# Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP

> Grade 12 Electrical Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2022-power-afrikaans/237df830-3405-4ccf-950c-50ad516bb1da
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2022-power-afrikaans/237df830-3405-4ccf-950c-50ad516bb1da)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                          SEPTEMBER 2022

   ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS

PUNTE:    200

TYD:      3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, insluitend ŉ 2-bladsy formuleblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                      ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS            (EC/SEPTEMBER 2022)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.

 2.    Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees.

 3.    Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale
       plekke af.

 4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

 5.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.    Toon die eenhede vir ALLE antwoorde van berekeninge.

 7.    ŉ Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.

 8.    Toon die eenhede vir ALLE antwoorde van berekeninge.

 9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)      ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                               3

  VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

  Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
  antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15) in die
  ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.16 D.

  1.1    Die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid is om …

         A     voorsiening te maak vir die gesondheid en veiligheid van persone by die
               werk.
         B     voorsiening te maak vir die gesondheid en veiligheid van persone by die
               huis.
         C     die slytasie op masjinerie te voorkom.
         D     te verhoed dat werkers masjinerie gebruik.                                   (1)

  1.2    In ŉ parallelle RLC-stroombaan ...

         A     𝐼𝐿 = 𝐼𝐶 = 𝐼𝑅 .
         B     𝑋𝐿 = 𝑋𝐶 = 𝑅.
         C     𝑉𝐿 = 𝑉𝐶 = 𝑉𝑅.
         D     𝑉𝑇 = 𝐼𝑇 = 𝑍𝑇 .                                                               (1)

  1.3    Die kapasitansie van ŉ kapasitor met ŉ kapasitiewe reaktansie van 31,83 Ω
         wanneer dit aan ŉ 110 V/50 Hz toevoer gekoppel is:

         A     10 ɥF
         B     100 ɥF
         C     100 nF
         D     10 nF                                                                        (1)

  1.4    Die bandwydte van ŉ reeks resonante stroombaan word ... beïnvloed deur sy
         kwaliteit-faktor.

         A     nie
         B     indirek
         C     direk
         D     negatief                                                                     (1)

  1.5    In ŉ stergekoppelde stelsel is die lynspanning … die fasespanning.

         A     gelyk aan
         B     √3 keer minder as
         C     1
                 van
               3
         D     √3 keer meer as                                                              (1)

  1.6    Die kWh-meter word gebruik om die …

         A     verskil in fase tussen die spanning en die stroom te meet.
         B     hoeveelheid elektriese energie verbruik te meet.
         C     krag in ŉ stroombaan te meet.
         D     tyd toe die krag in ŉ stroombaan aan was te meet.                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                       ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS             (EC/SEPTEMBER 2022)

  1.7    ŉ Delta-gekoppelde stelsel met ŉ fasestroom van 25 A sal ŉ lynstroom hê van:

         A     43,3 A
         B     14,43 A
         C     43,3 V
         D     14,43 V                                                                   (1)

  1.8    ŉ Verlagingstransformator …

         A     verhoog die spanning met ŉ ooreenstemmende afname in stroom.
         B     verhoog die spanning met ŉ ooreenstemmende toename in stroom.
         C     verlaag die spanning met ŉ ooreenstemmende afname in stroom.
         D     verlaag die spanning met ŉ ooreenstemmende toename in stroom.             (1)

  1.9    Die spoele van ŉ transformator word om ŉ sagte ysterkern gewikkel om ...

         A     dit meer buigsaam te maak.
         B     die koste van die transformator te verminder.
         C     die magnetiese koppeling te verbeter en maksimum kragoordrag te kry.
         D     dit toe te laat om met ŉ GS-toevoer te werk.                              (1)

  1.10   Die volgende help om inlating (cogging) te vermy en verminder magnetiese
         brom.

         A     ŉ Anker
         B     ŉ Skewe rotor
         C     Die stator
         D     Verkoelingswaaier                                                         (1)

  1.11   … is die verskil tussen die sinchrone spoed van die roterende magneetveld
         en die spoed van die rotor.

         A     Glip
         B     Rendement
         C     Frekwensie
         D     Wedersydse induktansie                                                    (1)

  1.12   Die aangeslane uitsetkrag van ŉ driefasemotor met ŉ insetkrag van 11,3 kW
         en ŉ doeltreffendheid van 88,5% is:

         A     1 000 W
         B     10 000 VA
         C     1 kVA
         D     10 kW                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)       ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                                5

 1.13    ŉ Voorbeeld van ŉ uitset op ŉ PLB is ŉ ...

         A     skakelaar.
         B     sensor.
         C     relê.
         D     vervormingsmeter.                                                        (1)

 1.14    Die deel van ŉ VSD wat die GS terug na WS omskakel is die ...

         A     filter.
         B     omkeerder.
         C     omsetter.
         D     gelykrigter.                                                             (1)

 1.15    Die tipe remming wat plaasvind wanneer die las op die motor vinniger draai
         as die motor staan as ... bekend.

         A     regeneratiewe remming
         B     vektor remming
         C     transistor remming
         D     veranderlike frekwensie remming                                          (1)
                                                                                       [15]

 VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID

 2.1     Definieer ernstige voorval met verwysing               na   die   Wet   op
         Beroepsgesondheid en Veiligheid van 1993.                                      (2)

 2.2     Noem EEN oorsaak van onveilige handelinge in ŉ werkswinkel.                    (1)

 2.3     Beskryf hoekom die volgende onveilige handelinge of onveilige toestande
         is:

         2.3.1       Hardloop in die werkswinkel                                        (2)

         2.3.2       Oorlaai muurproppe met te veel toestelle                           (2)

 2.4     Verduidelik hoe jy ŉ kwalitatiewe risiko-analise in jou werkswinkel by die
         skool sal doen.                                                                (3)
                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                      ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 3: RLC-KRINGE

 3.1    Verwys na FIGUUR 3.1 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       R = 120 Ω         XL=?               XC = 31,83 Ω

                                       L = 0,5 H

                                    VS=240 AC
                                           V/50 Hz

                             FIGUUR 3.1: RLC-SERIEKRING

        Gegee:
        R = 120 Ω
        L = 0,5 H
        XC = 31,83 Ω
        VS = 240 V
         f = 50 Hz

        3.1.1   Noem wat met die weerstand sou gebeur as die frekwensie
                verdubbel word.                                                           (1)

        3.1.2   Skryf die waarde van XL tydens resonansie neer.                           (1)

        3.1.3   Bereken die:

                (a)    Induktiewe reaktansie van die stroombaan                           (3)

                (b)    Impedansie van die stroombaan                                      (3)

                (c)    Spanning oor die kapasitor as ŉ stroom van 1,38 A deur die
                       stroombaan vloei                                                   (3)

                (d)    Waarde van die kapasitor wat benodig word om ŉ
                       kapasitiewe reaktansie van 42,44 Ω te bereik                       (3)

                (e)    Stroom wat tydens resonansie vloei                                 (3)

 3.2    Noem die waarde van die toevoerstroom in ŉ parallelle RLC-stroombaan
        tydens resonansie.                                                                (1)

 3.3    Definieer die term bandwydte van ŉ resonante stroombaan.                          (2)

 3.4    Noem TWEE kenmerke van ŉ parallelle RLC-stroombaan.                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)      ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                           7

  3.5 Verwys na FIGUUR 3.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       FIGUUR 3.5: PARALLELLE RLC FASOR DIAGRAM

       Gegee:
       IC = 0,63 A
       IR = 0,83 A
       IL = 0,5 A

       Bereken die:

       3.5.1 Totale stroom wat deur die stroombaan vloei                               (3)

       3.5.2 Spanning as die weerstand ŉ waarde van 120,487 Ω het                      (3)

       3.5.3 Totale impedansie van die stroombaan                                      (3)

       3.5.4 Fasehoek en noem of die stroom die spanning voorloop of naloop           (4)
                                                                                     [35]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                      ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                    (EC/SEPTEMBER 2022)

  VRAAG 4: DRIEFASE-WS-OPWEKKING

  4.1 Beskryf kortliks hoe ŉ driefase-WS-stelsel gegenereer word.                              (2)

  4.2 Verwys na FIGUUR 4.4 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                          FIGUUR 4.2

       4.2.1    Identifiseer die stelsel wat in FIGUUR 4.2 getoon word.                         (1)

       4.2.2    Benoem die lyne A en B soos in die diagram getoon.                              (2)

       4.2.3    Verduidelik hoe die neutrale in hierdie stelsel geskep word.                    (1)

       4.2.4    Bepaal die fasewaarde van die stelsel.                                          (3)

  4.3 Beantwoord die volgende vrae met verwysing na arbeidsfaktor van ŉ stelsel.

       4.3.1    Definieer arbeidsfaktor van ŉ stelsel.                                          (2)

       4.3.2    Noem die verband tussen die stroom vlak en die arbeidsfaktor van ŉ
                stelsel.                                                                        (1)

  4.4 ŉ Driefasestelsel trek 4,5 A by 380 V en lewer 6,5 A by 220 V. Bepaal die
      rendement van die stelsel.

       Gegee:
       Vin = 380 V
       Iin = 4,5 A
       Vuit = 220 V
       Iuit = 6,5 A                                                                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)    ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                                 9

  4.5 ŉ Delta-gekoppelde driefasestelsel trek ŉ lynstroom van 27 A wanneer dit aan
      ŉ toevoer van 380 V gekoppel word. Die arbeidsfaktormeter toon ŉ lesing van
      0,89 nalopend.

       Gegee:
       IL = 27 A
       VL = 380 V
       cosθ = 0,89

       Bereken die:

       4.5.1    Fasespanning                                                               (2)

       4.5.2    Fasehoek                                                                   (3)

       4.5.3    Skynkrag                                                                   (3)

       4.5.4    Ware krag                                                                  (3)

  4.6 Die drie-wattmeter metode is gebruik om die totale drywing in ŉ drie-fase stelsel
      te bereken. W1 en W2 het lesings van 12 kW en 7 500 W onderskeidelik gegee.
      Bepaal die lesing van W3 as die totale drywing gemeet 28,75 kW was.

       Gegee:
       W1 = 12 kW
       W2 = 7 500 W
       PTOT = 28,75 kW                                                                     (3)

  4.7 ŉ Arbeidsfaktormeter toon ŉ induktiewe of naloop kragfaktor van 0,7.
      Verduidelik hoe hierdie lesing die kommersiёle verbruiker benadeel.                  (3)

  4.8 Die volgende lesings is verkry deur die twee-wattmeter-metode te gebruik.

       Gegee:
       W1 = 16,6 kW
       W2 = 5,5 kW

       Bereken die arbeidsfaktor van die stelsel.                                          (3)
                                                                                          [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 10                        ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS              (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 5: DRIEFASETRANSFORMATORS
 5.1 Noem TWEE verliese wat in transformators voorkom.                                      (2)
 5.2 Noem die funksie van die Bucholtz-relê wanneer dit in die oliebewaringstenk
     van ŉ transformator geplaas word.                                                      (3)
 5.3 Pas die konfigurasie in KOLOM A by die toepassing in KOLOM B. Skryf slegs
     die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.3.1 tot 5.3.4) neer.

              KOLOM A                                   KOLOM B
            KONFIGURASIE                              TOEPASSING
      5.3.1  Ster-delta                A    Interne bedrading van perseel
      5.3.2    Delta-ster              B    Verlagingstransformator in hoëspanning
                                            toevoerlyne
      5.3.3    Ster-ster               C    Swaar nywerhede waar ŉ hoë krag
                                            oordrag noodsaaklik is
      5.3.4    Delta-delta             D    Verlagingstransformator in
                                            verspreidingstelsels
                                                                                (4 x 1)     (4)
 5.4 Verwys na FIGUUR 5.4 hieronder en bepaal die draaiingsverhouding van die
     transformator.

                                                                                            (6)
                       FIGUUR 5.4: DRIEFASE-TRANSFORMATOR
 5.5 ŉ Driefase delta-ster-gekoppelde transformator lewer ŉ uitsetkrag van 500 kW
     teen ŉ drywingsfaktor van 0,9. Die primêre lynspanning is 33 kV met ŉ primêre
     lynstroom van 9,72 A. Die sekondêre lynspanning is 11 kV.

      Gegee:
      Vlp = 33 kV
      Ilp = 9,72 A
      cosθ = 0,9
      Vls = 11 kV

      Bereken die:
      5.5.1   Sekondêre fase spanning                                                       (3)

      5.5.2   Skynbare krag                                                                 (3)

      5.5.3   Sekondêre lynstroom                                                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)      ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                                  11

        5.5.4    Primêre fasestroom                                                           (3)

        5.5.5    Rendement as die verliese 1 800 W beloop.                                    (3)
                                                                                             [30]

  VRAAG 6: DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS

  6.1    Noem DRIE voordele van die gebruik van kourotors in vergelyking met
         draadwikkeling rotors in induksiemotors.                                             (3)

  6.2    Noem TWEE toepassings van induksiemotors in ingenieurswerkswinkels.                  (2)

  6.3    Die tabel hieronder verteenwoordig die resultate van twee elektriese toetse
         wat op ŉ driefasemotor uitgevoer is. Bestudeer die tabel hieronder en
         beantwoord die vrae wat volg.

                 TOETS    UITSLAG      TOETS     UITSLAG      TOETS     UITSLAG
                  U1–U2     42 Ω        U1–E         ∞         U2–E         ∞
                 V1–V2        ∞         V1–E         ∞         V2–E        0Ω
                 W1–W2      42 Ω        W1–E         ∞         W2–E         ∞
                                           FIGUUR 6.3

         6.3.1     Noem die TWEE toetse wat uitgevoer is.                                     (2)

         6.3.2     Verduidelik, met redes, of die motor vir installasie in die nywerheid
                   geskik is.                                                                 (3)

  6.4    Verwys na FIGUUR 6.4 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

             Spanning            380 V       Volle las spoed             3 000 rpm
               Fase                 3              cosθ                     0,8
              Stroom              24 A              Kw                       10
            Frekwensie           50 Hz         Model nr.                 12 341 A
                           FIGUUR 6.4: NAAMPLAAT VAN MOTOR

         6.4.1     Noem of die motor vir Suid-Afrikaanse kommersiële verbruikers
                   geskik is.                                                                 (1)

         6.4.2     Bereken die insetkrag van die motor.                                       (3)

         6.4.3     Bepaal die rendement van die motor.                                        (3)

         6.4.4     Bereken die sinchrone spoed as die glip 4% is.                             (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                     ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                 (EC/SEPTEMBER 2022)

  6.5    Verwys na die beheerkring in FIGUUR 6.5 en beantwoord die vrae wat volg.

              FIGUUR 6.5: SEKWENSIÊLE MOTORBEHEER-AANSITTER MET
                                  TYDREЁLAAR

         6.5.1   Noem die funksie van die tydreёlaar in die stroombaan.                      (1)

         6.5.2   Skryf die aangeslane spanning van die kontaktorspoele in die
                 stroombaan neer.                                                            (1)

         6.5.3   Verduidelik wat sal gebeur as N/O HK2 foutief is en oop bly.                (2)

         6.5.4   Beskryf die werkingsvolgorde van die aansitter.                             (4)

  6.6    Verduidelik die doel van die ster- en delta-kontaktors in ŉ outomatiese ster-
         delta-aansitter.                                                                    (4)

  6.7    ŉ Stergekoppelde driefasemotor het ŉ nominale drywing van 6 kW teen ŉ
         arbeidsfaktor van 0,78. Die toevoerspanning is op 380 V gemeet.

         Gegee:
         PUIT = 6 kW
         V𝐿 = 380 V
         cosθ = 0,78

         Bereken die lynstroom van die motor.                                                (3)
                                                                                            [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)     ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                                13

  VRAAG 7: PROGRAMMEERBARE LOGIKABEHEERDERS (PLB’s)

  7.1    Noem die DRIE aftastingsprosesse van ŉ PLB.                                       (3)

  7.2    Verwys na die leerdiagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         7.2.1    Teken die logika-heksimbool wat hierbo voorgestel word.                  (3)

         7.2.2    Voltooi die waarheidstabel hieronder deur die korrekte uitsettoestand
                  in die plek van die gegewe letter te skryf.

                                  A                 B              uitset
                                  0                 0                 1
                                  0                 1                 a
                                  1                 0                 b
                                  1                 1                 0                     (2)

  7.3    Beskryf in detail wat merkers of vlaggies is.                                      (4)

  7.4    Teken ŉ benoemde blokdiagram van ŉ tipiese pulswydtemodulasie (PWM)
         verstelbare frekwensie beheerder (VFD).                                            (7)

  7.5    Verduidelik hoe die eerste twee dele van ŉ veranderlike spoed beheerder
         (VSD) hul funksies bereik.                                                         (4)

  7.6    Noem EEN basiese toepassing van ŉ VSB.                                             (1)

  7.7    Verduidelik die verskil tussen ŉ skakelaar en ŉ sensor wanneer dit as inset
         toestelle gebruik word.                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
 14                       ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS             (EC/SEPTEMBER 2022)

  7.8    Verwys na FIGUUR 7.8 en beantwoord die vrae wat volg.

          FIGUUR 7.8: SEKWENSIÊLE MOTORBEHEER-AANSITTER SONDER
                                TYDREЁLAAR

         7.8.1       Teken die PLB-leer-logikadiagram wat dieselfde funksie in ŉ PLC-
                     stelsel sal uitvoer.                                                 (11)

         7.8.2       Verduidelik waarom die twee oorbelastings in serie met die
                     kontaktorspoele verbind is.                                           (2)

         7.8.3       Beskryf die doel van die N/O HK1 kontak wat in serie met die
                     aansitmotor 2-drukknoppie gekoppel is.                                (1)
                                                                                          [40]

                                                                           TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)                         ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                               15

                                                           FORMULEBLAD
                            RLC-KRINGE                              DRIE-FASE WS-OPWEKKING
                                                   1           STER
 XL = 2πfL                  en          XC =
                                               2πfC

             1                          V                      VL = √3 × VPH       en VPH = IPH × ZPH
 fr =                       en I =
        2π√LC                           R
                                                               IL = IPH
 𝑃 = 𝑉𝐼 cos 𝜃
                                                               DELTA
 SERIE
                                                               VL = VPH          en VPH = IPH × ZPH
 IT = IR = I L = IC
                                                               IL = √3 × IPH
 Z = √R2 + (XL − XC )2
                                                               DRYWING
 VL = I × XL                    en       VC = I × XC
                                                               S = √3VL IL
 VT = IZ              en 𝑉𝑇 = √𝑉𝑅 2 + (𝑉𝐿 − 𝑉𝐶 )2
                                                               Q = √3VL IL sin θ
                 R                            VR
 cos θ =                   en cos θ =                          P = √3VL IL cos θ
                 Z                            VT

        XL            XC       VL       VC     1       L
                                                               P = S cos θ
 Q=          =             =        =        = √
        Z             Z        VS       VS     R       C
                                                                          P
                                                               cos θ =
                                                                          S
 PARALLEL
                                                                    𝑢𝑖𝑡𝑠𝑒𝑡
                                                               ƞ=             × 100%
 VS = VR = VL = VC                                                  𝑖𝑛𝑠𝑒𝑡

        VR                                                     TWEEWATTMETERMETODE
 IR =
         R
                                                               PT = W1 + W2
        VL                              VC
 IL =                 en       IC =
        XL                              XC                                     W1 −W2
                                                               tanθ = √3 (              )
                                                                               W1 +W2

 IT = √IR 2 + (IL − IC )2
                                                               DRIEWATTMETERMETODE
        V                                                      PT = W1 + W2 + W3
 Z=
        IT

                 I
 cos θ = R
                 IT

        XL            XC       VL       VC     1       L
 Q=          =             =        =        = √
        Z             Z        VS       VS     R       C

Kopiereg voorbehou                                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 16                           ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                            (EC/SEPTEMBER 2022)

                                                  FORMULEBLAD

 DRIEFASETRANSFORMATORS                               DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS

 STER                                                 STER

 VL = √3 × VPH         en IL = IPH                    VL = √3 × VPH            en IL = IPH

 DELTA                                                DELTA

 VL = VPH            en IL = √3 × IPH                 VL = VPH               en IL = √3 × IPH

 DRYWING                                              DRYWING

 𝑆 = √3𝑉𝐿 𝐼𝐿                                          𝑆 = √3𝑉𝐿 𝐼𝐿

 𝑄 = √3𝑉𝐿 𝐼𝐿 𝑠𝑖𝑛 𝜃                                    𝑄 = √3𝑉𝐿 𝐼𝐿 𝑠𝑖𝑛 𝜃

 𝑃 = √3𝑉𝐿 𝐼𝐿 𝑐𝑜𝑠 𝜃                                    𝑃 = √3𝑉𝐿 𝐼𝐿 𝑐𝑜𝑠 𝜃

 𝑃 = 𝑆 𝑐𝑜𝑠 𝜃                                          𝑃 = 𝑆 𝑐𝑜𝑠 𝜃
           𝑃                                                       𝑃
 𝑐𝑜𝑠 𝜃 =                                              𝑐𝑜𝑠 𝜃 =
           𝑆                                                       𝑆

                                                           𝑃𝑢𝑖𝑡𝑠𝑒𝑡
                                                      ƞ=               × 100%
           𝑃𝑢𝑖𝑡𝑠𝑒𝑡                                           𝑃𝑖𝑛𝑠𝑒𝑡
 ŋ=                       × 100%
      𝑃𝑢𝑖𝑡𝑠𝑒𝑡 +𝑣𝑒𝑟𝑙𝑖𝑒𝑠𝑒
                                                      MOTOR-SPOED
                       VPHP       NP       IPHS
 T. Verhouding =              =        =
                       VPHS       NS       IPHP              60×f
                                                      ns =
                                                               p

                                                                    ns −nr
                                                      %Glip =                × 100%
                                                                       ns

                                                      𝑆 = N S − NR

Kopiereg voorbehou                                                                              Blaai om asseblief

## Related documents

- [ELEC TECH GR12 QP SEPT2022 Digital Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2022-digital-afrikaans/f569ad75-66e9-41b4-b833-cbbbe275bb53) — Electrical Technology · QP · 2022 · Afr
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Electronics Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-electronics-afrikaans/f94a8c28-7fd6-4556-9263-d3c58461df27) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Digital Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-digital-afrikaans/70991b22-194b-42c5-a61f-97cf808eb68d) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [ELECTRICAL TECH-S18-AFRIK-DIGITAL ELEC](https://www.hlayiso.com/library/electrical-tech-s18-afrik-digital-elec/645306f1-7c04-42dd-b0a4-473f1e815955) — Electrical Technology · QP · 2018 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2020 Afrikaans Power](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2020-afrikaans-power/3bf820c8-f427-4b77-acb6-9d1d1c1e44db) — Electrical Technology · Memo · 2020 · Afr
- [Electrical Technology May June 2022 (Digital) Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2022-digital-afr/06607207-1ab5-4871-8074-c5e700e5a450) — Electrical Technology · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Memo · 2025 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Memo · 2024 · Afr
- [Electrical Technology May-June 2023 (Power Systems) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-power-systems-mg-afr/d3e896ed-f4d8-4c2a-9cac-f812d2b1a6b1) — Memo · 2023 · Afr
- [Electrical Technology May-June 2023 (Electronics) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-electronics-eng/137f3b1e-bf33-4898-86e2-9638cddd796c) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
