# Economics Grade 11 Eastern Cape November 2013 QP (Afr)

> Grade 11 Economics question paper from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/ekon-gr11-v1-qp-afr-nov2013/1eacbc11-a91f-4b09-a58f-f41de941affd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 Eastern Cape November 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/ekon-gr11-v1-qp-afr-nov2013/1eacbc11-a91f-4b09-a58f-f41de941affd)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   NASIONALE
               SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 11

                   NOVEMBER 2013

                EKONOMIE V1
             (MAKRO-EKONOMIE)

PUNTE:       150

TYD:         1½ uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 EKONOMIE V1                               (NOVEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord VIER vrae as volg:

     AFDELING A: VERPLIGTEND
     AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in die ANTWOORDEBOEK.
     AFDELING C: Beantwoord enige EEN vraag in die ANTWOORDEBOEK.

2.   Skryf die vraagnommer boaan elke vraag.

3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
     vraestel gebruik word.

4.   Lees die vrae sorgvuldig en begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.   Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae.

6.   Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg en inhoud van jou
     antwoorde voldoen aan die kognitiewe vlakke van die vrae.

7.   Skryf netjies en leesbaar.

8.   Slegs die vereiste aantal vrae sal nagesien word in die volgorde waarin dit
     in die ANTWOORDEBOEK verskyn.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                      EKONOMIE V1                                     3

 AFDELING A (Verpligtend)

 VRAAG 1

 1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
          gegee. Kies die mees korrekte antwoord en skryf slegs die letter
          (A, B of C) langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in
          die ANTWOORDEBOEK neer.

          1.1.1   Die ... kombineer al die ander produksiefaktore om goedere en
                  dienste te produseer ten einde verbruikers se behoeftes te
                  bevredig.

                  A      arbeider
                  B      entrepreneur
                  C      regering                                                    (2)

          1.1.2   Goedere wat nie direk verbruik word nie, maar wat help om
                  ander goedere te produseer, word ... goedere genoem.

                  A      verbruikers-
                  B      kapitaal-
                  C      vrye                                                        (2)

          1.1.3   In ’n sentraal beplande ekonomie, word alle ekonomiese
                  besluit deur ... geneem.

                  A      die regering
                  B      individue
                  C      besighede                                                   (2)

          1.1.4   Eskom genereer elektrisiteit in Suid-Afrika deur hoofsaaklik ...
                  te gebruik.

                  A      water
                  B      steenkool
                  C      wind                                                        (2)

          1.1.5   Die verspreiding van inkome of rykdom in ’n land word deur die
                  ... kurwe voorgestel.

                  A      Phillips-
                  B      Laffer-
                  C      Lorenz-                                                     (2)

          1.1.6   Hierdie program is in 1994 geïmplementeer om die sosio-
                  ekonomiese probleme aan te spreek wat deur die beleide van
                  die vorige regering teweeggebring is.

                  A      MOI
                  B      HOP
                  C      Jipsa                                                       (2)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              EKONOMIE V1                                (NOVEMBER 2013)

      1.1.7    Die minimum vlak van inkome wat nodig is om ’n basiese
               lewenspeil te handhaaf, word ... genoem.

               A     die armoedelyn
               B     die relatiewe armoede
               C     die kroniese armoede                                             (2)

      1.1.8    Die Sentrale Bank van Suid-Afrika is die ...

               A     Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsbank.
               B     Standard Bank van Suid-Afrika.
               C     Suid-Afrikaanse Reserwebank.                                     (2)

1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat pas by ŉ begrip in KOLOM A.
      Skryf slegs die korrekte letter (A–I) langs die ooreenstemmende
      vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld
      1.2.9 I.

              KOLOM A                              KOLOM B
      1.2.1   SADU                 A      Ontginning van grondstowwe

      1.2.2   BBP                  B      Vryemark-ekonomie

      1.2.3   Kapitalisme          C      Persentasie van totale bevolking
                                          wat in armoede leef

      1.2.4   Primêre sektor       D      Mense met dringende behoeftes wat
                                          nie deur die regering aangespreek
                                          word nie

      1.2.5   Inheemse Kennis-     E      Totale waarde van finale goedere
              stelsel                     wat binne die grense van ’n land
                                          geproduseer word

      1.2.6   Armoedekoers         F      Tradisionele genesing en medisyne

      1.2.7   Quasi-geld           G      Vervang Doeane-unie Ooreenkoms
                                          van 1910

      1.2.8   Gemarginaliseerde    H      Bankspaarrekeninge en termyn-
              groep                       deposito’s

                                   I      Totale waarde van finale goedere
                                          wat deur permanente inwoners
                                          geproduseer is
                                                                       (8 x 1)        (8)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                    EKONOMIE V1                                        5

 1.3      Toon aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs
          WAAR of ONWAAR langs die ooreenstemmende vraagnommer
          (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          1.3.1    Ekonomiese goedere is skaars en mense is bereid om
                   daarvoor te betaal.

          1.3.2    Daar is drie deelnemers in ’n oop ekonomie.

          1.3.3    Sekondêre nywerhede verander natuurlike hulpbronne na
                   nuttige goedere.

          Voltooi die ontbrekende woord in die volgende sinne. Skryf slegs die
          woord langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.3.4–1.3.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.3.4    ’n Geskrewe opdrag aan die bank om ’n sekere bedrag uit die
                   trekker se lopende rekening te betaal, word ’n ... genoem.

          1.3.5    Lae lewenspeil is ’n eienskap van ... lande.

          1.3.6    In ’n sakeonderneming word die besluite oor wat om te
                   produseer en waar om die besigheid op te rig, deur die ...
                   geneem.
                                                                            (6 x 1)   (6)

                                                           TOTAAL AFDELING A:         30

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               EKONOMIE V1                                              (NOVEMBER 2013)

AFDELING B        (BEANTWOORD ENIGE TWEE VRAE UIT HIERDIE AFDELING.)

VRAAG 2                                                                                   (40 PUNTE)

2.1   Noem enige TWEE kategorieë van arbeid.                                          (2 x 2)        (4)

2.2   DATA RESPONS

      Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

      Verskillende maatstelsels word gebruik om die prestasie van ’n land se
      ekonomie te meet. Die eerste stap is om die totale produksie-uitset van
      ’n land te meet. In die ekonomiese kringloop van ’n land, is dit duidelik
      dat een persoon se besteding ’n ander persoon se inkome is en mense
      bestee hulle inkome op goedere en dienste. Al drie maatstelsels van die
      totale uitset van ’n ekonomie is dieselfde
      Nasionale produksie = Nasionale besteding = Nasionale inkome

                                                            [Aangepas uit Fokus op Ekonomie]

      2.2.1    Noem enige TWEE metodes om BBP te bereken.                                            (4)

      2.2.2    Onderskei tussen ‘intermediêre goedere’ en ‘finale goedere’.                          (4)

      2.2.3    Definieer die begrip ‘finale verbruiksbesteding deur
               huishoudings’.                                                                        (2)

2.3   DATA RESPONS

      Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

      Groei in indiensname in die mynsektor reflekteer gedeeltelik die
      volgehoue toename in kommoditeitpryse en die sterk vraag van Asië en
      ander opkomende markekonomieë. Goudproduksie aan die ander kant
      het afgeneem, grootliks as gevolg van geologiese uitdagings en die
      toename in produksiekoste.

                          [Verkort en aangepas uit die SARB Kwartaallikse bulletin, Junie 2011]

      2.3.1    Noem EEN rede, volgens die uittreksel, vir die groei in
               indiensname in die mynsektor.                                                         (2)

      2.3.2    Wat, volgens die uittreksel, is die redes vir die afname in die
               goudproduksie?                                                                        (4)

      2.3.3    Noem TWEE ekonomiese belangrikhede van die primêre
               sektor.                                                                               (4)

2.4   Verduidelik die voordele van ’n markekonomie kortliks.                                         (8)

2.5   Verduidelik die ekonomiese belangrikheid van ‘energie’ as deel van
      Suid-Afrika se infrastruktuur, kortliks.                                                      (8)
                                                                                                   [40]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                     EKONOMIE V1                                               7

 VRAAG 3                                                                               (40 PUNTE)

 3.1      Noem enige TWEE ‘ontwikkelingstrategieë’.                               (2 x 2)     (4)

 3.2      DATA RESPONS

          Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

                  Provinsie           Koptelling-indeks          Armoede-gaping
                                                                   verhouding
          Wes-Kaap                          20,73%                    7,04%
          Oos-Kaap                          47,09%                   19,65%
          Vrystaat                          29,79%                   10,93%
          Noordwes                          38,18%                   15,15%
          Gauteng                           18,33%                    5,61%
                                                             [Aangepas uit StatsSA 2011]

          3.2.1     Definieer die begrip ‘armoede koptelling-indeks’.                         (2)

          3.2.2     Wat, volgens die tabel, is die persentasie van mense wat in die
                    Oos-Kaap in armoede leef?                                                 (2)

          3.2.3     Onderskei tussen ‘absolute armoede’ en ‘relatiewe armoede’.               (4)

          3.2.4     Watter provinsie, volgens die tabel, het die laagste aantal arm
                    mense?                                                                    (2)

 3.3      DATA RESPONS

          Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

              Suid-Afrikaanse Reserwebank sny repokoers tot 5%
          Ten spyte van verbeterde inflasiesyfers en die voortslepende eurosone
          krisis, het die Reserwebank ekonomiese ontleders Donderdag verras,
          toe hulle, die eerste keer in maande, die repokoers met 50 basispunte
          gesny het.

                                                             [Aangepas uit M&G, Julie 2012]

          3.3.1     Definieer die begrip ‘repokoers’.                                         (2)

          3.3.2     Wat, volgens die uittreksel, is die redes vir die sny van die
                    repokoers?                                                                (4)

          3.3.3     Verduidelik die begrip ‘Mzansi rekeninge’ kortliks.                       (4)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               EKONOMIE V1                                             (NOVEMBER 2013)

3.4   Verduidelik kortliks die rol van SAOG in Suider-Afrika.                                       (8)

3.5   Bespreek ‘lae vlakke van produktiwiteit’ as een van die eienskappe van
      ontwikkelende lande.                                                                         (8)
                                                                                                  [40]

VRAAG 4                                                                                  (40 PUNTE)

4.1   Noem enige TWEE voorbeelde van ‘sosiale toelaes’.                             (2 x 2)         (4)

4.2   DATA RESPONS

      Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

              LAND                    UITVOERE                          INVOERE
      Botswana                           4 693                             5 657
      Nigerië                           79 000                            37 000
      Egipte                            26 438                            52 923
      Namibië                            4 090                             5 360
      Swaziland                          1 550                             1 700
      Suid-Afrika                       81 821                             9 050
                               [Aangepas uit Afrika Ontwikkelingsbank statistieke departement]

      4.2.1    Watter land, volgens die tabel, is die grootste uitvoerder van
               goedere en dienste?                                                                  (2)

      4.2.2    Onderskei tussen ‘handel surplus’ en ‘handelstekort’.                                (6)

      4.2.3    Definieer die begrip ‘uitvoer’.                                                      (2)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                    EKONOMIE V1                                            9

 4.3      DATA RESPONS

          Bestudeer die onderstaande foto en beantwoord die vrae wat volg.

                                                          [Aangepas uit Mail&Guardian]

          4.3.1    Wat, volgens bostaande foto, is die eis van die werkers?               (2)

          4.3.2    Onderskei tussen ‘nominale lone’ en ‘reële lone’.                      (4)

          4.3.3    Noem enige TWEE eienskappe van arbeid.                                 (4)

 4.4      Verduidelik finale verbruiksbesteding deur die owerheid kortliks.               (8)

 4.5      Verduidelik enige TWEE funksies van geld kortliks.                              (8)
                                                                                         [40]

                                                           TOTAAL AFDELING B:             80

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               EKONOMIE V1                                (NOVEMBER 2013)

AFDELING C      (BEANTWOORD ENIGE EEN VRAAG UIT HIERDIE AFDELING.)

               PUNTETOEKENNING VIR OPSTELTIPE VRAE
                                                                   PUNTE-
                STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                 TOEKENNING
Inleiding                                                          Maks. 3
Inhoud
     Hoofdeel: Byvoorbeeld bespreek/verduidelik /                 Maks. 20
                 gedetailleerde opstel/ontleed/evalueer
     Addisionele gedeelte: Byvoorbeeld teken ŉ grafiek of
                                                                   Maks. 10
                             diagram/verwys/dui aan
Slot                                                                Maks. 2
Interpretasie                                                       Maks. 5
TOTAAL                                                                40

VRAAG 5

OPSTELTIPE VRAAG

Verduidelik die eienskappe van kapitaal ten volle.
As toevoeging verduidelik die ekonomiese belangrikheid van kapitaal kortliks.         [40]

VRAAG 6

OPSTELTIPE VRAAG

Skryf ’n opstel oor die redes vir/oorsake van armoede.
Verduidelik kortliks die uitwerking/gevolge van armoede.                              [40]

                                                           TOTAAL AFDELING C:           40
                                                               GROOTTOTAAL:            150

## Related documents

- [ECON P2 GR11 -QP-Eng](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-eng/718d3a74-43b5-4290-b854-14bb77595b0a) — Economics · QP · 2013 · Eng
- [ECON GR 11 P1 FINAL EXAM MEMO 2013](https://www.hlayiso.com/library/econ-gr-11-p1-final-exam-memo-2013/bfad7579-1a2a-47fc-ad6f-4f7eaaff26bf) — Economics · Memo · 2013
- [ECON P2 GR11 -MEMO-Eng](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-eng/bfaad6c6-a550-4878-865b-5391588394c1) — Economics · Memo · 2013 · Eng
- [ECON P2 GR11 -MEMO-Afr](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-afr/ffa46060-9736-487f-b9d6-fb07eff3abe6) — Economics · Memo · 2013 · Afr
- [Economics P1 Grade 11 Exemplar 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-grade-11-exemplar-2013-afr/8e0f4a03-bfa7-4129-b1d7-1989705c9a51) — Economics · QP · 2013 · Afr
- [Economics P2 Grade 11 Exemplar 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-grade-11-exemplar-2013-eng/bee44f6f-cb26-47a0-a272-08bd98a10e7c) — Economics · QP · 2013 · Eng

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
