# Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP

> Grade 12 Electrical Technology question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2024-electronics-afrikaans/6fc3719e-6eab-469e-baf1-ca1645c8ebad
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2024-electronics-afrikaans/6fc3719e-6eab-469e-baf1-ca1645c8ebad)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIORSERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                             SEPTEMBER 2024

         ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: ELEKTRONIKA

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitend ŉ
                  antwoordblad van 1 bladsy en ŉ formuleblad van 2 bladsye.

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

2
               Downloaded        from hlayiso.com
                  ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: ELEKTRONIKA                     (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

2.    Sketse en diagramme moet groot, netjies en volledig benoem wees.

3.    Toon ALLE berekeninge en rond die antwoord korrek tot TWEE desimale
      plekke af.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

5.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.    Toon die eenhede vir ALLE antwoorde van berekeninge.

7.    ŉ Formuleblad is aan die einde van die vraestel ingesluit.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded
(EC/SEPTEMBER 2024)
                                from hlayiso.com
                      ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: ELEKTRONIKA                                    3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.16 D.

1.1   Die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid is om …

      A     voorsiening te maak vir die gesondheid en veiligheid van persone by die
            werk.
      B     voorsiening te maak vir die gesondheid en veiligheid van persone tuis.
      C     slytasie op masjinerie te voorkom.
      D     werkers te verhoed om masjinerie te gebruik.                                   (1)

1.2   Die verwysing van ŉ fasordiagram vir ŉ serie RLC-stroombaan is …

      A     skynbare drywing.
      B     resonante frekwensie.
      C     stroom.
      D     spanning.                                                                      (1)

1.3   In ŉ suiwer kapasitiewe stroombaan is die kapasitiewe reaktansie ... tot die
      frekwensie.

      A     direk eweredig
      B     gelyk
      C     indirek eweredig
      D     Al die bogenoemde.                                                             (1)

1.4   Watter EEN van die volgende is NIE waar vir aangaande ŉ serie RLC-
      stroombaan by resonansie NIE?

      A     Die kapasitiewe reaktansie is gelyk aan die induktiewe reaktansie.
      B     Die stroom is 0 A.
      C     Die weerstand van die stroombaan is gelyk aan die impedansie van die
            stroombaan.
      D     Die fasehoek is 0°.                                                            (1)

1.5   Die belangrikste kenmerk van ŉ VET is …

      A     die vermoë van sy insethekspanning om uitsetafvoerstroom te beheer.
      B     die vermoë van sy insethekstroom om die uitsetafvoerspanning te
            beheer.
      C     die vermoë van sy insethekspanning om sy uitsetafvoerspanning te
            beheer.
      D     die vermoë van sy insethekstroom om sy uitsetafvoerstroom te beheer.           (1)

1.6   Pen 3 van ŉ 741 op-versterker is …

       A    omkeer inset.
       B    negatiewe toevoerspanning.
       C    nie-omkeer inset.
       D    verskil nul.                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

4
               Downloaded        from hlayiso.com
                  ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: ELEKTRONIKA                        (EC/SEPTEMBER 2024)

1.7   Watter EEN van die volgende is NIE ŉ kenmerk van ŉ ideale op-versterker NIE?

       A   Die ideale op-versterker het oneindige wins.
       B   Die insetimpedansie van ŉ ideale op-versterker is byna weglaatbaar
           laag.
       C   Die uitsetimpedansie is uiters laag, tussen 50 ω en 100 ω.
       D   Die ideale op-versterker sal ŉ baie wye bandwydte hê om byna enige
           frekwensie sein te versterk.                                                     (1)

1.8   ŉ Op-versterker-differensiator met ŉ driehoekige invoergolfvorm, sal altyd ŉ ...
      uitset hê.

      A    vierkantige golf
      B    nie-omgekeerde sinusgolf
      C    omgekeerde sinusgolf
      D    saagtand-golf                                                                    (1)

1.9   Met verwysing na FIGUUR 1.9 hieronder die funksie van R1 is …

                                       FIGUUR 1.9

      A    om die LED teen oorstroom te beskerm.
      B    om die 555-tydreëlaar-GS teen oorstroom te beskerm.
      C    ŉ optrekweerstand om te verhoed dat die spanning dryf.
      D    ŉ aftrekweerstand om te verhoed dat die spanning dryf.                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded
(EC/SEPTEMBER 2024)
                                from hlayiso.com
                      ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: ELEKTRONIKA                                  5

1.10   Met verwysing na FIGUUR 1.10 hieronder, die funksie van C1 is …

                                        FIGUUR 1.10

       A      om slegs negatiewe seine toe te laat om deur te gaan en positiewe
              seine te blokkeer.
       B      om slegs positiewe seine toe te laat om deur te gaan en negatiewe
              seine te blokkeer.
       C      om WS-seine deur te laat en om GS-seine te blokkeer.
       D      om GS-seine deur te laat en om WS-seine te blokkeer.                        (1)

1.11 Die werkspannings van die 555-tydreëlaar-GS is …

       A      0 V tot +20 V.
       B      +5 V tot +15 V.
       C      -15 V tot +15 V.
       D      +5 V tot +9 V.                                                              (1)

1.12 In ŉ klas A-voorgespanne versterker word die Q-punt gekies om … te lê.

       A      reg aan die onderkant van die laslyn reg by die afsnypunt
       B      net binne die aktiewe area van die versterker
       C      heel onder in die afsnygebied van die versterker
       D      in die middel van die aktiewe gebied van die versterker                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

6
               Downloaded        from hlayiso.com
                  ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: ELEKTRONIKA                      (EC/SEPTEMBER 2024)

1.13   Identifiseer die tipe versterkerkring wat deur FIGUUR 1.13 voorgestel word.

                                       FIGUUR 1.13

       A     Weerstand kapasitor gekoppelde versterker
       B     Balansversterker
       C     Transformator gekoppelde versterker
       D     Radiofrekwensie (RF) versterker                                              (1)

1.14   Watter EEN van die volgende is NIE ŉ toepassing van ŉ RC-gekoppelde
       versterker NIE?

       A     Servo motorversterker
       B     RF-kommunikasie
       C     Voor-versterkers in openbare luidsprekerstelsels
       D     Optiese veselkommunikasie                                                     (1)

1.15   Die uitsetgolfvorm wat deur ŉ Colpitts-ossilator gegenereer word, sal ŉ … golf
       wees.

       A     saagtand
       B     sinusvormige
       C     driehoekige
       D     vierkantige                                                                  (1)
                                                                                         [15]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded
(EC/SEPTEMBER 2024)
                                from hlayiso.com
                      ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: ELEKTRONIKA                                     7

VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID

2.1    Beskryf hoe spanwerk in ŉ werkswinkelomgewing werksetiek verbeter.                    (2)

2.2    Daar word dikwels gesê dat rowwe speletjies in ŉ werkswinkel ŉ onveilige daad
       is. Verduidelik waarom hierdie stelling waar is.                                      (2)

2.3    Gee EEN voorbeeld van ŉ onveilige toestand wat in ŉ werkswinkel gevind word.          (1)

2.4    Noem EEN mensereg met verwysing na werk.                                              (1)

2.5    Noem TWEE kategorieë van gevaarlike praktyke wat jy in ŉ elektriese
       werkswinkel kan teëkom.                                                               (2)

2.6    Verduidelik wat die konsep van kwantitatiewe risiko-analise behels.                  (2)
                                                                                           [10]

VRAAG 3: RLC-STROOMBANE

3.1    Definieer die volgende terme met verwysing na RLC-stroombane:

        3.1.1   Fasehoek Ø                                                                   (2)

        3.1.2   Resonansie                                                                   (2)

3.2    Lys TWEE faktore wat die kapasitiewe reaktansie (Xc) van ŉ RLC-stroombaan
       sal beïnvloed.                                                                        (2)

3.3    Verduidelik waarom ŉ verandering van frekwensie in ŉ RLC-stroombaan geen
       invloed op die weerstandswaarde van die stroombaan sal hê nie.                        (2)

3.4    Noem DRIE voorwaardes waaraan tydens resonansie voldoen word met
       verwysing na ŉ parallelle RLC-stroombaan.                                             (3)

3.5    ŉ Spoel het ŉ induktansie van 80 mH en is in serie met ŉ 33 μF kapasitor en ŉ
       30 Ω weerstand verbind. Die stroombaan is aan ŉ wisselstroomtoevoer van
       120 V met ŉ veranderlike frekwensie gekoppel.

       Bereken:

        3.5.1   Resonante frekwensie                                                         (3)

        3.5.2   Stroom by resonansie                                                         (3)

        3.5.3   Spanningsval oor die induktor by resonansie as die induktiewe
                reaktansie 49,24 Ω is                                                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

8
               Downloaded        from hlayiso.com
                  ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: ELEKTRONIKA              (EC/SEPTEMBER 2024)

3.6    ŉ RLC-fasordiagram word in FIGUUR 3.6 getoon. Beantwoord die vrae wat
       volg.

                               FIGUUR 3.6: FASEDIAGRAM

       Bereken:

       3.6.1   Induktiewe reaktansie                                               (3)

       3.6.2   Kapasitiewe reaktansie                                              (3)

       3.6.3   Totale stroom                                                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief
                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded
(EC/SEPTEMBER 2024)
                                from hlayiso.com
                      ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: ELEKTRONIKA                                 9

3.7    ŉ RLC-stroombaan word in FIGUUR 3.7 hieronder getoon.
       Die stroombaan bestaan uit ŉ 20 Ω weerstand, ŉ induktor met ŉ induktiewe
       reaktansie van 30 Ω en ŉ kapasitor met ŉ kapasitiewe reaktansie van 40 Ω wat
       oor ŉ 120 V / 60 Hz toevoerspanning gekoppel is. Beantwoord die vrae wat
       volg.

                               FIGUUR 3.7: RLC-STROOMBAAN

       Bereken:

       3.7.1    Die totale stroom in die stroombaan                                      (3)

       3.7.2    Die fasehoek                                                            (3)
                                                                                       [35]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

10
               Downloaded        from hlayiso.com
                  ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: ELEKTRONIKA                         (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 4: HALFGELEIERTOESTELLE

4.1     Meld waarvoor die afkorting VET staan.                                               (1)

4.2     Anders as die BJT, is die VET ŉ uni-polêre toestel. Verduidelik wat met
        hierdie stelling bedoel word.                                                        (2)

4.3     Die deursnee-aansig van ŉ N-KANAAL JVET word in FIGUUR 4.3 getoon.

                 4.3.1     4.3.2       4.3.3

                         Sny op AA                            Bo-aansig

                              4.3.4

                              FIGUUR 4.3: N-KANAAL JVET

        Benoem dele 4.3.1 tot 4.3.4.                                                         (4)

4.4     Noem die afkorting vir metaaloksied-silikon veld effek transistor.                   (1)

4.5     Met verwysing na ŉ 741 op-versterker, verduidelik wat ŉ dubbelpolariteit-
        spanningstoevoer (gesplete kragbron) is.                                             (4)

4.6     ŉ 741 op-versterker is gekoppel as ŉ omkeerversterker om ŉ uitsetspanning
        van 8,5 Vws te bied. Die waarde van die insetweerstand is 180 Ω.
        Bepaal die waarde van die terugvoerweerstand wanneer die insetspanning
        10 mV is.                                                                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded
(EC/SEPTEMBER 2024)
                                from hlayiso.com
                      ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: ELEKTRONIKA                                   11

4.7     ŉ Operasionele versterkerkring word in FIGUUR 4.7 getoon. Bestudeer die
        stroombaan en beantwoord die vrae wat volg.

                      FIGUUR 4.7: OP-VERSTERKER-STROOMBAAN

        4.7.1    Identifiseer die op-versterker-stroombaan wat in FIGUUR 4.7 getoon
                 word.                                                                   (1)

        4.7.2    Bereken die waarde van weerstand R2 in die stroombaan.                  (3)

4.8     Verduidelik die term gemeenskaplikemodus-sperverhouding met verwysing
        na ŉ op-versterker.                                                              (4)

4.9     Verduidelik die gebruik van die 741 op-versterker as bufferversterker.           (3)

4.10    Verduidelik die werkbeginsel van die snellerpen (Pen 2) met verwysing na
        die 555-tydreëlaar.                                                              (3)

4.11    Die 555-tydreëlaar bestaan basies uit twee primêre boustene, twee
        vergelykers en een S/R-flipflop. Verduidelik die werking van die vergelyker.     (4)

4.12    Verduidelik die funksie van die drie 5 kΩ-weerstande wat intern in serie
        tussen terminale 1 en 8 van die 555-tydreëlaar gekoppel is.                      (4)

4.13    Bespreek die werkbeginsel van die eenvoegvlaktransistor (EVT) as ŉ
        elektroniese komponent.                                                          (8)
                                                                                        [45]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

12
                Downloaded        from hlayiso.com
                   ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: ELEKTRONIKA                       (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 5: SKAKELKRINGE

5.1    Met verwysing na die DRIE klasse multivibrators, beantwoord die vrae wat volg.

       5.1.1   Verduidelik die bistabiele multivibrator in terme van insette en stabiele
               toestande.                                                                          (2)

       5.1.2   Verduidelik die monostabiele multivibrator in terme van insette en stabiele
               toestande.                                                                          (2)
       5.1.3   Verduidelik die astabiele multivibrator in terme van insette en stabiele
               toestande.                                                                          (2)

5.2    Noem EEN toepassing van die monostabiele multivibrator.                                     (1)

5.3    Verduidelik die term skakelaarwip met verwysing na die werking van ŉ skakelaar.             (2)

5.4    Noem die uitsetgolfvorm van ŉ astabliele multivibrator.                                     (1)

5.5    Verduidelik die term histerese.                                                             (2)

5.6    Verduidelik VIER toepassings vir die Schmitt-sneller.                                       (8)

5.7    ŉ Versterker word in FIGUUR 5.7 getoon. Beantwoord die vrae wat volg.

                        FIGUUR 5.7: ELEKTRONIESE STROOMBAAN

       5.7.1   Identifiseer die tipe elektroniese stroombaan wat in FIGUUR 5.7 getoon
               word.                                                                               (1)

       5.7.2   Noem hoe ŉ bykomende insetsein by die versterker gevoeg kan word om
               die versterker te vergroot.                                                         (1)

       5.7.3   Bereken die uitsetspanning vir die versterker hierbo.                               (3)

       5.7.4   Verduidelik waarom die antwoord op VRAAG 5.7.3 ŉ negatiewe antwoord
               sal gee.                                                                            (2)

5.8    Teken die volledig benoemde stroombaandiagram van ŉ passiewe RC-
       differensiator.                                                                             (4)

5.9    Teken ŉ volledig benoemde tipiese histerese kenkromme.                                      (8)

5.10   Verduidelik hoe jy die tydperiode kan verander met verwysing na ŉ monostabiele
       multivibrator.                                                                              (3)

5.11   Bespreek die werkbeginsel van ŉ donker sensor.                                              (8)
                                                                                                  [50]
 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded
(EC/SEPTEMBER 2024)
                                from hlayiso.com
                      ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: ELEKTRONIKA                                   13

VRAAG 6: VERSTERKERS

6.1    Vergelyk klas A- en Klas B-versterkers met verwysing na die volgende:

       6.1.1     Die Q-punt van die versterkers                                            (2)

       6.1.2     Doeltreffendheid van die versterkers                                      (2)

6.2    Lys DRIE voordele van die gebruik van negatiewe terugvoer in versterker-
       stroombane.                                                                         (3)

6.3    Verduidelik die funksie van ŉ klein seinversterker.                                 (4)

6.4    Verduidelik die term ŉ transistor is voorgespan met verwysing na versterkers.       (3)

6.5    Noem die DRIE gebiede waarin ŉ versterker werk.                                     (3)

6.6    Verduidelik hoe versterkers in die verskillende klasse geklassifiseer word.         (1)

6.7    Bestudeer die versterkerkring wat in FIGUUR 6.7 getoon word. Beantwoord
       dan die vrae wat volg.

                                FIGUUR 6.7: VERSTERKER

       6.7.1     Bereken die maksimum kollektorstroom in die stroombaan.                   (3)

       6.7.2     Bepaal die maksimum kollektor-emitterspanning wat oor die
                 transistor kan ontwikkel wanneer IC = 0 A.                                (2)

       6.7.3     Bereken die waarde van die basisstroom wat op die transistor
                 toegepas word.                                                            (3)

       6.7.4     Teken die gelykstroomlaslyn en dui die Q-punt van die stroombaan
                 op die gelykstroomlaslyn op die gemene emitter-uitsetkurwe aan wat
                 op die ANTWOORDBLAD VRAAG 6.7.4 verskaf word.                             (3)

6.8    Die insetsein na ŉ weerstand kapasitor gekoppelde versterker word gemeet
       as 250 mV wanneer die uitset van die versterker 3,5 V is. Bereken die wins
       in desibel van die versterker.                                                      (4)

6.9    Bespreek waarom desibel ingestel is om wins te meet.                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

14
               Downloaded        from hlayiso.com
                  ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: ELEKTRONIKA           (EC/SEPTEMBER 2024)

6.10   Verwys na FIGUUR 6.10 hieronder en beskryf die werking van ŉ RC-
       gekoppelde versterker.

                     FIGUUR 6.10: RC-GEKOPPELDE VERSTERKER                    (8)
                                                                             [45]

                                                              TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief
                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded
(EC/SEPTEMBER 2024)
                                from hlayiso.com
                      ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: ELEKTRONIKA                 15

LEERDER SE NAAM: ____________________________________________________

ANTWOORDBLAD

VRAAG 6: VERSTERKERS

6.7.4

Kopiereg voorbehou                                        Blaai om asseblief
                       Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

16
                    Downloaded        from hlayiso.com
                       ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: ELEKTRONIKA                                                               (EC/SEPTEMBER 2024)

                                                                 FORMULEBLAD
 RLC-KRINGE                                                          HALFGELEIER TOESTELLE
                                               1
 𝑋𝐿 = 2𝜋𝐹𝐿 𝑎𝑛𝑑 𝑋𝐶 =                                                       𝑉𝑢𝑖𝑡              𝑅
                                             2𝜋𝐹𝐶                    𝐴𝑉 = 𝑉𝑖𝑛 = 𝑅 𝐹
                                                                                            𝐼𝑁
                                                                                                     𝑅
 SERIE                                                               𝑉𝑈𝐼𝑇 =𝑉𝐼𝑁 = (− 𝑅 𝐹 )
                                                                                                         𝐼𝑁
                                                                               𝑅
                                                                     𝐴𝑉 =1+𝑅 𝐹
 𝐼𝑇 = 𝐼𝑅 =𝐼𝐶 = 𝐼𝐿                                                                  𝐼𝑁
                                                                                                         𝑅
                                                                     𝑉𝑈𝐼𝑇 = 𝑉𝐼𝑁 (1 + 𝑅 𝐹 )
                                                                                                          𝐼𝑁
 𝑍 = √𝑅 2 + (𝑋𝐿 − 𝑋𝐶 )2                                              𝛽𝑠𝑢𝑝𝑒𝑟 =𝛽1 × 𝛽2

 𝑉𝑇 = √𝑉𝑅 2 + (𝑉𝐿− 𝑉𝐶 )2
                                                                     VERSTERKERS
                                                                     𝑉𝐶𝐸 = 𝑉𝐶𝐶
 𝑉𝐿 = 𝐼𝑋𝐿 en 𝑉𝑐 = 𝐼𝑋𝐶 en 𝑉𝑇 = 𝐼𝑍                                              𝑉
                                                                     𝐼𝐶𝑚𝑎𝑘𝑠 = 𝐶𝐶
                                                                                       𝑅𝐶
                                                                      ′    𝐴
          𝐶𝑂𝑆𝜃 = 𝑍
                         𝑅                                           𝐴 =1+𝛽𝐴

                        𝑉𝑅                                                                                     𝑃𝑢𝑖𝑡
          𝐶𝑂𝑆𝜃 =                                                     𝐾𝑟𝑎𝑔𝑤𝑖𝑛𝑠 𝐴𝑃 = 𝑙𝑜𝑔10 (                          )
                        𝑉𝑇
                                                                                                               𝑃𝑖𝑛
      𝑋    𝑋    𝑉            𝑉               1       𝐿                                          𝐸
 𝑄 = 𝑍𝐿= 𝑍𝐶 =𝑉𝐿 = 𝑉𝐶 = 𝑅 √𝐶                                          𝐴𝑉 = 20 𝑙𝑜𝑔10 𝐸𝑢𝑖𝑡 dB
                    𝑆            𝑆                                                                   𝑖𝑛

                                                                                                𝐼
 PARALLELE                                                           𝐴𝐼 = 20 𝑙𝑜𝑔10 𝐼𝑢𝑖𝑡
                                                                                                    𝑖𝑛

 1. 𝑉𝑇 = 𝑉𝑅 =𝑉𝐿 = 𝑉𝐶                                                           1
                                                                     𝐹0 =2𝜋√𝐿 𝐶
                                                                                   𝑇
          𝑽                              𝑉                   𝑉
 2. 𝐼𝑹 = 𝑹 = 𝑒𝑛 𝐼𝐿 = 𝑋 = 𝐼𝐶 = 𝑋
                                         𝐿                   𝐶             1
                                                                     Fr =2𝜋√𝐿𝐶

 3. 𝐼𝑇 = √𝐼𝑅 2 + (𝐼𝐿 − 𝐼𝐶 )2                                                       1
                                                                     𝐹𝑂 = 2𝜋√6 𝑅𝐶

               𝐼𝑅
 4. 𝐶𝑂𝑆𝜃 =
               𝐼𝑇

          𝑋𝐿     𝑋               𝑉               1       𝐿
 5. 𝑄 =        = 𝑍𝐶 = 𝑉𝐿 = 𝑅 = √𝐶
           𝑍                         𝑆

Kopiereg voorbehou                                                                                                       Blaai om asseblief
                                                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 17

Downloaded
(EC/SEPTEMBER 2024)
                                from hlayiso.com
                      ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: ELEKTRONIKA                      17

 SKAKELKRINGE

                 𝑉             𝑅𝑓
1. Wins A𝑉 = 𝑉𝑈𝐼𝑇 = − (𝑅 ) omkeer op-versterker
                     𝐼𝑁        𝑖𝑛

                 𝑉              𝑅
2. Wins A𝑉 = 𝑉𝑈𝐼𝑇 = 1 + (𝑅 𝑓 ) nie-omkeer op-versterker
                     𝐼𝑁             𝑖𝑛

                          𝑅
3. 𝑉𝑈𝐼𝑇 = 𝑉𝐼𝑁 × (− 𝑅 𝑓 ) omkeer op-versterker
                          𝑖𝑛

4. VUIT = −(V1 + V2 + V3 ) sommerende op-versterker
            1
5. 𝑓𝑟 = 2𝜋√𝐿𝐶

            1
6. 𝑓 = 2𝜋√6𝑅𝐶

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief
                                Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Electrical Technology · Memo · 2024 · Afr
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Digital Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-digital-afrikaans/70991b22-194b-42c5-a61f-97cf808eb68d) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [ELEC TECH GR12 QP SEPT2022 Digital Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2022-digital-afrikaans/f569ad75-66e9-41b4-b833-cbbbe275bb53) — Electrical Technology · QP · 2022 · Afr
- [ELECTRICAL TECH-S18-AFRIK-DIGITAL ELEC](https://www.hlayiso.com/library/electrical-tech-s18-afrik-digital-elec/645306f1-7c04-42dd-b0a4-473f1e815955) — Electrical Technology · QP · 2018 · Afr
- [Electrical Technology PAT GR 12 2020 (Electronics) Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-pat-gr-12-2020-electronics-afr/0bb1bc18-1e0e-4585-bd39-fe4fdc8e6873) — Electrical Technology · PAT · 2020 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2020 Afrikaans Power](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2020-afrikaans-power/3bf820c8-f427-4b77-acb6-9d1d1c1e44db) — Electrical Technology · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Memo · 2025 · Afr
- [Electrical Technology May-June 2023 (Power Systems) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-power-systems-mg-afr/d3e896ed-f4d8-4c2a-9cac-f812d2b1a6b1) — Memo · 2023 · Afr
- [Electrical Technology May-June 2023 (Electronics) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-electronics-eng/137f3b1e-bf33-4898-86e2-9638cddd796c) — QP · 2023 · Eng
- [Electrical Technology May-June 2023 (Power Systems) Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-power-systems-afr/bc6643fc-fe4e-4949-86e0-0846d92291b7) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
