# Economics Grade 12 Eastern Cape Mock 2012 Question Paper

> Grade 12 Economics question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/ekon-gr-12-sept-2012-vraestel/260bf673-6225-4fd0-9b48-a526be045b58
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 Eastern Cape Mock 2012 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/ekon-gr-12-sept-2012-vraestel/260bf673-6225-4fd0-9b48-a526be045b58)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 Province of the
                 EASTERN CAPE
                 EDUCATION

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2012

                           EKONOMIE

PUNTE:   300

TYD:     3 uur

                          *ECONA*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 EKONOMIE                                 (SEPTEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord SES vrae as volg in die ANTWOORDEBOEK:
     AFDELING A: VERPLIGTEND.
     AFDELING B: Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae.
     AFDELING C: Beantwoord enige TWEE van die vier vrae.

2.   Skryf die vraagnommer boaan elke vraag.

3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
     vraestel gebruik word.

4.   Lees die vrae sorgvuldig en begin elke vraag op ‟n NUWE bladsy.

5.   Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae.

6.   Beantwoord vrae in vol sinne en maak seker dat die uitleg en inhoud van jou
     antwoord voldoen aan die kognitiewe vlakke van die vrae.

7.   Skryf netjies en leesbaar.

8.   Slegs die vereiste aantal vrae sal nagesien word in die volgorde waarin dit in
     die ANTWOORDEBOEK verskyn.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                      EKONOMIE                                       3

 AFDELING A (Verpligtend)

 VRAAG 1 (LU1 – LU4)

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
        gegee. Kies die mees korrekte antwoord en skryf slegs die letter
        (A, B of C) langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1 – 1.1.12) in
        die ANTWOORDEBOEK neer.

        1.1.1      Opeenvolgende periodes van toenemende of afnemende
                   ekonomiese aktiwiteit staan bekend as ‟n …

                   A    kringloop.
                   B    ekonomiese siklus.
                   C    sakesiklus.                                                 (2)

        1.1.2      Die drie vlakke van die regering tesame met die SBO‟s staan
                   gesamentlik bekend as die … sektor.

                   A     private
                   B     openbare
                   C     primêre                                                    (2)

        1.1.3      Die verhouding tussen uitvoer pryse en invoer pryse, uitgedruk
                   as ‟n indeks, staan bekend as …

                   A     ruilvoet.
                   B     handelsbalans.
                   C     surplus handel.                                            (2)

        1.1.4      Markprys in ‟n volmaak mededingende mark word bepaal deur
                   die interaksie tussen …

                   A     verbruikers en kopers.
                   B     vraag en aanbod.
                   C     produsente en verkopers.                                   (2)

        1.1.5      Dit is gewoonlik in die vorm van finansiële bystand deur die
                   regering, ten einde produksie of ‟n persoon te ondersteun.

                   A     Heffing
                   B     Belasting
                   C     Subsidie                                                   (2)

        1.1.6      ‟n Monopolis sal … verkry oor die langtermyn.

                   A     ekonomiese wins
                   B     ekonomiese verlies
                   C     normale wins                                               (2)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               EKONOMIE                              (SEPTEMBER 2012)

    1.1.7    Fokus op die verbetering van dienslewering aan die armes en
             menslike ontwikkeling.

             A   SEB
             B   Asgisa
             C   HOP                                                               (2)

    1.1.8    Daarop gemik om infrastruktuur en investering in besighede na
             afgeskeepte- en onderontwikkelde gebiede te lok.

             A   ROI
             B   NOS
             C   IMS                                                               (2)

    1.1.9    Wanneer daar geen beperkings op handel, soos belastings op
             goedere of ‟n verbod op invoere is nie, word dit … genoem.

             A   dumping
             B   beskerming
             C   vryhandel                                                         (2)

    1.1.10 ‟n Positiewe gevolg van inflasie is dat dit …

             A    die waarde van geld verbeter.
             B    debiteure bevoordeel.
             C    krediteure bevoordeel.                                           (2)

    1.1.11 Toeriste wat ongesteurde natuur gebiede besoek, word …
           genoem.

             A   kulturele toeriste
             B   ekotoeriste
             C   saketoeriste                                                      (2)

    1.1.12 Het kommersiële internasionale handel in bedreigde spesies
           verban.

             A    CITES
             B    UNFCCC
             C    MEA                                                             (2)
                                                                    (12 x 2)     (24)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                        EKONOMIE                                             5

 1.2    Kies die woord uit die volgende LYS wat die beste by die gegewe stellings
        pas. Skryf slegs die korrekte woord langs die ooreenstemmende
        vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK neer (1.2.1 – 1.2.5).

             Beheerde swewing; Noord-Suid verdeling; Reële vloei; Deflasie;
               Monopolie; Stagflasie; Vry swewend; Oligopolie

        1.2.1      Vloei van produksiefaktore van huishoudings na besighede.

        1.2.2      Die stelsel waar die regering die wisselkoers beïnvloed.

        1.2.3      ‟n Markstelsel waar ‟n paar verkopers die mark oorheers.

        1.2.4      Die verdeling wat tussen die ontwikkelde en die ontwikkelende
                   lande bestaan.

        1.2.5      ‟n Toestand van lae groei, hoë werkloosheid en hoë inflasiekoers.
                                                                               (5 x 2)     (10)

 1.3    Kies ŉ omskrywing uit KOLOM B wat pas by ŉ begrip in KOLOM A. Skryf
        slegs die korrekte letter (A tot J) langs die ooreenstemmende
        vraagnommer (1.3.1 – 1.3.8) in die ANTWOORDEBOEK.

                       KOLOM A                              KOLOM B
        1.3.1      Belastings             A    Afskaffing van beperkende wette en
                                               regulasies
        1.3.2      Laffer kurwe           B    Hulpbronne wat aangevul of vervang
                                               kan word
        1.3.3      MI = MK                C    Direkte- of indirekte verpligte betalings
                                               aan die regering
        1.3.4      Besoedling             D    Aansporings om oorsese verkope te
                                               verhoog
        1.3.5      Deregulasie            E    ‟n Oorsaak van koste-druk inflasie

        1.3.6      Uitvoerbevordering     F    ‟n Voorbeeld van ‟n negatiewe
                                               eksternaliteit
        1.3.7      Krimping               G    Dui die vraag na invoere aan

        1.3.8      Hernubare              H    Toon die verhouding tussen belasting
                   hulpbronne                  inkome en belastingkoers
                                          I    Wins maksimalisering

                                          J    Hulpbronne wat nie vervang kan word
                                               nie
                                                                              (8 x 2)      (16)

                                                               TOTAAL AFDELING A:           50

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 EKONOMIE                                  (SEPTEMBER 2012)

AFDELING B (Beantwoord enige DRIE vrae uit hierdie afdeling.)

VRAAG 2 (LU1 AS1 − AS4)                                      (50 PUNTE − 25 MIN)

2.1   Beantwoord die volgende vrae dienooreenkomstig.

      Kies die mees korrekte woord van dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
      slegs die woord langs die ooreenstemmende vraagnommer (2.1.1 – 2.1.4) in
      die ANTWOORDEBOEK neer.

      2.1.1   Die vloei van produksiefaktore in ‟n kringloop word na verwys as
              (reële/geld-) vloei.

      2.1.2   Siklusse wat vir 50 jaar of langer duur, staan bekend as (Kitchin/
              Kondratieff) siklusse.

      2.1.3   Die (Ouditeur-Generaal/Minister van Finansies) rapporteer aan die
              Parlement oor die gehalte van die finansiële bestuur van verskeie
              regeringsdepartemente.

      2.1.4   ‟n Depresiasie van die rand veroorsaak ŉ (afname/toename) in
              invoere.                                                   (4 x 2)          (8)

2.2   Noem die DRIE soorte wisselkoers stelsels.                              (3 x 2)     (6)

2.3   DATA RESPONS

      Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

      Keynesiane glo dat ‟n verandering in totale besteding (insluitend verbruik,
      investering, staatsbesteding en besteding aan invoere), ‟n
      vermenigvuldigende uitwerking op inkome het. Hulle glo ook dat ons die
      omvang van dié verandering met behulp van die vermenigvuldiger kan
      bereken.

                                                   [Aangepas uit UGO vir VOO Ekonomie]

      2.3.1    Definieer die begrip, „vermenigvuldiger‟.                                  (2)

      2.3.2    Omskryf die verhouding tussen die mvg en die vermenigvuldiger.             (2)

      2.3.3    Bereken die vermenigvuldiger effek van ‟n inspuiting van R1
               biljoen in die ekonomie. Aanvaar die mvg = 0,6. (Toon alle
               berekening.)                                                               (6)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                           EKONOMIE                                    7

 2.4    DATA RESPONS

        Bestudeer die volgende sirkel grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                                           Begroting 2011
                    Onderwys 19%            Gesondheid 12%           Behuising 13%
                    Ekonomiese sake 13%     Veiligheid 9%            Verdediging 4%
                    Ander 15%               Sosiale beskerming 15%

                                             15%             19%

                                15%
                                                                           12%

                                4%
                                      9%                             13%
                                                   13%

        2.4.1      Definieer die begrip, „Mediumtermyn Bestedingsraamwerk‟.            (2)

        2.4.2      Watter departement ontvang die hoogste toekenning uit die
                   begroting?                                                          (2)

        2.4.3      Noem die doelwitte van die Mediumtermyn Begroting Beleids-
                   verklaring.                                                         (4)

        2.4.4      Wie is Suid-Afrika se Minister van Finansies?                       (2)

 2.5    Bespreek „ekstrapolasie‟ as ‟n kenmerk van vooruitskattings.                   (8)

 2.6    Verduidelik die „vloeie‟ in ‟n kringloop kortliks.                             (8)
                                                                                      [50]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  EKONOMIE                                        (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 3 (LU2 AS1 – AS3)                                            (50 PUNTE – 25 MIN)

3.1   Beantwoord die volgende vrae dienooreenkomstig.

      Kies die mees korrekte woord van dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
      slegs die woord langs die ooreenstemmende vraagnommer (3.1.1 – 3.1.4) in
      die ANTWOORDEBOEK neer.

      3.1.1    Daar is geen regeringsinmenging in ‟n (volmaakte/
               oligopolistiese) mark nie.

      3.1.2    Private voordele staan ook bekend as (eksterne/interne) voordele.

      3.1.3    Die wetlike reg wat ‟n patenthouer kry vir die eksklusiewe
               vervaardiging van ‟n produk, is ‟n voorbeeld van ‟n
               (natuurlike/kunsmatige) monopolie.

      3.1.4    Verkopers in ‟n oligopolie mark is (onafhanklik/afhanklik) van
               mekaar se aksies.                                              (4 x 2)            (8)

3.2   Noem enige DRIE kenmerke van ‟n monopolie.                                     (3 x 2)     (6)

3.3   DATA RESPONS

      Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

              Prys-roofdiere
                                                                    Mededingings
                                                                    - kommissie
                                                                    kommissie

                                SA verbruiker
                                                       Bankkoste

               Brood                     Telekom
               Kartel                     pryse

                                           [Vertaal en aangepas vanaf www.comptrib.co.za]

      3.3.1     Wat is, volgens bostaande spotprent, die rol van die
                Mededingingskommissie?                                                           (2)

      3.3.2     Noem enige TWEE doelwitte van ‟n mededingingsbeleid.                             (4)

      3.3.3     Noem enige TWEE instansies waarvoor die Wet op Mededinging
                voorsiening gemaak het.                                                          (4)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                       EKONOMIE                                                  9

 3.4    DATA RESPONS

        Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

        Chris Rock het eenmaal gesê,
        “Ons het nie wapenbeheer nodig nie, ons het koeëlbeheer nodig. Ek dink ‟n
        koeël behoort R5 000 te kos, want as ‟n koeël R5 000 kos, sal daar nie meer
        enige onskuldige omstanders wees nie.”
        Chris Rock het dalk nie markmislukking in gedagte gehad toe hy hierdie
        stelling gemaak het nie, maar hy het onwetend ‟n volmaakte voorbeeld
        gegee van ‟n geval waar die oorverbruik van ‟n spesifieke produk lei tot
        oorspoel kostes op derde partye wat nie betrokke was by die oorspronklike
        transaksie nie (“onskuldige omstanders”). In ekonomie, staan dit bekend as
        ‟n negatiewe eksternaliteit van verbruik en dit word beskou as ‟n
        markmislukking omdat te veel van die skadelike goedere geproduseer word
        sonder enige vorm van regeringsinmenging. Te veel van hierdie skadelik
        produkte sal geproduseer en verbruik word, in hierdie voorbeeld word te veel
        koeëls verbruik en dit benadeel die gemeenskap.
                                              [Aangepas en vertaal van welkerswikinomics.com]

        3.4.1      Definieer die begrip, „markmislukking‟.                                       (2)

        3.4.2      Noem enige DRIE oorsake van markmislukking.                                   (6)

        3.4.3      Gee ‟n ander term vir ŉ „oorspoel uitwerking‟.                                (2)

 3.5    Verduidelik kortliks die „sluitingspunt‟ in ‟n volmaak mededingende mark.                (8)

 3.6    Bespreek „produk differensiasie‟ as ‟n kenmerk van monopolistiese
        mededinging.                                                                             (8)
                                                                                                [50]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 EKONOMIE                                (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 4 (LU3 AS1 – AS4)                                     (50 PUNTE – 25 MIN)

4.1    Beantwoord die volgende vrae dienooreenkomstig.

       Kies die mees korrekte woord van dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
       slegs die woord langs die ooreenstemmende vraagnommer (4.1.1 – 4.1.4) in
       die ANTWOORDEBOEK neer.

       4.1.1   Per capita reële BBP word gebruik om ekonomiese
               (groei/ontwikkeling) van ‟n land te meet.

       4.1.2   ‟n Doelgeboude nywerheids landgoed wat fisies omhein is en aan ‟n
               internasionale lughawe of hawe verbind is, staan bekend as ‟n
               (NOS/ROI).

       4.1.3   Tariewe wat as ‟n persentasie van die waarde van ingevoerde
               goedere bereken word, staan bekend as (ad valorem/spesifieke)
               tariewe.

       4.1.4   Om die prestasie van die ekonomie te bepaal, word (ekonomiese/
               sosiale) aanwysers gebruik.                               (4 x 2)         (8)

4.2.   Noem enige DRIE voorbeelde van kontantvoordele wat herverdeling van
       inkome verseker.                                                 (3 x 2)          (6)

4.3    DATA RESPONS

       Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

       So vroeg as die 1920s, was daar doelbewuste pogings deur die Suid-
       Afrikaanse regering om beleide in te stel wat nywerheidsontwikkeling
       aanmoedig deur middel van invoervervanging. Die bevordering van Suid-
       Afrikaanse nywerhede was verder versterk deur die totstandkoming van die
       NOK in 1940. Yskor, Sasol en Krygkor is almal opgerig om invoervervanging
       aan te moedig.
                                                [Aangepas uit, „Economics for all‟]

       4.3.1   Definieer die begrip „invoervervanging‟.                                  (2)

       4.3.2   Waarvoor staan die akroniem NOK?                                          (2)

       4.3.3   Noem EEN onderneming wat (volgens die uittreksel) opgerig is om
               goedere plaaslik te produseer.                                            (2)

       4.3.4   Noem TWEE doelwitte van invoervervanging.                                 (4)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                        EKONOMIE                                                 11

 4.4    DATA RESPONS

        Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                                 Toestand van die Oos-Kaap:
                           Bevolkingsdinamika en die armoede strik
                                  Gesondheid en mortaliteit

        Die Oos-Kaap provinsie sloer agter ander dele van die land in ‟n aantal
        kritiese- en objektiewe gesondheid aanwysers. Alhoewel die koers van
        kindermortaliteit (65 per duisend in 1996 tot ‟n beraamde vlak van 57 per
        duisend in 2010) en die onder-vyf-mortaliteit (88 per duisend in 1996 tot ‟n
        beraamde 86 per duisend in 2010) gedaal het, bly dit onder die hoogste in
        die land. Lewensverwagting koerse het gestyg van 49,4 jaar in 2001 – 2006
        tot 54,8 in 2006 – 2010, met hierdie koers effens hoër vir vroue.
                                                    [Vertaal en aangepas van www.ngopulse.org]

        4.4.1      Definieer die begrip „kindermortaliteit‟.                                      (2)

        4.4.2      Noem enige TWEE dienste wat die lewenstandaard van mense kan
                   verbeter.                                                                      (4)

        4.4.3      Noem TWEE aanwysers wat gebruik word om die gesondheid van
                   ‟n bevolking te monitor.                                                       (4)

 4.5    Bespreek enige TWEE monetêre beleidsinstrumente wat gebruik word as ‟n
        Suid-Afrikaanse benadering vir groei en ontwikkeling.                                     (8)

 4.6    Verduidelik kortliks die „Vaardigheidsondersteuningsprogram‟ as ‟n
        aansporing wat deur die DHN aangebied word.                                               (8)
                                                                                                 [50]

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               EKONOMIE                                            (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 5 (LU4 AS 1 − 3)                                              (50 PUNTE – 25 MIN)

5.1   Beantwoord die volgende vrae dienooreenkomstig.

      Kies die mees korrekte woord van dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
      slegs die woord langs die ooreenstemmende vraagnommer (5.1.1 – 5.1.4) in
      die ANTWOORDEBOEK neer.

      5.1.1   Veranderinge in die algemene prysvlakke word gemeet deur
              (prys indekse/wisselkoerse).

      5.1.2   Die onaangepaste VPI-inflasie staan ook bekend as (hooflyn-/kern-)
              inflasie.

      5.1.3   Voldoende en goed instandgehoude (fisiese/sosiale) infrastruktuur is
              noodsaaklik vir gebiede wat toeristebestemmings is.

      5.1.4   Die volhoubare gebruik en bestuur van natuurlike hulpbronne word
              na verwys as (bewaring/beskerming).                         (4 x 2)                   (8)

5.2   Noem enige DRIE redes vir die groei in wêreldwye toerisme.                        (3 x 2)     (6)

5.3   DATA RESPONS

      Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

      Terwyl die amptelike inflasiekoers van toepassing is op verbruikerspryse, is
      dit belangrik dat beide verbruikersprys inflasie en produsenteprys inflasie
      onlangs gedaal het tot binne die inflasie teiken koers van tussen 3 en 6%.

      Binnelandse verbruikersprys inflasie het aanhou daal gedurende 2010 te
      midde van ŉ toestand van relatief onderdrukte vraag en ‟n appresiasie in die
      eksterne waarde van die rand regdeur die jaar. Verbruikersprys inflasie het
      dienooreenkomstig afgeneem van ‟n jaarlikse gemiddelde van 7,1% in 2009
      tot 4,3% in 2010. Aan die ander kant, het hooflyn produsenteprys inflasie
      (wat verband hou met binnelandse uitset pryse) versnel van 0% in 2009 tot
      ‟n jaarlikse gemiddelde koers van 6% in 2010.

                                [Vertaal en aangepas uit die SARB Quarterly Bulletin, March 2011]

      5.3.1    Onderskei tussen „Verbruikersprysindeks‟ en „Produsenteprys-
               indeks‟.                                                                             (4)

      5.3.2    Wat is die TWEE redes vir die afname in die verbruikersprys
               inflasie, volgens die uittreksel?                                                    (4)

      5.3.3    Dui die produsenteprys inflasie in 2010 aan.                                         (2)

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                      EKONOMIE                                                    13

 5.4    DATA RESPONS

        Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                                          Herwinning

        Herwinning het ‟n verskeidenheid ekonomiese invloede.             Vir die
        maatskappye wat gebruikte goedere koop, dit herwin en weer as nuwe
        produkte verkoop, is herwinning ‟n bron van inkome.          Vir stede in
        digbevolkte gebiede wat per ton moet betaal vir stortingsterreine, kan
        herwinning miljoene rande spaar op hulle munisipale begrotings. Die
        herwinning industrie kan ‟n nog groter invloed hê. Ekonomiese ontleding
        toon dat herwinning drie maal soveel inkome per ton kan genereer as
        stortingsterreine en amper ses maal soveel werkgeleenthede bied.

                                                    [Vertaal en aangepas van howstuffworks.com]

        5.4.1      Definieer die begrip „omgewingsvolhoubaarheid‟.                                 (2)

        5.4.2      Noem DRIE voordele van herwinning, volgens die uittreksel. (3 x 2)              (6)

        5.4.3      Noem enige EEN (ander as in VRAAG 5.5 gevra) maatreël van
                   openbare sektor inmenging met verwysing na omgewings-
                   volhoubaarheid.                                                                 (2)

 5.5    Omskryf „inflasie‟, as ‟n ekonomiese begrip, kortliks.                                     (8)

 5.6    Bespreek „toekenning van eiendomsregte‟ as ‟n maatreël van openbare
        sektor inmenging met verwysing na omgewingsvolhoubaarheid.                                 (8)
                                                                                                  [50]

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                                     EKONOMIE                              (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 6                            (LU1 en LU2)                                 (50 PUNTE – 25 MIN)

6.1   Beantwoord die volgende vrae dienooreenkomstig.

      Kies die mees korrekte woord van dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
      slegs die woord langs die ooreenstemmende vraagnommer (6.1.1 – 6.1.4) in
      die ANTWOORDEBOEK neer.

      6.1.1                        Belasting wat aan die regering betaal word, verteenwoordig ‟n
                                   (lekkasie/inspuiting) uit/in die kringloop.

      6.1.2                        As die regering meer as 50% van die aandele van ‟n onderneming in
                                   staatsbesit verkoop, staan dit as (nasionalisasie/privatisering)
                                   bekend.

      6.1.3                        Samespanning tussen verkopers gebeur nie in (volmaakte
                                   mededinging/‟n oligopolie) nie.

      6.1.4                        In ‟n vrye markekonomie word (nie-meriete/meriete) goedere oor-
                                   verbruik.                                                  (4 x 2)      (8)

6.2   Noem die DRIE regerings benaderings ten einde die invloed van negatiewe
      eksternaliteite te verminder.                                     (3 x 2)                            (6)

6.3   DATA RESPONS

      Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                      E
                                                                               G

          Ekonomiese aktiwiteite
                                                  A

                                                        B             D

                                       F                          C

                                                            Tyd

      6.3.1                        Benoem bostaande grafiek.                                               (2)

      6.3.2                        Watter TWEE fases word verteenwoordig deur B tot C en D tot E in
                                   bostaande grafiek.                                                      (4)

      6.3.3                        Wat verteenwoordig die lyn FG?                                          (2)

      6.3.4                        Definieer die begrip „ekstrapolasie‟.                                   (2)

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                       EKONOMIE                                                    15

 6.4      DATA RESPONS

          Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

             Die Mededingingstribunaal het ’n R195-miljoen boete ingestel op
                  JSE-gelyste Pioneer Foods vir hul rol in ’n brood kartel
          Die kartel betrek die Tiger (Albany), Premier (Blue Ribbon), Food Corp
          (Sunbake) en Pioneer (Sasko en Duens) bakkerye.
                                      [Vertaal en aangepas uit, Mail&Guardian, 3 Februarie 2011]

          6.4.1    Definieer die begrip „kartel‟.                                                   (2)

          6.4.2    Aan watter soort markstruktuur behoort bogenoemde kartel?                        (2)

          6.4.3    Noem TWEE voordele van samespanning.                                (2 x 2)      (4)

          6.4.4    Gee ‟n voorbeeld van ‟n internasionale kartel.                                   (2)

 6.5      Verduidelik kortliks enige TWEE vraagredes vir internasionale handel.
                                                                             (2 x 4)                (8)

 6.6      Bespreek die rasionaal vir ŉ „koste-voordeel-ontleding‟.                                  (8)
                                                                                                   [50]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:              150

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                 EKONOMIE                                 (SEPTEMBER 2012)

AFDELING C (Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling.)

Opsteltipe vrae:
-    Behoort uit ŉ inleiding, inhoud en slot te bestaan.
-    5 punte sal toegeken word vir die inleiding en die slot.
-    Addisionele 5 punte sal toegeken word aan die interpretasie van die
     onderwerp.
-    ŉ Maksimum van 40 punte sal toegeken word aan die inhoud.

VRAAG 7      (LU1 AS3)

OPSTELTIPE

Bespreek die doelwitte van die openbare sektor en sluit jou bespreking af deur die
uitwerking van fiskale beleid te verduidelik.                                           [50]

VRAAG 8      (LU2 AS2)

FORMELE BRIEF

Hoe verwerk regerings markmislukkings? Maak hulle net asof dit nie bestaan nie?
Of gaan hulle oor tot aksie? Ja, hulle gaan oor tot aksie ...
                                                   [Aangepas uit Geniet Ekonomie]

Skryf ‟n formele brief aan die Minister van die Plaaslike Regering en verduidelik
owerheidsinmenging as ‟n gevolg van markmislukkings.                                    [50]

VRAAG 9      (LU3 AS4)

OPSTELTIPE

Skryf ‟n gedetailleerde opstel oor die ekonomiese aanwysers onder die volgende
hoofde: Produksie, Indiensneming en Prysveranderinge.                                   [50]

VRAAG 10       (LU4 AS2)

OPSTELTIPE

„Die voordele van toerisme is nie eweredig oor al die provinsies versprei nie.‟

Ontleed die beleidsvoorstelle ten einde toerisme in Suid-Afrika te bevorder.            [50]

                                                            TOTAAL AFDELING C:          100

                                                                  GROOTTOTAAL:          300

## Related documents

- [Economics (HG) (English) June 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/economics-hg-english-june-2012-qp/1348c740-b9d8-4f95-8cd6-12ba7225e20a) — Economics · QP · 2012 · Eng
- [Economics+Nov+2012+Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-nov-2012-eng/86179408-3315-409f-a0ee-4ba3eb818091) — Economics · QP · 2012 · Eng
- [ECONOMICS P2 GR12 QP SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-sept-2023-english/fc883496-5ba9-4219-a274-ff0bc055bc5e) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT 2019 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-2019-english/508a14ba-a1bb-463c-9739-8b79c8031f85) — Economics · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
