# Economics Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Economics question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/ekonomie-v1-qp-gr12-sept-2015-afr/bf0fc21f-d526-4297-b5e8-b576b4223ec9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/ekonomie-v1-qp-gr12-sept-2015-afr/bf0fc21f-d526-4297-b5e8-b576b4223ec9)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE SENIOR
                        SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2015

                         EKONOMIE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                      Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  EKONOMIE V1                     (EC/SEPTEMBER 2015)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae as volg:

      AFDELING A: VERPLIGTEND
      AFDELING B: Beantwoord enige TWEE uit die drie vrae.
      AFDELING C: Beantwoord enige EEN uit die twee vrae.

2.    Skryf die vraagnommer boaan elke vraag.

3.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

4.    Lees die vrae sorgvuldig en begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.    Laat 2−3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

6.    Beantwoord vrae in volsinne en verseker dat die uitleg en inhoud van
      jou antwoorde ooreenstem met die kognitiewe vereistes van die vrae.

7.    Skryf netjies en leesbaar.

8.    Slegs die vereiste aantal vrae sal nagesien word in die volgorde
      waarin dit in die ANTWOORDEBOEK voorkom.

9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai asseblief om

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                  EKONOMIE V1                                       3

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                            30 PUNTE − 20 MINUTE

1.1    Verskeie moontlike opsies word as antwoorde tot die volgende vrae
       gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A, B of
       C) langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1−1.1.8) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.1.1    Belastings en subsidies op ... word in berekening gebring
                wanneer die BBP teen basiese pryse bereken word.

                A     uitvoere
                B     produksie
                C     kommoditeite

       1.1.2    Faktore wat hul oorsprong van buite die plaaslike
                ekonomiese stelsel het, word na verwys as ... faktore.

                A     inheemse
                B     eksogene
                C     endogene

       1.1.3    Dit is NIE een van die probleme van openbare sektor
                voorsiening NIE:

                A     Prysbeleid
                B     Privatisering
                C     Nasionalisering

       1.1.4    Doelbewuste optrede deur die Suid-Afrikaanse
                Reserwebank om die waarde van die rand te laat daal, staan
                bekend as ...

                A     devaluasie.
                B     depresiasie.
                C     appresiasie.

       1.1.5    Die oprigting van ŉ onderneming deur een land in ŉ ander
                land, word buitelandse ... genoem.

                A     onderneming
                B     handel
                C     direkte investering

       1.1.6    Die regeringsinisiatief wat ingestel is om werkskepping te
                verhoog, ekonomiese groei te bevorder en inkome te
                herverdeel:

                A     Asgisa
                B     HOP
                C     GEAR

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   EKONOMIE V1                      (EC/SEPTEMBER 2015)

       1.1.7    Ekonomiese ontwikkeling ...

                A    lei tot ŉ toename in armoede.
                B    is dieselfde as ekonomiese groei.
                C    is ŉ toename in die vlak van ekonomiese welsyn.

       1.1.8    Die aanwyser wat gebruik word om die prestasie van die
                ekonomie te meet, word die ... aanwyser genoem.

                A    sosiale
                B    sloerende
                C    ekonomiese                                        (8 x 2)    (16)

1.2    Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ begrip in KOLOM A pas.
       Skryf slegs die korrekte letter (A−I) langs die ooreenstemmende
       vraagnommer (1.2.1−1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.
       1.2.9 J.

                 KOLOM A                              KOLOM B
       1.2.1     Ekstrapolasie         A      staat en semi-staat
                                              ondernemings

       1.2.2     BNI                   B      ŉ proses waar mense beweeg
                                              van plattelandse na stedelike
                                              gebiede

       1.2.3     Parastatale           C      ŉ monetêre beleidsinstrument

       1.2.4     Belasting             D      om die voorspellings van
                                              toekomstige sakesikluspatrone
                                              te baseer op voriges

       1.2.5     Verstedeliking        E      totale inkome ontvang deur
                                              permanente inwoners

       1.2.6     Rentekoerse           F      dit is ŉ nywerheidspark wat
                                              buite die plaaslike doeane-
                                              gebied val

       1.2.7     Spesiale              G      skakel ŉ onderneming in
                 Ekonomiese Sone              staatsbesit oor na ŉ besigheid
                                              met beperkte aanspreeklikheid
                                              en ŉ winsmotief

       1.2.8     Herstrukturering      H      ŉ fiskale beleidsinstrument

                                       I      nuut opgerigte nywerheid
                                                                      (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai asseblief om

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                EKONOMIE V1                                        5

 1.3   Gee die ekonomiese term/begrip vir elk van die volgende omskrywings.
       Skryf slegs die term/begrip langs die ooreenstemmende vraagnommer
       in die ANTWOORDEBOEK neer.

       1.3.1    Die vloei van inkome en besteding in ŉ kringloop

       1.3.2    Hierdie siklusse word glo veroorsaak deur veranderinge in
                aktiwiteite in die bou- en konstruksie nywerheid

       1.3.3    Optimale toekenning van hulpbronne

       1.3.4    Die toepassing van ŉ handelsbeleid waar die staat die invoer
                van sekere goedere ontmoedig

       1.3.5    Daarop gemik om ekonomiese lewensbestaan van sekere
                gebiede te verhoog

       1.3.6    Verkoop van goedere in ŉ buitelandse mark teen prys wat laer is
                as die produksiekoste in die land van oorsprong        (6 x 1)       (6)

                                                       TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                       EKONOMIE V1                        (EC/SEPTEMBER 2015)

 AFDELING B
 Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling.
 VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                      40 PUNTE – 30 MINUTE
 2.1   Beantwoord die volgende vrae.
       2.1.1       Noem enige TWEE redes vir regeringsinmenging in die ekonomie.
                                                                            (2 x 1)               (2)
       2.1.2       Hoe sal jy die begrip vermenigvuldiger verduidelik?              (1 x 2)       (2)
 2.2   Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

       Inflasie %

            10                    PK1 PK

               6                             A

               2                                      B

                                                 D                C
                                                 E

               0         2    4     6       8      10       12        14
                                        Werkloosheid %

       2.2.1       Benoem die grafiek wat hierbo voorgestel word.                                 (1)

       2.2.2       Watter punt op die grafiek toon die oorspronklike natuurlike
                   werkloosheidskoers aan?                                                        (1)

       2.2.3       Wat is die gevolg van PK1 wat by punt D sny?                                   (2)

       2.2.4       Noem enige aanbodkant beleidsmaatreël wat aangewend kan word
                   om PK na PK1 te verskuif.                                                      (2)
       2.2.5       Verduidelik die verhouding tussen werkloosheid en inflasie in die
                   bostaande grafiek.                                                             (4)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai asseblief om

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                EKONOMIE V1                                            7

 2.3   Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

                         NASIONALE REKENINGE SYFERS
                                                                  R (miljard)
       Finale verbruiksbesteding deur huishouding                  1 907,2
       Bruto vaste kapitaalvorming                                   604,4
       Veranderinge in voorrade                                       8,2
       Finale verbruiksbesteding deur algemene
       owerheid                                                     707,0
       Oorblywende items                                             24,6
       Bruto binnelandse besteding                                (A) 2.3.4
       Uitvoere van goedere en dienste                              891,6
       Invoere van goedere en dienste                               987,8
       Bruto Binnelandse Produk @ markpryse                        3 155,2
       Primêre inkome van die res van die wêreld                     48,5
       Primêre inkome aan die res van die wêreld                    118,5
       Bruto Nasionale Inkome @ markpryse                          3 085,2
       Verbruik van vaste kapitaal                                  404,9
       Netto Nasionale inkome @ markpryse                          2 680,3
                                [Bron: Bereken uit Suid-Afrikaanse Reserwebank, 2013]

       2.3.1     Watter berekeninsmetode van die BBP is in die bostaande
                 tabel toegepas?                                                         (2)

       2.3.2     Waarom word invoere van die BBB syfers afgetrek?                        (2)

       2.3.3     Wat moet gedoen word om die BBP teen markpryse om te
                 skakel na die BNP teen markpryse?                                       (2)

       2.3.4     Bereken die Bruto Binnelandse Besteding in die bostaande
                 tabel, aangedui as (A).                                                 (4)

 2.4   Bespreek kortliks oneffektiwiteit en ondoeltreffendheid as eienskappe/
       kenmerke van openbare sektor mislukking.                         (4 x 2)          (8)

 2.5   Hoe kan veranderinge in wisselkoerse gebruik word om
       betalingsbalans-onewewigtigheid uit te skakel?                        (4 x 2)     (8)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai asseblief om

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  EKONOMIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2015)

 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                          40 PUNTE – 30 MINUTE

 3.1   Beantwoord die volgende vrae.

       3.1.1   Noem TWEE van Suid-Afrika se nywerheidsontwikkeling
               beleide.                                            (2 x 1)              (2)

       3.1.2   Hoe sal ŉ toename in arbeidproduktiwiteit ekonomiese groei
               beïnvloed?                                             (1 x 2)           (2)

 3.2   Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat
       volg.

                          INDUSTRIËLE ONTWIKKELING

       Die klere-, tekstiel- en motorvoertuigsektore is geïdentifiseer as sleutel
       strategiese sektore waarvoor die Departement van Handel en
       Nywerheid sal voortgaan om aansporingskemas te bied, ten einde
       vervaardigingskapasiteit ŉ hupstoot te gee en om werkskepping te
       ondersteun.

       Nywerheidsbeleid-inmenging om ontwikkelingsdoelwitte te ondersteun,
       sal ondersoek word.         Die uitdaging is om die vlak van
       nywerheidsbeleid-inmenging aansienlik in ŉ klomp sektore te verhoog,
       en gesamentlik die nodige vermoë in die Departement te bou om
       hierdie opgradering te kan bestuur.

       In verband met aansporings vir nywerhede en ondernemings, word
       verdere werk beplan om die nywerheidsfinansieringsregime in lyn te
       bring met die nywerheidsbeleidsdoelwitte. Produksie-aansporings in
       die klere-bedryf en tekstiel- en motorvoertuigsektore, sal toenemend
       gebaseer word op toelaes, wat dus die afhanklikheid van
       belastingaansporings sal verminder.
                                                    [Bron: Jaarboek van Suid-Afrika]

       3.2.1   Noem enige EEN sleutelsektor uit die uittreksel.                         (1)

       3.2.2   Wat is die rol van die Departement van Handel en Nywerheid
               volgens die uittreksel?                                                  (1)

       3.2.3   Verduidelik die betekenis van die begrip
               nywerheidsontwikkeling.                                                  (2)

       3.2.4   Noem TWEE aansporings wat die regering gebruik om
               nywerheidsontwikkeling aan te moedig.             (2 x 1)                (2)

       3.2.5   Hoekom sou die regering hierdie finansiële aansporings
               aanbied?                                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai asseblief om

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                EKONOMIE V1                                             9

 3.3   Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat
       volg.

                                       [Bron: Menslike Ontwikkelingsverslag 2013]

                             LEWENSVERWAGTING
       Mense wat in modern ontwikkelende lande bly, sal oor die
       algemeen ŉ langer lewensverwagting, gemeet in jare, hê as
       diegene wat in arm, onderontwikkelde lande woon. Byvoorbeeld,
       die ‘Development Economics Web Guide’ het lewensverwagtinge in
       die Verenigde Koninkryk, Ghana en Zambië saamgestel. VK
       inwoners het ŉ gemiddelde lewensverwagting van ongeveer 78 jaar,
       wat baie hoër is as Ghana se 56 en Zambië se 41. Faktore wat
       lewensverwagting beïnvloed, sluit in armoede, genoegsame
       voedselvoorraad en siektes. ŉ Toename in lewensverwagting dui
       op verbeterde sosiale en ekonomiese toestande.
                                      [Bron: Menslike Ontwikkelingsverslag, 2012]

       3.3.1     Wat is die uitwerking van ŉ styging in lewensverwagting?            (1)
       3.3.2     Wat is die gemiddelde lewensverwagting van mense wat in
                 die Noordverdeel bly?                                               (1)
       3.3.3     Noem enige TWEE aanwysers wat gebruik word om
                 lewenstandaard te meet.                       (2 x 1)               (2)
       3.3.4     Maak ŉ voorstel hoe om lewensverwagting te verhoog.                 (2)
       3.3.5     Vergelyk die lewenstandaard tussen die Noord- en die
                 Suidverdeel.                                                        (4)
 3.4   Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.
                                                               (2 x 4)               (8)

 3.5   Evalueer Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe in Suid-Afrika. (4 x 2)          (8)
                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai asseblief om

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 10                                EKONOMIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2015)

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1    Noem TWEE voorbeelde van nywerheidsontwikkeling-sones
               in Suid-Afrika.                                 (2 x 1)                    (2)

      4.1.2    Hoe kan ŉ leidende sakesiklusaanwyser in vooruitskatting
               gebruik word?                                       (1 x 2)                (2)

4.2   Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

                               LOPENDE REKENING
                        2012     R (miljard)             2013       R (miljard)
                         Jaar      Kw 1         Kw 2      Kw 3     4th Kw 4
      Goedere
                         744        802         826        885          901
      uitvoere
      Netto
                          71         67          70         63           56
      gouduitvoere
      Goedere
                         -854       -941        -983     -1 039       -1 002
      invoere
      Handelsbalans       -39       -72         4.2.5      -91          -45
      Netto dienste,
      inkome en
      lopende            -125       -116        -120       -125         -134
      oordrag
      betalings
      Saldo op
      lopende            -164       -187        -207       -216         -179
      rekening
      Persentasie
                         -5,2       -5,7        -6,2       -6,4         -5,8
      van BBP
                                   [Bron: SARB Junie 2013 Kwartaallikse Bulletin]

      4.2.1    Benoem die sub-rekening wat in bostaande tabel aangetoon
               word.                                                                      (1)

      4.2.2    Wat beteken ŉ negatiewe syfer as ŉ handelsbalans?                          (1)

      4.2.3    Omskryf die begrip betalingsbalans.                                        (2)

      4.2.4    Waarom word netto gouduitvoere aangeteken as ŉ aparte
               item en nie as deel van die goedere-uitvoer nie?                           (2)

      4.2.5     Bereken die handelsbalans vir die tweede kwartaal van
               2012.                                                                     (4)
                                                                                        [10]

 Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai asseblief om

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                 EKONOMIE V1                                          11

4.3   Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat
      volg.

                      NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN

      Die Beplanningskommissie het die Nasionale Ontwikkelingsplan
      (NOP) in 2011 aangekondig. Die NOP fokus op die uitdaging om
      armoede en inkome-ongelykheid in Suid-Afrika te verlig. Die NOP
      het ŉ duidelike visie dat die privaatsektor die mees belangrikste
      rolspeler in die ekonomie is. Die regering moet die toestande skep
      waarbinne die privaatsektor kan blom en werksgeleenthede skep −
      11 miljoen teen 2030 teen ŉ jaarlikse ekonomiese groeikoers van
      5,4%.

                                                  [Bron: Jaarboek van Suid-Afrika]

      4.3.1     Noem ŉ Wet wat in Suid-Afrika toegepas word om gelykheid
                te bevorder.                                       (1 x 2)            (2)

      4.3.2     Verduidelik EEN doelwit van die NOP.                      (1 x 2)     (2)

      4.3.3     Op watter manier behoort hierdie doelwitte ontplooi te word?          (2)

      4.3.4     Verduidelik hoekom jy dink Suid-Afrika hierdie doelwitte van
                die NOP sal bereik.                                    (2 x 2)        (4)

4.4   Onderskei tussen geldmark en kapitaalmark.                          (2 x 4)     (8)

4.5   Evalueer enige TWEE Suid-Afrikaanse benaderings om
      sakedoeltreffendheid te verbeter.                                   (2 x 4)     (8)
                                                                                     [40]

                                                     TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai asseblief om

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  EKONOMIE V1                      (EC/SEPTEMBER 2015)

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling.

STRUKTUUR VAN OPSTEL                                                   PUNTE-
                                                                     TOEKENNING
Inleiding
     ŉ Goeie beginpunt sal wees om die begrip of
        sleutelwoord van die vraag te definieer.
     Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.

        Moenie ŉ inleidende gedeelte van die vraag insluit nie.
                                                                       Maks. 2
        Moenie enige gedeelte van die inleiding in die inhoud
         herhaal nie.
        Vermy dit om in die inleiding te vertel wat in die inhoud
         bespreek gaan word.
Inhoud:
   Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte
   bespreking/Ondersoek/Bespreek
   krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/         Maks. 26
   Verduidelik/Assesseer/Debatteer

     Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek
     krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ŉ grafiek en
     verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en                        Maks. 10
     verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei
     af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer
     kortliks/Hoe/Stel voor/Gebruik die inligting en redeneer,
     debatteer evalueer ...
Slot:
    Die slot is ŉ samevatting van die bespreking van die
     onderwerp in die inhoud en word beskou as ’n hoër
     kognitiewe reaksie.
    Die slot kan die vorm aanneem van ŉ eie opinie,
     voorbeelde om jou bespreking te ondersteun of ŉ
     teenstellende uitkyk daarop wat bespreek is.                      Maks. 2
    Geen gedeelte van beide die inleiding en die inhoud
     mag in die slot ingesluit word nie.
TOTAAL:                                                                   40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)               EKONOMIE V1                                     13

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                           40 PUNTE – 40 MINUTE

Vryhandel het sy voordele, maar lande het vir baie jare struikelblokke
daargestel om vrye internasionale handel te beperk. Daarom gebruik
meeste lande ŉ mengsel van vryhandel en beskerming.

   Bespreek die argumente ten gunste van vryhandel.                           (26)
   Hoekom is dit belangrik vir Suid-Afrika om deel van BRICS te wees?         (10)
                                                                               [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                       40 PUNTE – 40 MINUTE

Sosiale aanwysers meet die vlak of vordering van ontwikkeling oor ŉ
tydsperiode en word deur die regering aangewend om beleide te vorm,
doelwitte te stel en die sukses van beleide te monitor.

   Bespreek Suid-Afrikaanse sosiale prestasies gebaseer op die volgende
    aanwysers:
    o    Demografie
    o    Voeding en gesondheid
    o    Onderwys
    o    Dienste                                                               (26)

 Stel VYF oorwegings voor wat in ag geneem moet word wanneer die
    ekonomie geassesseer word.                                                 (10)
                                                                               [40]

                                                   TOTAAL AFDELING C:           40
                                                       GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai asseblief om

## Related documents

- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-paper/14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Economics P1 June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-june-july-2015-afr/77be5731-43fb-45ad-b75d-c938058342c2) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Economics P2 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-june-july-2015-eng/37d6ea0b-132e-48c2-aaaf-c24c21c986df) — Economics · QP · 2015 · Eng
- [Economics P1 Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-feb-march-2015-afr/4726aa2c-6a41-4a96-b815-b6c2638becc7) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR12 QP SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-sept-2023-english/fc883496-5ba9-4219-a274-ff0bc055bc5e) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
