# Economics Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/ekonomie-v1-memo-gr12-sept-2015-afr/a70cdcb4-40aa-4632-a710-a8d012c7e469
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/ekonomie-v1-memo-gr12-sept-2015-afr/a70cdcb4-40aa-4632-a710-a8d012c7e469)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2015

                      EKONOMIE V1
                      MEMORANDUM

PUNTE:   150

               Hierdie memorandum bestaan uit 20 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    EKONOMIE V1                               (EC/SEPTEMBER 2015)

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1     MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         1.1.1       B       produksie
         1.1.2       B        eksogene
         1.1.3       C       Nasionalisering
         1.1.4       A        devaluasie.
         1.1.5       C       direkte investering
         1.1.6       C       GEAR
         1.1.7       C       is ŉ toename in die vlak van ekonomiese welsyn.
         1.1.8       A       ekonomiese                                   (8 x 2)      (16)

 1.2     PAS-ITEMS

         1.2.1       D       om die voorspellings van toekomstige
                              sakesikluspatrone te baseer op voriges
         1.2.2       E       totale inkome ontvang deur permanente inwoners
         1.2.3       A       staat en semi-staat ondernemings
         1.2.4       H       ŉ fiskale beleidsinstrument
         1.2.5       B       ŉ proses waar mense beweeg van plattelandse na
                              stedelike gebiede
         1.2.6       C       ŉ monetêre beleidsinstrument
         1.2.7       F       dit is ŉ nywerheidspark wat buite die plaaslike doeane-
                              gebied val
         1.2.8       G       skakel ŉ onderneming in staatsbesit oor na ŉ
                              besigheid met beperkte aanspreeklikheid en ŉ
                              winsmotief                                       (8 x 1)     (8)

 1.3     IDENTIFISEER DIE BEGRIP

         1.3.1       Geldvloei 
         1.3.2       Kuznetsiklus 
         1.3.3       Pareto doeltreffendheid/allokatiewe doeltreffendheid 
         1.3.4       Beskerming 
         1.3.5       Streekontwikkeling/Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatief (ROI) 
         1.3.6       Storting (Dumping)                                         (6 x 1) (6)

                                                             TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai asseblief om

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                         EKONOMIE V1                                       3

 AFDELING B           (Beantwoord TWEE vrae uit hierdie afdeling.)

 VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

 2.1    2.1.1    Noem enige TWEE redes vir regeringsinmenging in die
                 ekonomie.

                        Voorsien openbare goedere en dienste 
                        Voorsien meriete goedere 
                        Beskerm natuurlike hulpbronne 
                        Herverdeling van inkome en rykdom 
                        Bestuur die ekonomie 
                        Moedig mededinging aan                      (Enige 2 x 1)     (2)

        2.1.2    Hoe sal jy die begrip ‘vermenigvuldiger’ verduidelik?
                 Wanneer ŉ klein verandering in besteding lei tot ŉ groter
                 proporsionele toename in nasionale inkome. 
                 (Aanvaar enige toepaslike verduideliking)                   (1 x 2)   (2)

 2.2    DATA RESPONS

        2.2.1    Benoem die grafiek wat hierbo voorgestel word.
                 Phillipskurwe                                                         (1)

        2.2.2    Watter punt op die grafiek toon die oorspronklike natuurlike
                 werkloosheidskoers aan?
                 Punt C                                                                (1)

        2.2.3    Wat is die gevolg van PK1 wat by punt D sny?
                 Die natuurlike werkloosheidskoers daal van 14% tot 9%.               (2)

        2.2.4    Noem enige aanbodkant beleidsmaatreël wat aangewend kan
                 word om PK na PK1 te verskuif.
                  Verbeterde onderwys 
                  Doeltreffende opleiding 
                  Minder wetlike beperkings op besighede 
                  Minder beperkings op die immigrasie van geskoolde
                   werkers                                      (Enige 2 x 1 )        (2)

        2.2.5    Verduidelik die verhouding tussen werkloosheid en inflasie in
                 die bostaande grafiek?
                 Omgekeerde verhouding 
                 As werkloosheid toeneem van A na B na C, daal inflasie van 6%
                 na 2% na 0%.                                     (Enige 2 x 2)       (4)
                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai asseblief om

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                      EKONOMIE V1                                        (EC/SEPTEMBER 2015)

 2.3   DATA RESPONS

       2.3.1     Watter berekeningsmetode van die BBP is toegepas in die
                 bostaande tabel?
                 Bestedingsmetode                                                                     (2)

       2.3.2     Waarom word invoere afgetrek van die BBB syfers?
                 Geld word nie spandeer aan invoere binne die grense van Suid-
                 Afrika nie, daarom moet dit nie ingesluit word by BBB nie.                           (2)

       2.3.3     Wat moet gedoen word om die BBP teen markpryse om te
                 skakel na die BNP teen markpryse?
                 BBP teen markpryse plus Primêre inkome van die res van die
                 wêreld  minus primêre inkome aan die res van die wêreld.                             (2)

       2.3.4     Bereken die Bruto Binnelandse Besteding in die bostaande
                 tabel, aangedui as (A).
                 BBB = R1907,2 + R 604,4 + R8,2 + R707,0 + R24,6 
                 = R3251,4 miljard                                                                   (4)
                                                                                                       [10]

 2.4   Bespreek kortliks oneffektiwiteit en ondoeltreffendheid as
       eienskappe/kenmerke van openbare sektor mislukking

       Oneffektiwiteit
           Gebeur wanneer openbare sektor nie effektief is in die toekenning
            van hulpbronne nie.
           Openbare sektor vermors meer as die privaat sektor in die toekenning
            en gebruik van hulpbronne.
           Dit mag gebeur in verhouding tot beskerming, sosiale, ekonomiese en
            administratiewe dienste waarvoor geld toegestaan word in die
            begroting.
           Gee direk of indirek nie om vir die omgewing nie en menseregte word
            nie eerbiedig nie.
           Die openbare sektor neig om minder produktief te wees as die privaat
            sektor.                                                (Enige 2 x 2)                      (4)

        Ondoeltreffendheid
           Gebeur wanneer beleide van die openbare sektor nie die
            voorafgestelde doel bereik nie.
           Verwys na die openbare sektor wat onvoldoende is en vir wie dit
            onmoontlik is om die verwagte uitwerking op die ekonomie te hê.
           Byvoorbeeld doelwitte wat nie bereik word nie, met verwysing na
            inflasie, groei en werkverskaffing.
           Onbevoegdheid in die gebruik van monetêre en fiskale beleid,
            grondgebruik beleid, nywerheidsbeleid, streek ontwikkelingsbeleid en
            handelsbeleid.(Enige 2 x 2)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai asseblief om

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                       EKONOMIE V1                                         5

2.5     Hoe kan veranderinge in wisselkoerse gebruik word om
        betalingsbalans onewewigtigheid uit te skakel?

             Vry swewende wisselkoerse
              Dit werk outomaties.
              As invoere toeneem, neem die vraag na buitelandse valuta
                 toe.
              Die geldeenheid depresieer as gevolg van die werking van
                 markkragte.
              Depresiasie maak invoere duurder in die depresiërende land en
                 uitvoere goedkoper in die buiteland. 
              Invoere neem af en uitvoere neem toe en die geldeenheid
                 appresieer. 

        Beheerde swewende wisselkoerse 

            Sentrale banke gebruik hulle reserwes om depresiasie en appresiasie
             toe te pas. 
            Oor die langtermyn moet geldeenhede hulle ewewigsvlak vind. 

         Vaste wisselkoerse 
            Geldeenhede word gedevalueer en gerevalueer.
            As reserwes min raak, word die geldeenheid gedevalueer wat
             dieselfde uitwerking het as depresiasie.
            As reserwes te veel raak en inflasie veroorsaak, revalueer hulle
             en dit het dieselfde uitwerking as appresiasie.
            Om te devalueer en revalueer is doelbewuste aksies wat deur die
             Sentrale bank toegepas word om die vaste wisselkoers aan te
             pas.                                                   (Enige 4 x 2)    (8)
                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai asseblief om

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  EKONOMIE V1                              (EC/SEPTEMBER 2015)

 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
 3.1   3.1.1    Noem TWEE van Suid-Afrika se nywerheidsontwikkeling
                beleide.
                 Raamwerk vir ŉ Nasionale Nywerheidsbeleid (NIPF)
                 Nywerheidsbeleid Aksieplan (IPAP)                 (2 x 1)             (2)
       3.1.2   Hoe sal ŉ toename in arbeid produktiwiteit ekonomiese groei
               beïnvloed?
                Arbeid produktiwiteit is uitset per werker in ŉ sekere tydsperiode
                  soos ŉ dag/week. 
                Dit word gemeet deur die reële BBP te deel deur die aantal
                  werkers in diens. 
                Toename in reële BBP sal ekonomiese groei laat toeneem. 
                  (Aanvaar enige toepaslike inligting.)                (Enige 1 x 2)     (2)
 3.2   DATA RESPONS
       3.2.1    Noem enige EEN sleutelsektor uit die uittreksel.
                    Klere 
                    Tekstiele 
                    Motorvoertuig                                    (Enige 1 x 1)     (1)
       3.2.2    Wat is die rol van die Departement van Handel en Nywerheid
                volgens die uittreksel?
                Om aansporingskemas te bied, ten einde vervaardigings kapasiteit
                ŉ hupstoot te gee en om werkskepping te ondersteun.      (1)
       3.2.3    Verduidelik die betekenis van die begrip
                nywerheidsontwikkeling.
                Nywerheidsontwikkeling verwys na beplanning van en bou van
                nuwe nywerhede in sekere gebiede, sowel as om bestaande
                nywerhede in sekere gebied uit te brei.                                (2)
       3.2.4   Noem TWEE aansporings wat die regering gebruik om
               nywerheidsontwikkeling aan te moedig.
                 Klein- en medium ondernemings ontwikkelingsprogram
                  (KMOOP/SMBDP) 
                 SEDA Tegnologie Programme (STP)
                 Vaardigheid ondersteuningsprogram (VOP/SSP) 
                 Program vir Kritiese Infrastruktuur (PKI/CIF) 
                 Tariefvrye aansporings 
                 Buitelandse Investering Toelae (BID/FIG)
                 Strategiese Investering Plan (SIP)
                 Business Process Services (BPS               (Enige 2 x 1)          (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai asseblief om

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                       EKONOMIE V1                                        7

        3.2.5    Hoekom sou die regering hierdie finansiële aansporings
                 aanbied?
                     Om nuwe besighede te vestig 
                     Betrek plaaslike en oorsese besighede in die regering se
                      ROI’s. 
                     Bevorder nywerheidsontwikkeling 
                     Bevorder werkverskaffings en -skeppingsprogramme
                     Vestig volhoubare besighede wat plaaslik en internasionaal
                      kan meeding.                                 (Enige 2 x 2)     (4)

 3.3    DATA RESPONS

        3.3.1    Wat is die uitwerking van ŉ styging in lewensverwagting?
                 Verbetering in sosiale en ekonomiese toestande                       (1)

        3.3.2    Wat is die gemiddelde lewensverwagting van mense wat in
                 die Noord-verdeel bly?
                 78 jaar                                                              (1)

        3.3.3    Noem enige TWEE aanwysers wat gebruik word om
                 lewenstandaard te meet.
                   Per capita inkome 
                   Onderwys 
                   Lewensverwagting                        (Enige 2 x 1)             (2)

        3.3.4    Maak ŉ voorstel hoe om lewensverwagting te verhoog.
                  Voldoende voedselvoorrade. 
                  Verminder armoede. 
                  Beheer siektes. 
                  Gesondheidsbewusmaking-programme. 
                    (Aanvaar enige toepaslike voorstel)        (Enige 1 x 2)           (2)

        3.3.5    Vergelyk die lewenstandaard tussen die Noord en die Suid
                 verdeel.
                  In die Noord-verdeel is die lewenstandaard hoog − 85% van
                    die wêreld se totale inkome word verdien deur 15% van die
                    wêreld se bevolking. 
                  In die Suide is die lewenstandaard laag − 85% van die wêreld
                    se bevolking lewe op 15% van die wêreld se inkome.
                    (Aanvaar enige toepaslike verduideliking.)                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai asseblief om

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   EKONOMIE V1                                     (EC/SEPTEMBER 2015)

    3.4   Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.

          Ekonomiese groei                     Ekonomiese ontwikkeling
           Proses waardeur die produksie       Proses wat konsentreer op mense
            vermoë van die ekonomie oor          se lewenstandaard, selfrespek en
            tyd toeneem.                      vryheid van keuse.
           Word gemeet as persentasie          Handel met kwessies soos
            verandering in reële BBP.         onderwys, geletterdheid,
                                                 gesondheidsorg, werkverskaffing
                                                 en omgewingsvol-
                                                 houbaarheid. 
           Het te doen met goedere en          Het te doen met mense en
            dienste.                          menslike ontwikkeling. 
            Is ŉ noodsaaklike inset vir         Groei behoort te lei tot
            ekonomiese ontwikkeling.           ontwikkeling.
                               (Enige 2 x 2)     (Enige 2 x 2)    (8)

    3.5   Evalueer Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe in Suid-Afrika.

              ROI verwys na nasionale regerings programme wat daarop gemik is
               om inherente en onderbenutte ekonomiese ontwikkelings potensiaal
               van sekere ruimtelike gebiede in Suid-Afrika te ontsluit.
              Stimuleer investering deur privaat sektor besighede.
              Skep werkloosheid en groei in uitgesoekte gebiede.
              Ontwikkel infrastruktuur projekte in die uitgesoekte gebiede.
              Voorsien hoë vlak ondersteuning vir ontwikkeling in die uitgesoekte
               gebiede.
              Versprei ekonomiese aktiwiteit na swak ontwikkelde gebiede wat die
               potensiaal vir ontwikkeling het.
              Vestig privaat-openbare-vennootskap.                   (Enige 4 x 2)          (8)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai asseblief om

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                         EKONOMIE V1                                           9

 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
 4.1    4.1.1    Noem voorbeelde van nywerheidsontwikkelingsones in Suid-
                 Afrika.

                      Coega – staal en motorvoertuig komponente
                      OR Tambo Internasionale Lughawe – hoë tegnologie
                       nywerhede
                      Oos Londen– voertuie 
                      Richardsbaai – metale 
                      Mafikeng NOS – agri-prosessering, saadolie en bio-
                       brandstowwe 
                      Saldanhabaai – voorgestelde haalbaarheidstudie in 2012
                       voltooi                                        (Enige 2 x 1)        (2)
        4.1.2    Hoe kan ŉ leidende sakesiklus aanwyser gebruik word in
                 vooruitskatting?                                                           (2)
                 Hulle bereik die piek voordat die piek in die totale ekonomiese
                 aktiwiteit bereik word en hulle bereik dit trog voordat die totale
                 ekonomiese aktiwiteit die trog bereik. 
                 Hulle gee vooraf waarskuwing oor verandering in totale
                 ekonomiese aktiwiteite. 
                 (Aanvaar enige toepaslike verduideliking.)                (Enige 1 x 2)    (2)
 4.2    DATA RESPONS

        4.2.1    Noem die sub-rekening wat in bostaande tabel aangetoon
                 word.
                 Lopende rekening 
        4.2.2    Wat beteken ŉ negatiewe syfer as ŉ handelsbalans?
                 Wanneer die waarde van invoere meer is as uitvoere/wanneer daar
                 ŉ tekort is                                                               (1)
        4.2.3    Omskryf die begrip betalingsbalans.
                 Betalingsbalans is ŉ staat van ŉ land se handels- en finansiële
                 transaksies met die res van die wêreld oor ŉ periode van tyd.            (2)
        4.2.4    Waarom word netto goud uitvoere aangeteken as ŉ aparte item
                 en nie as deel van die goedere uitvoer nie?
                  Suid-Afrika is die wêreld se grootste goudprodusent. 
                  Dit is die netto uitvoere van goud en daarom is die bedrag
                    positief. 
                  Historiese belangrikheid van goud vir Suid-Afrika maak dit ŉ
                    hoofverdiener van buitelandse valuta.
                  Die groot rol wat goud in die verlede gespeel het. 
                  Tendense kan geïdentifiseer word.                 (Enige 1 x 2)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai asseblief om

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                EKONOMIE V1                               (EC/SEPTEMBER 2015)

       4.2.5    Bereken die handelsbalans vir tweede kwartaal van 2012.
                Handelsbalans = (Goedere uitgevoer + Netto goud uitvoere) –
                Goedere ingevoer
                (R826 miljard + R70 miljard) – R983 miljard = -R87 miljard           (4)

 4.3   DATA RESPONS

       4.3.1    Noem ŉ wet wat in Suid-Afrika toegepas word om gelykheid te
                bevorder.
                  Wet op Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging 
                  Wet op Grond Hervorming 
                  Wet op Gelyke Indiensneming                 (Enige 1 x 2)           (2)

       4.3.2    Verduidelik EEN doelwit die NOP.
                 Werkskepping  
                 Brei infrastruktuur uit 
                 Gebruik hulpbronne behoorlik 
                 Inklusiewe beplanning 
                 Gehalte onderwys 
                 Gehalte gesondheidsorg 
                 Bou verantwoordelike staat 
                 Beveg korrupsie 
                 Verenig die nasie 
                 Verbeter integrasie 
                 Verminder besoedeling 
                 Verbeter gelykheid 
                 Verbeter veiligheid 
                 (Aanvaar enige toepaslike verduideliking)             (Enige 1 x 2)     (2)

       4.3.3    Op watter manier behoort hierdie doelwitte ontplooi te word?
                In ŉ manier wat voorspoed en gelykheid aanmoedig                       (2)

       4.3.4    Verduidelik hoekom jy dink Suid-Afrika hierdie doelwitte van
                die NOP sal bereik.
                  Dit het begin om ekonomiese geleenthede uit te brei deur
                    investering in infrastruktuur,  meer innovasie,  private
                    investering en entrepreneurskap 
                  Die NOP het ŉ duidelike visie dat die privaat sektor die mees
                    belangrikste rolspeler in die ekonomie is. 
                    (Aanvaar enige toepaslike verduideliking)          (Enige 2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai asseblief om

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                       EKONOMIE V1                                       11

 4.4    Onderskei tussen geldmark en kapitaalmark.

        Geldmark
         Is die mark vir korttermynbesparings en lenings (drie jaar en korter).
         Dit ontstaan wanneer partye, spesifiek verbruikers en produsente,
           vraag-en korttermyn deposito’s maak en leen oor die korttermyn.
         Dit ontstaan ook wanneer deposito’s en nie-deposito tussengangers,
           besighede en Korporasie vir Openbare Deposito’s betrokke raak in
           kommunikasie wat die prys van korttermynfondse beïnvloed.
         Die SARB is ŉ sleutel instelling in die geldmark.
         Tussen-bank lenings maak ŉ groot deel van die geldmark uit.
         Die volgende soorte sekuriteite verwissel hande in die geldmark:
           korttermyn maatskappy skuldbriewe, korttermyn staatseffekte, bankiers
           aksepte, skatkiswissels en Reserwebank skuldbriewe. 
                                                                      (Enige 2 x 2)     (4)

        Kapitaalmark
         Ontstaan wanneer verbruikers en produsente langtermyn deposito’s
           maak en oor die langtermyn leen, soos verbandlenings.
         Dit ontstaan ook wanneer deposito’s en nie-deposito tussengangers,
           besighede betrokke raak in kommunikasie wat die prys van langtermyn
           fondse beïnvloed. 
         Kapitaalmark transaksies word op soortgelyke maniere hanteer as dié
           in die geldmark.
         Die Johannesburg Sekuriteitebeurs (JSE) is ŉ sleutel-instansie in die
           kapitaalmark.
         Maatskappy aandele en ander skuld wat gelys is, word verhandel. 
                                                                    (Enige 2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai asseblief om

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               EKONOMIE V1                              (EC/SEPTEMBER 2015)

 4.5   Evalueer enige TWEE Suid-Afrikaanse benaderings om sake
       doeltreffendheid te verbeter.

         Belastings 
         Vermindering in korporatiewe en persoonlike belasting 
         Daar is aandag geskenk aan ‘kategorie bekruiping’ by persoonlike
          inkomstebelasting.
         BTW word al vir ŉ lang tydperk vasgestel op 14%.

           Kapitaalvorming 
           Waardevermindering is hersien en behoort investering aan te
            moedig.
           Aanvangskapitaal en lenings verskaf aan KMMO’s.
           Dien as aansporings om doeltreffendheid aan te moedig.

           Menslike hulpbronne
           Skoolonderwys is getransformeer.
           Setas is ingestel om te help met werkverwante opleiding.
           Wet op Arbeidsverhoudinge – ter bevordering van sosiale
            regverdigheid en vredevolle arbeidsverhoudinge.

           Gratis adviesdienste
           Advies oor ontwikkeling van uitvoermarkte, bestuur en bedryf van
            KMMOs, landbou produksie, ens.                       (Enige 4 x 2)      (8)
                                                                                     [40]

                                                          TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                        EKONOMIE V1                                        13

AFDELING C

Kandidate moet EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling beantwoord.

STRUKTUUR VAN OPSTEL                                                  PUNTE-
                                                                    TOEKENNING
Inleiding
     ŉ Goeie beginpunt sal wees om die begrip of
        sleutelwoord van die vraag te definieer.
     Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.

       Moenie ŉ inleidende gedeelte van die vraag insluit nie.
                                                                      Maks. 2
       Moenie enige gedeelte van die inleiding in die inhoud
        herhaal nie.
       Vermy dit om in die inleiding te vertel wat in die inhoud
        bespreek gaan word.
Inhoud:
   Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte
   bespreking/Ondersoek/Bespreek
   krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/        Maks. 26
   Verduidelik/Assesseer/Debatteer

    Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek
    krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ŉ grafiek en
    verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en                        Maks. 10
    verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei
    af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer
    kortliks/Hoe/Stel voor/Gebruik die inligting en redeneer,
    debatteer evalueer ...
Slot:
    Die slot is ŉ samevatting van die bespreking van die
     onderwerp in die inhoud en word beskou as ’n hoër
     kognitiewe reaksie.
    Die slot kan die vorm aanneem van ŉ eie opinie,
     voorbeelde om jou bespreking te ondersteun of ŉ
     teenstellende uitkyk daarop wat bespreek is.                     Maks. 2
    Geen gedeelte van beide die inleiding en die inhoud
     mag in die slot ingesluit word nie.
TOTAAL:                                                                 40

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai asseblief om

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                               EKONOMIE V1                              (EC/SEPTEMBER 2015)

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE

Vryhandel het sy voordele, maar lande het vir baie jare struikelblokke
daargestel om vrye internasionale handel te beperk. Daarom gebruik meeste
lande ŉ mengsel van vryhandel en beskerming.

Bespreek die argumente ten gunste van vryhandel.
Hoekom is dit belangrik vir Suid-Afrika om deel te wees van BRICS?

INLEIDING

Vryhandel geskied wanneer handel plaasvind sonder enige beskermende
aktiwiteite of handelsversperrings tussen lande  OF
Besighede is vry om goedere in- en uit te voer, asook om in ander lande te
investeer, sonder die toepassing van beperkende tariewe. 
(Aanvaar enige toepaslike inleiding)                                 Maks. (1 x 2)     (2)

INHOUD

Die argumente ten gunste van vryhandel:

1.     Spesialisasie 

         Vryhandel laat lande toe om te spesialiseer in nywerhede waarin hulle ŉ
          vergelykende voordeel het.
         Spesialisasie sal lei tot wêreldhandel en verbruik maksimeer. 

2.     Skaalvoordele 

         Handel laat toe dat skaalvoordele maksimeer en kostes daal.
         Skaalvoordele is ŉ bron van vergelykende voordeel. 

3.     Keuse 

         Handel laat verbruikers toe om te kies wat hulle wil koop in die hele
          wêreld, hulle is nie beperk tot plaaslike geproduseerde produkte nie.
         Verbruikers welsyn neem toe. 
         Sommige verbruikers verkies om eerder ingevoerde goedere te koop as
          plaaslike goedere.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                         EKONOMIE V1                                        15

  4.     Innovering

          Vryhandel impliseer mededinging.
          ŉ Gebrek aan vryhandel lei dikwels daartoe dat plaaslike markte
           gedomineer word deur ŉ paar ondernemings wat mededinging onder
           hulleself vermy.
          Voorsien ŉ kragtige aansporing vir innovasie.
          Dit lei tot beter produksiemetodes wat produsente in staat stel om
           kostes te sny en kwaliteit en betroubaarheid van goedere verhoog.
                                                                         Maks. 22
                                              (Indien slegs genoem Maks. 4 punte)      (26)

 ADDISIONELE GEDEELTE

 Hoekom is dit belangrik vir Suid-Afrika om deel te wees van BRICS?

      Suid-Afrika het in 2011 as ŉ volwaardige lid by die ander BRICS-lande
        aangesluit. 
      SA het by vier van die sewe grootste ekonomieë in die wêreld
        aangesluit. 
      Dit behels die lande wat heel waarskynlik die middelpunt sal wees van die
       wêreld ekonomie in die komende dekades. 
      Suid-Afrika geniet handel- en investering voordele en invloed in die wêreld
       forum. 
      Om ŉ belangriker rol in die wêreld ekonomie te speel. 
      Suid-Afrika se lidmaatskap tot hierdie liggaam het BRICS geografies en inter
       kontinentaal uitgebrei. 
      Om sy streeksintegrasie program asook die verwante kontinentale
        infrastruktuur program te bevorder. 
      Om sy nasionale belang te bevorder. 
        (Aanvaar enige toepaslike verduideliking)                           Maks. 10   (10)

 SLOT

 Vryhandel en beskerming speel ŉ beduidende rol in die Suid-Afrikaanse
 internasionale handelsbeleid.                                      Maks. 2            (2)
                                               (Aanvaar enige toepaslike slot.)        [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai asseblief om

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                EKONOMIE V1                               (EC/SEPTEMBER 2015)

 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES
 Sosiale aanwysers meet die vlak of vordering van ontwikkeling oor ŉ
 tydsperiode en word deur die regering aangewend om beleide te vorm,
 doelwitte te stel en die sukses van beleide te monitor.
 Bespreek Suid-Afrikaanse sosiale prestasies gebaseer op die volgende
 aanwysers:
     Demografie
     Voeding en Gesondheid
     Onderwys
     Dienste

 Stel VYF oorwegings voor, wat in ag geneem moet word wanneer die
 ekonomie geassesseer word.
 INLEIDING
 Sosiale aanwysers is statistieke wat die vlak en vordering van die sosiale
 ontwikkeling van menslike welsyn in ŉ land omskryf.
                                       (Aanvaar enige toepaslike definisie) Maks. 2      (2)
 INHOUD
 1.      Demografie:
         
             Bevolkingsgroei 
             Suid-Afrika se bevolking was 50,5 miljoen in 2011. Daar word geskat
              dat dit sal groei tot 55 miljoen teen 2021.
             Die groeikoers het gedaal tot slegs 1,19% in 2011.
          Lewensverwagting 
          Druk die aantal jare uit wat ŉ nuutgebore baba sal lewe, indien
           heersende patrone van mortaliteit, regdeur die persoon se lewe,
           konstant sal bly. 
          In Suid-Afrika het lewensverwagting gedaal van 62,8 jaar in 1991 tot
           47 jaar in 2005. Dit het weer tot 52 jaar in 2011 gestyg.

 2.      Voeding en gesondheid

             Voeding is ŉ belangrike aanwyser vir die welstand van babas en jong
              kinders.
             Kinder wanvoeding 
             Word op twee maniere uitgedruk: gewig vir ouderdom (ondergewig)
              en lengte vir ouderdom (dwergie).
             Die verhouding kinders wat ondergewig is, is die belangrikste
              aanwyser van wanvoeding.
             Dit is belangrik om gewig te monitor omdat om ondergewig te wees,
              verhoog die risiko van dood en beperk die kognitiewe ontwikkeling by
              kinders.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai asseblief om

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                       EKONOMIE V1                                      17

             Oorgewig kinders
                Die voorkoms van oorgewig kinders is ŉ toenemende probleem.
                Daar is ŉ verband tussen vetsug in kinderjare en die hoë voorkoms
                 van diabetes, longkwale, hoë bloeddruk en psigologiese en
                 ortopediese toestande.
                Om oorgewig te wees kan lei tot verskeie gesondheidstoestande,
                 wat mense se vermoë om te werk en na hulle self om te sien
                 beïnvloed. 
                Vetsug is ŉ moordenaar.

             Gesondheid
             Aanwysers word nasionaal sowel as internasionaal gebruik om die
              gesondheid van ŉ bevolking te monitor.

             Kindermortaliteit
             Gemeet kragtens die aantal babas wat voor die ouderdom van 1
              jaar, per duisend lewendige geboortes, in ŉ gegewe jaar sterf.
             In Suid-Afrika was dit 34 (per 1 000) in 2010.

             Onder-vyf mortaliteit 
             Gemeet kragtens die moontlikheid dat ŉ nuutgebore baba sal sterf
              voordat die ouderdom van 5 jaar bereik word.
             Die moontlikheid word uitgedruk as ŉ aantal per duisend. In Suid-
              Afrika was dit 50 (per 1 000) in 2010.

                 Gesondheidsbesteding 
                 Gemeet kragtens die bedrag openbare en private besteding op
                  gesondheidsorg as ŉ persentasie van die BBP.
                 In 2009 was SA se besteding 8,4% in vergelyking met 6,6% in
                  sub-Sahara Afrika en 5,3% in Noord-Afrika.

                 Toegang tot veilige drinkwater 
                 Gemeet kragtens die persentasie van die bevolking wat redelike
                  toegang tot veilige drinkwater het.
                 In 2009 het 91% van Suid-Afrika se bevolking toegang gehad in
                  vergelyking met 60% in sub-Sahara Afrika en 92% in Noord-
                  Afrika.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                EKONOMIE V1                                (EC/SEPTEMBER 2015)

         Toegang tot sanitasie-fasiliteite 

              Gemeet in terme van die persentasie van die bevolking met die
               minste voldoende sanitasie-fasiliteite, wat kontak met mense, diere
               en insekte doeltreffend kan verhoed.
              In 2009, het 77% van Suid-Afrika se bevolking toegang gehad tot
               verbeterde sanitasie in vergelyking met 31% in sub-Sahara Afrika
               en 89% in Noord-Afrika.
              ŉ Gesonde bevolking bespaar op mediese en ander kostes, lewer ŉ
               inkome en lewer ŉ bydrae tot ŉ sterker ekonomie. 
 3.      Onderwys
           Mense se lewenstandaard hou direk verband met hulle vlak van
            onderwys. 
          Openbare bestedingspersentasie
           Toon die persentasie van openbare besteding wat direk aan
            onderwys toegestaan word.
           Dit sluit openbare sektor inset in, maar sluit privaat besteding uit.
           Persentasies van hoë ontwikkelde lande is nie werklik vergelykbaar
            met dié van middel of lae ontwikkelende lande nie.
             Sekondêre inskrywings persentasie 
             Toon die persentasie van die aangewese ouderdomsgroep wat by
              sekondêre onderwys (hoërskool) betrokke is.
             Daar word beskou as ŉ voorvereiste vir toegang tot
              werksgeleenthede vir die semi-geskoolde.
             In hoë ontwikkelde lande, woon leerder van ŉ jong ouderdom
              sekondêre onderwys by.
 4.      Dienste

             Elektrisiteit 
             Die Nasionale Elektrisiteitreguleerder rapporteer dat 83,1% van
              huishoudings in Suid-Afrika in 2010 toegang tot elektrisiteit gehad
              het. 
             Hierdie syfer was 50% in 1995. 

             Watervoorsiening 
             Ongeveer 80% van huishoudings het toegang to skoon water in 2010
              gehad.
             Dit is die gemiddelde van stedelike en plattelandse toegang tot ŉ
              verbeterde waterbron.
             ŉ Verbeterde waterbron verwys na ŉ voldoende hoeveelheid water
              van bronne soos huishoudelike konneksies, krane binne die erf,
              openbare krane, boorgate, veilige putte, veilige mineraalwaterbronne
              en reënwaterberging. 

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai asseblief om

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                            EKONOMIE V1                                          19

                 Vullisverwydering 
                 Ongeveer 61% van huishoudings in Suid-Afrika het toegang tot 
                  weeklikse vullisverwydering deur plaaslike owerhede. 
                  
                 Sanitasie
                 Meer as 70% van huishoudings in Suid-Afrika het toegang tot
                  funksionele basiese sanitasie in 2010.
                 Dit sluit spoeltoilette, chemiese toilette en puttoilette met ventilasie
                  pype, in.
                 Alle ander sanitasie-fasiliteite word as sub-standaard beskou. 
                                            (As slegs gelys maks. 8 punte)        Maks. 26

 ADDISIONELE GEDEELTE:

 Stel VYF oorwegings voor, wat in ag geneem moet word wanneer die
 ekonomie geassesseer word.

      Prestasie 
      Ons gebruik ekonomiese aanwysers om te bepaal hoe die ekonomie
       doen.
      In ekonomiese terme verwys prestasie na produksie of uitset. 

      Vergelyking
      Daar is baie aanwysers, bv. vir uitset, pryse, rente, geld, krediet, ens. 
      Hulle word in syfers uitgedruk. 
      Alhoewel syfers op sigself ŉ storie vertel, vertel dit ons eintlik min,
       byvoorbeeld, as die prysindeks 25 is, sê dit eintlik niks vir ons nie. 
      Dit is wanneer aanwysers verander, dat dit die aandag trek. 
      As ons weet wat dit was en wat dit nou is, dan begin dit betekenis kry. 
      Ons kan dit ook vergelyk met soortgelyke syfers van ander lande, dan dui
       dit op ons relatiewe prestasie. 

      Spesifikasie 
      Om betekenisvol te wees, moet aanwysers volgens die reëls van
       samestellings saamgestel word. 
      Byvoorbeeld, ons kan nie net die uitset van alle produkte van alle
       produsente bymekaartel en dan aflei dat ons die BBP bereken het
       nie.
      Reëls moet so toegepas word vir sodanige berekening, dat intermediêre
       uitset afgetrek word en slegs uitset wat binne die grense van ŉ land
       geproduseer is, bygetel word.
      Wanneer ons aanwysers gebruik, moet ons weet wat die spesifikasies is
       om hulle te saam te stel. 

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai asseblief om

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                EKONOMIE V1                                (EC/SEPTEMBER 2015)

       Doel 
      Jy moet weet wat die doel is hoekom aanwysers bereken word. 
      Byvoorbeeld, die VPI word bereken om die prysstygings van
       verbruikersgoedere aan te dui en reflekteer die lewenskoste.
      Dit is verkeerd van besighede om die VPI te gebruik om hul prysstygings
       op te baseer.
      As jy nie die doel weet waarom ŉ spesifieke aanwysers voor ontwerp is
       nie, kan jy dit nie in verband bring met die toepaslike prestasie nie. 

       Voorsorg 
      Jy behoort drie metodes toe te pas om voorsorg te tref vir die
       akkuraatheid van jou aanwysers:
      Kontroleer die periode wat van toepassing is: Byvoorbeeld, finansiële
       statistiek van die regering mag vir ŉ finansiële jaar (April tot Maart) en
       nie vir ŉ kalenderjaar (Januarie tot Desember) wees nie. 
      Kontroleer of die data hersien moet word: Nasionale rekening data
       word eers finaal na vier jaar. 
      Oor hierdie tydperk, mag sommige lede voortgaan of kwartaalliks of
       jaarliks te verander. 
      Kruis-kontroleer: Dit is moontlike om sommige data kruis te kontroleer
       deur twee bronne te gebruik, soos die Kwartaallikse Bulletin en SA
       Statistieke. 
      Doen berekening, byvoorbeeld as jy met die reële BBP werk, kontroleer
       jou syfers deur die VPI af te trek van die nominale BBP. 
                                   (Indien slegs gelys maks. 5 punte) Maks. 10 (10)

 SLOT

 Uit bogenoemde bespreking is dit duidelik dat sosiale aanwysers ŉ beduidende
 rol in Suid-Afrika speel. Dit is daarom van uiterste belang dat ons hierdie
 gebruike in detail bestudeer.  
 (Aanvaar enige toepaslike slot.)                                            Maks. 2    (2)
                                                                                       [40]

                                                           TOTAAL AFDELING C: 40
                                                               GROOTTOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai asseblief om

## Related documents

- [Economics P1 June July 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-june-july-2015-memo-afr/b5b06235-58b3-4850-94d2-65c0f871f204) — Economics · Memo · 2015 · Afr
- [Economics P2 June July 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-june-july-2015-memo-afr/5afa4894-3b89-4ecb-a614-4674339826f6) — Economics · Memo · 2015 · Afr
- [Economics P2 Nov 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2015-memo-eng/b9d108c8-dee7-4edd-b6e0-86a83081b665) — Economics · Memo · 2015 · Eng
- [Economics P2 Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2015-memo-afr/4dc5134c-c4d5-4ab7-afff-23e02987ed56) — Economics · Memo · 2015 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2023-english/2f2dfcd4-99d6-4ca1-b941-aa653985e502) — Economics · Memo · 2023 · Eng
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
