# Economics Grade 11 Eastern Cape November 2024 Question Paper

> Grade 11 Economics question paper from the Eastern Cape November Exam 2024, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/ekonomie-v1-gr11-qp-nov-24-d-watermark/cdb4fc36-e5e8-49de-98d2-ea40b1117fe3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 Eastern Cape November 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/ekonomie-v1-gr11-qp-nov-24-d-watermark/cdb4fc36-e5e8-49de-98d2-ea40b1117fe3)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2024. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                        SENIORSERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                         NOVEMBER 2024

                            EKONOMIE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                              *IECONA1*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                   EKONOMIE V1                         (EC/NOVEMBER 2024)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
      AFDELING A: VERPLIGTEND
      AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
      AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.   Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE.

 3.   Beantwoord die vrae in volsinne. Die formaat, inhoud en konteks van jou
      antwoorde moet aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

 4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

 5.   Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

 6.   Lees AL die vrae aandagtig deur.

 7.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 8.   Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

 9.   Gebruik slegs swart of blou ink.

 10. Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2024)                     EKONOMIE V1                                            3

  AFDELING A (VERPLIGTEND)

  VRAAG 1                                                   30 PUNTE – 20 MINUTE

  1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 B.

        1.1.1    Natuurlike hulpbronne wat mettertyd vervang kan word, staan as …
                 bekend

                 A    nie-hernubaar
                 B    volhoubaar
                 C    arbeid
                 D    hernubaar

        1.1.2    Goedere wat ontwerp is om ŉ lang tydperk te hou, is …

                 A    dienste.
                 B    duursaam.
                 C    nie-duursaam.
                 D    half-duursaam.

        1.1.3    ŉ Ekonomiese stelsel waar hulpbronne op grond van markkragte
                 toegewys word, is ŉ … ekonomie.

                 A    mark
                 B    gemengde
                 C    sentrale
                 D    sosialistiese

        1.1.4    Die nywerhede wat in die tersiêre sektor bedrywig is, sluit … in.

                 A    mynbou en konstruksie
                 B    elektrisiteit en gas
                 C    vervoer en kommunikasie
                 D    vervoer en vervaardiging

        1.1.5    ŉ Belastingstelsel waarin die belastingkoers styg soos die
                 belastingbetaler se inkomste toeneem, staan as ŉ …
                 belastingstelsel bekend.

                 A    progressiewe
                 B    regressiewe
                 C    proporsionele
                 D    kapitaalwins

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                   EKONOMIE V1                          (EC/NOVEMBER 2024)

        1.1.6   Die aantal kinders wat elke jaar lewend gebore word per duisend van
                die bevolking staan as die … koers bekend.

                A      ongeletterdheids
                B      rowwe dood
                C      krugeboorte
                D      armoede

        1.1.7   Die koers waarteen die sentrale bank geld aan die handelsbanke
                leen, is die …

                A      prima uitleenkoers.
                B      repokoers.
                C      rentekoers.
                D      inflasiekoers.

        1.1.8   Die … verteenwoordig die koste van ŉ tipiese inkopiemandjie van
                goedere en dienste van ŉ gemiddelde Suid-Afrikaanse huishouding.

                A      Gini-Indeks
                B      VPIX
                C      produsenteprysindeks
                D      verbruikersprysindeks
                                                                            (8 x 2)    (16)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2024)                     EKONOMIE V1                                         5

 1.2    Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat pas by ŉ item in KOLOM A. Skryf
        slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
        ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

                  KOLOM A                               KOLOM B
        1.2.1    Arbeid                 A   die waarde van ŉ uitset met een
                                            eenheid inset verkry

        1.2.2    Oop ekonomie           B   vind plaas wanneer skaars hulpbronne
                                            vermors word as gevolg van verkeerde
                                            produksiebesluite

        1.2.3    Nasionalisering        C   algemene styging in pryse en daling in
                                            die koopkrag

        1.2.4    Markmislukking         D   waar goedere en dienste met ander
                                            lande verhandel word

        1.2.5    Produktiwiteit         E   opsommende saamgestelde maatstaf
                                            van ŉ land se gemiddelde prestasies
                                            van     gesondheid,   kennis     en
                                            lewenstandaard

        1.2.6    Menslike               F   ŉ land wat nie met ander lande handel
                 Ontwikkelingsindeks        dryf nie

        1.2.7    Inflasie               G vind plaas wanneer die staat
                                          eienaarskap van besighede van die
                                          private sektor oorneem

        1.2.8    Infrastruktuur         H   die basiese geriewe, dienste en
                                            installasies wat vir die funksionering
                                            van ŉ ekonomie nodig is

                                        I   gebruik van geestelike en fisiese
                                            inspanning om goedere en dienste te
                                            produseer
                                                                         (8 x 1)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                   EKONOMIE V1                          (EC/NOVEMBER 2024)

 1.3    Gee EEN term/woord vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
        term/woord langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK
        neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

        1.3.1   Wanneer kapitaalvoorraad teen dieselfde tempo as die arbeidsmag
                groei

        1.3.2    Die goedere wat skaars is en waarvoor mense bereid is om te betaal

        1.3.3   ŉ Maatstaf van die inkomste verdien deur burgers of permanente
                inwoners van ŉ land, ongeag waar dit verdien word

        1.3.4   ŉ Salaris of loon wat huishoudings vir arbeidsdienste ontvang

        1.3.5   Algemeen aanvaar as ŉ betaalmiddel wat dien as ŉ ruilmiddel

        1.3.6   Ontwikkeling wat aan ŉ nasie se huidige behoeftes sal voorsien sonder
                om die vermoë van toekomstige geslagte om in hul eie behoeftes te
                voorsien, in gevaar te stel
                                                                                (6 x 1)    (6)

                                                              TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2024)                     EKONOMIE V1                                                7

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1 Beantwoord die volgende vrae.

       2.1.1    Noem enige TWEE faktore wat die prys van natuurlike hulpbronne
                beinvloed.                                                                        (2)

       2.1.2    Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering sy verkrygingsstelsel gebruik om
                ekonomies gemarganaliseerde groepe op te hef?                                     (2)
 2.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    PRODUKSIEFAKTORE

       2.2.1    Identifiseer die produksiefaktor gemerk 3 uit die prent hierbo.                   (1)

       2.2.2    Noem EEN faktor wat die kwaliteit van die arbeidsmag (arbeid)
                beinvloed.                                                                        (1)

       2.2.3    Verduidelik kortliks die term ekonomiese huur.                                    (2)

       2.2.4    Verduidelik die rol wat entrepreneurs in die ekonomie speel.                      (2)

       2.2.5    Hoe kan kapitaalvorming meer positief tot die ekonomie bydra?
                                                                                    (2 x 2)       (4)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                                         EKONOMIE V1                         (EC/NOVEMBER 2024)

 2.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       REGERINGSBESTEDING (G)

                      Gekonsolideerde regeringsbesteding, 2022/23-2024/25

                     Leer en kultuur
               Sosiale ontwikkeling
                     Skuldedienskoste
                       Gesondheidsorg
          Gemeenskapsontwikkeling

           Ekonomiese ontwikkeling
                     Vrede en sekuriteit
        Openbare algemene dienste
          Gebeurliksheidsreserwes

                                                     R biljoen

                                                                 [Aangepas uit nuus24]

      2.3.1    Identifiseer die klassifikasie van die finale verbruikersbesteding deur die
               regering in die grafiek hierbo.                                                  (1)

      2.3.2    Noem enige EEN voorbeeld van sosiale dienste.                                    (1)

      2.3.3    Verduidelik kortliks die term inspuiting.                                        (2)

      2.3.4    Waarom is invoere nie in plaaslike besteding ingesluit nie?                      (2)

      2.3.5    Analiseer die belangrikheid van regeringsbesteding in die ekonomie.              (4)

 2.4 Verduidelik die rol (belangrikheid) van die nasionale rekeninggemiddeldes.                 (8)

 2.5 Evalueer die moontlike oorsake vir die voortslepende energiekrisis in Suid-
     Afrika.                                                                                    (8)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
                      Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2024)                      EKONOMIE V1                                              9

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                  40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1    Beantwoord die volgende vrae.

       3.1.1    Noem TWEE funksies van die Suid-Afrikaanse Reserwe bank.                        (2)

       3.1.2    Hoekom is rykdom belangriker as inkomste?                                       (2)

3.2    Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

             LANDE MET DIE GROOTSTE ONGELYKHEID IN INKOMSTE-
           VERSPREIDING WÊRELDWYD IN 2023, GEBASEER OP DIE GINI-
                               KOËFFISIËNT

                               LANDE             GINI-KOËFFISIËNT
                       Suid-Afrika                      0,63
                       Namibië                         0,591
                       Columbia                        0,548
                       Eswatini                        0,546
                       Botswana                        0,533
                       Brazilie                         0,52
                       Zambië                          0,515
                       Angola                          0,513
                       Mosambiek                       0,505
                       Zimbabwe                        0,503

       Suid-Afrika is volgens die Wêreldbank die mees ekonomies ongelyke land ter
       wêreld met ŉ Gini-koёffisiёnt van 0,63. Hoër werkloosheid is ŉ groot faktor
       agter die ongelykheidsvlakke.
                                                           [Aangepas uit www.statista.com]

       3.2.1    Identifiseer ŉ rede vir die hoёr Gini-koёffisiёnt in Suid-Afrika uit die
                inligting hierbo.                                                               (1)

       3.2.2    Dui aan wat ŉ Gini-koёffisiёnt van een beteken.                                 (1)

       3.2.3    Verduidelik kortliks die term inkomsteverspreiding.                             (2)

       3.2.4    Verduidelik die gebruik van die Gini-koёffisiёnt om inkomste-
                ongelykhede te meet.                                                            (2)

       3.2.5    Ondersoek die impak van inkomste-ongelykheid op die Suid-
                Afrikaanse ekonomie.                                                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                                       EKONOMIE V1                                  (EC/NOVEMBER 2024)

 3.3    Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           BANKMISLUKKING EN HULLE GEVOLGE

        Reguleerders het die Eerste Republiek Bank, ŉ streekslener in New York
        gesluit. Fulton Bank sal hulle mislukte bankdeposito’s en bates oorneem.
        Stygende rentekoerse en dalende kommersiële eiendomme se waardes het
        finansiële risiko’s verhoog vir baie streeks- en gemeenskapsbanke.

            [Aangepas uit https://apnews.com/article/republic-first-bank-closure. Toegang op 31 April
                                                                                        2024 verkry.]

        3.3.1   Identifiseer ŉ rede vir bankmislukkings uit die inligting hierbo.                            (1)

        3.3.2   Noem ŉ gevolg van bankmislukkings.                                                           (1)

        3.3.3   Verduidelik kortliks die term bankmislukkings.                                               (2)

        3.3.4   Verduidelik die basiese beginsels van kredietskepping deur banke.                            (2)

        3.3.5   Ondersoek die verhouding tussen bankmislukkings en ekonomiese
                aktiwiteite.                                                                                 (4)

 3.4    Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.                                        (8)

 3.5    Ontleed die monetêre beleid deur te fokus op die instrumente wat deur die
        Suid-Afrikaanse Reserwe bank (SARB) gebruik word.                                                (8)
                                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2024)                      EKONOMIE V1                                              11

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1    Beantwoord die volgende vrae.

       4.1.1    Noem enige TWEE vorme van energie-infrastruktuur.                                 (2)

       4.1.2    Hoe trek plaaslike mense voordeel uit inheemse kennisstelsel?                     (2)

4.2    DATARESPONS

       Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                   [Bron: www.stats.sa.gov.za]

       4.2.1    Identifiseer ŉ bedryf met die laagste bydrae in die grafiek hierbo.               (1)

       4.2.2    Noem EEN operasie in die primêre sektor.                                          (1)

       4.2.3    Verduidelik kortliks die term nywerheid.                                          (2)

       4.2.4    Verduidelik die belangrikheid van die sekondêre sektor in die ekonomie.           (2)

       4.2.5    Hoe sal verbeterde infrastruktuur tot ŉ styging in lewenstandaard bydra?              (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                                    EKONOMIE V1                                   (EC/NOVEMBER 2024)

 4.3 DATARESPONS

      Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            S.A HERVERDELINGSMETODES

      Suid-Afrika het verskeie herverdelingsmetodes geïmplementeer om die land
      se historiese sosio-ekonomiese ongelykhede aan te spreek. Pogings om
      ongelykheid te verminder het gefokus op hoёr maatskaplike besteding,
      geteikende regeringsoordragte en regstellende aksie om rykdom-
      eienaarskap te diversifiseer en entrepreneurskap onder die voorheen
      gemarginaliseerdes te bevorder. Stygende skuld verminder die omvang om
      fiskale beleid verder vir herverdeling te gebruik.

                                                      [Aangepas uit https//imf.org & Meta AI]

      4.3.1    Identifiseer Suid-Afrika se herverdelingsmetode genoem in die
               artikel hierbo.                                                                     (1)

      4.3.2    Noem die tipe belasting wat gehef word op die wins wat verkry word
               wanneer kapitaalgoedere verkoop word.                                               (1)

      4.3.3    Verduidelik die term fiskale beleid.                                                (2)

      4.3.4    Verduidelik die verskil tussen grondherverdeling en grondrestitusie.                (2)

      4.3.5    Hoe kan minimum lone die ekonomie bevorder?                                         (4)

 4.4 Bespreek finale goedere en intermediêre goedere.                                              (8)

 4.5 Waarom is dit noodsaaklik om mikroleners te reguleer?                                         (8)
                                                                                                  [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2024)                    EKONOMIE V1                                           13

 AFDELING C
 Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
 Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                     STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                 PUNTE-
                                                                            TOEKENING
 Inleiding
 x ŉ Goeie beginpunt is om die sleutelkonsep wat met die vraag
     verband hou, te definieer of te omskryf.
 x Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.
 x Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie.
 x Moenie enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal nie.
 x Vermy dit om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespree      Maks. 2
 Liggaam
 Hoofgedeelte:
 Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek
 krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/
 Debatteer.                                                                    Maks. 26
 Addisionele gedeelte:
 Gee eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ŉ
 grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/
 Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/ Vergelyk/
 Verduidelik/Onderskei/ Interpreteer/ Debatteer kortliks.                      Maks. 10
 Slot
 Enige relevante hoë-orde slot wat die volgende insluit:
  x ŉ Kort opsomming van wat bespreek is/ analiseer sonder om die
     feite wat reeds genoem is, te herhaal
  x Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
  x Bykomende ondersteuningsinligting om die besprekings/analise te
     versterk
  x ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
  x Aanbevelings                                                               Maks. 2
 TOTAAL                                                                          40

 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                   40 PUNTE – 40 MINUTE
x   Vergelyk en kontrasteer die Suid-Afrikaanse gemengde ekonomie met dié van ŉ
    sentraal beplande ekonomiese stelsel.                                                         (26)
x   Evalueer die regering se effektiwiteit in die lewering van sosiale dienste aan
    plaaslike gemeenskappe.                                                                       (10)
                                                                                                  [40]
 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                               40 PUNTE – 40 MINUTE

x   Bespreek in detail die eienskappe van ontwikkelende lande.                                    (26)
x   Hoe kan menslike- en natuurlike hulpbronne gebruik word om ekonomiese
    ontwikkeling te verseker?                                                                     (10)
                                                                                                  [40]

                                                                   TOTAL AFDELING C:               40
                                                                      GROOTTOTAAL                 150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Economics · Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV 2023 English D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov-2023-english-d/4a97e744-8e1f-49da-8a52-687fbba97845) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov-2023-english/7f6ceeb5-367e-4ca9-babe-ba5b26341549) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [ECONOMICS P2 QP GR11 NOV2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr11-nov2023-afrikaans-d/186f9a21-8418-4f20-aea9-61ab5d46925e) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR11 NOV2023 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr11-nov2023-english/4d677eb8-2e94-4c13-96c0-a9e115c3d907) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Economics · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-english/8a4af2b5-e5ee-4419-886d-8b54928ba5ee) — Memo · 2023 · Eng
- [Gr 11 Eco P2 (English) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-eco-p2-english-june-2023-possible-answers/f1cfc1f4-dee9-4f36-b163-3cd44db63ae9) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
