# Economics Grade 8 NSC November 2018 Question Paper

> Grade 8 Economics question paper from the NSC November Exam 2018, 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/ekonomiese-en-bestuurswetenskappe-vraestel/073c5b61-828e-4a72-9168-75e1b01de836
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 8
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 8](https://www.hlayiso.com/library/grade-8) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-8/economics) › [Economics Grade 8 NSC November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/ekonomiese-en-bestuurswetenskappe-vraestel/073c5b61-828e-4a72-9168-75e1b01de836)

## About this document

Economics · Grade 8 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

EKURHULENI NOORD DISTRIK

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE
                GRAAD 8
     FINALE NOVEMBER EKSAMEN

         VAK      :    Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

        JAAR      :    2017

        TAAK      :    Distrik Gemeenskaplike Eksamen

         TYD      :    02 Ure (120 minute)

       PUNTE      :    150

  ONDERWERPE      :    EKONOMIE; FINANSIëLE

                       GELETTERDHEID EN

                       ENTREPRENEURSKAP

               Page 1 of 10

### Page 2

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie eksamen vraestel bestaan uit VIER afdelings en VIER vrae.

2.      Skryf netjies en leesbaar.

3.      Alle vrae is VERPLIGTEND.

4.      Lees deur die vrae noukeurig en maak seker dat jy genoeg tyd aan elke vraag
        spandeer.

5.      Die gebruik van ‘n sakrekenaar is toelaatbaar.

INHOUD EN TYDSBEREKENING

AFDELING                                   ONDERWERP             PUNTE         TYD
                                                                            In minute
Afdeling A                           Alle onderwerpe
Vraag 1.1: Mervoudige keuses                                       10          8
Vraag 1.2: Pasitems                                                10          8
Vraag 1.3: Woord bank                                              10          8
Vraag 1.4: Waar of Onwaar                                          10          8

AFDELING B (DIE EKONOMIE)
Vraag 2.1                            Lewensstandaard/              15          12
                                     Regering
Vraag 2.2                            Regering /Nasionale           15          12
                                     begroting

AFDELING C
(FINANSIëLE GELETTERDHEID)
Vraag 3.1                            Brondokument                  10          8
Vraag 3.2.1                          Kontantjoernale               30          24
Vraag 3.2.2                          Rekenkundige vergelyking      4           3
Vraag 3.3                            Rekenkundige siklus           6           5

AFDELING D
(ENTREPRENEURSKAP)
Vraag 4.1                            Produksiefaktore/             23          18
                                     Ondernemingsvorme,
                                     Leierskapstyle
Vraag 4.2                            Vlakke en funksies van         7          6
                                     bestuur

TOTAAL                                                            150       120 Min

                                      Page 2 of 10

### Page 3

AFDELING A
VRAAG 1: KORT VRAE                                                  (40 punte)
VRAAG 1.1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE                                    (8 minute)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir elke vraag gegee. Kies die korrekte   (10)
antwoord en skryf slegs die letter (A-D) langs die vraag nommer (1.1.1-1.1.5) neer.

1.1.1   Watter van die volgende is onder leiding van ‘n raadslid?

        A     Wykskomitee
        B     Metropolisie
        C     Provinsie
        D     Nasionele regering                                                      (2)

1.1.2   Wie is die minister van finansies in Suid-Afrika?

        A     Trevor Manuel
        B     Pravin Gordhan
        C     Nhlanhla Nene
        D     Malusi Gigaba                                                           (2)

1.1.3   Die belonging vir kapitaal as een van die produksiefaktore is …..

        A     Rente
        B     Bonus
        C     Wins
        D     Belegging                                                               (2)

1.1.4   Wanneer ‘n besigheid addisionele meubels aankoop vir R 3 000, is die impak
        op die rekenkundige vergelyking soos volg:

        A     Bates +3 000; Ekwiteit -3 000
        B     Bates +3 000; Ekwiteit +3 000
        C     Bates -3 000; Bates +3 000
        D     Bates -3 000; Ekwiteit -3 000                                           (2)

1.1.5   Watter een van die volgende is ‘n brondokument vir wanneer goedere kontant
        gekoop word?

        A     Oorspronklike faktuur
        B     Oorspronklike tjek
        C     Duplikaat kwitansie
        D     Tjekteenblad                                                            (2)

                                       Page 3 of 10

### Page 4

VRAAG 1.2: PASITEMS                                                      (8 minute)    (10)
Pas die beskrywings in KOLOM A by die term/e in KOLOM B. SKRYF slegs die
korrekte letter langs die vraag nommer neer. Bv. 1.2.6. B
         KOLOM A                                         KOLOM B
 1.2.1   Staatinstellings ondersteun grondwetlike           A. Wins
         beginsels
 1.2.2   Handel deur koop en verkoop van aandele in         B. Belasting op
         Johannesburgse Aandelebeurs (JSE)                     toegevoegde waarde
                                                               (BTW)
 1.2.3   Besittings van waarde in ‘n besigheid              C. Beperkte
                                                               aanspreeklikheid
 1.2.4   Betaal wanneer goedere en dienste gekoop           D. Nasionale begroting
         word by kleinhandelaars
 1.2.5   Die eienaar is nie verantwoordelik vir die skuld   E. Finansiële Mark
         van ‘n besigheid nie
                                                            F. Bates
                                                            G. Openbare beskermer

VRAAG 1.3: WOORD BANK                                                 (8 minute)       (10)
Voltooi die volgende stellings deur die mees geskikte word in die onderstaande
boks te kies.

   laer; lewenstandaard; top ;private maatskappy; inkomste; publieke maatskappy;
    kontant deposito;
1.3.1 ………….. verwys na wat mense in ‘n land verdien.                                   (2)
1.3.2 Die naam van ‘n ………… moet eindig met ‘(PTY) LTD’.                                (2)
1.3.3 ……….. is een van die rekenkundige items wat gevind kan word op die               (2)
      bankstaat.
1.3.4 ‘n Verlies is wanneer uitgawes meer is as ………                                    (2)
1.3.5 ‘n Fabriek toesighouer is voorbeeld van …………. vlak bestuur.                      (2)

VRAAG 1.4: WAAR OF ONWAAR                                                 (8 minute)   (10)
Toon aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.

1.4.1 Werkloosheid is wanneer ‘n persoon aktief vir werk soek maar nie werk kry nie.   (2)

1.4.2 ‘n Alleenhandelaar deel wins met ander vennote.                                  (2)
1.4.3 Die eienaars van ‘n publieke maatskappy word aandeelhouers genoem.               (2)
1.4.4 Die nominalerekeninge-afdeling in die proefbalans bestaan uit alle inkomste en   (2)
      uitgawe rekeninge.
1.4.5 Die regterkant van ‘n grootboekrekening word die debietkant genoem.              (2)

                                       Page 4 of 10

### Page 5

AFDELING B: EKONOMIE                                                                                       [30]
VRAAG 2:
VRAAG 2.1: LEWENSTANDAARDE/ REGERING                                                  (12 minute)          (15)

Bestudeer die volgende prent noukeurig en beantwoord die vrae wat volg.

2.1.1      Dui aan of die bostaande prent die tradisionele of moderne samelewing                           (1)
          voorstel.

2.1.2     Noem EEN eienskap van lewenstandaarde in tradisionele samelewings.                               (2)

2.1.3     Noem TWEE eienskappe van lewenstandaarde in moderne samelewings.                                 (4)

2.1.4     Gee TWEE uitdagings of nadele van in moderne samelewings woon.                                   (4)

2.1.5     Noem enige TWEE regering programme wat kan help om die lewens van
          mense wat in plaaslike samelewings woon te verbeter.                                             (4)

VRAAG 2.2: NASIONALE BEGROTING/ REGERING                                                (12 minute)        (15)

Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg:

As gevolg van skuld aan inkomste onder invordering en afnemende belasting sterkte sal regering nog
meer moet leen.

Die ekonomiese groei uitkyk het op grootskaal onveranderd gebly sedert 2016 se Medium Termyn
Begroting Beleidsverklaring, maar ‘n dalende belasting dryfvermoë word verwag om ‘n laer belasting
inkomste oor die medium termyn te veroorsaak. In totaal, word die inkomste-invordering vir die huidige
jaar geprojekteer om R 30 biljoen minder as die 2016 begrotingskatting te wees. Onderbesteding en hoër
nie-belasbare inkomste moet gedeeltelik hierdie tekortkoming voed, maar die regering sal meer moet
leen om hierdie gaping te vul. Die algemene netto begroting leen vereistes sal toeneem met ‘n totaal van
R 43 biljoen tussen 2016/17 en 2018/19 in vergelyking met die 2016 begroting vooruitsig.

                                                     Bron: Nasionale Tesourier – Begroting oorsig 2017

                                             Page 5 of 10

### Page 6

2.2.1      Verduidelik die konsep nasionale begroting.                                    (2)
2.2.2      In watter maand word die begroting toespraak aan die parlement voorgelê?       (1)
2.2.3      Wie lê die begroting toespraak aan die parlement voor?                         (1)
2.2.4      Definieer die konsep direkte belasting.                                        (2)
2.2.5      Verduidelik hoekom die regering meer geld moet leen wanneer minder             (2)
           belasting ingevorder is.

                       A                             B                   C
2.2.6      Noem die top TWEE vlakke van die regering in Suid-Afrika.                      (4)
2.2.7      Noem die tak van die regering wat voorgestel word deur handelsmerk ‘C’.        (2)
2.2.8      Wie is die hoof van die vlak van die regering geidentifiseer by handelsmerk
           ‘B’.                                                                           (1)

AFDELING C: FINANSIëLE GELETTERDHEID                                                       [50]
VRAAG 3:
VRAAG 3.1: BRONDOKUMENT                                                      (8 minute)    (10)

Die volgende inligting hou verband met ‘n deposito transaksie gemaak deur Judith
Thomsen, die kasier van Luke Kok Dienste. Luke Kok Dienste het ‘n tjekrekening by
Oos Bank LTD met die rekeningnommer 6339856483.

Gebruik die volgende inligting om die deposito strokie van Luke Kok Dienste op 15
Augustus 2017 te voltooi. Bereken die totaal van die kontant gedeponeer en toon beide
die kontant bedrag en tjek gedeponeer op een enkele deposito strokie.

1. Kontantbedrae:
   - 9 x R200 note;
   - 11 x R100 note;
   - 17 x R50 note;
   - 18 x R20 note
   - 50 x R5 Munte

2. Tjek:

   -    ‘n Tjek vir R 2 900 (van Maryland Bank) was ontvang van Lethabo Rabothata,
        ter betaling vir die professionele kok dienste aan hom gelewer gedurende haar
        dogter se verjaarsdag partytjie.
                                         Page 6 of 10

### Page 7

OOS BANK LTD                                                               Deposito strokie
Reg no: (2009/009/3265)

Krediet:_______________________________________            Datum:___________________
Rekening Nr:__________________________________

                                                                                 R               C
                                                             Note
                                                             Munte
  Kasier se datum
    stempel en                                               Geld bestellings
   handtekening       Ontrekker         Naam van Bank        Tak naam

                                                                                 R
Gedeponeer deur:_______________________________              TOTAAL
Deposito verw:

VRAAG 3.2 – KONTANTJOERNALE                                                        (24 minute)       (30)

Christine Dlamini het besluit om haar eie bsigheid, Super Skoon
Droogskoonmakers, te begin.
3.2.1   Teken die volgende transaksies aan in die Kontantontvangstejoernaal en
        Kontantbetalingsjoernaal van Super Skoon Droogskoonmakers vir Julie 2017.
        Verskaf kolomme vir:
        KOJ- Ontleding van ontvangste, Bank, Lopende inkomste en Diverse
        rekeninge.
        KBJ- Bank; Lone; Verbruikersgoedere; Diverse rekeninge.

Transaksies vir Julie 2016
01   Christine Dlamini open ‘n bankrekening in die naam van die besigheid, Super
     Skoon Droogskoonmakers. Sy deponeer haar kapitaalbydrae van R 80 000
     direk in die onderneming se bankrekening. Kwitansie 01 was aan haar uitgereik.
05     Koop droogskoonmaak toerusting van Barlow Masjinerie vir R 35 000, tjek 001
       uitgereik.
10     Koop droogskoonmaak verbruikersgoedere van Mnr Clean, R 4 000 en betaal
       per tjek.
16     Kontant ontvang vir dienste gelewer volgens die kasregisterrol, R 3 800.
17     Wissel ‘n tjek vir lone, R3 200.
19     Koop addisionele droogskoonmaak verbruikersgoedere van Gabriel Wrappers
       en betaal per tjek, R 4 800.
22     Kontant ontvang van kliënte volgens die kasregisterrol, R 6 200.

                                            Page 7 of 10

### Page 8

25      Wissel ‘n tjek vir lone, R3 200.
28      Die eienaar wissel ‘n tjek vir R 700 vir haar persoonlike gebruik.
31      Reik ‘n tjek uit aan Telkom vir die telefoonrekening, R 650.
        Ontvang ‘n tjek vir R 4 000 van S. Smith vir die huur van ‘n kamer wat hy gebruik
        vir haarkappery. Reik kwitansie 02 aan hom uit.

3.2.2    Boekstaaf transaksies van 1 Julie in die rekenkundige vergelyking soos in
         kolomme verskaf, toon aan met ‘n ‘0’ vir geen effek:              (3 minute)       (4)

                      BATES                       EKWITEIT                     LASTE
          Datum Effek    Rede               Effek     Rede               Effek    Rede
          01

VRAAG 3.3
Voltooi die volgende rekenkundige siklus deur die antwoorde vir die stappe nie
aangedui nie in te vul.                                               (5 Minute)            (6)

                                                      1.
                                                  Transaksie

                                                                  2. Bron-
                                     6.                          dokument

                                     5.                             3.

                                                     4.
                                                 Algemene
                                                 Grootboek

                                           Page 8 of 10

### Page 9

AFDELING D: ENTREPRENEURSKAP
VRAAG 4: PRODUKSIEFAKTORE, ONDERNEMINGSVORME, VLAKKE VAN
BESTUUR EN LEIERSKAPSTYLE                                                                [30]

VRAAG 4.1                                                                  (18 minute)

        4.1 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.         (23)

         Donald Naka en twee vriende het besluit om ‘n kitskos besigheid te begin
         waar hulle werknemers sal aanstel om gebraaide hoender te maak en te
         verkoop. Die besigheid se naam is “KIP-ID-AP TEAM CHICKEN”. Produksie
         is ‘n proses van goedere en dienste wat geproduseer word. Goedere word die
         uitsette van produksie genoem. Insette word produksiefaktore genoem. In die
         produksie proses van die gebraaide hoender laat die bestuurder Donald nie
         sy werkers toe om enige sê te hê oor hoe dit gemaak moet word of proe nie.
         Hy alleen maak al die besluite. Alhoewel dit die besigheid se bedrywighede
         nie negatief beïnvloed nie, voel sommige werknemers ongelukkig oor die
         gedrag.

4.1.1   Oorweeg die produksiefaktore wat in die proses van gebraaide hoender             (8)
        benodig word en gee een voorbeeld van elk van die produksiefaktore.

4.1.2   Noem drie tipes arbeid wat jy in enige besigheid sal vind.                       (3)

4.1.3   Noem drie nadele van ‘n vennootskap.                                             (6)

4.1.4   Donald laat nie toe dat sy werknemers voorstelle maak oor hoe die hoender        (2)
        moet proe nie, hy alleen maak al die besluite ten opsigte van die kos. Watter
        tipe bestuurstyl maak hy van gebruik?

4.1.5   Noem twee ander leierskapstyle behalwe die een genoem in 4.1.4.                  (4)

                                        Page 9 of 10

### Page 10

VRAAG 4.2                                                                  (6 minute)   (7)

Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.

                               “Die raad van bestuur sal verkies dat
                               jy opgee terwyl jy voor loop.”

4.2.1   Noem enige twee vlakke van bestuur.                                             (2)

4.2.2   In watter vlak van bestuur sal jy die Hoof Uitvoerende Beampte (CEO) vind?      (1)

4.2.3   Noem die vier basiese bestuursaktiwiteite.                                      (4)

                                                                       GROOT TOTAAL     [150]

                                        Page 10 of 10

## Related documents

- [EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE MEMO](https://www.hlayiso.com/library/ekonomiese-en-bestuurswetenskappe-memo/f5c25f94-9c16-41f8-bc9a-4ed26338f4ce) — Economics · Memo · 2018

## Collection

- [Grade 8 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-8/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
