# Economics Grade 11 Eastern Cape November 2013 Memo

> Grade 11 Economics memorandum from the Eastern Cape November 2013, 15 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/ekon-gr11-v1-finale-memo-2013/38fc4708-c9d0-40f9-bc9f-503c45df35dd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Document type: Memorandum
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 Eastern Cape November 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/ekon-gr11-v1-finale-memo-2013/38fc4708-c9d0-40f9-bc9f-503c45df35dd)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                    NASIONALE
                SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 11

                  NOVEMBER 2013

                   EKONOMIE V1
                   MEMORANDUM

PUNTE:   150

               Hierdie memorandum bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            EKONOMIE V1                              (NOVEMBER 2013)

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   1.1.1   B      entrepreneur

      1.1.2   B      kapitaal

      1.1.3   A      regering

      1.1.4   B      steenkool

      1.1.5   C      Lorenz

      1.1.6   B      HOP

      1.1.7   A      armoedelyn

      1.1.8   C      Suid-Afrikaanse Reserwebank                      (8 x 2)   (16)

1.2   1.2.1   G       Vervang Doeane-unie Ooreenkoms van 1910

      1.2.2   E       Totale waarde van finale goedere wat binne die grense
                       van ’n land geproduseer word

      1.2.3   B       Vrye-mark ekonomie

      1.2.4   A       Ontginning van grondstowwe

      1.2.5   F       Tradisionele genesing en medisyne

      1.2.6   C       Persentasie van totale bevolking wat in armoede leef

      1.2.7   H       Bank spaarrekeninge en termyndeposito’s

      1.2.8   D       Mense met dringende behoeftes wat nie deur die
                       regering aangespreek word nie                  (8 x 1)      (8)

1.3   1.3.1   WAAR 

      1.3.2   ONWAAR 

      1.3.3   WAAR 

      1.3.4   tjek 

      1.3.5   ontwikkelende 

      1.3.6   entrepreneur                                             (6 x 1)    (6)

                                                      TOTAAL AFDELING A:            30

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                         EKONOMIE V1                                      3

 AFDELING B (Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling.)

 VRAAG 2

 2.1    Noem enige TWEE kategorieë van arbeid.

         Hoër vlak/Geskoolde 
         Intermediêre vlak/Half geskoolde 
         Laer vlak/Ongeskoolde                                        (Enige 2 x 2)   (4)

 2.2    DATA RESPONS

        2.2.1      Produksiemetode 
                   Inkomemetode 
                   Bestedingsmetode                                  (Enige 2 x 2)    (4)

        2.2.2      Intermediêre goedere
                    Goedere en dienste wat deur ander besighede as insette
                    gebruik word  om goedere en dienste te produseer of goedere
                    wat aangekoop word om weer verkoop te word. 

                   Finale goedere
                    Goedere en dienste wat nie as insette deur ander besighede
                    gebruik word nie,  maar wat deur verskillende deelnemers
                    verbruik word.                                                      (4)

        2.2.3      Dit is die totale besteding, op finale goedere en dienste, deur
                    huishoudings en privaat nie-winsgewende instellings.               (2)

 2.3    DATA RESPONS

        2.3.1      Volhoubare toename in kommoditeitspryse. 
                   Sterk vraag uit Asië en ander opkomende ekonomieë. 
                                                                    (Enige 1 x 2)        (2)

        2.3.2      Geologiese uitdagings                                              (4)
                   Toename in produksiekoste 

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               EKONOMIE V1                                (NOVEMBER 2013)

      2.3.3      Verskaf voedsel en minerale 
                 Verdien buitelandse valuta 
                 Lei werkers op en skep werkgeleenthede 
                 Verskaf grondstowwe vir sekondêre nywerhede 
                 Voorsien elektrisiteit 
                 Stimuleer ekonomiese groei 
                 Bydrae tot BBP 
                 Toename in staatsinkome                     (Enige 2 x 2)           (4)

2.4   Verduidelik die voordele van ’n mark-ekonomie kortliks.

      Privaat eienaarskap 

       Dit moedig individue aan om kreatief te wees in die manier hoe hulle hul
        hulpbronne aanwend. 

      Doeltreffende gebruik van hulpbronne 

       Hulpbronne word doeltreffend gebruik ten einde maksimum
        produktiwiteit en minimum vermorsing te bewerkstellig. 

      Verbetering van persoonlike welvaart 

       Individue is vry om welvaart bymekaar te maak en dit aan te wend
        om welvaart verder uit te brei. 

      Hoë vlak van keuse 

       Nuwe besighede sal tot die mark toetree a.g.v. winste. 
       Verbruikers word voor ’n wye verskeidenheid keuses van goedere
        en dienste gestel. 

      Dit werk outomaties 

       Die hoe, wat en vir wie probleme word deur die dryfkrag van
        eiebelang outomaties opgelos. 

      Innovasie 

       Sterk aansporings om hoë kwaliteit goedere te produseer. 

      Ekonomiese groei 

       Baie dinamies a.g.v. dryfkrag van winste en kontrolerende kragte
        van mededinging. 

      Verspreiding van inkomste en rykdom 

       Hulpbronne word toegeken aan diegene met koopkrag. 

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                           EKONOMIE V1                                    5

        Risiko 

         Individue neem versekering uit om risiko’s te verminder. 
                                                                   Enige 2 x (2 + 2)     (8)

 2.5    Verduidelik die ekonomiese belangrikheid van ‘energie’ as deel van
        Suid-Afrika se infrastruktuur, kortliks.

         Energie is noodsaaklik vir die funksionering van die moderne
          gemeenskap. 
         Groot hoeveelhede energie word deur nywerhede en huishoudings
          verbruik. / Nywerhede kan nie sonder energie funksioneer nie. 
         Die verlies aan energie vir kort tydperke kan tot groot verliese aan
          inkome lei, vir besighede in alle sektore. 
         Gebruik van tegnologie om elektrisiteit te genereer uit hernieubare
          bronne is een van die groei sektore. 
         Energie sektor verskaf werk aan ’n groot groep in die arbeidsmag. 
         Dit verdien ook buitelandse valuta deur elektrisiteit aan ander lande te
          verkoop. 
         Betroubare vervoer en kommunikasie is nie moontlik sonder elektrisiteit
          nie.                                                       (Enige 4 x 2)     (8)
                                                                                        [40]

 VRAAG 3

 3.1     Ontwikkeling deur handel in landbou-produkte. / Natuurlike
          hulpbronne 
         Ontwikkeling deur arbeidsintensiewe ontwikkelingsprogramme. 
         Ontwikkeling deur opvoedkundige hervorming. 
         Ontwikkeling van die kwaliteit van menslike hulpbronne. / Menslike
          ontwikkeling 
         Ontwikkeling deur industrialisasie van die ekonomie. 
         Entrepreneurskap 
         Diversifikasie van die plattelandse ekonomie. 
         Ontwikkeling deur buitelandse investering, lone en hulp. / Kapitaal 
         Ontwikkeling deur toegang tot moderne tegnologie. / Tegnologie 
         Ontwikkeling van infrastruktuur. 
         Verskaffing van ’n stabiele makro-ekonomiese omgewing. 
                                                                      (Enige 2 x 2)      (4)

 3.2 DATA RESPONS

       3.2.1      Dit is die aantal mense in ’n land of streek wat in armoede bly.     (2)

       3.2.2      47,09%                                                               (2)

       3.2.3      Absolute armoede
                  Verwys na ’n situasie waar mense nie hulle basiese behoeftes kan
                  bevredig nie. 

                  Relatiewe armoede
                  Verwys na ’n situasie waar mense as arm beskou word in vergelyking
                  met die res van die gemeenskap.                                      (4)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              EKONOMIE V1                                (NOVEMBER 2013)

    3.2.4   Gauteng                                                                  (2)

3.3 DATA RESPONS

    3.3.1   Dit is die rentekoers waarteen banke geld by die Reserwebank
            leen.                                                                    (2)

    3.3.2    Verbeterde inflasiesyfers 
             Voortslepende eurosone krisis.                                         (4)

    3.3.3    Dit is ’n laekoste nasionale bankrekening. 
             Die doel is om bankdienste te bied aan lae inkome verdieners.
             
              Aan hulle wat buite bereik van bankdienste is. 
             Dit is ’n inisiatief deur hoof banke om volledig bankdienste binne
              15 km van alle Suid-Afrikaners te plaas.             (Enige 2 x 2)     (4)

3.4 Verduidelik kortliks die rol van die SAOG in Suider-Afrika.

     Om ontwikkeling en ekonomiese groei te fasiliteer regoor die streek. /
      Streef ekonomiese samewerking en integrasie van lidlande na. 
     Om beleide te harmoniseer.
     ROI’e word aangemoedig. 
     Om ’n vryhandel gebied daar te stel. 
     Bied goeie handels- en beleggingsgeleenthede. 
     Sosio-ekonomiese ontwikkeling wat armoede verligting en uitroeiing sal
      verseker. 
     Moedig gemeenskaplike waardes en stelsels aan. / Voorstander van
      gemeenskaplike mark en monetêre stelsel. 
     Konsolidering en behoud van demokrasie, vrede en
      sekuriteit.                                                (Enige 4 x 2)       (8)

3.5 Bespreek ‘lae vlakke van produktiwiteit’ as een van die eienskappe van
    ontwikkelende lande.

     Ontwikkelende lande word gekenmerk deur lae vlakke van arbeid
      produktiwiteit. 
     Lae vlakke van onderwys en opleiding. 
     Gebrek aan fisiese kapitaal soos masjinerie en tegnologie. 
     Wanvoeding lei tot swak menslike ontwikkeling. 
     Swak beheer oor produksiefaktore. 
     Gebrek aan goeie openbare dienste soos vars drinkwater, sanitasie,
      vullisverwydering, ens. 
     Hoë voorkoms van water verwante en omgewings siektes.
                                                                  (Enige 4 x 2)        (8)
                                                                                      [40]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                          EKONOMIE V1                                        7

 VRAAG 4

 4.1        Kindersorg-toelae 
            Afhanklikheidsorg-toelae 
            Oorlogveteraan-toelae 
            Pleegsorg-toelae 
            Ouderdomspensioen 
            Ongeskiktheidstoelae                                         (Enige 2 x 2)       (4)

 4.2    DATA RESPONS

        4.2.1     Suid-Afrika                                                                 (2)

        4.2.2     Handelsurplus
                  Verwys na ’n situasie waar ’n land se totale uitvoere meer is as sy
                  invoere. 

                  Handelstekort
                  Verwys na ’n situasie waar ’n land se invoere meer is as sy
                  uitvoere.                                                                  (6)

        4.2.3     Dit is goedere en dienste wat plaaslik geproduseer word en aan
                  ander land verkoop word.                                                    (2)

 4.3    DATA RESPONS

        4.3.1     ’n Leefbare loon                                                            (2)

        4.3.2     Nominale lone
                  Die bedrag geld wat werkers aan die einde van ’n periode
                  ontvang. 

                  Reële lone
                  Die waarde van goedere en dienste wat ’n werker kan koop met sy
                  nominale loon.                                                              (4)

        4.3.3      Doel is om ’n inkome te verdien. 
                   Dit is deel van die eienaar. / Kan nie van die werker geskei word
                    nie. 
                   Dit kan nie gestoor word nie. 
                   Wissel in kwaliteit. 
                   Aanbod kan nie skielik verhoog word nie.           (Enige 2 x 2)          (4)

 4.4    Verduidelik finale verbruiksbesteding deur die owerheid kortliks.

         Toon aan hoe die regering sy inkome aanwend. 
         Finansiering van goedere en dienste deur die openbare sektor
          benodig. 
         Besteding deur alle departemente van sentrale, provinsiale en plaaslike
          owerhede. 
         Verbruiksbesteding op dienste gelewer aan die gemeenskappe.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               EKONOMIE V1                               (NOVEMBER 2013)

       Bestaan uit:
         Lone en salarisse van werknemers 
         Aankope van goedere en dienste van ’n nie-kapitale aard en 
         Die toegerekende waarde van kapitaalverbruik
           (waardevermindering). 
         Minus netto ontvangste uit verkope 
       Regeringsbesteding word geklassifiseer as funksioneel, administratief en
        finansieel.                                              (Enige 4 x 2)            (8)

4.5   Verduidelik enige TWEE funksies van geld kortliks.

      Ruilmiddel 

       Dit word algemeen aanvaar as ruilmiddel. 
       Goedere, dienste en arbeid word verruil vir geld. 

      Geld as waardedraer 

       Geld het waarde en dit behoort lank behou te word. 
       Geld kan gespaar word en versamel rykdom. 

      Geld as rekeneenheid 

       Geld voorsien ’n maatstaf wat verseker dat ons ’n waarde op goedere en
        dienste kan plaas. 
       As ’n prys aan iets toegeken word, dien geld as rekeneenheid. 

      Voordele:
       Handel word vereenvoudig. 
       Relatiewe waardes van goedere en dienste word uitgedruk. 

      Standaard vir uitgestelde betaling 

       Dit laat ons toe om op krediet te koop en skuld later te vereffen. 
       Ekonomie kan tot stilstand kom as uitgestelde betalings nie meer
        toegelaat word nie. 
       Geld is ’n eenheid waarmee toekomstige betalings gemaak kan word.
        bv. ŉ pensioen.                                          Enige 2 x (2 + 2)    (8)
                                                                                       [40]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                       EKONOMIE V1                                       9

 AFDELING C (Beantwoord enige EEN vraag uit hierdie afdeling.)

 VRAAG 5

 Verduidelik die eienskappe van kapitaal ten volle.
 As toevoeging verduidelik die ekonomiese belangrikheid van kapitaal kortliks.

 INLEIDING

  Kapitaal is ’n mensgemaakte hulpbron en sluit alle goedere in wat benodig word
   om toekomstige behoeftes mee te bevredig. 
  Kapitaal verwys na die geld wat belê is in masjinerie en toerusting wat in die
   produksieproses gebruik sal word. 
           (Enige ander toepaslike definisies is aanvaarbaar)           Maks. (1 x 3)   (3)

 INHOUD

 Kapitaalgoedere word deur mense gemaak 

       As ŉ produksiefaktor word dit deur mense vervaardig. 

 Waardevermindering 

       Masjinerie is onderworpe aan slytasie en brekasies. 
       Dit verloor waarde oor tyd en dit word waardevermindering genoem. 
       Besighede moet kapitaalgoedere vervang ten einde voort te gaan met
        produksie. 

 Geldkapitaal kan verander 

       Geldkapitaal kan omgeskakel word in enige ander tipe bate wat die besigheid
        wil koop. 
       Dit kan ook maklik van een plek na ’n ander verskuif word of vir verskeie
        doele aangewend word. 

 Moeilik om reële kapitaal te verander 

       Reële kapitaal is relatief onbeweeglik. 
       Meeste daarvan is beroeps onbeweeglik, maar wel geografies beweeglik.

 Kapitaal is duur 

       Koop van masjinerie en ander kapitaalgoedere is duur. 

 Kapitaal word besit 

       Dit behoort aan iemand. 
       Sakeondernemings, verbruikers, produsente of die staat besit kapitaal. 
       Kapitaalgoedere soos paaie, skole, ens. is in staatsbesit. 

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               EKONOMIE V1                               (NOVEMBER 2013)

Kapitaal word verbruik 

     Dit gebeur in die produksieproses. 
     Intermediêre goedere word in een proses opgebruik. 
     Geboue byvoorbeeld word oor baie jare gebruik. 
     Vaste kapitaal sluit nie die voorraad grondstowwe, intermediêre goedere en
      finale produkte in nie. 

Kapitaalvorming vereis ’n opoffering 

     Produksie van kapitaalgoedere (kapitaalvorming) word deur I aangedui. 
     I = S = Y – C 

Kapitaal verhoog produksiedoeltreffendheid 

     Masjinerie maak spesialisasie moontlik. 
     Produksieprosesse wat uit menslike arbeid en masjien arbeid bestaan, is
      baie doeltreffender as slegs menslike arbeid. 
     Doeltreffendheid help om hulpbronne verder te rek.        (Enige 10 x 2)       (20)

Ekonomiese belangrikheid van kapitaal

    Ekonomiese groei is ’n direkte resultaat van kapitaalvermeerdering. 
    Om groei te laat plaasvind, moet die totale kapitaal in die ekonomie groei teen
     ’n koers wat ten minste gelyk is aan, of groter is as die toename in die
     arbeidsmag. 
    Dit verhoog finansiële instellings se vermoë om geld uit te leen. 
    Dit vermeerder werkgeleenthede en verminder werkloosheid. 
    Kapitaal verbeter lewenspeil deur die verskeidenheid en keuse van goedere
     en dienste te verhoog. 
    Beskikbaarheid van kapitaal verhoog uitvoere en verlaag die afhanklikheid
     van invoere. 

    Kapitaalverbreding 
    Wanneer ’n land se kapitaal vermeerder teen ’n koers gelyk aan die koers
     waarteen die arbeidsmag toeneem.  / Bestaande arbeid-kapitaal
     verhouding moet gehandhaaf word as die aantal werkers toeneem. 

    Kapitaalverdieping 
    Wanneer die arbeid-kapitaal verhouding toeneem. 
    Dit moet gebeur teen ’n koers wat hoër is as die groeikoers van die
     bevolking.                                                     (Enige 5 x 2)    (10)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                        EKONOMIE V1                                     11

 SLOT

  Kapitaalgoedere speel ’n belangrike rol in die skep van produksiekapasiteit.
  Kapitaal bestaan uit private en openbare bates. 
                                              (Enige toepaslike slot is aanvaarbaar)    (2)

 Gebruik die volgende assesseringstabel tesame met bogenoemde om die
 bespreking te assesseer.

  PUNTE                       INTERPRETASIE VAN ONDERWERP
    0         Kandidaat toon geen begrip van onderwerp nie.
    1         Kandidaat toon ietwat begrip van die onderwerp, maar
              het belangrike aspekte weggelaat.                       (1 – 15 punte)
     3        Kandidaat het die onderwerp korrek verstaan, maar het nie feite
              gekoppel aan die onderwerp nie.                        (16 – 24 punte)
     5        Kandidaat het onderwerp korrek verstaan en het feite aan die
              onderwerp gekoppel.                                   (25 – 35 punte)     (5)
                                                                                       [40]

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              EKONOMIE V1                               (NOVEMBER 2013)

VRAAG 6

Skryf ’n opstel oor die redes vir/oorsake van armoede.
Verduidelik kortliks die uitwerking/gevolge van armoede.

INLEIDING

Armoede verwys na ’n situasie waar mense nie hulle basiese behoeftes kan
bevredig nie.                     (Enige toepaslike inleiding is aanvaarbaar.)      (3)

INHOUD

Hoë bevolkingsgroei 

    Groot aantal mense met onvoldoende hulpbronne, werk en kos. 
    Oorbevolking kan lei tot agteruitgaan van natuurlike omgewing, water, grond,
     ens. 

Gebrek aan infrastruktuur 

    Onvoldoende vervoerstelsel en kommunikasienetwerke en ’n gebrek aan
     energieverskaffing laat kostes en risiko’s styg. 
    Hoë bevolkingskonsentrasie en uitgestrektheid van landelike gebiede maak
     dit onbekostigbaar. 

Werkloosheid 

    Dit is die belangrikste rede vir armoede. 
    Dit is die gevolg van ’n onvermoë om werk te vind of te skep. 
    Werklose mense het nie genoeg geld om hul basiese behoeftes te bevredig
     nie. 
    In ontwikkelende lande maak mense ’n bestaan uit landbou. 

Kringloop van armoede 

    Arm mense is vasgevang in ’n situasie van armoede van een geslag na die
     volgende. 
    Vorme van inmenging is nodig om hierdie kringloop van armoede te
     breek. 

Welsyn-afhanklikheid 

    Sosiale toelae mag dien as afskrikmiddel vir mense wat werk of werk
     soek. 
    Sommige mense verkies om op toelaes te leef wat hul basiese behoeftes
     bevredig. 

Verstedeliking en geforseerde hervestiging 

    Migrasie binne lande lei soms tot armoede. 
    Geforseerde of vrywillige skuif van mense lei soms tot die ontstaan van
     informele nedersettings. 

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                         EKONOMIE V1                                      13

 Gebrek aan sosiale infrastruktuur 

 Gebrek aan gesondheidsorg: 

      Siektes is ook ’n oorsaak van armoede. 
      Baie arm gemeenskappe het geen toegang tot gesondheidsdienste
       nie. 
      As die inkome verdiener sterf of te siek raak om te werk, is die hele familie
       sonder ’n inkome. 
      In arm lande is primêre gesondheidsorg en aanvullende faktore
       (voldoende voeding, geletterdheid, goeie mediese personeel, ens.)
       onvoldoende. 
      Dus kan siektes soos MIV/Vigs nie bekamp word nie. 

 Gebrek aan onderwys: 

      Gebrek aan onderwys en opleiding is die hoofoorsake van
       werkloosheid. 
      Baie arm lande kan nie onderwys bekostig nie. 
      Ekonomiese groei en ontwikkeling steun baie op hoeveelheid en kwaliteit
       van onderwys. 

 Swak staatsbestuur en beleide 

      Dit lei tot korrupsie, nepotisme, swak belastinginvordering en armoede
       verligtingsprogramme. 
      Funksies van wetgewer, regstelsel en uitvoerende gesag word nie geskei
       nie. 
      Begrotings, prosedures en protokolle word nie gerespekteer nie. 

 Gebrek aan hulpbronne 

      Totale hulpbronne in ontwikkelende lande is nie genoeg vir almal nie. 
      Kollektiewe armoede vind plaas in baie lande regoor die wêreld – Asië, Suid-
       Amerika, ens. 

 Investering en skuld 

      Lande is arm omdat daar nie geld is vir investering nie en daar is nie geld vir
       investering nie, omdat hulle arm is. 
      Investering is noodsaaklik vir ontwikkeling en groei. 
      ’n Oormatige skuld-tot-BBP verhouding kan nadelig wees vir ontwikkeling en
       groei. 

 Tekort aan tegnologiese vooruitgang 

      Ontwikkelende lande het nie bygehou met die nuutste tegnologiese
       vooruitgang nie. 

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                EKONOMIE V1                               (NOVEMBER 2013)

Geweld en oorlog 

      Verlies aan geld wat andersins vir onderwys, gesondheid, ens., aangewend
       kon word. 
      Dit vernietig menslike lewens, kapitaal en toerusting.       (Enige 10 x 2)    (20)

OORSAKE/GEVOLGE/UITWERKING VAN ARMOEDE

      Gebrek aan skoon water, sanitasie of basiese gesondheidsorg kan lei tot
       mense wat siek raak. 
      Sterftekoers verhoog as gevolg van wanvoeding en gebrek aan mediese
       dienste. 
      Demoraliserende psigologiese uitwerking op mense. 
      Onregverdige behandeling van en diskriminasie teen arm mense kan lei tot
       die verlies aan self-respek en waardigheid. 
      Omdat groot bedrae geld begroot word vir sosiale toelaes, is daar minder geld
       om te voorsien in ander ontwikkelingsbehoeftes van die land. 
      Lae lewenspeil. / Lae ontwikkelingsvlak. 
      Toename in misdaad, openbare onrus en plaaslike geweld. 
      Arm gesinne ervaar baie meer stres as gemiddelde inkome gesinne. 
      Dit werk negatief in op natuurlike hulpbronne. 
      Verminderde vraag. 
      Styging in bevolkingsgetalle. 
      Afname in produktiwiteit. 
      Landelik-stedelike migrasie. 
      Degradering van die omgewing soos storting in oop gebiede, ontbossing en
       besoedeling.                                                  (Enige 5 x 2)    (10)

SLOT

Armoede veroorsaak enorme skade aan individue en dit lei tot baie probleme
onder mense en in gemeenskappe. 
                                        (Enige toepaslike slot is aanvaarbaar.)          (2)

Gebruik die volgende assesseringstabel tesame met bogenoemde om die
bespreking te assesseer.

     PUNTE                    INTERPRETASIE VAN ONDERWERP
       0      Kandidaat toon geen begrip van onderwerp nie.
       1      Kandidaat toon ietwat begrip van die onderwerp, maar
              het belangrike aspekte weggelaat.                      (1 – 15 punte)
       3      Kandidaat het die onderwerp korrek verstaan, maar het nie feite
              gekoppel aan die onderwerp nie.                       (16 – 24 punte)
       5      Kandidaat het onderwerp korrek verstaan en het feite aan die
              onderwerp gekoppel.                                  (25 – 35 punte)       (5)
                                                                                        [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:           40
                                                                GROOTTOTAAL:            150

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [ECON GR 11 P1 FINAL EXAM MEMO 2013](https://www.hlayiso.com/library/econ-gr-11-p1-final-exam-memo-2013/bfad7579-1a2a-47fc-ad6f-4f7eaaff26bf) — Economics · Memo · 2013
- [ECON P2 GR11 -MEMO-Eng](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-eng/bfaad6c6-a550-4878-865b-5391588394c1) — Economics · Memo · 2013 · Eng
- [ECON P2 GR11 -MEMO-Afr](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-afr/ffa46060-9736-487f-b9d6-fb07eff3abe6) — Economics · Memo · 2013 · Afr
- [ECON P2 GR11 -QP-Eng](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-eng/718d3a74-43b5-4290-b854-14bb77595b0a) — Economics · QP · 2013 · Eng
- [Economics P1 Grade 11 Exemplar 2013 Afr Memo](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-grade-11-exemplar-2013-afr-memo/40d1a430-226f-4d0c-ad9d-f6911438b780) — Economics · Memo · 2013 · Afr
- [Economics P2 Grade 11 Exemplar 2013 Afr Memo](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-grade-11-exemplar-2013-afr-memo/c5ccea2d-cb21-4bc1-95a4-97de4ef1b929) — Economics · Memo · 2013 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406) — QP · 2025 · Afr
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 QP NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-english-june-2024-question-paper/a5bf3155-bcd3-4b96-83c6-1d36905153a9) — QP · 2024 · Eng
- [NW 11 ECONOMICS P2 QP AFR NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
