# Economics Grade 10 National Exemplar 2020 Memo

> Grade 10 Economics memorandum from the National Exemplar Exam 2020, 19 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/ekonomie-v2-gr10-memorandum-nov-2020/a20ed965-9efe-43c5-a81c-9b8b0656fd10
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: National Exemplar Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 National Exemplar 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/ekonomie-v2-gr10-memorandum-nov-2020/a20ed965-9efe-43c5-a81c-9b8b0656fd10)

## About this document

Economics · Grade 10 · National Exemplar Exam · 2020. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 10

                     NOVEMBER 2020

                       EKONOMIE V2
                      NASIENRIGLYN
                      (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

               Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

2                                    EKONOMIE V2                              (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1    A ✓✓      ŉ onvolmaakte mark

      1.1.2    B ✓✓      die hoeveelheid van die produk

      1.1.3    C ✓✓ Weermag

      1.1.4    D ✓✓ Sond belasting

      1.1.5    B ✓✓      Ekonomiese aktiewe bevolking

      1.1.6    A ✓✓      Migrasie

      1.1.7    C ✓✓ Wet op Basiese Diensvoorwaardes

      1.1.8    D ✓✓ regstellings                                               (8 x 2)    (16)

 1.2 PASITEMS

      1.2.1    I     Motorhandelaars en selfoonverskaffers ✓

      1.2.2    G     Produkte wat gebruik word in die plek van ander produkte ✓

      1.2.3    E     ŉ Sentrale ekonomiese probleem ✓

      1.2.4    F     Word gedra deur mense wat nie betrokke is in die
                     produksieproses nie ✓

      1.2.5    A     Beskerm mense wat gewerk het en afgedank is ✓

      1.2.6    B     Dit mag lei tot werkers wat hulle werk verloor ✓

      1.2.7    C     Probeer dispute besleg deur bemiddeling ✓

      1.2.8    D     Maak geld beskikbaar binne die sektor vir onderwys en
                     opleiding ✓                                               (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                       EKONOMIE V2                                    3

 1.3 EEN WOORD-ITEMS

       1.3.1    Wet van vraag ✓

       1.3.2    Indifferensiekaart ✓

       1.3.3    Sosialisme / Sentraal-beplande ekonomie ✓

       1.3.4    Werkloosheidskoers ✓

       1.3.5    Werkplek forum ✓

       1.3.6    Grondrestitusie ✓                                        (6 x 1)      (6)

                                                            TOTAAL AFDELING A:        30

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

4                                    EKONOMIE V2                               (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING B

 VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1 2.1.1     Noem enige TWEE eienskappe/kenmerke van indifferensie
               kurwes.
               •     Indifferensiekurwes hel afwaarts. ✓✓
               •     Hoër indifferensie kurwes word verkies bo laer kurwes. ✓✓
               •     Indifferensiekurwes kruis nooit. ✓✓
               •     Indifferensiekurwes buig inwaarts. ✓✓                     (2 x 1)       (2)

      2.1.2    Watter impak sal die toename in inkome tot op die vraag na
               goedere en dienste hê?
               Daar sal ŉ groter vraag na goedere/dienste wees. ✓✓
               (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                     (1 x 2)      (2)

 2.2 DATARESPONS

      2.2.1    Noem enige EEN voorbeeld van ŉ soort onvolmaakte mark.

               • Monopolie ✓
               • Oligopolie ✓
               • Monopolistiese mededinging ✓                                                (1)

      2.2.2    Wat is die doel van Eskom?

               • Die doel van Eskom is om volhoubare elektrisiteitoplossings te
                 verskaf en sodoende ekonomiese groei te ondersteun. ✓                       (1)

      2.2.3    Beskryf kortliks die begrip ondoeltreffendheid.

               • Ondoeltreffendheid is die toestand waar maksimum produktiwiteit
                  met minimum hulpbronne, nie bereik word nie. ✓✓/ Mislukking om
                  die beste van tyd of hulpbronne gebruik te maak. ✓✓
               (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                                  (2)

      2.2.4.   Verduidelik die aard van die produk as ŉ eienskap van ŉ
               monopolie.

               Die goed of diens wat verskaf word is uniek en het geen naby
               substituut nie. ✓✓                                                            (2)

      2.2.5    Hoekom staar Eskom soveel uitdagings in die gesig?

               • Staatskaping / korrupsie ✓✓
               • Swak bestuur ✓✓
               • Elektrisiteitdiefstal ✓✓
               • ŉ Kultuur van nie-betaling en munisipaliteite wat wanbestuur
                 word ✓✓
               (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                   (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                        EKONOMIE V2                                       5

 2.3 DATARESPONS

       2.3.1    Identifiseer die minimum uurlikse loon vir huishulpe.

                • R15,57 ✓                                                                (1)

       2.3.2    Noem EEN hoofrede vir die vasstel van minimum lone.

                • Om welvaart te verbeter en te verseker dat loonverdieners in staat
                  is om in hul huishoudings se basiese behoeftes te kan
                  voorsien. ✓                                                             (1)

       2.3.3    Beskryf kortliks die begrip minimum lone.

                • Minimum lone is die laagste loon wat ŉ werkgewer toegelaat sal
                  word om sy werker per week of maand te betaal. ✓✓                       (2)

       2.3.4    Watter uitwerking sal produsente subsidies tot die ekonomie hê?

                • Verhoog die aanbod van goedere om vir die
                  verbruikersvraag in die ekonomie voorsiening te maak. ✓✓
                • Verlaag die produksiekoste vir verskaffers en verhoog sodoende
                  die winste. ✓✓
                • Verbeter die kwaliteit van goedere wat geproduseer word om
                  uitvoere te fasiliteer. ✓✓
                • Verhoog staatsinkome en nasionale inkome. ✓✓              (1 x 2)       (2)

       2.3.5    Hoe sal minimum lone die lewens van werkloses beïnvloed?

                • Werknemers sal ŉ meer gelyke en regverdige loon betaal word
                  vir hulle dienste gelewer. ✓✓
                • Armoede mag verlig word indien die laer betaalde mense ’n
                  hoër inkome verdien. ✓✓
                • Die werkloses word aangemoedig om by die arbeidsmag aan te
                  sluit. ✓✓
                • Sommige werkers sal hulle werk verloor. ✓✓
                • Hoër minimum lone lei tot ŉ toename in verbruiksbesteding, ✓✓
                  wat ook tot ŉ mate tot vraag-trek inflasie kan lei. ✓✓
                • Minimum lone verseker dat maatskappye hulle rykdom met
                  hulle werkers deel, wie gehelp het om dit te genereer. ✓✓
                • Daar is ŉ surplus arbeid wat op die mark aangebied word. ✓✓
                (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                 (2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

6                                 EKONOMIE V2                             (EC/NOVEMBER 2020)

 2.4 Verduidelik kortliks die begrotingslyn, met behulp van ŉ grafiek met
     volledige byskrifte.

      Produk A ✓
                                           x

                                          ✓✓

                              y

                                                  Produk B ✓

                                            Puntetoekenning:
                                            Korrekte teken van begrotingslyn = 2
                                            Korrekte byskrifte by begrotingslyn =2
                                                                   Maks. 4 punte

      • Die begrotingslyn toon al die kombinasies van die twee goedere wat ŉ
        verbruiker kan bekostig om te koop met die waarde van sy inkome wat hy
        beskikbaar het om te bestee. ✓✓
      • Die bostaande grafiek toon al die moontlike kombinasies van produk A en
        produk B wat die verbruiker kan bekostig. ✓✓
      • Die verbruiker kan enige kombinasie van produk A en produk B wat op die
        lyn lê, koop. ✓✓
      • Enige punt regs van die lyn (soos by x) is onbekostigbaar. ✓✓
      • Enige punt links van die lyn (soos by y) is bekostigbaar. ✓✓
                                                                        (Maks. 4)        (8)

 2.5 Waarom word markte as ondoeltreffend in die toekenning van
     hulpbronne/goedere en dienste aan die mense van ŉ land beskou?

      • Besighede mag dalk nie bereid wees om sekere goedere en dienste te
        verskaf nie. ✓✓
      • Monopolieë hef pryse op goedere en dienste wat té hoog is. ✓✓
      • Besighede verskaf of té veel of té min van die goedere. ✓✓
      • Die ongelyke verdeling van inkome veroorsaak dat sommige huishoudings
        uit die mark uitgesluit word. ✓✓                                 (4 x 2)         (8)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                          EKONOMIE V2                                         7

 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
 3.1 3.1.1      Noem enige TWEE regstellende metodes wat die regering gebruik
                om herverdeling van inkome af te dwing.
                • SEB ✓
                • Regstellende aksie ✓
                • Bemagtiging ✓
                • Grondrestitusie ✓
                • Grondherverdeling ✓
                • HOP-huise ✓
                (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                       (2 x 1)      (2)
       3.1.2    Wat was die hooffokus van onderwysbeleide sedert 1994?
                • Die fokus was op die transformasie van onderwys ten einde
                   toegang, kwaliteit, gelykheid en regstelling vir leerders, sonder
                   diskriminasie van enige soort, te verseker. ✓✓
                • Die reg tot onderwys vir beide kind en volwassene, soos wat dit in
                   Suid-Afrika se Grondwet beskerm word. ✓✓
                (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                       (1 x 2)      (2)
 3.2 DATARESPONS
       3.2.1    Waarvoor staan die akroniem NUMSA?
                Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika ✓                              (1)
       3.2.2    Noem enige EEN arbeidsreg in Suid-Afrika.
                • Die reg om te werk ✓
                • Die reg tot gelyke betaling vir gelyke werk ✓
                • Die reg tot ŉ loon wat basiese behoeftes van die huishouding kan
                  dek ✓
                • Die reg om aan ŉ vakbond te mag behoort ✓
                (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                                    (1)
       3.2.3    Beskryf kortliks die begrip konsultasie.
                Die samekoms van rolspelers (werkers en werkgewers) waar die uitruil
                van inligting, raad en opinies rakende kwessies wat die werksplek
                beïnvloed, plaasvind. ✓✓                                                        (2)
       3.2.4    Hoekom sal werkers verkies om lid van ŉ unie te wees?
                Werkers verkies om lede van vakbonde te wees, omdat vakbonde:
                • Met werkgewers namens die werkers, onderhandel ten einde
                  lone en voordele te verbeter ✓✓
                • Verseker dat daar geen diskriminasie teen enige groep werkers is
                  nie ✓✓ en dat die arbeidswetgewing afgedwing word ✓✓
                • Daarna streef om enige werkverlies, as gevolg van afdanking, te
                  verminder ✓✓
                • Lede bystaan om griewe op te los ✓✓
                • Lede verteenwoordig in arbeidsdispute ✓✓
                • Die sienswyse en wense uitspreek van die arbeidsmag in die
                  werkplek ✓✓ / forums ✓✓
                (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

8                                  EKONOMIE V2                                (EC/NOVEMBER 2020)

       3.2.5   Watter gevolge kan ŉ staking/optog op die Suid-Afrikaanse
               ekonomie hê?
               • Minder produksie ✓✓
               • Daling in ekonomiese aktiwiteite ✓✓
               • Verlies aan sakewinste ✓✓
               • Verlies aan werksgeleenthede as gevolg van afdankings ✓✓
               (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)               (2 x 2)            (4)
 3.3   DATARESPONS

       3.3.1   Watter element van makro-ekonomiese aanpassings word in die
               spotprent voorgestel?
               Inkome ongelykheid ✓                                                          (1)
       3.3.2   Waarvoor staan die afkorting BBP?
               Bruto Binnelandse Produk ✓                                                    (1)
       3.3.3   Wat is die doel van Swart Ekonomiese Bemagtiging?
               • SEB verskaf die fondasie vir die transformasie van die Suid-
                 Afrikaanse ekonomie, sodat die aantal swart mense wie besighede
                 in die land besit, bestuur en beheer, beduidend kan toeneem ✓✓ /
                 om ongelykhede van Apartheid aan te spreek – waar swart Suid-
                 Afrikaners nie die ekonomiese voorregte geniet het wat slegs
                 beskikbaar was aan wit mense nie. ✓✓                                        (2)
       3.3.4   Verduidelik kortliks enige TWEE oplossings vir die onstabiliteit
               van die Suid-Afrikaanse ekonomie.
               Oplossings vir die onstabiliteit van die Suid-Afrikaanse ekonomie sal
               wees:
               • Om strategieë te vind wat die onsekerheid en oor-evaluasie van
                   die geldeenheid verminder ✓
               • Om te verseker dat inflasie onder beheer gehou word ✓
               • Om te verseker dat fiskale en monetêre beleid saamwerk om
                   volgehoue en gedeelde groei te bereik✓
               • Om die begrotingsproses in die regering te verbeter ✓
               • Om die regering se kapitale investering te bestuur ✓           (2 x 1)      (2)
       3.3.5   Na jou mening, wat kan die Suid-Afrikaanse regering doen om die
               lewenstandaard van die armes te verbeter?
               • Deur die Suid-Afrikaanse menslike kapitaal te verbeter sodat hulle
                  tot ekonomiese aktiwiteit kan bydra. ✓✓
               • Deur ekonomiese ontwikkeling te bevorder en werksgeleenthede te
                  skep. ✓✓
               • Deur huise te bou en water, sanitasie en elektrisiteit te verskaf. ✓✓
               • Deur skole en klinieke te bou. ✓✓
               • Deur die ekonomie te herstruktureer en die kwaliteit van onderwys
                  in armer gebiede te verbeter, ✓✓ sodat daar meer geskoolde arbeid
                  is ✓✓ en meer geleenthede vir entrepreneurskap om deel te word
                  van besighede. ✓✓
               (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                (Enige 2 x 2)     (4)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)                        EKONOMIE V2                                      9

 3.4 Verduidelik hoekom daar ŉ negatiewe verhouding tussen lone en die
     hoeveelheid arbeid wat aangevra word bestaan, met behulp van ŉ grafiek
     met volledige byskrifte.

       Loonkoers ✓
                              V

                     L2                       ✓✓

                     L1                             a

                                                              V

                          0         H1             H2         Arbeid ✓
                                                                  Puntetoekenning:
                                    Korrekte teken van vraagkurwe vir arbeid = 2
                                    Korrekte byskrifte van vraagkurwe vir arbeid = 2
                                                                  Maks. 4 punte
       •    Die loonkoers word op die vertikale-as gemeet, terwyl die horisontale-as
            die hoeveelheid van arbeid meet. ✓✓
       •    Teen loonkoers L1, is besighede bereid om meer mense in diens te neem
            (H2). ✓✓
       •    Soos wat die loonkoers na L2 toeneem, en dit duurder raak om arbeid in
            diens te neem, is besighede net bereid om minder werkers in diens te
            neem. ✓✓
       •    Soos wat die loonkoers toeneem, sal werkers duurder raak, en daarom sal
            daar ŉ daling in die hoeveelheid arbeid wees wat deur besighede aangevra
            word. ✓✓
       •    As die loon koers daal, raak arbeid minder duur en daarom is daar ŉ
            toename in die vraag na arbeid. ✓✓
       •    Die vraag na arbeid hang nie net af van die vraag na goedere nie, maar ook
            van die loonkoers. ✓✓                                        (Enige 4 x 2)     (8)
 3.5 Wat kan die Suid-Afrikaanse regering doen om die kwessie rondom
     ongelykhede aan te spreek?
       •   Beleidshervorming behoort daarop ingestel te wees om onregte van die
           verlede, reg te stel. ✓✓
       •   Beleidshervorming moet daarop gemik wees om gelyke geleenthede vir
           almal in vandag se tye te bied. ✓✓
       •   Beleide moet ŉ nasionale geskiedenis en skande van strukturele rassisme
           aanspreek, wat swartmense en mense met fisiese gestremdhede toegang
           tot hulpbronne geweier het. ✓✓
       •   Beleide wat die hoë kostes van onderwys aanspreek. ✓✓
       •   Vroeër inmenging in lewens word vereis, bv. bekostigbare
           gesondheidsorg, werkverskaffing en opleidingsprogramme. ✓✓
                                                                      (Enige 4 x 2)       (8)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

10                                 EKONOMIE V2                                (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1   4.1.1   Noem enige TWEE hoofdoelwitte van die Wet op
               Arbeidsverhoudinge.

               • Self-regering ✓
               • Meerderheid ✓
               • Konsultasie ✓                                             (Enige 2 x 1)          (2)

       4.1.2   Wat is die hoofdoel van markte in die ekonomie?

               Markte bring kopers en verkopers byeen ten einde die pryse te bepaal /
               reguleer die produksie van goedere en dienste / ken hulpbronne toe /
               dien as meganisme om goedere en dienste te ruil. ✓✓             (1 x 2)            (2)

 4.2   DATARESPONS

       4.2.1   In watter rigting sal die kurwe skuif indien die uitset afneem?

               • Links / inwaarts ✓                                                               (1)

       4.2.2   Wat stel ŉ punt op die PMK voor?

               • Doeltreffende produksie / doeltreffendheid ✓                                     (1)

       4.2.3   Beskryf kortliks die begrip produksiemoontlikheidkurwe.

               ŉ Diagram wat aandui watter kombinasie van twee verskillende produkte
               geproduseer kan word, gegewe die beperkte aanbod van die
               produksiefaktore. ✓✓                                                               (2)

       4.2.4   Hoeveel kapitaalgoedere sal geproduseer word, indien al die
               hulpbronne vir die produksie van verbruikersgoedere aangewend
               word?

               Nul ✓✓                                                                             (2)

       4.2.5   Identifiseer die verskil tussen interne en eksterne faktore wat ŉ
               skuif van die PMK teweegbring.

               • Interne faktore verwys na faktore wat onder die beheer van die
                 besighede is / wat tot ŉ toename in die hoeveelheid goedere
                 geproduseer lei. ✓✓
               • Eksterne faktore is daardie faktore waaroor besighede geen beheer
                 het nie / wat tot ŉ verbetering in die hoeveelheid/kwaliteit van
                 goedere en dienste wat geproduseer word mag lei ✓✓
               (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                       (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2020)                         EKONOMIE V2                                      11

 4.3   DATARESPONS

       4.3.1    Identifiseer die jaar met die laagste aantal werkloses.

                • 2018 ✓                                                                         (1)

       4.3.2    Watter instelling is verantwoordelik vir die publikasie van die
                werkloosheidsyfers in Suid-Afrika?

                • Statistieke Suid-Afrika / Stats SA ✓                                           (1)

       4.3.3    Beskryf kortliks die begrip werkloosheid.

                • ŉ Situasie waar mense wat kan werk, wat wil werk en aktief besig is
                  om werk te soek, nie daarin slaag om werk te kry nie. ✓✓                       (2)

       4.3.4    Wat beteken ŉ styging in die werkloosheidskoers?

                • ŉ Styging in die persentasie van die arbeidsmag wat werkloos is, wat
                   beteken dit neem toe of af, afhangende van veranderinge in
                   ekonomiese toestande. ✓✓
                • Werkloosheid neig om siklies te wees ✓✓ en neem toe as
                   ekonomiese aktiwiteit stadig is. ✓✓
                • Werkloosheid styg wanneer die ekonomie inkrimp en maatskappye
                   sommige werkers laat aflê. ✓✓                                                 (2)

       4.3.5    Watter stappe behoort die regering te neem ten einde werkloosheid
                te verminder?

                • Versnelde ekonomiese groei. ✓✓
                • Verbeterde onderwys en opleiding. ✓✓
                • Stimuleer klein, medium en mikro ondernemings (KMMOs) ✓✓
                • Gebruik openbare werke programme (OWPe) of spesiale
                  werkverskaffings programme. ✓✓
                • Bevorder arbeidsintensiewe strategieë. ✓✓
                (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)         (Enige 2 x 2)               (4)

 4.4 Verduidelik kortliks die eienskappe van nut.

       •   Items met hoë nut is nie altyd bruikbaar nie ✓✓
       •   Nut verskil van plek tot plek ✓✓
       •   Nut verander van tyd tot tyd ✓✓
       •   Nut verskil van persoon tot persoon ✓✓
       •   Nut kan nie gemeet word nie ✓✓                                         (4 x 2)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

12                                EKONOMIE V2                                (EC/NOVEMBER 2020)

 4.5 Hoe behoort entrepreneurskap bevorder te word?

      • Die Ontwikkelingsagentskap vir Klein Ondernemings (SEDA) ✓ behoort
         KMMO’s te bevorder en te ondersteun, veral in plattelandse gebiede. ✓✓
      • Bystand behoort te wees in die vorm van sakeplanne, tegniese advies,
         bemarking en inligting oor ondersteuning met uitvoere. ✓✓
      • Vroue kan gehelp word met hulle sakeondernemings en om hulle
         entrepreneursvaardighede te ontwikkel, ✓✓ en toegang tot besigheids
         hulpbronne ✓✓ te verkry. Suid-Afrikaanse netwerk van vroulike
         entrepreneurs kan help. ✓✓
      • Jong entrepreneurs kan met opleiding, navorsing en mentorskap bygestaan
         word. ✓✓
      • Ntsika Ondernemings Bevordering ✓ verskaf gewoonlik nie-finansiële
         ondersteuningsdienste soos bestuursontwikkeling en bemarking. ✓✓
      • Oorbrug die befondsinggaping in KMMO’s se mark te deur toegang tot
         finansiering by finansiële instellings, ✓✓ bv. Khula Enterprise Finance Ltd, te
         verkry ✓
      (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                               (4 x 2)     (8)
                                                                                            [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2020)                       EKONOMIE V2                                      13

 AFDELING C

 Beantwoord EEN van die volgende twee vrae in hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL:                           PUNTE-
                                                                  TOEKENNING
 Inleiding
 • ŉ Goeie beginpunt sal wees om ŉ begrip wat in die vraag
    verskyn gebruik word, te definieer.
 • Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.
 • Moet nie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding
    insluit nie.
 • Moet nie enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud
    herhaal nie.
 • Vermy om in die inleiding te sê wat in die inhoud gaan
    bespreek.                                                           Maks. 2
 Inhoud
 Hoofgedeelte:
 Bespreek in detail/In diepte bespreking/Ondersoek/Kritiese
 bespreking/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Assesseer/
 Debatteer.                                                             Maks. 26
 Addisionele gedeelte:
 Gee jou eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Kritiese
 evaluering/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
 grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei
 af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer
 kortliks                                                               Maks. 10
 Slot:
 Enige toepaslike hoër-orde slot wat die volgende insluit:
  • ŉ Kort opsomming van wat bespreek of ontleed is, sonder
    om die feite wat reeds in die inhoud genoem is, te herhaal.
  • ŉ Opinie of gewaardeerde oordeel oor bespreekte feite.
  • Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking
    ontleding te staaf.
  • ŉ Teenoorgestelde sienswyse met motivering, indien so
    verlang.
 • Aanbevelings                                                         Maks. 2
 TOTAAL                                                                   40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

14                                    EKONOMIE V2                               (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                 40 PUNTE – 40 MINUTE

 •   Bespreek prys vorming in detail ten einde die vasstelling van pryse en
     hoeveelhede te illustreer van grafieke gebruik te maak.                                 (26)

 •   Wat is die betrokke voordele om jou besigheid op ŉ internasionale/
     globale skaal uit te brei?                                                              (10)

 INLEIDING

 In ŉ mededingende mark, kom ewewig voor wanneer die prys van ŉ goed of diens
 vasgestel is teen die vlak waar die hoeveelheid gevra gelyk is aan die hoeveelheid
 aangebied. ✓✓                                                                                (2)

 INHOUD

 HOOFGEDEELTE:

                                              VRAAGKURWE
                 ✓ PRYS                               Korrekte byskrifte van asse – 1 punt
                              V                       Korrekte vorm – 2 punte
                                                      Korrekte veranderinge – 1 punt

                       P1

                       P2

                                                    ✓✓
                                  ✓
                                                          V

                          0
                                         H1    H2             HOEVEELHEID

 • Vraag is die hoeveelheid van ŉ goed of diens wat verbruikers in staat en bereid
   is om oor ŉ periode van tyd te koop. ✓✓
 • ŉ Vraagkurwe is ŉ grafiek wat die hoeveelheid van ŉ goed of ŉ diens toon wat
   gevra word teen verskillende pryse oor ŉ gegewe periode van tyd. ✓✓ (8 punte)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/NOVEMBER 2020)                          EKONOMIE V2                                          15

                                     AANBODKURWE
                ✓                                              A
                     PRYS
                                               ✓✓         Korrekte byskrifte van asse – 1 punt
                            P2                            Korrekte vorm van kurwe – 2 punte
                                                          Korrekte veranderinge – 1 punt

                            P1
                                 ✓
                                 A

                             0         H1       H2   HOEVEELHEID

 • Aanbod is die hoeveelheid goedere en dienste wat produsente gewillig en
   bereid is om oor ŉ sekere periode van tyd aan te bied. ✓✓
 • ŉ Aanbodkurwe is die grafiek wat die hoeveelheid goed of diens toon wat ŉ
   verskaffer bereid is om aan te bied teen verskillende pryse oor ŉ sekere periode
   van tyd. ✓✓                                                             (8 punte)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 16

16                                   EKONOMIE V2                          (EC/NOVEMBER 2020)

                             PRYSVORMINGSKURWE
              V
                                    Oorskot                A
                                                       b
     P1              a

      P                                     E✓✓                  ✓

     P2                  c         Tekort          d
              A                                            V

          0
                                      H                    Hoeveelheid ✓

 Puntetoekenning vir grafiek:
 Korrekte byskrifte van die asse – 1 punt
 Korrekte identifikasie van die ewewig – 2 punte
 Korrekte teken en byskrifte van die vraagkurwe en die aanbod kurwe – 1 punt

 • Teen ŉ ewewigsprys kan kopers die hoeveelheid van ŉ produk koop wat hulle
   beplan het om te koop en verskaffers kan die hoeveelheid van ŉ produk verskaf
   wat hulle beplan het om aan te bied. ✓✓
 • In die grafieke staan die prysvlak waarteen die vraag -en aanbodkurwe sny,
   bekend as die ewewigspunt en dit is punt e in bostaande grafiek. ✓✓
 • Ewewigsprys is P en ewewigshoeveelheid is H. ✓✓
 • Die hoeveelheid aangebied is gelyk aan die hoeveelheid aangevra en daar is
   geen kragte wat in werking is om die prys te verander nie. ✓✓
 • ŉ Mark surplus (oormaat aanbod) bestaan wanneer daar ŉ ooraanbod van ŉ
   goed of diens in die mark is. ✓✓
 • Wanneer dit gebeur hoop voorrade van hierdie goedere op totdat produsente dit
   teen ŉ laer prys verkoop (van P1 na P2). ✓✓
 • Mark tekorte (oormaat vraag) bestaan wanneer die hoeveelheid van ŉ goed of
   diens wat aangevra word, die hoeveelheid aangebied oorskry. ✓✓
 • In die grafiek word die tekort aangedui deur cd.✓✓
 • By die markewewig (P), is daar geen tekort of surplus van ŉ goed en diens
   nie. ✓✓                                                              (Maks.26)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/NOVEMBER 2020)                       EKONOMIE V2                                      17

 ADDISIONELE GEDEELTE

 Wat is die betrokke voordele om jou besigheid uit te brei op ŉ internasionale
 skaal?

 • Nuwe inkome potensiaal ✓✓
 • Die vermoë om meer mense te help ✓✓
 • Groter toegang tot talent ✓✓
 • Aanleer van nuwe kultuur ✓✓
 • Blootstelling aan buitelandse investeringsgeleenthede ✓✓
 • Verbetering van maatskappymarkte ✓✓
 • Diversifisering van maatskappymarkte ✓✓
 (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord.)                           (Maks. 10)      (10)

 SLOT

 Die begrippe vraag en aanbod is belangrik vir ekonome, omdat dit hulle help om te
 verstaan hoe pryse vasgestel word in die mark. ✓✓
 (Aanvaar enige korrekte toepaslike hoër orde slot.)                      (Maks. 2)       (2)
                                                                                         [40]

 VRAAG 6: KONTEMPORêRE KWESSIES                               40 PUNTE – 40 MINUTE

 • Bespreek oorsake van werkloosheid.
 • Watter uitwerking het werkloosheid op die ekonomie?                                   (26)

 INLEIDING

 Werkloosheid is ŉ situasie waar mense wat kan werk, wil werk en aktief werk soek,
 nie werk kan vind nie. ✓✓                                                                (2)

 INHOUD:

 HOOFGEDEELTE

 Sikliese werkloosheid ✓
 • Hierdie soort werkloosheid word veroorsaak deur die afswaai in die
      sakesiklus. ✓✓
 • Dit beteken dat dit veroorsaak is deur ŉ afwyking in totale besteding, wat
      mense se vraag na goedere en dienste beïnvloed. ✓✓
 • As vraag afneem, sal indiensnamevlakke ook daal. ✓✓
 • Daar word ook daarna verwys as vraag-afwykings werkloosheid. ✓✓
 • Omdat dit ŉ deel is van die natuurlike sakesiklus van ŉ ekonomie, wanneer
      die siklus in die groeifases in beweeg, sal die vlak van indiensname afneem as
      meer werksgeleenthede geskep word om te voldoen aan die styging in
      vraag. ✓✓

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

18                               EKONOMIE V2                              (EC/NOVEMBER 2020)

 Seisoenale werkloosheid ✓
 • Seisoenale werkloosheid is redelik algemeen in sekere sektore van die
     ekonomie, soos in landbou en toerisme wat slegs ŉ seisoenale vraag na
     arbeid het. ✓✓
 • Mens wat in diens geneem word vir ŉ tydperk wat slegs oor ŉ gedeelte van
     die jaar strek is seisoenaal werkloos ✓✓
 • Sommige besighede en nywerhede ervaar baie besige periodes, waartydens
     hulle baie werkers benodig en dan weer baie stil periodes, waartydens hulle
     minder of geen werkers benodig. ✓✓
 • Die werkers is werkloos gedurende die stadige seisoen en word heraangestel
     gedurende die besige seisoen. ✓✓

 Wrywingswerkloosheid ✓
 • Wrywings werkloosheid vind plaas wanneer mense tussen werke beweeg of
    vir die eerste keer opsoek is na werk. ✓✓
 • Dit is tydelik en onafwendbaar. ✓✓
 • Sommige mense is dalk so pas afgedank en is besig om vir werk te soek. ✓✓
 • Dit word soms soek werkloosheid genoem. ✓✓

 Strukturele werkloosheid ✓
 • Strukturele werkloosheid is die ernstigste tyd van werkloosheid. ✓✓
 • Strukturele werkloosheid kan op enige tydstip gebeur, selfs gedurende hoë
     vlakke van ekonomiese groei. ✓✓
 • Dit is as gevolg is van strukturele veranderinge in die ekonomie, soos
     byvoorbeeld tegnologiese vooruitgang. ✓✓
 • Omdat ekonomieë voortdurend verander, sal sommige sektore groei terwyl
     ander sektore weer inkrimp, ✓✓ die gevolg is werksverliese in daardie
     inkrimpende sektore, maar weer die skep van werksgeleenthede in die
     groeiende sektore. ✓✓
 • Die werkers van die inkrimpende sektore wat nie oor die nodige of toepaslike
     vaardighede beskik nie, kan nie geleenthede in die groeiende sektore aangryp
     nie. ✓✓                                                            (Maks. 26)

 ADDISIONELE GEDEELTE

 Watter uitwerking het werkloosheid op die ekonomie?

 •   Werkloosheid veroorsaak ŉ verlies aan potensiële uitset. ✓✓
 •   Werkloosheid skep sosiale en politiese onrus. ✓✓
 •   Werkloosheid is verwant aan misdaad ✓✓– hoë misdaadvlakke beïnvloed die
     manier hoe beleggers die ekonomie sien en daarmee interaksie het en lae
     investering beteken weer op sy beurt laer ekonomiese groei. ✓✓
 • Werkloosheid lei tot ŉ siklus van armoede. ✓✓
 • Mense wat vir lang periodes werkloos is, word ook vasgevang in ŉ
     werkloosheidsiklus wat hulle vaardighede vernietig ✓✓
 (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                        (Maks. 10)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/NOVEMBER 2020)                        EKONOMIE V2                                     19

 SLOT

 Verskillende lande ly onder verskillende soort werkloosheid teen verskillende tye.
 Kennis oor die oorsake en soorte werkloosheid is krities as ŉ land oplossings vir sy
 werkloosheidsprobleme wil vind. ✓✓                                         (Maks. 2)

                                                            TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P2 MEMO GR10 2020 ENG](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr10-2020-eng/9e31e52d-a9a1-4fb5-8921-0f2305a188b5) — Economics · Memo · 2020 · Eng
- [ECONOMICS P1 QP GR10 NOV2020 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-qp-gr10-nov2020-english/8719c3df-cf99-42d8-9a57-f56dca634761) — Economics · QP · 2020 · Eng
- [ECONOMICS P2 GR10 QP NOV 2020 ENG .docx](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr10-qp-nov-2020-eng-docx/856930f7-6814-408c-b664-c45b5a4c67e4) — Economics · QP · 2020 · Eng
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (English) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-english-2020-exemplars-possible-answers/19258fa7-eb85-47df-86bd-d014128dcc48) — Economics · Memo · 2020 · Eng
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/282c24f0-129e-4969-9ba5-fcf69dca9ca7) — Economics · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Grade 10 Economics P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2/6bab9eed-eb05-460c-a90c-1b7ae3db0240) — QP · 2026 · Eng
- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-english-june-2024-question-paper/6c40d10f-82fe-43f3-bea3-c9d464a800ff) — QP · 2024 · Eng
- [ECONOMICS P1 QP JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1/a6b341ec-cf90-4c6c-bc44-6fd35bc80cb5) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
