# Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP

> Grade 12 Electrical Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2022-digital-afrikaans/f569ad75-66e9-41b4-b833-cbbbe275bb53
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2022-digital-afrikaans/f569ad75-66e9-41b4-b833-cbbbe275bb53)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                           SEPTEMBER 2022

 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye, insluitend ŉ 1-bladsy
                               formuleblad en 5 antwoordblaaie.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                    ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA        (EC/SEPTEMBER 2022)

  INSTRUKSIES EN INLIGTING

  1.     Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

  2.     Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees.

  3.     Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale plekke
         af.

  4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

  5.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

  6.     Toon die eenhede vir ALLE antwoorde van berekeninge

  7.     ŉ Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.

  8.     Beantwoord die volgende vrae op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE:

         VRAAG 5.3.2
         VRAAG 5.4
         VRAAG 5.5
         VRAAG 6.8

  9.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)    ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA                         3

  VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

  Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
  antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15) in die
  ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.16 D.

  1.1    Die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid is om …

         A     voorsiening te maak vir die gesondheid en veiligheid van persone by
               die werk.
         B     voorsiening te maak vir die gesondheid en veiligheid van persone by
               die huis.
         C     die slytasie op masjinerie te voorkom.
         D     te verhoed dat werkers masjinerie gebruik.                                  (1)

  1.2    Met verwysing na ŉ monostabiele multivibrator, kies die korrekte opsie:

         A     Dit is ŉ vrylopende ossillator
         B     Dit het EEN inset
         C     Die grootte van die toevoerspanning bepaal die lengte wat die uitset
               hoog is
         D     Dit sal onbepaald hoog bly                                                  (1)

  1.3    ŉ Astabiele multivibrator het die volgende kenmerke:

         A     Vrylopend met GEEN eksterne insette nie
         B     Vrylopend met TWEE insette
         C     TWEE stabiele toestande met TWEE insette
         D     GEEN stabiele toestande met EEN inset                                       (1)

  1.4    Wat sal met die waarde van ŉ ligafhanklike resistor (LAR) gebeur as die lig
         wat daarop skyn toeneem?

         A     Dit sal dieselfde bly.
         B     Dit sal eers toeneem en dan afneem.
         C     Dit sal toeneem.
         D     Dit sal afneem.                                                             (1)

  1.5    ŉ Schmitt-snellerkring werk op die beginsel van:

         A     Omkeer-seine
         B     Versterking van seine
         C     Histerese
         D     Voeg die seine bymekaar                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                    ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA         (EC/SEPTEMBER 2022)

  1.6    Pen 3 van ŉ 555-Geïntegreerde Stroombaan (GS) word genoem:

         A     +VCC
         B     Aard
         C     Uitset
         D     Invoer                                                                     (1)

  1.7    Die maksimum toevoerspanning vir ŉ 555-GS is:

         A    +15 V
         B    +12 V
         C    -12 V
         D    +5 V                                                                        (1)

  1.8    Met verwysing na die LUD-sewe-segment vertooneenheid, verwys die
         gemeenskaplike katode na:

         A    Die anodes van al agt LUD’s is aan mekaar met ŉ gemeenskaplike
              aardspoor verbind.
         B    Die katodes van al agt LUD’s is aan mekaar met ŉ gemeenskaplike
              positiewe aardspoor verbind.
         C    Die anodes van al agt LUD’s is aan mekaar met ŉ gemeenskaplike
              positiewe aardspoor verbind.
         D    Die katodes van al agt LUD’s is aan mekaar met ŉ gemeenskaplike
              aardspoor verbind.                                                          (1)

  1.9    Die funksie van ŉ enkodeerder is om:

         A    analoog-sein na ŉ digitale sein om te skakel.
         B    digitale sein na ŉ analoog-sein om te skakel.
         C    binêre kode in ŉ herkenbare desimale vorm om te skakel.
         D    desimale kode in ŉ herkenbare binêre vorm om te skakel.                     (1)

  1.10   Daar word ook na aktiewe lae grendel wipkring as ŉ ... verwys.

         A    Meester/slaaf-grendel
         B    D-grendel
         C    ̅S̅-rgrendel
              R
         D    RS-grendel                                                                  (1)

  1.11   Die ONWETTIGE werkingsmodus vir ŉ Aktiewe Hoё Grendel (RS-grendel)
         wipkring vind plaas wanneer:

         A    Beide insette is hoog.
         B    Stel-inset hoog is en Herstel-inset is laag
         C    Herstel-inset hoog is en Stel-inset is laag
         D    Beide insette laag is                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)    ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA                           5

  1.12   Met verwysing na mikrobeheerders, sal ŉ LUD-vertooneenheid ŉ voorbeeld
         van ŉ ... wees.

         A     uitset
         B     inset
         C     kontroleerder
         D     proses                                                                        (1)

  1.13   Met verwysing na mikrobeheerders beteken die term ETG (RAM):

         A     Lees Alle Geheue
         B     Ewekansige Toekenning Geheue
         C     Lees en Memoriseer Geheue
         D     Ewetoeganklike Geheue                                                         (1)

  1.14   Met verwysing na mikrobeheerders, identifiseer watter EEN NIE deel van die
         mikrobeheerder is NIE:

         A     Beheereenheid
         B     Seriepoort
         C     Geheue
         D     Rekenkundige Logika Eenheid                                                   (1)

  1.15   Die term I2C staan vir:

         A     Inter-geïntegreerde stroombaan
         B     Geïntegreerde 2 stroombane
         C     Interne tussenkring
         D     Onderling verbind 2 stroombane                                                (1)
                                                                                            [15]

  VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID

  2.1    Definieer ernstige voorval met verwysing na die Wet op Beroepsgesondheid
         en Veiligheid van 1993.                                                              (2)

  2.2    Noem EEN oorsaak van onveilige handelinge in ŉ werkswinkel.                          (1)

  2.3    Beskryf hoekom die volgende onveilige handelinge of onveilige toestande is.

         2.3.1 Hardloop in die werkswinkel                                                    (2)

         2.3.2 Oorlaai muurproppe met te veel toestelle                                       (2)

  2.4    Verduidelik hoe jy ŉ kwalitatiewe risiko-analise in jou werkswinkel by die skool
         sal doen.                                                                            (3)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                    ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA              (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 3: SKAKELKRINGE

 3.1   Met verwysing na FIGUUR 3.1 hieronder, beantwoord die volgende vrae.

                                      +6V

                     R1         R2

                                                      8
                                            4                 3
                                                 555                      R3
                                            6
                                            2
                                             1            5              LUD
               STEL         HERSTEL
                          S1           S2        C1

                                                                  GND1

                          FIGUUR 3.1: BISTABIELE MULTIVIBRATOR

       3.1.1   Noem TWEE kenmerke van die bistabiele multivibratorkring in
               FIGUUR 3.1 hierbo.                                                                    (2)

       3.1.2   Verduidelik wat in die stroombaan sou gebeur as R3 verwyder word.                     (1)

       3.1.3   Verduidelik die belangrikheid (funksie) van R3 in die stroombaan wat in
               FIGUUR 3.1, getoon word.                                                              (2)

       3.1.4   Beskryf wat gebeur wanneer die STEL-skakelaar, S1 gedruk word.                        (3)

       3.1.5   Verduidelik die funksie van R1 en R2 in die stroombaan.                               (2)

 3.2   Teken ŉ volledig benoemde stroombaandiagram vir ŉ astabiele multivibrator op-
       versterkerkring.                                                                              (6)

 3.3   Met verwysing na die astabiele multivibrator op-versterkerkring, verduidelik die
       term terugvoer.                                                                               (3)

 3.4   Noem EEN toepassing van ŉ monostabiele multivibrator.                                         (1)

 3.5   Verduidelik die werksbeginsel van ŉ dag/nag skakelkring.                                      (6)

 3.6   Teken ŉ volledig benoemde diagram van ŉ tipiese histerese-kromme.                             (6)

 3.7   Teken die uitsetgolfvorm van ŉ 555-tydskakelaar-GS wat as ŉ Schmittsneller
       gebruik word. Toon ten minste TWEE volle siklusse.                                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)         ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA                    7

 3.8   FIGUUR 3.8 en TABEL 3.8 hieronder toon die weerstandwaardes,
       uitsetspannings en wins van ŉ sommeerversterker. Verwys na FIGUUR 3.8 en
       bestudeer TABEL 3.8 hieronder om die volgende vrae te beantwoord.

                              R1                RF
           V1 = + 0,5 V
                                   R2
           V2 = + 1,2 V                                       VUIT
                                   R3
           V3 = + 0,9 V

                               FIGUUR 3.8: SOMMEERVERSTERKER

                               WEERSTANDWAARDES               UITSET       WINS
                       R1        R2     R3        RF            VUIT       β (AV)
                     20 kΩ      20 kΩ  20 kΩ    20 kΩ            B            1
                     20 kΩ      20 kΩ  20 kΩ    40 kΩ         + 5,2 V        D
                      5 kΩ      10 kΩ  20 kΩ    40 kΩ            C          4,08
                     20 kΩ      20 kΩ  20 kΩ      A           + 10,4 V        4
                                        TABEL 3.8

       3.8.1    Noem die funksie van ŉ sommeerversterker.                                        (2)

       3.8.2    Bereken die uitsetspanning by B.                                                 (3)

       3.8.3    Bereken die uitsetspanning by C.                                                 (3)

       3.8.4    Bereken die waarde van die terugvoer by A.                                       (3)

       3.8.5    Bereken die totale wins by D.                                                (3)
                                                                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                    ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA           (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 4: HALFGELEIERTOESTELLE

 4.1   Noem VIER kenmerke van ŉ ideale operasionele-versterker.                                   (4)

 4.2   FIGUUR 4.2 hieronder toon die op-versterker as ŉ nie-omkeerversterker.
       Beantwoord die vrae wat volg.

                                     +V
               VIN = 1,5 V                                    VUIT

                                     -V                       RF = 50 kΩ

                                                              RIN = 10 kΩ

                                                                     0V

                             FIGUUR 4.2: NIE-OMKEER-VERSTERKER

       Gegee:
       VIN = 1,5 V
       RF = 50 kΩ
       RIN = 10 kΩ

       4.2.1    Bereken die spanningswins in FIGUUR 4.2.                                          (3)

       4.2.2    Bereken die uitsetspanning.                                                       (3)

       4.2.3    Beskryf die effekte van die vermindering van die terugvoerweerstand.              (2)

 4.3   Met verwysing na die 555-tydskakelaar-GS, beantwoord die vrae hieronder.

       4.3.1    Verduidelik die funksie van pen 6 (drempel) op ŉ 555-GS.                          (3)

       4.3.2    Noem die spanningsparameters waartussen ŉ 555-tydskakelaar kan
                bedryf.                                                                           (2)

       4.3.3    Verduidelik die astabiele werkingsmodus van ŉ 555-tydskakelaar.                   (2)

       4.3.4    Noem EEN metode om pen 1 te identifiseer.                                     (1)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)     ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA                      9

 VRAAG 5: DIGITALE EN SEKWENSIËLE TOESTELLE

 5.1    Noem TWEE metodes om inligting in digitale stelsels te vertoon.                   (2)

 5.2    Verwys na transistor koppeling soos gebruik in LUD-sewesegment vertoon en
        identifiseer die kringbaan in FIGUUR 5.2 hieronder.                               (2)

                           V+

                                        FIGUUR 5.2

 5.3    Verwys na FIGUUR 5.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     A

                     B                    B

                                                      0       UITSET 0
                                           B
                                                      1       UITSET 1

                                                      2       UITSET 2

                                                      3       UITSET 3

                                        FIGUUR 5.3

        5.3.1    Identifiseer die stroombaan in FIGUUR 5.3.                               (1)

        5.3.2    Voltooi die waarheidstabel van FIGUUR 5.3 op ANTWOORDBLAD vir
                 VRAAG 5.3.2.                                                             (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 10                   ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA      (EC/SEPTEMBER 2022)

 5.4    Teken op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.4 die logiese stroombaan van
        ŉ volopteller deur EN-hekke, eksklusiewe OF-hekke en ŉ OF-hek te gebruik.      (8)

 5.5    FIGUUR 5.5 hieronder toon ŉ geklokte RS-wipkring. Voltooi die uitset-
        golfvorms op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.5.

           S
                                                                           Q

          KLK

                                                                           𝑄̅
           R

                                    S                      Q
                                 KLK
                                   R                       𝑄̅

                           FIGUUR 5.5: GEKLOKTE RS-WIPKRING                            (4)

 5.6    FIGUUR 5.6 hieronder verteenwoordig die logiese simbool van ŉ wipkring.

                                                STEL
                                                SET
                                           D           Q
                          CLK
                          KLK

                                                CLR
                                            HERSTEL    Q
                                  FIGUUR 5.6: WIPKRING

        5.6.1   Identifiseer die wipkring in FIGUUR 5.6.                               (1)

        5.6.2   Verduidelik hoe die stroombaan ontwerp is om enige onwettige
                toestande in die werking van hierdie wipkring uit te skakel.           (4)

        5.6.3   Noem TWEE toepassings van hierdie tipe wipkring.                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)       ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA                                                           11

 5.7    FIGUUR 5.7 hieronder toon                                ŉ   drie-stadium          asinchrone-rimpelteller.
        Beantwoord die vrae wat volg.

                               1                         A                                 B                                 C

                                             SET                               SET                               SET
                                         J         Q                     J             Q                     J         Q
             Inset
          Input clock
          klokpulse
             pulses

                                         K CLR Q                         K CLR Q                             K CLR Q

                           FIGUUR 5.7: ASINCHRONE-RIMPELTELLER

        5.7.1        Verduidelik die werksbeginsel van die stroombaan in FIGUUR 5.7.                                             (8)

        5.7.2        Verduidelik waarom daar na hierdie teller in FIGUUR 5.7 as ŉ
                     asinchrone-teller verwys word.                                                                              (2)

        5.7.3        Noem die maksimum getal, in desimale getalle, waartoe hierdie teller
                     in FIGUUR 5.7 kan tel.                                                                                      (3)

        5.7.4        Verduidelik waarom daar na hierdie teller in FIGUUR 5.7 as ŉ
                     rimpelteller verwys word.                                                                                   (2)

 5.8    Verwys na FIGUUR 5.8 hieronder wat ŉ blokdiagram van ŉ serie-in: serie-uit
        skuifregister is en beantwoord die vrae wat volg.

                           D   SET
                                     Q             D   SET
                                                             Q          D    SET
                                                                                   Q           D   SET
                                                                                                         Q        Serie
                                                                                                                  Data uit

                             CLR     Q             CLR   Q               CLR   Q               CLR   Q

                 B

                                                         FIGUUR 5.8

        5.8.1      Benoem A en B.                                                                                                (2)

        5.8.2      Verduidelik die werksbeginsel van hierdie register.                                                           (5)

 5.9    Verduidelik die verskil tussen kombinasie-logikakringe en sekwensiële logiese
        stroombane met betrekking tot hul basiese bou-elemente.                                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                   ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA     (EC/SEPTEMBER 2022)

 5.10   Noem TWEE tipes skuifregisters, behalwe die serie-in: serie-uit
        skuifregister, wat in digitale elektronika stroombane gebruik word.            (2)

 5.11   Verduidelik die term afgesnyde teller.                                        (2)
                                                                                     [55]

 VRAAG 6: MIKROBEHEERDERS

 6.1    Verwys na die blokdiagram in FIGUUR 6.1 hieronder en beantwoord die
        vrae wat volg.

                                            ETG

                                     X
                                                   I/U

                                    ROM

                                         FIGUUR 6.1

        6.1.1   Identifiseer die blokdiagram in FIGUUR 6.1.                            (1)

        6.1.2   Identifiseer komponent X.                                              (1)

        6.1.3   Skryf die afkorting LSG (ROM) volledig uit.                            (1)

        6.1.4   Verduidelik die funksie van ETG (RAM).                                 (2)

 6.2    Beantwoord die volgende vrae met verwysing na die hardeware van ŉ
        mikrobeheerder.

        6.2.1   Verduidelik die term diskrete logika.                                  (2)

        6.2.2   Verduidelik die term geïntegreerde logika.                             (2)

 6.3    Beantwoord die volgende vrae met verwysing na die registers van ŉ SVE.

        6.3.1   Noem EEN tipe spesiale-doel register.                                  (1)

        6.3.2   Beskryf die funksie van ŉ akkumulator.                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)     ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA                       13

 6.4    Beantwoord die volgende vrae met verwysing na kommunikasie in ŉ
        mikrobeheerder.

        6.4.1    Verduidelik die funksie van die koppelbus.                                (3)

        6.4.2    Noem die DRIE busse in ŉ mikrobeheerder.                                  (3)

        6.4.3    Noem TWEE voordele van sinchrone kommunikasie wanneer dit met
                 asinchroniese kommunikasie vergelyk word.                                 (2)

        6.4.4    Noem TWEE nadele van parallelle kommunikasie wanneer dit met
                 serie-kommunikasie vergelyk word.                                         (2)

 6.5    Beantwoord die volgende vrae met verwysing na RS-485 kommunikasie-
        protokol.

        6.5.1    Noem die logiese werkingswaardes wat deur -200 mV en 200 mV
                 voorgestel word.                                                          (2)

        6.5.2    Noem DRIE toepassings van die RS-485.                                     (3)

        6.5.3    Verduidelik die verskille tussen simplekskommunikasie en half dupleks
                 kommunikasie.                                                             (4)

 6.6    Beantwoord die volgende vrae met verwysing na die sagteware van
        mikrobeheerders.

        6.6.1    Verduidelik die verskil tussen ŉ algoritme en ŉ program.                  (4)

        6.6.2    Verduidelik die term lussing (herhaling).                                 (2)

 6.7    Beantwoord die volgende vrae met verwysing na datavloeidiagramsimbole in
        PICAXE.

        6.7.1    Verduidelik die funksie van die simbool wat in FIGUUR 6.7.1 na verwys
                 word.                                                                    (2)

                                         FIGUUR 6.7.1

        6.7.2    Verduidelik waar ŉ terminator-simbool in ŉ vloeidiagram gebruik sal
                 word.                                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
 14                   ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA          (EC/SEPTEMBER 2022)

 6.8 Bestudeer die PICAXE-kring in FIGUUR 6.8 hieronder en ontwerp ŉ vloei-
     diagram vir die stroombaan. Voltooi jou antwoord op die ANTWOORDBLAD vir
     VRAAG 6.8.

      SCENARIO:

      Wanneer die aan/af-skakelaar geaktiveer is, moet die program soos volg
      uitgevoer word:

      a      S3 moet gedruk word om die UITVOER-LUD te aktiveer (die LUD sal vir
             óf 5 óf 2 sekondes aanskakel). S3 is ŉ drukknop.

      b      S2 moet gebruik word om een van twee tydskakelaars te kies (een gestel
             op 5 sekondes en die ander op 2 sekondes). S2 is ŉ swik-skakelaar.

      c      S1 moet die gebruiker toelaat om die program te herhaal of om dit te stop.
             S1 is ŉ swik-skakelaar.

                       Aan/Af         R1

                                                    PicAXE
                6V
                                                             08M
                                     S1

                                     S2                                 Uitset

                                       S3

                      S1: Herhaal die program (Ja = Aan/Nee = Off)
                      S2: Tydskakelaar (5 sekondes = Aan/2 sekondes = Af)
                      S3: Aktiveer die LUD (Skakel Aan = Aktiveer)

                             FIGUUR 6.8: PICAXE-KRINGBAAN                                  (10)
                                                                                           [50]

                                                                             TOTAAL:       200

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)          ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA                  15

                                             FORMULEBLAD

 SKAKELKRINGE

                     𝑉             𝑅
 1.    Wins A𝑉 = 𝑉𝑈𝐼𝑇 = − (𝑅 𝑓 ) omkeer operasionele-versterker
                         𝐼𝑁        𝑖𝑛

                     𝑉                 𝑅
 2.    Wins A𝑉 = 𝑉𝑈𝐼𝑇 = 1 + (𝑅 𝑓 ) nie-omkeer operasionele-versterker
                         𝐼𝑁             𝑖𝑛

                              𝑅
 3.    𝑉𝑈𝐼𝑇 = 𝑉𝐼𝑁 × (− 𝑅 𝑓 ) omkeer-versterker
                              𝑖𝑛

 4.    VUIT = −(V1 + V2 + V3 ) sommerende operasionele-versterker
              1
 5.    𝑓𝑟 = 2𝜋√𝐿𝐶

              1
 6.    𝑓 = 2𝜋√6𝑅𝐶

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 16                   ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA       (EC/SEPTEMBER 2022)

ANTWOORDBLAD 5.3.2

SEPTEMBER 2022

 SENTRUMNOMMER

 EKSAMENNOMMER

VRAAG 5: DIGITALE EN SEKWENSIЁLE TOESTELLE

5.3.2
                     Insette                    Uitsette
                A              B     0        1         2           3
                0              0     1        0         0           0
                0              1     0        1                     0
                1              0     0        0          1
                1              1     0        0         0

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)    ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA                  17

ANTWOORDBLAD 5.4

SEPTEMBER 2022

 SENTRUMNOMMER

 EKSAMENNOMMER

VRAAG 5.4

C1
                                                                SOM

A
                                                                CO
B

                                    FIGUUR 5.4

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
 18                   ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA   (EC/SEPTEMBER 2022)

ANTWOORDBLAD 5.5

SEPTEMBER 2021

 SENTRUMNOMMER

 EKSAMENNOMMER

VRAAG 5.5

                S

                          0        1          1        0
               R

                Q

                                          FIGUUR 5.5

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)    ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA                  19
ANTWOORDBLAD 6.8

SEPTEMBER 2022

 SENTRUMNOMMER

 EKSAMENNOMMER

VRAAG 6.8
                                       BEGIN

                                       STOP

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

## Related documents

- [ELEC TECH QP SEPT2023 Electronics Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-electronics-afrikaans/f94a8c28-7fd6-4556-9263-d3c58461df27) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Digital Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-digital-afrikaans/70991b22-194b-42c5-a61f-97cf808eb68d) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [ELECTRICAL TECH-S18-AFRIK-DIGITAL ELEC](https://www.hlayiso.com/library/electrical-tech-s18-afrik-digital-elec/645306f1-7c04-42dd-b0a4-473f1e815955) — Electrical Technology · QP · 2018 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2020 Afrikaans Power](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2020-afrikaans-power/3bf820c8-f427-4b77-acb6-9d1d1c1e44db) — Electrical Technology · Memo · 2020 · Afr
- [Electrical Technology May June 2022 (Digital) Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2022-digital-afr/06607207-1ab5-4871-8074-c5e700e5a450) — Electrical Technology · QP · 2022 · Afr
- [Electrical Technology May June 2022 (Digital) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2022-digital-eng/d566fd2a-d854-43c7-887f-043f219d6078) — Electrical Technology · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Memo · 2025 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Memo · 2024 · Afr
- [Electrical Technology May-June 2023 (Power Systems) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-power-systems-mg-afr/d3e896ed-f4d8-4c2a-9cac-f812d2b1a6b1) — Memo · 2023 · Afr
- [Electrical Technology May-June 2023 (Electronics) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-electronics-eng/137f3b1e-bf33-4898-86e2-9638cddd796c) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
