# Economics Grade 11 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

> Grade 11 Economics question paper from the Eastern Cape November Exam 2025 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/ekonomie-v1-gr11-qp-november-2025-afr-watermark/2606dbc0-b3cf-4721-b79b-cec5a83cf9bc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/ekonomie-v1-gr11-qp-november-2025-afr-watermark/2606dbc0-b3cf-4721-b79b-cec5a83cf9bc)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2025. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 11

                       NOVEMBER 2025

                         EKONOMIE V1

PUNTE:     150

TYD:       2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                 EKONOMIE V1                            (EC/NOVEMBER 2025)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
     AFDELING A: VERPLIGTEND
     AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
     AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.   Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
     nagesien word NIE.

3.   Beantwoord die vrae in volsinne. Die formaat, inhoud en die konteks van jou
     antwoorde moet aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

5.   Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

6.   Lees AL die vrae aandagtig deur.

7.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

8.   Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

9.   Gebruik slegs swart of blou ink.

10. Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2025)                           EKONOMIE V1                                   3

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                    30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
    Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
    (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 B.

     1.1.1    Die hulpbronne/goedere wat skaars is en waarvoor mense bereid is
              om te betaal staan as … bekend.

              A      vrye goedere
              B      nie-hernubare goedere
              C      hernubare bronne
              D      ekonomiese goedere

     1.1.2    Die waarde van die finale uitset wat geproduser word deur inwoners
              van ŉ land ongeag waar hulle gevestig is oor ŉ gegewe tydperk.

              A      Bruto nasionale produk
              B      Bruto binnelandse produk
              C      Bruto binnelandse besteding
              D      Bruto kapitaalvorming

     1.1.3    In ŉ markekonomie staan die belangrikste krag in die verspreiding
              van goedere en dienste as … bekend.

              A      mededinging
              B      prysstelsel
              C      regering
              D      openbare sektor

     1.1.4    ŉ Groep maatskappye of organisasies wat soortgelyke goedere of
              dienste produseer, staan as … bekend

              A      ekonomiese strukture
              B      primêre sektore
              C      industrieë
              D      sekondêre sektore

     1.1.5    Ekonomiese groei word gemeet en uitgedruk in terme van reële …

              A      bruto nasionale produk.
              B      bruto waarde toegevoeg.
              C      bruto binnelandse produk.
              D      bruto nasionale inkomste.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                    EKONOMIE V1                          (EC/NOVEMBER 2025)

     1.1.6   Die minimum inkomstevlak wat nodig is om in basiese behoeftes te
             voorsien en armoede te vermy.

             A       Armoede
             B       Armoedegaping
             C       Absoluut armoede
             D       Armoedegrens

     1.1.7   Die verhouding tussen die hoeveelheid insette wat gebruik word en die
             hoeveelheid goedere en dienste wat produseer word.

             A       Produksie
             B       Produktiwiteit
             C       Arbeidsproduktiwiteit
             D       Optimale mengsel

     1.1.8   ŉ Kaart wat gebruik word om fondse elektronies uit ŉ kaarthouer se
             rekening te onttrek of om vir goedere by besighede te betaal, staan as ŉ
             …-kaart bekend.

             A       debiet
             B       krediet
             C       bank
             D       geskenk
                                                                               (8 x 2)    (16)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2025)                        EKONOMIE V1                                          5

  1.2 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ item in KOLOM A pas.
      Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.8) in die
      ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

                 KOLOM A                               KOLOM B
        1.2.1    Verkryging           A programme en aktiwiteite wat ontwerp is om
                                        die welstand en lewensgehalte van individue
                                        te verbeter

        1.2.2    Inspuitings          B opgehoopte bates vir die skep van inkomste

        1.2.3    Sosiale dienste      C die verkryging of aankoop van goedere en
                                        dienste

        1.2.4    Buitelandse valuta   D bestaan wanneer die land genoeg voedsel
                                        kan produseer om sy bevolking te voed

        1.2.5    Rykdom               E die bekendstelling van geld in die
                                        ekonomiese kringloop

        1.2.6    Lewensverwagting     F geld wat deur die wet goedgekeur is en wat
                                        as betaling aanvaar moet word

        1.2.7    Voedselsekerheid     G geld wat gebruik word om betalings tussen
                                        lande te maak

        1.2.8    Wettige              H die aantal jare wat mense verwag word om
                 betaalmiddel           te leef

                                      I   aktiwiteite wat tot die produksie, verspreiding
                                          en uitruil van goedere en dienste bydra
                                                                                   (8 x 1) (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                 EKONOMIE V1                             (EC/NOVEMBER 2025)

1.3 Gee EEN term/woord vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
    term/woord langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK
    neer.

     1.3.1   Die prys wat aan die eienaars van natuurlike hulpbronne betaal word

     1.3.2   Die goedere en dienste wat as insette vir die produksie van ander
             goedere en dienste gebruik word

     1.3.3   Gebeur wanneer die vryemark misluk om hulpbronne effektief te
             allokeer

     1.3.4   ŉ Statistiek wat inkomste en rykdom ongelykheid onder huishoudings in
             ŉ land meet

     1.3.5   ŉ Praktyk en tradisie wat uniek is aan ŉ sekere kultuur of gemeenskap

     1.3.6   Die onvermoë van ŉ bank om sy verpligtinge teenoor sy deposante en
             ander krediteure na te kom
                                                                          (6 x 1)       (6)

                                                          TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2025)                          EKONOMIE V1                                             7

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1 Beantwoord die volgende vrae.

       2.1.1     Noem enige TWEE metodes wat gebruik word om die Bruto
                 Binnelandse Produk te bereken.                                                     (2)

       2.1.2     Waarom word eiebelang as ŉ nadeel in die markekonomie gesien?                      (2)

 2.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae volg.

               UITTREKSEL VANUIT DIE NASIONALE REKENINGE VAN SUID-
               AFRIKA TEEN BASIESE PRYSE
                                                         R MILJOENE
               Verbruik van vaste kapitaal               553 222
               Bruto waarde toegevoeg teen faktorkoste   3 488 407
               Ander belasting op produksie              81 531
               Ander subsidies op produksie              9 380
               Bruto waarde toegevoeg teen basiese pryse (B)

       Suid-Afrika se huishoudelike verbruikersbesteding het met 7,2% oor die
       afgelope agt jaar afgeneem. Gesamentlik, het huishoudings na raming 3-triljoen
       rand tussen November 2022 en November 2023 bestee. Wit huishoudings bly
       steeds voor in inkomste- en bestedingsvlakke. Stats SA sê die jongste data
       beklemtoon die kontinuiteits-ongelykhede oor rasse en geslag in Suid-Afrika.
                                        [Aangepas uit SARB bulletin & Enca.com; 30 Januarie 2025]

       2.2.1     Identifiseer die organisasie wat nasionale rekeninge inligting vanuit die
                 uittreksel hierbo publiseer.                                                       (1)

       2.2.2     Noem die metode vanuit die tabel hierbo, wat gebruik word om die BBP
                 te bereken.                                                                        (1)

       2.2.3     Verduidelik kortliks die term huidige pryse.                                       (2)

       2.2.4     Verduidelik die impak van inkomste op verbruikersbesteding.                        (2)

       2.2.5     Bereken die bruto waarde toegevoeg teen basiese pryse (B).
                 Toon ALLE berekeninge.                                                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                                   EKONOMIE V1                                (EC/NOVEMBER 2025)

 2.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 SUID-AFRIKA SE INFRASTRUKTUUR
                       BEELD 1                                      BEELD 2

                                                         Die regering sal meer as R940
                                                         biljoen op infrastruktuur oor die
                                                         volgende drie jaar bestee.
                                                         Hierdie befondsing sal paaie en
                                                         brûe revitaliseer, damme en
                                                         waterweё bou, en hawens en
                                                         lughawens moderniseer.
                                                         Die primêre doelwit is om Eskom,
                                                         Transnet en ander noodsaaklike
                                                         staatsondernemings te bemagtig
                                                         om optimaal te funksioneer.

                                                           [Bron: 2025 SONA en Google images]

      2.3.1    Identifiseer ŉ beeld wat verwant is aan Transnet uit die beelde hierbo.               (1)

      2.3.2    Noem die staatsbeheerde onderneming wat vir die handhawing en
               opgradering van nasionale padnetwerke verantwoordelik is.                             (1)

      2.3.3    Verduidelik kortliks die term infrastruktuur.                                         (2)

      2.3.4    Verduidelik die voordele van investering van meer geld in openbare
               vervoer.                                                                              (2)

      2.3.5    Ondersoek die belangrikheid van ŉ betroubare energievoorsiening vir die
               Suid-Afrikaanse ekonomie.                                      (2 x 2)                (4)

 2.4 Bespreek die klassifisering van bruto vaste kapitaalvorming.                     (4 x 2)        (8)

 2.5 Analiseer Suid-Afrika se huidige posisie in die maatskaplike dienslewering.
                                                                                      (4 x 2)     (8)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2025)                       EKONOMIE V1                                                 9

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1 Beantwoord die volgende vrae.

     3.1.1    Noem enige TWEE bronne van rykdom.                                                         (2)

     3.1.2    Waarom sukkel ontwikkelende lande dikwels om beduidende ekonomiese
              groei te behaal?                                                                           (2)

3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              SUID-AFRIKAANSE REGERING SE POGINGS OM EKONOMIESE
                           ONGELYKHEID REG TE STEL

     Die Suid-Afrikaanse regering het verskillende maatreëls ingestel om ekonomiese
     ongelykheid, insluitend maatskaplike toelae, ŉ progressiewe belastingstelsel en
     regstellende aksie reg te stel, maar die doeltreffendheid daarvan bly ŉ onderwerp
     vir debat. Terwyl die fiskale beleid armoede en ongelykheid verminder het, bly die
     ongelykhede aansienlik, met hoë werkloosheid en ŉ volgehoue inkomstegaping.
     Breë-Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging is die beleid van die Suid-Afrikaanse
     regering wat daarop gemik is om breër deelname aan die ekonomie deur swart
     mense te fasiliteer.

                                     [http://en.m.wikipedia.org/wiki/Swart Ekonomiese Bemagtiging]

     3.2.1    Identifiseer enige EEN regstellende metode, vanuit die uittreksel hierbo,
              wat gebruik is om rykdom te herversprei.                                                   (1)

     3.2.2    Noem EEN voorbeeld van voordele in natura.                                                 (1)

     3.2.3    Beskryf kortliks die term ekonomiese ongelykheid.                                          (2)

     3.2.4    Onderskei tussen grondverdeling en grondrestitusie.                                        (2)

     3.2.5    Ondersoek die uitdagings wat geassosieer word met die implementering
              van Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB).              (2 x 2)                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                                 EKONOMIE V1                             (EC/NOVEMBER 2025)

3.3   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      VYF LANDE MET DIE HOOGSTE MENSLIKE-ONTWIKKELINGSINDEKS
      (2025)

                     LANDE                              MOI
                                                        rang
                     Switserland                        0.967
                     Noorweë                            0.966
                     Ysland                             0.959
                     Hong Kong                          0.956
                     Swede                              0.952

      Ekonomiese ontwikkeling word beoordeel deur metodes wat deur drie
      organisasies vasgestel is, naamlik die Wệreldbank, die Internasionale Monetệre
      Fonds (IMF) en die Verenigde Nasies.

      Burgers van lande met ŉ baie hoë vlak van ontwikkeling geniet ŉ hoë
      lewenstandaard en aansienlike materiële welvaart. In teenstelling hiermee, staar
      burgers van lande met ŉ lae vlak van ontwikkeling ŉ lae lewenstandaard, hoë
      armoedesyfers en onveilige omgewings in die gesig.

      3.3.1 Identifiseer ŉ ekonomiese uitdaging van ontwikkelende lande uit die
            inligting hierbo.                                                               (1)

      3.3.2 Noem die internasionale organisasie wat die MOI gebruik om ekonomiese
            ontwikkeling te meet.                                                           (1)

      3.3.3 Verduidelik kortliks die term ekonomiese ontwikkeling.                          (2)

      3.3.4 Wat dui die Menslike-ontwikkelingsindeks se telling naby een aan?               (2)

      3.3.5 Waarom het ontwikkelde land ŉ hoë aanbod van geskoolde werkers?
                                                                         (2 x 2)            (4)

3.4   Verduidelik kortliks hoë vlakke van werkloosheid en gebrekkige infrastruktuur as
      eienskappe van ontwikkelende lande.                                        (4 x 2)    (8)

3.5   Met behulp van ŉ goed benoemde Lorenz-kromme, verduidelik die
      inkomsteverspreiding in ŉ land met hoë vlakke van inkomste-ongelykhede.               (8)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2025)                       EKONOMIE V1                                             11

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1 Beantwoord die volgende vrae.

     4.1.1    Noem enige TWEE vorme van vervoer infrastruktuur.                                       (2)

     4.1.2    Hoe word inkomste per kapita gebruik om ekonomiese ontwikkeling te
              meet?                                                                                   (2)

4.2 DATARESPONS

     Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   EKONOMIESE STELSEL

                                                     Individue of maatskappye met ŉ
                                                     stewige greep op die mark kan die
                                                     potensiaal hê om pryse, vraag en
                                                     aanbod op betekenisvolle maniere te
                                                     beïnvloed. Die invloed kan tot
                                                     geleenthede vir innovasie en
                                                     ekonomiese groei lei. Dit is egter
                                                     noodsaaklik om te verseker dat
                                                     hierdie mag gebalanseerd is om
                                                     billikheid en gelykheid te bevorder,
                                                     wat help om inkomste-ongelykheid te
                                                     verminder.

                                                              [Bron: Google images & Meta AI ]

     4.2.1    Identifiseer die naam, uit die spotprent hierbo, wat gekoppel is aan ŉ
              sentraal beplande ekonomie.                                                             (1)

     4.2.2    Noem EEN regeringsverantwoordelikheid in ŉ gemengde ekonomie, soos
              genoem in die uittreksel hierbo.                                                        (1)

     4.2.3    Verduidelik kortliks die term ekonomiese stelsel.                                       (2)

     4.2.4    Verduidelik mededinging as een van die voordele van ŉ markekonomie.                     (2)

     4.2.5    Hoe kan dienslewering in Suid-Afrika verbeter word?                      (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                                EKONOMIE V1                                  (EC/NOVEMBER 2025)

4.3 DATARESPONS

     Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     SUID-AFRIKA SE ONLANGSE GROEI-ERVARING

          SA SE EKONOMIE GROEI STADIG ONDER
          UITDAGINGS

     Die Suid-Afrikaanse ekonomie het stadig in vier jaar gegroei, met die BBP wat
     slegs met 0,6% in 2024 gestyg het, en met 0,7% in 2023 gedaal het. Die
     hooffaktore agter hierdie stadige groei sluit logistieke uitdagings, swak
     verbruikersbesteding, ernstige droogte en dalende vaste belegging in. Die
     amptelike werkloosheid in Suid-Afrika was 32,9%, wat ŉ beduidende las op die
     ekonomie en samelewing is.

                                   [Aangepas uit News Central TV: Business Edge–Maart,2025]

     4.3.1   Gee enige EEN hooffaktor vir stadige groei uit die uittreksel hierbo.               (1)

     4.3.2   Noem die mees belangrikste aanwyser wat ŉ land gebruik om
             ekonomiese groei te meet.                                                           (1)

     4.3.3   Verduidelik kortliks die term ekonomiese groei.                                     (2)

     4.3.4   Hoe kan rykdom gegenereer word deur te spaar?                                       (2)

     4.3.5   Waarom is ekonomiese groei noodsaaklik (belangrik) om armoede te
             verminder?                                                   (2 x 2)                (4)

4.4 Verduidelik kortliks die ekonomiese belangrikheid van die tersiệre sektor. (4 x 2)           (8)

4.5 Analiseer HOP en JIPSA as Suid-Afrikaanse pogings (ontwikkelende strategieë)
    om ekonomiese ontwikkeling te verbeter.                               (2 x 4)               (8)
                                                                                               [40]
                                                                TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2025)                      EKONOMIE V1                                  13

 AFDELING C

 Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

 Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                     STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                       PUNTE-
                                                                  TOEKENNING
 Inleiding
 • ŉ Goeie beginpunt sal wees om die hoofbegrip wat met die
     vraagonderwerp verband hou te defineer.
 • Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.
 • Moenie enige gedeelte van die vraag by die inleiding insluit
     nie.
 • Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal
     nie.
 • Vermy om in die inleiding te sệ wat jy gaan bespreek in die
     liggaam.                                                       Maks. 2
 Liggaam
 Hoofgedeelte:
 Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek
 krities/Verduidelik/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
 Verduidelik/Assesseer/Debateer.                                   Maks. 26
 Addisionele gedeelte:
 Gee eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/Evauleer krities
 Evalueer/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
 grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei
 af/Verduidelik/Vergelyk/
 Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debateer kortliks              Maks. 10
 Slot
 Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:
 • ŉ Kort opsomming van wat bespreek is sonder om die feite
     wat reeds genoem is, te herhaal
 • Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek
     is.
 • Bykomende ondersteuningsinligting om die
     bespreking/analise te versterk.
 • ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
  • Aanbevelings                                                    Maks. 2
 TOTAAL                                                               40

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 14

14                               EKONOMIE V1                             (EC/NOVEMBER 2025)

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                40 PUNTE – 40 MINUTE

•    Bespreek in detail entrepreneurskapsvaardighede as ŉ produksiefaktor. (26 punte)
•    Ondersoek die positiewe effek van kapitaalverdieping.                 (10 punte)

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                   40 PUNTE – 40 MINUTE

• Bespreek in detail die funksies van die Suid-Afrikaanse Reserwebank as ŉ
  sentrale bank.                                                           (26 punte)
•    Hoe sal die goewerneur van die Reserwebank die monetệre beleid gebruik
     om die hoeveelheid geld van die land te beϊnvloed?                     (10 punte)

                                                           TOTAAL AFDELING C: 40
                                                                GROOTTOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Economics · Memo · 2025
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV 2023 English D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov-2023-english-d/4a97e744-8e1f-49da-8a52-687fbba97845) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov-2023-english/7f6ceeb5-367e-4ca9-babe-ba5b26341549) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [ECONOMICS P2 QP GR11 NOV2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr11-nov2023-afrikaans-d/186f9a21-8418-4f20-aea9-61ab5d46925e) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR11 NOV2023 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr11-nov2023-english/4d677eb8-2e94-4c13-96c0-a9e115c3d907) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — Economics · QP + Memo · 2025

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-english/8a4af2b5-e5ee-4419-886d-8b54928ba5ee) — Memo · 2023 · Eng
- [Gr 11 Eco P2 (English) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-eco-p2-english-june-2023-possible-answers/f1cfc1f4-dee9-4f36-b163-3cd44db63ae9) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
