 2 )    (2)

 3.2   Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                               VERBRUIKERSPRYSINDEKS

       ŉ Verbruikersprysindeks (VPI) meet verandering in die prysvlak van ŉ
       ‘mandjie’ met verbruiksgoedere en dienste wat deur huishoudings
       aangekoop word.

       Die VPI is ŉ statistiese beraming wat saamgestel word deur die pryse van
       verteenwoordigende items periodiek te versamel en te gebruik. Basiese data
       word wat benodig word om die VPI vas te stel is data aangaande pryse en
       gewigte.

       Die jaarlikse persentasieverandering in die VPI word gebruik om inflasie te
       meet.

                                                             [Bron: https/www.wkipedia.org]

       3.2.1    Noem enige voorbeeld van ŉ goed of diens waarop die VPI gebaseer
                word.                                                                          (1)

       3.2.2    Hoe word die verbruikersprysindeks (VPI) bereken?                              (1)

       3.2.3    Beskryf kortliks die begrip hiperinflasie.                                     (2)

       3.2.4    Verduidelik kortliks verbruiksbesteding as ŉ oorsaak van vraagtrek-
                inflasie.                                                                      (2)

       3.2.5    Waarom word produkte wat sensitief is vir prysveranderings, by die
                verbruikersprysindeks uitgesluit?                           (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai asseblief om

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                           EKONOMIE V2                                           9

 3.3     Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

         VRYSTELLING VAN KWEEKHUISGASSE VERMINDER TEEN 2050

         Verskeie state en lande het teikens aanvaar vir drastiese verlagings in die
         vrystelling van kweekhuisgasse teen 2050, maar min fisiese en realistiese
         modellering van die energie en ekonomiese transformasie is nog gedoen.

         Vermindering in die vrystelling van kweekhuisgasse sal die planeet die
         helfte van die trauma spaar wat oor die volgende eeu verwag word, soos
         wat die aarde verwarm.

         *Greenhouse gas emission cuts – Kweekhuis gasvrylating besnoeiings
         *G-8 nations – G8-nasies
                                                 [Aangepas uit https://www.pinterest.co.uk/pin]

         3.3.1        Noem enige land wat deel van die G8-nasies vorm.                             (1)

         3.3.2        Waarvoor, volgens die uittreksel, is die G8-nasies bekend?                   (1)

         3.3.3        Beskryf kortliks die begrip omgewingsvolhoubaarheid.                         (2)

         3.3.4        Verduidelik die impak van kweekhuisgasse op die omgewing.                    (2)

         3.3.5        Hoe kan die ekonomie ontwikkel word sonder om die omgewing
                      te beskadig?                                          (2 x 2)                (4)

 3.4     Verduidelik fiskale en monetêre beleide as maatreëls om inflasie te
         bekamp.                                                             (2 x 4)               (8)

 3.5     Hoe suksesvol is die Suid-Afrikaanse regering in die ondersteuning van ŉ
         groen ekonomie?                                                                           (8)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai asseblief om

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                      EKONOMIE V2                            (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 4:      MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
               KWESSIES                     40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1   Beantwoord die volgende vrae.

       4.1.1    Noem enige TWEE kenmerke van openbare goedere.                    (2 x 1)    (2)

       4.1.2    Watter positiewe uitwerking sal die toestaan van eiendomsregte op
                die omgewing hê?                                           (1 x 2)           (2)

 4.2   Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                     DIE TOENAME IN BTW SAL INFLASIE HOËR DRYF

       Volgens kenners sal middelklasverbruikers die spit afbyt vir belasting-
       hervormings wat aangekondig is tydens Suid-Afrika se 2018/19 begroting,
       ten spyte daarvan dat daar geen styging in persoonlike inkomstebelasting is
       nie.

       Die navorser beweer dat verbruikers wat meer sal betaal vir alle goedere,
       behalwe die mees basiese voedselitems en die middelklas wat die ergste
       geraak sal word, die gevolg sal wees van die eerste BTW-styging in SA se
       demokratiese geskiedenis.

                                             [Aangepas uit Business Day, 22 February 2018]

       4.2.1    Noem ŉ voorbeeld van ŉ basiese voedsel-item wat van BTW
                vrygestel is.                                                                 (1)

       4.2.2    Watter soort inflasie word hierbo voorgestel?                                 (1)

       4.2.3    Beskryf kortliks inflasie-teikens in Suid-Afrika.                             (2)

       4.2.4    Hoe word krediteure deur inflasie geraak?                                     (2)

       4.2.5    Hoe kan die uitwerking van ŉ styging in BTW teengestaan word?
                                                                         (2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai asseblief om

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                        EKONOMIE V2                                   11

 4.3    Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                       CELL C SAL DIE REUSE OP HULLE TONE HOU

        Die mobiele telekom-sektor is een van die nywerhede wat gedomineer word
        deur twee groot rolspelers, Vodacom en MTN.

        Cell C en ook ander sellulêre netwerkoperateurs se toetrede tot die telekom-
        sektor, het ŉ effektiewe duopolie, wat so te sê die mark in hulle sak gehad
        het, uitgedaag.

        Die herkapitalisering van Cell C sal verseker dat die telekom-reuse in die
        nabye toekoms op hulle tone gehou sal word.

                                   [Aangepas uit BUSINESS REPORT, 21 Desember 2017]

        4.3.1    Noem EEN soort nie-prysmededinging wat by ŉ oligopolie
                 voorkom.                                                                (1)

        4.3.2    Wat kenmerk die produkte wat deur ŉ oligopolie verkoop word?            (1)

         4.3.3   Beskryf kortliks die begrip duopolie.                                   (2)

        4.3.4    Wat maak dit moeilik vir nuwe besighede om tot ŉ oligopolie toe te
                 tree?                                                                   (2)

        4.3.5    Hoe is die ekonomie negatief deur oligopolistiese neigings
                 beïnvloed?                                                   (2 x 2)    (4)

 4.4    Verduidelik verlies aan biodiversiteit en chemiese afval as probleme in die
        volhoubaarheid van die omgewing.                                      (2 x 4)    (8)

 4.5    Wat hoop die Suid-Afrikaanse regering om deur mededingingsbeleide te
        bereik?                                                                          (8)
                                                                                        [40]

                                                            TOTAAL AFDELING B:           80

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai asseblief om

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                      EKONOMIE V2                            (EC/SEPTEMBER 2018)

 AFDELING C

 Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

 Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                        STRUKTUUR VAN OPSTEL                                        PUNTE-
                                                                                  TOEKENNING
 Inleiding
 Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.
 • ŉ Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp
     verband hou, te definieer.                                                       Maks. 2
 • Moenie enige deel van die vraag by jou inleiding insluit nie.
 • Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
 • Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
 Liggaam
 Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek               Maks. 26
 krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik

 Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
 krities/Trek ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en                 Maks. 10
 verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/
 Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle
 Slot
 Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
 • ŉ Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat
     reeds genoem is, te herhaal
                                                                                      Maks. 2
 • Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is
 • Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
 • ŉ Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang
 • Aanbevelings
 TOTAAL                                                                                  40

 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 40 MINUTE

 •   Met behulp van grafieke, bespreek staatsinmenging as ŉ oorsaak van
     markmislukking in detail, onder die volgende opskrifte:
     - Minimum lone                               (13 punte)
     - Subsidies op goedere en dienste            (13 punte)           (26 punte)
 •   Hoe kan Kostevoordeel-ontleding markmislukking verminder?         (10 punte)               [40]

 VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                         40 PUNTE – 40 MINUTE

 •   Bespreek die uitwerking van toerisme in detail.                            (26 punte)
 •   Hoe kan die regering die positiewe impak van toerisme volhou?              (10 punte)      [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:              40
                                                                     GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai asseblief om

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Eng R](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-eng-r/fb418164-fee3-4df0-aadc-178e890984ed) — Economics · QP · 2018 · Eng
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/5e40d41d-6537-4b4d-9803-062fd519c72e) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — Economics · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
