# Economics Grade 10 National Exemplar 2020 Question Paper

> Grade 10 Economics question paper from the National Exemplar Exam 2020, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/ekonomie-v2-gr10-vraestel-nov-2020/09f97c9f-7966-4c74-b5d6-116dbbc13fbb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: National Exemplar Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 National Exemplar 2020 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/ekonomie-v2-gr10-vraestel-nov-2020/09f97c9f-7966-4c74-b5d6-116dbbc13fbb)

## About this document

Economics · Grade 10 · National Exemplar Exam · 2020. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                 SENIOR SERTIFIKAAT

                       GRAAD 10

                  NOVEMBER 2020

                     EKONOMIE V2
                    (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

2                                   EKONOMIE V2                         (EC/NOVEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Beantwoord VIER vrae soos volg

      AFDELING A: VERPLIGTEND
      AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
      AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.   Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE.

 3.   Beantwoord vrae in volsinne. Die uitleg, inhoud en konteks moet voldoen aan
      die kognitiewe vlakke van die vrae.

 4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

 5.   Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

 6.   Lees AL die vrae sorgvuldig deur.

 7.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 8.   Laat 2−3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.

 9.   Gebruik slegs swart of blou ink.

 10. Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaars gebruik.

 11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                       EKONOMIE V2                                       3

  AFDELING A (VERPLIGTEND)

  VRAAG 1                                                  30 PUNTE − 20 MINUTE

  1.1 Verskeie opsies word as antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
      korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
      ooreenstemmende vraagnommers (1.1.1−1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK
      neer, byvoorbeeld 1.1.9 B.

        1.1.1    ŉ Monopolie is ŉ voorbeeld van ...

                 A    ŉ onvolmaakte mark.
                 B    ŉ volmaak mededingende mark.
                 C    ŉ monopolisties mededingende mark.
                 D    ŉ kartel.

        1.1.2    ŉ Vraagkurwe toon die verhouding tussen ŉ produk se prys en …

                 A    koste van produksie.
                 B    die hoeveelheid van die produk.
                 C    die inkome van die verbruiker.
                 D    veranderinge in die bevolking.

        1.1.3    Watter van die volgende is ŉ openbare goed?

                 A    Onderwys
                 B    Elektrisiteitsverskaffing
                 C    Weermag
                 D    Gesondheidsdienste

        1.1.4    Watter van die volgende is ŉ voorbeeld van ŉ indirekte belasting?

                 A    Belasting op verdienste
                 B    Maatskappybelasting
                 C    Persoonlike inkomstebelasting
                 D    Sondebelasting

        1.1.5    Die werkende bevolking wat uit ouderdomme tussen 15 en 64 jaar
                 bestaan:

                 A    Ekonomies nie-aktiewe bevolking
                 B    Ekonomies aktiewe bevolking
                 C    Ekonomies gemarginaliseerde bevolking
                 D    Werksame bevolking

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

4                                     EKONOMIE V2                            (EC/NOVEMBER 2020)

        1.1.6   Die beweging van mense van streek tot streek of land tot land:

                A    Migrasie
                B    Verstedeliking
                C    Immigrasie
                D    Emigrasie

        1.1.7   Die kern regte van werkers word deur die ... beskerm.

                A    Wet op Arbeidsverhoudinge
                B    Wet op Gelyke Indiensneming
                C    Wet op Basiese Diensvoorwaardes
                D    Wet op Bedryfsgesondheid en Veiligheid

        1.1.8   Regstellende aksie is baie belangrik vir die regering se ... beleid.

                A    herverdelings
                B    gelyke geleenthede
                C    welvaart
                D    regstellings                                              (8 x 2)     (16)

  1.2 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ begrip in KOLOM A pas. Skryf
      slegs die letter (A−I) langs die vraagnommers (1.2.1−1.2.8) in die
      ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

              KOLOM A                                KOLOM B
        1.2.1 Oligopolie           A     Beskerm mense wat gewerk het en
                                         afgedank is

        1.2.2   Substitute         B     Dit mag lei tot werkers wat hulle werk
                                         verloor

        1.2.3   Skaarsheid         C     Probeer dispute besleg deur bemiddeling

        1.2.4   Eksternaliteite    D     Maak geld beskikbaar binne die sektor vir
                                         onderwys en opleiding

        1.2.5   Werkloosheid-      E     ŉ Sentrale ekonomiese probleem
                versekering

        1.2.6   Kapitaalintensief F      Word gedra deur mense wat nie betrokke
                                         is in die produksieproses nie

        1.2.7   KMVA               G     Produkte wat in die plek van ander
                                         produkte gebruik word

        1.2.8   SOOG (SETA)        H     Produkte wat tesame met ander produkte
                                         gebruik word

                                   I     Motorhandelaars en selfoonverskaffers
                                                                            (8 x 1)         (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                      EKONOMIE V2                                       5

  1.3 Gee EEN begrip vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
      begrip langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK
      neer.

        1.3.1    ŉ Wet wat bepaal dat daar ŉ omgekeerde verhouding tussen prys
                 en hoeveelheid is

        1.3.2    ŉ Versameling van indifferensiekurwes

        1.3.3    ŉ Ekonomie waar al die produksiefaktore deur die staat besit word

        1.3.4    Die aantal werkloses gedeel deur die arbeidsmag uitgedruk as ŉ
                 persentasie

        1.3.5    ŉ Platform vir bespreking tussen verkose verteenwoordigers van
                 werkers en hulle werkgewers

        1.3.6    Vergoeding van gelyke waarde word verskaf aan die eienaars van
                 grond wat onder dwang van hulle weggeneem is             (6 x 1)       (6)

                                                           TOTAAL AFDELING A:           30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

6                                    EKONOMIE V2                           (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                  40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1    Beantwoord die volgende vrae.

        2.1.1   Noem enige TWEE eienskappe/kenmerke van indifferensiekurwes.
                                                                       (2 x 1)            (2)

        2.1.2   Watter impak sal die toename in inkome tot die vraag na goedere
                en dienste hê?                                             (1 x 2)        (2)

 2.2    DATARESPONS

        Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                               MOEILIKHEID MET ESKOM

        Eskom het twee hoofprobleme. Hul bedryfskoste is te hoog en hulle kan nie
        hulle skuld betaal nie. Groot stygings in tariewe is in onlangse jare aan
        Eskom toegestaan, maar dit het klante weggedryf, wat van die Eskom rooster
        afgegaan het en andere het bankrot gespeel. Eskom het so pas ŉ nuwe hoof
        uitvoerende beampte aangestel, wat alreeds geluide maak dat hierdie reuse-
        verskaffer veel langer gaan neem om herstel te word, as wat aanvanklik
        verwag is. Eskom bly steeds ŉ beduidende hindernis vir ekonomiese groei,
        met kragonderbrekings wat produktiwiteit benadeel en dit skrik internasionale
        beleggers af wat beurtkrag as ŉ teken van groot ondoeltreffendheid
        beskou.
                                                        [Aangepas uit www.biznews.com]

        2.2.1   Noem enige EEN voorbeeld van ŉ soort onvolmaakte mark.                    (1)

        2.2.2   Wat is die doel van Eskom?                                                (1)

        2.2.3   Beskryf kortliks die begrip ondoeltreffendheid.                           (2)

        2.2.4   Verduidelik die aard van die produk as ŉ eienskap van ŉ
                monopolie.                                                                (2)

        2.2.5   Waarom staar Eskom soveel uitdagings in die gesig?             (2 x 2)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                       EKONOMIE V2                                           7

  2.3 DATARESPONS

        Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

        Vanaf 1 Maart 2020 sal nuwe arbeidswetgewing in werking tree, waarvan ŉ
        sekere deel deur voornemende ouers verwelkom sal word, terwyl ander dele
        slegs tot klein verbeterings vir die laagste besoldigde werkers in die land, sal
        lei. Die nasionale minimum loon sal na R20,76 per uur styg, vanaf die vorige
        R20,00. Die prentjie vir plaaswerkers, huishulpe en diegene wat in diens
        geneem is deur die uitgebreide openbare werke program, is minder
        rooskleurig en hulle is slegs geregtig op ŉ minimum uurlikse loon van R18,68,
        R15,57 en R11,42 onderskeidelik.

                                            [Aangepas uit Eyewitness News Februarie 2020.]

        2.3.1    Identifiseer die minimum uurlikse loon vir huishulpe.                        (1)

        2.3.2    Noem EEN hoofrede vir die vasstel van minimum lone.                          (1)

        2.3.3    Beskryf kortliks die begrip minimum lone.                                    (2)

        2.3.4    Watter uitwerking sal produsentesubsidies op die ekonomie hê?                (2)

        2.3.5    Hoe sal minimum lone die lewens van werkloses beïnvloed?                     (4)

  2.4 Verduidelik kortliks die begrotingslyn, met behulp van ŉ grafiek met
      volledige byskrifte.                                                                    (8)

  2.5 Waarom word markte as ondoeltreffend in die toekenning van
      hulpbronne/goedere en dienste aan die mense van ŉ land, beskou?
                                                                                  (4 x 2)     (8)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

8                                    EKONOMIE V2                            (EC/NOVEMBER 2020)

     VRAAG 3: KONTEMPORêRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE

  3.1 Beantwoord die volgende vrae.

        3.1.1   Noem enige TWEE regstellende metodes wat die regering gebruik om
                herverdeling van inkome af te dwing.                      (2 x 1)            (2)

        3.1.2   Wat was die hooffokus van onderwysbeleide sedert 1994?                       (2)

  3.2 DATARESPONS

        Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

             UNIES BEPLAN OM TE APPELLEER TEEN DIE ARBEIDSHOF SE
                      BESLISSING OOR AFLEGGINGS BY SAL

        Die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika en die SA
        Kajuitpersoneel Assosiasie sê hulle sal ŉ besluit deur SAL se sakereddings-
        praktyke om poste te besnoei, beveg. NUMSA sê behoorlike konsultasie het
        nie plaasgevind nie. Die nasionale lugredery het ook aangekondig dat hulle
        verskeie plaaslike en internasionale roetes sal afskaf ten einde geld te bespaar.
                                         [Aangepas www.enca.com> news: 06 Februarie 2020]

        3.2.1   Waarvoor staan die akroniem NUMSA?                                           (1)

        3.2.2   Noem enige EEN arbeidsreg in Suid-Afrika.                                    (1)

        3.2.3   Beskryf kortliks die begrip konsultasie.                                    (2)

        3.2.4   Waarom sal werkers verkies om lede van unies te wees?                       (2)

        3.2.5   Watter gevolge kan ŉ staking/optog op die Suid-Afrikaanse ekonomie
                hê?                                                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)                       EKONOMIE V2                                            9

  3.3 DATARESPONS

        Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                          MAKRO-EKONOMIESE AANPASSINGS

  Die proses van ekonomiese regstelling om Suid-Afrika na 1994 werklik te transformeer,
  sou nie moontlik gewees het sonder sekere moontlike veranderings of aanpassings in
  die land se makro-ekonomie nie.
                                                                 [Aangepas uit http//labor411.org]

        3.3.1    Watter element van makro-ekonomiese aanpassings word in die
                 spotprent voorgestel?                                                        (1)

        3.3.2    Waarvoor staan die afkorting BBP?                                            (1)

        3.3.3    Wat is die doel van Swart Ekonomiese Bemagtiging?                            (2)

        3.3.4    Verduidelik kortliks enige TWEE oplossings vir die onstabiliteit van
                 die Suid-Afrikaanse ekonomie.                                                (2)

        3.3.5    Na jou mening, wat kan die Suid-Afrikaanse regering doen om die
                 lewenstandaard van die armes te verbeter?                 (2 x 2)            (4)

  3.4 Verduidelik hoekom daar ŉ negatiewe verhouding tussen lone en die
      hoeveelheid arbeid wat aangevra word bestaan met behulp van ŉ grafiek
      met volledige byskrifte.                                                                (8)

  3.5 Wat kan die Suid-Afrikaanse regering doen om die kwessie rondom
      ongelykhede aan te spreek?                                                              (8)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

10                                   EKONOMIE V2                             (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
          KWESSIES                       40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1    Beantwoord die volgende vrae.

        4.1.1   Noem enige TWEE hoofdoelwitte van die Wet op
                Arbeidsverhoudinge.                                                           (2)

        4.1.2   Wat is die hoofdoel van markte in die ekonomie?                               (2)

 4.2    DATARESPONS

        Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

        Die basiese idee is dat enigiets wat veroorsaak dat die ekonomiese uitset
        toeneem of afneem, sal die kurwe laat skuif. Die kurwe kan na links of regs
        skuif.
                                                      [Aangepas uit www.investopedia.com]

        4.2.1   In watter rigting sal die kurwe skuif indien die uitset afneem?               (1)

        4.2.2   Wat stel ŉ punt op die PMK voor?                                              (1)

        4.2.3   Beskryf kortliks die begrip produksiemoontlikheidkurwe.                       (2)

        4.2.4   Hoeveel kapitaalgoedere sal geproduseer word, indien al die
                hulpbronne vir die produksie van verbruikersgoedere aangewend
                word?                                                                         (2)

        4.2.5   Identifiseer die verskil tussen interne en eksterne faktore wat ŉ skuif
                van die PMK teweegbring.                                                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2020)                       EKONOMIE V2                                            11

 4.3    DATARESPONS

        Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                      SUID-AFRIKA SE WERKLOSE MENSE

        Volgens die amptelike syfer is 6,7 miljoen mense in Suid-Afrika werkloos,
        wat 29% van almal is wat sou kon werk. Volgens die uitgebreide definisie
        van werkloosheid, is meer as 10 miljoen mense werkloos, of 38,5% van al
        die mense wat sou kon werk.

                                                [Aangepas uit https://.tradingeconomics.com]

        4.3.1    Identifiseer die jaar met die laagste aantal werkloses.                        (1)

        4.3.2    Watter instelling is verantwoordelik vir die publikasie van die
                 werkloosheidsyfers in Suid-Afrika?                                             (1)

        4.3.3    Beskryf kortliks die begrip werkloosheid.                                      (2)

        4.3.4    Wat beteken ŉ styging in die werkloosheidskoers?                               (2)

        4.3.5    Watter stappe behoort die regering te neem ten einde werkloosheid
                 te verminder?                                                                  (4)

 4.4    Verduidelik kortliks die eienskappe van nut.                               (4 x 2)      (8)

 4.5    Hoe behoort entrepreneurskap bevorder te word?                                          (8)
                                                                                               [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

12                                  EKONOMIE V2                           (EC/NOVEMBER 2020)

  AFDELING C

  Beantwoord EEN van die volgende twee vrae in hierdie afdeling in die
  ANTWOORDEBOEK.

  Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                     STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                          PUNTE-
                                                                     TOEKENNING
  Inleiding
  • ŉ Goeie begin sal wees om ŉ begrip wat in die vraag
     gebruik qword, te definieer.
  • Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.
  • Moet nie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding insluit
     nie.
  • Moet nie enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud
     herhaal nie.
  • Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die inhoud gaan
     bespreek.                                                           Maks. 2
  Inhoud
  Hoofgedeelte:
  Bespreek in detail/In diepte bespreking/Ondersoek/Kritiese
  bespreking/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Assesseer/
  Debatteer.                                                          Maks. 26
  Addisionele gedeelte:
  Gee jou eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
  Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en
  verduideli/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk
  /Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks              Maks. 10
  Slot
  Enige toepaslike hoër-orde slot wat die volgende insluit:
  • ŉ Kort opsomming van wat bespreek of ontleed is, sonder om
     die feite wat reeds in die inhoud genoem is, te herhaal.
  • ŉ Opinie of gewaardeerde oordeel oor bespreekte feite.
  • Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking/
     ontleding te staaf.
  • ŉ Teenoorgestelde sienswyse met motivering, indien so
     verlang
  • Aanbevelings                                                         Maks. 2
  TOTAAL                                                                   40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2020)                    EKONOMIE V2                                       13

 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                 40 PUNTE – 40 MINUTE

 •   Bespreek prysvorming in detail ten einde die vasstelling van pryse en
     hoeveelhede te illustreer deur van grafieke gebruik te maak.        (26 punte)

 •   Wat is die betrokke voordele om jou besigheid op ŉ internasionale globale
     skaal uit te brei?                                                  (10 punte)    [40]

                                        OF

 VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                         40 PUNTE – 40 MINUTE

 •   Bespreek oorsake van werkloosheid.                                 (26 punte)
 •   Watter uitwerking het werkloosheid op die ekonomie?                (10 punte)     [40]

                                                           TOTAAL AFDELING C:           40
                                                               GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P1 QP GR10 NOV2020 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-qp-gr10-nov2020-english/8719c3df-cf99-42d8-9a57-f56dca634761) — Economics · QP · 2020 · Eng
- [ECONOMICS P2 GR10 QP NOV 2020 ENG .docx](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr10-qp-nov-2020-eng-docx/856930f7-6814-408c-b664-c45b5a4c67e4) — Economics · QP · 2020 · Eng
- [EKONOMIE V2 GR10 MEMORANDUM NOV 2020](https://www.hlayiso.com/library/ekonomie-v2-gr10-memorandum-nov-2020/a20ed965-9efe-43c5-a81c-9b8b0656fd10) — Economics · Memo · 2020
- [ECONOMICS P2 MEMO GR10 2020 ENG](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr10-2020-eng/9e31e52d-a9a1-4fb5-8921-0f2305a188b5) — Economics · Memo · 2020 · Eng
- [Gr10 ECN P1 (English) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-english-2020-exemplars-question-paper/b11245d4-e501-4dcc-8576-18b0c37fa1e8) — Economics · QP · 2020 · Eng
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766) — Economics · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Grade 10 Economics P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/aa451ed3-608a-4b51-901a-d63eec037da7) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P1 (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-english-june-2024-possible-answers/c23085d5-738d-46b4-b878-072af26bc958) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
