# Economics Grade 11 Eastern Cape November 2014 Memo (Afr)

> Grade 11 Economics memorandum from the Eastern Cape November 2014 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/ekon-v1-gr11-memo-nov-2014-afr/254a4286-0875-428a-9d48-59b55615b07b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Document type: Memorandum
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 Eastern Cape November 2014 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/ekon-v1-gr11-memo-nov-2014-afr/254a4286-0875-428a-9d48-59b55615b07b)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2014. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                      NOVEMBER 2014

                       EKONOMIE V1
                       MEMORANDUM

PUNTE:   150

                    Hierdie memorandum bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                       EKONOMIE V1                            (NOVEMBER 2014)

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1     1.1.1       B      intermediêre
         1.1.2       B      ongeskoolde arbeid
         1.1.3       C      progressiewe
         1.1.4       B      Ekonomiese groeikoers
         1.1.5       C      verskuilde werkloosheid
         1.1.6       B      repokoers
         1.1.7       A      vlak van per capita inkome
         1.1.8       C      Statebond                                        (8 x 2)    (16)

 1.2     1.2.1       B  Gratis gawe uit die natuur
         1.2.2       E  Verteenwoordig besteding op kapitaalvoorraad
         1.2.3       H   Bevorder volhoubare en regverdige ekonomiese groei en
                         ekonomiese ontwikkeling in Suider-Afrika
         1.2.4       F  Toeken van regerings tenders aan ondernemings wat aan
                         die SEB wetgewing voldoen
         1.2.5       A  Maatreëls deur die SARB geneem om die aanbod van
                          geld te beïnvloed
         1.2.6       C  Gebruik van goedere en dienste om behoeftes te bevredig
         1.2.7       D  Formele en spesifieke aktiwiteite wat die vermoë van alle
                         individue om hulle eie potensiaal te bereik, verbeter
         1.2.8       I  Die verkryging van ondernemings in private besit deur die
                         regering, sonder vergoeding                           (8 x 1)     (8)

 1.3     1.3.1       Produksiemetode 
         1.3.2       Menslike ontwikkelingsindeks (MOI) 
         1.3.3       Finale goedere 
         1.3.4       Ontwikkelende land 
         1.3.5       Inkome verdeling 
         1.3.6       Monetêre Unie                                            (6 x 1)     (6)

                                                             TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                            EKONOMIE P1                                         3

AFDELING B (Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling.)

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1.    Noem enige TWEE soorte kapitaal

        2.1.1         Fisiese kapitaal 
                      Finansiële kapitaal 
                      Vaste kapitaal 
                      Menslike kapitaal 
                      Sosiale kapitaal 
                      Kapitaalvoorraad 
                      Bedryfskapitaal                                      (Enige 2 x 1)         (2)

        2.1.2      Markekonomie los die basiese ekonomiese probleem van “wat”,
                    “hoe” en “vir wie” om te produseer hoofsaaklik op deur middel van
                    die markmeganisme. 
                                                   OF
                   Beteken dat pryse en hoeveelhede in die ekonomie beheer word
                    deur die markkragte van vraag en aanbod.                 (1 x 2)             (2)

2.2     DATA RESPONS

        2.2.1     Is geld wat deur die regering aan goedere en dienste, wat voordele
                  aan die hele gemeenskap bied, bestee word.                                     (2)

        2.2.2     Onderwys                                                                       (2)

                   Onderwys is belangrik vir vaardigheidsontwikkeling in SA om die
                    arbeidsmag te verbeter 
                   Om jong mense lewensvaardighede en belangrike waardes te
                    leer.                                              (Enige 1 x 2)             (2)
                                                         (Enige toepaslike antwoord)

        2.2.3         Dit voorsien goedere en dienste wat beide individuele en
                       kollektiewe behoeftes van die gemeenskap bevredig. 
                      Verskaf goedere en dienste teen laer koste en soms gratis, wat
                       lede van die publiek help om hierdie dienste te geniet. 
                      Werkskepping deur basiese projekte soos die oprigting van paaie,
                       damme en riolering.                                  (Enige 2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                     EKONOMIE V1                            (NOVEMBER 2014)

2.3     DATA RESPONS

        2.3.1   Is die vergoeding of betaling vir die gebruik van produksiefaktore wat
                beperk is in aanbod.                                                         (2)

        2.3.2   Vraag en aanbod.                                                             (2)

        2.3.3     Die aanbod van natuurlike hulpbronne is vas en is beperk tot dit
                   wat die natuur aan ons voorsien 
                  Dit is beperk omdat die hulpbronne nie mensgemaak is nie 
                  Hierdie hulpbronne is skaars in verhouding tot die vraag
                   daarvoor 
                  Die beskikbaarheid van nie-hernieubare hulpbronne kan nie
                   verhoog word indien meer hulpbronne vereis word nie. 
                  Dit is egter moontlik om meer van die beskikbare hulpbronne uit te
                   buit 
                  Die nadeel hiervan is dat dit dan gouer opgebruik sal word 
                  Nuwe tegnologie kan die produktiwiteit van sommige natuurlike
                   hulpbronne verbeter                                   (Enige 2 x 1)        (2)

        2.3.4   Ekonomiese huur = R35 000 – R10 000  = R25 000                             (4)

2.4     Vergelyk ‘eienaarskap’ en ‘motivering’ as die ekonomiese eienskappe van
        sentraal beplande en gemengde ekonomiese stelsels in tabelvorm.

        Sentraal beplande                        Gemengde ekonomie
        Eienaarskap                              Eienaarskap
         Produksiefaktore, behalwe arbeid        Verbruikers, produsente en
           is in staatsbesit.                    organisasies besit meeste van die
         Arbeidsdienste word egter deur die        produksiefaktore. 
           staat bestuur.                       Die staat mag ŉ beduidende
         Daar is nie privaat besit van             gedeelte besit. 
           eiendom, grond of besigheid nie.       In SA, besit die staat direk grond en
         Alle privaat eiendom is                   kapitaal, deur sy ondernemings
           genasionaliseer.                      soos Transnet, Telkom,
         Nasionalisasie is ŉ praktyk om            Poskantoor, Eskom, SABC en
           hierdie kenmerk te versterk.           Waterraad.
        Motivering                               Motivering
         Verbruikers, ondernemings en            In die privaat sektor van die
           staat word aanvaar om almal              gemengde ekonomie, word aanvaar
           onbaatsugtig te wees, en saam te         dat verbruikers en produsente deur
           werk tot voordeel van die                eiebelang gemotiveer word. 
           gemeenskap.                         Die openbare sektor, word egter
         Dit is in teenstelling met meeste         aanvaar om gemotiveer te word
           ekonomiese agente in mark                deur die noodsaaklikheid om die
           ekonomieë wie aanvaar word om            sosiale behoeftes van die
           slegs deur eiebelang gemotiveer          gemeenskap te bevredig. 
           word.                         (4)                                        (4)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                         EKONOMIE P1                                        5

 2.5    Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die tersiêre sektor in die
        ekonomie.

        2.5.1     Bydrae tot die BBP 

                   Die tersiêre sektore maak tans die grootste bydrae tot Suid-Afrika
                    se BBP. 
                   Die bydrae het van 51% van die BBP in 1960 gestyg tot 67% in
                    2010. 
                   Dit toon dat ons ekonomie meer ontwikkeld raak soos wat
                    produkte van die ander sektore in formele markte verhandel
                    word. 

        2.5.2     Bydrae tot werkverskaffing en opleiding 

                   Die tersiêre sektor is die grootste werkverskaffer in die
                    ekonomie. 
                   Dit het 71% van die arbeidsmag in 2010 in diens gehad.
                   Dit verskaf werk aan hoogs geskoolde sowel as semi-geskoolde
                    en ongeskoolde werkers.
                   Geleenthede vir opleiding word verskaf deur meeste besighede in
                    hierdie sektor, beide in staats- en privaatbesit. 

        2.5.3     Bydrae tot ekonomiese groei 

                   Die groei van die tersiêre sektor was meer as dié in enige van die
                    ander sektore.
                   Die groei in die tersiêre sektor vir die sewe jare vanaf 2003 tot
                    2010 was baie hoër as in die primêre en die sekondêre
                    sektore.
                   Oor hierdie tydperk was die tersiêre sektor die “enjin van groei”
                    wat die ander sektore getrek het. 

        2.5.4     Bydrae tot uitvoere

                   Lande voer dienste uit wanneer hulle dienste, aan buitelanders,
                    verkoop, soos versekering en hawefasiliteite. 
                   Lande kan ook dienste invoer. 
                   Die groei van die tersiêre sektor was meer as in enige van die
                    ander sektore. 
                                                                          (Enige 4 x 2)     (8)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                        EKONOMIE V1                            (NOVEMBER 2014)

    VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES

    3.1   3.1.1       Vergelyk lewensstandaard. 
                      Dui lewensstandaard aan. 
                      Dui ekonomies ontwikkeling aan.                    (Enige 2 x 1)      (2)

          3.1.2      Inkome verdeling wat in nie in verhouding tot die aantal persone in
                     die bevolking is nie.             (Enige toepaslike antwoord)          (2)

    3.2   DATA RESPONS

          3.2.1   Dis al die geboude fasiliteite wat nodig is vir ekonomiese
                  ontwikkeling, bv. paaie, telefone en hospitale, ens.                      (2)

          3.2.2    Ekonomiese infrastruktuur – vervoer, water, sanitasie,
                    elektrisiteit, ens. 
                   Sosiale infrastruktuur – gesondheid, behuising, kultuur
                    aktiwiteite                                                              (2)

          3.2.3    Vervoer                                                                 (2)

          3.2.4       Bepaal die sukses van vervaardiging en landbou-aktiwiteite. 
                      Verbeter lewens 
                      Verminder armoede 
                      Brei kulturele vooruitgang uit                 (Enige 2 x 2)         (4)

    3.3   DATA RESPONS
          3.3.1   Inflasie is aanhoudende styging in die algemene prysvlakke oor ŉ
                  periode van tyd.                                                          (2)
          3.3.2   3% tot 6%                                                                 (2)
          3.3.3   Die waarde van geld is laag/het gedaal.                                   (2)
          3.3.4    Gesondheid 
                   Vervoer 
                   Onderwys                                            (Enige 2 x 2)       (4)

    3.4   Bespreek die redes vir ongelyke verspreiding van inkome.

           Ongelyke besit van rykdom – Soos rykdom inkome genereer in die vorm
            van winste, rente en dividende, veroorsaak verskille in rykdom verskille
            in inkome. 
           Verskille in die samestelling van huishoudings – Sommige huishoudings
            is groot en ander is klein. 
           Verskille in vaardighede en kwalifikasies – Die met gevorderde
            vaardighede en kwalifikasies sal heel waarskynlik hoër inkome
            verdien. 
           Diskriminasie – Die inkome van sommige groep is benadeel deur
            diskriminasie in terme van werksgeleenthede, salaris en bevorderings
            geleenthede.  (Slegs gelys – maks. 4 punte)                     (4 x 2)         (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                         EKONOMIE P1                                          7

  3.5    Elemente van IK

          Die ekonomiese element  – Sluit in landbou-aktiwiteite, bv. lewende
           hawe en gewasverbouing.  Mynbou bv. goud, yster en koper. 
           Vervaardiging bv. boerdery-implemente soos ploeë, huishoudelike
           eetgerei, handwerk en juwele.  Dienste bv. gesondheidsorg,
           medisyne, mediese behandeling en versorging. 
          Die sosiale (kulturele) element  – Sluit in geloof en godsdienstige
           aktiwiteite bv. ontspanning en onderwys.  – Lewe volgens die
           beginsels van Batho-Pele (plaas mense eerste) en Letsema (bied aan
           om meer te doen). 
          Die bestuur (politieke) element  – Sluit in die gesagstelsel bv.
           konings, hoofmanne en die regstelsel bv. verhore en strafmaatreëls. 
                                                                              (2 x 4)       (8)
                                                                                           [40]

  VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES

  4.1    4.1.1       Duursame goedere 
                     Nie-duursame goedere 
                     Semi duursame goedere 
                     Dienste                                           (Enige 2 x 1)      (2)

         4.1.2    Ekonomiese groei is ŉ toename in die produksiekapasiteit van
                  goedere en dienste in ŉ land oor ŉ jaar, in fisiese terme.              (2)

  4.2    DATA RESPONS

         4.2.1    Nuwe Groeipad is ŉ makro-ekonomiese beleid wat in 2010
                  bekendgestel is om armoede en werkloosheid te beveg en
                  werkskepping te prioritiseer.                                           (2)

         4.2.2     Is om vyf miljoen werksgeleenthede teen 2020 te skep.                 (2)

         4.2.3     Om die sigbaarheid en samewerking van Suid-Afrika se R860
                    miljard se openbare investering veldtog, te verbeter. 
                   Dit sal alle sfere van die regering, verskeie nasionale
                    departemente en SBOs insluit. 
                   Sal daarna streef om regulerende en befondsing beperkings op
                    te hef. 
                   Stel vyf-jaar projek voorkeure 
                   Skep sekerheid oor verwagte ontwikkelings en nywerheids na-
                    draaie. 
                   Ondersteun die herlewing van die treinspoor infrastruktuur 
                   Verkry beheer oor die lewensiklus onderhoud uitdaging en
                    verbeter skakeling met arm en plattelandse
                    gemeenskappe.                                       (Enige 1 x 2)     (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                        EKONOMIE V1                        (NOVEMBER 2014)

          4.2.4      Infrastruktuur 
                     Landbou- en landbouverwerking 
                     Mynbou- en mineraalverdeling 
                     Vervaardiging 
                     Toerisme en verkose dienste                    (Enige 2 x 2)     (4)

    4.3   DATA RESPONS

          4.3.1      Besparings 
                     Geskenke 
                     Waardering van bates 
                     Geluk 
                     Entrepreneurs aktiwiteite                     (Enige 2 x 1)       (2)

          4.3.2    Individue spaar wanneer hulle hulleself daarvan weerhou om
                    hulle hele inkome te bestee 
                   Hulle versamel rykdom wanneer hulle kontant terughou,
                    deposito’s maak, premies betaal op versekeringpolisse en
                    beleggings maak.                                                   (4)

          4.3.3    Lorenz-kurwe 
                   Gini-koeffisiënt                                                    (2)

          4.3.4   Hulle is noodsaaklik vir ekonomiese groei en ontwikkeling.           (2)

    4.4   Bespreek ‘geld as ’n waardedraer’ en ‘geld as ’n rekeneenheid’ as
          funksies van geld.

          Geld as ŉ waardedraer
           Geld word welgemeen aanvaar, daar sal altyd individue, besighede en
             huishoudings wees wat in besit is van geld. 
           Nadat geld ontvang word as ŉ inkome, word dit gehou en betalings
             word gemaak wanneer goedere en dienste gekoop word. 
           Werkers ontvang byvoorbeeld hulle inkome een maal ŉ week of maand
             en spandeer dit gedurende die maand tot die volgende maand se
             salaris ontvang word. 
           Besighede ontvang geld wanneer huishoudings en ander debiteure
             hulle rekeninge betaal. 
           Wanneer geld gehou word, dien dit as waardedraer totdat dit gebruik
             word om vir goedere en dienste te betaal. 
           Geld wat nie spandeer word nie, vorm deel van persoonlike rykdom
             van individue en besighede. 
           Geld as ŉ waardedraer word ook gebruik om persoonlike rykdom te
             berg.                                                (Enige 2 x 2)        (4)

          Geld as rekeneenheid
           Goedere en dienste wat te koop is, het altyd ŉ prys. 
           Prys word uitgedruk in terme van standaardgeld, byvoorbeeld in rand
             en sent. 
           Wanneer iets ŉ prys het, dien geld as ŉ rekeneenheid. 
                                                                     (Enige 2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                               EKONOMIE P1                                                 9

  4.5    Onderskei tussen ‘kapitaal verbreding’ en ‘kapitaal verdieping’.

         Kapitaal-verbreding
          Gebeur wanneer die kapitaalvoorraad teen dieselfde koers as die
           arbeidsmark groei, wat lei tot die gemiddelde hoeveelheid kapitaal per
           arbeider wat dieselfde bly.
          Byvoorbeeld, in ’n span van 20 werkers is daar 10 grawe
           (kapitaalgoedere), wat ’n arbeid tot kapitaalverhouding van 2 : 1 gee.
          As die werkers toeneem tot 30, moet die werkgewer belê in nog 10
           grawe om die arbeid tot kapitaal verhouding te behou.
          Die werkers kan nou hulle vorige produksievlak per werker volhou.
          Daar sal geen ekonomiese groei, geen verandering in die reële BBP en
           die reële BBP per capita wees nie en ook geen verandering in die
           lewensstandaard wees nie.            (Enige 2 x 2)    (4)

         Kapitaal-verdieping
          Gebeur wanneer die hoeveelheid kapitaal per werker toegeneem het, dit
           is, wanneer die koers waarteen die kapitaalvoorraad toeneem, hoër is as
           die koers waarteen die arbeidsmag toeneem. 
          Byvoorbeeld, wanneer die aantal werkers toeneem van 20 na 40, moet
           die werkgewer belê in nog 20 grawe om ’n totaal van 30 grawe te
           verskaf. 
          Dit verhoog die kapitaal tot arbeidverhouding van 2 : 1 (of 4 : 2)
           tot 4 : 3. 
          Dit sal die span werkers toelaat om meer werk te doen en
           doeltreffendheid verhoog. 
          So, kapitaal verdieping lei tot ’n toename in die reële ekonomiese groei
           wat die lewensstandaard van die bevolking sal verbeter. 
          Dit is omdat dit lei tot ’n hoër reële BBP en hoër BBP per capita. 
                                                                        (Enige 2 x 2)                     (4)
                                                                                                        [40]

                                                                       TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  EKONOMIE V1                           (NOVEMBER 2014)

 AFDELING C (Beantwoord enige EEN vraag uit hierdie afdeling)

 VRAAG 5

 Bespreek die ekonomiese belangrikheid van entrepreneurskap. As
 toevoeging, bespreek hoe die Suid-Afrikaanse regering entrepreneurskap
 aanmoedig.

 INLEIDING

 ’n Entrepreneur is ’n persoon wat die risiko neem om ’n nuwe besigheid te begin en
 te finansier om die behoeftes van verbruikers te bevredig deur die ander
 produksiefaktore doeltreffend te kombineer om ’n wins te maak. 
                             (Enige toepaslike inleiding is aanvaarbaar)     Maks.       (2)

 INHOUD

 Belangrikheid van entrepreneurskap
  Entrepreneur word in klein en groot ondernemings gevind.  Omdat daar
    soveel meer klein ondernemings is, is die bydrae van entrepreneurs in die
    kleiner ondernemings beduidend. Oor die wêreld heen, blyk kleiner sake
    ondernemings die natuurlike teelaarde te wees vir entrepreneurs.  Kleiner
    besighede laat hulle meer vryheid toe om hulle eie innovasies toe te pas.
  In Suid-Afrika, begin baie entrepreneurs hulle eie mikro-besighede in die
    informele sektor om vir hulleself werk te verskaf.  Baie van hierdie
    entrepreneurs in die informele sektor is werkloos, arm mense wat die
    sakewêreld betree, bloot om te oorleef, sonder die fondse, vaardighede en
    kennis om ’n sukses van hulle besigheid te maak.  Hulle behoort erkenning
    te ontvang omdat hulle, hulle eie behoeftes bevredig. 
  Lande wat ’n kultuur van entrepreneurskap aanmoedig, soos Japan, VSA en
    Europa, word gekenmerk deur ekonomiese rykdom wat weerspieël word in
    hulle bevolkings sê hoë per capita inkome.  In lande waar ’n kultuur van
    entrepreneurskap ontbreek, soos in die voormalig Sowjetunie, lande in Oos-
    Europa, Afrika en selfs Suid-Afrika, is die per capita inkome baie laer.
  Suksesvolle entrepreneurs lewer ’n beduidende bydrae in die ekonomie van
    die gemeenskap waarin hulle sake bedryf asook tot die ekonomie van die land.
    

 Hulle bydraes is as volg:
  Hulle bevredig die behoeftes van verbruikers in die gemeenskap deur goedere
     en dienste te voorsien wat die gemeenskap vereis. 
  Hulle verskaf werk aan inwoners van die gemeenskap.  Sodoende plaas
     hulle inkome in die hande van werkers en verbruikers en help dit om die
     lewensstandaard van die werkende mense te verhoog.  Hulle help dikwels
     om werkloosheid te verminder. 
  Hulle dien as ’n mark vir die natuurlike hulpbronne of grondstowwe van die
     gemeenskap, so hulle verskaf inkome aan die eienaars van hierdie
     hulpbronne. 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                        EKONOMIE P1                                        11

    Verantwoordelike entrepreneurs toon leierskap in die verantwoordelike gebruik
     van skaars hulpbronne.  Hulle produseer nie goedere en dienste of stel
     afval vry in die aarde, water of atmosfeer, wat die omgewing kan beskadig
     nie. 
    Entrepreneurs maak produksie ’n realiteit, as gevolg van die hoë vlak van hulle
     strewes en motivering asook die dryfveer om goeie winste te maak.  Soos
     wat hulle streef om hulle eie take meer doeltreffend uit te voer, help hulle om
     produktiwiteit te laat toeneem. 
    Deur al hierdie aktiwiteite, lewer entrepreneurs ’n positiewe bydrae tot die
     ekonomiese groei van die gemeenskap waarbinne hulle werk asook die
     ekonomiese groei van die land.                                   (Enige 13 x 2)    (26)

 As toevoeging, bespreek hoe die Suid-Afrikaanse regering entrepreneurskap
 aanmoedig.

 As gevolg van die belangrikheid van entrepreneurskap in Suid-Afrika, het die
 regering sleutel-instellings geloods om Suid-Afrika se histories benadeelde
 entrepreneurs (vroue en jeug in besonder) te magtig om nuwe besighede op te rig.
 Sommige van hierdie instellings is die volgende:

    Die Klein ondernemings ontwikkelings-agentskap (Small Enterprise
     Developing Agency – Seda) wat nie-finansiële hulp, soos mentor programme,
     sake advies,  hulp met regerings tenders en ondersteuning met tegnologie
     aan klein ondernemings lewer. 
    Khula Kredietvrywaring Skema (Khula Credit Indemnity Scheme) verskaf
     toegang tot finansiering deur verskeie skemas en mikro-krediet in plattelandse
     gebiede, ten einde klein ondernemings te ondersteun tot voordeel van nuwe
     swart entrepreneurs.
    Sake Vennote Bpk. (Business Partners Ltd) is ’n spesialis beleggingsgroep,
     wat spesifiek aangepaste investering, mentorskap en eiendomsbestuur dienste
     beskikbaar stel aan KMO’s in Suid-Afrika.                              (5 x 2)     (10)

 SLOT
 Entrepreneurs is nodig vir die ekonomiese groei van ’n land. Regerings waardeer
 en erken hulle belangrikheid. 
                                    (Enige toepaslike slot is aanvaarbaar) Maks.           (2)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                    EKONOMIE V1                         (NOVEMBER 2014)

 VRAAG 6

 Bespreek die kenmerke van ontwikkelende lande. As toevoeging,
 verduidelik kortliks die ontwikkelingsstrategieë wat ’n land kan
 implementeer.

 INLEIDING

 Ekonomiese ontwikkeling is ’n proses van transformasie waartydens die inwoners
 van ’n land ’n hoër lewensstandaard, meer werksgeleenthede, regeringsinmenging
 en minder armoede ervaar. 
                           (Enige toepaslike inleiding is aanvaarbaar)     Maks.        (2)

 INHOUD

 1.    Lae lewensstandaard 
        Die lewenstandaard van die meeste mense is laag. 
        Hulle verdien lae inkome wat lei tot armoede, gebrek aan behuising. 
        Die lae lewenstandaard word gemanifesteer in:

       (a)   Armoede 
              ’n Groot aantal mense lewe onder die armoedelyn. 
              Armoede word gekenmerk deur onvoldoende behuising, swak
               gesondheid, beperkte onderwys, hoë kindermortaliteit, werkloosheid
               en ’n gevolg van wanhoop.
              ’n Huishouding wat in armoede lewe, het nie genoeg inkome om sy
               behoeftes te bevredig nie.

       (b)   Swak gesondheidstoestande 
              Mense ly aan wanvoeding en siektes. 
              Hierdie lande het nie genoeg voedsel nie. 
              Hulle is afhanklik van hulp van ontwikkelde lande.

       (c)   Gebrek aan onderwys 
              Die vlak van onderwys en opleiding is baie laag.
              Daarom ervaar hulle lae produktiwiteit en lae inkome. 
              Onderwys is noodsaaklik om ontwikkelende lande te verlos uit die
               siklus van armoede. 

 2.    Lae vlakke van produksie 
        Produktiwiteit per capita is baie laag.
        Die rede hiervoor is die swak gesondheid, swak onderwys en
         opleiding.
        Daar is ’n gebrek aan kapitaal om masjinerie en toerusting te koop en om
         menslike hulpbronne te ontwikkel. 

 3.    Hoë vlakke van werkloosheid en onder indiensname 
        Die meerderheid van mense is werkloos of onder indien geneem. 
        Dit is omdat daar min nywerhede is. 
        Dit lei tot lae inkome en ŉ lae lewensstandaard. 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                       EKONOMIE P1                                       13

 4.    Hoë bevolkingsgroeikoers
        Hulle het ’n baie hoë bevolkings groeikoers.
        Die aantal kinders onder 15 jaar maak gewoonlik omtrent 40% van die
         bevolking uit.
        Elke gesin het ’n groot aantal afhanklikes.

 5.    Hoë afhanklikheid van primêre sektor 
        Hulle het gebrekkige ekonomiese strukture. 
        Hulle is meestal afhanklik van die landbousektor. 
        Dit is omdat daar geen vervaardigingsondernemings is nie. 
        Hulle maak ook staat op die uitvoer van primêre produkte soos basiese
         voedsel en grondstowwe. 
        Inruil, voer hulle klaarprodukte in wat met hulle materiaal vervaardig
         is. 
        Hulle voer grondstowwe uit teen lae pryse en voer die klaarprodukte in
         teen hoë pryse. 
        Hulle het groot buitelandse skuld as gevolg van die gebrek aan kapitaal.
         
        Hulle vind dit moeilik om die lenings of die rente terug te betaal. 

 6.    Gebrekkige infrastruktuur 
        Ontwikkelende lande het nie genoeg infrastruktuur nie.
        Die bietjie wat daar is, is in ’n slegte toestand.
        Hulle het slegte paaie, brûe, spoorlyne en kommunikasienetwerke. 

 7.    Lae lewensverwagting 
        Mense sterf op ’n jong ouderdom as gevolg van ’n gebrek aan
         gesondheidsdienste.
        Die uitbreek van MIV en Vigs het die lewensverwagting selfs verder laat
         afneem.                                                (Enige 13 x 2)      (26)

                                           (Indien slegs genoem, maks. 7 punte)

 ADDISIONELE GEDEELTE

1.    Die groei georiënteerde ontwikkelingsbenadering 
      Hierdie benadering beskou die kwaliteit van die produksiefaktore en hoe
      hulle aangewend word as belangrike elemente ter ondersteuning van groei-
      strategieë. 

 Natuurlike hulpbronne 
     Hulle aanbod is beperk en kan nie vermeerder word nie, maar produksie
     van die grond kan verhoog word deur boerderymetodes te verbeter,
     kunsmis te gebruik, ens. 
     Ontwikkelende lande behoort sekondêre nywerhede op te rig om primêre
     grondstowwe te verwerk en finale goedere produseer.
     Hulle moet nie net grondstof hulpbronne in ’n onverwerkte vorm uitvoer
     nie.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                    EKONOMIE V1                             (NOVEMBER 2014)

 Arbeid (menslike hulpbronne) 
 - Lande kan dit op baie maniere verbeter.
     Onderwys en opleiding sal die algemene vaardigheidsvlakke in ’n land
       verhoog. 
     Gesondheidsorg behoort verbeter te word om te verseker dat die
      arbeidsmag gesond, energiek en meer produktief kan wees.
     Bevolkingsgroei moet bestuur word deur gesinsbeplanningsprogramme
      sodat die bevolking ondersteun kan word deur sy natuurlike hulpbronne en
      armoede kan beveg. 

 Kapitaal 
     Kapitaalvorming is noodsaaklik vir die ekonomie om te ontwikkel. 
     Verkryging van kapitaal is ’n belangrike bestanddeel vir groei. 
     As kapitaal doeltreffend toegeken word, sal ekonomiese groei
      toeneem. 
     Die regering behoort fisiese infrastruktuur te voorsien waar die mark misluk
      om dit te doen. 

 Entrepreneurskap 
  ’n Gees van entrepreneurskap en programme moet ontwikkel word om mense
   aan te moedig om risiko’s te neem, nuwe besighede te open en produktief te
   wees. 

 2.   Die basiese behoefte ontwikkelingsbenadering 
       In teenstelling met die groei-georiënteerde benadering, beskou die
          basiese behoeftes teorie, ontwikkeling as ’n funksie om basiese menslike
          behoeftes te bevredig, soos voedsel, water, skuiling en klere. 
       Dit streef daarna om die armes te ondersteun, massa ontneming te
          verlaag en elkeen die geleentheid te bied om ’n vol lewe te leef. 
       Dit fokus op die verskaffing van goedere en dienste wat ontneem word
          van bevolkingsgroepe. 

 3.   ’n Gedeelde benadering 
       Dit is ’n kombinasie van die groei-georiënteerde benadering en die
          basiese behoeftes teorie.
       Ontwikkeling as ’n funksie om basiese menslike behoeftes te bevredig
          benadering. 
          Hierdie teorie glo dat ekonomiese ontwikkeling benodig ’n hoë
          ekonomiese groeistrategie, terwyl dit terselfdertyd fokus op basiese
          dienste en inmenging om die armes by te staan. 
       Die ontwikkeling strategie wat die land volg om die inkome van die armes
          te verhoog kan nie permanent op oordragte gebaseer word nie. 
          Dit behoort gebaseer te word op die skepping van langtermyn
          geleenthede vir mense om op hulle eie ’n ordentlike bestaan te maak. 
                                                                         (Enige 5 x 2)    (10)

                                             (Indien slegs genoem, maks. 5 punte)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                       EKONOMIE P1                                      15

 SLOT

 Alhoewel sekere gemeenskaplike kenmerke geïdentifiseer kan word, bestaan daar
 beduidende verskille tussen ontwikkelende lande. In die kategorie van
 ontwikkelende lande, verskil die vlak van ontwikkeling, bv. ’n ontwikkelende land
 soos Brasilië het ’n baie meer gevorderde ekonomie as die van Somalië. 

                                   (Enige toepaslike slot is aanvaarbaar.) Maks.         (2)
                                                                                        [40]

                                                          TOTAAL AFDELING C:            80
                                                              GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [EKON V1 GR11 VRAESTEL NOV 2014 AFR](https://www.hlayiso.com/library/ekon-v1-gr11-vraestel-nov-2014-afr/6ca29aeb-adea-4bb5-b3ba-ccf9a688d5ef) — Economics · QP · 2014 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR11 NOV2014 AFR](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr11-nov2014-afr/c765d0c3-5684-4a80-b80c-d0ae013ea959) — Economics · QP · 2014 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV2022 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov2022-english/f3b27fa1-7373-4ceb-8730-0144367736fd) — Economics · Memo · 2022 · Eng
- [ECON P1 GR11 QP MEMO NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr11-qp-memo-nov2020-eng-d/5406dfaf-8a50-4533-8505-38d7c36c55cb) — Economics · Memo · 2020 · Eng
- [ECON P1 GR11 MEMO NOV 2020](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr11-memo-nov-2020/6e7ae738-7a79-48c2-9a56-892701af1d5a) — Economics · Memo · 2020
- [ECONOMIC P2 GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/economic-p2-gr11-qp-memo-nov2020-afr-d/1a9885f7-6305-44e3-9778-5c30ab5b0e65) — Economics · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406) — QP · 2025 · Afr
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 QP NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-english-june-2024-question-paper/a5bf3155-bcd3-4b96-83c6-1d36905153a9) — QP · 2024 · Eng
- [NW 11 ECONOMICS P2 QP AFR NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
