# Economics Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/ekonomie-v2-memo-gr-12-sept-2015-afrikaans/2f5d5351-c9d0-49c4-a9bf-af133e6242a0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/ekonomie-v2-memo-gr-12-sept-2015-afrikaans/2f5d5351-c9d0-49c4-a9bf-af133e6242a0)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2015

                        EKONOMIE V2
                        MEMORANDUM

PUNTE:   150

                   Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   EKONOMIE V2                               (EC/SEPTEMBER 2015)

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1     MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         1.1.1       C    MK = MI 

         1.1.2       C    Suid-Afrikaanse Lugdiens 

         1.1.3       B    gedifferensieerde 

         1.1.4       C    plaaslike, uitgevoerde en ingevoerde 

         1.1.5       B    SA Raad vir Toerisme besigheid 

         1.1.6       A    Skoon lug 

         1.1.7       B    preservering. 

         1.1.8       C    Mnr. Derek Hanekom                                              (16)

 1.2     PAS-ITEMS

         1.2.1       F    Die gemiddelde koste van besigheid is meer as die
                          markprys 

         1.2.2       C    Regstellingsmetode wat gebruik word vir herverdeling van
                          inkome 

         1.2.3       H    Meet veranderinge in pryse van vervaardigde goedere
                          voordat dit aan verbruikers verkoop word 

         1.2.4       B    ’n Verkoper kan die markprys verander deur die hoeveelheid
                          aangebied te verander 

         1.2.5       G    Wanneer verbruikers meer vra as wat produsente kan
                          aanbied 

         1.2.6       D    Mense van oorsee, wat natuur gebiede soos die
                          Drakensberge besoek 

         1.2.7       A    Waar kostes presies gelyk is aan inkome 

         1.2.8       E    Wanneer verskillende pryse gehef word vir dieselfde produk
                          vir verskillende groepe                                           (8)

 1.3     1.3.1       Kostevoordeel-analise 

         1.3.2       Kweekhuisgasse 

         1.3.3       Korttermyn 

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                         EKONOMIE V2                              3

          1.3.4       Deflasie 

          1.3.5       Inheems Kennisstelsel (IKS) 

          1.3.6       Aanbodkurwe                                                 (6)

                                                          TOTAAL AFDELING A:       30

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 EKONOMIE V2                               (EC/SEPTEMBER 2015)

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

 2.1   2.1.1    Noem TWEE soorte ekonomiese kostes.

                Implisiete koste 
                Eksplisiete koste                                             (2 x 1)     (2)

       2.1.2    Wat is die doel van patentregte by monopolieë?

                  Patente word gebruik as hindernisse tot toegang in die mark en
                   skep so kunsmatige monopolieë. 
                  Die patente gee die houer eksklusiewe regte om ŉ produk te
                   vervaardig deur sy/haar eie unieke uitvinding te gebruik. 
                                                                         (Enige 1 x 2)     (2)

 2.2   DATA RESPONS

       2.2.1    Identifiseer die wins maksimerende punt (byskrif) van die
                individuele onderneming.

                E2                                                                        (1)

       2.2.2    By watter punt of byskrif sal die industrie in ewewig wees?

                E                                                                         (1)

       2.2.3    Verduidelik die begrip prysnemer.

                Prysnemer is die individuele onderneming wat die heersende
                markprys hef.                                                           (2)

       2.2.4    Identifiseer of die individu ŉ ekonomiese wins of verlies ly en
                skryf die area van dié wins/verlies neer.

                Ekonomiese wins . PP2FE2                                                 (2)

       2.2.5    Verduidelik die helling van die vraagkurwe van die individuele
                onderneming.

                Dit het ŉ horisontale helling 
                Die vraagkurwe is volmaak elasties 
                Dit is presies by dieselfde vlak as die prys 
                Die horisontale vraagkurwe stel MI en GI voor.        (Enige 2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                         EKONOMIE V2                                        5

 2.3    DATA RESPONS

        2.3.1    Definieer die begrip oligopolie.

                  ŉ Oligopolie is ŉ markstruktuur met ŉ paar verkopers.                    (2)

        2.3.2    Watter boodskap word in bostaande prentjie oorgedra?

                  Pepsi en Coke baklei vir ŉ markaandeel deur pryse te verlaag.            (2)

        2.3.3     Wat word bedoel met keel-afsny prys mededinging in die
                  uittreksel?

                      Keel-afsny prys mededinging is ŉ situasie waar mededingers
                       uitbuitende pryse (baie lae pryse) gebruik om mededingers uit te
                       skakel of te ondermyn. 
                      Coca-Cola en Pepsi baklei vir na aandeel in die mark deur baie
                       lae pryse te hef.                                (Enige 1 x 2)      (2)

        2.3.4    Verduidelik kortliks maniere hoe Coca-Cola end Pepsi
                 markaandeel kan bekom.

                 Nie-prysmededinging:
                  Adverteer meer om verbruikers te lok
                  Handelsmerke om lojaliteit aan die produk aan te moedig
                  Produk differensiasie, produkreekse om vir verskillende markte te
                   voorsien                                                   (2 x 2)       (4)

 2.4    Verduidelik kortliks die rol wat die Mededingingskommissie en die
        Mededingingstribunaal speel.

        Mededingingskommissie
         Dit ondersoek beperkende besigheidspraktyke, misbruik van dominate
          posisies en samesmeltings om gelykheid en effektiwiteit in die Suid-
          Afrikaanse ekonomie te weeg te bring. 
         Dit sal ŉ aanbeveling maak oor boetes vir ondernemings wat hulle skuldig
          vind. 
         Die Mededingingskommissie se aanbevelings word aan die
          Mededingingstribunaal ingedien.                             (Enige 2 x 2)        (4)

        Mededingingstribunaal
        Die Mededingingstribunaal se hooffunksies is om:
         Vrystelling toe te ken. 
         Groot samesmeltings te magtig of verbied 
         Beoordeling van enige verbode optredes kragtens Hoofstuk 2 of 3 van die
           Wet 
         Ken ŉ bevel toe vir kostes, kragtens afdeling 57 van die Wet, op gevalle
         wat voor die Kommissie gedien het.                          (Enige 2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                EKONOMIE V2                              (EC/SEPTEMBER 2015)

 2.5   Verduidelik die helling van die vraagkurwe, in ’n monopolie mark, met
       behulp van ’n vraagskedule (tabel).

         Dit is ŉ vraagkurwe vir die industrie. 
         Monopolieë sal ŉ prysbeleid hê omdat dit die enigste verskaffer in die
          mark is.  Elke hoeveelheid aangebied word geassosieer met ŉ unieke
          prys en meer eenhede kan verkoop word deur die prys te verlaag/teen
          hoër pryse sal minder aangevra word en teen laer pryse sal meer
          aangevra word. 
         Die vraagkurwe hel afwaarts; dit het ŉ negatiewe helling.  (Enige 2 x 2)     (4)

                      PRYS                        HOEVEELHEID GEVRA
                       16                                 1
                       14                                 4
                       12                                 8
                       10                                12

       Korrekte syfers vir prys;  korrekte syfers vir hoeveelheid aangevra.          (4)
                                                                                         [8]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                         EKONOMIE V2                                         7

 VRAAG 3: KONTEMPORêRE EKONOMIESE KWESSIES

 3.1    Beantwoord die volgende vrae.

        3.1.1    Lys enige TWEE redes vir die verlies aan biodiversiteit.

                      Hoë verbruikerskoers 
                      Verlies aan habitat 
                      Indringer spesies 
                      Besoedeling 
                      Klimaatsverandering                                 (Enige 2 x1)      (2)

        3.1.2    Hoe kan groenbelasting ŉ meer volhoubare omgewing
                 teweegbring?

                 Groenbelasting is die belasting wat gehef word op die uitset (of
                 verbruik) van goedere, waar ook al eksterne omgewingskoste
                 genereer word. Hierdie belasting het ten doel om besoedeling te
                 verminder. 
                 Groenbelasting het die uitwerking om die prys van goedere te
                 verhoog, daarom sal ondernemings hulle optrede verander en
                 goedere produseer wat meer omgewingsvriendelik is. 
                 Aanvaar enige relevant verduideliking.                                       (2)

 3.2    DATA RESPONS

        3.2.1    Wat is die inflasiekoers teiken in Suid-Afrika?

                 SA se inflasie teiken is 3–6%.                                              (2)

        3.2.2    Verduidelik die begrip inflasie.

                 Inflasie is die aanhoudende styging in die algemene prysvlak oor ŉ
                 periode van tyd                                                            (2)

        3.2.3    Wat beteken ‘pen inflasie vas’?

                 Aanwending van verskillende maatreëls om inflasie te verlaag of
                 bestry.                                                                    (2)

        3.2.4    Hoe kan rentekoerse gebruik word om inflasie vas te pen?

                  Styging in rentekoerse maak dit duurder om geld te leen. 
                  Dit lei tot daling in verbruikersvraag, wat weer groter uitsette
                   ontmoedig. 
                  Dit maak oormatige besigheidsaktiwiteite stadiger en beheer
                   prysstygings.                                          (Enige 2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  EKONOMIE V2                             (EC/SEPTEMBER 2015)

 3.3   DATA RESPONS

       3.3.1    Definieer omgewingsvolhoubaarheid.

                Omgewingsvolhoubaarheid is die instandhouding van die faktore en
                praktyke wat die kwaliteit van die omgewing toelaat om voort te
                bestaan oor die langtermyn. 
                Aanvaar enige toepaslike omskrywing.                                       (2)

       3.3.3    Identifiseer, met stellings uit die uittreksel, enige twee soorte
                besoedeling wat deur geskrapte motorbande veroorsaak word.

                                  Stelling                     Soort besoedeling
                Weggegooide bande wat regoor Suid-           Grondbesoedeling 
                Afrika rondlê /net iewers lê /eindig op
                vullishope 
                Word verbrand word vir hitte                Lugbesoedeling 
                (Aanvaar enige toepaslike stelling.)                         (4 x 1)       (4)

       3.3.3    Waarom is herwinning na jou mening so belangrik?

                    Dit verminder besoedeling. 
                    Dra by tot die vermindering van aardverwarming. 
                    Verminder afvalprodukte in landerye. 
                    Bespaar die aarde deur ontbossing te verminder.  (Enige 2 x 2)     (4)

 3.4   Verduidelik die invloed wat inflasie op debiteure en krediteure sal hê.

       Debiteure
        ŉ Periode van inflasie bevoordeel debiteure ten koste van krediteure. 
        Kontrakte word vooruit opgestel en kan nie verander word nie. 
        Debiteure betaal teen die verlaagde koopkrag wat die werklike uitgawe
         verlaag.                                                   (Enige 2 x 2)        (4)

        Krediteure
         Krediteure ontvang betalings teen verlaagde koopkrag. 
         Krediteure word benadeel.                                         (2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                       EKONOMIE V2                                         9

 3.5    Ondersoek TWEE strategieë van regerings inmenging om
        omgewingsvolhoubaarheid te verseker.

        Toeken van eiendomsreg:  verseker dat mense omgee vir iets wat aan
        hulle behoort. Om fauna en flora spesies van uitwissing te red, ken die
        regering eiendomsreg oor hulle toe. 

        Heffing vir die gebruik van die omgewing: regering hef ŉ fooi op
        verbruikers en produsente op die afval wat hulle produseer en in die
        omgewing stort. 

        Heffing van omgewingsbelasting/Groenbelasting:  eerder as om vir die
        gebruik van die omgewing te laat betaal, behoort ŉ belasting ingestel te word
        op die uitset van goedere wanneer eksterne omgewings koste gegenereer
        word. 

        Betaling vir omgewing subsidies:  subsidies mag voorsien word vir
        aktiwiteite wat omgewing skade verminder,  bv. die ontwikkeling van nuwe
        tegnieke of toerusting;  om die produksie van omgewingsvriendelike
        substitute aan te moedig;  aanmoediging van herwinning van afval. 

        Verseker bemarkbare permitte:  in plaas van om belastings of heffings op
        uitlaatgasse te hef, kan die regering elke besoedelaar voorsien van ’n permit
        met ŉ beperkte limiet.                                         (Enige 2 x 4)     (8)
                                                                                          [40]

 VRAAG 4:       MIKRO EKONOMIE EN KONTEMPORȆRE EKONOMIESE
                KWESSIES

 4.1    4.1.1 Noem enige TWEE internasionale ooreenkomste oor
              omgewingsvolhoubaarheid.

                Wêreldberaad in Rio de Janeiro (UNCED) 
                Wêreldberaad oor volhoubare ontwikkeling (WSSD) 
                Rio +20 beraad 
                Kyoto Protokol 
                Verenigde Nasies se Raamwerk Konvensie oor Klimaatsverandering
                (COP 17) 
                Konferensie van die Partye 
                Aanvaar enige ander toepaslike ooreenkoms           (Enige 2 x 1)           (2)

        4.1.2   Hoe sal minimum lone ongelykhede in Suid-Afrika verminder?                  (2)

                Ongelykhede word verminder omdat werkers ŉ loon betaal word wat
                bo die markprys is.                                                       (2)

 4.2    DATA RESPONS

        4.2.1   Naby watter stad is Robbeneiland geleë?

                Kaapstad                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 EKONOMIE V2                                 (EC/SEPTEMBER 2015)

       4.2.2   Robbeneiland word as ŉ ... gebied geklassifiseer.
               Wêrelderfenisgebied                                                           (1)

       4.2.3   Hoekom word Robbeneiland gekenmerk as ŉ ‘ondervinding soos
               geen ander’?

                Die skoonheid van die eiland 
                Dit is waar die voormalige staatspresident Nelson Mandela
                 aangehou was tesame met ander politieke gevangenes 
                Museum (politieke geskiedenis van Suid-Afrika word bewaar) 
                 Aanvaar enige toepaslike respons                           (2 x 2)           (4)

       4.2.4   Verduidelik enige TWEE maniere hoe toerisme bevorder kan
               word.

                Verbeter bemarking strategieë (prys, produk, promosie en plek) 
                Deur ondersteuningsdienste te verbeter en uit te brei, bv. vervoer
                 en curio winkels 
                Toegang tot persoonlike fasiliteite vir gerief, bv. verhuring van
                 motors en bank fasiliteite 
                 (Aanvaar enige toepaslike antwoord.)                             (2 x 2)     (4)

 4.3   DATA RESPONS

       4.3.1   Identifiseer die maatskappy wat hierbo voorgestel word.

               Eskom                                                                         (1)

       4.3.2   Noem EEN van die nuwe kragstasie wat onder konstruksie is.
               Medupe-kragstasie, /Kusile-kragstasie                     (Enige 1 x 1)      (1)

       4.3.3   Omskryf enige moontlike gevolge van die toename in elektrisiteit
               pryse.

                Groot verbruikers van elektrisiteit wat in Suid-Afrika besigheid wil
                 doen/Nywerhede sal nie na Suid-Afrika gelok word nie. 
                Produksie van baie goedere wat van elektrisiteit afhanklik is, sal
                 laag wees. 
                Huishoudings sal minder elektrisiteit gebruik en uitkyk vir ander
                 alternatiewe. 
                 (Aanvaar enige toepaslike respons.)                       (Enige 1 x 2)      (2)

       4.3.4   Verduidelik die ‘uniekheid van ŉ produk ‘as ŉ kenmerk van ŉ
               monopolie.

                Daar is geen naby substitute nie. 
                Kopers kan slegs van die monopolie koop of sonder die produk
                 gaan 
                 (Aanvaar enige toepaslike antwoord.)                (Enige 1 x 2)            (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                        EKONOMIE V2                                       11

        4.3.5   Verduidelik hoekom die monopolie industrie as ondoeltreffend
                beskou word.
                 Die monopolie nywerheid produseer ŉ kleiner uitset teen hoër
                  pryse 
                 Sommige verbruikers word uitgesluit uit die mark omdat hulle nie
                  hoër pryse kan of wil betaal nie. 
                 Dit is nie produksie doeltreffend wanneer produksie laer is as die
                  wins maksimerende uitset nie. 
                 Hulle produseer ŉ uitset teen ŉ hoër GK en maak nie mees
                  doeltreffend gebruik van die gemeenskap se skaars hulpbronne
                  nie. 
                  (Aanvaar enige toepaslike antwoord.)                   (Enige 2 x 2)      (4)

 4.4    Verduidelik enige TWEE maniere hoe huishoudings voordeel kan trek uit
        toerisme.

            Inkome:  Besteding deur toeriste beteken inkome vir huishoudings as
             gevolg van die salarisse en lone wat hulle kan verdien. 
            Infrastruktuur:  Meeste van die infrastruktuur wat vir toerisme geskep
             word, raak beskikbaar vir gebruik deur plaaslike mense. 
            Vaardighede:  ŉ Verskeidenheid van vaardighede word deur die
             toerisme industrie vereis. 
            ŉ Nagevolg van toerisme is die blootstelling aan vreemde kulture.  Dit
             het ŉ invloed op kulturele en sosiale kennis en genot.           (2 x 4)     (8)

 4.5    Vergelyk ’n volmaakte mark met ŉ monopolistiese mark kragtens prys,
        uitset en wins.

        Prys
        Die ewewig prys is hoër in ŉ monopolistiese mark as in die volmaakte
        mark. 
        Die verbruiker betaal dus minder in ŉ volmaakte mark en meer in ŉ
        monopolistiese mark. 

        Uitset
        Die monopolistiese mededinger produseer nie by die laagtepunt van die LGK
        soos die volmaakte mededinger nie. Hulle is minder doeltreffend.  Die
        volmaakte mededinger produseer meer teen ŉ laer prys terwyl die
        monopolistiese mededinger minder teen ŉ hoër prys produseer 

        Wins
        Beide maak normale wins oor die langtermyn.  Daarom is daar geen
        verskil oor die langtermyn tussen die volmaakte mark en die monopolistiese
        mark sovêr dit wins aanbetref nie.                                                (8)

                                                              TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               EKONOMIE V2                             (EC/SEPTEMBER 2015)

 AFDELING C

 Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                             PUNTETOEKENNING
 Inleiding
  ŉ Goeie begin sal wees om ŉ konsep of sleutelwoord wat in
      die vraag verskyn te definieer.
  Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.
  Moet nie in inleiding enige gedeelte van die vraag insluit nie.
  Moet nie enige gedeelte van die inleiding in die inhoud herhaal
      nie.                                                                 Maks. 2
  Vermy in die inleiding om aan te dui wat jy in die inhoud gaan
      bespreek.
 Inhoud:

 Hoofgedeelte: Bespreek in diepte/In diepte bespreking/
                                                                          Maks. 26
 Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei
 /Verduidelik/Assesseer/Debatteer

 Addisionele gedeelte: Gee eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/
 Evalueer krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe
 grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer       Maks. 10
 /Debatteer kortliks
 Slot
  Die slot in ŉ samevatting van die bespreking van die
      onderwerp in die inhoud en moet beskou word as ŉ hoë vlak
      respons.
  Die slot kan in die vorm van eie opinie, voorbeelde om jou
      bespreking te ondersteun of kontrasterende siening ten
      opsigte van wat bespreek was, wees.                                  Maks. 2
  Geen aspek van die inleiding of inhoud moet in die slot
      ingesluit word nie.
 TOTAAL                                                                      40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                        EKONOMIE V2                                         13

 VRAAG 5: MIKRO EKONOMIE

 Wanneer ŉ onderneming of industrie binne sy produksie moontlikheid kurwe
 produseer, dan gebruik hulle nie hul hulpbronne doeltreffend nie.
     Bespreek oorsake/redes vir markmislukkings.                                           (26)

     Gebruik ŉ grafiek en verduidelik hoe die regering in die ekonomie inmeng
      deur maksimum pryse daar te stel.                                                     (10)

 INLEIDING

 Markmislukking vind plaas as die kragte van vraag en aanbod nie daarin slaag om
 die hulpbronne doeltreffend toe te ken nie. 
 (Aanvaar enige toepaslike inleiding.)                                                        (2)

 INHOUD
 Eksternaliteite 

 Eksternaliteite is kostes wat nie ingesluit is by die prys van die goedere/dienste nie
 en gevolglik is daar ŉ verskil tussen die private koste/voordele en die sosiale
 koste/voordele van produksie. 

  Private koste: die produksiekoste van goedere en dienste wat oorgedra word na
   die pryse wat verbruikers betaal.  Dit word ook interne koste genoem. 
  Private voordele: Interne voordele word bestel op diegene wat goedere
   produseer en dit koop,  bv. vervaardiging van ŉ fiets (vir produsent) en
   gebruik van die fiets (verbruiker). 
  Sosiale koste: dit is totale koste wat deur die gemeenskap as geheel gedra
   word.  Bv. die sosiale koste van elektrisiteit sluit in die koste van kapitaal,
   arbeid, insette en die koste van die eksternaliteite soos vuil water en lug. 
   Sosiale koste = private koste plus eksterne koste. 
  Sosiale voordele: dit sluit in die totale voordeel wat deur die gemeenskap as
   geheel ervaar word.  Bv. munisipaliteite voorsien skoon water aan die
   gemeenskap wat tot minder siektes lei. 
  Sosiale voordele = private voordele plus eksterne voordele 
  Negatiewe eksternaliteite: dinge soos besoedeling, tabak en alkohol.  Die
   kostes van negatiewe eksternaliteite word betaal deur die gemeenskap eerder as
   deur die produsente.  Bv. baie siektes hou verwant met rook. Die
   behandeling van hierdie siektes word deur die gemeenskap betaal. 
   Negatiewe eksternaliteite word dikwels oor-produseer.  Dit lei tot
   markmislukking.
  Positiewe eksternaliteite is die positiewe effekte van produkte op derde partye
   waarvoor nie betaal word nie. 
  Positiewe eksternaliteite word onder-geproduseer.  Dit lei tot markmislukking.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                EKONOMIE V2                               (EC/SEPTEMBER 2015)

 Ontbrekende markte 

  Markte is onvolledig omdat dit nie aan die vraag na sekere goedere kan voldoen
   nie. 
  Openbare goedere (gemeenskaps- en kollektiewe goedere) is hoog in aanvraag,
   maar word nie deur die mark voorsien nie omdat dit ŉ lae wins realiseer en dit
   hoe kostes verg om dit te verskaf. 
  Omdat private produsente nie hierdie goedere kan weerhou van nie-betalers nie,
   is hulle huiwerig om hierdie goedere te verskaf. 
  Die regering voorsien dus hierdie goedere en dienste. 

 Openbare goedere 

 Dit sluit gemeenskaps- en kollektiewe goedere in en het twee kenmerke:

  Nie-mededingend: Verbruik deur een persoon verminder nie die verbruik deur
   ander individue nie, bv. ŉ lighuis. 
  Nie-uitsluitbaar: Verbruik kan nie beperk word tot diegene wat daarvoor betaal
   nie (nie-betalers kan dit ook gebruik), bv. radio en televisie. 
   As toevoeging:
  Sosiale voordele oortref private voordele: bv. gesondheidsorg en onderwys. 
  Nie-uitsluiting: Individue kan nie uitgesluit word uit die verbruik nie,
   bv. straatligte. 
  Aaneenlopende verbruik, bv. verkeersligte. 

 Gemeenskapsgoedere 
 Hierdie is goedere soos weermag, polisiediens, korrektiewe dienste, straatligte,
 vloedbeheer, stormwater pype en lighuise. 

 Kollektiewe goedere 
  Hierdie is goedere soos parke, strand geriewe, strate. 
  Markte is onvolledig en kan nie aan die vraag na hierdie goedere voldoen
   nie. 

 Regering voorsien openbare goedere, wat bestaan uit:

 Meriete en nie-meriete goedere 

  Meriete goedere: Hierdie is hoogs begeerbaar vir algemene welvaart, maar word
   nie belangrik geag deur die mark nie, bv. gesondheidsorg, onderwys en
   veiligheid. As mense ŉ markprys hiervoor moes betaal, sou baie min dit verbruik
   het. 
   Die mark misluk omdat die mark minder produseer as wat aangevra word. 
  Nie-meriete goedere: Hierdie is oor-verbruikte goedere, bv. sigarette, alkohol en
   dwelms. Daarom word meer van hierdie goedere geproduseer as wat sosiaal
   aanvaarbaar is. 
   Die regering verban of verminder verbruik van hierdie produkte deur belasting en
   verskaf inligting aan die bevolking oor die skadelike gevolge daarvan. 

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                      EKONOMIE V2                                       15

 Onvolmaakte mededinging 
  Meeste besighede word bedryf onder toestande van onvolmaakte markte. 
   wat hulle toelaat om uitset te beperk, pryse te verhoog en te produseer waar prys
   hoër as marginale koste is. 
  Hulle kan nuwe besighede verhoed om tot die industrie toe te tree. 
  Dit lei tot die voorkoming van volledige aanpassings by die verbruikers vraag. 

 Gebrek aan inligting 
  Verbruikers, werkers en entrepreneurs het nie altyd die nodige inligting tot hul
   beskikking om besluite te neem nie. 
  Produsente en verbruikers benodig volledige inligting om besluite te neem sodat
   die mark doeltreffend kan funksioneer. 
  Foutiewe inligting lei daartoe dat verkeerde besluite gemaak word oor wat, hoe
   en vir wie geproduseer word. Dit lei tot vermorsing van hulpbronne. 
  Advertensies lei ook tot verkeerde besluitneming, gebaseer op vals inligting. 

 Onbeweeglikheid van produksiefaktore 
  Dit mag moeilik vir markte wees om te reageer op veranderinge in verbruikers
   vraag, omdat produksiefaktore nie maklik kan reageer en rondbeweeg word
   nie. 
  Hulpbronne neig om nie baie beweeglik te wees nie, daarom pas meeste markte
   nie vinnig aan by verandering in aanbod en vraag nie. 
  Arbeid mag tyd in beslag neem om van een werk na ŉ ander te beweeg of van
   een plek na ŉ ander en dieselfde is waar vir fisiese kapitaal. 

 Onvolmaakte verspreiding van inkome en rykdom 
  Vrye markte neig om ongelyke verdeling van inkome en rykdom te skep,
    sommige deelnemers word beter vergoed as andere. 
  Dit word veroorsaak deur:
    o ŉ Verskil in markkrag 
    o Die oorspronklike verspreiding van rykdom 
    o Ongelyke toegang tot markte en onderwys geleenthede 
    o Diskriminasie 
 (Maks 8 punte vir sub-opskrifte; 18 punte vir bespreking)                              (26)

 ADDISIONELE GEDEELTE

 Stel van maksimum pryse/prysplafonne
  Die regering stel ŉ maksimum prys plafon laer as die markprys om goedere
     meer bekostigbaar te maak. 
  Maksimum pryse verleen groter toegang aan armes tot sekere goedere en
     dienste. 
  ŉ Maksimum prys word gestel op goedere soos basies voedselsoorte,
     behuising en vervoer. 
  In Suid-Afrika word die prys van petrol, diesel en paraffien beheer teen hulle
     maksimum pryse. 

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                  EKONOMIE V2                              (EC/SEPTEMBER 2015)

     Prys
              V                                    A

     P1

     P2
                                                           maksimum prys 
              A              tekort                 V

      0
                      H2       H          H1      Hoeveelheid

 (Grafiek = 6 punte)

 Aanvanklik is die mark ewewigsprys P1 en ewewig hoeveelheid H. 
  Die regering meng in en stel ŉ wet in dat melk nie vir meer as P1 verkoop mag
   word nie. 
  Die effek van hierdie maksimum prys is dat hoeveelheid aangebied daal tot H1
   en hoeveelheid gevra styg tot H2. 
  Daar is ŉ tekort aan melk wat gelyk is aan die verskil tussen H1 en H2. 
  ŉ Tekort skep ŉ probleem van hoe die melk aan verbruikers toegeken moet
   word. 
  Swartmarkte kom dikwels tot stand waar mense melk kan koop. ŉ Swartmark is ŉ
   onwettige mark waar onwettige goedere gekoop en verkoop kan word of
   onwettige pryse gehef kan word. 
  Maksimum pryse mag ŉ tekort aan goedere veroorsaak, maar hulle verhoog die
   welvaart van sommige verbruikers omdat goedere teen laer produkte aangekoop
   kan word.                                                              (Enige 4)       (10)

 SLOT

 Enige toepaslike hoër orde slot wat die volgende behoort in te sluit:

    ŉ Opsomming oor wat bespreek is sonder om reeds genoemde feite te herhaal/
    ŉ Opinie of gewaardeerde beoordeling van die bespreekte feite/
    Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking te versterk/
    ŉ Uitkyk wat in teenstelling met die motivering is.

 Aanbeveling
 Bv. In hulle betrokkenheid by markmislukkings, kan die regering gebruik maak van
 belastings en subsidies om die mark te beïnvloed. Dit kan ook produksie of verbruik
 van die uitsette reguleer.                                                               (2)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                       EKONOMIE V2                                       17

 VRAAG 6

 Suid-Afrika is ŉ pragtige land met kontrasterende landskappe, wat eie is aan
 Afrika. Suid-Afrika het ŉ belangrike toerisme bestemming geword as gevolg
 van sy ryk politieke geskiedenis.

 Bespreek oorsake/redes vir markmislukkings.
 Gebruik ŉ grafiek en verduidelik hoe die regering in die ekonomie inmeng
 deur maksimum pryse daar te stel.

 INLEIDING

 Die toerisme sektor is een van die dienste sektore in Suid-Afrika wat baie gegroei
 het. Dit is een van die grootste genereerders van inkome en het ŉ krag geword
 waarmee rekening gehou moet word. Vir Suid-Afrika is die gevolge van toerisme
 positief en negatief. 

 INHOUD

 Bewaring van kultuur en erfenis 
  Toerisme, veral plattelandse en kulturele toerisme dra by tot die bewaring van
   inheemse kennisstelsels. 
  Inheemse kennis verwys na die kennis wat aan ŉ spesifieke etniese groep,
   kultuur of gemeenskap behoort. 
  Dit vorm die basis van plaaslike vlak besluitneming in landbou, gesondheidsorg,
   voorbereiding van voedsel, onderwys, natuurlike hulpbron bestuur en baie ander
   aktiwiteite in plattelandse gemeenskappe. 

 Vestiging van die karakter van ons gemeenskap 
  As buitelandse besoekers aan ons land ŉ aangename ondervinding het, kan dit
   bydra tot die versterking van internasionale verhoudinge en die bou van sosio-
   ekonomies en politieke netwerke wat die land in die toekoms mag
   bevoordeel. 
  Investering in toerisme is ook ŉ investering in die beeld van ons land. ŉ Land
   met ŉ positiewe beeld vind makliker veilige beleggings. 

 Bydrae tot BBP 
  Toerisme is ŉ groot bydraer tot BBP. 
  Internasionale toerisme is beïnvloed deur die globale ekonomiese krisis in 2007,
   maar dit is bewys as die mees aanpasbare sektor in die ekonomie. 
  Ten spyte van ŉ daling van 4,8% in 2009, het dit weer in 2010 met byna 7%
   gestyg. 
  Daarom het toerisme die potensiaal om die ekonomie uit die ekonomiese slaap
   te wek. 

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                 EKONOMIE V2                                (EC/SEPTEMBER 2015)

 Impak op omgewing 
   Toerisme behels vervoer, wat ŉ hoof bydraer tot besoedeling is. 
   Toeriste behoort vervoer te word in die mees omgewingsvriendelike manier,
    terwyl dit nog steeds gerieflik moet wees. 
   Toeriste wat geïnteresseerd is in ŉ meer outentieke kulturele ervaring, mag
    verkies om ander vorm van vervoer te gebruik, bv. perde, fietsry, kanovaarte,
    ens. 

 Impak op infrastruktuur 
  ŉ Hoë aantal toeriste kan druk plaas op die bestaande infrastruktuur. 
  Sanitasie, elektrisiteit, dienste, paaie en spoorweë mag onvoldoende wees en nie
   voorsien in die behoeftes van die plaaslike mense asook die toeriste nie, hierdie
   dienste kan opgradeer en vermeerder word as dit geglo word dat dit sal lei tot
   verhoogde toerisme. 
  Die addisionele inkome wat deur die toerisme industrie geskep word, kan hierdie
   opgraderings finansier. 
  Voor die 2010 FIFA wêreld beker, het die Nasionale Tesourie, R574,9 miljoen
   toegeken om Suid-Afrikaanse Nasionale Parke se infrastruktuur te ontwikkel en
   geriewe te verbeter by die land se natuurreservate. 
   (Maks 5 vir sub-opskrifte; 21 punte vir bespreking)                                      (26)

 ADDISIONELE GEDEELTE

 Voorstelle ter bevordering van plattelandse toerisme

    Vestig die ekonomiese vatbaarheid van ŉ spesifieke projek in ŉ plattelandse
     gebied,  nadat dit bevestig is, sal die ontwikkeling van so ŉ projek lei tot die
     volgende integrerende benadering:
         Die samewerking van die plaaslike bevolking moet verkry word. 
          Plaaslike mense moet die voordele van die toerisme projek verstaan,
          asook die pogings wat dit gaan vereis en die gevolge.
         Die plaaslike gemeenskappe moet instem tot hierdie projekte voordat dit
          aangepak word. 
         Produkte en dienste wat geskep word moet gepas wees vir die spesifieke
          gebied. Wanneer dienste ontwikkel word, behoort dit die doelwitte te
          bereik betreffende armoede verligting, herverdeling van inkome, ens. 
         Toegang tot befondsing moet so georganiseer word dat mense wat in die
          plattelandse gebiede woon, voordeel moet trek daaruit, indien hulle idees
          het waarin toeriste kan belangstel. 
         Mense in die plattelandse gebiede behoort onderrig en opgelei te word al
          is hulle nie betrokke by toerisme self nie, want hulle gedrag sal toeriste
          beïnvloed. 
         ŉ Bemarkingspoging moet ontwikkel word om die hele gemeenskap
          bewus te maak van die einddoel. 

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                      EKONOMIE V2                                        19

 SLOT

 Enige toepaslike hoër orde slot wat die volgende behoort in te sluit:
  ŉ opsomming oor wat bespreek is sonder om reeds genoemde feite te herhaal /
  ŉ opinie of gewaardeerde beoordeling van die bespreekte feite /
  addisionele ondersteunende inligting om die bespreking te versterk /
  ŉ uitkyk wat in teenstelling met die motivering is.

 Aanbeveling
 Bv. Toerisme het baie gevorder in Suid-Afrika, maar daar is nog ruimte vir
 verbetering. Nog meer moet gedoen word, verval in die bemarking van die
 plattelandse bestemmings, plaaslik en wêreldwyd, want hulle het baie
 potensiaal.                                                                            (2)
                                                                                         [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-paper/14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept2018-afrikaans/40b8038d-eb89-4d3e-86b1-b75479d96047) — Economics · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
