# Economics Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Economics question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/ekon-v1-gr12-sept-2016-afr-qp/f2c2ced8-3292-4e4d-9559-2c01701ad577
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/ekon-v1-gr12-sept-2016-afr-qp/f2c2ced8-3292-4e4d-9559-2c01701ad577)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2016

                        EKONOMIE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

2                                  EKONOMIE V1                    (EC/SEPTEMBER 2016)

   INSTRUKSIES EN INLIGTING

   1.     Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

               AFDELING A: VERPLIGTEND
               AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
               AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

   2.     Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik word.

   3.     Skryf die vraagnommer boaan elke vraag neer.

   4.     Lees die vrae sorgvuldig en begin elke vraag boaan ’n NUWE bladsy.

   5.     Laat 2−3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.

   6.     Beantwoord vrae in volsinne en verseker dat die formaat, inhoud en
          konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
          voldoen.

   7.     Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal
          NIE nagesien word NIE.

   8.     Gebruik slegs swart of blou ink.

   9.     ŉ Nieprogrammeerbare sakrekenaar mag gebruik word.

   10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2016)                              EKONOMIE V1                                       3

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                        30 PUNTE − 20 MINUTE

1.1     Verskeie opsies word as antwoorde tot die volgende vrae gegee. Kies die
        antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
        (1.1.1−1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

        1.1.1         Belastings wat verband hou met individuele goedere, word
                      belasting op ... genoem.

                      A    produksie
                      B    produkte
                      C    Inkomste

        1.1.2         Tendense in die ekonomie, word deur ... gemeet.

                      A    ekstrapolasie
                      B    bewegende gemiddeldes
                      C    ekonomiese aanwysers

        1.1.3         Implementering van wette om aktiwiteite te reguleer, staan as ...
                      bekend.

                      A    deregulasie
                      B    regulasie
                      C    nasionalisasie

        1.1.4         ŉ Transaksie wat verband hou met investering in besighede, word
                      ... beleggings genoem.

                      A    portefeulje
                      B    ander
                      C    direkte

        1.1.5         Streek samewerking en integrasie tussen Afrika state, word deur
                      ... voorsien.

                      A    Nepad
                      B    SAOG
                      C    WHO

        1.1.6         Kontant-aansporings wat buitelandse investeerders help wat in
                      nuwe vervaardigings ondernemings in Suid-Afrika wil belê, word
                      deur die ... aangebied.

                      A    Buitelandse beleggings aansporing
                      B    Klein- en Medium Ondernemings Ontwikkelingsprogram
                      C    Ontwikkeling van Swart Besigheid verskaffers

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

4                                    EKONOMIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2016)

         1.1.7        Die inisiatief om ekonomiese groei te verbeter en werk te skep,
                      staan as ... bekend.

                      A      Die Nuwe Groeipad
                      B      Swart Ekonomiese Bemagtiging
                      C      Die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika

         1.1.8        Volgens die VN klassifikasie, val Suid-Afrika in die ... menslike
                      ontwikkelingsgroep van lande.

                      A      laer
                      B      middel
                      C      hoër                                                  (8 x 2)   (16)

   1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat pas by ŉ begrip in KOLOM A.
         Skryf slegs die korrekte letter (A−I) langs die vraagnommer
         (1.2.1−1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                     KOLOM A                                KOLOM B
         1.2.1       Lekkasies            A      word bereken deur die volume van
                                                 die finale goedere en dienste te
                                                 vermenigvuldig met hulle pryse

         1.2.2       Monetariste          B      ŉ sistematiese rekord van alle
                                                 transaksies tussen een land en
                                                 ander lande

         1.2.3       Begroting            C      geld wat uit die kringloop onttrek
                                                 word

         1.2.4       Betalingsbalans      D      markte is inherent stabiel

         1.2.5       Vry swewende         E      monitor kwessies wat verband hou
                     wisselkoers                 met menslike welstand oor ŉ
                                                 periode van tyd

         1.2.6       Kwota                F      help om die jaarlikse totale
                                                 produksie of inkome in die
                                                 ekonomie te verhoog

         1.2.7       Ekonomiese groei     G      beperkinge word op die aanbod van
                     beleid                      goedere en dienste geplaas

         1.2.8       Sosiale aanwyser     H      die waarde van ŉ geldeenheid word
                                                 deur markkragte bepaal

                                          I      ŉ dokument wat die verwagte
                                                 inkome en besteding bevat
                                                                                   (8 x 1)    (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2016)                         EKONOMIE V1                                      5

1.3    Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die begrip
       langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.3.1    Die uitwerking van besteding op nasionale inkome

       1.3.2    Siklusse wat vir periodes van 3–5 jaar duur en veroorsaak word
                deur die aanpassing van voorraadvlakke in besighede

       1.3.3    ŉ Rekord van uitvoer- en invoergoedere

       1.3.4    ŉ Straf wat deur een of meer lande op ŉ ander land toegepas word

       1.3.5    Beleide wat daarop gemik is om die totale aanbod te verhoog

       1.3.6    Aanwysers wat verband hou met inflasiekoerse en die aanbod van
                geld                                                     (6 x 1)        (6)

                                                          TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

6                                 EKONOMIE V1                        (EC/SEPTEMBER 2016)

   AFDELING B

   Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
   ANTWOORDEBOEK.

   VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                40 PUNTE – 30 MINUTE

   2.1 Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1   Noem TWEE soorte finansiële markte.                        (2 x 1)    (2)

         2.1.2   Hoe kan die regering die fiskale beleid aanwend indien die
                 ekonomie te stadig groei?                                 (1 x 2)     (2)

   2.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

         2.2.1   Watter stippellyn op die grafiek dui die lengte aan?                   (1)

         2.2.2   Wanneer het die ekonomie sy hoogste piek bereik?                       (1)

         2.2.3   Verduidelik kortliks wat die amplitude illustreer.         (2 x 2)     (4)

         2.2.4   Hoe sal ŉ groot amplitude werkers oor die algemeen beïnvloed,
                 gedurende ŉ opswaai?                                    (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2016)                          EKONOMIE V1                                            7

2.3    Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.

       Die tolgeld wat op ŉ spesifieke pad ingesamel word, word gebruik om, onder
       andere lenings terug te betaal, wat gemaak is om die bou, opgradering en
       verbetering van die pad, te befonds. Dit verskaf ook ŉ toegewyde,
       voortdurende stroom van inkome, wat daartoe bydra dat die pad voldoende
       onderhou en verbeter word, onafhanklik van belasting-gebaseerde inkome.

                                                [Bron: Aangepas uit www.sanral.co.za/e toll]

       2.3.1    Waarvoor word tolgelde aangewend?                                   (2 x 1)     (2)

       2.3.2    Bespreek kortliks kollektiewe goedere, as een van die prys-opsies.
                                                                              (2 x 2)           (4)

       2.3.3    Hoe suksesvol is die openbare sektor in Suid-Afrika, ten opsigte van
                die lewering van openbare dienste?                                              (4)

2.4    Verduidelik die interaksie tussen huishoudings en sakeondernemings in ’n
       ekonomiese kringloop.                                               (4 x 2)              (8)

2.5    Hoe suksesvol is die aanbodkant beleid in Suid-Afrika om ekonomiese
       aktiwiteit te stimuleer, in die gladstryking van siklusse?         (4 x 2)               (8)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

8                                  EKONOMIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2016)

     VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                               40 PUNTE – 30 MINUTE

     3.1 Beantwoord die volgende vrae.

          3.1.1      Noem TWEE van Suid-Afrika se nywerheid ontwikkelings-
                     strategieë.                                           (2 x 1) (2)

          3.1.2      Watter spesifikasie moet oorweeg word wanneer die BBP
                     bereken word, om die prestasie van die Suid-Afrikaanse
                     ekonomie te assesseer?                                 (1 x 2)       (2)

     3.2 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                       UITGEBREIDE OPENBARE WERKE PROGRAM

          Die UOWP is ŉ sleutel regerings-inisiatief, wat bydra tot die Regerings-
          beleid Voorkeure, kragtens ordentlike werk en volhoubare
          lewensbestaan, onderwys, gesondheid, plaaslike ontwikkeling, voedsel
          sekuriteit en grondhervorming en die geveg teen misdaad en korrupsie.
          UOWP ondersteun die uitkoms wat “Ordentlike werkverskaffing deur
          inklusiewe ekonomiese groei” staaf.
                                                   [Bron: Aangepas uit www.epwp.gov.za]

          3.2.1      Wat is die hoofdoel van die Uitgebreide Openbare Werke
                     Program (UOWP)?                                                      (2)

          3.2.2      Noem enige TWEE sektore waardeur die UOWP werks-
                     geleenthede skep.                                (2 x 2)             (4)

          3.2.3      Hoe suksesvol is Uitgebreide Openbare Werke Program in die
                     bereiking van groei en ontwikkeling in Suid-Afrika?                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2016)                             EKONOMIE V1                                         9

3.3    Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

                      Geboortes en sterftes in SA vir periode 2013–2015
           Jaar          Totale        Totale      Totale aantal    % van Vigs
                         aantal        aantal     Vigs verwante       sterftes
                       geboortes      sterftes        sterftes
          2013          1 232 668     539 880         177 624                32,9

          2014          1 242 070     516 929         151 040                29,2

          2015          1 782 250     531 965         122 445                28,5
                                                              [Bron: Stats SA, Julie 2015]

       3.3.1      Noem die sosiale aanwyser wat in bostaande tabel gebruik word.              (1)

       3.3.2      Wat is die tendens van die persentasie Vigs-sterftes van 2013 na
                  2015?                                                                       (1)

       3.3.3      Definieer die begrip lewensverwagting.                                      (2)

       3.3.4      Waarom is bogenoemde inligting belangrik vir die Suid-Afrikaanse
                  regering?                                                                   (2)

       3.3.5      Watter positiewe rol kan die regering speel om gesondheidsorg in
                  Suid-Afrika te verbeter?                                                    (4)

3.4    Verduidelik die negatiewe uitwerking op die omgewing wat deur aktiwiteite
       in die Noord-verdeling veroorsaak word.                            (4 x 2)             (8)

3.5    Wat kan die regering/sakesektor doen om die huidige lae ekonomiese
       groeikoers aansienlik te verhoog?                                (4 x 2)               (8)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

10                               EKONOMIE V1                             (EC/SEPTEMBER 2016)

   VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                      40 PUNTE – 30 MINUTE

   4.1   Beantwoord die volgende vrae.

         4.1.1   Noem TWEE faktore wat die vraag na buitelandse valuta sal
                 beïnvloed.                                         (2 x 1)                (2)

         4.1.2   Hoekom is die BBP teen markpryse hoër as die BNI teen
                 markpryse?                                          (1 x 2)               (2)

   4.2   Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat
         volg.

                 OES VAN VOORDELE VAN STREEKSINTEGRASIE

         Volgens die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG)
         bereik die voordele om aan ŉ gedeelde gemeenskap in Suider-Afrika
         te behoort, die lewens van baie mense in die streek. Die SAOG
         onthul dat die streeks-integrasie tot ’n vermindering in armoede en ŉ
         verbetering van die lewensstandaard bygedra het.

         Byvoorbeeld die oprigting van die Maputo Ontwikkelings-
         Korridor deur Mosambiek en Suid-Afrika in 1996, het handel tussen
         die twee lande, asook die lewensstandaard van SAOG inwoners
         verbeter.

                           [Bron: Aangepas uit Southern African News, September 2015]

         4.2.1   Wat is die hoof voordeel wat streeks-integrasie vir die mense
                 van Suider-Afrika inhou?                                                  (1)

         4.2.2   Watter rol het die oprigting van die Maputo Ontwikkelings-
                 Korridor in die SAOG gespeel?                                             (1)

         4.2.3   Bespreek die hoofdoelwitte van die Nasionale Ontwikkelings-
                 plan.                                                                     (4)

         4.2.4   Hoe suksesvol was Suid-Afrika met streeksontwikkeling in
                 vergelyking met die internasionale beste praktyke rakende
                 goeie bestuur?                                                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2016)                          EKONOMIE V1                                            11

4.3    Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

       REGERING VERKLAAR 2015 DIE JAAR VAN SPESIALE EKONOMIESE
                        SONES VERSKAFFING

       Uit Suid-Afrika se tien voornemende spesiale ekonomiese sones, is drie op
       die rand van implementering en, voor die einde van hierdie jaar sal een
       daarvan voltooi en geïmplementeer word, sê die Departement van Handel
       en Nywerheid. Die DHN het ook die SES program gestig om die
       swakpunte aan te spreek wat geïdentifiseer is met die
       Nywerheidsontwikkelingsone (NOS) program. Twee sones is geïdentifiseer
       in Limpopo, insluitende een in Musina, wat sal fokus op petro-chemiese,
       agro-prosessering en logistieke, een in Tubatse, wat sal fokus op die
       platinum groep metale en een in Nkomazi, in Mpumalanga, wat op agro-
       prosessering sal fokus.

       *INDUSTRIALISASIE PLATFORM
                                       [Bron: Aangepas uit.engineeringnews.co.za/ article/]

       4.3.1    Noem enige EEN sone wat in die uittreksel geïdentifiseer word.                 (1)

        4.3.2   Wat is die doel van die DHN om die SES program te loods?                       (1)

       4.3.3    Verduidelik die verskil tussen die NOS en SES.                    (2 x 2)      (4)

       4.3.4    Waarom word Buitelandse Direkte Investering (BDI) as die mees
                verlangde soort investering in Suid-Afrika beskou?        (2 x 2)              (4)

4.4    Verduidelik metodes wat gebruik word om uitvoer bevordering te
       ondersteun.                                                                (4 x 2)      (8)

4.5    Waarom is onderwys so belangrik as ŉ sleutel sosiale aanwyser in
       Suid-Afrika?                                                                (4 x 2)     (8)
                                                                                              [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

12                                EKONOMIE V1                        (EC/SEPTEMBER 2016)

 AFDELING C
 Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

 STRUKTUUR VAN OPSTEL                                                      PUNTE
                                                                         TOEKENNING
 Inleiding                                                                 Maks. 2
 Inhoud:
                                                                             Maks. 26
 Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande
 bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/ Ontleed/ Vergelyk/
 Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Assesseer/
 Debatteer
 Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/                      Maks. 10
 Evalueer/Evalueer krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik
 die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/
 Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/
 Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor
 Slot
 Enige hoërorde-slot die behoort volgende in te sluit:
     ŉ Kort samevatting van wat bespreek is/ontleed sonder om
     reeds genoemde feite, in die inhoud, te herhaal
     Enige opinie of waarde-oordeel oor die bespreekte feite                 Maks. 2
     Addisionele ondersteunende inligting om bespreking te
     versterk/ontleding
     ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis
     Aanbevelings
 TOTAAL                                                                         40

 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                  40 PUNTE – 40 MINUTE

 Buitelandse handel raak toenemend belangriker vir die ekonomiese welstand
 van ŉ land. Hoe meer oop en geïntegreerd ŉ land is met die res van die wêreld,
 hoe beter is sy kanse om die ekonomiese welvaart van sy inwoners te verbeter.
         Bespreek die hoof aanbod redes vir internasionale handel.     (26 punte)
         Hoe doeltreffend is internasionale handel vir Suid-Afrika?     (10 punte)       [40]

 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                              40 PUNTE – 40 MINUTE

 Die doel van die fiskale beleid is om ekonomiese groei en ontwikkeling te
 stimuleer en herverdeling van inkome te verseker.
     Bespreek hierdie stelling deur te fokus op die instrumente van die fiskale
     beleid in die Suid-Afrikaanse konteks en hoe dit ŉ verlangde herverdeling van
     inkome verseker.                                                     (26 punte)
     Na jou mening, hoe suksesvol is die Suid-Afrikaanse regering in die
     voorsiening van die basiese behoeftes van benadeelde persone? (10 punte)            [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [Econ P2 Qp Eng](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-qp-eng/ee87e601-aa9b-4002-832d-655baa4bfc54) — Economics · QP · 2016 · Eng
- [Grade 12 NSC Economics P1 10732 Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-10732-preperatory-2016-question-paper/8884cdb4-c823-4ba2-8a07-6b46ac43f95c) — Economics · QP · 2016
- [Economics P1 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2016-eng/83674469-a609-4e4c-9c6e-c58ba94cbcac) — Economics · QP · 2016 · Eng
- [Economics P2 May June 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2016-afr/ea2530ca-e3d2-4f30-8d5c-897bfb78e5c1) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Economics P2 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-afr/bc09b176-bf84-4ca4-9c47-fed330569164) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Economics P1 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2016-afr/12b23949-5aee-491d-96a1-489f030f478b) — Economics · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
