# Economics Grade 12 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Economics question paper from the Eastern Cape June Exam 2025 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/ekonomie-v-1-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/2cb91f74-e693-42bc-aa6e-e09d299dde6a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/ekonomie-v-1-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/2cb91f74-e693-42bc-aa6e-e09d299dde6a)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                            JUNIE 2025

                          EKONOMIE V1

PUNTE:    150

TYD:      2 uur

                                *JECONA1*

                     Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                       EKONOMIE V1                           (EC/JUNIE 2025)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK.

     AFDELING A: VERPLIGTEND
     AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
     AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.   Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Antwoorde wat die vereiste getal
     oorskry, sal NIE nagesien word NIE.

3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

4.   Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

5.   Lees die vrae aandagtig deur.

6.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.   Laat 2‒3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.   Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
     konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.   Gebruik slegs swart of blou ink.

10. Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/JUNIE 2025)                            EKONOMIE V1                                         3

AFDELING A: (VERPLIGTEND)

VRAAG 1: MAKRO-EKONOMIE                                         30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
    Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
    (1.1.1 tot 1.1.8) in the ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 B.

      1.1.1       ŉ Ekonomie in ewewig word deur … voorgestel.

                  A    Y=C+I+X+M
                  B    Y = C + I + G + (X + M)
                  C    Y=C+I+G+E
                  D    Y = C + I + G + (X – M)

      1.1.2       Die nasionale rekening groottotaal wat bydrae deur permanente
                  inwoners van ŉ land insluit, is die …

                  A    bruto nasionale beleid.
                  B    bruto nasionale goedere.
                  C    bruto nasionale produk.
                  D    bruto nasionale diens.

      1.1.3       Parke, strande en tolhekke is voorbeelde van … goedere.

                  A    gemeenskap
                  B    kollektiewe
                  C    toegang
                  D    algemene

      1.1.4       Die … word in Oktober aangebied om die parlement oor veranderings in
                  die begroting sedert Februarie in te lig.

                  A    hoofbegroting
                  B    Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring
                  C    Mediumtermynbestedingsraamwerk
                  D    nasionale begroting

      1.1.5       Die punt waar die ekonomiese inkrimping op sy laagste is, is ŉ …

                  A    trog.
                  B    boom.
                  C    resessie.
                  D    aanwyser.

      1.1.6       ŉ Beleid van die sentrale bank om die hoeveelheid geld in omloop te
                  verander, staan as die … bekend.

                  A    fiskale beleid
                  B    begrotingsbeleid
                  C    monetêre beleid
                  D    sirkulêre beleid

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                         EKONOMIE V1                              (EC/JUNIE 2025)

      1.1.7   ŉ Internasionale organisasie wat geld leen aan lande met voortdurende
              betalingsbalansprobleme is die …

              A      Werêldgesondheidsorganisasie.
              B      vrymaking van handel/liberalisering.
              C      Werêldbank.
              D      Internasionale Monetêre Fonds.

      1.1.8   Geld wat ontvang word sonder enige produktiewe diens wat gelewer
              is, is die …

              A      reële geld.
              B      oordragbetalings.
              C      salaris.
              D      diensbetalings.
                                                                                  (8 x 2)    (16)

1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs
      die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in the
      ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

               KOLOM A                                   KOLOM B
      1.2.1   Burokrasie              A    voorgeskryf deur die Verenigde Nasies om
                                           die bruto binnelandse produksiesyfers
                                           saam te stel

      1.2.2   Belegging               B    proses om regulasies in ŉ spesifeke bedryf
                                           deur die regering te verwyder

      1.2.3   Afswaai                 C    oordrag van funksies en eienaarskap van
                                           entiteite van die private na die openbare
                                           sektor

      1.2.4   Stelsel van nasionale D      minimum saldo’s wat deur die SARB aan
              rekeninge                    banke toegelaat word

      1.2.5   Kontant reserwe         E    verkryging van ŉ betekenisvolle deel van ŉ
              vereistes                    besigheid

      1.2.6   Nasionalisering         F    geld bestee deur firmas om kapitaal-
                                           goedere te koop

      1.2.7   Deregulering            G    koop van finansiële bates in maatskappye
                                           op die aandelebeurs

      1.2.8   Direkte investering     H    amptelike reëls en regulasies wat
                                           dienslewering kan belemmer

                                      I    die inkrimpingsperiode van die sakesiklus
                                                                               (8 x 1)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/JUNIE 2025)                             EKONOMIE V1                                         5

1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
    die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in the ANTWOORDEBOEK neer.

      Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

      1.3.1       Verpligte betalings wat deur huishoudings en besighede aan die staat
                  gemaak word

      1.3.2       Goedere en dienste waarvan die voorsiening voordele vir die verbruiker
                  en die samelewing inhou

      1.3.3       Die grafiek wat die verband tussen werkloosheid en inflasie toon

      1.3.4       ŉ Doelbewuste verhoging in die prys van die geldeenheid in terme van ŉ
                  ander geldeenheid

      1.3.5       Sakesiklusse wat deur verandering in die konstruksie aktiwiteite, wat
                  gewoonlik 15 tot 20 jaar duur, veroorsaak word

      1.3.6       ŉ Ekonomie wat handel met die buitelandse sektor dryf
                                                                                     (6 x 1)   (6)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:           30

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                       EKONOMIE V1                                    (EC/JUNIE 2025)

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                      40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1 Beantwoord die volgende vrae.

     2.1.1   Noem enige TWEE instrumente van die fiskale beleid.                      (2 x 1)     (2)

     2.1.2   Hoe kan natuurrampe die Suid-Afrikaanse handelsbalans beinvloed?                     (2)

2.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

     Banke en ander finansiële instellings speel ŉ belangrike rol in die ekonomie.
     Deur sekere dienste te verskaf, help hulle om ŉ deurlopende vloei van geld
     binne die ekonomie te skep, wat tot die algehele ekonomiese aktiwiteite bydra.
     In die konteks van die sirkulêre vloeimodel is die insluiting van banke en
     finansiële instellings noodsaaklik vir ŉ omvattende begrip van hoe fondse
     tussen die verskillende sektore in ŉ ekonomie sirkuleer.

                                              [Bron: Aangepas uit Corporate Finance Institute]

     2.2.1   Identifiseer ŉ voorbeeld van ŉ finansiële instelling uit die uittreksel
             hierbo.                                                                              (1)

     2.2.2   Noem enige EEN inspuiting in ŉ oop-ekonomie.                                         (1)

     2.2.3   Verduidelik kortliks die term ekonomiese kringloop.                                  (2)

     2.2.4   Verduidelik die rol van die finansiële sektor in die
             ekonomiesekringloop.                                                                 (2)

     2.2.5   Waarom word huishoudings as die primêre deelnemers in ŉ
             ekonomiese kringloop beskou?                                             (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/JUNIE 2025)                              EKONOMIE V1                                              7

2.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            REDES VIR INTERNASIONALE HANDEL

                                   Lande kan deur handel
                                   voordeel trek wanneer
                                   hulle op die vergelykende
                                   voordeel fokus. Dit is as
                                   gevolg van wydverspreide
                                   globalisering en toename
                                   in bevolkingsgrootte van
                                   lande.

                                                             [Bron: Aangepas vanuit die internet]
                   VRAAG REDES                                                    AANBODREDES

      2.3.1       Identifiseer ŉ effek van internasionale handel vanuit die inligting hierbo.        (1)

      2.3.2       Noem enige EEN aanbodkant rede vir internasionale handel.                          (1)

      2.3.3       Verduidelik kortliks die term internasionale handel.                               (2)

      2.3.4       Verduidelik die teorie van vergelykende voordeel van handel in goedere
                  en dienste.                                                                        (2)

      2.3.5       Hoe kan inkomstevlakke tot internasionale handel lei?                 (2 x 2)      (4)

2.4 Bespreek die produktemark binne ŉ ekonomiesekringloop.                                           (8)

2.5 Hoe kan ŉ verbetering in handelsvoorwaardes die Suid-Afrikaanse ekonomie
    raak?                                                                                            (8)
                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                                      EKONOMIE V1                               (EC/JUNIE 2025)

VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1 Beantwoord die volgende vrae.

     3.1.1   Noem enige TWEE probleme van die openbaresektor voorsiening.
                                                                        (2 x 1)             (2)

     3.1.2   Hoe beinvloed bruto kapitaalvorming die ekonomie positief?                     (2)

3.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                       BETALINGSBALANS 2024 (R BILJOEN)
                     LOPENDE REKENING                                  2024
      Goedere uitvoere                                                 1 820
      Netto gouduitvoere                                                139
      Dienste ontvangste                                                298
      Inkomste ontvangste                                               281
      Minus: Goedere invoere                                           1 782
      Minus: Betalings vir dienste                                      369
      Minus: Inkomste betalings                                         451
                 A?                                                    -248
                                          [Bron: Aangepas vanuit SARB KB Desember 2024]

     3.2.1   Identifiseer die item in die lopende rekening wat uniek aan Suid-Afrika
             is.                                                                            (1)

     3.2.2   Noem die ontbrekende item A uit die lopende rekening in die tabel
             hierbo.                                                                        (1)

     3.2.3   Verduidelik kortliks die term betalingsbalans.                                 (2)

     3.2.4   Verduidelik verandering in aanvraag as ŉ maatstaf om betalingsbalans
             onewewigtigheid reg te stel.                                                   (2)

     3.2.5   Bereken die waarde van die handelsbalans. Toon die formule en ALLE
             berekeninge.                                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/JUNIE 2025)                             EKONOMIE V1                                           9

3.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                VERMENIGVULDIGER

      3.3.1       Identifiseer die oorspronklike autonome verbruik uit die grafiek.              (1)

      3.3.2       Noem die marginale verbruiksgeneigheid (mvg) uit die grafiek hierbo.           (1)

      3.3.3       Verduidelik kortliks die term vermenigvuldiger.                                (2)

      3.3.4       Verduidelik die verhouding tussen die marginale verbruiksgeneigheid
                  en die vermenigvuldiger.                                                       (2)

      3.3.5       Gebruik die formule ∆Y/∆J, bereken die waarde van die
                  vermenigvuldiger vir die grafiek hierbo. Toon ALLE berekeninge.                (4)

3.4 Onderskei tussen eksogene en endogene verduidelikings van die
    sakesiklusse.                                                                                (8)

3.5 Watter uitdagings staar die Suid-Afrikaanse regering in die gesig om volle
    indiensneming te bewerkstellig?                                                             (8)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                                     EKONOMIE V1                               (EC/JUNIE 2025)

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1 Beantwoord die volgende vrae.

     4.1.1   Noem enige TWEE komponente van die finansiële rekening van die
             betalingsbalans.                                           (2 x 1)             (2)

     4.1.2   Verduidelik die belangrikheid van spaar vir die ekonomie.                      (2)

4.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                NASIONALE INKOMSTE TEEN HUIDIGE PRYSE: 2023
                                     (Biljoen)
      Bruto waarde toegevoeg teen basiese pryse    6 310 829
      Belasting op produkte                         730 506
      Subsidies op produkte                          17 341
      Bruto binnelandse produk teen markpryse          A
                                          [Bron: Aangepas vanuit SARB KB Desember 2023]

     4.2.1   Identifiseer ŉ item wat gebruik word om basiese pryse na markpryse
             om te skakel.                                                                  (1)

     4.2.2   Noem enige EEN metode wat gebruik word om die bruto binnelandse
             produk te bereken.                                                             (1)

     4.2.3   Verduidelik kortliks die term huidige pryse.                                   (2)

     4.2.4   Verduidelik die belangrikheid van die berekening van nasionale
             rekeningsgroottotale.                                                          (2)

     4.2.5   Bereken die bruto binnelandse produk teen markpryse A. Toon ALLE
             berekeninge.                                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/JUNIE 2025)                             EKONOMIE V1                                         11

4.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

            E

      4.3.1       Identifiseer die kurwe wat ŉ toename in die vraag na buitelandse valuta
                  verteenwordig.                                                                 (1)

      4.3.2       Noem die wisselkoersstelsel wat in Suid-Afrika gebruik word.                   (1)

      4.3.3       Verduidelik kortliks die term wisselkoers.                                     (2)

      4.3.4       Verduidelik die rede vir die verskuiwing na regs van die oorspronklike
                  vraagkromme.                                                                   (2)

      4.3.5       Watter voordele kan lande van die werêld uit internasionale handel
                  verkry?                                                          (2 x 2)       (4)

4.4 Bespreek werklike(reële) en geldvloei.                                                       (8)

4.5 Analiseer die impak van ŉ devaluasie van die rand op die ekonomie.               (4 x 2)     (8)
                                                                                                [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                                    EKONOMIE V1                            (EC/JUNIE 2025)

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die TWEE vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

             STRUKTUUR VAN DIE OPSTELVRAAG                             PUNTE-
                                                                     TOEKENNING
Inleiding
x ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag
    verband hou, te definieer.
x MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
x MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE.
x Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
    bespreek.                                                          Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte:
Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek
krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/
Assesseer/Debateer                                                    Maks. 26
Addisionale gedeelte:
Gee eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ŉ
grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/
Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/
Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks                             Maks. 10
Slot
Enige hoë-orde slot behoort die volgende in te sluit:
 x ŉ Kort samevatting van dit wat bespreek is,sonder die herhaling
    van enige feite reeds genoem.
 x Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 x Bykomende ondersteunende inligting wat die
    bespreking/ontleding versterk
 x ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra.
 x Aanbevelings                                                        Maks. 2
TOTAAL                                                                   40

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 13

(EC/JUNIE 2025)                       EKONOMIE V1                                       13

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE

x Bespreek volledig die kenmerke onderliggend aan vooruitskatting.                    (26)
x Hoe kan die monetêre en fiskale beleide gebruik word om sakesiklusse glad te
  laat verloop?                                                                       (10)

VRAAG 6: MAKRO-EKONOMIE

x Bespreek in detail die rede(s) vir openbaresektor-mislukking (koppel hulle aan
  tipiese probleme ondervind deur openbare-sektor voorsiening).                       (26)
x Hoe kan openbaresektor-mislukking ekonomiese stabiliteit in Suid-Afrika negatief
  beinvloed?                                                                          (10)
                                                                                      [40]

                                                          TOTAAL AFDELING C:           40
                                                              GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 14

Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 15

Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 16

Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-grade-12-june-2023-afrikaans/14e460bc-51e9-4a72-a70e-bc549012de25) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Economics · Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Economics · Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — Economics · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-2024-possible-answers/d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4) — Memo · 2024 · Afr
- [Economics P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-june-2023-afrikaans/3493f088-0531-43e0-b777-da84a7b24ab5) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
