# Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2012 QP

> Grade 12 Electrical Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/el-teg-gr12-sept2012-qp-afr/8d7c225d-4c15-44a6-ab8e-89bea539389d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/el-teg-gr12-sept2012-qp-afr/8d7c225d-4c15-44a6-ab8e-89bea539389d)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Provinsie van die
                     OOS-KAAP
                     ONDERWYS

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                          SEPTEMBER 2012

                  ELEKTRIESE TEGNOLOGIE

PUNTE::   200

TYD:      3 uur

                Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye en ŉ formuleblad.

### Page 2

2                      ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                            (SEPTEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   Sketse en diagramme moet groot genoeg, netjies en met volledige byskrifte
     wees.

3.   Alle berekeninge moet getoon word en korrek afgerond word tot TWEE
     desimale plekke.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
     vraestel gebruik word.

5.   ŉ Formuleblad word aan die einde van die vraestel voorsien.

6.   Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

### Page 3

SEPTEMBER 2012)                     ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                               3

VRAAG 1: TEGNOLOGIE, GEMEENSKAP EN DIE OMGEWING

Tegnologie is ontwikkel deur mense vir mense. Entrepreneurs is die mense wat
moontlikhede kan identifiseer en wat gewillig is om finansiële risiko’s te neem om
tegnologiese ondernemings te vestig.

1.1   Noem VIER basiese vaardighede wat entrepreneurs moet het wanneer hulle ŉ
      tegnologiese onderneming begin.                                                   (4)

1.2   Tegnologiese vooruitgang het 'n invloed op verskillende kulture. Beskryf TWEE
      voorbeelde waar tegnologie jou kultuur beïnvloed het.                             (4)

1.3   Met verwysing na HIV/Vigs, noem EEN voorsorgmaatreël wat jy sal neem
      wanneer jy 'n persoon wat beseer is, behandel.                                    (2)
                                                                                       [10]

VRAAG 2: TEGNOLOGIESE PROSES

2.1   Fisiese gestremde kinders moet leer hoe om hul elektries-beheerde-rolstoele te
      bemeester om sodoende ongelukke te voorkom.

      Skryf ŉ ontwerp-opdrag vir die bogenoemde probleem.                               (5)

2.2   Ondersoek is deel van die tegnologiese proses. Dit lei na duidelikheid van die
      ontwerp probleem.

      Beskryf VYF metodes wat gebruik word vir die inwin van inligting wanneer 'n
      probleem ondersoek word.                                                          (5)
                                                                                       [10]

VRAAG 3: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID

3.1   Noem EEN voorsorgmaatreël wat geneem moet word wanneer met 'n elektriese
      slypwiel gewerk word.                                                             (1)

3.2   Verduidelik hoekom geen persoon wat onder die invloed van dwelms is, 'n
      werksplek waar masjinerie gebruik word, mag betree of daar vertoef nie.           (2)

3.3   Die aardlekbeskermingseenheid/-relê is in Suid-Afrika ontwikkel. Beskryf hoe
      hierdie eenheid/relê 'n persoon teen elektriese skok kan beskerm wanneer daar
      met elektriese apparate gewerk word.                                              (3)

3.4   Noem TWEE onveilige handelinge wat NIE in die werksplek mag plaasvind NIE.        (2)

3.5   Noem EEN voorsorgmaatreël wat geneem moet word wanneer daar met 'n
      soldeerbout gewerk word. Beskryf hoekom hierdie voorsorgmaatreël geneem
      moet word.                                                                        (2)
                                                                                       [10]

### Page 4

4                        ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                              (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 4: DRIE-FASE WS OPWEKKING

4.1   Noem TWEE voordele van ŉ drie-fasestelsel teenoor ŉ enkelfasestelsel.                (2)

4.2   Wat meet ŉ wattmeter wanneer dit vergelyk word met ŉ kilowatt-uur meter wat
      in ŉ kring verbind is?                                                               (2)

4.3   ŉ Driefase gebalanseerde las is in delta oor ŉ 380 V-toevoer verbind. Die las
      trek ŉ stroom van 5 A teen ŉ arbeidsfaktor van 0,9.

      Bereken die volgende:

      4.3.1   Die stroom in elke fase van die las.                                         (3)

      4.3.2   Die totale drywing verbruik deur die las.                                    (3)
                                                                                          [10]

VRAAG 5: R, L EN C KRINGBANE

5.1   Identifiseer die opposisie van die stroom in die volgende wisselstroom kringe:

      5.1.1   Suiwer induktief                                                             (1)

      5.1.2   Weerstand, induktansie en kapasitansie saam in ŉ kring                       (1)

      5.1.3   Suiwer kapasitief                                                            (1)

5.2   ŉ Ingestemde kring bestaan uit ŉ resistor met ŉ weerstand van 20 ,
      ŉ kapasitor met ŉ kapasitansie van 147 µF en 'n induktor met ŉ induktansie van
      15 mH. Hierdie kring is in serie oor ŉ 220 V/50 Hz-toevoer verbind.

      Bereken die volgende:

      5.2.1   Induktiewe reaktansie.                                                       (3)

      5.2.2   Kapasitiewe reaktansie.                                                      (3)

      5.2.3   Die impedansie van die kring.                                                (3)

      5.2.4   Resonante frekwensie.                                                        (3)

5.3   ŉ Resistor met ŉ weerstand van 39 Ω, ŉ kapasitor met ŉ kapasitiewe reaktansie
      van 50 Ω en ŉ induktor met ŉ induktiewe reaktansie van 75 Ω is in parallel oor ŉ
      240 V/50 Hz toevoer verbind.

      Bereken die volgende:

      5.3.1   Die stroom deur die weerstand.                                               (3)

### Page 5

SEPTEMBER 2012)                       ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                      5

      5.3.2   Die stroom deur die induktor.                                      (3)

      5.3.3   Die stroom deur die kapasitor.                                     (3)

      5.3.4   Die toevoer stroom.                                                (3)

5.4   Teken 'n kringdiagram om die bogenoemde inligting te illustreer.           (3)
                                                                                [30]

VRAAG 6: SKAKEL- EN BEHEER KRINGBANE

6.1   Teken ŉ volledige benoemde kring-simbool van ŉ SBG.                        (3)

6.2   Verduidelik hoe ŉ SBG aangeskakel en afgeskakel word.                      (4)

6.3   FIGUUR 6.1 hieronder toon 'n kring van ŉ TRIAK lamp-verdoof-kring.

                            FIGUUR 6.1: LAMP VERDOOF-KRING

      6.3.1       Verduidelik wat tydens die positiewe half-siklus gebeur.       (5)

      6.3.2       Wat is die doel van die DIAK?                                  (2)

      6.3.3       Hoekom moet Rv verstelbaar wees? Verduidelik jou antwoord.     (3)

      6.3.4       Wat is die doel van C in die kring?                            (2)

6.4   Noem EEN nadeel van ŉ tiristor (SBG) wanneer vergelyk word met ŉ TRIAK.    (2)

6.5   Teken die kenkromkurwe van ŉ TRIAK.                                        (4)
                                                                                [25]

### Page 6

6                       ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                               (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 7: OPERASIONELE VERSTERKERS

7.1   Die operasionele versterkers wat in FIGUUR 7.1 en FIGUUR 7.2 getoon word,
      is in die kringbaan van ŉ televisiestel verbind.

                  FIGUUR 7.1: OPERASIONELE VERSTERKER KRING

                      FIGUUR 7.2: OPERASIONELE VERSTERKER

      7.1.1   Identifiseer die operasionele versterkers in FIGUUR 7.1 en 7.2.              (4)

      7.1.2   Teken die uitset golfvorms van elke kring.                                   (4)

### Page 7

SEPTEMBER 2012)                        ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                          7

7.2   Die faseverskuiwingossillator wat in FIGUUR 7.3 hieronder getoon word, word
      in ŉ kring gebruik. Indien elke resistor ŉ waarde van 1 k het en elke
      kapasitor ŉ waarde van 100 pF het, bereken die volgende:

                       FIGUUR 7.3: FASEVERSKUIWINGSOSSILLATOR

      7.2.1       Die totale faseverskuiwing van die ossillator                      (3)

      7.2.2       Die ossillasiefrekwensie van die ossillator                        (3)

7.3   Verduidelik die term positiewe terugvoering.                                   (4)

7.4   Noem EEN metode van voorspanning in ŉ gemeenskaplike-emittor versterker.       (1)

7.5   Beskryf TWEE vereistes vir ossilasie om plaas te vind in alle ossillators.     (4)

7.6   Met verwysing na terugvoer in versterkers, beantwoord die volgende:

      Noem TWEE voordele van negatiewe terugvoer in versterker kringe.                (2)
                                                                                    [25]

VRAAG 8: DRIE-FASE TRANSFORMATORS

8.1   Die olie wat in tenks van groot transformators gebruik word, dien ŉ dubbele
      doel. Noem EEN doel van die olie in die transformator.                         (1)

8.2   ŉ Nuwe skool word gebou. Die skool sal vanaf ŉ 11 kV-toevoer voorsien word.
      Die skool benodig 'n enkelfase- en 'n driefasetoevoer.

      Teken ŉ skematiese diagram wat toon hoe die primêre en die sekondêre kant
      van die transformator wat die skool sal voorsien, verbind sal wees.            (4)

### Page 8

8                       ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                             (SEPTEMBER 2012)

8.3   Drie enkelfasetransformators word in delta-ster verbind om een
      driefasetransformator te vorm. Die toevoerspanning is 11 kV en die
      draaiverhouding is 45:1. Ignoreer die transformatorverliese en bereken teen
      vollas:

      8.3.1   Die sekondêre fasespanning                                                 (3)

      8.3.2   Die sekondêre lynspanning                                                  (3)

8.4   ŉ Driefase-, 250 kVA-transformator se sekondêre winding is in ster verbind met
      ŉ fasespanning van 220 V. Bereken die uitsetlewering van die transformator
      teen ŉ nalopende arbeidsfaktor van 0,8.                                            (3)

8.5   Noem EEN tipe verlies wat in transformators voorkom.                                (1)
                                                                                        [15]

VRAAG 9: LOGIESE KONSEPTE EN PLB’S

9.1   Noem DRIE programmeringsmetodes wat in programmeerbare logiese
      beheerders (PLB’s) gebruik word.                                                   (3)

9.2   Noem DRIE praktiese gebruike van PLB’s.                                            (3)

9.3   Teken die simbole van die volgende, deur gebruik te maak van een van die
      programmeringstale vir programmeerbare logiese beheerders ('PLC'):

      9.3.1 Normaal oop skakelaar                                                        (1)

      9.3.2 Relê of ander toestel wat as uitset gebruik word                             (1)

      9.3.3 Normale geslote skakelaar                                                    (1)

9.4   Teken die leerdiagram van die kringbaan wat in FIGUUR 9.1 hieronder getoon
      word.                                                                              (3)

                                                                                         (5)
                       FIGUUR 9.1: SERIE- EN PARALLELKRING

### Page 9

SEPTEMBER 2012)                        ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                         9

9.5   Met verwysing na die logiese kring in FIGUUR 9.2 hieronder:                    (4)

                                  FIGUUR 9.2: LOGIESE KRING

      9.5.1       Bepaal die Boole-vergelyking van die logiese kring.                (2)

      9.5.2       Vereenvoudig die Boole-vergelyking deur toepassing van De Morgan
                  se wet.                                                            (4)

9.6

      9.6.1       Identifiseer die simbool hierbo.                                   (1)

### Page 10

10                       ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                              (SEPTEMBER 2012)

9.7
                                                        __
                      STEL     HERSTEL      Q            Q
                      0        0
                      0        1
                      1        0
                      1        1

      9.7.1   Voltooi die waarheidstabel hierbo.                                         (4)

      9.7.2   Teken die simbool wat die bostaande waarheidstabel voorstel.               (2)

9.8   Bepaal die vergelyking wat deur die Karnaugh kaart getoon word in FIGUUR 9.4
      hieronder.

                                                                                          (6)
                           FIGUUR 9.4: KARNAUGH KAART

9.9   Noem TWEE tipes multivibrators.                                                     (2)
                                                                                         [35]

### Page 11

SEPTEMBER 2012)                       ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                             11

VRAAG 10: DRIE-FASE MOTORS EN BEHEER

10.1 Verduidelik hoekom die raam van ŉ drie-fase motor geaard moet wees.                (2)

10.2 Verduidelik hoe die draairigting van ŉ drie-fase induksie motor omgekeer word.     (2)

10.3 Die kring in FIGUUR 10.1 hieronder is die kontrole kring van ŉ ster-delta
     aansitter.                                                                         (1)

                        FIGUUR 10.1: STER-DELTA KONTROLE KRING

      10.3.1 Verduidelik die aansit-prosedure van hierdie aansitter.                    (5)

      10.3.2 Verskaf redes hoekom ŉ ster-delta aansitter gebruik word om ŉ drie-
             fase induksie motor aan te skakel.                                         (5)

      10.3.3 Beskryf EEN funksie van die oorbelastingspoel.                             (2)

10.4 Beskryf die term N/O met verwysing na elektromagnetiese relês.                     (2)

10.5 Beskryf die funksionele werksbeginsel van ŉ drie-fase induksie motor.              (6)

10.6 ŉ 5 kW motor word in delta aan ŉ 380 V/50 Hz toevoer verbind. Indien die
     motor ŉ arbeidsfaktor van 0,8 het, bereken teen vollas:

      10.6.1      Die stroom getrek van die toevoer                                     (3)

      10.6.2      Die stroomvloei in elke fase                                          (3)
                                                                                       [30]

                                                                             TOTAAL:   200

### Page 12

12                      ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                                     (SEPTEMBER 2012)

ELEKTRIESE TEGNOLOGIE

FORMULEBLAD

Z=√                              Vr = It * R    It = Vt / Z

Z= √

Z=√

Vl = It * Xl                     Vc = It * Xc

It = √                           Ir = Vr / R    Il = Vc / Xl Ic = Vc / Xc   Cos Ø = Ir / It

Xl = 2Π FL                       Xc = 1 / 2Π FC

P = V * I * CosØ         Cos Ø = R / Z Tan Ø = Xl – Xc / R         Cos Ø = P / VA

P = I² R

Iact = I * cos Ø                 Ireact = I * sin Ø

Star /ster                       Delta

IL = I ph                        IL = √ * Iph

Vl = √      Vph                  Vl = Vph

F = Pn / 60                      S = Ns – Nr / Ns * 100%       Nr = f / p (1-s)

P = √ Vl * Il * cos Ø

S = √ * Vl * Il          Vp / Vs = Np / Ns = Is / Ip or / of V1/V2 = N1 / N2 = I2 / I1

Rendement = Afvoer / Invoer      Efficiency = Output / Input

                                    END/EINDE

## Related documents

- [EL TEG GR12 SEPT2012 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/el-teg-gr12-sept2012-memo-afr/d633d347-8af5-4282-b321-0c78fd1f5f4c) — Electrical Technology · Memo · 2012 · Afr
- [Electrical Technology Nov 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2012-eng/fe98d38c-1993-451b-a42c-8e5decfb13a9) — Electrical Technology · QP · 2012 · Eng
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Power Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-power-afrikaans/f439f817-47a3-42b4-8762-e49f2c6ca1f2) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Electronics Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-electronics-afrikaans/f94a8c28-7fd6-4556-9263-d3c58461df27) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Digital Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-digital-afrikaans/70991b22-194b-42c5-a61f-97cf808eb68d) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Electronics English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-electronics-english/867c1cd7-df12-484d-93b7-8812de59d0db) — Electrical Technology · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology P1 (Electronics) (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-p1-electronics-english-june-2025-possible-answers/4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Memo · 2025 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Memo · 2024 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-english/bea78337-b137-406a-9b4a-c6e631a84c9d) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
