# Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP

> Grade 12 Electrical Technology question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2024-digital-afrikaans/7378df22-9f41-4b64-bc3d-0b1700c7f233
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2024-digital-afrikaans/7378df22-9f41-4b64-bc3d-0b1700c7f233)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIORSERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                               SEPTEMBER 2024

 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA

PUNTE:    200

TYD:      3 uur

  Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, wat ŉ 1-bladsy formuleblad en ŉ antwoordblad insluit.

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                   ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA         (EC/SEPTEMBER 2024)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

 2.     Sketse en diagramme moet groot, netjies en volledig benoem wees.

 3.     Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde tot TWEE desimale plekke af.

 4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 5.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.     Wys die eenhede vir ALLE antwoorde van berekeninge.

 7.     ŉ Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel ingesluit.

 8.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)           ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA                 3

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
 die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15)
 in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.16 D.

 1.1    Die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid is om ...

        A     voorsiening vir die gesondheid en veiligheid van persone by die werk te
              maak.
        B     voorsiening vir die gesondheid en veiligheid van persone tuis te maak.
        C     slytasie op masjinerie te voorkom.
        D     te verhoed dat werkers masjinerie gebruik.                                   (1)

 1.2    Wat is die doel van ŉ bistabiele multivibrator?

        A     Om ŉ stroombaan aan te skakel.
        B     Om ŉ gereguleerde klokpuls te vorm.
        C     Om ŉ ontwip stroombaan te vorm.
        D     Om die uitset van ŉ multivibrator te stel en herstel.                        (1)

 1.3    Pen 3 van ŉ 555-geïntegreerde kringf (IK) word … genoem.

        A     Vcc
        B     Grond/aard
        C     uitset
        D     inset                                                                        (1)

 1.4    Die uitsetgolfvorm van ŉ Schmitt-snellerkring sal altyd ŉ … golf wees.

        A     sinus
        B     driehoekige
        C     radio
        D     vierkantige                                                                  (1)

 1.5    Die bistabiele multivibrator het die volgende eienskappe:

        A     Vry hardlopend met EEN inset
        B     Vry hardlopend met TWEE insette
        C     TWEE stabiele toestande met TWEE insette
        D     GEEN stabiele toestand met EEN inset                                         (1)

 1.6    Die maksimum stroom wat ŉ 555-IC kan absorbeer of voer is:

        A     2A
        B     200 A
        C     2 mA
        D     20 mA                                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                   ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA        (EC/SEPTEMBER 2024)

 1.7    Die funksie van ŉ enkodeerder is om ŉ ...

        A    analoog sein na ŉ digitale sein te verander.
        B    digitale sein na ŉ analoog sein te verander.
        C    binêre kode na ŉ herkenbare desimale vorm te omskep.
        D    desimale kode na ŉ herkenbare binêre vorm te omskep.                            (1)

 1.8    Met verwysing na mikrobeheerders, die term ETG (RAM) beteken:

        A    Lees Alle Geheue
        B    Lukraak Plasing Geheue
        C    Lees en Onthou Geheue
        D    Ewetoeganklike Geheue                                                           (1)

 1.9    Met verwysing na mikrobeheerders, ŉ ... is ŉ voorbeeld van ŉ inset.

        A    sensor
        B    motor
        C    monitor
        D    LED-vertoonvlak                                                                 (1)

 1.10 Wat sal gebeur met die waarde van ŉ ligafhanklike weerstand (LAW) as die
      lig wat daarop skyn, toeneem?

        A    Dit sal dieselfde bly.
        B    Dit sal aanvanklik verhoog en dan verlaag.
        C    Dit sal verhoog.
        D    Dit sal verlaag.                                                                (1)

 1.11 Pols gesnellerde wipkring stroombane word ook na verwys as:

        A    Meester/Slaaf
        B    Volg my leiding
        C    Gelyktydige sneller
        D    Aanhoudende sneller                                                             (1)

 1.12 ŉ Vinnige tydelike geheue waarmee inligting deur die stelsel gestoor en
      opgespoor kan word terwyl dit werk, word die ... genoem

        A    LAG (ROM)
        B    ETG
        C    SVE
        D    I/O-eenheid                                                                     (1)

 1.13 Die … is wanneer die tydsein deur elke wipkring ŉ bietjie vertraag word.

        A    rimpel-teller
        B    afteller
        C    frekwensie verdeler
        D    voorplantingsvertraging                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)               ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA             5

 1.14 Die term ‘foutopsporing/ontfouting’, verwys na:

        A       Om foute op te spoor en te verwyder
        B       Om ŉ programfout te kry en hulle dood te maak
        C       Om ŉ programfout te kry en te verwyder
        D       Al die bogenoemde                                                          (1)

 1.15 ŉ ... is ŉ gespesialiseerde op-versterker stroombaan wat twee insetspannings
      vergelyk en ŉ uitset lewer wat altyd by een van die twee toestande is.

        A       Integreerder
        B       Differensieerder
        C       Vergelyker
        D       Schmitt-sneller                                                           (1)
                                                                                         [15]

 VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID

 2.1    Gee die betekenis van die volgende met verwysing na die Wet op
        Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993).

        2.1.1     Risiko                                                                   (1)

        2.1.2     Veilig                                                                   (1)

 2.2    Verduidelik die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid.               (2)

 2.3    Noem DRIE onveilige toestande wat die meeste ongelukke in die werkswinkel
        veroorsaak.                                                                        (3)

 2.4    Beskryf DRIE standaardbehandelings vir elektriese skok nadat die elektrisiteit
        verwyder is.                                                                      (3)
                                                                                         [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                    ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA       (EC/SEPTEMBER 2024)

 VRAAG 3: SKAKELSTROOMBANE

 3.1    Noem EEN toepassing van ŉ monostabiele multivibrator.                             (1)

 3.2    Noem die tipe multivibrator wat:

        3.2.1   Een golfsiklus produseer wat ‘hoog en laag’ gaan wanneer ŉ sneller-
                puls toegepas word.                                                       (1)

        3.2.2   Van toestand verander wanneer ŉ snellerpuls toegepas word en in
                daardie toestand bly totdat die volgende snellerpuls toegepas word.       (1)

 3.3    FIGUUR 3.3 en TABEL 3.3 hieronder toon die weerstandswaardes,
        uitsetspannings en wins van ŉ sommerversterker. Verwys na FIGUUR 3.3 en
        bestudeer TABEL 3.3 hieronder om die volgende vrae te beantwoord.

                           FIGUUR 3.3: SOMMEERVERSTERKER

                        WEERSTAND WAARDES                  UITSET      WINS
                 R1          R2            R3      RF        VUIT      β (AV)
                20 kΩ      20 kΩ      20 kΩ   20 kΩ           B           1
                20 kΩ      20 kΩ      20 kΩ   40 kΩ        + 5,2 V       D
                 5 kΩ      10 kΩ      20 kΩ   40 kΩ           C         4,08
                20 kΩ      20 kΩ      20 kΩ      A         + 10,4 V       4
                                        TABEL 3.3

        3.3.1   Noem die doel van die sommeerversterker.                                  (2)

        3.3.2   Bereken die uitsetspanning by B.                                          (3)

        3.3.3   Bereken die uitsetspanning by C.                                          (3)

        3.3.4   Bereken die waarde van die terugvoerweerstand by A.                       (3)

        3.3.5   Bereken die totale wins by D.                                             (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)          ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA                  7

 3.4    Verwys na FIGUUR 3.4 hieronder en antwoord die vrae wat volg.

                              FIGUUR 3.4: VERGELYKER

        3.4.1    Verduidelik wat bedoel word met oop lus met verwysing na
                 FIGUUR 3.4.                                                             (2)

        3.4.2    Beskryf die werksbeginsels van ŉ vergelyker.                            (6)

 3.5    Teken die stroombaandiagram vir ŉ passiewe integreerder.                         (4)

 3.6    Noem DRIE belangrike werksaksies van die op-versterker integreerder
        stroombaan.                                                                      (3)

 3.7    Verduidelik hoe jy die tydsduur wat die uitset van ŉ monostabiele
        multivibrator ‘HOOG’ bly, sal verander.                                          (3)

 3.8    Met verwysing na die astabiele multivibrator op-versterker stroombaan,
        verduidelik die term terugvoer.                                                  (3)

 3.9    Teken ŉ volledig benoemde stroomdiagram vir ŉ astabiele multivibrator
        op-versterker stroombaan.                                                        (6)

 3.10   Verduidelik die werksbeginsel van ŉ dag/nag skakelkring.                         (6)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                   ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA       (EC/SEPTEMBER 2024)

 VRAAG 4: HALFGELEIER TOESTELLE

 4.1    Identifiseer pen 7 van ŉ 741 op-versterker.                                       (1)

 4.2    Noem die TWEE primêre boustene van ŉ 555-GS.                                      (2)

 4.3    Noem TWEE modusse waarin die 555-GS opgestel is om in te funksioneer.             (2)

 4.4    Met verwysing na FIGUUR 4.4 hieronder, beantwoord die volgende vrae.

                              FIGUUR 4.4: OP-VERSTERKER

        4.4.1   Identifiseer die op-versterker in FIGUUR 4.4.                             (1)

        4.4.2   Bereken die wins van die versterker as die terugvoerweerstand ŉ
                waarde van 1 kΩ en die insetweerstand ŉ waarde van 1 900 Ω het.           (3)

 4.5    Met verwysing na die 555-tydreёlaar-GS, beantwoord die vrae hieronder.

        4.5.1   Noem die spanningsparameters waartussen ŉ 555-tydreёlaar kan
                werk.                                                                     (2)

        4.5.2   Verduidelik die astabiele werkingsmodus van ŉ 555-tydreëlaar.             (2)

        4.5.3   Verduidelik die funksie van pen 6 (drempel) op ŉ 555-GS.                  (3)

 4.6    Met verwysing na op-versterker eienskappe, verduidelik die term bandwydte.       (4)
                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)           ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA                 9

 VRAAG 5: DIGITALE EN SEKWENSIËLE TOESTELLE

 5.1    Meld EEN toepassing van die op/af teller.                                          (1)

 5.2    FIGUUR 5.2 hieronder verteenwoordig die logiese simbool van ŉ wipkring.

                                          FIGUUR 5.2

        5.2.1     Identifiseer die wipkring in FIGUUR 5.2.                                 (1)

        5.2.2     Verduidelik hoe die stroombaan ontwerp is om enige onwettige
                  toestande in die werking van hierdie wipkring uit te skakel.             (4)

        5.2.3     Noem TWEE toepassings van hierdie tipe wipkring.                         (2)

 5.3    Met verwysing na die LED-sewesegmentvertoner, verduidelik die verskil
        tussen gemene anode en gemene katode.                                              (4)

 5.4    Verwys na FIGUUR 5.4 hieronder van ŉ driestadium bis binêre teller en
        beantwoord die vrae wat volg.

                                          FIGUUR 5.4

        5.4.1     Voltooi die tyddiagramme vir hierdie teller op die ANTWOORDBLAD
                  vir VRAAG 5.4.1.                                                         (8)

        5.4.2     Meld of die stroombaan in FIGUUR 5.4 sinchronies of asinchronies is.     (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 10                  ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA            (EC/SEPTEMBER 2024)

 5.5    Noem VIER tipes skuifregisters wat beskikbaar is.                                     (4)

 5.6    Noem TWEE metodes om inligting in digitale stelsels te vertoon.                       (2)

 5.7    Noem TWEE nadele van voortplantingsvertraging.                                        (2)

 5.8    Verduidelik die nadeel van op/af tellers in verhouding met normale op of af
        tellers.                                                                              (2)

 5.9    Verduidelik die verskil tussen ŉ vol reeks teller en ŉ afgesnyde teller.              (4)

 5.10   Noem TWEE toepassings van tellers.                                                    (2)

 5.11   Met verwysing na FIGUUR 5.11 hieronder, beantwoord die vrae wat volg.

                                              OF

                                        FIGUUR 5.11

        5.11.1 Identifiseer die stroombaan in FIGUUR 5.11.                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)           ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA              11

        5.11.2 Teken ŉ waarheidstabel vir die stroombaan in FIGUUR 5.11.                  (5)

        5.11.3 Verduidelik die funksie van die stroombaan in FIGUUR 5.11.                 (2)

 5.12   Meld TWEE maksimumwaardes wat in ag geneem moet word wanneer jy
        met ŉ LED-vertooneenheid werk.                                                    (2)

 5.13   Teken ŉ volledig benoemde stroombaandiagram van ŉ D-grendel-wipkring
        met behulp van NEN-hekke, EKSKLUSIEWE OF hekke en ŉ OMKEERDER.                   (8)
                                                                                        [55]

 VRAAG 6: MIKROBEHEERDERS

 6.1    Meld EEN tipe kommunikasieprotokol.                                               (1)

 6.2    Definieer kommunikasieprotokol.                                                   (2)

 6.3    Beantwoord die vrae wat volg met verwysing na kommunikasieprotokolle.

        6.3.1     Noem DRIE toepassings van die RS-485.                                   (3)

        6.3.2     Noem die lynkonfigurasie van die RS-485.                                (1)

 6.4    Verduidelik die verskil tussen ŉ mikroverwerker en ŉ mikrobeheerder met
        verwysing na die hardeware van mikrobeheerders.                                   (4)

 6.5    Verwys na ŉ serie kommunikasie koppelvlak en beantwoord die vrae wat
        volg.

        6.5.1     Skryf die volle benaming vir die afkorting UART uit.                    (4)

        6.5.2     Verduidelik die funksie van die UART.                                   (5)

 6.6    Beantwoord die volgende vrae met verwysing na kommunikasie in ŉ
        mikrobeheerder.

        6.6.1     Verduidelik die funksie van die stelselbus.                             (3)

        6.6.2     Noem die DRIE busse wat deel vorm van die stelselbus in ŉ
                  mikrobeheerder.                                                         (3)

        6.6.3     Noem TWEE voordele van sinchrone kommunikasie in vergelyking
                  met asinchrone kommunikasie.                                            (2)

        6.6.4     Noem TWEE nadele van parallelle kommunikasie in vergelyking met
                  serie kommunikasie.                                                     (2)

 6.7    Teken ŉ vloeidiagram vir ŉ monostabiele toestel wat slegs een stabiele
        toestand het. Die program skakel die uitset elke 5 sekondes aan en af en keer
        dan terug na die oorspronklike toestand.                                        (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                  ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA       (EC/SEPTEMBER 2024)

 6.8   Verwys na kommunikasie in ŉ mikrobeheerder en beantwoord die vrae wat
       volg.

       6.8.1    Teken die blokdiagram van ŉ mikrobeheerder, wat duidelik die
                DRIE stelselbusse aandui.                                              (6)

       6.8.2    Definieer die term koppelvlak.                                         (1)

 6.9   Noem DRIE soorte registers wat in die sentrale verwerkingseenheid (SVE)
       van die mikrobeheerder voorkom.                                                 (3)
                                                                                      [50]

                                                                       TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)                         ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA          13

 FORMULEBLAD

 SKAKELKRINGE

                     V             R
 1.    Wins AV = VUIT =- (R f ) omkeer operasionele versterker
                         IN        in

                     V                 R
 2.    Wins AV = VUIT =1+ (R f ) nie-omkeer operasionele-versterker
                         IN             in

                              R
 3.    VUIT = VIN × (- R f ) omkeer-versterker
                              in

 4.    VUIT = -(V1 +V2 +V3 ) sommerende operasionele-versterker

             1
 5.    fr = 2π√LC

              1
 6.    f = 2π√6RC

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

                                   Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
 14                  ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA   (EC/SEPTEMBER 2024)

 LEERDER SE NAAM:

 VRAAG 5: DIGITALE EN SEKWENSIËLE TOESTELLE

 ANTWOORDBLAD 5.4.1

                                  FIGUUR 5.4.1

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Electrical Technology · Memo · 2024 · Afr
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Electronics Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-electronics-afrikaans/f94a8c28-7fd6-4556-9263-d3c58461df27) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Digital Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-digital-afrikaans/70991b22-194b-42c5-a61f-97cf808eb68d) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [ELEC TECH GR12 QP SEPT2022 Digital Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2022-digital-afrikaans/f569ad75-66e9-41b4-b833-cbbbe275bb53) — Electrical Technology · QP · 2022 · Afr
- [ELECTRICAL TECH-S18-AFRIK-DIGITAL ELEC](https://www.hlayiso.com/library/electrical-tech-s18-afrik-digital-elec/645306f1-7c04-42dd-b0a4-473f1e815955) — Electrical Technology · QP · 2018 · Afr
- [Electrical Technology PAT GR 12 2020 (Electronics) Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-pat-gr-12-2020-electronics-afr/0bb1bc18-1e0e-4585-bd39-fe4fdc8e6873) — Electrical Technology · PAT · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Memo · 2025 · Afr
- [Electrical Technology May-June 2023 (Power Systems) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-power-systems-mg-afr/d3e896ed-f4d8-4c2a-9cac-f812d2b1a6b1) — Memo · 2023 · Afr
- [Electrical Technology May-June 2023 (Electronics) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-electronics-eng/137f3b1e-bf33-4898-86e2-9638cddd796c) — QP · 2023 · Eng
- [Electrical Technology May-June 2023 (Power Systems) Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-power-systems-afr/bc6643fc-fe4e-4949-86e0-0846d92291b7) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
